Dringende boodskap aan die Bruid van YAHUSHUA Messias. Gegee aan Apostel Elisheva Eliyahu.
Ek het bed toe gegaan en huilend wakker geword twee nagte gelede op September 16, 1998. Ek het in my slaap gebid, wat nie ongewoon is nie, dit het al baie gebeur en dis soos HEEL nag selfs terwyl ek slaap, bid ek. Maar wat ongewoon was, is dat ek huilend wakker geword het, snikkend en tussen intredend vir die Bruid van YAHUSHUA Messias. Ek het ‘n stem gehoor wat die woorde gespreek het wat my wakker gemaak het….
”WAT AS Rosh HaShanah DIE DAG IS WAT EK KOM?”
Ek het dit vir twee dae op September 15&16, 1998 gehoor. Alhoewel sommiges sal dink dat ek mal is om hieroor te spreek, Ek weet ek word verantwoordelik gehou as ek dit nie doen nie. Esegiel 3:17-21 sê wanneer ‘n wagter ‘n waarskuwing ontvang, en ons dit nie aanstuur nie, dan sal die bloed op ons hande wees, maar wanneer ons die waarskuwing gee, selfs al luister hulle nie, sal die bloed nie op my hande wees nie. Dus waarsku ek soos YAHUSHUA my gewaarsku het in dieselfde woorde.
”WAT AS Rosh HaShanah DIE DAG IS WAT EK KOM?”
Soos ek gesê het, ek het wakker geword van die stem. Dit was amper hoorbaar, maar ek weet dit was nie hoorbaar, maar hard genoeg om hoorbaar te wees. En dit was YAHUSHUA wat gespreek het. Ek ken die stem. Dieselfde stem het my vertel van West Virginia en gramskap. Dieselfde een wat my vertel het van die ses verduisteringe dan SY koms.
Ek was huilend en intredend, nie net vir myself nie, maar vir AL daardie op my gebedslys. Ek het gesê: "O YAHUSHUA, asseblief ag ons waardig om ontvang te word as U Bruid, vlekloos en wit. O YAHUSHUA, wees ons asseblief genadig en vergewe ons want GEEN een van ons is perfek nie." Ek het gesê dat daar geen manier is om al die name op te noem wat ek probeer oplig het na YAHUSHUA, dus het ek gesê “ Hier is my onsigbare lys. Spaar asseblief u Bruid. Kom asseblief en neem ons huistoe saam met U en spaar ons die gramskap wat gaan kom. Ag ons waardig om geroep te word as U Bruid van YAHUSHUA Messias.”
Ek was uitgeput en ek het gebid tot ek aan die slaap geraak het, wenend oor die Bruid dat YAHUSHUA haar waardig sal ag om saam met HOM huistoe te neem wanneer HY kom. Ek het aan die slaap geraak en selfs slapend het ek gebid en gehuil. Toe ek wakker word het dit aangegaan. Elke keer het ek eenvoudig dieselfde stem gehoor wat dieselfde ding sê…
”WAT AS Rosh HaShanah DIE DAG IS WAT EK KOM?”
Die enigste keer wat Hy oor iets anders gepraat het, maak nie saak wat ek gesê het nie, was die een keer wat Hy vir my gesê het, en dit is persoonlik, maar sedert ek die waarheid spreek moet ek dit volledig se. YAHUSHUA, ek vertrou, U het my belowe die Nikomia vir wie ek gesoek het en vir wie ek voor wag, my YAHUVEH Aangestelde Maat in die gemeente en lewe sal kom VOOR die WEGRAPING. Maar nou vra YAHUSHUA vir my “ Wat van Nikomia? Wil jy steeds hê dat EK moet kom indien Nikomia nog nie gekom het nie?”
Ek het gesê “O, JA. YAHUSHUA. O, JA. Dit maak nie saak nie. Want U is my YAHUSHUA en my SALIGMAKER, My MESSIAS. My Bruidegom." Toe het ek weer begin bid en begin intree vir die Bruid van YAHUSHUA Messias om waardig geag te word vir die wegraping, “weg gryp in die wolke met YAHUSHUA” wanneer HY kom.
