Gaan terug


Getuienisse van Moslems wat YAHUSHUA ontmoet in ongewone drome,vermeerder.

Vir ten minste tien jaar het berigte toegeneem van Moslems wat hulle tot die Christendom bekeer het deur drome.

'n Kaliforniese tydskrif het onlangs die resultate gepubliseer van 'n ondersoek van meer as 600 gewese Moslems wat nou Jesus volg. “Al kom dit voor asof drome 'n klein rol speel in die bekering van Westerlinge, het meer as 'n kwart van diegene waarmee onderhoude gevoer is [as gewese Moslems] empaties bevestig dat drome en visioene 'n belangrike rol gespeel het in hulle bekering en het hulle gehelp tydens moeilike tye,” het die ondersoek gesê.

Andere het die persentasie hoër bevind. Karel Sanders, 'n sendeling in Suid Afrika, het berig dat onder Afrika Moslems "42% van die nuwe bekeerlinge kom na Christus toe deur visioene, drome, engele verskynings en deur God se stem te hoor." Volgens "Dawn’s Friday Fax", 'n webtuiste wat fokus op sending berigte, verduidelik Arabies-sprekende moderators bonatuurlike ondervindings soos drome, visioene en genesings deur gebed tot Jesus. “Hierdie is 'n warm onderwerp in ons area. Mense van regoor die Midde Ooste bel ons, vertel hoe hulle genees was deur gebed in Jesus se naam,” hulle haal een sendeling aan wat sê. “Moslem luisteraars bel gereeld om ons te vertel oor drome en visioene van Jesus, wil weet wat dit vir hulle beteken.”

Dieselfde word meegedeel in 'n meesleurende boek genaamd, “I Dared To Call Him Father,” deur 'n wel-af gewese Moslem Pakistanse vrou met die naam Bilquis Sheikh wie tot bekering gekom het as gevolg van 'n reeks ongewone gebeure -- dit het begin met die teenwoordigheid van 'n boosheid, wat sy gevoel het verbind was met die onlangse doodmaak van 'n vervolgde Christen.

“Die vreemde prikkel gevoel het binne my gegroei terwyl ek stadig op die gruis paadjie van my tuin geloop het," het sy geskryf in 'n boek wat pas her-vrygestel was. "Ek het gestop en rondgekyk. Terwyl ek oorgeleun het om die lang groen stingels te gryp, het iets verby my kop geskuur. Ek het skokkend regop gekom. Wat was dit? 'n Mistige wolk -- 'n koue, klam onheilige teenwoordigheid -- het verby gesweef. Natuurlik was daar niks daar buite nie. Was daar? Asof in antwoord, het ek 'n ferm, baie werklike en onheilspellende tik gevoel op my regterhand.”

Hierdie ondervinding het gelei tot 'n reeks drome wat -- soos baie waarvan ons nou hoor -- teweeg gebring het dat hierdie Moslem vrou tot bekering gekom het. Kom sulke drome nou meer gereeld voor -- met die wêreld situasie soos dit is? Of het hulle nog altyd plaasgevind?

Ons weet dat drome baie belangrik kan wees. Ons dink aan Abraham. Ons dink aan Josef, die vader van Jesus.

Maar hulle is ook deurslaggewend in ons eie tyd en in die geval van Sheikh, wie se man 'n generaal was en Pakistan se Minister van binnelandse sake, het hulle 'n belangrike deel gevorm van haar omkering -- indien nie die belangrike rol nie. Soos sy verduidelik het in hierdie goed geskrewe boek (wat alreeds in 1978 gepubliseer was), is sy grootgemaak in 'n Moslem geloof wat geglo het dat alhoewel Jesus gebore was uit 'n Maagd, was Hy nie God se Seun nie. Tog het Sheikh gevoel dat sy die Christen Bybel wil ondersoek -- en dit is toe dit alles begin het.

In een van haar drome sê Sheikh, “Ek het myself bevind waar ek middagete geniet saam met 'n man wie ek geweet het Jesus is. Hy het gekom om my in my huis te besoek en het gebly vir twee dae. Hy het oorkant die tafel van my gesit en in vrede en blydskap het ons saam geëet.

“Skielik het die droom verander. Nou was ek op 'n bergtop saam met 'n ander man. Hy was geklee in 'n kleed en met sandale aan sy voete. Hoe kon dit wees dat ek geheimsinnig ook sy naam geken het? Johannes die Doper. Wat 'n vreemde naam. Ek het myself bevind dat ek hierdie Johannes die Doper vertel van my onlangse besoeke met Jesus.”

Dit was die droom -- en dit was ongewoon -- het veroorsaak dat sy almal begin vra het wie dalk mag weet -- want tot op daardie punt, het Sheikh nog nie afgekom op die naam van Johannes die Doper met die lees van die Bybel nie.

Sy het 'n Christen geword. So het duisende ander. Die berigte het dorpenaars ingesluit in plekke soos Morokko. Ons het die eerste keer hiervan gehoor in die vroeë 1990's.

“'n Volgeling van Jesus in Guinea vertel van 'n persoon in wit wat aan hom verskyn het in 'n droom, wat na hom roep met uitgestrekte arms.” sê die Kalifornia publikasie. "Hierdie soort droom waarin Christus verskyn as 'n figuur in wit, is 'n gereelde patroon in sendingwerk onder Moslems.”

Die voorbeelde is veelvuldig. 'n Moslem van Malaysië het haar ontslape Christen ouers in 'n droom gesien, feesvier in die Hemel. Jesus, in 'n wit kleed, het vir haar gesę: “As jy na my toe wil kom, kom!” Sy het.

