Vanoggend het ek 'n droom gehad. 4 April 2007. 'n Man het my vasgebind aan 'n
staal paal, die paal was van die plafon tot by die vloer en ek was geboei en
daar was kort kettings aan die boeie en die man het ek geweet het satan
voorgestel. Hy het gedink hy kan my alleen los en dat ek nie myself sal kan
bevry nie. Maar in die droom, alhoewel die boeie styf gesit en seergemaak het,
het ek aangehou om die kort ketting teen die metaalpaal te skuur. Ek het geweet
ek moes myself bevry om my kind te red wat 'n ander vrou vir haarself toegeeien
het.
Ek het gebid en skielik het die ketting gebreek! Ek het gehardloop na 'n park
toe en op die park se bank was my baba dogtertjie. Sy het lang blonde hare gehad
en dit was warm buitekant op 'n park bank. Die kind het hard gehuil. Die vrou
het haar onderklere uitgetrek en sy was ontbloot. Ek het my kind gegryp en ek
het gesê hierdie is my baba, gee vir my my baba terug!" Ek het vinnig weer haar
onderklere aangetrek en haar opgetel en haar vertroos, sy het vinnig gekalmeer
en vreedsaam in my arms aan die slaap geraak, want sy was weer terug by haar
moeder waar sy beskermd gevoel het.(stuur vir my asseblief jou gawe van
interpretasie vir hierdie droom om te sien of dit is wat ek gehoor het).