Laastens het ek ongeveer ‘n jaar gelede ‘n droom gehad. Ek sal dit kort en eenvoudig hou. Ek was in ‘n kerk gebou, en het in my gees die indruk gekry dat ‘n sekere man nie gered was nie en het na hom toegegaan om teenoor hom te getuig. Maar hy kon in tale praat! As gevolg daarvan het ek die RUACH geïgnoreer en nie teenoor die man getuig nie. Toe hoor ek demone spot en lag en sê dat hulle die man BEDRIEG het asook ander (insluitende die heiliges) om te glo dat die man wedergebore was.
Die gawe van Tale is beide Hemelse Tale asook Aardse Tale (1 Kor. 13:1; 14:21-22; Rom. 8:26). Beide die gawe van Tale asook die uitleg daarvan is bedoel om die gemeente te stig. (1 Kor.14:5; 9-23) 1 Kor.14:28 sê: “Maar as daar geen uitlegger is nie, laat hy in die gemeente swyg, en laat hy met homself en met Elohiem praat.” [WeG Bybel] Die gawe van Tale kan ‘n teken vir die ongelowiges wees (1 Kor.14:22), MAAR alleenlik as die ongelowige die taal verstaan (1 Kor. 14:11; 14;23). Lees byvoorbeeld wat op die dag van Pinkster gebeur het in Handelinge 2:11.
Die gebeds Taal is hoofsaaklik vir selfstigting (1 Kor. 14:4) Dit wek die salwing op gedurende aanbidding (1 Kor. 14:14-16 ; Efes. 5:18-20) en dit help met gebed (Rom. 8:26-27). In 1 Kor. 14:19 het die apostel Paulus gesê : “ maar in die gemeente wil ek liewer vyf woorde met my verstand praat om ook ander te onderrig, as tien duisend woorde in 'n taal”. Maar, dit is heeltemal aanvaarbaar om in tale te bid gedurende bediening omdat Tale die salwing opwek om te help met bediening (1 Kor. 14:6-8), om openbaring te gee, ‘n woord van kennis, ‘n woord van wysheid, ‘n profesie of ‘n woord van onderrigting. (1 Kor. 14:6).
Glossolalia, verwys andersens dat “praat in tale” is al hier vir duisende jare, en verwysings na dit kan gevind word in die Ou en Nuwe Testament.
Ondersoeke wys dat hierdie mense nie in beheer is van die gewone taalsentrums tydens hierdie aktiwiteite nie, wat ooreenstem met hul beskrywing van 'n gebrek aan opsetlike beheer terwyl hulle in tale praat. Hierdie bevindinge kan geïnterpreteer word as die gevoel van self wat deur iets anders oorgeneem word.
1 Korintiërs 12:7-11
7 Maar aan elkeen word die openbaring van die Gees gegee met die oog op wat
nuttig is.
8 Want aan die een word deur die Gees ‘n woord van wysheid gegee, en aan die
ander ‘n woord van kennis vanweë dieselfde Gees;
9 aan ‘n ander weer geloof deur dieselfde Gees, en aan ‘n ander genadegawes van
gesondmaking deur dieselfde Gees;
10 aan ‘n ander werkinge van kragte, aan ‘n ander profesie, aan ‘n ander
onderskeiding van die geeste, aan ‘n ander allerhande tale, aan ‘n ander uitleg
van tale.
11 Maar al hierdie dinge werk een en dieselfde Gees wat aan elkeen afsonderlik
uitdeel soos Hy wil.
1 Korintiërs 13:1
1 Al sou ek die tale van mense en engele spreek, en ek het nie die liefde nie,
dan het ek ‘n klinkende metaal of ‘n luidende simbaal geword.
1 Korintiërs 14:1-19
1 Jaag die liefde na, en beywer julle met die oog op die geestelike gawes, maar
veral om te profeteer.
2 Want hy wat in ‘n taal spreek, spreek nie tot mense nie, maar tot God; want
niemand verstaan dit nie, maar deur die Gees spreek hy verborgenhede.
3 Maar hy wat profeteer, spreek tot die mense woorde van stigting en troos en
bemoediging.
4 Hy wat in ‘n taal spreek, stig homself; maar hy wat profeteer, stig die
gemeente.
5 Ek wens dat julle almal in tale spreek, maar nog liewer dat julle profeteer.
Want hy wat profeteer, is groter as hy wat in tale spreek, of hy moet dit uitlê,
sodat die gemeente stigting kan ontvang.
6 Maar nou, broeders, as ek na julle kom en in tale spreek, tot watter nut sal
ek vir julle wees as ek nie met julle spreek òf deur ‘n openbaring, òf deur
kennis, òf deur profesie, òf deur lering nie?
7 Net soos met lewelose dinge wat ‘n klank gee, ‘n fluit of ‘n siter, as hulle
nie ‘n onderskeid in toon laat hoor nie, hoe sal ‘n mens weet wat op die fluit
of siter gespeel word?
8 Want as die basuin ook ‘n onduidelike klank gee, wie sal klaarmaak vir die
oorlog?
9 Net so julle ook, as julle met die tong geen verstaanbare woord uitbring nie,
hoe sal ‘n mens weet wat gespreek word? Want julle sal wees soos mense wat in
die wind praat.
10 Daar is wie weet hoeveel soorte tale in die wêreld, en geeneen daarvan is
sonder klank nie.
