Profesie 123
VERWOESTING KOM! VERWOESTING IS HIER!
Geskryf/Gespreek onder die salwing van die HEILIGE GEES (RUACH HA KODESH)
Deur Apostel & Profeet Elisheva Eliyahu
9 November 2013 – In die nadraai van Tifoon Haiyan
* * * * * * *
Hieronder is die Profesie soos dit voortgekom het
deur Profeet Elisheva se “Heilige tale” soos GOD se GEES uiting gee (Hand.
2:3-4) van hemelse of aardse tale (1 Kor. 13:1). Elisheva spreekvoort in tale
wat Profesie bring (1 Kor. 14:6)
Dit bevat die HEBREEUSE NAME van GOD:
YAH/YAHU is die HEILIGE, GEWYDE NAAM van GOD
soos in “Alleluia” of “Hallelu YAH”
Wat letterlik beteken: “Loof YAH”
YAHUVEH/YAHWEH GOD DIE VADER
YAHUSHUA/YAHSHUA GOD SE ENIG VERWEKTE SEUN
HA MASHIACH beteken “DIE MESSIAS”
ELOHIEM beteken “GOD”
Die Openbaring van “SH’KHINYAH HEERLIKHEID’ – as die PERSOONLIKE NAAM van die
RUACH HA KODESH. In Afrikaans genoem “Die Heilige Gees”- is ook op hierdie web
werf.
(HA SH’KHINAH {SHEKINAH} is Hebreeus vir; GOD SE VOORTDURENDE, GODDELIKE
TEENWOORDIGHEID)
Bykomend, ABBA YAH beteken “VADER YAH”
En IMMA YAH beteken “MOEDER YAH”
Skrifaanhalings vanuit die Woord en Getuienis bybel vertaling, behalwe wanneer
anders aangedui.
* * * * * * *
YAHUVEH se Woorde aan Elisheva wat voor elke Profesie bygevoeg moet word:
Elisheva, EK het jou lank gelede gewaarsku
om nie hierdie bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie.
Selfs nog voordat daar ‘n bediening was het EK dit in jou gees geplaas.
Want niks hiervan het deur jou hande tot stand gekom nie.
Niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie.
Dit is uit die Mond van YAHUVEH dat geboorte gegee was.
Dit is uit die Mond van YAHUSHUA
jou MASHIACH dat geboorte gegee was.
Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH,
jou IMMAYAH dat geboorte gegee was.
As dit net deur jou hand was, sou dit lankal misluk het.
Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID SE WIND
wat oor hierdie aarde waai, die HEILIGE WIND VAN HERLEWING.
Dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk het.
EK IS YAHWEH, dit is MY NAAM;
En MY EER sal ek aan geen ander gee,
Of ook MY LOF aan die gesnede beelde nie. (Jesaja 42:8)
(Profesie 105)
In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook gesê die volgende moet as waarskuwing bygevoeg
word vir diegene wat spot:
Maar hulle het die Boodskappers van ELOHIEM uitgelag en SY Woorde verag
en met SY Profete gespot, totdat die Gramskap van YAHWEH
teen SY Volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.
– 2 Kronieke 36:16
* * * * * * *
Hierdie Profesie was opgeneem deur middel van audioband. Hier is die oorskrywing. Profesie 123 Begin:
9 November 2013
Weet dat julle gebede
NIE ongesiens verbygaan nie !
Weet dat julle gebede van hierdie Bediening
NIE ongesiens verbygaan nie!
[Bandopname begin hier:]
Laat hierdie NIE ongesiens verbygaan nie! Plaas hierdie gebed. Laat ALMAL weet,
die gebedsvegters van hierdie Bediening: lig hul behoeftes (diegene in die
storm) op voor MY hierdie dag…
Kyk NIE net na die verwoesting nie! Maar loof MY! Want MY Heilige Engele werk
oortyd! Julle kan nie die wonderwerke begryp wat gedoen word nie! Diegene [wat]
vermoedelik dood was, sal gevind word. Diegene wat in isolasie is sal herenig
word met hulle families.
Kyk NIE net na die verwoesting nie! Maar weet net hierdie: daardie name wat
geskryf is in die LAM se BOEK van LEWE, bewaak, beskerm MY Heilige Engele. En ja,
sommige word huis toe geneem, maar hulle voel GEEN pyn nie.
