Profesie 127
Die RooiSee Oorgang Vir Amightywind Bediening: Elisheva Eliyahu se Eksodus & Ezra Verrys as Apostel
Geskryf/Gespreek onder die Salwing van die HEILIGE GEES (RUACH HA KODESH) Deur Apostel & Profeet Elisheva Eliyahu Ontvang 29 April 2016 – Laaste Dag van Peshag in Israel
Hierdie Profesie bevat die HEBREEUSE NAME van GOD:
YAH/YAHU is die HEILIGE , GEWYDE NAAM van GOD
soos in “Alleluia” of “Hallelu YAH”
Wat letterlik beteken: “Loof YAH”
YAHUVEH/YAHWEH GOD DIE VADER
YAHUSHUA/YAHSHUA GOD SE ENIG VERWEKTE SEUN
HA MASHIACH beteken ‘DIE MESSIAS’
ELOHIM beteken “GOD”
Die Openbaring van “SH’KHINYAH HEERLIKHEID’ – as die PERSOONLIKE NAAM
van die RUACH HA KODESH. In Afrikaans genoem “Die HEILIGE GEES”- is ook op
hierdie webwerf.
(Ha SH’KHINAH {SHEKINAH} is Hebreeus vir; GOD se BLYWENDE, GODDELIKE
TEENWOORDIGHEID)
Addisioneel; ABBA YAH beteken ‘VADER YAH”
En IMMA YAH beteken “MOEDER YAH’
Skrifaanhalings vanuit die Woord en Getuienis vertaling mits anders aangedui
* * * * * * * YAHUVEH se Woorde aan Elisheva wat bygevoeg moet word vooraan die
Profesieë:
EK het jou lank gelede gewaarsku Elisabeth [Elisheva],
om hierdie Bediening nie na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie,
Selfs nog voordat daar ‘n Bediening was, het EK dit in jou gees geplaas.
Want niks hiervan was deur jou eie toe doen nie,
Niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie.
Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee.
Dit is uit die Mond van YAHUSHUA,
jou MASHIACH geboorte gegee.
Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH,
Jou IMMAYAH geboorte gegee.
As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het.
Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID SE WIND
wat oor hierdie aarde waai, die HEILIGE WIND VAN HERLEWING.
Dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk het.
EK IS YAHWEH, dit is MY NAAM;
En MY EER sal EK aan geen ander gee,
Of ook MY LOF aan die gesnede beelde nie. Jesaja 42:8
(Profesie 105)
In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook gesê om die volgende by te voeg as ‘n
waarskuwing vir hulle wat spot:
Maar hulle het die Boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag,
En met SY Profete gespot, totdat die Gramskap van YAHWEH
teen SY Volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”
—2 Kronieke 36:16
* * * * * * * Hierdie Profesie was opgeneem deur middel van audio, hier is
die oorskrywing:
[Ezra blaas die shofar]
[Ezra]: Gaan voort.
[Seun se Gebed]:
GELIEFDE EN KOSBARE PAPPA YAHUVEH! Ons kom net voor U Troon in die MAGTIGE NAAM
VAN YAHUSHUA HA MASHIACH en bind en kruisig ons vlees – en bind die duiwel van
ons af weg, weg van hierdie tyd af – die owerhede, die magte en heersers van
duisternis in hoë plekke, die lae, die waters, die land- [ons bind hulle weg
van] die Internet verbindings, lugweë, tegnologie, alles ABBA YAHUVEH. Ons bind
en breek satan weg in die MAGTIGE NAAM VAN YAHUSHUA HA MASHIACH – en pleit die
gestorte BLOED VAN YAHUSHUA HA MASHIACH om ons te bedek en ons te vul: ons harte,
ons gedagtes, liggame, gees en ons siele [Heilige tale...]
En ons bind en bestraf jou satan in die NAAM VAN YAHUSHUA HA MASHIACH – en weg
van Mamma Rm en weg van hierdie hele Bediening, AmightyWind Bediening. ABBA
YAHUVEH. Want dit waai voort soos 'n MAGTIGE WIND oor die ganse wêreld.
En ons bid net dat U ons sal seën en ons salf met U Salwing. ABBA YAHUVEH lei
ons met U SHEKHINYAH [SHEKINAH] RUACH HA KODESH, HEILIGE GEES.
