Profesie 119
2011 ‘n Oproep Om Te Berou Of Om Te Vergaan, Yah Het Jou Nommer!
Gespreek onder die salwing van die RUACH HA KODESH
Deur Apostel Elisheva Eliyahu
Ontvang 24 Desember 2010 - Vrygestel op 1 Januarie 2011
Van Profesie 105 af, het YAHUVEH gesê hierdie moet van nou af op al die
Profesieë geplaas word: Elisabeth (Elisheva), EK het jou lank gelede gewaarsku
om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie, selfs nog voordat
daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur
jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit
die mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die mond van YAHUSHUA jou
MASHIACH geboorte gegee. Dit is deur die SHKHINYAH GLORIE se wind wat oor
hierdie aarde waai, die Heilige wind van herlewing, dit is nie deur jou asem nie,
anders sou dit misluk het.
Ek is YAHVEH, dit is My Naam; en My eer sal Ek aan geen ander gee, of ook My lof
aan die gesnede beelde nie.
Jes 42:8
In Julie 2010 het GOD YAHUVEH ook gese om die volgende van 2 Kronieke voor elke
Profesie te plaas:
2 Kronieke 36:16
maar hulle het die boodskappers van Elohiem uitgelag, Sy woorde verag en met Sy
profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen Sy volk opgekom het, totdat
daar geen genesing meer was nie.
(skrifaanhalings vanuit : Woord en Getuienis bybel vertaling, behalwe wanneer
anders aangedui)
* * * * * * *
Elisabeth [Elisheva] praat op die audioband:
Ek het wakker geword en die telefoon het gelui, lui, lui en ek het die telefoon
gehoor. Dit het gister die 22ste die eerste keer gebeur, die dag van dit wat
genoem word die winter-sonstilstand. (In engels is dit winter-solstice. 'n
Tydperk wat deur die okkulte gevier word). Ek het die telefoon op die 22ste
Desember hoor lui en [huishouding] het gesê daar is nie ‘n telefoon wat lui nie.
Nietemin, dit is waar ek vandag (23 Desember) was toe ek vir die tweede keer
wakker geword het met ‘n gelui, lui, lui, en hierdie keer, o gits, die telefoon
wou nie ophou lui nie. Ek het [aan iemand] gesê; “jou telefoon lui”, maar hy het
gesê dit doen nie. Ek het gesê; “ek hoor dit nogsteeds selfs terwyl ek met jou
praat” en dit het gelui, o gits, so baie kere selfs terwyl ek gepraat het, het
dit steeds van die mikkie af gelui.
Dit was so werklik en ek kon dit nie verstaan nie en toe sê ek; “o gits, dit is
in die geestelike (realm), God is besig om my aandag te trek”. So ek het weer
aan die slaap geraak en toe ek wakker word, “ek het 10 uur die oggend wakker
geword “ - en van die telefoon en gebed wat ek hardop gebid het, het ek gesê;
(en gebid) “jy weet, ek hoor die gelui van die telefoon en dit gaan bonatuurlik
wees dat ek die telefoon hoor lui. Wat is dit, wat probeer U vir my sê, Hemelse
Vader?” En toe hoor ek dit.
Dit is ‘n oproep wat niemand antwoord nie en dit ís wat gebeur het en daarom het
ek begin berou en ek het begin..... wag het ek gesê, ‘n oproep wat niemand
geantwoord het nie” en ek het gesê, “wel wat is dit, watse tipe oproep?” Ek het
gesê, “het ek U op enige manier gefaal?” en toe hoor ek dit is ‘n oproep om te
berou. “Ag ABBA YAH, ek doen, ek berou, ek is so jammer en weet ek is nie
volmaak nie, ek weet ek het opgemors”. Ek het probeer dink wat ek verkeerd
gedoen het, waarvan God kon sê ek nie berou oor het nie.
Ek is regtig bekommerd oor die ding met YouTube, ek is bekommerd waar my hart
was, daar was soms so ‘n koudheid op my hart. Hierdie mense is brutaal en dit
was sonder ophou vir ‘n jaar lank en ek is bekommerd dat bitterheid ingetree het
omdat God dit toegelaat het en die vyande spot en lag en hulle sê, “ sien jy, sy
is nie’n Profeet nie, ek staan nog hier en ek lewe nog en niks het gebeur nie.”