'n Ander bekeerling, hierdie een is ook van die Midde Ooste, het gesê dat hy in sy bed gelê het met 'n erge hoofpyn. 'n Wit figuur met 'n wonderlike, vredevolle gesig het verskyn, sy hande drie keer op sy kop gelê en die volgende oggend was die onoplosbare hoofpyn weg.

'n Man van Wes Afrika het 'n godsdienstige Moslem in die hel gesien, en 'n arm Christen wat nie eers aalmoese kon gee nie, in die Hemel. 'n Stem het verduidelik dat die beslissende punt was nie die aalmoese nie, maar die geloof in Jesus.

Intussen het 'n sendeling werkagtig onder die Tausugs, die Filippyne se grootste Moslem groep, vermeld dat 'n aantal gelowige Moslems "Jesus gesien het" in hulle drome wat gevolg het na die laaste Ramadan. (hierdie weer is volgens Dawn's Fax). Een man het van Jesus gedroom wat 'n baie groot draak doodmaak tydens 'n geveg en die volgende dag het hy weer dieselfde droom gehad -- wat hom ontvanklik gemaak het vir die Evangelie.

'n Lid van die Yakan mense in Basilan Provinsie het gedroom dat die Profeet Mohammed, Jesus nie in die oë kon kyk nie. Toe hy vir sy neef, 'n Christen, vertel het van die droom, het sy neef vir hom gesê dat die droom beteken het dat Jesus magtiger is as Mohammed.

Daar is stories van geestelike oorlogvoering. Daar is verhale uit Turkye. Daar is stories van wonderbaarlike genesings. Daar is stories van Irak. 'n Span wat behoort aan "Atlete in Aksie," 'n sending atleet beweging, het vermeld van hulle kuier by die Sentrale Asiese Republieke van Turkmenistan en Kyrgyzstan dat “een van die toere se interessante ondervindings was om te luister na 'n groot aantal van mense wat vertel hoe hulle Christene geword het. Voorheen was hulle ateïste of Moslems. Sommiges het ons meegedeel hoedat God met hulle gepraat het in hulle drome. Ander het ons vertel hoe hulle hoofpyne gehad het vir dae nadat hulle van Christus gehoor het. Sodra hulle besluit het om Christene te word, was die hoofpyn weg. Een vrou het ons vertel dat op die aand wat sy gehoor het van Jesus, niks gebeur het nie totdat sy gaan slaap het. Terwyl sy geslaap het, het sy 'n aaklige droom gehad, waarin 'n sataniese figuur vir haar gesę het. 'Jy sal nooit ontsnap van my nie.' Maar nou het sy ook 'n Christen geword."

Daar is talle berigte dat baie van die Berbers wat woon in die Algeriese Atlas Berge na Christus kom deur soortgelyke drome en visioene, waarna hulle meestal ondergrondse sel-kerke begin. Ahmed Ait Ben Youcef, 'n inheemse Berber wat nou buitelands bly, het gesę, hy het Christus gevind op 'n tipiese manier vir vorige Islamitiese Berbers: "Ons Berbers het altyd in God geglo, maar baie soek hulle eie weg onder die druk van die Islamitiese Arabiere. Ons jongmense het gesmag na die regte weg vir ons lewens en het gebid tot God vir leiding. Een van my vriende het gesterf in 'n motor ongeluk. Die volgende aand het ek gedroom dat hy, 'n ander vriend en ek gery het na 'n helder verligte stad wat omring is deur 'n wit muur. My vriend het ons vertel dat hy nou daar bly."

'n Egiptiese Moslem het die Evangelies gelees volgens nog 'n ander berig en het net gekom tot by Lukas 3 toe 'n sterk wind deur die kamer gewaai het en 'n stem gesê het. “Ek is Jesus Christus wie jy haat. Ek is die Here waarna jy op soek is." Hy het daardie dag besluit om Jesus te volg.

So wydversprei is sulke berigte dat volledige webtuistes nou aan sulke staaltjies gewy word -- dikwels versigtig om anoniem te bly. 'n Goed-ingeligte bron, wie vir ooglopende redes onbekend bly, berig dat 'n gewese Islamitiese "Imam" of geestelike leier 3,000 Moslems gelei het na Jesus toe, wat gekom het tot sy geloof in Christus deur verskynings en drome waarin 'n wit Man hom vertel het om die Bybel te bestudeer. Sy metode is eenvoudig: in gesprek, vra hy ander "Het jy onlangs 'n wit man gesien in jou drome?” As hulle nie het nie, sê hy vir hulle "ek het net gewonder. Dankie.” As hulle positief antwoord, gaan hy voort deur te vra of hulle geïnteresseerd is om te leer wie hierdie wit man is. En wie is nie geïnteresseerd in die identiteit van 'n geheimsinnige persoon wie in hulle drome verskyn? Die gewese Imam wys hulle dan verskeie Bybel gedeeltes waarin daar genoem word van 'n man in wit geklee, verduidelik dan, "Dit is Jesus. Hy wil met jou praat, omdat Hy wil hê jy moet Hom volg."

Baie Moslems is alreeds voorberei vir daardie stap deur hulle bonatuurlike ontmoetings, en aanvaar die uitnodiging. 'n Ruk gelede het Bill Bright, direkteur van die sending agentskap, “Campus Crusade for Christ”, geskryf dat "ons ondervind 'n wonderbaarlike verskynsel. Moslems in besonder kry drome en visioene wat die werklikheid bevestig van Christus. Na een radio program waarin hy berig het dat Jesus verskyn het aan baie Moslems in 'n droom en vir hulle gesê het "Ek is die weg,' het die radio stasie duisende briewe ontvang van Moslems in Noord Afrika en die Midde Ooste, waarin die luisteraars gesê het dat hulle skielik vroeëre drome verstaan het. Hulle wou dan meer informasie hê oor Jesus."