So [Elisheva], terwyl jy op hierdie Sabbatdag kyk na die fotos….
Kyk NIE na die verwoesting nie! Want EK IS in die storms! EK IS in die orkaan !
EK sal doen wat dit ookal verg. Want MY raserny is onmeetliker as wat julle kan
begryp. MY NAAM word gelaster. MY GELIEFDE SEUN se NAAM word gelaster. Die RUACH
HA KODESH, MY SOETE, SOETE, KOSBARE HEILIGE GEES, soos julle sê, word gelaster.
HIERDIE IS NET 'N VOORBEELD VAN MY DRIF!
HIERDIE IS NET 'N VOORBEELD VAN MY RASERNY!
EK waarsku julle en EK waarsku julle, en EK waarsku julle
die verwoesting kom.
EK gee vir julle Profesie na Profesie en waarsku
dat verwoesting kom.
Is EK nie 'n YAH WIE SY Woord hou nie?
Hierdie is net 'n VOORBEELD!
Wag tot die hele wêreld woed!
Wag tot die vulkane uitbars soos ‘n kettingreaksie!
JULLE WIL MY UITTART!?
Julle wil dit wat ʼn gruwel is [Obama-Nation] as gangbaar noem, as iets om te
doen! Julle gooi die Heiligheid terug in MY GESIG! EK het gesê dat MY Woord
waarsku. Profesie na Profesie het EK voortgespreek, “VERWOESTING KOM! “ WATTER
DEEL VERSTAAN JULLE NIE?
EK IS ʼn GOD, YAH, wat Heiligheid eis. MOENIE dink jy kan net wegkom met ʼn gebed
nie. MOENIE dink jy kan net sê , “O, maar GOD is net liefde” nie. EK IS IN
DAARDIE ORKAAN! EK IS IN DAARDIE VLOED! EK IS IN DAARDIE TORNADO! EK IS IN
DAARDIE SNEEUSTORMS! So hierdie is 'n voorbeeld van die verwoesting wat kom!
MOENIE net kyk na die verwoesting nie, maar fokus ook op die wonderwerke wat EK
sal doen terselfdertyd. Want vir diegene wat Heilig is - selfs al woon hulle op
daardie selfde grond - julle is weggesteek onder die beskutting van MY Vlerke.
MY Heilige Engele sal julle beskerm. (Psalm 91). EK sal voorsien vir julle
behoeftes.
EK gebruik hierdie Bediening om Asië te bereik .
Julle kan nie begryp hoeveel het op hul knieë gekom en YAHUSHUA as MASHIACH bely
nie. Julle kan nie begryp hoe EK hierdie Bediening gebruik in al die
verskillende tale nie en meer oppad. So wanneer verwoesting kom, weet hulle na
wie om te kyk, weet hulle na Wie om uit te roep. En MY Hand is op hulle en
liefdevol hou EK hulle vas.
Meer verwoesting kom.
Laat Hollywood lag. Laat Hollywood spot! Die Kokende Swart Bloed Plaag [The
Boiling Black Blood plague]! Sal hulle nie ontvlug nie. Dit wat EK 'n Obama-nation
[abomination/gruwel], noem, die gespottery van satan – spottende die einste
skepping van Adam en Eva!
Jy het gewaarsku. Mense sê: “[Elisheva] ons soek ʼn nuwe Profesie hierdie dag. “
Wat meer is daar om te sê? Hoeveel jare [het] EK voortgespreek uit jou en
hoeveel tale nou? Hoor die Woorde.
EK het gewaarsku, EK doen niks, niks, niks sonder om eers MY Heilige Profete te
stuur om eers te waarsku nie (Amos 3:7) En EK het gewaarsku. EK waarsku nie net
die Verenigde State nie. EK waarsku die wêreld.
EK IS YAHUVEH. En EK SAL NIE BESPOT WORD NIE.
EK IS DIE SKEPPER VAN ALLES. En hierdie is net ‘n voorbeeld.
Val op julle aangesigte voor MY voor dit te laat is. Aanvaar MY SEUN YAHUSHUA as
jul HERE, GOD & REDDER voor dit te laat is! BEKEER VAN JULLE SONDES HIERDIE DAG
voor dit te laat is!
