Gaan terug


Sukkot – Fees Van Tabernakels



Hierdie is 'n tyd van groot feesviering want, hierdie is die tyd wanneer ons Kosbare Geliefde MESSIAS, YAHUSHUA HA MASHIACH gebore was, die grootste seën wat ABBA YAHUVEH ooit na hierdie wêreld toe gebring het. Sukkot, ook bekend as die Fees van Hutte/Fees van Tabernakels word gevier vir 7 dae. Die Fees van Tabernakels was die finale en belangrikste heilige dag van die jaar. Histories moes dit gehou word in herinnering van die bly in tente in die wildernis vir die veertig jaar periode gedurende toe die kinders van Israel in die woestyn gedwaal het. Sukkahs was gebou om te herdenk hoe ABBA YAHUVEH hulle vrygemaak het uit Egipte, en hoe HY vir hulle voorsien het en hulle beskerm het in die wildernis. ABBA YAHUVEH sou saam met hulle bly in SY tabernakel, alhoewel in die nuwe bloed verbond is ons die tabernakel waarin ABBA YAHUVEH binne-in ons bly en altyd met ons is.

Net soos hierdie Sukkahs/hutte tydelike blyplekke simboliseer, is ons liggame en hierdie wêreld vir ons ons tydelike tuiste soos YAHUSHUA HA MASHIACH belowe het om te gaan en 'n plek vir ons voor te berei om te bly saam met ABBA YAHUVEH, YAHUSHUA HA MASHIACH en die Kosbare RUACH HA KODESH vir alle ewigheid. Hierdie wêreld is nie ons tuiste nie, ons gaan net deur, die materialistiese dinge van hierdie wêreld sal nie vir altyd hou nie.

Johannes 14:3 "En as EK gegaan en vir julle plek berei het, kom EK weer en sal julle na MY toe neem, sodat julle ook kan wees waar EK is."

So, gedurende hierdie tyd van Sukkot, nooi vir ABBA YAHUVEH, YAHUSHUA HA MASHIACH en die Kosbare RUACH HA KODESH in julle sukkahs in, vier fees! Want hierdie is die tyd toe ons Geliefde YAHUSHUA HA MASHIACH gebore was. GELUKKIGE VERJAARDAG YAHUSHUA HA MASHIACH! Ons Loof U vir ons redding en ons dank U ABBA YAHUVEH dat daar nie langer 'n skeiding is tussen ons nie, maar dat ons nou openlik kan bly saam met die HEILIGE DRIE EENHEID, daar is nie langer 'n skeiding tussen GOD YAHUVEH en SY mense nie, maar daardie voorhangsel was geskeur om vir ons moontlik te maak om te vergader en te bly in U Teenwoordigheid en dit was alles as gevolg van U Enig VERWEKTE SEUN YAHUSHUA HA MASHIACH.

Ons Loof U, ons Eer U in YAHUSHUA HA MASHIACH se Magtige en Heilige Naam. Mag ons altyd U tabernakel wees om in te bly, om in te leef, mag U altyd op die troon van ons harte wees ABBA YAHUVEH, want U Kosbare RUACH HA KODESH bly binne-in ons, so lank as wat ons aanhou om altyd Heilig en Regverdig voor U te leef en in Gehoorsaamheid, want U O ABBA YAHUVEH, YAHUSHUA HA MASHIACH en Kosbare RUACH HA KODESH sal net bly en leef in 'n Heilige tempel, U kan nie bly in 'n tempel wat besoedel en onrein is nie, daarom bid ons om altyd heilige voor U te wees, U te behaag op elke manier.



Welkom by Elisheva Eliyahu's (אלישבע אליהו) Sukkah!