Veral hierdie Molly en ek het gelees hierdie vrou, ek ken nie eers haar naam nie,
het op haar ‘sock account’ gespot. Ek ken nie die mense nie. So, ek het berou
getoon en ek was bekommerd want dit waaroor ek die tweede keer gebid het voordat
ek weer aan die slaap geraak het, was hoe baie seën voortgekom het en hoe mense
met die Verlossingsboodskap en die Profesieë bereik is, maar ek voel ek het
myself op verskeie maniere seergemaak.
So, dit was regtig ‘n tweesnydende swaard, hierdie YouTube, net soveel soos dit
‘n seën was, was dit ook net so verskriklik, maar ek het oor alles gedink en
gebid en gedink dit is hoekom God kwaad was en gesê het niemand het die oproep
om te berou, geantwoord nie.
Toe hoor ek HOM sê:
Die Profetiese Woord begin hier:
“Dit is nie jy nie, Elisabeth [Elisheva]; dit is nie van jou wat EK praat nie”.
HY het gesê, “Dit is hulle wat nie antwoord nie. Dit is (hulle in) die wêreld
wie weier om die oproep om te berou, te antwoord, wetende dat EK gewaarsku het.
Net hulle wie waardig geag word, sal die Groot Verdrukking ontsnap. Dit is hulle
wie weet wat hulle doen en MY beledig en aanhou in hulle sonde, wie sê “ek het
die Heilige Gees binne my” maar nogtans hou hulle aan met hulle sonde, (hulle)
wie verskonings maak wetende dat EK alles sien wat hulle doen, of dit
pornografie is, of dit homoseksualisme is, of dit drank is, of dit owerspel is,
egbreuk, dronkenskap, dwelms, vloekery, hulle weet EK kyk, hulle weet hulle moet
‘n voorbeeld wees, hulle maak aanspraak op die naam Jesus Christus, selfs
YAHUSHUA en tog is EK ver van hulle af. Die Heilige Gees kan nie in ‘n
Tabernakel van sonde woon nie, nogtans toets hulle MY weer en weer.
EK het ‘n oproep om te berou uitgegee, hoe min het geluister. Dit is soos ‘n
telefoon wat lui en lui en niemand antwoord nie. EK het julle op ‘n media ver en
wyd geplaas, EK het julle daar geplaas om te wys EK is ‘n God van oordeel sowel
as genade, EK lieg nie. Nogtans skel hulle die Profeet, hulle noem MY Bediening
boos, hulle daag MY uit en hulle spot en hulle sê, “niks sal met ons gebeur nie,
Elisabeth [Elisheva], gaan weg!. Hulle sê, “dit is alles deur genade en dit is
aan die kruis afgehandel. Nou kan ek sonde doen soos ek wil, kyk, my siel is nie
verlore nie. Dit is jy, jy lewe volgens die wet, jy sê jy dink jy moet hierdie
God gehoorsaam maar ons sê daar is nie so iets soos sonde nie, daarmee is
weggedoen”.
Hulle haat jou (Elisabeth [Elisheva]) met ‘n passie; hulle haat almal wie teen
sonde sal praat. Hulle haat almal wat waarsku. Jy het ‘n oproep uitgegee, Ek het
jou daarheen gestuur Amightywind, om die mense wie hulself Christene noem, te
waarsku om te berou oor hulle sondes. EK het dit weer en weer en weer gesê. Hoe
min sal luister.
EK het Amightywind Bediening na YouTube gestuur en wat hulle aan jou gedoen het,
doen hulle aan MY en tog maak hulle aanspraak op MY Heilige Naam en tog is EK
ver van hulle af. Hulle haal MY Woorde aan, hulle gebruik dit as ‘n wapen teen
jou en enigiemand wie waarsku om te berou en YAHUSHUA se aangesig te soek
voordat HY hulle in SY woede van die aarde afvee.
Hulle vergeet EK was net eenmaal die Lam. Hulle vergeet EK kom met vuur in MY oë.
