Ek het nog nooit geglo in vreemde vlieënde voorwerpe nie, en nog minder aan
gevaarlike buiteruimse wesens totdat ek die droom gehad het in Mei 2005. Van toe
af het ek openbarings begin kry oor wat dit is en die ergste van alles is, dit
is die waarheid. Dit is die droom wat "MOMMA WISDOM" van praat in "Profesie 89".
Dit is wat SY gesê het, "Ek het jou die droom gegee van wanneer die vreemde
vlieënde voorwerpe gaan kom. Waarlik hulle is satan se weermag, en het 'n reg
tot diegene wat die verkeerde naam (Jesus) aanroep want hy (die seun van satan)
sal sê "Hier is ek." Na wie toe sal julle uitroep as dit gebeur?
Ek het myself gesien in 'n plek wat soos n stad lyk. Ek het gesien hoe mense
vreesbevange weghardloop vanaf V.V.V.s. Daar was veral een groot V.V.V, in die
vorm van 'n sigaar, met twee vinne op die een punt van die V.V.V. Mans en
vrouens het gillend geroep," JESUS HELP ONS!" Toe sien ek die hoe dieselfde,
sigaar vorm V.V.V. 'n blou/groen ligstraal uitskiet. Die helder blou/groen
straal sal die mense tref en hulle dan optrek in die maag van die V.V.V. Die
mense het bly skreeu, "Jesus help my!" net om tevergeefs deur hierdie sigaar
vormige V.V.V. opgetel te word. Niemand kon van die V.V.V. af weghardloop nie.
Skielik was die spesifieke V.V.V. bokant my. Ek het probeer weghardloop, maar
kon nie. Ek het gesien hoe die blou straal na my toe kom. Net toe die lig bo my
is roep ek uit, "YAHUSHUA bewys aan my dat U my gebede verhoor, help my!" Die
straal stop toe onverwags net hier bokant my, toe ek die naam YAHUSHUA gebruik.
Meteens gaan dit toe na die naaste persoon wat "JESUS" skreeu. En so was hulle
almal al skoppende en skreeuende en gevul met vrees, opgetel deur die blou
straal, en tot binne in die sigaar vormige V.V.V. ingetrek.
Hierdie bediening waarsku mense hoekom dit so belangrik is om die Hebreeuse NAAM
van ons Messias YAHUSHUA of YAHSHUA te gebruik. Die naam van Jesus Christus het
nou nog verlossende, salwing, geneesende, vrymaakende krag, maar dit SAL NIE
enige krag hê, tydens die Groot Verdrukking nie. Ek glo wel nie ek sal hier op
aarde wees tydens die Groot Verdrukking in my aardse liggaam nie. Alhoewel ek in
die droom daar was om almal nou te kan waarsku. In die droom is dit ook 'n
waarskuwing dat die antichris, wat die seun van satan is, die naam van Jesus
Christus sal gebruik, omdat christene regoor die wêreld, van alle tale gebruik
maak van die naam, Jesus Christus. Die mees bekendste evangeliste berei die
mensdom voor vir hierdie Blou Straal Wegraping, wat 'n valse wegraping is.
Apostel Elisabeth (Elisheva) Elijah
Mei 2005