Levitikus 23: 39-44
39 Maar op die vyftiende dag van die sewende maand, as julle die opbrings van die land insamel, moet julle die fees van Yahweh sewe dae lank vier; op die eerste dag is dit rusdag, en op die agtste dag is dit rusdag.
40 En op die eerste dag moet julle vir julle vrugte neem van sierlike bome, met palmtakke en takke van digte bome en rivierwilgers, en sewe dae lank voor die aangesig van Yahweh julle Elohiem vrolik wees.
41 En julle moet dit as fees van Yahweh sewe dae in die jaar vier. Dit is 'n ewige insetting vir julle geslagte. In die sewende maand moet julle dit vier.
42 Sewe dae lank moet julle in hutte woon; almal wat in Yiesraél gebore is, moet in hutte woon,
43 sodat julle geslagte kan weet dat Ek die kinders van Yiesraél in hutte laat woon het toe Ek hulle uit Mietsrayiem uitgelei het. Ek is Yahweh julle Elohiem.
44 So het Mosheh dan die feestye van Yahweh aan die kinders van Yiesraél bekend gemaak.

Die Fees van Tabernakels is ‘n weeklange (7 dae) Herfs-oes fees. Fees van die Hutte, Sukkoth of Sukkot (verskillende spelling kom voor as gevolg van die direkte oorvertalings van die Hebreeuse woord wat uitgespreek word as: “Sue-coat”) Die twee dae wat volg op hierdie fees is aparte Heilige dae. Shemini Atzeret en Simkhat Torah, maar word algemeen beskou as deel van die Fees van Tabernakels.

Die Fees van Tabernakels was die laaste en belangrikste fees van die jaar. Die belangrikheid van hierdie fees kan gesien word in die verklaring: Hierdie moet vir jou ‘n ewige instelling wees” Die Goddelike uitspreking : EK IS Die HERE jou GOD” sluit hierdie, van die Heilige Feesdae van die sewende maand, sessie af. Die Fees van Tabernakels begin 5 dae na Yom Kippur op die vyftiende van Tishri (September of Oktober) Dit is ‘n drastiese verandering van die een mees ernstige Heilige Dag in ons jaar tot een een van die vrolikste. Die woord Sukkot beteken hutte en verwys na die tydelike wonings wat die Jode beveel was om in te woon gedurende hierdie Heilige feestyd, net soos dit gedoen was deur die Jode in die wildernis. Die Fees van Tabernakels duur sewe dae en eindig op die een en twintigste dag (3×7) van die Hebreeuse maand van Tishri, wat Israel se sewende maand is.

Hierdie Heilige Dag is van dubbele belang: Geskiedkundig asook landboukundig (net soos Pasga en Pinkster) Geskiedkundig moes dit gevier word ter herinnering van die veertig jaar lange verblyf in tentwonings, in die wildernis, waartydens die kinders van Israel in die woestyn rond gedwaal het.

Dit word uiteengesit in Levitikus 23:43 “sodat julle geslagte kan weet dat Ek die kinders van Yiesraél in hutte laat woon het toe Ek hulle uit Mietsrayiem uitgelei het. Ek IS YAHWEH julle ELOHIEM.”

Wat Moes Hulle Onthou?

Kommentaar deur Matthew Henry verduidelik:

1.)Die wreedheid van hulle begin, en die diep bedrukte en verlate toestand waaruit YAHUVEH daardie volk verhoog het. Let Wel: Diegene wat gerieflik gevestig is behoort gereeld te dink aan hulle voormalige ongevestigde toestand, toe hulle maar net gering was in hul eie oë.

2.) Die genade van YAHUVEH aan hulle, toe YAHUVEH, terwyl hulle in tabernakels gewoon het, nie alleenlik vir HOMSELF ook ‘n Tabernakel tussen hulle laat oprig het nie, maar ook met die uiterste sorg denkbaar, ‘n koepel oor hulle gehang het , nl. die wolk wat hulle beskerm het van die son se hitte. YAHUVEH se vorige barmhartigheid aan ons en ons vaders behoort in ewige herinnering gehou te word. Die agtste dag was die groot dag van hierdie Heilige feestyd want dan het hulle weer teruggekeer na hulle eie huise, en daaraan terug gedink hoe hulle, nadat hulle vir lank in tente gewoon het in die wildernis, einde ten laaste gekom by ‘n gelukkige vesting in die beloofde land, waar hulle in goeie huise gewoon het. En hulle sou meer bewustelik hul huise waardeer en dankbaar wees vir die gemak en geriewe van hul eie huise nadat hulle sewe dae in hutte gewoon het. Dit is goed vir diegene wat gemak en oorvloed het om soms te leer wat dit is om moeilike tye deur te gaan.