Ek bid, ABBA YAHUVEH, dat ons tonge gesalf sal wees met vuur, en ons lippe met U
Woorde – dit U Lewende Waters sal uitgiet HEMELSE VADER YAHUVEH, dat U met ons
praat en vir ons al die dinge sal wys wat U vir ons begeer om te sien. Open ons
oë sodat ons kan sien, geestelik, en open ons ore ABBA YAHUVEH sodat ons kan
hoor.
Laat daar geen koudheid of afkoeling wees op ons nie, ABBA YAHUVEH. Ek bid net
dat die Salwing van die RUACH HA KODESH op ons gesigte sal wees. Die enigste
koudheid, ABBA YAHUVEH, ‘n koudheid sal wees teen die duiwel, ʼn hardheid teen
sonde, ʼn haat vir alles wat boos is. ABBA YAHUVEH!
En hierdie verworpeling man wat ʼn mede-leier was eens op ‘n tyd van hierdie
Bediening maar nie meer is nie. Hy’t weggeloop van sy roeping af. Hy’t weggdraai,
ABBA YAHUVEH! En net so seker as wat Judas weggedraai het – en YAHUSHUA –
wanneer hy ookal weggedraai het was daar geen redding meer nie. Daar is geen
herinnering meer aan ʼn man se [vorige] regverdigheid wanneer hy sondig tot
goddeloosheid en wegdraai nie. Want dit is wat U Skrif sê ABBA YAHUVEH.
En ons bid dat U vir Mamma Rm sal salf en ons sal salf hierdie dag. En ons bind
en bestraf satan weg. En dank U dat U ons lei, ons beskerm en rig in YAHUSHUA HA
MASHIACH se NAAM, bid ons.
[Almal:] Amen
[Elisheva bid:] ABBA YAHUVEH ek kom net na U toe in die NAAM VAN YAHUSHUA. Ek
weet nie wat om te sê nie. Hierdies is die “YAHUSHUA demon stompers” Terwyl U
nou VADER — keer-op-keer — ek my mond oopmaak, en U vir my sê wat om te sê. Ek
het U nou nodig. Ek het U nou nodig. Vul my mond, ABBA YAH!
Profesie Begin:
29 April 2016 - Laaste Dag van Peshag in Israel
My liefling dogter Elisheva! Deel net jou hart. Want ‘YAHUSHUA’S demon stompers’
het jou hart gesien. Jy was daar vir ʼn ieder en ʼn elk – selfs al kon jy nie
fisies wees nie. Hulle het geen twyfel [dat] jy behoort aan MY nie. Hulle het
jou arms hulle voel omhels en jy het hulle jou voel omhels.
Want jy is meer as net ʼn Profeet. Jy is meer as net ʼn Pastoor. Jy is meer as net
ʼn Apostel. Jy is hulle moeder. Jy beraad hulle. Jy het hulle lief – anders as
enige pastoor op die aangesig van hierdie aarde. Dit is nie net alleenlik jou
liefde nie, dit is MY Liefde. Dit is die Liefde van YAHUSHUA. En dit is IMMAYAH
se Liefde. Hulle het selfs nie nodig om jou fisies te sien nie want hulle het
geen twyfel hoe lief jy hulle het nie.
Jy veg vir hulle in gebed, intreding – somtyds soveel as agt ure per dag, sou jy
en Kathrynyah bid- vegtend vir elke een . En nou verrys EK MY Ezra, wat ieder en
elk van hul gebede neem en dit aanbied voor die Troon. Hy het hulle ook lief.
Dis Waarom hy sê, “Ek benodig ‘n foto van hulle gesigte” om saam met die gebed
te gaan.
Ek neem hierdie Bediening in ʼn nuwe rigting. Ek gooi die verworpeling weg – maar
[reeds] was jy die enigste leier vir baie jare. Hy was nie altyd ʼn Jezebel nie,
maar toe hy gerebelleer het en alles gedoen het wat hy kon om hierdie Bediening
te vernietig: jou mond te snoer; profesieë te weerhou; jou meer misbruik elke
dag waar jy sou uitroep en sê: “Is hierdie die ‘beste’ wat U kan doen? Het U my
nie belowe ‘die beste in ʼn man’ waar ek ‘die slegste’ geken het nie?”
