Geskryf/Gespreek onder die salwing van die RUACH ha KODESH deur Apostel Elisheva Eliyahu 27 Maart 2009
Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle
Profesieë bygevoeg moet word van nou af:
EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva] om nie hierdie Bediening na ‘n man
of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in
jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan
het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee.
Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die
Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou
hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se
Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur
jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja 42:8)
In Julie 2010 Het YAHUVEH GOD beveel dat die volgende bygevoeg word voor elke
Profesie:
2Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY
Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat
daar geen genesing meer was nie.”
******* Oorgeskryf vanaf ‘n oudioband:
Elisheva sê:
Ek het gehoor dat iets veronderstel was om te gebeur op 27 Maart. Hierdie is ‘n
film wat by die teater sou wees, wel maar elkgeval, so het ek gedink o daar was
‘n aftelling daarop, gedink dit gaan op TV wees.
Maar die hoofsaak is dit is nie wat dit was nie. Daar was iets spesiaals vandag,
dit was nadat ons [Amightywind leierskap] nagmaal gehou het en ons gevra het of
ons winkel [toe] kon hardloop om ‘n paar goedjies te kry want dit eer Vader en
HY beskerm wanneer ons vra. Ewe skielik het HY (YAHUVEH) begin praat oor geloof
en HY het gesê hoe HY ons beloon wanneer jy iets doen wat YAHUVEH vir jou sê om
te doen en dit ‘n groot stap van geloof verg om dit te doen. Jy moet jou hele
vlees beveg, jy moet jou vrees beveg, jy moet omstandighede beveg, maar jy sal
gehoorsaam wanneer YAHUVEH vir jou sê om daardie stap te neem van geloof. HY sê
wag en kyk of EK jou nie meer sal seën as wat jy ooit moontlik gedroom het nie.
Toe die volgende ding wat HY gesê het vir my, het HY gesê dit was net soos ons
nog nooit ‘n lekker huis gehad het om in te woon nie. Ons was altyd net o my
goeiste ons sal nie eers die kort termyne doen wat ons in plekke gewoon het en
wat die huiseienaars aan ons gedoen het of toe ons in ‘n bus gebly het of altyd
moes hardloop van een plek na die volgende nie. Dit was aaklig. Dit was aaklig.
Ons was nie geseënd toe ons in Amerika was nie. Behalwe toe ons die grootste
stap van geloof geneem het, wel in my oë was ons nie [geseënd in Amerika] nie,
ons het immers ons grootste stap van geloof geneem en ek het gedink alles binne
my —dit was een plek waaraan ek geen deel wou hê nie. Ek het immers my grootste
stap van geloof geneem toe ek daardie oggend wakker geword het — ek sou dit
nooit gedoen het as YAHUSHUA nie vir my gesê het nie en HY het gesê ons moes
Alaska toe gaan. Deur trane heen het ek vir [die leierskap span] vertel dat YAH
gesê het ons moet Alaska toe gaan.
Alhoewel ek nie daardie houthuis as ‘n seën beskou vir 6 maande nie, sal ek sê
goeie dinge het daaruit voortgekom want HY het iemand opgerig, Cathy O.
[Hierdie volgende paragraaf was per ongeluk uitgevee van die oudioband af toe [ons]
daarmee gewerk het om dit te plaas. So, hierdie volgende paragraaf is nie op
oudioband nie — ons vra om verskoning daarvoor.
Alhoewel sy ‘n vyand is nou en ons instaat was, eerstens, eerstens het ons nie
geweet hoe ons die geld in die hande sou kry om in staat te wees om Alaska toe
te gaan om te gehoorsaam nie. HY het ‘n ander vrou opgerig om die geld te stuur,
ons net totaal verras. Daardie jong vrou wat pas gered was en pas die waarheid
ontdek het deur hierdie Bediening en dit is hoe ons in Alaska gekom het en dit
was ‘n reuse stap van geloof om te verhuis Alaska toe. Toe ons dan aangesê was
om Alaska te verlaat en ons nie verstaan het waarheen ons gaan nie, wat ons sou
doen nie, het HY vir Cathy O. opgerig en weereens was dit ‘n reuse stap van
geloof om Amerika te verlaat.