Hulle moes hierdie Heilige feestyd hou met dankbaarheid aan YAHUVEH vir al die oorvloed gedurende die jaar, maar die klem lê daarop dat Israel se lewe aangewese was op verlossing, wat in die ware sin van die woord die vergewing van sondes beteken het. Hierdie feit distansieer die Heilige dag van die ander oestyd-feesvieringe van die volke rond-om hulle waarvan die oorsprong in mitologiese aktiwiteite van die gode gegrond is. Was die eerste “Thanksgiving” ‘n Fees van Tabernakel Vieringe?

Baie Amerikaners, wat vir die eerste keer ‘n versierde Sukkah sien, merk hoeveel die Sukkah (asook die feestyd oor die algemeen) hulle herinner aan “Thanksgiving” Die Amerikaanse trekkers, wat die “Thanksgiving oorspronklik begin het, was diep gelowige mense. Terwyl hulle probeer het om ‘n manier te kry om hul dankbaarheid te toon vir hulle oorlewing en hul oeste, is dit baie moontlik dat hulle na die Bybel gekyk het (Lev. 23:39) vir ‘n gepaste manier om dit te vier, en hul Fees gedeeltelik gebaseer het op die Fees van Tabernakels.

Let wel: Die viering van ‘Thanksgiving” op die derde Donderdag van November, was deur die regering bepaal en kan dalk nie ooreenstem met die trekkers se eerste viering nie.

YAHUSHUA Vier Fees

YAHUSHUA het die Fees van Tabernakels gevier. HY het in die Tempel onderrig gedurende die Fees van Tabernakels. Alhoewel SY disippels nie verwag het dat YAHUSHUA daardie Fees sou bywoon nie, het die meerderheid reisigers van ver, wat van HOM gehoor het, die hoop gekoester dat hulle HOM in Jerusalem sou sien. Hulle was nie teleurgestel nie, want op verskeie geleenthede het HY onderrig gegee in die Poort van Salomo asook elders in die Tempel voorhowe. Hierdie leringe was amptelik die formele verklaring van YAHUSHUA se Goddelikheid aan die Jode en aan die hele wêreld. YAHUSHUA het SY lewe gewaag om na die Fees van Tabernakels te gaan, maar die blatante waagmoed van YAHUSHUA om in die openbaar te verskyn in Jerusalem, het SY vyande oorweldig: hulle was nie voorbereid op so ‘n gewaagde uitdaging nie.

Op die laaste en belangrikste dag van die Fees van Tabernakels (die dag waarop die Rabbis die water uitgegiet het) Het YAHUSHUA opgestaan (en daardeur spesiale aandag op SY boodskap gevestig) en HOMSELF verklaar as die einste Fontein van Lewende Water in Johannes 7:37-38. Geestelike Lesse van die Fees van Tabernakels.

YAHUVEH is Ons Skuiling

Hierdie Feestyd herinner ons om nie styf vas te klou aan materiële dinge nie. Ons leef in ‘n baie materiële era. Toe die Israeliete swerwers in die woestyn was, het hulle almal , ryk en arm, op dieselfde wyse in tente geleef. Materiële besittings kan ons beheer en manipuleer; hulle word gode, of afgode oor ons. Ons moet onthou dat hierdie lewe net tydelik is. Ons is ook op reis na ‘n Beloofde Land in die ewigheid. Ons moet die Koninkryk van YAHUVEH soek, nie aardse gemak nie. Terwyl ons eers die Koninkryk van YAHUVEH soek (Lukas 12:31) is YAHUVEH ons beskerming. Want U was 'n vesting vir die arme, 'n vesting vir die behoeftige toe hy benoud was; 'n skuilplek teen die stortreën, 'n skaduwee teen die hitte - want die geblaas van die tiranne is soos 'n stortreën teen 'n muur (Jesaiah 25:4).

YAHUSHUA is die Lewende Water

Ons geestelike dors kan nie geles word met enige iets minder as YAHUSHUA nie. Maar elkeen wat drink van die water wat EK hom sal gee, sal in ewigheid nooit dors kry nie, maar die water wat EK hom sal gee, sal in hom word 'n fontein van water wat opspring tot in die ewige lewe.(Joh. 4:14).