DANK MY vir julle voedsel nou, ANDERS VAT EK DIT WEG! DANK MY vir julle
behuising, ANDERS VAT EK DIT WEG! DANK MY vir julle families, voor EK hulle
wegvat… Wees dankbaar teenoor MY, EK IS MOEG vir hierdie wêreld se
ondankbaarheid! Selfs diegene wat beweer hulle is MYNE, EK vermoei van julle
ondankbaarheid, van julle klagtes.
Hou op fokus op dit wat EK nie gee nie omdat dit nog nie die bestemde tyd is nie.
In plaas daarvan fokus op wat MY liefde is en hoe EK julle WEL seën. Want
verwoesting kom – anders as enige iets wat hierdie wêreld gesien het. En hierdie
is net 'n voorbeeld.
EK doen hierdie om die wêreld te skud, om julle wakker te skud.
Julle SKEPPER het julle so lief, EK skud julle wakker.
En EK gebruik die aardbewings, EK gebruik die orkane.
EK gebruik die tornado’s. EK gebruik die vloede.
EK gebruik die sneeustorms. EK gebruik die droogtes.
EK gebruik selfs siekte,
sodat julle uitroep na MY.
So huil en rou
vir die verwoesting wat julle sien in Asië, in die Filippyne nou.
Want Asië het hierdie verwoesting geken voorheen.
Maar ook wanneer julle huil en rou…
Loof MY te midde van die storm:
want diegene wat MYNE is - is in die Palm van MY Hand;
diegene wat behoort aan YAHUSHUA
-is in die Palm van SY Hand.
So julle hou aan waarsku. Wanneer EK verkies, spreek EK voort. En kry daardie
Profesie [55 Waarsku die Mense! Verwoesting Kom!] voor almal weereens. EK het
reeds voor-af gesê die verwoesting kom. EK gaan alles skud wat geskud kan word
(Heb 12: 26-27) - elke fondasie - op maniere wat julle nie kan begryp nie. Maak
net seker jou huis is nie op sinkende sand nie en dit is gebou is op die SOLIEDE
ROTS, YAHUSHUA julle MASHIACH, MY ENIG VERWEKTE SEUN, julle ENIGSTE HOOP OP
REDDING.
EK sal nie langer bespot word nie. EK het julle gewaarsku. EK het vir julle gesê
MY drif word sterker elke keer wanneer dit uitgestel word. Die Bruid van
YAHUSHUA roep daagliks uit, “Wanneer sal U kom? “ Eers, verwoesting.
En hierdie is net ‘n voorbeeld.
So gaan voort, hou aan om MY te tart met julle wette van homoseksualiteit. Gaan
voort, hou aan om die babas te vermoor in die baarmoeder.
Hierdie is net ‘n voorbeeld van die verwoesting.
Julle wat dink julle is so ryk en vroom. Kayne West, wat homself yeezus noem -
VERWOESTING KOM! Julle wat onheiligheid promoveer, pornografie - die mees
perverse seks, SELFS TOT BY BESTIALITEIT!!! - Julle kan verseker wees hiervan:
VERWOESTING KOM! Julle sal NIE veel langer spot nie. Gaan voort, vaardig uit
julle wette van hierdie aarde, maar julle betaal die prys! En hierdie is net ‘n
voorbeeld.
Wag tot julle sien WAT SAL KOM UIT DIE HEMEL!!!! Wag tot julle dit sien wat
julle gespot het - kom in die lugruimtes.
Julle kan verseker wees hiervan, EK IS YAHUVEH, EK IS die SKEPPER . En EK sal
NIE bespot word sonder ernstige gevolge nie. Wil julle MY vyand wees?
O, julle rykes en julle beroemdes van Hollywood? EK sal vir julle ‘n vyand wys.
EK lag en EK spot oor julle – julle met julle goue toilette, EK SAL JULLE
AFSPOEL IN DIE DREIN!!!! Julle wat julle goud bymekaarmaak en julle skatte
opgaar en julle skuilings bou ondergrond. ‘Sciëntology’!!! Ha ha ha! EK spot
julle! Verwoesting kom. Julle dink julle kan nie geraak word nie? Julle het NIE
‘n idéé wat EK vir julle gebêre het nie.
