Verskeie teenstrydige opinies bestaan t.o.v die ete wat plaasgevind het op
die laaste nag van YAHUSHUA se lewe. Baie mense glo dat YAHUSHUA ‘n Pasga (Pasga)
ete geëet het saam met SY dissipels, soos dit blyk uit die Samevatting van
Evangelies (Synoptic Gospels) van Mattheus, Markus , Lukas en Johannes. Ander
verskil hiervan deur te verwys na die Evangelie van Johannes, wat duidelik
uitwys dat hierdie “Laaste Avondmaal” plaasgevind het voor die Pasga. Is daar ‘n
manier om die twee verskillende verduidelikings ooreen te bring ? Kan altwee
verduidelikings korrek wees?
Om hierdie onderwerp ten volle te verstaan, kom ons ondersoek die Evangelie
verslae van YAHUSHUA se laaste ete. Eerstens sal ons kyk na Johannes se
verduideliking van die “Laaste Avondmaal.” Baie geleerdes glo dat Johannes sy
Evangelie geskryf het in die latere jare van die eerste eeu, lank nadat die
Samevatting van Evangelies geskryf was. Teen die tyd dat Johannes geskryf het,
het Heidene moontlik reeds ‘n aansienlike gedeelte van die Kerk uit gemaak.
Heelwaarskynlik verskil Johannes se Samevatting van Evangelie van die ander, as
gevolg van die groot aantal bekeerde Heidene en die anti-Joodse neigings wat
begin het om pos te vat. Johannes het groot moeite gedoen om die erfdeel van
YAHUSHUA te beklemtoon. Hy het benadruk dat YAHUSHUA ‘n Jood was WIE die Joodse
gebruike uit gewoonte nagekom het, insluitende die waarneming van YAHUVEH se
verpligte feesdae (Lev.23). Johannes verwys na ten minste drie Pasga feeste
gedurende die bediening van YAHUSHUA (John 2:13, 6:4, 19:14), insluitend SY
laaste een. Hy noem ook die Fees van Tabernakels, by die Jode bekend as Sukkot
(John 7:2), Die laaste dag van die Fees van Tabernakels, wat die Jode Hoshanah
Rabbah genoem het (John7:37), en die Fees van Toewyding, algemeen bekend as
Chanukah (John.10:22). Kom ons kyk na die begin van Johannes se weergawe van die
“Laaste Avondmaal” wat gevind word in hoofstuk 13 van sy Evangelie:
JOHANNES 13:1
1 ”En voor die Fees van die Pesag het Yahushua, omdat Hy wis dat sy
uur gekom het dat Hy uit hierdie wêreld sou oorgaan na die Vader, en omdat Hy sy
eie mense in die wêreld liefgehad het, hulle liefgehad tot die einde toe.
2 En gedurende die maaltyd - die duiwel het dit al in die hart van Yehudah van
Keriyot, die seun van Shiemón, ingegee om Hom te verraai -
3 het Yahushua, omdat
Hy wis dat die Vader alles in sy hande gegee het en dat Hy van Elohiem uitgegaan
het en na Elohiem heengaan,
4 van die maaltyd opgestaan en sy bo-klere uitgetrek
en 'n doek geneem en dit om Hom vasgemaak.
5 Daarna het Hy water in 'n bak
gegooi en die voete van die dissipels begin was en afdroog met die doek wat Hy
omgehad het.” (Waarheid en Getuienis Bybel-WeG)
Johannes wys dat die “Laaste Avondmaal” plaasgevind het op dieselfde nag wat
Judas Iskariot YAHUSHUA verraai het (John.13:21-30) Die eerste vers sê eenvoudig
dat dit “voor die fees van Pesag” was wat sewe dae lank aanhou (vanaf 15 Nissan
tot 21 Nissan). Johannes verwys vanselfsprekend na die dieselfde nag soos
beskryf deur die ander drie Evangelie skrywers. (Mat. 26; Mark. 14; Luk. 22).
Johannes gaan voort deur verskeie kere te herhaal waar hierdie gebeurtenisse
plaasgevind het voor Pesag. Die Pasga Maaltyd wat tradisioneel geëet word op die
aand (begin van) die 15de Nissan (Woensdag na sononder) was heel duidelik nog
nie in gebruik nie.