YAHUSHUA Was Ons Sondes Weg

YAHUSHUA is die ware Lewende Water wat ons skoon was deur SY Bloed. 13Want as die bloed van stiere en bokke en die as van 'n vers wat die verontreinigdes besprinkel, afgesonder maak tot reiniging van die vlees, 14 hoeveel te meer sal die bloed van YAHUSHUA, wat Homself deur die ewige Gees aan YAHUVEH sonder smet geoffer het, julle gewete reinig van dooie werke om die lewende YAHUVEH te dien. (Heb. 9:13-14).

YAHUSHUA is die Lig van die Wêreld

Die lig van die Fees van Tabernakels lampe, het die hele stad verlig. Studente meen dat YAHUSHUA na hierdie gebruik verwys het toe HY hierdie wel-bekende woorde gespreek het “EK is die Lig van die wêreld” (Joh. 8:12) sien ook John 1:1-9 en John 9:5.

YAHUSHUA Berei Ons Permanente Woning

Hierdie fisiese liggame wat ons tans bewoon is net tydelike wonings. Ons liggame is broos, en sal uiteindelik verswak. Die lewe is kort. Ons hoop is nie gevestig in dit wat die wêreld ons aanbied nie, maar in dit wat YAHUVEH reeds vir ons voorsien het vir die ewigheid. Ons ewige tuiste word vir ons voorberei in ewigheid. YAHUSHUA het gesê in Joh. 14:2-3 2 In die huis van my Vader is daar baie wonings; as dit nie so was nie, sou Ek dit vir julle gesê het. Ek gaan om vir julle plek te berei. 3 En as Ek gegaan en vir julle plek berei het, kom Ek weer en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is.

Net Soos die Israeliete Gevangeneskap verlaat het, verlaat ons gevangeneskap van Sonde.

YAHUVEH het die Kinders van Israel uit hulle gevangenis van Egiptiese opsieners uit gelei na vryheid. As Christene kan ons fees vier omdat YAHUVEH ons verlos het van die gevangenis van sonde en ons uit gelei het in SY vryheid in die Koninkryk van YAHUVEH.

Was Die Geboorte van YAHUSHUA gedurende die Fees van Tabernakels?

Baie studente glo dat YAHUSHUA tydens die Fees van Tabernakels gebore was. Matthew Henry skryf:

Dit word deur baie aanvaar dat ons geseënde Redder, baie moontlik gebore was om-en-by die tyd van hierdie heilige dae: Toe het HY SY paleise van lig daarbo verlaat om tussen ons te kom woning maak (Joh. 1:14) en HY het in hutte gewoon. En die aanbidding van YAHUVEH, onder die nuwe Testamentiese bedeling, word geprofeteer met die idee dat die Fees van Tabernakels gehou sal word. Sagaria.14:16. Want, [1.] Die Evangelie van YAHUSHUA leer ons om in tente te woon en losgemaak te wees van hierdie wêreld, soos hulle wat hier geen blywende stad het nie, maar, deur geloof en hoop en heilige tevredenheid van die huidige dinge, laat ons uitgaan na HOM toe buite die kamp en die toekomstige soek. Heb. 13:13, 14. [2.]Dit leer ons om te jubel voor YAHUVEH. Hulle is die besnydenis, Israeliete in die ware sin van die woord, wat altyd roem in die Messiah YAHUSHUA, Fil. 3:3. En hoe meer ons verwyderd is van hierdie wêreld, hoe minder sal ons onderhewig wees aan die onderbreking van ons blydskap.

Die Bybel noem nie spesifiek die datum waarop YAHUSHUA gebore was nie. Ons weet dat dit nie gedurende die winter maande was nie omdat die skape in die weiveld was. (Luk.2:8) ‘n Studie van die tyd toe die verwekking van Johannes die Doper plaasgevind het, onthul dat hy op of om-en by-die 30ste Sivan, die 11de week, verwek was.