(weer op oudioband Deel 2)
Toe het HY net vir my gesê terwyl ek gebid het het HY gesê dat ek waarlik, die
seëninge het waarlik nie voortgevloei nie totdat ons ‘n stap van geloof geneem
het toe HY gesê het, “Julle sal nooit weer terugkeer Amerika toe nie, julle mag
nooit weer terugkeer Amerika toe nie.” Ek weet nie, ek glo in geloof dat HY
nooit iemand sal toelaat om ons te dwing om dit te doen nie maar deur ons eie
wilskrag (wil) sal ons nooit terugkeer Amerika toe nie. Dis, dis enorm, ek
bedoel al ons families is daar, biologiese families is daar en om te weet dat
ons nooit, ooit daarheen sal terugkeer nie. Tog het HY gesê, “EK het MY seëninge
uitgegiet” en HY het. HY het ons uitermate en oorvloediglik geseën sedert ons
daardie reuse stap van geloof geneem het en Amerika verlaat het.
Net soos Kathrynyah, toe het HY met my begin praat oor Kathrynyah en haar reuse
stap van geloof. Kyk nou waarmee sy beloon was, sy het haar geliefde Adam en ons
kosbare suster wou ons so graag net ontmoet en nou woon sy by ons en sy het
daardie reuse stap van geloof geneem. Ek meen elkeen van ons en dit is die les
vandag op 27 Maart. YAH het ‘n belofte gemaak, wanneer jy ‘n reuse stap van
geloof neem wat HY vir jou sê om te doen, sal HY jou seën uitermate en
oorvloediglik meer as wat jy durf droom of vra. Dit is wat ek geleer het vandag
op 27 Maart 2009.
HY herinner my ook aan my reuse, reuse, reuse stap van geloof. Met my, was my
enorme, enorme stap van geloof om ooit weer ‘n ander man te vertrou, ah ek het
nooit ‘n man vertrou om mee te begin nie tot en met Adam [my broer en mede
bedienaar]. Ek het gesê, “Wel YAH ek gehoorsaam U” en ek het nooit ooit ooit
enige daarvan berou nie. Ek Dank U net, ABBA YAHUVEH vir U belofte, solank ons U
waarlik hoor en U vir ons sê om daardie stap te neem van geloof, moet U getrou
wees en ons beskerm en U sal dit doen en U sal ons uitermate en oorvloedig seën.
(Stroomband oudio Deel 3 begin hier)
Ek het ‘n stap van geloof omdat ek gehoorsaam het. So, dit is al wat ek te sê
het daaroor. Ons gee U net die Eer ABBA YAHUVEH. U is so getrou.
Elke keer — winkel toe, elke enkele keer by hierdie deur uit het ons geloof [om]
weer veilig terug te keer. Ons jubbel by daardie deur, ons neem dit nie
toevalligerwys aan nie want YAH het vir ons gesê om dit nie te doen nie. So ABBA
YAH ons dank U net en ons Loof U. Nou gaan ons dit in gebed opneem hetsy ‘n paar
dinge te gaan kry want PAPPA sê, “Elke keer wat ons dit doen,” sê ABBA YAHUVEH
dit eer HOM en dit behaag HOM dat ons gehoorsaam en dit nie toevalligerwys
aanneem nie. So dit is wat ek te sê het.
(Ek het dit nie op die band gesê nie maar een van my grootste stappe van geloof
was toe ABBA YAHUVEH vir ons gesê het dat ons Afrika toe moet gaan. GEEN, GEEN,
GEEN manier wou ek Afrika toe gaan nie. Dit was selfs erger as om Alaska toe te
gaan. Ek het visioene in my kop gehad van woon in ‘n grashut met geen lugreëling
nie en ek was so ontsteld. Maar toe het ons Geliefde YAHUVEH vir my ‘n Woord
gegee en HY het my daaraan herinner dat HY my SY “lugreëling baba” noem en dat
HY sou omsien na ons en ons seën omdat ons gehoorsaam. YAHUVEH is so getrou want
hierdie is toe ons werklik begin het om geseënd te wees en ons het aangehou om
elke dag meer geseën te word terwyl ons gehoorsaam. Hoe groter die stap van
geloof is, hoe groter is die seëninge. O ja, ons het ook lugreëling gehad oral
waar ons ookal gebly het. LOOF YAHUSHUA!)