Toe sê HY:
"Vertel die mense. Vertel hulle die noukeurige woorde wat EK sê, want hulle weet nie wanneer nie, maar vertel hulle om gereed te wees. MAAK nie saak WANNEER dit is nie. Noem jouself nie : Pre-trib, Mid-trib, of Post-Trib. Moenie die etikette gebruik om MY koms te beskryf nie "
"Want dit is GEEN VAN DIE DINGE NIE. Vertel hulle om MY op Rosh HaShanah te verwag, indien dit die dag is. Om die dae van Rosh HaShanah en Yom Kippur Heilig voor My te wees. Want YAHUVEH sal NIE 'n leuen vertel vir die Joodse mense nie.
” Hulle weet hulle kan hulle Saligmaker op Rosh HaShanah verwag, maar weet nie watter een nie. YAHUVEH van Abraham, Isak, en Jakob lieg NIE. Vertel hulle die Saligmaker wat hulle VERWERP het is die Heiland wat weer kom. Hulle gaan jou haat, nogtans moet jy hulle LIEFHÊ in MY. “
”Op Rosh HaShanah, maak seker jy en die Bruid verwag MY asof julle veronderstel is om die woorde “Kom Hiernatoe” enige tyd te hoor. Vertel hulle die Bruid slaap. Skud haar wakker. Die boodskappe en die visioen van my sien ‘n pragtige slapende Bruid op ‘n bed”
En YAHUSHUA het my gewys, deur haar aan haar skouers te neem en SKUD HAAR in SY KRAG om haar wakker te maak voordat dit TE LAAT IS. Want die Bruidegom gaan kom…en HY kom vinnig.
Ek sê NIE dit sal Sept 20 of Sept 21 1998 wees nie. Ek sê wat YAHUSHUA Messias sê.
”WAT AS Rosh HaShanah DIE DAG IS WAT EK KOM?”
Al wat ek nou weet is dit wat ek julle vertel het, niks meer, niks minder. Behalwe dat ek diep ingetree het vir die Bruid wat GROTENDEELS glad nie gereed is vir die tyd NIE. Word asseblief WAKKER. BRUID VAN YAHUSHUA MESSIAS.
”WAT AS Rosh HaShanah DIE DAG IS WAT EK KOM?”
WEES GEREED WANNEER DIT OOKAL IS.
KOM YAHUSHUA. KOM VINNIG IS ONS GEBED. AMEN. SELAH.
* * * * * * *
YAHUSHUA het my wakker gemaak en dit vir twee dae, September 15&16, 1998, en my laat intree vir die Bruid van YAHUSHUA Messias want die GROOTSTE deel is nie gereed vir Hom om Sy Bruid te versamel Huistoe. Hy het vir my gesê om die Slapende Bruid onder SY salwing wakker te skud. Hy het woorde gespreek wat byna hoorbaar was. As jy dit NET kon hoor. Ek kan nog dit nog steeds hoor, selfs die toon van SY stem. Ek bid dat ek dit altyd sal onthou.
”WAT AS Rosh HaShanah DIE DAG IS WAT EK KOM?”
YAHUSHUA sê NIE HY gaan VERSEKER op een van die twee Heilige dae kom nie. EK WEET NIE. Maar HY sê WEES GEREED EN DINK ASOF hy ENIGE OOMBLIK GAAN KOM. MAAK nie saak WANNEER die tyd kom nie.
Dus het ons die geseënde belofte. En Almagtige YAHUVEH is NIE soos mense wat LIEG nie. Ons sal ook uit die dood opgewek word en Verheerlikte Liggame hê. En ons wat nog lewe wanneer YAHUSHUA weer kom, sal NIE nodig hê om te STERWE om die Verheerlikte Liggame te ontvang nie.
Dit is ONS Belofte. Ons het nie nodig om die HEL te vrees nie, ons kan uitsien na die Hemel, omrede YAHUSHUA die prys betaal het op Golgota.
Ons aanvaar nie siekte nie. Ons aanvaar Genesing. Vanweë YAHUSHUA aanvaar ons nie dood nie, ons aanvaar Wederopstanding. Ons het nou liggame van vlees, so swak en broos en maklik swig voor versoeking. Nogtans ons, met GELOOF weet dit is nes ‘n dop wat ‘n skilpad het. Ons WARE liggame is ONS GEESTELIKE LIGGAME.
Alhoewel die WÊRELD nie die Verheerlikte Liggame kan sien nie, wag hierdie liggame vir ons. Die vlees kan nie ons siele sien nie, maar dit is die WERKLIKHEID.