JOHANNES 13:25
25 “Toe Yahushua dit gesê het, het Hy in sy gees ontsteld geword en
getuig en gesê: Amein, amein Ek sê vir julle, een van julle sal My verraai...
26 Yahushua antwoord: Dit is die een aan wie Ek die stukkie sal gee as Ek dit
ingedoop het. En toe Hy die stukkie ingedoop het, gee Hy dit aan Yehudah van
Keriyot, die seun van Shiemón.
27 En nadat hy die stukkie geneem het, het die
Satan in hom ingevaar. En Yahushua sê vir hom: Wat jy doen, doen dit haastig.
28 Maar waarom Hy dit vir hom gesê het, het niemand van die wat aan tafel was,
verstaan nie.
29 Want sommige het gedink, terwyl Yehudah die beurs gehad het,
dat Yahushua vir hom sê: Koop wat ons nodig het vir die Fees; of dat hy iets aan
die armes moes gee.
30 Toe hy dan die stukkie geneem het, het hy dadelik
uitgegaan. En dit was nag.” (Waarheid en Getuienis Bybel WeG)
JOHANNES 18:28
“Toe neem hulle Yahushua van Kayafa na die goewerneur se paleis.
En dit was vroeg in die môre; en hulle het self nie in die paleis ingegaan nie,
dat hulle hul nie sou verontreinig nie, maar dat hulle die Pesag kon eet.” (WeG
Bybel)
JOHANNES 19:14
“En dit was die voorbereiding vir die Pesag en omtrent die sesde
uur. Toe sê hy vir die Yehudiem: Daar is julle Koning!”
JOHANNES 19:31
“En dat die liggame nie op die Shabbat aan die folterpaal sou bly
nie, aangesien dit die voorbereiding was - want die dag van daardie Shabbat was
groot - het die Yehudiem Pilatus gevra dat hulle bene gebreek en hulle weggeneem
moes word.” (Die Groot Shabbat is die eerste dag van ongesuude brode op
Donderdag die 15de Nissan - wat ‘n aanvang neem teen sononder op Woensdag die 14
de Nissan)
JOHANNES 19:42
“Daar het hulle Yahushua toe neergelê weens die voorbereiding van
die Yehudiem, omdat die graf naby was.”
Die Jode het die dae gereken vanaf sononder tot sononder. Soos julle kan sien,
wys Johannes duidelik uit dat die “Laaste Avondmaal” , die verraad deur Judas,
en YAHUSHUA se verhoor en kruisiging, alles gebeur het voor die Pasga, op die
Dag van Voorbereiding. Maar wanneer presies was die Dag van Voorbereiding?
Die “The New Unger's Bible Dictionary p 411” sê dat die Voorbereidingsdag vir
die Pasga, was vanaf die einde (sononder) van die 13 de Nissan tot die aand (sononder)
van die 14 de Nissan.
“Woensdag, die 14 de Nissan (wat begin teen sononder van Dinsdag) was ‘die dag
van voorbereiding’ waarop die kruisiging plaasgevind het” (verwysing:bl 180)
Soos gesien in Johannes 19:31 hierbo, was die dag wat gevolg het op ‘die
voorbereidingsdag’, ‘n jaarlikse Groot Shabbat, die Eerste Dag van Ongesuurde
Brode, wat jaarliks geval het op die 15 de Nissan (wat begin teen sononder van
Woensdag). YAHUVEH het die Israeliete beveel om hierdie Groot Shabbat elke jaar
te hou. (Verwysing-E.W. Bullinger, in Appendix 156 to The Companion Bible)
EKSODUS 12:16
16 “En op die eerste dag moet daar 'n afgesonderde byeenkoms wees;
ook op die sewende dag moet daar vir julle 'n afgesonderde byeenkoms wees. Daar
mag geen werk op hierdie dae gedoen word nie; net wat deur elkeen geëet moet
word, dit alleen mag deur julle berei word.
17 Onderhou dan die ongesuurde brode,
want op daardie selfde dag het Ek julle leërs uit Mietsrayiem uitgelei. Daarom
moet julle hierdie dag in julle geslagte as 'n ewige insetting hou.” (WeG Bybel)
LEVITIKUS 23:6
6 “en op die vyftiende dag van hierdie maand is die Fees van die
Ongesuurde Brode van Yahweh; sewe dae lank moet julle ongesuurde brode eet.
