Geskryf/Gespreek onder die salwing van die RUACH HA KODESH deur Apostel Elisheva Eliyahu
Gegee op 30 September 2009 aan die einde van Yom Kippur Vrygestel op 14 Oktober 2009
Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle
Profesieë bygevoeg moet word van nou af:
EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva] om nie hierdie Bediening na ‘n man
of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in
jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan
het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee.
Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die
Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou
hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se
Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur
jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja 42:8)
In Julie 2010 Het YAHUVEH GOD beveel dat die volgende bygevoeg word voor elke
Profesie:
2Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY
Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat
daar geen genesing meer was nie.”
(skrifaanhalings vanuit : Woord en Getuienis bybel vertaling, behalwe wanneer
anders aangedui)
* * * * * * * Verduideliking oor hoe die Profesie na vore gekom het:
Adam en Elisheva het oor die foon gepraat. Hulle het begin bid vir
reisigers-seën vir Adam en Kathrynyah se reis om Elisheva te sien vir Sukkot.
Die hele Profesie is nie op audioband nie. Die audioband begin ongeveer 1/3 in
die Profesie in.
* * * * * * * Profetiese Woord begin:
Sê vir hulle hulle moet op die 5de kom want selfs al is daar nie vyf wat
vergader nie simboliseer dit die 5 wyses (Mat. 25: 1-13) As gevolg van die nuwe
Woord wat voortgekom het—moet [julle] nie fokus verloor hiervan nie.
En hierdie Woord is verskillend van die ander want EK het dit alreeds bewys
terwyl EK die wêreld skud in MY toorn op hierdie dag van Oordeel!
Maak gereed om die dominoes te sien val. Onthou Psalm 91, al sien julle 10,000
val langs jul sy en dit sal lyk asof hulle reg rondom julle val, omdat dit EK,
YAHUVEH is wat hulle platslaan.
EK skud hierdie wêreld in MY toorn!
Maar diegene wat MYNE is hoef nie vir MY bang te wees nie. Want julle is in die
palm van MY hand en MY ander hand bedek julle. Julle is soos ʼn babakuiken en EK
sê vir julle hierdie nou sodat julle vere nie geroffel word nie want julle gaan
sien wat julle liewer nie wou sien nie en hoor wat julle liewer nie wou hoor nie.
Maar moenie dat vrees julle oorval nie, onthou waar julle geloof is. Stel julle
geloof nie in die ekonomieë nie, nie in finansies nie, nie in julle werk waar
julle in diens geneem is of watter besighede julle besit nie. Stel julle geloof
net in MY, ABBA YAHUVEH en MY Enig Verwekte SEUN YAHUSHUA julle MASHIACH en die
kosbare RUACH ha KODESH. Hou julle geloof en julle oë op die beloftes wat EK vir
julle gegee het. Wees waterlopers. Petrus sou nie geweet het dat hy op die water
kon loop as hy nie uit die boot geklim het en daardie eerste tree gegee het
lopend na YAHUSHUA toe nie. Dit was vrees wat veroorsaak het dat hy begin
verdrink, maar toe sy oë vir YAHUSHUA aanskou weereens
Band-opname Begin Hier:
Luister na die Profesie in Stroom-Audio
kon hy weer op die water loop. Hierdie is wat EK vra van julle.
(Mat. 14:28: En Petrus antwoord HOM en sê: MEESTER, as dit U is, beveel my om op
die water na U te kom.
29 En HY sê: Kom! Petrus klim toe van die skuit af en loop op die water om na
YAHUSHUA te gaan.
30 Maar toe hy die sterk wind sien, het hy bang geword; en toe hy begin sink,
roep hy uit en sê: MEESTER, red my!
31 En YAHUSHUA het dadelik SY hand uitgesteek en hom gegryp en vir hom gesê:
Kleingelowige, waarom het jy getwyfel?)
Julle moet geloof-waterlopers wees want die dinge wat julle in hierdie wêreld
gaan sien, veral in 2010, sal baie harte veroorsaak om te beswyk van vrees. Stel
julle geloof nie in enige regering van hierdie wêreld nie. Stel julle geloof nie
in enige politikus nie, want hulle motiewe is hul eie. Hierdie is die Woorde wat
EK te sê het vir julle, want EK het met MY skudding begin en dit sal nie ophou
nie. EK weier om vir Sodom en Gomorra om verskoning te vra.
Julle lande wat aanhou om sonde te wettig, kyk wat EK doen aan julle. Diegene
wat julself Christene noem en stilbly, moenie teenoor MY kla wanneer julle geen
vryhede meer het nie, want julle bly stil. Julle laat die min protesteer. Julle
laat die ander uitspreek. Bemerk julle dat die vyande nie stil is nie? Bemerk
julle diegene wat sonde promoveer is nie stil nie? Hulle skree in harde stemme
selfs toe hulle in die minderheid was. satan se diensknegte is nie stil nie.
