Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle
Profesieë bygevoeg moet word van nou af:
EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva] om nie hierdie Bediening na ‘n man
of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in
jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan
het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee.
Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die
Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou
hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se
Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur
jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja 42:8)
In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook gesê dat die volgende vanuit 2 Kronieke
bygevoeg word voor elke Profesie:
2 Kronieke 36:16
“Maar hulle het die Boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY
Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat
daar geen genesing meer was nie.”
* * * * * * *
Dit is 'n vreesagtige en verskriklike ding om in die hande van 'n lewende GOD te
val. MY toorn kan net so groot wees soos MY liefde, maar niemand praat van dit
nie. In die jaar 1997, sal EK MYSELF openbaar nie net as 'n GOD van Liefde nie,
maar vir hulle wie MY krag bespot en ontken of MY liefde weier, en probeer om MY
Skape mislei ... hulle sal weereens die dae van Ananias en Saffira beleef.
Wysheid is die Vrees van YAHUVEH! Baie van MY eie Skape neem MY as
vanselfsprekend aan. Hulle doen dinge en dink dit word deur genade bedek. Hulle
doen dinge wetende dat dit onheilig is en MY beledig.
Maar hulle dink EK IS blind en doof. Die jaar 1997 sal EK bewys EK is 'n GOD van
vuur en dit wat in MY Dienaars se weg staan sal deur MY woede verteer word.
Hulle wie dit waag om die Evangelie van YAHUSHUA ha MASHIACH te keer sal die
ergste ly. EK kom vir 'n kerk sonder vlek of rimpel en EK sê weer vir julle,
waarsku die kerk. Die kerk is nie die pastoor nie, dit is nie die gebou nie. Die
kerk is die mense, MY Skape. EK het genoeg gehad van mans wat bedienings na
hulself benoem; hulle het geen reg om hierdie afskuwelikheid te doen nie. Hulle
het nie die hoogste prys betaal nie; hulle is nie heilig genoeg om dit te doen
nie. EK, YAHUSHUA ha MASHIACH, het die prys op Golgota betaal.
Tensy hulle sondeloos en volmaak is, het hulle geen reg om 'n bediening na
hulself te benoem nie. EK alleen is volmaak en sondeloos, nie 'n mens nie, "Want
almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die Heerlikheid van YAHUVEH!" Julle
is sondeloos voor MY aangesig omdat MY Bloed julle sondes wegwas. Dit is nie
omdat julle sondeloos is nie. Julle is sondaars, gered deur MY genade en
barmhartigheid. Die Bloed op Golgota was julle sondes weg, dis waar. Maar 'n
bediening verteenwoordig MY, julle Vader YAHUVEH en die bediening moet vir
heiligheid benoem word nie 'n mens nie.
EK profeteer weereens deur jou en sê pasop. Waarsku hulle, want as die
onperfekte mens val (en hy sal), sal die bediening wat sy naam dra, val en die
skape versprei na die vyande se kamp toe. Vertel vir hulle, MY Diensmaagd.
Waarsku hulle. Moenie meer hierdie afskuwelikheid voor MY aangesig pleeg nie.
Want EK het gesê, "Wees Heilig want EK is Heilig". Selfs die top profete en
bedienaars wie MY salwing het is geklik trots en hulle noem dit wat nie hulle
s'n is nie, die gesalfde bedienings, na hulself. Hulle sal val deur dit te doen.
EK sal daar wees om hulle op te tel nadat hulle gekasty was.