Dag na dag terwyl EK jou misbruik dopgehou het, dag na dag terwyl jou geloof
misbruik was – “Waar is U YAHUSHUA? Waar is die man om aan my sy te staan? Waar
is die vader wat U belowe het vir “YAHUSHUA’S demon stompers” ? Hulle gee vir
hom liefde en hy beantwoord dit nie!”
Instede probeer hy moeder en kinders verdeel – probeer om hulle te laat minag –
EK HET GENOEG GEHAD! Dis hoekom hy weggegaan het. EK het hom direk uit jou siel
geruk op 7 Maart.
Hierdie is wat jy weet.
Met sy eie mond het hy gesê hy het voorgegee, het voorgegee vir jare totdat hy
nie langer kon voorgee nie. En na veertien jaar, het hy by die deur uit gestap.
En EK het vir jou gesê Elisheva jy sou hom nie meer sien – in die posisie wat hy
gewoonlik was nie.
Maar selfs dít was ʼn illusie! Want hy was nooit daar nie! Dit het gehou vir sewe
jaar. En ieder en elke jaar het jy bedek. Want jy wou nie die geloof seermaak
van ander nie. Jy het die skande gevrees wat sou kom oor hierdie Bediening weer.
Maar Elisheva EK het YAHUSHUA na jou toe gestuur–terwyl jy uitgeroep het na die
YDS, keer-op-keer, het hulle hul moeder sien ly in gesondheid. Hulle het nie
geweet die een genaamd ‘Nikomia’ het–elke dag–oor jou dood gespreek nie. Nooit,
nooit ʼn gebed dat jy sou leef en nie sterf nie. Instede sou hy elke dag sê: “Ek
is verbaas jy lewe!” [gespreek deur Elisheva se trane]
Maar “terwille van die kleintjies” sê jy: ”Ek is die Pastoor. Ek moet die
kleintjies beskerm. Ek kan hulle nie vertel nie”
En hulle sou skryf en hulle sou sê: “Ma vertel ons wat is verkeerd” Maar instede
het jy al daardie pyn ingehou.
Ek het hom direk uit jou siel geruk! Toe hy MY NAAM gelaster het! EK het hom
direk uit jou siel geruk! Maar EK het jou nie alleen gelaat nie! Instede plaas
EK ʼn ander—die een wat EK eens “Caleb” genoem het want hy is nog steeds Caleb in
MY Oë.
Maar in 2007 terwyl jy gevra het vir gebede vir hom alles as gevolg van ʼn droom—het
EK daardie (gebede) gebruik. EK gebruik daardie droom. EK het daardie woorde
gebruik om die man na vore te roep genaamd Ezra, en hy het nog nie sy knie
gebuig tot MY nie. Dit is hoe kragtig hierdie Profesie [94] is.
Selfs jou tong was bekragtig met die naam Caleb! Hy spreek lewe oor jou en nie
dood nie. Verlede jaar, wou satan jou lewe neem—as gevolg van al die misbruik,
as gevolg van al die hopeloosheid—EK het “YAHUSHUA se demon stompers” opgerig
vir hierdie oomblik. Moet dit nie vreemd dink nie! Onthou Judas was nie altyd ʼn
judas nie. Jezebel het gedink [om] die oorwinning te gehad het— hy [eens genaamd
‘Niko’] het gedink hy het die oorwinning.
O! Maar EK het ʼn ander plan gehad! En dit is—het te doen met daardie Heilige
man: die een wat sy plek vat. En daar is nie een ding, Elisheva, wat EK nie sal
goedmaak nie.
Ek het vir jou gesê terwyl hy gedreig het om te gaan—keer-op-keer—het EK vir jou
gesê, EK sal nie meer enige Profesieë toelaat om verhinder te word nie. EK sou
MY Woorde voortspreek en vir jou Openbarings gee! Maar hy sou dreig en
intimideer en misbruik, so jy het net gesit op hulle.
Jy het gesê: “Ek kan nie deel met hierdie misbruik nie” En nou sê EK vir julle
om sy naam te reinig [suiwer] van elke bladsy af. Nou sê EK vir julle om sy naam
te reinig [suiwer] van elke Profesie af. Want dis geheel en al uitgewis. Net
soos hy is in ‘Die Boek van Uitgewistes’.
Hierdie is ʼn les. Indien jy nie vrug groei aan daardie wingerdstok nie en jy
neem jou redding as vanselfsprekend, sal satan inkom. As jy in rebellie kom en
sê: “Ek gaan net alles doen op my manier,” is jy in gevaar!