7 Op
die eerste dag moet daar vir julle 'n afgesonderde byeenkoms wees; geen
beroepswerk mag julle doen nie.”(WeG Bybel)
Kom ons bestudeer nou die verduidelikings van hierdie gebeurtenis in die
Saamgevatte Evangelies van Mattheus, Markus, en Lukas en vergelyk dit met die
weergawe van Johannes.
MATTHEUS 26:17
17 “En op die eerste dag van die Ongesuurde Brode kom die dissipels
na Yahushua en sê vir Hom: Waar wil U hê moet ons vir U klaarmaak om die Pesag
te eet?
18 En Hy antwoord: Gaan na die stad na 'n sekere iemand en sê vir hom:
Die Meester laat weet: My tyd is naby. By jou sal Ek die Pesag hou met my
dissipels.
19 Daarna het die dissipels gedoen soos Yahushua hulle beveel het, en
hulle het die Pesag berei.
20 En toe dit aand geword het, was Hy met die twaalf
aan tafel.
21 En terwyl hulle eet, sê Hy: Amein Ek sê vir julle, een van julle
sal My verraai.”(WeG Bybel)
MARKUS 14: 12
12 “En op die eerste dag van die Ongesuurde Brode, wanneer hulle
gewoonlik die Pesag geslag het, sê sy dissipels vir Hom: Waar wil U hê moet ons
gaan klaarmaak, dat U die Pesag kan eet?
13 En Hy stuur twee van sy dissipels en
sê vir hulle: Gaan na die stad toe; en 'n man wat 'n kruik water dra, sal julle
tegemoetkom. Volg hom,
14 en waar hy ook mag ingaan, moet julle vir die eienaar
van die huis sê: Die Meester laat weet: Waar is die kamer waar Ek met my
dissipels die Pesag kan eet?
15 En hy sal julle 'n groot bovertrek wys, in
gereedheid gebring. Daar moet julle vir ons klaarmaak.
16 En sy dissipels het
gegaan en in die stad gekom en dit gevind soos Hy vir hulle gesê het; en hulle
het die Pesag voorberei.
17 En toe dit aand geword het, kom Hy met die twaalf.
18 En terwyl hulle aan tafel was en eet, sê Yahushua: Amein Ek sê vir julle, een
van julle sal My verraai, een wat saam met My eet.” (WeG Bybel)
LUKAS 22: 7
7 “En die dag van die Ongesuurde Brode het gekom waarop die Pesag
geslag moes word.
8 Toe stuur Hy Kefa en Yahuganan en sê: Gaan berei die Pesag
vir ons, dat ons dit kan eet.
9 En hulle sê vir Hom: Waar wil U hê moet ons dit
berei?
10 En Hy antwoord hulle: Kyk, as julle in die stad ingaan, sal 'n man
julle ontmoet wat 'n kruik water dra; volg hom na die huis waar hy ingaan.
11 En julle moet vir die eienaar van die huis sê: Die Meester vra u - waar is die
kamer waar Ek die Pesag met my dissipels kan eet?
12 En hy sal julle 'n groot
bovertrek wys wat reggemaak is; daar moet julle dit berei.
13 En hulle het
gegaan en dit gevind soos Hy vir hulle gesê het, en die Pesag berei.
14 En toe
die uur kom, het Hy aan tafel gegaan en die twaalf apostels saam met Hom.
15 En Hy sê vir hulle: Ek het baie sterk daarna verlang om hierdie Pesag met julle te
eet voordat Ek ly.
16 Want Ek sê vir julle: Ek sal beslis nie meer daarvan eet
voordat dit in die koninkryk van Elohiem vervul is nie.”
Kom ons kyk eerstens na die tydsberekening van hierdie gebeure. Mattheus sê “dit
was die eerste van Ongesuurde Brood.” Oppervlakkig lyk dit of hy die weergawe
van Johannes weerspreek wat eenvoudig sê dat die “laaste Avondmaal” plaasgevind
het voor die Fees van Pasga. Maar Markus en Lukas voeg fynere besonderhede by
wat help om die tyd te verduidelik. Markus sê dit was “die eerste dag van
Ongesuurde Brode, wanneer hulle gewoonlik die Pesag geslag het “; Lukas sê dit
was “die dag van die Ongesuurde Brode het gekom waarop die Pesag geslag moes
word.”