Hulle vergeet dit is die toorn van die Lam. Hulle vergeet dat EK sonde verafsku.
Hulle maak verskonings om te sondig en hulle wie die meeste verantwoordelik
gehou word, is hulle wie ‘n Bediening wat EK Amightywind genoem het, mishandel,
gespot, gehaat en gelaster het.
Elisabeth [Elisheva], daarom het EK jou die telefoon laat hoor lui. EK wil hê jy
moet hulle weereens waarsku. Hoe min het die oproep om te berou geantwoord en
weggedraai van sonde! Hoe min gaan gered word wanneer die Groot Verdrukking
begin.
Dit is nie genoeg om te sê berou nie, daar moet aksie agter daardie woorde wees.
Daar moet ‘n skeuring (geweldige losskeur-snippering) en skeuring van julle
klere wees, maar nie op ‘n fisiese manier nie. EK het gesê berou. EK het hierdie
Heilige Bediening daar geplaas vir die hele wêreld om te sien as hulle so
verkies en tog het die meerderheid hulle ore gesluit en hul oë verblind, hulle
sê, “ons sien nie, ons hoor jou nie en Amightywind Bediening en Profeet
Elisabeth Elijah[Elisheva Eliyahu], dit is julle wie ons verag. Ons is die
Christengemeenskap en maak nie saak wat jy sê nie, vat jou Amightywind Bediening
en vat jou Profesieë weg want ons wil voortgaan in ons sonde en jy sien, ons
lewe nog en dit maak nie saak of ons Amightywind Bediening verag nie, want julle
God het ons nog nie doodgemaak nie. Julle God het ons selfs nie eers aangeraak
nie, so, julle God kan nie óns God wees nie, want óns God sê ons kan sondig. Ons
God sê ons kan jou haat. Ons God sê ons kan Amightywind vernietig. Ons God sê jy
is ‘n vals profeet en dit is nie nodig om oor ons sonde te berou nie.
Ag maar julle dwase, dwase mense, dit is EK, YAHUSHUA, wie deur hierdie kleipot
praat. Julle het MY beproef en MY beproef en MY beproef en EK het hierdie
Bediening gebruik vir ‘n oproep om te berou en tog sê julle dit is die duiwel
wat dit gestuur het. Julle vergeet wat EK met die vyeboom gedoen het. Julle
vergeet dit was EK, YAHUSHUA wat dit vervloek het omdat dit geweier het om goeie
vrugte te dra. Julle vergeet dit het verdroog en doodgegaan. Julle vergeet daar
is ‘n verworpene wat EK verag. Daardie vyeboom verteenwoordig jou met ‘n hart
van klip, jy wie MY Woorde gebruik, jy wie MY Naam gebruik, jy wie die Bediening
boos noem omdat jy die woord “berou en draai weg van jou sondes” hoor. Jy haat
dat EK gespreek het en jy noem haar ‘n vals profeet omdat jy dink jy het al die
kennis en nogtans sê EK vir jou, jy is ‘n gek want openbaringe is aan hierdie
Profeet gegee, maar jy dink jy weet alles. Maar EK noem jou ‘n Bybel- geleerde
dwaas, want jy gebruik net die woord wat doodmaak en daar is geen gees in dit
wat jy sê nie en jy gebruik die Heilige Skrifte en sê net die King James
Weergawe sal doen, weg met die res van julle. Julle het ekstra boeke bygevoeg en
nee, ons gaan nie eers kyk nie.
Julle dwase, dwase, EK kyk na julle lewens en EK skud MY kop! Dit is julle wat
as julle nie berou en waarlik wegdraai van sonde nie, dit is julle vir wie EK
sal sê, “gaan weg van MY julle werkers van onheil want EK het julle nooit geken
nie”. Net omdat julle ‘n verlossingsgebed opgesê het, moet julle aksie agter
julle woorde sit, julle kan nie net sê julle het My lief en gehoorsaam MY nie.