Maar waarsku hulle, dit is soos 'n kind wat slae kry, maar baie maal gewaarsku
was. EK kasty diegene wie EK liefhet. EK is 'n lam vir hulle wie MY Bloedgeskenk
op Golgota aanvaar. EK is 'n LEEU uit die stam van Juda vir MY vyande. Ek is 'n
kryger en nie 'n papperd nie. EK het eenmaal die ander wang gedraai. Maar
wanneer EK weer na MY vyande toe kom, bring EK MY woede. Ellende wag op hulle
wie hulself MY vyande noem en dit durf waag om die goeie werke te vernietig wat
EK deur MY diensknegte verrig. 'n Leeu skeur en verskeur voordat dit sy prooi
verslind. So ook die arend, wat julle Hemelse Vader verteenwoordig. Julle sal in
1997 MY woede aanskou.
Maar MY Kinders het niks om te vrees nie, hulle wie MY waarlik liefhet, aanbid
en MY eerste in hul lewens stel. EK gaan die tempels skoonmaak. Ek gaan bewys
dat EK 'n GOD is wat grootliks gevrees moet word. EK is nogsteeds 'n GOD wie
Heiligheid van MY Kinders eis. EK praat nie van uiterlike voorkoms nie; dit is
ydelheid en mensgemaakte heiligheid. Ware Heiligheid kom van binne. Daar kom 'n
burgerloorlog na Amerika en dit het alreeds begin.
Maar daar beter nie 'n burgeroorlog in MY kerke wees nie. Hulle moet liewer nie
bevooroordeeld wees nie, of dit uiterlike voorkoms of ras is. Want as MY Kinders
mekaar sien, moet hulle liewer ROOI sien, MY BLOED! Hou op om julle kerke
volgens kleur te verdeel. EK sien geen kleur raak nie. EK is alle rasse in een.
Hou op om mekaar op uiterlike voorkoms te oordeel. Want waar die gees van
vooroordeel is, sal MY RUACH ha KODESH nie bly of inwoon nie. Instede daarvan
sal bosegeeste toegelaat word. Julle is gewaarsku.
Elisheva jy het nie geweet wat jy woord na woord sou tik nie. Gee hierdie
profesie vir almal van hulle wie ore het om te hoor, laat al die ander doof bly.
EK kom terug vir 'n kerk sonder vlek of rimpel. Wat MY terughou is die eintlike
ding wat MY moet terugbring. MY kerk! MY mense! MY pastore! MY leraars! EK haat
trots! Dit is een van die 7 dodelike sondes, nogtans dink MY eie pastore, wie MY
salwing dra, dat hulle die kerk bou, hulle besit die kerk en hulle moet die
skape beheer. EK alleen is die enigste Goeie Herder. Julle taak is om die vinger
te wees wat die weg moet aanwys na MY, YAHUSHUA toe.
Trots, geweldige trots, het selfs in die tempels ingesluip waar EK MY salwing
uitgestort het. Wie het die grootste gemeente, die meeste geld? Dit maak MY siek.
Wie wen die meeste siele? Die jaloesie en afguns is in MY eie tempels. Dit maak
MY siek. Julle sê, "Wanneer kom YAHUSHUA weer?" EK sê, "EK wag vir die kerk, die
tempels, om hulself te reinig". Hou op om onder julleself te kibbel. Ontbloot
die wolwe wat MY Skape verslind. Hulle is agter die kansels en elkeen is so
besorg oor hul eie kerke, niemand gee om vir die skape nie.
Wie kan groter tempels bou? Wie kan die meeste mediadekking kry? Wie is die
nommer een evangelis, profeet, pastoor, kerk? EK sê vir julle deur hierdie
Profetes, luister na haar. Oordeel begin by die huis van YAHUVEH! Dan sal EK met
die heidene deel. Dit maak MY siek. EK verlang daarna om julle in MY arms te
troetel, en instede daarvan kibbel en beledig julle mekaar as gevolg van julle
geslag. EK kies wie om te gebruik wie EK kies om te gebruik. EK sal die
nederiges op 'n kragtige manier gebruik.
EK verkies om hierdie kruik te gebruik omdat sy dink sy is die swakste van die
klomp, maar EK sê weereens, EK sal die nederige en die swakke gebruik, hulle wie
niemand dink EK sal gebruik nie want MY krag word die beste vertoon in swak
mense. Ander weet dit is nie uit hulle nie en hulle spog nie. Want hulle weet
dit is slegs MY salwing wat elke juk, boei, ketting, skakel en slawerny verbreek.