En wanneer ons siele die liggame van Vlees en bloed verlaat, wanneer hulle vrygestel word gaan hulle of Hemel toe…of hel. Geen vaevuur. Geen wagkamers. Elkeen is OP DIE OOMBLIK besig om hul besprekings te maak vir Hemel…of Hel. As jy eers jou laaste asem geneem het, is dit te laat. Moenie dat jou bespreking na die Hemel gekanselleer word nie. NIEMAND EN OOK NIKS IS DIT WERD NIE. Leef elke dag op aarde asof dit jou LAASTE is. Vir Wegraping of NIE, dit kan jou LAASTE OP AARDE wees.
NIEMAND IS NOG ‘n SEKOND GEWAARBORG NIE. Maak die MEESTE van die tyd wat jy oor het. Laat dit tel vir YAHUSHUA MESSIAS, YAHUVEH en die HEILIGE GEES. Deur te sit in kerke waar jy net sit en inneem, en nie die OORVLOED uitgee wat jy leer nie, maak jou niks meer as ‘n kerkbank verwarmer nie. Hoe baie siele het jy aangeraak vir YAHUSHUA, en nie vir ‘n godsdiens nie?
Godsdiens is MENS GEMAAK. ’n LIEFDEVOLLE VERHOUDING met YAHUSHUA is ALMAGTIG YAHUVEH-GEMAAK.
O, wat ‘n ONTSAGWEKKENDE ALMAGTIGE YAHUSHUA, MEESTER SALIGMAKER …en ‘n spoedig komende BRUIDEGOM, AANBID en DIEN ons en het ons LIEF, stel YAHUSHUA bo enigeiets en enige iemand in jou lewe. Bly naby Hom, vernaamlik as die Heilige dae nader.
YAHUVEH, en YAHUSHUA, en die Ruach Ha Kodash (Heilige Gees) is BAIE kwaad. Vernaamlik met die laaste beslissing van die marteling van die babatjies op die onmenslikste wet wat so losweg genoem word PARTYDIGE GEBOORTE ABORSIE wat nogtans MOORD en MARTELING op die hoogste GRAAD. MOORD met voorbedagte rade. Die onskuldige bloed van daardie babatjies is aan die hande van die drie wat hul stemme weerhou het. Ek bid net dat hulle pyn en lyding sal verduur en groot angs uitstaan vir dit wat hulle aan daardie babatjies gedoen het, en dit toegelaat het om aan te gaan.
Hulle het AL die tyd terwyl hulle in die hel is wat ‘n lang spyker ingedwing word in die basis van hul nekke, en dan word die vloeistof uit hulle gesuig, terwyl hulle lewendig is. En dan onthoof te word. Die enigste verskil is dat die babatjies terugkeer na die Hemel sodra die doodstryd verby is. O, die wreedheid! Ter wille van wat? Maar daardie drie wat die dinge gedoen het, hulle is VERWERP en sal in alle EWIGHEID ly in die HEL oor wat hulle gedoen het.
NEE, EK BID NIE VIR HULLE SIELE NIE, HULLE IS VERWERP. Lees Jeremia 6 verse 27-30, indien jy nie weet wat VERWERP is nie. Iemand se naam wat nooit geskryf en dan uitgeklad uit die Boek van LEWE. ,
OP 9/18/98, toe die besluit geneem is, was daar net drie stemme kort. Maar die lyding van daardie drie in die hel sal tot in EWIGHEID aanhou.
Waarom het elke Amerikaner en elke Christen die wreedaardige, vernietigende wet bestry nie?
O, YAHUSHUA, dit is my manier om op te staan en te sê, "YAHUSHUA, vergewe U Bruid. " O. ek is so jammer vir baie van ons, ek ingekluis, wat dit nie uitgevind het voordat dit TE LAAT was nie. My kop hang en dis maar ‘n powere ekskuus. O, onthou Amerika, julle sal betaal oor wat julle gedoen het. Ontheiliging van Almagtige YAHUVEH en YAHUSHUA se Heilige Dag.
’n Paar dae voor Almagtige YAHUVEH se Heilige dae, het die wetgewers die wet van MOORD op onskuldige babatjies goedgekeur.
Nie eers die wat ter dood veroordeel is, ontvang so 'n grusame dood nie. Want ons probeer genadig wees teenoor die skuldiges wat moor. Kom oor dit, vinnig en pynloos is die hoof motief van die gruwel. Nogtans vir die onskuldige babas en GEEN EEN om hul gille te hoor, en hul VREES aan te voel, behalwe Almagtige YAHUVEH en YAHUSHUA. Hulle enigste oortreding was om GEBORE te word.