Dit is ‘n leuen direk uit die hel uit. Dis is ‘n leuen en omdat hierdie
Bediening die een is wat vir julle vertel en elke Bediening wat in MY Heiligheid
wandel, wat weier om met sonde en sondaars te kompromitteer. Julle wie julself
die Christene noem, daar is geen heiligheid in julle nie en julle verag enigeen
wie na julle toe kom met die Gees van Heiligheid en met MY salwing op hul
gesigte, en dit het sedert die vroeë tye nie verander nie. Julle verag enigeen
wie MY Woorde spreek, wie gesalf en vrymoedig is en daarom het EK vir Elisabeth
[Elisheva] ‘n teken gegee waar julle binnekort ‘n nuwe jaar ingaan. Daar was ‘n
oproep om te berou en ag, hoe min, hoe min luister of hoor selfs die telefoon
lui!
Verstaan julle nog nie? Verstaan julle nog nie? Die enigste weg na die Hemel is,
dat julle die oproep moet antwoord. Julle moet die telefoon hoor lui. Julle moet
die oproep om te berou en wegdraai van sonde, antwoord. Hou op om verskonings te
maak want binnekort gaan dit te laat wees.
Die wreedste/hardste oordeel gaan kom op diegene wie hierdie Bediening, wat EK
op ‘n media met so baie oë en ore geplaas het, mishandel het en julle het geweet
van dit en julle het dit nie verdedig nie en julle het haar woorde gehaat omdat
EK hard en duidelik geskree het “BEROU, BEROU en draai weg van julle sondes!”
Julle wil die Profesieë uitmekaar trek en julle eie menslike intellek gebruik
ten spyte daarvan dat EK julle oor en oor gewaarsku het dit is net deur die
Heilige Gees dat julle die Woorde sal verstaan wat gespreek is en dit moet nie
deur die intellek van ‘n mens geinterpreteer word nie. Elke Profesie sonder
uitsondering, lei mense tot berou. Lei mense in MY liefdevolle arms in. Lei
mense en leer hulle Heiligheid. Hulle is nie die Woorde van ‘n vrou of ‘n man
nie. EK gebruik net hierdie kleipot, dieselfde een wat julle gehaat en mishandel
het, julle het gesê, “ons sal jou vernietig, ons sal verneder, ons sal ons
woorde van haat spreek want ons kan. Ons sal selfs die naam van die Amightywind
Bediening steel en besoedel, want jy durf ons sondaars noem en jy durf ons sonde
blootstel want ons kan nie die Heiligheid op jou gesig of die gesigte van die
werkers wie langs jou werk, vat nie, nou vertel ons almal om seker te maak hulle
verag jou ook en luister nie na die Heilige Profesieë nie want hulle is vals en
julle verblind hulle, o julle skynheiliges en julle verdoof hulle!”
O julle verworpenes, omdat julle haat, sal EK julle wys wat EK doen. Daar is
geen Heilige Gees in julle nie. Julle is satan se gebroedsels en EK was vir o so
lank geduldig met julle. EK het die ‘Last Chance’ Bediening voor die dae van
oordeel geplaas en onthou, wat julle aan haar gedoen het, het julle aan MY
gedoen. Julle sal voor MY in ‘n Hof wat van die Hemel kom, staan en julle sal
voor MY aangesig staan en EK sal julle aan julle woorde van haat herinner en EK
sal sê, “gaan weg van MY julle werkers van onheil want EK het julle nooit geken
nie”. MY Heilige Gees het of lank gelede onttrek of was nooit selfs in julle nie.
So, Elisabeth [Elisheva], EK het jou die telefoon laat hoor. EK het jou laat
hoor hoe lank dit al lui, net ‘n simbool van dit, 8 maal. Sommige sal luister en
dit sal hul nuwe begin wees en hulle sal waarlik berou en hulle sal waarlik weet
dat Amightywind Bediening Heilig is en ‘n Bediening deur God gestuur.
