Gaan terug


Feesmaal Tafel Droom

Oorspronklike Droom Ontvang 16 April 1999, Elisheva Elisheva


Neem asseblief kennis dat die OPENBARING van hierdie droom (hieronder) het gekom op presies dieselfde maand en dag (16/4) DRIE JAAR LATER!
Ons het dit net opgemerk terwyl ons besig was om voor te berei om hierdie bladsy te plaas!

Ek het gedroom ek sit in 'n huis. Ek het gevoel asof dit in Israel was. Ek weet dit was NIE in Amerika nie. Ek het gesit aan 'n pragtige tafel met 'n linne tafeldoek en 'n pragtige rangskikking op die tafel, tog was daar nog geen kos op die tafel nie. Ek het aan die tafel gesit langs 'n ouer vrou en uit liefde met my kop op haar skouer geleun. Die ouer man het net vir my gesê dat alles op die tafel geseën was, selfs die tafeldoek en silwerware! Alles was gereed. Ons het net gewag vir die gaste en veral die persoon of persone, ek was nie seker watter nie, waarvandaan die spesiale druiwe gegroei het wat gebruik was om die wyn te maak.



Kiersk of Kierska was geskryf op die bottel. Die ouer man wat soos 'n vader vir my kon wees het dit vir my gewys. Oorkant die wyn was daar 'n servet waarop ek 'n vrugtemandjie vol groot pers druiwe aan 'n wingerdstok geborduur het. Baie daarvan. Baie kleurvol. Dit was asof die servet wat ek geborduur het op 'n ereplek gelê het en ek het dit gewys vir my (beste vriend in die regte lewe). Ek het nog nooit voorheen geborduur nie.

Die vrou teen wie ek gelęun het, het ek baie naby aan gevoel soos 'n moeder figuur. Die man was soos 'n Vader figuur. Ek het veilig en beskermend gevoel in daardie plek en baie geliefd. Ek was beïndruk en ek het vir my vriend vertel dat ALLES wat gebruik is vir daardie maaltyd alreeds geseën was!

Die Kombuis het 'n groot opening gehad waardeur ons kon in sien, tog was dit toe rondom. Borde kon aangegee word en ons kon in sien, tog het ek niemand in die kombuis gesien nie. Die ingangsdeur na die kombuis was na regs. Die opening na die kombuis was reg voor ons tafel.

Almal het net gewag vir die gaste, veral diegene van waar die nuwe wyn wat nog nie oopgemaak was nie, gemaak was. Ons het gewag vir hierdie persoon of persone om eers te arriveer.

************

Bevestiging



Jou droom waarvan jy my vertel het, voel ek is oor die bruilofsmaal van die Lam!!!!

Die sleutel daartoe was die tafel wat geseën was voordat die kos daarop was en die "maaltyd servet" wat jy geborduur het.

Almal sal werke hê wat hulle voor God se voete lê maar hulle is soos vuil lappe, maar jy Elisheva het geseën en jou lap geseën en dit 'n servet laat word. Borduurwerk is n tipe van weef en weef is n tipe van 'n WEB en die prentjie daarop verteenwoordig die tyd en moeite en omgee van iets. Ek glo dat die servet jou webtuistes verteenwoordig.

Ek glo ook dat daardie Kombuis stel die Hemel voor en die eetkamer stel 'n ander plek voor. Want dit lyk of daar werk is om gedoen te word voordat ons in die Hemel kan ingaan, dit is hoekom jy in hierdie kamer is.

YAHUSHUA het ook gesê dat Hy nie wyn gaan drink voordat Hy teruggekom het nie. Kan dit wees waar die wyn vandaan kom? Dit is omtrent al wat ek op hierdie oomblik weet.

Naam weerhou op sender se versoek.

************



Onthou ons wag vir iemand wat kom van Kiersk of Kierska af waar die gebottelde wyn sit op 'n rak. Hierdie plek waar die druiwe vandaan kom en die wyn vandaan kom. Die persoon wat kom is baie spesiaal waar die wyn vandaan is. Ek het die naam gesien op die wynbottel. Ek het gesoek op die internet vir hierdie plek Kiersk of Kierska maar kon nie 'n stad kry soos hierdie in Israel nie.


DRINGENDE OPENBARING VAN DIE FEESMAAL TAFEL DROOM


16 April 2002, 8:00 nm. Kierska is KHERSA, 'n dorp naby die oostelike oewer van die See van Galilea. Na al hierdie jare is dit uiteindelik geopenbaar tydens 'n Bybelstudie saam met Elisheva.