Toe Sagaria tempeldiens gedoen het, het hy ‘n aankondiging ontvang van YAHUVEH van ‘n komende seuntjie. Die agtste orde van Abia, waartydens Sagaria bedien het, was die week van 12-18 Sivan (Killian n.d.) Deur veertig weke by te voeg vir ‘n normale swangerskap, onthul dat Johannes die Doper gebore was op, of rond-om, Pasga (14 Nissan). Ons weet dat, ses maande na die verwekking van Johannes, was YAHUSHUA verwek in die baarmoeder van Maria (Luk. 1:26-33) Dus sou YAHUSHUA ses maande later (na die verwekking van Johannes) verwek gewees het in die maand Kislev. 25 Kislev is Hanukkah. Was die “Lig van Die Wêreld” verwek tydens die Fees van Lig?

Begin by Hanukkah, wat begin op 25 Kislev en vir agt dae aanhou, en tel regdeur die nege maande van Maria se swangerskap, dan kom jy by die aangewese tyd vir die geboorte van YAHUSHUA tydens die Fees van Tabernakels (vroeg-herfs seisoen van die jaar).

Gedurende die Fees van Tabernakels, het YAHUVEH van al die manlike Jode verwag om na Jerusalem te kom. Die vele reisigers wat na Jerusalem sou kom vir die Fees, sou oorsypel na die omliggende dorpe (Betlehem is 5 myl van Jerusalem af weg) Josef en Maria kon nie ‘n kamer in die herberg kry nie as gevolg van die instroming van so groot klomp reisigers. Hulle kon dalk skuiling gekry het in ‘n Sukkah, wat gebou was in ‘n sewe-dag periode elke jaar gepaardgaande met die Feesvieringe van die Fees van Tabernakels. As gevolg van die moeilikhede tydens reise, was dit algemeen vir die offisiere om belasting tyd, gedurende die Tempel Fees, aan te kondig. (Lukas 2:1)

Ons weet, dat ons YAHUSHUA, in ‘n tydelike liggaam verskyn het toe HY na die aarde gekom het. Is dit ook moontlik dat HY in ‘n tydelike woning gesit was? Die velde sou gespikkel gewees het met sukkoths gedurende hierdie oestyd om sodoende skuiling te bied vir die diere. Die Hebreeuse woord vir “stal” word “Sukkoth” genoem (Gen. 33:17)

En sy het haar eersgebore Seun gebaar en Hom toegedraai in doeke en Hom in die krip neergelê, omdat daar vir hulle geen plek in die herberg was nie (Lukas 2:7).

Josef en Maria het hul seun geneem en gevlug na Egipte en daar vertoef totdat hulle verneem het dat Herodus dood was. Josef en Maria het die baba, YAHUSHUA, in Jesrusalem ingebring veertig dae na SY geboorte vir die reiniging-seremonie van Maria en die toewyding van die kindjie. (volgens die Torah moet dit gedoen word binne veertig dae vanaf die geboorte van ‘n manlike kind - om dit nie te doen nie was gereken as sonde) Dit impliseer dat Herodus gesterf het binne dieselfde veertig dae, want so lank as wat Herodus geleef het, kon hulle nie by die Tempel verskyn het nie. (Volgens die berekeninge van Josephus, was die dood van Herodus gedurende die Herfs in die 4de jaar voor die Gewone era bekend as 4 B.C.E)

Later in SY lewe het YAHUSHUA SY geboorte herdenk op ‘n berg saam met drie van SY dissipels. In teenstelling met verjaardag partytjies, soos die van Herodus, waar mense gedood was terwille van vermaak, was YAHUSHUA s’n,‘n herdenking van lewe. Op die Fees van Sukkot, het Moshe en Eliyahu (Elia) van eeue tevore, verteenwoordigers van die Torah en Profete, verskyn en met YAHUSHUA gepraat. Een disippel, Petrus, het voorgestel dat drie sukkoths gebou moes word vir YAHUSHUA, Moshe en Eliyahu, omdat dit nodig was vir die Fees, maar hy het nie besef dat hierdie drie die vervulling was van dit wat gesimboliseer word deur die fees nie: hulle was binne-in hul Sukkoths (tydelike tabernakels) van vlees, wagtend op hul ewige opstandings-tempels (Killian n.d.)

‘n Aantal Christene vier die geboorte van YAHUSHUA gedurende die Fees van Tabernakels, kompleet met versierings en liggies op die sukkah, verjaardag koek, en musiek wat die geboorte van YAHUSHUA herdenk.