[Elisheva begin bid in tale:]
Julle het MY gedank vir MY getrouheid MY Geliefdes, maar EK Bedank julle vir
julle getrouheid. Vir al 5 van julle getrouheid, want al 5 van julle het vir MY
julle lewe gegee en gesê, “Gebruik dit soos U wil, gebruik dit om U Eer te
bring, gebruik dit om vir U SEUN YAHUSHUA Eer te bring.” Al 5 van julle is
lewende offers vir MY. EK is konstant in julle gedagtes. Julle sit MY in julle
planne. Julle sê, “Wat wil U hê moet ek doen ABBA,” en hierdie behaag MY. Julle
strewe getrou, getrou daarna om MY te gehoorsaam en te behaag op elke manier en
bereik siele vir die Eer van MY SEUN. Julle aanbid en loof getrou. Julle neem
ONS nie as vanselfsprekend nie.
En nou praat EK nie net met julle nie, maar EK praat met die getroue YDS’e
(YAHUSHUA se Demon Stompers, gebedsintersessors) want hulle doen dieselfde.
Hierdie is die merk; Hierdie is die seël van diegene wat die Bruid van YAHUSHUA
genoem word. Hulle is getrou. Hulle is lojaal. Hulle sal nie skik nie. Hulle sal
nie terugdeins nie. Hulle sal staan vir wat reg is. Hulle sal bestraf wat
verkeerd is.
Watter soort huwelik sou julle [mans en vrouens] gehad het as julle nie geweet
het die ander is getrou nie? EK hoef nie begaan te wees dat jul oog sal gaan vir
‘n vals god nie want EK weet julle is getrou. So julle Bedank MY vir MY
getrouheid. EK Bedank julle vir julle getrouheid.
EK Bedank julle vir al die kere wat julle jul planne maak en sê, “Ek sal dit of
dat doen hierdie dag,” en EK Bedank julle vir julle getrouheid selfs wanneer EK
julle planne opskeur en sê, “Nee MY Kinders, julle gaan dit op hierdie manier
doen.” Julle gee MY getrou nogsteeds die lof en sê, “Abba YAHUVEH maak soos U
wil.” Julle strewe getrou om te behaag en gehoorsaam. So dan MY Kinders vra EK
vir julle hierdie vraag. Hoekom sal EK julle nie oorvloediglik wil seën op elke
manier nie? Wanneer EK vir julle vra om die grootste stap te neem van geloof,
hoekom sal EK julle nie getrou beskerm, julle seën solank julle dit doen op MY
manier nie?.
EK spreek hierdie boodskap aan almal, almal, almal wie MY, YAHUVEH en YAHUSHUA
en die Kosbare RUACH ha KODESH, julle IMMAYAH eerste stel in julle lewe en julle
liefde. EK praat met al die Bruid van YAHUSHUA. Dankie vir julle getrouheid.
Dankie vir julle getrouheid, dat julle satan aanhoudend bestraf. Julle sal nie
skik met sonde nie. Julle oë is altyd op die Hemel. Dankie vir julle getrouheid
en wees verseker soos julle getrou is aan MY, is EK getrou aan julle. MY oog is
ewig op julle. MY oor is geneig tot elke woord wat julle spreek.
Net omdat EK nie julle gebede dadelik beantwoord, op die manier wat julle dink
EK moet nie, dink nie dat EK julle nie hoor nie. EK sal antwoord, somtyds is dit
ja, somtyds is die antwoord nee en baie maal is die antwoord wag dit is nog nie
MY tyd nie. Maar wees verseker EK is nie doof nie, EK, YAHUVEH is nie blind nie
en enigiets wat julle aangaan, gaan MY aan. EK, YAHUVEH, is julle Skepper en EK
weet wat die beste is vir julle, selfs wanneer julle nie weet wat die beste vir
julself is nie. Terwyl julle MY getrou vertrou, sal EK getrou julle nie in die
steek laat nie.
So weer wil EK sê, Dankie vir julle getrouheid. Hou aan vertrou in MY. Hou aan
om nie te steun op jul eie insig nie. Selfs wanneer julle nie verstaan wat aan
die gang is in die wêreld nie, selfs wanneer julle nie weet wat om te doen nie.
Hou aan om getrou te bly, dat EK julle sal wys wat om te doen. Selfs wanneer
julle val, MY Kleintjies, is EK daar om julle getrou op te tel en julle wonde te
verpleeg. EK is getrou MY Kleintjies om MY toorn uit te giet op julle vyande.