Aan almal van hulle wie hulself sal verneder en wegdraai van hulle sondes, hulle
sal waarlik, waarlik met hulle verstand, liggaam, hart en siel berou. Hulle sal
waarlik, waarlik berou. Hierdie is die Woorde wat EK te sê het. Julle antwoord
daardie oproep, o Heiliges, van berou, elke liewe dag. Selfs jy Elisabeth [Elisheva],
jy het gesê, “wat is dit wat ek nog nie geantwoord het nie? Hoe is dit dat ek
nog nie berou het nie? Ag, vergewe my asb vir enige manier wat ek U gefaal het
want ek weet ek is nie volmaak nie”. EK het vir jou gesê Elisabeth [Elisheva],
dit is nie jy nie, want jy hoor MY gelui en jy het MY oproep geantwoord en almal
wie langs jou sy bedien en almal wie weet dat Amightywind Bediening die waarheid
spreek en nie gejok het nie. Hulle het die oproep om te berou geantwoord, maar
dan is daar sommige wie weet die waarhede is in hierdie Bediening en nogtans
toets hulle MY en hulle glo dit is net genoeg om jou te ken. Hulle glo dit is
net genoeg om die Profesieë te lees. Hulle glo EK gaan altyd genade hê en daar
gaan geen gevolge van sonde wees nie. Dit is hulle vir wie EK die swaarste gaan
oordeel want hulle besef nie hulle word verantwoordelik gehou vir die sonde wat
EK verag nie.
So, vertel hulle MY Dogter, hulle wou gehad het ‘n nuwe Woord moet na vore kom.
Vertel vir húlle hoe tevrede EK met hulle is wat die ekstra myl loop, wie nie
net daarna strewe of MY elke dag te gehoorsaam nie, maar glo en vertel en die
Woorde wat EK sê met ander deel. Hulle is nie bang om ‘n mens te beledig nie
want hulle siel begeer om MY, YAHUSHUA, te behaag want hulle weet hulle
belonings sal van die Hemel kom.
So, vertel vir hulle MY Dogter, wees daardie Nuwe Elijah [in Hebreeus, Eliyahu]
wat EK jou die salwing en ‘n taak gegee het om te doen.
Vertel vir hulle MY Dogter, alhoewel hulle in jou gesig sal spoeg, waarsku hulle
MY Dogter, hulle gaan binnekort uit die mensdom gevee word.
Vertel vir hulle MY Dogter, o EK kom weer. EK kom weer, maar hierdie keer sal
dit met vuur in MY oë wees en EK praat nie van wanneer EK MY Bruid aan MY sy
roep nie, EK praat van die vyande wie soos daardie vyeboom is. EK sal dit
vervloek en dit sal verdroog en doodgaan vir almal om te sien.
Vertel vir hulle MY Dogter, wees jy daardie dapper Profeet. Hou op om jou te
bekommer oor wat vrouens en mans sê.
Vertel vir hulle MY Dogter, vertel vir hulle namens MY want dit is die gelui van
die telefoon. Jy het ‘n roeping om ‘n Profeet te wees. Jy het dit lank gelede
geantwoord. EK sal nie toelaat dat jy nie daardie telefoon optel nie. Dit is ‘n
oproep op jou lewe, wat jy nie kan ontvlug nie, want EK het jou geroep MY Dogter,
om hierdie mensdom te waarsku voordat die Verdrukking hier is, die tyd van Jakob
se Benoudheid. Ag en vir so baie, so baie sal dit te laat wees!
Hierdie is die Woorde wat EK te sê het. Die vyande sal weereens haat en spot vir
jou stuur. Weet net dit, hulle is nie van MY nie. Weet net dit, hulle is nie
deur MY gestuur nie. Weet net dit, hulle is satan se kinders, die bruid van
satan, die verworpenes, die werkers van onheil en hulle sal met hulle siele
betaal met die Hel en die Poel van Vuur, hul spoedig komende lot.
Moet net nie daardie woorde van haat vashou nie, gee hulle vir MY. EK kan hulle
hanteer, julle kan nie. Dit is nie eens vir julle bedoel nie, o Heiliges, die
woorde van haat is vir MY bedoel. Die spottery, die beledigings is vir MY bedoel.