YAHUSHUA het drie preke gelewer waarin HY HOMSELF verklaar het as die Lig van die wêreld” En al drie sou gedurende die Fees van Lig (Hanukkah) gewees het, in die winter van die jaar. (in Desember)

Profetiese Belang

Hierdie Herfs feeste spreek van ‘n toekomstige tyd wanneer die mens sal ‘woning’ (Tabernakel) by YAHUVEH, wanneer HY by hulle sal woon en hulle by HOM (Openbaring 21:3). Hulle praat van ‘n dag wanneer al die nasies bymekaar sal kom in Jerusalem (Sag. 8:22; 14:16). Merkwaardig dat, selfs in die komende dae, vertel Bybelse-profesie vir ons dat mense van alle wêreld-volke, sal kom om die Fees van Tabernakels te vier saam met die Jode in Jerusalem (Sagaria 14). Die dinge is besig om in plek te val en die profesieë is besig om in vervulling te gaan. Die “opgang” (aliyah, in Hebreeus) vind tans in Israel plaas met die massiewe instroming van Jode uit meer as honderde nasies. Ook Christene besoek die land in rekord getalle - die meerderheid van reisigers wat Israel besoek is Christene! Ons glo dat dit alles ter voorbereiding is vir toekomstige Skriftuurlike gebeurtenisse. Jerusalem bly steeds die fokus punt van YAHUVEH se aardse patroon en plan, want, helaas, Jerusalem is die plek waarheen die Messias terugkeer (Wagner 1996).

YAHUSHUA ha MASHIACH is die tabernakel of woning van YAHUVEH. In HOM is die volheid van YAHUVEH (Joh. 1:14, Kol. 2:9), en YAHUVEH woon in ons midde deur YAHUSHUA (Mat. 18:20). Dit kan uiteindelik so wees dat YAHUSHUA die Fees van Tabernakels vervul met SY tweede koms. Daar sal ‘n letterlike rus wees vir planeet aarde en al haar inwoners. Tot dan kan ons rus vind in ons siele.

Die Begin van die Millennium

Meeste Bybel studente is dit eens dat Tabernakels die begin van die Millennium verteenwoordig. Ons moet vol verwagting uitsien na die Fees van Tabernakels, net soos ons uit sien na die koms van die Messias, om SY regering in te bring, asook SY Koninkryk en SY wette. En aan die einde van die dae sal die berg van die huis van YAHUVEH vasstaan op die top van die berge en verhewe wees bo die heuwels, en die volke sal daarheen toestroom. En baie nasies sal heengaan en sê: Kom, laat ons optrek na die berg van YAHUVEH en na die huis van die ELOHIEM van Yaákov, dat Hy ons in sy weë kan leer en ons in sy paaie kan wandel. Want uit Tsion sal die Torah uitgaan en die woord van YAHUVEH uit Yerushalayiem. En Hy sal oordeel tussen baie volke en regspreek vir magtige nasies tot in die verte; en hulle sal van hul swaarde pikke smee en van hul spiese snoeimesse; nie meer sal nasie teen nasie die swaard ophef nie, en hulle sal nie meer leer om oorlog te voer nie. (Miga 4:1-3)

Tabernakels en Pasga is die enigste heilige dae wat genoem word in die millennium-aanbidding (Eseg. 45:21-25; Sag. 14:16). Let op dat die aantal dae tussen Pasga en Tishri altyd dieselfde is. As gevolg hiervan is die tyd vanaf die eerste hoof fees (Pasga in die maand Nissan) tot by die laaste hoof fees (die Fees van Tabernakels in die maand Tishri) altyd dieselfde. Kan dit enige verbintenis hê tot die geboorte van YAHUSHUA en SY dood op Pasga? Pasga is in die eerste maand op die Gewyde kalender en Tabernakels is in die eerste maand van die burgerlike kalender. Hosea 6:3 verduidelik dat YAHUSHUA sal kom soos die reën, as vroeë-reën en die laat-reën op die aarde. Die heilige feesdae van die Lente is gedurende die vroeë-reën en die heilige dae van die Herfs is gedurende die laat-reën.