Julle 3 bose wetgewers, ek bid vir geen oomblik dat julle in VREDE sal rus. In julle drome sal julle sien en hoor die gille van die onskuldige babas Die bloed sal soos ‘n groot anker rondom julle nekke en rue wees.
Die drie wetgewers wat YAHUVEH se en YAHUSHUA se WETTE VERBREEK. VERMOOR die ONSKULDIGE. Julle sal geen SEËNINGE meer sien nie. Wat julle 3 liefhet, sal van julle 3 WETGEWERS weggeneem word, en die HEMEL is bedroef en die HEL JUIG oor julle stemme. In YAHUSHUA Messias se NAAM. YAHUSHUA, ek vra dat die wetgewers sal agterkom dat hulle WET NIE WETLIK is in die oë van ALMAGTIGE YAHUVEH. Ek bid vir die vrees van YAHUVEH oor hulle. DAT DAAR NOOIT VIR ‘N OOMBLIK VREDE OF GELUK VIR HULLE SAL WEES NIE, en dat selfs julle eie GELAG ‘n eggo sal wees wat LEEG in jul eie ore sal klink.
Julle 3 wetgewers, wat die wil van die antichris, satan, en die vals profeet gedoen het, het waarlik julle SIELE VERLOOR weens die wet van Verraad teenoor Hemel en Aarde. Die bloed van die vermoorde ONGEBORENES wat daagliks gemartel en vermoor word, en al die wat sê ABORSIE is WETTIG, dieselfde straf is julle s’n.
So sê YAHUVEH.
Wat as gebed begin het, eindig met die woorde wat ek in die gees hoor : dit
is NIE my vloeke nie, want my vloeke het GEEN krag, slegs woede. Maar toe
YAHUVEH en YAHUSHUA, onder salwing se, vertel hulle, "SO SÊ YAHUVEH," dan het
dit krag.
O, wat ‘n vreeslike ding, sê die Bybel, om te val in die hande van die lewendige,
Almagtige YAHUVEH en YAHUSHUA. Dit is hulle babas wat julle martel en vermoor.
Julle wetgewers stem vir MOORD en MARTELING van die onskuldige babas.
Die wet van Amerika sê dat die ongewensde babatjies marteling en moord verdien.
Dit is maar een vorm van marteling. Wat van die groot suier wat hul lyfies
uitmekaar skeur, een deel op ‘n slag? Wat van die soutoplossing wat die
babatjies lewendig verbrand? O, die pyniging! O, die bloed op die
belastingbetalers se hande wat die staatkundiges betaal, wie hul verkies tot die
amp.
O, YAHUSHUA. O, YAHUSHUA. Die bloed is aan die Amerikaners se hande. Spaar
asseblief U mense, die van ons wat bedroef is oor Amerika en wat hulle doen.
Asseblief, Vader YAHUVEH en YAHUSHUA, voordat u voordat u gramskap op die wêreld
uitgestort word. Asseblief, om u genade ontwil. O onthou dit is YAHUSHUA se
bloed wat ons, wat aan u behoort, bedek.
Spaar ons om u genade ontwil. Asseblief, YAHUSHUA, neem u Bruid huistoe, NOU!
Laat ons waardig geag word.
NEEM ONS U BRUID HUISTOE IN DIT WAT ONS DIE WEGRAPING NOEM!
U het Lot gespaar, en hy het ‘n plek gehad om heen te gaan voordat u Sodom en
Gomorra vernietig het vanuit die Hemel. Wys ons, u kinders waarheen om te gaan.
Wys ons NOU wat om te doen.
Ek smeek U, ons YAHUSHUA, vir genade vir U Bruid, waarvan ek deel is, slegs deur
die Bloed van Genade op Golgota wat U gestort het vir my en vir almal wie U as
Meester en Verlosser aangeneem het, en weet dat U die Seun is van Almagtige
YAHUVEH. U het Noag ‘n Ark gegee. Waar kan ons heen gaan? Waar in die wêreld is
daar ‘n Ark vir U kinders? Asseblief YAHUSHUA, hoor U kinders en dienaars roep.
RED ONS, O YAHUSHUA, YAHUVEH.
Vader YAHUVEH en YAHUSHUA is vandag, 19 September 1998, BAIE kwaad. Ek kan ‘n
deel van hul gramskap en woede voel. Bid vir genade spesifiek vir die van ons
wat in Amerika woon.
