GELUKKIGE PURIM AAN ONS GELIEFDE FAMILIE VAN YAHUSHUA ha MASHIACH REG OOR DIE WERELD!
ONS HET JULLE LIEF!
Purim is ‘n feestyd om YAHUVEH te onthou en om fees te vier dat jy deel is
van Sy Heilige Familie. Onthou jy is nie gered van die Hel omdat jy ‘n
biologiese Jood is nie! Ontelbare menigte Jode gaan Hel toe omdat hulle nie die
enigste weg na die Hemel aanvaar het nie en dit is deur die Naam en die Bloed
van YAHUSHUA HA MASHIACH!
Purim word ook die “Festival of Lots” genoem. HIER IS ‘N GEHEIM WAT AAN MY
MEEGEDEEL IS; PURIM MOET HEILIG GEHOU WORD NET SOOS WAT ESTHER HEILIG WAS SO
MOET DIE BRUID OOK WEES, ONS IS DIE HEDENDAAGSE ESTHER! Julle sal hierdie lering
nie elders vind nie. Ek het hierdie openbaring uit die Hemel gehoor. Instruksies
aan die Bruid van YAHUSHUA is om hierdie tyd van Purim ernstig op te neem net
soos Koningin Esther gedoen het, en om bly te wees oor ons verlossing uit die
hand van ons vyande, nou sowel as in die toekoms. Net soos Esther gedoen het.
Purim word gevier op die 14de dag van Adar, wat gewoonlik in Maart is. Die 13de
Adar is die dag wat Haman gekies het om die Jode uit te delg, en dit is die dag
waarop die Hebreërs teen hul vyande geveg het vir hulle lewens. Op die dag
daarna, die 14de, het hulle hul oorlewing gevier. In die stede wat tydens Joshua
se dae ommuur was, word Purim gevier op die 15de van die maand want die boek van
Esther vertel dat verlossing van die slagting in Shushan (die ommuurde stad) nie
kompleet was nie tot en met die volgende dag. Die 15de word verwys na “Shushan
Purim”
Dit is ‘n geskiedkundige herdenking van oorwinning oor uitheemse vyande. Het ons
nie dieselfde oorwinning nodig nie want hoeveel vyande staar ons tans in die
gesig in verskeie lande? Het ons nie verlossing nodig nie... selfs uit die hand
van ons eie regerings, wat nie deur YAHUVEH se reëls regeer word nie maar deur
mense en satan se reëls, regoor die wereld?
Judaïsme onderrig vier maniere om Purim te vier. Elkeen van hierdie vier mitzvah
is maniere om die gees van die seisoen en die verhaal te beleef. Dit behels die
lees van die Megillat Esther, feestelikheid en vrolikheid. Shalach Manot (geskenke
stuur) en Matanot L’Evyonim (geskenke aan die armes).
“Megillat” of “Megillah” is die Hebreeuse terme vir ‘n klein Torah boekrol
waarop een boek van die Bybel geskryf is.
Megillah word van een kant af oop getrek en hardop gelees.
Die lees van die Megillat of die boek van Esther, is ‘n belangrike deel van die
dag. Om op hierdie dag die hele boek te lees word beskou as ‘n groot mitzvah en
so ook die aanhoor van die totale voorlesing.
Wat is ‘n partytjie sonder ‘n feesmaal en blydskap? Eet en drink is net so
belangrik op hierdie dag soos al die ander dinge, maar hierdie keer vier ons
fees omdat ons ‘n groter bemiddelaar as Koningin Esther het, en SY Naam is
YAHUSHUA ha MASHIACH! HY is nie net ons Messias nie, die Seun van YAHUVEH, maar
HY is ons spoedig komende Bruidegom!
Nog ‘n tradisie is om geskenke vir mekaar te gee op hierdie dag. In Hebreeus
word dit genoem “Shalach Manot.” Net soos met vele ander heilige dae is geskenke
deel van die pret. Indien dit enigsins moontlik is moet hierdie geskenke met
boodskappers gestuur word eerder as om persoonlik afgelewer te word want die
Megillah gebruik die woord mishloach (om te stuur) vir hierdie geskenke.
Ter afsluiting is hierdie nie ‘n tyd vir Israel om aan Purim te dink as ‘n ‘Joodse
Mardi Gras’ nie . Dit beledig die hele idee waaroor Purim gaan. Dit is oor
Liefde, Genade en Verlossing. Ons dankbaarheid teenoor YAHUVEH omdat HY ons van
die vyande verlos en om ons pleidooie voor HOM te bring. Dit is nie ‘n tyd om
maskers te dra soos die ortodokse Jode doen nie. Dit is ‘n tyd om ons maskers af
te ruk en ons harte en siele te ontbloot voor ons SKEPPER YAHUVEH en YAHUSHUA
ons MESSIAS.
Baie liefde aan almal terwyl ons aansluit by ander wat deel is van die lede van
die Bruid van YAHUSHUA! Ons harte sal ook nie ver van julle wees nie terwyl ons
saam staan voor die TroonKamer in die Hemel van ons Abba YAHUVEH!