Hoofstuk 14 van Sagaria, lei die Milennium era in. Hierdie hoofstuk vertel van die bevryding van Jerusalem en hoe die Messias Koning sal wees oor die hele aarde. Dit eindig met die dat alle nasies die Wette van die Allerhoogste sal hou. Die Fees van Tabernakels - daardie Groot Fees wat die teenwoordigheid van YAHUSHUA die Messias simboliseer (HY IS die einste “Tabernakel van YAHUVEH”) sal deur alle nasies van die wêreld onderhou word. Die profeet sê aan ons dat vreeslike strawwe en plae afgeweeg sal word vir die volke wat weier om afgevaardigdes, vir die Fees van Tabernakels, te stuur na Jerusalem.

En in daardie dag sal daar lewende waters uit Yerushalayiem uitvloei, die een helfte daarvan na die Oostelike en die ander helfte daarvan na die Westelike See ... En YAHUVEH sal Koning wees oor die hele aarde; in daardie dag sal YAHUVEH een wees, en sy Naam een...En almal wat oorbly uit al die nasies wat teen Yerushalayiem aangekom het, sal jaar na jaar optrek om te aanbid voor die Koning, YAHUVEH van die leërskare, en om die Huttefees te vier. En wie uit die geslagte van die aarde nie na Yerushalayiem optrek om voor die Koning, YAHUVEH van die leërskare, te aanbid nie - hulle sal geen reën kry nie. En as die geslag van Mietsrayiem nie optrek en nie kom nie, op wie geen reën sal val nie, dan sal tog die plaag hulle tref waarmee YAHUVEH die nasies tref wat nie opgaan om die Huttefees te vier nie. Dit sal die straf van Mietsrayiem wees en die straf van al die nasies wat nie optrek om die Huttefees te vier nie (Sag. 14:8-19).

Bou ‘n Sukkoth

Die Bybel sê “Bou ‘n sukkah (of ‘n hut). Rabbies het besonderhede bygevoeg oor die grootte, materiaal, posisie ens. Jy kan enige afval hout gebruik wat jy beskikbaar het, of gebruik ou lakens om ‘n avontuur te skep vir jou kinders (maak ‘n tentseil aan jou afdak of swaaistellasie vas met sterk toue). Een gesin het siek kinders gehad en ‘n skuilinkie gemaak in hulle sitkamer van ou lakens. Maaltye was daar geëet en hulle het af-en-toe die aand daar deurgebring. Die belangrikheid hiervan, en elke ander heilige dag, is om herinneringe te skep - nie om vas te haak by gebruike nie.

Om ‘n sukkah te bou en te versier is ‘n genotvolle gesinsprojek. Jim Gerrish, met Bridges for Peace in Jerusalem, beskryf die volgende plan vir die bou van ‘n sukkah:

Eintlik is dit nie so ‘n moeilike werk nie. Alhoewel jy vroeg moet beplan, om so gou as moontlik te kan begin met die oprigting daarvan ná Yom Kippur, die Dag van Versoening. In Israel begin sommige toegewyde Jode reeds met die oprigting teen sononder op Yom Kippur, vier dae voor die Fees van Tabernakels.

Aangesien die sukkah nie ‘n ingewikkelde of blywende struktuur is nie, mag die mees bekostigbare materiaal gebruik word. Jy sal 4 stewige stutpale nodig hê (2x4 in SA). Vir die Hoeke twee kleiner pale. En 2x2 vir die dak. Alle planke moet ongeveer 7 of 8 (2.5m) voet in lengte wees. Om die dak toe te maak sal jy verskeie vloerlatte of borde benodig wat instaat is om liggewig boomlatte te kan dra. Vir die kante lyk dit of ou lakens goed werk. Ander materiaal soos seile, bamboes matte of selfs dun lamineer hout sal ook goed wees. Jy sal genoeg hiervan nodig hê om drie kante toe te maak, met ‘n drapering aan die voorkant. Vir die bo-kant hoef jy net eenvoudig ‘n klompie bome in jou tuin te snoei.