Die wetgewers wat teen die dood van die babas gestem het, ons bid ‘n spesiale
seëning op julle ALMAL af wat hulle lewens, werk, reputasies neergelê het ter
wille van die beskerming van die ongeborenes, wie selfs gevangene geneem word,
en uit posisies gestem word omrede hulle teen aborsie opstaan.
Ons bid vir onbeperkte seêninge uit Hemel, sowel as 'n salwing, asook vir
finansies. En dat meer mense regoor die wereld sal opstaan teen Amerika wat hul
eie babas doodmaak.
AMERIKA sal bespot word oor die slagting onder hul eie mense, is die babas nie
Amerikaanse bevolking nie? Wee, wee, wee, Amerika Die dood is gewerp. YAHUSHUA,
WEES ONS WAT HIER WOON EN AAN U BEHOORT, GENADIG. SPAAR U KINDERS. VOORSIEN ‘n
weg van ONTSNAPPING. Spesifiek vir die diensmaagd deur wie U hierdie woorde
spreek. Dit is NIE my woorde nie, maar geskryf onder die salwing. En NIE my moed
nie, maar gespreek deur U Moed.
KOM, VERSAMEL U KINDERS TUIS VOORDAT U WRAAK OP AMERIKA EN OP DIE WÊRELD VAL. U
woord kan nie LIEG nie. YAHUVEH, YAHUSHUA EN DIE HEILIGE GEES IS NIE ‘n YAHUVEH
OM TE BESPOT NIE.
Die wat reeds gesterf het in YAHUSHUA sal eerste opstaan, en ons wat nog lewe
sal versamel word om YAHUSHUA in die lug te ontmoet. Dit is SY belofte.
Ek sien uit daarna wanneer die verganklike liggame , liggame van vlees verander
sal word na die onverganklike Liggame wat pragtig en Glorieryk is, met die knip
van ‘n oog. Want ons weet vlees en bloed kan nie die hemel ingaan nie. So
asseblief, YAHUSHUA, ons hou vas aan U beloftes, NIE omdat ons sondeloos is nie.
Want ons het almal gesondig en val ver tekort aan U perfeksie. Maar omdat U
volmaakte, Heilige Bloed gegee was om ons skoon te was van die stank van sonde
van die vlees en die wêreld. Ons staan in ons wapenrusting, en ons wag op ons
wit klede van REGVERDIGHEID. Nie ons REGVERDIGHEID nie, maar U REGVERDIGHEID, U
HEILIGHEID.
Ons het gedoen, en ons sal aanhou doen wat U ons bevel het om te doen, en ons
sien met verwagting uit na die glorieryke belofte hier bo.
U bewys U is ALMAGTIG YAHUVEH en U KAN NIE LIEG NIE. U IS GETROU aan die wat U
WAARLIK AANBID, LIEFHET, DIEN, EN U EERSTE IN HUL LEWENS EN GEDAGTES STEL en NIE
skaam is vir die evangelie van YAHUSHUA nie.
KOM, YAHUSHUA, KOM! YAHUSHUA, U het my aangesê om die mense te vertel spesifiek
van die twee HEILIGE dae, Rosh HaShanah, Yom Kippur (Dag van Versoening). Om
alleen met U te verkeer, om U aangesig te soek, en sondebelydenis te doen op die
dae en om te lewe asof U YAHUSHUA die woorde "Kom op hierheen…" enige oomblik
van die dag sal spreek. Na Rosh HaShanah, is ons slegs sekondes vanaf die
middernagtelike uur. Of is Rosh HaShanah die middernagtelike uur?
Ek het in ‘n visioen die wysers van ‘n klok gesien. Dit sal NIE terug gedraai
word deur YAHUVEH nie. Maar Hy het die mag om die wysers so vinnig vorentoe te
skuif soos HY verkies. Ek is aangesê om die Hemelse boodskap aan julle te gee.
Dit het ek gedoen, indien daar enige iets is wat julle wil hê ek moet sê, spreek
dit uit, en ek sal dit aan die mense vertel. Gee ons Geestelike oë en ore om fyn
te luister wat ons moet doen om die groot verdrukking en woede wat kom, te kan
vryspring. Bewys U sal ons almal wat waarlik aan U behoort BESKERM. YAHUSHUA, U
IS DIE ENIGSTE WARE GOEIE HERDER. Leer ons hoe om te volg waar U lei, is my
gebed. OM GEHOORSAAM TE WEES. In U Naam YAHUSHUA Messias, bid ek. Amen, Selah.
Baie liefde in YAHUSHUA, U Suster in Christus
Apostel Elisheva Eliyahu