Dit is nie deur julle mag of krag nie maar deur MY Gees. So spreek YAHUSHUA, "EK
het gekies om as 'n baba te kom, die swakste van almal om te wys, moenie na die
uiterlike kyk nie, kyk na die innerlike. Die salwing ken geen geslag, ras of
ouderdom nie."
Die RUACH ha KODESH (Heilige Gees) gebruik gewillige, gehoorsame erdekruike, nie
hulle wat skree, "Gebruik my want ek is so pragtig, ek is meer heilig as die
res", nie. EK sal nie hulle gebruik wie dink hulle is goud nie; EK gebruik hulle
wat weet hulle is gebreekte erdekruike maar magtige krygers vir YAHUSHUA ha
MASHIACH. In 1997, sal EK uitreik na hulle wie bedienings gehad het en nederig
gebly het of wat nie vir die oorgrote meerderheid bestaan het nie. Hulle vir wie
EK nie net geroep het nie maar hulle wat gekies was, gekies terwille van hulle
geloof waarvan EK die outeur en voleinder is. EK begin nie iets en misluk dan
nie. EK is julle GOD wat nie kan misluk nie.
Wees gereed, want EK sê vir julle die rykdom van die bose sal in 1997 na die
hande van die regverdiges gedraai word deur MY NAAM en MY Bloed, YAHUSHUA ha
MASHIACH s'n. Dit sal MY Skape wees wat die rykdomme en die poste het. Die
vyande se kinders sal dit sien en hulle tande kners uit woede en jaloesie, maar
EK doen dit om te bewys dat MY skrifte geen leuen is nie. Deut 28 se seëninge is
nogsteeds gereserveer vir MY Kinders en EK ken hulle by die naam en deur die
hare op hulle hoof.
Wees gereed want vir MY Kinders is dit die grootste uitstorting van MY RUACH ha
KODESH (Heilige Gees) ooit. EK sal hulle gebruik wie dink hulle is nie gewild,
pragtig, of gebrek aan opleiding het, hulle wat weet hulle kan niks doen sonder
MY salwing van die RUACH ha KODESH (Heilige Gees) nie. Hulle wat weggegooi,
mishandel, geìgnoreer is en gesê is om op te gee, dit is nie die moeite werd nie.
Hulle wie nie die finansies gehad het nie sal na die Almagtige GOD kyk en EK sal
die vensters van die Hemel oopmaak en hulle so oorvloedig seën dat hulle verplig
sal wees om aan ander uit te deel sodat hulle ook oorvloedig geseënd sal wees.
En dit sal soos 'n kettingreaksie wees. MY Woord sê, "Geliefdes, EK wens dat
julle in alle dinge voorspoedig mag wees en dat julle gesond is, soos dit met
julle siele goed gaan."
EK gaan bewys dat MY Woord nooit leeg na MY toe terugkeer nie. Pasop wie julle
verwerp as waardeloos. Want dit is die pastoor wie die kleinste kudde het, maar
aandring dat die RUACH ha KODESH volle beheer het, ongeag hoeveel van die skape
die kerke verlaat waar daar geen tekens, wonders, wonderwerke is nie, want daar
is ook geen oordeling van die RUACH ha KODESH nie.
Pasop om die evangeliste te verwerp wie in julle oë onbekend is en hulle eie
fiansies gebruik om die evangelie te versprei en siele te wen. Pasop om die
profeet te spot, te mishandel en te ignoreer wat na julle toe kom met 'n
profesie en omdat julle nie die profesie wil glo nie omdat hulle van die
verkeerde geslag is of omdat hulle niemand is nie en nie beroemd is nie. Pasop
om die jonges te beledig wie EK oprig om te profeteer en ja, die oues te waarsku
om na die stem van die Almagtige GOD te luister.
Hou op om trots te wees. Omdat hulle die eintlike persone is wie EK stuur.