Net omdat julle eie oë nie sien wat EK doen nie, moenie dink dat EK nie getrou
is om julle te verdedig nie. Bly getrou en weet hierdie, die Bloed van YAHUSHUA
julle MASHIACH sal nooit die krag daarvan verloor nie, die genesende, bevrydings,
vergewings, opwekkings krag. Weet hierdie; die Woord wat vlees gemaak was, kan
nie lieg nie. Elke Woord in die Heilige Geskrifte is ‘n “ja” en ‘n “amen”. MY
Woord sal nie leeg na MY toe terugkeer nie dit sal doen wat EK dit geroep het om
te bewerkstellig om te doen.
So EK wou net sê en op hierdie dag van 27 Maart 2009, gee EK vir julle ‘n nuwe
Profetiese Boodskap vir diegene wat is soos ‘n hert smagtend na water. Hulle kom
na hierdie Bediening toe vir vars LEWENDE WATER. EK kan sê en profeteer van dit
wat gaan gebeur maar julle het nie nodig om hierdie nou te hoor nie. Julle het
net nodig om te hoor, ongeag wat gebeur. Ongeag wat julle sien. Ongeag wat in
die lug verskyn. Ongeag wat die aarde skud. Ongeag die wapen wat teen julle
gevorm word, hetsy deur die hand van die duiwel, hetsy deur die hand van die
mens, hetsy deur die hand van ‘n alien. Weet hierdie; EK sal diegene getrou
beskerm wie MYNE is. Roep MY aan in die tyd van benoudheid. Roep MY aan. Roep MY
aan in die Naam van YAHUSHUA julle MASHIACH. EK is getrou om julle uitroepe te
hoor. EK is getrou om julle te verlos en julle in ere te herstel.
Julle gaan dit nodig kry, hierdie jaar. Julle gaan dit nodig kry om herinner te
word, ongeag wat gebeur, EK is getrou. YAHUSHUA julle MASHIACH is getrou. Die
soete RUACH ha KODESH julle IMMAYAH, SY is getrou. Aan diegene wat getrou is aan
ONS, ONS sal ‘n weg voorsien vir julle waar dit lyk of daar niks is nie. Hou
julle oë nie op die golwe en op die storm nie anders sal julle verdrink. Stel
nie julle vertroue in die geldeenheid van julle nasie nie anders sal julle
neergevel word. Hou julle geloof in MY. Hou julle geloof in YAHUSHUA julle
MASHIACH. ONS is julle Voorsieners. ONS is julle beskutting. ONS is die Een wat
vir julle manna voer uit die Hemel. ONS is die Een wat vir julle die LEWENDE
WATER gee om te drink.
En weer wil EK sê, Dankie vir julle getroudheid dat julle hierdie Boodskap
ontvang. Dankie vir julle getrouheid hoewel julle met julle fisiese oë die Hemel
nie gesien het nie, glo julle steeds, want ONS beloon wel diegene wat ywerig
soek na ONS. ONS beloon wel diegene wat ONS ywerig dien. ONS beloon wel diegene
wat ONS ywerig gehoorsaam. Daar is belonings vir Heilig wees en daar is gevolge
vir onheilig wees. EK IS YAHUVEH, en EK sal getrou wraak neem op MY vyande. Dink
nie dat hulle wegkom om MY te bespot nie! Hierdie wêreld sal baie spoedig sien
wat gebeur met ‘n volk wat MY verlaat en bespot het. Maar MY Geliefde Getroues
kyk op, kyk op Bruid van YAHUSHUA; kyk op want waarlik kom julle verlossing
nader. Einde van Woord.
Dank U, Dank U, Dank U, Dank U, Dank U, Halleluyah, Loof U Heilige Naam ABBA
YAHUVEH. Loof U Heilige Naam Geliefde YAHUSHUA ons MASHIACH. Loof U Heilige Naam
Soete HEILIGE GEES ons IMMAYAH ons Geliefde MAMMA WYSHEID. Loof, o Loof, o Loof,
o Loof U Heilige Naam!
U het aangehou en aangehou en aangehou om vir my te sê “27 Maart, 27 Maart” en
ek het gesê, Wat het gebeur op 27 Maart? Wat is dit wat veronderstel is om te
gebeur op 27 Maart? Toe ons dit die minste verwag het na nagmaal het ons PAPPA
vir ons ‘n lieflike Woord gegee en ons hou vas aan U getrouheid ABBA YAHUVEH.