Nou sê EK vir julle hierdie. Noem hom nooit weer “Dad Niko” nie — julle wil nie
hê — hierdie gees kan op julle kom nie! Verbrand hierdie — die onheilige
siele-verbinding! Dit is wat EK julle beveel om te doen.
Instede is daar ʼn nuwe Heilige man, waar die ander Heiligheid verlaat het.
En sy naam is Ezra. En hy sal julle liefhê. Hy hét julle lief. En julle sal ʼn
nuwe leier hê wat staan aan Elisheva se sy wat julle kan vertrou, waarlik
vertrou. Want hy is ʼn man na MY Eie Hart. En Elisheva, EK het jou siel nie
alleen gelaat nie. Want hy het binne-in jou siel ingegaan. En selfs sy Heilige
tale omvou jou, bedek jou. Jy het nie enige iemand gehad nie buiten die
“YAHUSHUA’S demon stompers” jou seuns [as gebeds bedekking] — maar nou gee EK
vir jou ʼn Heilige man — en EK praat nie van die dogters nie. EK praat nou van
die mans.
En EK het sy siel gevat en verbind met joune. En met die Snydokters-hande en met
die Salwing wat MY Ezra het. Met goue draad uit die Hemel, bind EK julle twee
vas. En julle sal uitgaan en bedien regoor hierdie wêreld met ʼn nuwe Salwing en
met ʼn nuwe liefde.
EK neem hierdie Bediening in ʼn nuwe rigting — satan het gedink dat hy kon
vernietig. Maar nou sal die nuwe geboorte, die nuwe begin gaan waar hierdie
Bediening nog nooit gegaan het vantevore nie.
En julle nuwelinge, julle was nie daar by die begin nie. Julle was nie daar by
die “Youtube Oorlog“ nie. As julle daar was, sou julle gesien het hy het nie ʼn
vinger gelig het om MY Elisheva te help nie.
In plaas daarvan het hy probeer sê: “Moet haar nie verdedig nie. Moenie die
Bediening verdedig nie” — hy het probeer om almal stil te maak wat hierdie sou
doen—gepoog om Adam & Kathrynyah te draai teen haar.
Maar toe hy aan Adam & Kathrynyah geraak het was dit die laaste strooi. En ʼn
Oorlogskreet het voortgekom! En dit was gemik op hom! En dood en vernietiging is
wat hy gehoor het. En steeds het hy nie bekeer nie.
Hy het haar [Elisheva] gespot en gesê vir baie jare lank, “ek hou nie van jou
manier van bid nie. Ek wil nie saam met jou bid nie. Ek wil nie nagmaal hou saam
met jou nie. Ek wil glad nie nagmaal hou nie. Salwing is net ʼn vermorsing.”
Misbruik! Misbruik! Misbruik! EK ABBA YAHUVEH, YAHUSHUA & IMMAYAH kon nie langer
konstante uitroepe verdra tot MY nie. “Al wat ek ooit geken het was misbruik
deur ʼn man. Waar is ‘die beste’?”
Waar is die leier? Terwyl hierdie Bediening groei, kan Adam & Kathrynyah net
sóveel help, soos sy verduidelik. Waar is die leier om aan haar sy te staan?
Waar is die leier om vir Ezra te verwelkom! Waar is die leier om die nuwelinge
te verwelkom! Waar is die leier om te beraad en onderrig!
My Ezra het meer gedoen in hierdie kortstondige maand van April as wat hy [die
uitgewiste een] gedoen het in 14 jaar, net een maand. Net een maand. Verbeel jou
wat EK gaan doen. Verbeel jou wat EK gaan doen—terwyl EK hierdie twee Jode
bymekaar bring, en een is gebore in Israel—verbeel jou wat EK gaan doen. Verbeel
jou wat EK gaan doen.
En ieder en elk van julle, terwyl julle daardie onheilige siele-binding verbreek
met hom [die uitgewiste een] sal die Salwing, die Salwing, die Salwing afgee op
julle. Nie net van die nuwe vryheid waarin julle mamma sal wandel nie, maar die
nuwe vryheid waarin julle Pa Ezra wandel! Verbeel jou wat EK gaan doen wanneer
die leemte gevul is met die nuwe — ʼn nuwe begin, ʼn nuwe geboorte! En EK het
hierdie alles gedoen na 21 jaar.