Die Bybel vertel ons in Eksodus 12:6 Dat die Pasga lammers geslag moes word “tussen
die aande” op die 14de Nissan. Die Jode het tradisioneel geinterpreteer dat met
“tussen die aande” daar bedoel word, “in die laatmiddag”. Vir ‘n dieper
bespreking van hierdie frase, verwys na “What Does ‘Between the Evenings’ Mean?”
Engelse skakel (http://www.allmightywind.com/passover/betweenevenings.html )
Die Jode het, in die tyd van YAHUSHUA, die Pasga lammers geslag teen die
laatmiddag van die 14 de Nissan. In “The Wars Of The Jews (bk.6 ch 9, sec 3)” sê
Josephus dat tydens die eerste eeu, die Pasga lammers geslag was “vanaf die
negende uur tot die elfde uur”, wat ooreenstem met ons 15h00 tot 17h00.
Vanselfsprekend is die dag wat deur Mattheus en Markus die “eerste dag van
Ongesuurde Brode” genoem word, dieselfde dag is wat Johannes die “Dag van
Voorbereiding vir die Pasga “noem. Die " The New Unger's Bible Dictionary p.411”
sê dat die 14 de Nissan die voorbereiding genoem was vir Pasga tot en met die
aand. Soos hieronder aangedui bevestig al drie Samevatting van Evangelies dat
YAHUSHUA gekruisig was op die “Dag van Voorbereiding” op 14 Nissan (Woensdag
15h00).
MATTHEUS 27:62
“Die volgende dag - dit is die dag na die voorbereiding - kom die
owerpriesters en die Perushiem by Pilatus saam” (WeG Bybel)
MARKUS 15: 42
“En toe dit aand geword het, omdat dit die voorbereiding was, dit
is die dag voor die Shabbat, 43.... en hy waag dit om na Pilatus in te gaan en
die liggaam van Yahushua te vra.” (WeG)
LUKAS 23:54
“En dit was die dag van voorbereiding, en die Shabbat wou aanbreek.”
Om terug te keer na die beskrywing van die maaltyd, in die Samevatting van
Evangelies, beskryf Mattheus en Markus dat die dissipels na YAHUSHUA toe gekom
het toe die Dag van Voorbereiding pas begin het (14 de Nissan ) wat dan teen
sononder van 13de Nissan moes wees. Hulle het HOM gevra waar HY wou hê dat hulle
moes voorberei om die Pasga maaltyd, wat die volgende aand sou wees, te eet. (sien
Johannes 18:28 hier-bo). Lukas het opgeteken dat in antwoord op hulle vraag, het
YAHUSHUA instruksies gegee aan Petrus en Johannes, oor hoe hulle die plek moes
vind waar hulle moes voorberei om die Pasga te eet op die aand van die 14 de
Nissan. HY het vir hulle gesê dat die eienaar van die huis vir hulle ‘n groot
toegeruste bo-kamer sou wys. Markus en Lukas het albei gesê dat dit daar was, in
daardie kamer, waar hulle vir die Pasga moes voorberei. (Mark. 14:15; Luk.
22:12)
Soos julle kan sien uit al drie beskrywings (Matt. 26:17; Mark. 14:12; Luk.
22:7-9) het die dissipels gewag tot die begin van die 14 de Nissan om vir
YAHUSHUA te vra waar hulle die Pasga moes voorberei. Indien die tyd tussen
sononder en donker die gegewe tyd was wanneer die Pasga lammers geslag moes
word, soos sommige mense verkeerdelik leer, waarom sou hulle dan tot so baie
laat gewag het om YAHUSHUA te vra oor die voorbereiding van die maaltyd? Of as
die Pasga maaltyd ten minste nie sou plaasvind binne die volgende 24 uur nie,
waarom sou hulle dit voorberei vir daardie aand?
In Jacob Neusner se vertaling van “the Jewish Mishnah” kan ons sien waarom die
dissipels besorg was met die voorbereiding van die Pasga daardie aand, selfs al
sou dit nie geëet word voor die volgende aand nie.
In “PESAHIM” 1:3 A. sê R. Judah dat hulle suurdeeg soek [1] op die aand van die
14 de [2] in die oggend op die 14 de en [3] teen die tyd van die verwydering. B.