Purim is een van die mees feestelike en prettigste feesdae. Dit herdenk die boek
van Esther, ‘n tyd waartydens die Jode wat in Persie gewoon het, gespaar was van
uitwissing. Die Esther-vas of “Ta’anit” is ‘n nuwe tradisie wat soort van
ontwikkel het met betrekking tot Purim.
Die dag voor Purim word beskou as ‘n geringe vasdag.
In Esther 9:3—word vas vermeld as een van die faktore wat die oorwinning
teweeggebring het.
Deelnemers kan vas van sonop tot sononder as ‘n herinnering van die drie dae
lange vas wat die Hebreërs gedoen het voordat Esther voor die Koning gaan staan
het. (Lees die verhaal om meer te leer hieroor).
Een bron beweer dat die 13de Adar ook die herdenking van die dag was waarop die
geveg, teen die anti-Semitiese magte plaasgevind het. Purim is die dag waarop
die triomferende Jode gerus en feesgevier het. Die 13de Adar was ingestel as ‘n
jaarlikse vasdag, vir elke geslag, bekend as die Esther-vas. (Esther 9:31).
Elke jaar op die 13 de Adar word die Esther-vas gehou ter nagedagtenis aan die
Vas wat nagekom was deur Mordechai en Esther en die hele Israel. Hierdie vas
word gehou op die dag voor Purim.
Meer as twee duisend jaar gelede het die vyande van die Hebreërs beplan om hulle
te onderwerp en te vernietig. Maar die teenoorgestelde het gebeur en die
Israeliete het regeer oor hul vyande. Lees hiervan in die boek van Esther.
Die gebruik om te vas was deur Israel beoefen deur die mense van Israel telkens
wanneer hul oorlog in die gesig gestaar het. Dit gaan nog steeds voort.
In Hebreeus word hierdie heilige dag “ta’anit Hadassah” genoem.
Die dag voor Purim is ‘n vasdag wat gehou word ter herinnering van die 3 dae
lange vas deur Esther, Mordechai en die hele Israel voordat Esther Aghashverosh
genader het.
Op die 13de van die eerste maand het Haman ‘n edik uitgevaardig vir die
uitroeiing van die Jode wat later daardie jaar in werking sou tree. Nadat
Mordechai die edik gelees het, het hy voortgegaan deur vir Esther daaroor in te
lig en haar aan te moedig om die saak van haar mense spoedig te bepleit voor
haar man die koning.
Esther was baie bekommerd daaroor om die koning te nader en het versoek dat al
die Jode, teenwoordig in die stad, moes vas vir die volgende 3 dae, sy en haar
diensmeisies sou ook vas.
“In Esther 4:16 stem sy in om die koning sonder uitnodiging te gaan sien en dat
die Joodse mense moet vas vir 3 dae vantevore. Waarom het sy ‘n vas afgevaardig?
Omdat ‘n vas help om die omvang van ons fisiese drange te onderdruk sodat ons
meer akkuraat gefokus kan wees op ons geestelike self. Dit bevorder die proses
van “teshuva” letterlik beteken dit “terugdraai”. Ons draai terug na ons
wesenlike toestand van reinheid. Esther het ‘n vas afgevaardig omdat sy geweet
het dat die Jode deur middel van selfondersoek noodgedwonge ‘n geestelike
verbintenis sou vorm om sodoende haar misie suksesvol te maak. En dit het gewerk!
“(leesstuk uit onbekende bron)
Hierdie is nie ‘n hartseer vas nie. Inteendeel, die doel van die vas is
openbaring en inspirasie.
Die Vas is vernoem na Esther want dit was sy wat dit eerste aangevra het dat
hierdie vas van Mordechai gehou moes word: “Gaan heen, versamel al die Yehudiem
wat in Shushan te vinde is, en vas julle om my ontwil; en julle moet nie eet en
drink nie, drie dae lank, nag en dag; ek ook met my dienaresse sal net so
vas;...”
Maar hier word vas nie gehou vir 3 dae, soos in die geval van die eerste Vas nie,
en ook nie op dieselfde datum nie. Oorspronklik was die vas gehou op die 14de,
15de en 16de van Aviv, direk nadat Mordechai uitgevind het van Haman se dekreet
en die vernietigingsbrief wat Haman geskryf het op die 13de Aviv. Ons Vas word
gehou op die 13de Adar, in herinnering van die Vas wat gehou was deur Israel op
die dag van hul mobilisasiebevel vir oorlog teen die vyande. Die Vas is in
elkgeval vernoem na Esther omdat dit sy was wat dit voorgestel het in die eerste
plek. Sommige Jode het in die verlede gevas op die 14de, 15de en 16de van Aviv.
Sommige van hierdie inligting was na my toe gestuur en ek stuur dit wat ek
geleer het bloot net net aan as ‘n seën vir almal.