Wanneer julle hulle beledig, beledig julle die GOD wie hulle stuur. Hulle is
slegs MY Boodskappers, so moenie die boodskapper stenig nie. Dit is die
'nobodies' wat EK oprig, die onbekendes deur wie EK MY tekens, wonders en
wonderwerke doen en 'n woordvoerder is vir YAHUVEH. Want hulle is nie 'n
'nobody' nie. Slegs in die oë van die hoogmoediges. Hulle is iemand vir MY want
EK kan en sal hulle magtiglik gebruik vir MY Lof, Eer en Glorie. Want hulle sal
dit nie van MY steel soos ander probeer het nie.
Julle het nie hierdie suksesvolle bedienings gebou nie. Dit was deur die krag en
salwing van die RUACH ha KODESH dat dit 'n sukses was. Hou op om MY Glorie te
steel. Julle is nie die geneser, verlosser nie; dit is die Almagtige YAHUVEH
alleen wat verlos. Die boodskap aan die kerk van 1997 is, raak nederig voor
YAHUVEH. Hierdie boodskap is vir die Profete, Evangeliste en Pastore. Julle het
geen krag sonder MY salwing nie. EK is 'n jaloerse GOD. Haal die mens se naam
van MY bedienings af. Julle is gewaarsku. Gee die lof, erkenning aan die enigste
een wie 'n reg het om 'n bediening na homself te vernoem, julle Heer en
Verlosser, die een wie julle proklameer om te dien en te aanbid. EK deel MY
Glorie met geen mens nie.
Daar is 'n valse leerstelling wat in hierdie eindtye rondgaan in sommige van MY
kerke waar MY salwing uitgestort was. 'n Gees van trots en godsdiens het die
leuen versprei dat die pastore sê 'net ons het die outoriteit om te sê wie kan
bid en wie kan nie bid nie. Julle word verbied om vir mekaar te bid sonder ons
toestemming'. Nie eens YAHUVEH Almagtig, Skepper van Hemel en Aarde sal so iets
sê nie.
MY Woord sê eenvoudig, 'Bid vir mekaar.' EK ag niemand hoër as 'n ander nie. So
hoekom sal EK so 'n ding toelaat. Jaag hierdie valse herder uit MY huis uit. Sê
vir hulle julle ken die Woord van YAHUVEH. Hou op om hierdie leuen te glo en te
versprei. Ja, daar is mense wie sal probeer om julle te vervloek in plaas van te
seën, maar die vloeke sal slegs op die hoof van die een wat hierdie vervloeking,
vermom as 'n gebed uitspreek, neerkom. Die okkultiese gees wie probeer om MY
Skape te vernietig, sal boemerang op die een wat dit stuur.
Die RUACH ha KODESH is heeltemal instaat om hulle te beskerm vir wie daar gebid
word. Hou op om te probeer doen wat julle nie veronderstel was om te doen nie.
Dit is die RUACH ha KODESH se taak. Dit is die Goeie Herder se taak en EK alleen
is die Goeie Herder; EK is in staat om almal te versorg wat MYNE is. Haal die
balk uit julle eie oë voordat julle oordeel of iemand waardig is om vir 'n ander
te bid. Oordeel begin by die huis van YAHUVEH. EK gaan in 1997 op 'n magtige
manier kom huis skoonmaak, voordat EK die heidene oordeel. Sonde is sonde.
Onheiligheid is nogsteeds onheilig. EK is nie 'n GOD wat saam met julle tye
verander nie. EK is dieselfde, gister, vandag en tot in ewigheid. Omdat pastore
weier om in dapperheid op te staan en te sê bely en YAHUVEH se woord sê dit is
sonde. Hulle is bang om hulle belastingvrystellingstatus te verloor, en laat toe
dat die regering hulle stilmaak terwille van vrees. Nou sal hulle iemand anders
hê om te vrees, EK, YAHUSHUA. Omdat julle stilgebly en nie gepraat het en gesê
het bely of anders sal die Hel se vuur julle verteer nie. Dit sal julle teken
wees dat hierdie profesie van MY af kom want julle sal dit sien gebeur. Promosie
kom van nêrens anders as uit die Noorde nie, en dit is Hemel.