En wyses sê, (as) een nie (suurdeeg) uitgesoek het nie op die aand van die 14 de
nie, mag hy dit uitsoek [1] op die 14 de. C. As hy dit nie uitgesoek het op die
14 de, laat hom dit uitsoek (2) op die vasgestelde tyd [11 a.m to 12 na-middag
op die 14de]. D. As hy dit nie op die vasgestelde tyd uitgesoek het , laat hom
dit uitsoek (3) ná die vasgestelde tyd [tot die aand toe]” (verwysing: p. 230,
The Mishnah: A New Translation)
Die “New Unger's Bible Dictionary” bevestig hoe die Jode voorberei het vir die
viering van die Pasga:
Op die aand van die 13 de Nissan [terwyl die dag eindig en die Nissan 14 begin],
tot die einde van die 14 de, was dit genome “voorbereiding vir Pasga”
(Joh.19:14), elke hoof van ‘n gesin het al die suurdeeg gesoek en bymekaar
gemaak by die lig van ‘n kers. Voordat hy die soektog begin, het hy die volgende
seën uitgespreek: “Geseënd is U, O ELOHIEM, Koning van die heelal, wat ons
geheilig het met U gebooie, en ons beveel het om die suurdeeg te verwyder.” Na
die soektog het hy gesê: “Enige suurdeeg wat nog oorgebly het in my besit, wat
ek nie kan sien nie, kyk, dit is nietig en word gereken as die stof van die
aarde” (verwysing: p. 411, "Festivals,")
Die sinsnede; “berei die Pasga voor” wat gevind word in Mattheus 26:19; Markus
14:16; en Lukas 22:13 kom van die Griekse sinsnede “hetoimasan to pascha.”
Volgens “Strong's Concordance” is die kern , die Griekse werkwoord “hetoimazomeans
"(1 om gereed te maak, voor te berei 1a) om die nodige voorbereidings te tref,
kry alles gereed...” geneem uit die oosterse gebruik om uit te gaan voor konings
op hul reise en mense te stuur om die paaie gelyk te maak en dit begaanbaar te
maak. “ Duidelik is die rede waarom die dissipels vir YAHUSHUA gevra het waar
hulle die Pasga maaltyd sou eet, dat, omdat die Joodse gebruik dit vereis het,
die plek voorberei moes word deur die verwydering van suurdeeg daaruit op die
aand van die 14 de Nissan.
Soos voorheen genoem het die Jode die Pasga maaltyd geëet op die aand van die 15
de Nissan, wat die begin was van die Fees van Ongesuurde Brode. Eksodus 12:15
beveel die Israeliete om alle suurdeeg te verwyder uit hul wonings en skryf ook
die straf voor, indien suurdeeg geëet sou word tydens hierdie fees.
EKSODUS 12:15
“Sewe dae lank moet julle ongesuurde brode eet; alreeds op die
eerste dag [die dag van voorbereiding] moet julle die suurdeeg uit julle huise
verwyder. Want elkeen wat gesuurde brood eet, van die eerste dag af [15 de
Nissan] tot die sewende [21 ste Nissan] toe, daardie siel moet uit Yiesraél
uitgeroei word.” (Stone Edition Tanach)
Toe die dissipels vir YAHUSHUA gevra het waar hulle die Pasga maaltyd die
volgende aand sou eet, het hulle nog nie ten volle besef dat HY dán dood sou
wees nie! YAHUSHUA sou nie die Pasga kon eet nie omdat HY bestem was om ge-offer
te word as ons Pasga. (1 Kor. 5:7). Maar in plaas daarvan om toe aan hulle te
verduidelik dat HY in die graf sou wees wanneer die tyd gekom het om die Pasga
lam te eet, het HY hulle vertel waar om voor te berei om die Pasga maaltyd te
eet. Nadat Petrus en Johannes die kamer gis-vry gemaak het en gereed gekry het
vir die naderende fees, het YAHUSHUA hulle laaste maaltyd saam, op die nag van
14 de , gebruik om SY dissipels nog een laaste keer te onderrig voor SY dood.
LUKAS 22:15 was gebruik gewees om die bewering te ondersteun dat YAHUSHUA en SY
dissipels die Pasga maaltyd geëet het. In hierdie Skrifgedeelte sê YAHUSHUA:”
Luk. 22:15...Ek het baie sterk daarna verlang om hierdie Pesag met julle te eet
voordat Ek ly.” Die vertaling van die Griekse sinsnede “ baie sterk daarna
verlang” is “epithumia epethumesa” Dit beteken letterlik “met begeerte het EK
begeer.”