Maar EK wil bemoedig – as julle huis gebou is op die SOLIEDE ROTS en nie op die
sinkende sand nie, as julle ANKER YAHUSHUA MASHIACH is en julle leef elke dag om
MY te behaag, as EK & MY SEUN en die SOETE RUACH HA KODESH die EERSTE LIEFDES is
van jul lewe - o MY dierbares :
Het julle NIKS om te vrees nie. Julle PAPPA is HIER.
As julle die Standaard volhou van Heiligheid
En julle spreek uit TEEN onheiligheid:
Het julle NIKS om te vrees nie. Want julle PAPPA YAH is HIER.
Wanneer julle gewillig is om gehaat te word vir MY SEUN YAHUSHUA SE NAAMS ontwil
en julle word vervolg en allerhande bose name genoem:
Wees verseker julle ABBA YAH is HIER.
EK sien alles. EK weet alles. EK hoor alles.
EK sien elke traan wat val.
Hulle is so kosbaar vir MY.
Hulle is in flesse (Psalm 56:8)
omkors met juwele in die Hemel.
En wanneer julle Huis toe kom,
al die kere wat julle gedink het julle is alleen
en (gedink het) EK het julle nie hoor huil nie,
gaan EK vir julle die flesse wys:
EK gaan hulle oopmaak, en julle gaan die soete geur sien
wat uitkom…
En julle sal onthou EK was daar die HEEL tyd.
Want wanneer julle huil om geregtigheids onthalwe, soos MY Profeet nou doen,
word daardie trane in ʼn fles gesit. En elkeen se edelstene is anders, want net
EK ken die prys wat julle betaal. Maar moenie opgee nie! Moet julle nie ophou
nie! Want groot, groot, groot is julle belonings wat julle inwag in die Hemel.
En wanneer julle werk hier op aarde gedoen is, sal EK julle verwelkom en sê “Werk
welgedaan!”
EK het lief genoeg om te waarsku. En EK het dit gedoen vir baie jare. Lees die
Heilige Skrifte. EK IS dieselfde YAHUVEH wat beide seën en vervloek, verwond en
genees ( Dt 32:39). EK IS dieselfde YAHUVEH wat die dooies opwek. EK IS
dieselfde YAHUVEH wat of oordeel gee of redding. EK het nie verander nie. MY
SEUN YAHUSHUA het nie verander nie. Die LIEFLIKE RUACH HA KODESH het nie
verander nie. Die HEILIGE GEES oortuig. Dit is jou keuse of jy gehoorsaam.
Want ONS, Die HEILIGE DRIE-EENHEID het nie verander nie. Einde van Profesie
[Eindkommentaar op audioband:]
Elisheva: Hierdie Woord het voortgekom vandag op die Shabbat nadat ek wakker
geword het. Op my foon (smart phone) het ek verskillende ‘Bybel apps’ wat opkom,
gewoonlik neem ek tyd om te kyk wat dit sê. En voordat ek dit gesien het – het
ek ['n nuusblad] wat opkom en - ek het gekyk na die foto’s van die Filippyne en
ek het net begin huil. Ek het 'n moeder gesien met haar sterwende kind, haar
dooie kind in haar arms en verwoesting oral om haar.
Ons het begin bid oor hoe ABBA YAH diegene sou beskerm wat in die LAM se BOEK
van LEWE is: as hul nie beskerm was teen die verwoesting nie, dan weet ons hulle
is Hemel toe. Ek het in tale begin praat en hierdie Woord het voortgekom.
Mense moenie rondmors nie - moenie, moenie asseblief - hierdie is die HEILIGE
SKEPPER wat nie verander het nie. Die Woorde in die Heilige Skrifte het nie
verander nie. Net omdat hulle wette maak van hierdie aarde om ons SKEPPER uit te
tart, om die Skepping te bespot, om Heiligheid te bespot, moenie daarvoor val
nie. Want dit is satan wat boosheid regeer. En hy is ryk! ʼn Hollywood wat
hierdie bose leefwyses promoveer! Hierdie Miley Cyrus en die gruwel wat sy
geword het!
Tieners, moenie kyk na die Kardashians nie, die ‘Kar-trashians’ die ‘whore-trashians’.
Moenie na hulle kyk vir 'n voorbeeld nie. Dit is níé wat julle wil wees nie.
Want al wat hulle het is hel tot in alle ewigheid.