Ongeag hoe U hierdie wêreld skud glo ons getrou dat U ons nie sal toelaat om
geskud te word nie. U sal nie ons geloof toelaat om geskud word nie. Ons glo,
getrou, getrou, getrou ABBA YAHUVEH dat U ons sal beskerm.
O Dank U PAPPA vir hierdie Woord. Dank U vir die bemoediging vir diegene Hemelse
VADER wat hul werke verloor het, diegene Hemelse VADER wat nie hulle rekeninge
kan betaal nie, diegene wat nie weet waar hulle gaan woon nie, diegene waar
ongesteldheid, siekte en kwale hulle huishoudings oorgeneem het, Hemelse VADER
en hulle so swak is en hulle nie weet wat om te doen nie. Dank U vir U
getrouheid, ABBA YAHUVEH en Geliefde YAHUSHUA ons MASHIACH. Presies nou gaan
geloof in hulle kom Hemelse VADER, diegene wat nie weet wat om te doen nie.
Diegene in ‘n huwelik wat ongelyk gejuk is en hulle weet nie wat om te doen nie,
Hemelse VADER. Hulle is op die rand van egskeiding, Hemelse VADER en hulle weet
nie wat om te doen nie, Hemelse VADER. Ons dank U vir U getrouheid Hemelse VADER
in die Naam van YAHUSHUA ons Geliefde MASHIACH sal U die skeidingswaard gebruik
op die huwelike wat nodig het om geskei te word, Hemelse VADER en U sal die
huwelike bymekaar bring wat nodig het om bymekaar gebring te word deur die
liefde van YAHUSHUA ons MASHIACH.
Dank U vir U getrouheid, Hemelse VADER vir die terugbring van die kinders VADER
om weereens die pad te loop van Heiligheid Hemelse VADER. Dank U vir U
getrouheid Geliefde YAHUSHUA ons MASHIACH vir die gestorte Bloed van YAHUSHUA en
verlossing wat na die huise toe kom van diegene wat gebid het vir die verlossing
van hulle geliefdes. Dank U vir U getrouheid ABBA YAHUVEH dat U ons beskerm teen
die regerings, die korrupte regerings van hierdie nasies Hemelse VADER. ABBA
YAHUVEH in die Naam van YAHUSHUA ons Geliefde MASHIACH, Dank U vir U getrouheid
en U kragveld wat ons beskerm Hemelse VADER en maak dat ons onsigbaar is Hemelse
VADER deur die gestorte Bloed van YAHUSHUA ons MASHIACH, sodat die vyande ons
nie kan sien nie en ons weggesteek sal wees en ons onsigbaar sal wees.
Dankie vir die vernietiging van die papierwerk wat die vyand op ons het Hemelse
VADER. Dank U en Loof U ABBA YAHUVEH presies nou. U weet van watter papierwerk
ek praat, Hemelse VADER. U ken die geheime wat die regerings hou Hemelse VADER.
Ek praat van die papierwerk Hemelse VADER wat gehou word teen enige iemand wat
Heilig is Hemelse VADER terwyl hulle opspoor en hulle name registreer word ABBA
YAHUVEH in ‘n databasis Hemelse VADER gemerk vir uitwissing VADER. Dank U ABBA
YAHUVEH vir die stuur van Heilige inmekaargeskakelde engele presies nou om hulle
te omring en te beskerm [met] koepels oor hulle wonings Hemelse VADER. Dank U
ABBA YAHUVEH net so seker soos U vir Lot gespaar het, net so seker soos U vir
Noag en sy familie gespaar het, net so seker soos U vir Daniël in die leeukuil
gespaar het en Sadrag, Mesag en Abednego in die vlammende vuuroond. Dank ons U
vir U getrouheid ABBA YAHUVEH om al diegene te beskerm wat waarlik, waarlik,
waarlik behoort aan YAHUSHUA ons MASHIACH.