Die eerse woord van hierdie sinsnede “epithumia” is ‘n selfstandige naamwoord.
Volgens die “Exegetical Dictionary of the New Testament (p27, vol 2)” het
hierdie woord gewoonlik ‘ die onseker gevoel, begeerte, poging, verlange om iets
te besit/te doen/te wees’. Dit kan ook “gebruik word vir (verbode) begeerte”
YAHUSHUA gebruik epithumia in dié sin in Lukas 22:15.
In die artikel “The Lord’s Supper” sê die “New Bible Dictionary p.707” dat Lukas
22:15 gelees kan word as ‘n onvervulde wens. YAHUSHUA het waarlik verlang om
daardie komende Pasga saam met SY dissipels te eet, maar SY verlange kon nie
realiseer nie ! Dit was verbode want dit sou die plan van YAHUVEH vernietig,
aangesien YAHUSHUA bestem was om ge-offer te word as ons Pasga Lam op die middag
voor die Pasga maaltyd.
In die Bybel vertaling van “Ferrar Fenton” beskryf hy die betekenis van YAHUSHUA
se woorde akkuraat in die volgende verse:
LUKE 22:15
"And He said to them: 'I have longingly desired [epithumia
epethumesa] to eat this Passover with you before My suffering; 16 however, I
tell you that I shall not eat of it, until it can be administered in the Kingdom
of YAH.'" (The Holy Bible in Modern English)
Die maaltyd wat YAHUSHUA en SY dissipels geëet het was vanselfsprekend ‘n
voorbereidings maaltyd, nie die Pasga maaltyd self nie. Die Joodse geleerde
David Stern het t.o.v hierdie maaltyd, geskryf:
Dat die laaste Avondmaal deur meeste geleerdes beskou word as die Pasga maaltyd
of Seder. Verskeie Pasga temas word verdiep, versterk en kry nuwe vlakke van
betekenis deur gebeurtenisse in die lewe van YAHUSHUA die Messias en deur SY
woorde van hierdie nag. Maar Joseph Shulam het aangedui dat dit dalk nie ‘n
Seder was nie maar ‘n “se’udat-mitzvah”, ‘n feesmaaltyd wat die uitvoering van
‘n bevel vergesel, soos bv. ‘n huweliksbevestiging of ‘n b’rit-milah. Hier is
die agtergrond vir sy redenasie; Nadat ‘n rabbi en sy studente klaar is met die
studie van ‘n traktaat van die Talmud, vier hulle dit met ‘n “se’udat-mitzvah” (ook
genoem ‘n se’udat-siyum, feesmaal van voltooïng, o.a. gradeplegtigheid). Die
Vas-van-die-Eersgeborenes, wat dankbaarheid bewys vir die verlossing van die
Israeliete se eersgeborene seuns, van uit die tiende plaag, was voorgeskryf vir
die dag voor Pasga, die 14 de Nissan, ten minste vanaf die Mishnaïse -tye.