Hoekom is YAHUSHUA se diensknegte stil? En wanneer EK praat van diensknegte
praat EK nie met julle asof julle ʼn dienskneg is in woord wat julle gebruik nie.
EK praat met diegene wat vir YAHUSHUA dien.
Hoe min spreek uit. Hoe min verdedig dit wat heilig is.
Onthou oordeel begin wel by die Huis van die Here. (1 Petrus 4:17) Hoekom
protesteer nie al die kerke nie? Hoeveel kerke is daar? In elke land hoekom
protesteer die kerke nie teen hierdie gruwel van wette wat uitgevaardig word nie?
Hulle trek net hulle skouers op. Hulle is gemoeid met hul eie sake. So moenie
verbaas wees nie, o georganiseerde kerke, wanneer die regering agter julle
aankom en julle vryheid wegvat om te preek en ʼn uitsluitteken (foreclose) op
julle kerke hang nie. Moenie verbaas wees wanneer julle grond gevat word nie.
Moenie verbaas wees nie julle wat so selfvoldaan is met al julle miljoene.
EK praat met die welgesteldes nou – Julle stel julle geloof in julle finansies,
moenie verbaas wees wanneer dit alles niks behalwe verkrummelende stof is nie. -
as in julle hande. (Mat 19:24, Lukas 16:19-31)
EK sal julle wys.
EK sal hierdie wêreld wys.
Baie sal begin om die boodskap te kry beginnende in 2010, maar EK waarsku julle
nou kinders so julle kan nie sê Pappa het julle nie gewaarsku nie. EK berei
julle nou voor sodat julle nie geskok sal wees nie en EK vertroos julle nou want
julle ABBA wil nie hê julle harte moet ontstel word nie, want EK het julle lief.
Net soos in die dae van ouds, het EK wonderwerke voorsien en niks het verander
nie. So hou styf vas aan die soom van YAHUSHUA se kleed.
Hou aan om gewas te word in SY gestorte Bloed.
Staan in die klere van SY geregtigheid en EK verseker julle, al julle gebede
word gehoor uit die Hemel daarbo.
Wandel in heiligheid sodat satan julle nie kan aankla nie. Wandel in heiligheid
sodat julle nie enige skande bring vir die naam van YAHUSHUA ha MASHIACH nie.
MY ore was oop op ʼn spesiale manier, weer [Elisheva] het jy hierdie gespreek toe
jy gebid het. Dit is asof jy ʼn speld kon hoor val, want hierdie was ʼn spesiale
dag vir al diegene wat Yom Kippur waarneem terwyl EK sien julle bekeer het van
enigiets wat MY nie behaag het nie. Terwyl elke petisie van julle gebede na MY
toe geneem was het MY raserny terselfdertyd die aarde geskud. Net soos in die
tye van ouds met Moses, was die kinders van Israel beskerm en diegene wat ʼn
ander skepper aanbid het was nie. Niks het verander nie. EK sal diegene seën wat
‘n seën is vir MY. EK sal diegene vervloek wat ‘n vloek is vir MY, en so het EK
gespreek hierdie dag, julle ABBA YAHUVEH.
[As bevestiging vroeër daardie dag was Kathrynyah in gebed en in die
geestesrealm het sy gelowiges gesien in YAHUSHUA soos klein kuikentjies wat
nodig gehad het om bymekaargemaak te word deur YAHUSHUA. HY het SY hande gevat
en ons gelei asof ons klein kuikentjies was.]
So is dit Gespreek. So is dit Geskryf op 29 September 2009
ʼn Kind, Vegter, Bruid van YAHUSHUA ha MASHIACH,
Apostel Elisheva Eliyahu
Psalm 2
1: Waarom woel die nasies en bedink die volke nietige dinge?
2: Die konings van die aarde staan gereed, en die heersers hou saam raad teen
YAHWEH en teen SY Gesalfde en sê:
3: Laat ons hulle bande stukkend ruk en hulle toue van ons afwerp!
4: HY wat in die hemel woon, lag; YAHWEH spot met hulle.
5: Dan sal HY hulle aanspreek in SY toorn, en in SY gramskap sal HY hulle
verskrik:
6: EK tog het MY Koning gesalf oor Tsion, MY afgesonderde berg.
7: EK wil vertel van die besluit: YAHWEH het aan MY gesê: U is MY SEUN, vandag
het EK Self U gegenereer.
8: Eis van MY, en EK wil nasies gee as U erfdeel en die eindes van die aarde as
U besitting.