Ons SKEPPER sal nie bespot word nie. So gaan voort vyande ruk en skeur nog 'n
Profesie uitmekaar. Maar vir diegene wie se name geskryf is in Die LAM se BOEK
van LEWE en dié wat die SKEPPER se Stem gehoor het hierdie dag voortspreek deur
my, net ʼn nederige werktuig van klei, asseblief, asseblief, asseblief, neem
hierdie waarskuwing uit die Hemel ernstig op. Verwoesting kom, verwoesting is
hier. En dis net ʼn kwessie van tyd.
Dis net ʼn kwessie van tyd voordat ons Huis toe gaan. HalleluYAH, en ons werk
klaar is! En dit sal alles die moeite werd wees, my geliefde broers en susters.
Ongeag hoe ons vervolg was, ongeag wat ons moet deurgaan, dit sal alles die
moeite werd wees, as ons selfs net een siel bereik vir die Heerlikheid van
YAHUSHUA ons MASHIACH.
Hierdie is 9 November 2013. Die Woord het geëindig om 2 nm. Geliefde Filippyne,
geliefde Asië, ons het julle lief – ons broers en susters in YAHUSHUA wie se
name geskryf is in die LAM se Boek van Lewe!
“YAHUSHUA Demon Stompers”, die intersessie gebeds vegters, elkeen wat geseënd is
deur hierdie Heilige Bediening, lig hulle [wat gebed nodig het] asseblief op.
Maar ons weet dit - ons PAPPA het so gesê - die name wat geskryf is in die LAM
se Boek van Lewe is in die Palm van SY Hand. En niks in hierdie wêreld kan met
ons gebeur wat ons ABBA YAH nie toelaat vir SY EIE doel nie. En iets goeds moet
daaruit kom.
So wanneer julle na die nuus kyk soos ek gedoen het en julle sien die foto’s,
hoef julle nie uit te roep en te vra wat is die rede nie. Nou weet ons. Maar
fokus op al die wonderwerke wat ons GELIEFDE SKEPPER, SY Heilige Engele laat
doen en die beloftes wat HY gemaak het soos in Psalm 91. Einde van Bandopname
So is dit Gespreek, So is dit Geskryf,
onder die Salwing van die RUACH HA KODESH aan
Apostel Profeet Elisheva Eliyahu
Offensief vir meeste, en 'n seën vir ander, n Kind, Vegter,
Bruid van YAHUSHUA HA MASHIACH/’JESUS CHRISTUS’
Hierdie was die Skrifgedeeltes van my ‘Bybel app’ vir daardie dag:
Nahum 1:3
YAHUVEH is stadig om kwaad te word maar groot van krag, en nooit laat YAHUVEH
ongestraf bly nie. SY weg is in warrelwind en in storm, en wolke is die stof van
SY Voete. Jesaja 1:18
Kom nou en laat ons die saak uitmaak, sê YAHUVEH, al was julle sondes soos
skarlaken, dit sal wit word soos sneeu, al was dit rooi soos purper, dit sal
word soos wol.
* * * * * * *
‘n ‘Pun’ is ‘n speling met woorde waar dit twee of meer betekenisse kan hê.
Obama-Nation sinspeel op die engelse woord abomination. Hier verwys YAHUVEH na
die gruwel (abomination) van wette wat afgevaardig word in Amerika. (waar Obama
die president was) aanvaarding van homoseksualisme en dieselfde-geslag huwelike
as iets wat geduld behoort te word, terwyl dit as’t ware ‘n gruwel is. Beide
kere waar dit in die Profesie uitgespreek word is dit moeilik om presies te
onderskei of dit “abomination” of “Obama-Nation” is. YAHUVEH het begin om die
Nasie van Amerika as ‘n gruwel te sien vir hul onheiligheid onder Obama regering.
Elisheva huil terwyl YAH deur haar praat. Op Shabbat 16 November 2013, terwyl
die Profesie gelees was, het Elisheva ‘n visioen gehad. Sy het gesê: “Wow, ek
het nou net ‘n fles gesien. Dit is geensins soos iets op Aarde nie. Die fles
moes omtrent 6 voet hoog gewees het, so lank soos ‘n mens. “ Hierdie fles is
sekerlik haar fles met al die trane wat sy gestort het deur die jare. Ons glo
werklik dat dit Elisheva se fles was wat sy gesien het. (Psalm 56: 8) Awesome!