En nou vir die eintlike aanmekaarsit.Die tabernakel kan net mooi enige grootte wees, solank dit groot genoeg is om in te sit. ‘n Vierkant meter van 7 voet (2.5m) word aanbeveel, aangesien dit genoeg ruimte sal toelaat vir gaste. (maak ‘n groter sukkah indien jy geseënd is met ‘n groot familie)

Eerstens moet jy vier gate in die grond maak vir die vier reg-op hoekpale. Of in plaas daarvan kan jy die pale anker tussen sement bakstene, of ontwerp vir hulle ander stewige staanders. As jy dit op die maklike manier wil doen, kan jy ‘n bestaande gebou gebruik vir een sykant van jou sukkah. Maak nou die horisontale stokke bo vas, aan die buitekante, sodra die reg-op stutte stewig in plek is. Daarmee klaar, kan jy die ander kleiner planke of ander klein ondersteunings borde bo-op die dak sit.

Die volgende stap is om die bedlinne, of ander bedekking, te drapeer rond-om die drie kante. Vir ‘n deur aan die voorkant sal ‘n laken, op ‘n gespande draadspoor, goed werk. Ten laaste word die boomtakke bo-op gesit, maar as jy daarvan hou om die sterre te sien, moet jy nie die dak te dig maak nie. Die sukkah kan nou versier word volgens jou eie smaak. ‘n Tafel en stoele is ‘n moet. Dalk voel jy lus om die mure te versier met prente of Bybel verse. Vrugte kan van die plafon afgehang word; papier stringe en ander versierings kan teen die mure gehang word. Gebruik jou verbeelding, en laat vir seker die kinders toe om te help.

Dit is gebruiklik om die binnekant van die sukkah te versier met prentjies, muurbehangsels, graan gewasse, waarvoor Israel beroemd is: koring, gars, druiwe, vye, olywe, dadels en granate.

Al wat nou oorbly is die genietinge. Nooi jou vriende om jou meesterstuk te kom besigtig en saam met jou te deel in die blydskap. Toets ‘n maaltyd uit in die sukkah, of spandeer selfs ‘n nag daar. Dit sal ‘n onvergeetlike en geseënde ondervinding wees.

Wat om te doen in ‘n Sukkah

Loof YAHUVEH deur gebed.
Loof YAHUVEH deur lofliedere te sing.
Nooi familie, vriende, bure om saam met jou fees te vier.
Wuif die Lulav (groen takke)
Eet, drink, ontspan en dut.
Lees die gedeelte oor “YAHUVEH is ons beskutting” en “YAHUSHUA berei Ons permanente Woning Voor” uit die “Messianic Significance of Tabernackles”
Sing liedere om die geboorte van YAHUSHUA te vier. Soos bv. : "Liefde en Vrede," "Stille Nag," "Daar Ver In ‘n Krippie," "Herders op Die Ope Velde" "Betlehem Ster" ens.

Die lig van die Tabernakel lampe het die hele stad verlig. Versier die sukkah met stringe liggies. Lees Bybelverse van YAHUSHUA as ons LIG: (Joh. 1:1-9; 8:12; 9:5).

Maak ‘n uitbeeldeing van Die Geboorte Van YAHUSHUA. Lees die verhaal van die Geboorte van YAHUSHUA in Lukas of een van die ander Evangelies. Giet water op die grond uit en lees die verklaring van YAHUSHUA in (Joh. 7:37).
Lees die verse wat hierdie Fees verduidelik hard-op: (Lev. 23:34-43; Deut. 16:13-15, en Num. 29:12-40).
Lees Joh. 7:2-39 waar YAHUSHUA die Fees van Tabernakels gevier het.
Baie Bybelse Profesieë vertel van die Messias se regering oor al die nasies. Lees sommige hiervan hard-op vir jou gesin. (Psalms 2, 47, 93, 95, 96, 97, 98, 99, 110, en 126).
Vertel Bybel Verhale.

Begin nou, begroot elke jaar en geniet dit. Beplan om ten minste een maaltyd in jou sukkah te nuttig, en gebruik dit miskien vir jou alleen-tyd saam met YAHUVEH. Jonger kinders sal wil huis-huis speel daarin, wat heeltemal aanvaarbaar is aangesien die Israeliete ook so “gehuisves” was vir veertig jaar.