Elisheva het gewag vir hierdie openbaring van waar hierdie plek is want hierdie is die twee gaste waarvoor sy wag wat nuwe wyn saam met hulle bring. Profete met onderskeiding van drome bid asseblief vir die onderskeiding van hierdie droom, want hierdie twee gaste kom reg voor die Bruilofsmaal van die Lam.

YAHUSHUA gee nou vir Elisheva hierdie openbaring om hierdie twee (2) mans na vore te roep wat profete is, en dat in haar droom wag sy vir hierdie twee (2) mans wat die nuwe wyn het en hulle kom van die land waar die nuwe wyn gemaak is (KHERSA).

Ons vra dat al diegene wat hierdie lees sal begin bid en intree dat iemand wat hierdie lees sal herken wie hierdie twee profete is, en hulle vra om Elisheva Elisheva onmiddellik te kontak. Ons vra vir al diegene met kontakte in Israel om ander Messiaanse Jode te vra of hulle weet van twee (2) sulke gesalfde profete wie gevul is met hierdie unieke nuwe wyn.

Apostel Elisheva is BAIE OPGEWONDE, want hierdie bewys hoe naby ons is aan die Bruilofsmaal van die Lam en die koms van YAHUSHUA vir Sy Bruid!

Mattheus 22:1-14
1 En YAHUSHUA het weer deur gelykenisse met hulle begin spreek en gesê:
2 Die Koninkryk van die Hemele is soos ‘n koning wat ‘n bruilof vir sy seun berei het
3 en sy diensknegte uitgestuur het om die genooides na die bruilof te roep, en hulle wou nie kom nie.
4 Weer het hy ander diensknegte uitgestuur met die boodskap: Sê vir die genooides: Kyk, my maaltyd het ek berei, my beeste en vetgemaakte vee is geslag en alles is gereed. Kom na die bruilof.
5 Maar hulle het hul daaraan nie gesteur nie en weggegaan, een na sy eie stuk land en ‘n ander na sy handelsaak.
6 En die origes het sy diensknegte gegryp en mishandel en doodgemaak.
7 Toe die koning dit hoor, het hy kwaad geword en sy manskappe gestuur en daardie moordenaars omgebring en hulle stad aan die brand gesteek.
8 Daarop sê hy vir sy diensknegte: Die bruilof is wel gereed, maar die genooides was dit nie werd nie.
9 Gaan dan op die kruispaaie en nooi almal wat julle mag vind, na die bruilof.
10 En daardie diensknegte het uitgegaan op die paaie en almal versamel wat hulle gevind het, slegtes sowel as goeies, en die bruilofsaal het vol gaste geword.
11 En toe die koning ingaan om na die gaste te kyk, sien hy daar iemand wat nie ‘n bruilofskleed aan het nie.
12 En hy sê vir hom: Vriend, hoe het jy hier ingekom sonder ‘n bruilofskleed aan? En hy kon geen woord sê nie.
13 Toe sê die koning vir sy dienaars: Bind sy hande en voete, neem hom weg en werp hom in die buitenste duisternis. Daar sal geween wees en gekners van die tande.
14 Want baie is geroep, maar min uitverkies.

Mattheus 25:1-13
1 Dan sal die Koninkryk van die Hemele wees soos tien maagde wat hulle lampe geneem en uitgegaan het om die bruidegom te ontmoet.
2 En vyf van hulle was verstandig en vyf dwaas.
3 En toe die wat dwaas was, hul lampe neem, het hulle geen olie met hulle saamgeneem nie.
4 Maar die verstandiges het olie in hulle kanne saam met hul lampe geneem.
5 En terwyl die bruidegom talm om te kom, het hulle almal vaak geword en aan die slaap geraak.
6 En middernag was daar ‘n geroep: Daar kom die bruidegom; gaan uit hom tegemoet!
7 Toe staan al daardie maagde op en maak hulle lampe gereed.
8 En die wat dwaas was, sê aan die verstandiges: Gee vir ons van julle olie, want ons lampe gaan uit.
9 Maar die verstandiges antwoord en sê: Miskien sal daar nie genoeg wees vir ons en vir julle nie. Maar gaan liewer na die verkopers en koop vir julleself.
10 En onderwyl hulle gaan om te koop, het die bruidegom gekom. En die wat gereed was, het saam met hom ingegaan na die bruilof, en die deur is gesluit.
11 Later kom toe die ander maagde ook en sê: Meneer, meneer, maak vir ons oop!
12 Maar hy antwoord en sê: Voorwaar ek sê vir julle, ek ken julle nie.
13 Waak dan, omdat julle die dag en die uur nie weet waarop die Seun van die mens kom nie.