9: U sal hulle verpletter met 'n ysterstaf, U sal hulle stukkend slaan soos 'n
erdepot.
10: Wees dan nou verstandig, o konings; laat julle waarsku, o regters van die
aarde!
11: Dien YAHWEH met vrees, en juig met bewing.
12: Kus die SEUN, dat HY nie toornig word en julle op die weg vergaan nie; want
gou kan SY toorn ontvlam. Geseënd is almal wat by HOM skuil! Jeremia 26:3
3 Miskien sal hulle luister en hulle bekeer elkeen van sy verkeerde weg; dan sal
EK berou hê oor die rampspoed wat EK van plan is om hulle aan te doen weens die
boosheid van hulle handelinge. Deuteronomium 13:4
4: Julle moet YAHWEH julle ELOHIEM navolg en HOM vrees en SY gebooie hou en na
SY stem luister en HOM dien en HOM aanhang. Mattheus 25: 1-13
1: Dan sal die koninkryk van die hemel wees soos tien maagde wat hulle lampe
geneem en uitgegaan het om die bruidegom te ontmoet.
2: En vyf van hulle was verstandig en vyf dwaas.
3: En toe die wat dwaas was, hul lampe neem, het hulle geen olie met hulle
saamgeneem nie.
4: Maar die verstandiges het olie in hulle kanne saam met hul lampe geneem.
5: En terwyl die bruidegom talm om te kom, het hulle almal vaak geword en aan
die slaap geraak.
6: En middernag was daar 'n geroep: Kyk, die bruidegom; gaan uit hom tegemoet!
7: Toe staan al daardie maagde op en maak hulle lampe gereed.
8: En die wat dwaas was, sê aan die verstandiges: Gee vir ons van julle olie,
want ons lampe gaan uit.
9: Maar die verstandiges antwoord en sê: Miskien sal daar nie genoeg wees vir
ons en vir julle nie. Maar gaan liewer na die verkopers en koop vir julleself.
10: En onderwyl hulle gaan om te koop, het die bruidegom gekom. En die wat
gereed was, het saam met hom ingegaan na die bruilof, en die deur is gesluit.
11: Later kom toe die ander maagde ook en sê: Meneer, meneer, maak vir ons oop!
12: Maar hy antwoord en sê: Amein ek sê vir julle, ek ken julle nie.
13: Waak dan, omdat julle die dag en die uur nie weet nie.
Lukas 16:19-31
19: En daar was 'n sekere ryk man, en hy het purper en fyn linne gedra en elke
dag vrolik en weelderig gelewe.
20: En daar was 'n sekere bedelaar met die naam van Elázar wat vol swere voor sy
poort gelê het.
21: En hy het verlang om hom te versadig met wat van die ryk man se tafel val.
Ja, selfs die honde het gekom en sy swere gelek.
22: En toe die bedelaar sterf, is hy deur die boodskappers weggedra na die
boesem van Avraham.
23: En die ryk man het ook gesterf en is begrawe. En toe hy in die doderyk sy oë
ophef, terwyl hy in smarte was, sien hy Avraham van ver af en Elázar aan sy
boesem.
24: En hy roep en sê: Vader Avraham, wees my barmhartig en stuur Elázar, dat hy
die punt van sy vinger in water kan insteek en my tong verkoel; want ek ly
smarte in hierdie vlam.
25: Maar Avraham antwoord: Kind, onthou dat jy jou goeie dinge in jou lewe
ontvang het, en so ook Elázar die slegte. En nou word hy getroos, maar jy ly
smarte.
26: En by dit alles is daar tussen ons en julle 'n groot kloof gevestig, sodat
die wat hiervandaan wil oorgaan na julle, nie kan nie; en die wat daar is, nie
na ons kan oorkom nie.
27: En hy sê: Ek bid u dan, vader, om hom na my vader se huis te stuur –
28: want ek het vyf broers - om hulle dringend te waarsku, sodat hulle nie ook
in hierdie plek van pyniging kom nie.
29: Toe sê Avraham vir hom: Hulle het Mosheh en die Profete; laat hulle na hulle
luister.
30: Maar hy antwoord: Nee, vader Avraham, maar as iemand uit die dode na hulle
gaan, sal hulle hul bekeer.
31: Maar hy sê vir hom: As hulle na Mosheh en die Profete nie luister nie, sal
hulle nie oortuig word nie, al sou iemand ook uit die dode opstaan.
Mattheus 19:24
24: En verder sê EK vir julle, dit is makliker vir 'n kameel om deur die oog van
'n naald te gaan as vir 'n ryk man om in die koninkryk van ELOHIEM in te gaan.