Wanneer dit nodig is dat ‘n se’udat-mitzvah geëet moet word, geniet dit voorkeur
oor ‘n vas. Met ‘n bietjie oorleg kan ‘n rabbie beplan om ‘n traktaat af te
handel op 14 Nissan en sodoende kan hy ‘n vas vermy; om dit so te doen word nie
beskou as kullery nie, en om die waarheid te sê het dit die norm geword. Die
tradisie van die Vas-van-die-Eersgeborenes dateer minstens vanaf die
Mishnaïse-tye. Maar, Shulam redeneer dat ; indien dit nog ‘n klompie eeue terug
sou dateer, tot in die tyd van YAHUSHUA, en indien die si’udat-siyum gebruik in
die eerste eeu toegepas was vir die afhandeling van ‘n studie, kon YAHUSHUA dalk
beplan het dat HY en Sy talmidim die bestudering van ‘n boek uit die Tanakh
afhandel op 14 Nissan. Of, aangesien YAHUSHUA geweet het dat HY sou sterf, kon
HY dit dalk gesien het as ‘n gepaste tyd om SY dissipels se aardse “studiekurses”
te voleindig met ‘n feesmaaltyd. Hierdie oplossing sou die opmerklike
teenstrydigheid tussen Yochanan(Johannes) en die Samestelling van Evangelies
t.o.v die tydsberekening van die Laaste Avondmaal ontbind. (verwysing: p. 77,
Jewish New Testament Commentary)
In die “Companion Bible (p.1500)” se kommentaar oor Lukas 22:15, sê Bullinger
dat die Laaste Avondmaal wat YAHUSHUA en SY dissipels geëet het nie die
lamsvleis ete was nie, maar wel die Chagigah of fees wat dit vooraf gegaan
het... Hy gaan voort deur te verduidelik ; aangesien die Here op “die dag van
voorbereiding” gekruisig was, kon HY gevolglik nie van die Pasga lam, wat eers
teen die aand [laatmiddag]van 14 Nissan geslag was, geëet het nie... Dus is dit
duidelik dat...geen ‘Pasga lam’ geëet kon word die vorige aand tydens die ‘Laaste
Avondmaal’ nie. (verwysing:p.180Appendix 156)
Geen een van die vier Evangelies noem dat ‘n lam geëet was tydens die ‘Laaste
Avondmaal’ nie. Die tyd om die Pasga te slag het nog nie aangebreek nie toe
YAHUSHUA en SY dissipels hulle laaste maaltyd saam geëet het.
Ter aanvulling, wys Deuteronomium 16:2, 5-6, dat die dissipels ook ‘n probleem
sou hê t.o.v waar hulle ‘n Pasga lam sou slag ingeval hulle een wou doodmaak.
DEUTERONOMIUM 16: 2
“En jy moet vir Yahweh jou Elohiem as Pesag kleinvee en
beeste slag, op die plek wat Yahweh sal uitkies om sy Naam daar te laat woon...
5 Jy mag die Pesag nie slag in een van jou poorte wat Yahweh jou Elohiem aan jou
gee nie. 6 Maar op die plek wat Yahweh jou Elohiem sal uitkies om sy Naam daar
te laat woon, moet jy die Pesag slag, in die aand teen sononder, op die tyd van
jou uittog [Aviv/Nissan, sien Deut.16:1] uit Mietsrayiem.” (WeG. Bybel)
YAHUVEH gee in hierdie Skrifgedeelte, deur Moses, instruksies t.o.v die geskikte
plek om die Pasga te offer. Soos hier-bo aangedui, het YAHUVEH nie toegelaat dat
die Israeliete die Pasga op enige plek van hul keuse kon slag nie, maar
alleenlik by die plek wat HY gekies het vir SY naam. Gedurende YAHUSHUA se lewe,
was die Tempel in Jerusalem die plek wat YAHUVEH gekies het vir SY Naam, en dit
is waar die Jode die Pasga lammers geslag het volgens hierdie bevel.
Wanneer moes die Ware Pasga gehou word? YAHUSHUA se dissipels “sou verseker nie,
in die begin van die 14 de Aviv/Nissan, in die Tempel kon ingaan met hul
Pasgalam en die priesters en Leviete vra om hulle te help om hul Pasga lam te
offer nie. Waarom nie? Omdat die Jode (wat gedurende daardie tyd die Tempel
plegtighede beheer het) dit eenvoudig nie sou toelaat dat enige iemand, ongeveer
21 uur voordat húlle dit sou toelaat, hul Pasga lamers mag slag nie, of
toesighou, oor die slagting van die Pasga lammers in die voorhof van die Tempel
nie! (verwysing: p. 11,Global Church News, March-April 1996,)
YAHUSHUA en SY dissipels kon daardie aand vanselfsprekend nie ‘n Pasga lam saam
met hul maaltyd geëet het nie. Die Skrif stel dit duidelik dat YAHUSHUA ons
Pasga Lam was (1 Kor.5:7). Mattheus , Markus en Lukas het almal aangeteken dat
YAHUSHUA tydens die negende uur gesterf het (15h00). Dit is dieselfde tyd,
opgeteken deur Josephus, waartydens die slagting van die Pasga lammers
plaasgevind het. YAHUSHA het die simboliek van die Pasga lammers noukeurig
vervul, op die 14 de Nissan, deur SY lewe te gee op dieselfde oomblik toe daar
begin was om die vlekkelose Pasga lammers te slag!