11 As ek dan die betekenis van die klank nie ken nie, sal ek vir die spreker ‘n
vreemdeling wees, en die spreker sal vir my ‘n vreemdeling wees.
12 So moet julle ook, terwyl julle streef na geestelike gawes, probeer om uit te
munt tot stigting van die gemeente.
13 Daarom moet hy wat in ‘n taal spreek, bid dat hy dit kan uitlê.
14 Want as ek in ‘n taal bid, dan bid my gees, maar my verstand is onvrugbaar.
15 Hoe staan die saak dan? Ek sal met die gees bid, maar ek sal ook met die
verstand bid. Ek sal met die gees psalmsing, maar ek sal ook met die verstand
psalmsing.
16 Anders, as jy met die gees dank, hoe sal hy wat die plek van ‘n onkundige
inneem, amen sê op jou danksegging, aangesien hy nie weet wat jy sê nie?
17 Want jy dank wel goed, maar die ander een word nie gestig nie.
18 Ek dank my God dat ek meer in tale spreek as julle almal;
19 maar in die gemeente wil ek liewer vyf woorde met my verstand spreek om ook
ander te onderrig, as tien duisend woorde in ‘n taal.
1 Korintiërs 14:22-28
22 Die tale is dus ‘n teken nie vir die gelowiges nie, maar vir die ongelowiges;
die profesie egter is nie vir die ongelowiges nie, maar vir die gelowiges.
23 As die hele gemeente dan saam vergader het en hulle sou almal in tale spreek
en daar kom onkundiges of ongelowiges binne, sal hulle nie sê dat julle
kranksinnig is nie?
24 Maar as almal profeteer en daar ‘n ongelowige of ‘n onkundige binnekom, dan
word hy deur almal oortuig, deur almal beoordeel;
25 en so kom die geheime van sy hart aan die lig. En so sal hy op sy aangesig
val, God aanbid, en verkondig dat God werklik onder julle is.
26 Hoe staan die saak dan, broeders? Wanneer julle saamkom, dan het elkeen van
julle ‘n psalm of ‘n lering of ‘n taal of ‘n openbaring of ‘n uitlegging—laat
alles tot stigting geskied.
27 En as iemand in ‘n taal spreek, laat dit dan wees twee of hoogstens drie, en
by beurte; en laat een dit uitlê.
28 Maar as daar geen uitlêer is nie, laat hy in die gemeente swyg, en laat hy
met homself en met God spreek.
Handelinge 2:1-13
1 En toe die dag van die pinksterfees aangebreek het, was hulle almal eendragtig
bymekaar.
2 En daar kom skielik uit die hemel ‘n geluid soos van ‘n geweldige rukwind, en
dit het die hele huis gevul waar hulle gesit het.
3 Toe is deur hulle tonge gesien soos van vuur, wat hulleself verdeel en op
elkeen van hulle gaan sit.
4 En hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het begin spreek in ander
tale, soos die Gees aan hulle gegee het om uit te spreek.
5 En daar het in Jerusalem Jode gewoon, godsdienstige manne, uit elke nasie wat
onder die hemel is.
6 En toe hierdie geluid kom, het die menigte saamgestroom en was in die war,
want elkeen het gehoor hoe hulle in sy eie taal spreek;
7 en hulle was almal verbaas en verwonderd en sê vir mekaar: Is almal wat daar
spreek, dan nie Galileërs nie?
8 En hoe hoor ons hulle, elkeen in ons eie taal waarin ons gebore is?
9 Parthers en Meders en Elamiete en die inwoners van Mesopotámië, Judéa en
Kappadócië, Pontus en Asië,
10 Frigië en Pamfílië, Egipte en die streke van Líbië by Ciréne, en Romeine wat
hier vertoef, Jode en Jodegenote,
11 Kretense en Arabiere—ons hoor hulle in ons eie taal oor die groot dade van
God spreek.
12 En hulle was almal verbaas en radeloos en sê die een vir die ander: Wat kan
dit tog wees?
13 Maar ander het gespot en gesê: Hulle is vol soetwyn.
Handelinge 10:44-47
44 En toe Petrus nog besig was om hierdie woorde te spreek, het die Heilige Gees
op almal geval wat die woord gehoor het.
45 En die gelowiges uit die besnydenis, almal wat saam met Petrus gekom het, was
verbaas dat die gawe van die Heilige Gees ook op die heidene uitgestort is.
46 Want hulle het gehoor hoe hulle in tale spreek en God groot maak. Toe het
Petrus begin spreek:
47 Niemand kan tog die water weer, dat hierdie mense, wat net soos ons die
Heilige Gees ontvang het, nie gedoop word nie?
Handelinge 19:6-7
6 En Paulus het hulle die hande opgelê, en die Heilige Gees het op hulle gekom,
en hulle het met tale gespreek en geprofeteer.
7 En altesaam was hulle omtrent twaalf manne.
Markus 16:16-18
16 Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word; maar hy wat nie glo nie, sal
veroordeel word.
17 En vir die wat geglo het, sal hierdie tekens volg: in my Naam sal hulle
duiwels uitdryf, met nuwe tale sal hulle spreek,
18 slange sal hulle opneem; en as hulle iets dodeliks drink, sal dit hulle geen
kwaad doen nie; op siekes sal hulle die hande lê, en hulle sal gesond word.