Dit is EK wat een verhoog en 'n ander demoveer. Baie sal in 1997 gedemoveer word
wie winste gemaak het deur gawes van die RUACH ha KODESH te verkoop. Dit was nie
julle eiendom om te verkoop nie. Hulle wie tot die bediening toegetree het en
gedink het dit is 'n manier om vinnig ryk te word, en sommige top bedienings is
nou baie gulsig. Hulle sal of bely of val. Julle sal dit sien gebeur. Leraars
wie in die geheim sondig, sal ontbloot word soos jare tevore en beskaam word vir
die hele wêreld om te sien. Want die gees wat in die geestelike leier is, is ook
die gees in die gemeente. EK moet 'n openbare vertoon maak en hulle bestraf wie
die Woord van YAHUVEH verkondig, maar geen vrees vir MY het nie, wie dink EK is
verblind deur hulle goeie werke. Dit is nie deur goeie werke wat julle Hemel toe
gaan nie, sodat geen mens kan spog nie. Aan wie baie gegee is, word baie verwag.
Pastore, Evangeliste, Profete, Leraars, MY Kinders ... julle word
verantwoordelik gehou vir wat julle weet. Sommige weet meer as ander, maar dan
word hulle meer verantwoordelik gehou want hulle weet van beter as om MY te
beledig. Ondersoek julleself in 1997 en versaak sondige leefstyle en die geeste
van trots en rebellie. Omdat EK 'n GOD is wat alles weet, sien en hoor. Hulle
wie hulself MY Skape en leraars noem, sal verantwoordelik gehou word vir wat
hulle weet is Heilig en onheiligheid praktiseer.
Hierdie pastore wie slegs voorgee om die skape lief te hê en te versorg, maar
eintlik nie meer omgee nie, sal teruggesit (demote) word. As hulle daar is deur
gulsigheid, sal hulle armoede ken. Oordeel sal in 1997 op 'n magtige wyse in die
huis van YAHUVEH begin en as julle wie regverdig is skaars gered word, hoeveel
meer het die heidene om te vrees. Toets die Gees wat spreek en julle sal sien
dit is die stem van die RUACH ha KODESH wat uit hierdie Profetes spreek om die
heiliges van YAHUVEH te bestraf, te seën en te stig en blaas die trompet van
verdoeming vir die vyande van die evangelie van YAHUSHUA ha MASHIACH.
Raak MY gesalfdes nie aan nie, moet ook MY Profete geen leed aandoen nie. Moenie
hierdie boodskapper stening omdat sy MY boodskap bring nie, omdat skade oor die
een sal kom wie 'n woord teen MY Boodskapper rig. Toets MY en kyk of EK nie 'n
GOD van verterende vuur is nie. Die hel se vuur is MY woede wat aangesteek is.
Moenie dat dit teen julle aangesteek word nie.
Kopieer hierdie en gee dit aan almal van hulle wie ore het om te luister. Laat
al die ander doof bly. Net omdat hulle nie glo nie, beteken nie EK sal nie doen
wat EK gespreek het nie, dit sal gebeur. Esegiel 3:17-21 sê, waarsku hulle en as
hulle nie luister nie, sal die bloed nie op julle hande wees nie. As julle hulle
nie waarsku en hierdie profesie aanstuur nie, dan sal hulle sterf in hulle sonde
maar die bloed sal op julle hande wees. EK stuur my profete om te waarsku
voordat die verdoeming kom. EK stuur MY Profete om te sê 'n seën gaan kom, voor
die seën kom.
* * * * * * *
Gegee op hierdie dag 31 Desember 1996 aan Eerw. Elisheva Eliyahu toe sy dit die
minste verwag het terwyl sy aan iemand geskryf het om hulle te bedank vir gebed.