Hulle kan nie die salwing en die Heiligheid aanskou wat EK op ALMAL wie MYNE is
geplaas het nie, veral MY Bruid wie elke dag daarna strewe om MY te behaag en MY
te dien en MY te aanbid en MY ALMAGTIGE GOD en HEER, HEERSER van hul lewens,
MEESTER, REDDER, noem. Hulle erken MY. Hulle is MY Bruid. Hulle vat die
mishandeling, hulle vat die haat, hulle word gevloek, hulle word gelaster, hulle
name word boos genoem. Hierdie is MY Bruid en ag, EK gaan julle spoedig na MY
toe trek. Julle weet wie julle is. Julle aanvaar die waarheid wat voortkom.
Julle weet wie julle is. Julle herken die goeie vrugte in hierdie Amightywind
Bediening wat soos ‘n magtige wind oor hierdie aarde spoed. En nou neem EK dit
in so baie tale en daar is baie meer wat kom.
Julle weet wie julle is o MY kosbare Bruid. Hoe weet julle? Want julle was
gehaat, julle was gelaster, julle was verag, julle was uitgewerp as boos. Terwyl
al wat julle doen is om te probeer om MY op elke manier te behaag en julle
vertel die sondaars om te berou en weg te draai van sonde en julle was mishandel
as gevolg van dit. Julle weet wie julle is, maar julle verkondig nie net
Heiligheid nie, julle leef ‘n lewe van Heiligheid en julle mediteer nooit vooraf
oor sonde nie. Julle is MY Bruid. Julle is MY Eerste Vrugte. So min van julle
wanneer EK oor hierdie aarde kyk, maar julle is MY Bruid en dit is julle wie EK
liefhet het en soos ‘n skat bewaar. Terwyl EK julle vyande wat MY vyande net
soos Esau is, verag.
Neem hierdie woorde, Elisabeth [Elisheva], waarsku hulle die telefoon is besig
om te lui. EK het jou as ‘n Profeet gestuur om vir hulle te vertel. Hoe baie het
dit gehoor en weier nogtans om te erken hulle het dit gehoor. So, EK sê vir jou,
o MY Profeet, vertel vir hulle van die oproep om te berou, vertel vir hulle wat
EK jou laat hoor het en daar sal diegene wees wie sal berou en wegdraai van
sondes en vertel vir hulle van die telefoon wat lui. Hulle sal hoor. Hulle sal
hoor en hulle sal vergewe word en soos die getal 8 sê (8 luie op die telefoon)
sal ons ‘n nuwe begin hê net omdat EK ‘n Profeet het wie gewillig is om gespot
en verag te word om MY Naams ontwil terwyl jy uitroep, “antwoord die oproep om
te berou, die telefoon lui vanuit die Hemel”, want EK het lief genoeg om deur MY
Nuwe Elijah (in Hebreeus, Eliyahu) te waarsku, hoe word selfs jou naam ‘Elijah’
(in Hebreeus, Eliyahu) verag. Onthou net, die Gees van Jesebel het Elijah van
Ouds (in Hebreeus, Eliyahu) gejaag en kan jy enigiets minder verwag? Kan enige
Heilige Profeet iets minder verwag? Kan enige van die Bruid van YAHUSHUA, MY
Bruid, iets minders verwag? Want as hulle MY aanvaar het, as almal MY met liefde
aanvaar het, sou hulle julle aanvaar het, maar julle kyk oor hierdie aarde en EK
het selfs dié wat koud is gestuur om die harte van klip te wys en nogtans berou
hulle nie, hulle draai nie weg nie. Hulle sê dat EK net ‘n God van liefde en
genade is en EK sal nie eers sonde oordeel nie, maar hulle gaan sien hoekom daar,
dit wat, Die Groot Verdrukking genoem word, gaan wees.
Dankie Elisabeth [Elisheva] omdat jy die oproep geantwoord het, want indien jy
in sonde gelewe het, sou jy nie eers die telefoon hoor lui het nie, maar jy het
en dit het 8 maal gelui, want baie, baie sal luister en dit sal hulle nuwe begin
wees.”
Gespreek onder die Salwing van die RUACH ha KODESH
Aan Apostel Elisabeth Sherrie Elijah [Elisheva Eliyahu]
Beledigend vir baie en ‘n seën vir ander, ‘n Kind, Kryger Bruid van YAHUSHUA ha
MASHIACH/JESUS CHRISTUS