Dank U vir U getrouheid om ons te beskerm terwyl hulle die gif versprei in die
lug Hemelse VADER, deur wat genoem word ‘chemtrails’ regoor die wêreld om die
populasie te verminder. Hulle dink dit wat hulle in die geheim gedoen het is nie
bekend nie. Terwyl U, ABBA YAHUVEH gesê het, “wanneer julle hierdie dinge sien,
pleit die Bloed van YAHUSHUA julle MASHIACH, bid die wapen terug op die
vlieënier, bid die wapen terug op die een wie hierdie gifstowwe geskep het, bid
die wapens terug op die regerings wat dit toelaat, wat dit stuur”. Laat die
Bloed van YAHUSHUA ons Geliefde MASHIACH wees soos ‘n antibiotika. Beskaam die
vyand, ons Dank U en ons Loof U, ons stuur verwarring in die vyande se kamp in.
Hulle dink hulle het die antibiotika en hulle gee dit vir hulle vriende en hulle
familie o maar ABBA YAHUVEH U sit dood in daardie inspuitings. U sit dood in
daardie pille. In plaas daarvan is dit die Heiliges wat beskerm word want hulle
kan ons nie seermaak tensy U dit toelaat nie. So getroues, wanneer julle die gif
‘chemtrails’ sien in die lug, onthou om die gebed te bid, “Ek pleit die Bloed
van YAHUSHUA ons MASHIACH hieroor. Ek stuur hierdie wapen terug na die vlieënier,
die chemikus wat dit geskep het en die regerings wat dit stuur.”
Want YAHUVEH is getrou en wanneer hulle die kos en die water vergiftig en selfs
die luggolwe dood uitstuur, siektes. Dank ons U vir ABBA YAHUVEH se getrouheid
dat ons beskud sal wees teen al hierdie. Maar dit is die een wat hierdie wapens
uitstuur na wie dit sal terugkeer op hulself, want daar is geen beskerming teen
die wraak van ABBAYAHUVEH nie want HY het belowe om ons getrou te beskerm en om
wraak te neem op ons vyande.
Dank U Pappa YAHUVEH dat U ons beskud onder U vleuels soos Psalm 91 sê. Dank U
ABBA YAHUVEH met ons oë sal ons die vergelding sien van die bose. Enige vyand
van U ABBA YAHUVEH en Geliefde YAHUSHUA ons MASHIACH is ‘n vyand van ons. Enige
iemand ABBA YAHUVEH wat onheiligheid verdedig, wat sonde goedkeur of hulle dit
weet of nie hulle dien satan en hulle is ‘n vyand van die Heilige Bruid van
YAHUSHUA ons MASHIACH.
Ons sal U getrou dien ABBA YAHUVEH, Geliefde YAHUSHUA ons MASHIACH en Kosbare
RUACH ha KODESH al die dae van ons lewens op hierdie aarde en vir altyd ewig in
die Hemel. Net soos ons U hier Loof en aanbid so sal ons U getrou Loof en aanbid
vir ewig in die Hemel. Ons vra ABBA YAHUVEH en ek staan nou vir die Bruid van
YAHUSHUA ons MASHIACH en ons vra dat dood nie hierdie liggame sal aanraak nie,
dat ons ‘n getuienis sal hê soos Henog voor hy opgeneem was Hemel toe behaaglik
gevind was tot ons ABBA YAHUVEH.
‘n Iedere en elke dag belowe ons om getrou te strewe om U meer te behaag elke
dag ABBA YAHUVEH. Om U al die Lof, Eer en Heerlikheid te bring deur die Naam en
die Bloed van YAHUSHUA ons MASHIACH. Ons Aanbid U. U is ons Majesteit. Ons
Aanbid U. Ons het U lief. Ons Bewonder U. Ons Loof U, ABBA YAHUVEH, Geliefde
YAHUSHUA ons MASHIACH en Kosbare RUACH ha KODESH ons IMMAYAH ons MAMMA WYSHEID
ons MAMMA SHKHINYAH ons MAMMA HEERLIKHEID. U is al hierdie dinge o Kosbare
HEILIGE GEES en ons Aanbid U.
Ons dank U vir die Salwing wat U op my geplaas het hierdie dag om U stem te hoor
op hierdie onverwagse manier net om vir U geliefdes te sê, “Dankie vir julle
getrouheid”. Dit het alles begin met ons wat U gedank het vir U getrouheid en U
het op die ou-einde ons bedank.
Dank U. Amen.
Gespreek deur Apostel Elisheva Eliyahu
27 Maart 2009.