O, kosbare “YAHUSHUA’S demon stompers” hoeveel behaag julle MY! Want baie van
julle wat MY Woorde sal hoor, julle sal nie eens verbaas wees nie. Julle was net
te bang om te praat. Julle het net nie verstaan nie — mens kon so ver val nie!—en
hoekom julle nie gehoor het van hom nie.
Nou weet julle. Nou weet julle. Nou weet julle.
Ek het hom selfs ‘Neeky’ genoem! EK het geweet hy sou MY verraai — keer-op-keer
in die Profesieë sou EK hom waarsku! Instede het hy net harder geword. Hy het by
die punt gekom waar hy nie sou luister nie. Hy het die lyn oorgesteek in
lastering.
En net soos hy MY net verdedig het in die Hemel vir so lank teen die oorlog met
lucifer [sien Profesie71] so ook moes dit herspeel, opgetree [en hervertolk]
word weer hier op hierdie aarde. Want almal werk hul eie redding uit met vrees
en bewing (Filippense 2:12). Jou siel ken reeds die besluit wat jy gemaak het.
En daar gaan ʼn nuwe Salwing wees en daar het begin om ʼn nuwe Salwing te wees op
MY Profeet, Apostel wat spreek. Daar sal ʼn nuwe gesondheid wees. Dit is reeds
die begin. Alles omdat sy nou ʼn Heilige man se gebeds-bedekking het wat glad nie
is soos enige ander nie.
En Elisheva het nie verstaan vanaf die eerste keer wat sy hierdie man gesien
het. Want EK het haar benader op ʼn ander manier en EK het humor gebruik daardie
dag. Sy het ʼn liefde gesien op hom — elke keer wat hy haar naam gesê het,
ongesiens, en tog het sy hierdie liefde gesien. En sy het vir MY gesê: “Wie is
hierdie man ? Kan hy moontlik ‘Calev’ wees [Caleb in Hebreeus]?” So EK het vir
haar teken op teken gegee. EK het Profesie na Profesie voortgespreek, wat
niemand van julle gehoor het nie. Mettertyd sal julle.
EK IS die ‘KOPPELAAR’ EK weet watter siele hoort. En vir julle wat die
sielsgenoot het en vrees, “Wat van my? Ek het ʼn sielsgenoot. Sal U my ook uitruk
uit hul siel?”
Nee, nee, nee MY kinders! Die enigste manier wat hierdie kan gebeur is as jy
draai teen MY ABBA YAHUVEH , YAHUSHUA & IMMAYAH want EK gaan nie die
verworpeling verenig met ʼn Heilige siel nie. EK sal dit uitruk wanneer hulle
daardie lyn oorsteek.
Maar julle hoef nie te vrees nie. Dit gaan nie hier gebeur nie. Instede wanneer
julle hierdie boodskap hoor—gaan julle jul Pastoor liewer hê, gaan julle hierdie
Profeet liewer hê, gaan julle jul mamma liewer hê.
En julle sal MY Ezra omhels. En julle gaan MY loof. Die een wat eens genoem was
‘Niko’, nou genaamd ‘Paul’ was vervang. En julle gaan MY loof! Terwyl hierdie
Salwing op hierdie man [Ezra] deelagtig word ook aan julle! Hierdie is wat EK
julle belowe!
Nou verbind EK julle saam met Ezra. Hierdie is julle geestelike vader. Hierdie
is die leier wat julle kan vertrou. Hy het nie gevra hiervoor nie. Maar EK het
vir hom gesê daar sou verrassings wees. En EK bind die Bediening saam [d.i. een
Bediening, Ezra & Elisheva is alreeds een gees].
Julle gaan wonderwerke sien gebeur. Want hierdie man is gesalf vir wonderwerke.
Selfs al klad EK die naam van ‘Nikomia’ uit — was dit net ʼn geestelike naam —
maar hierdie is [die] man, wat EK ‘Caleb’ noem. Hy is YAH se Helper. En hy is
gesalf wanneer hy bid, en wanneer hy daardie Staf oplig om die vyande weg te
jaag. Soos hy en Elisheva reeds bewys het wanneer hulle hul hande op daardie
Staf sit, het hulle die aandag van die Hemel. En die wonderwerke sal voortkom
soos in vandag, gaan hulle die RooiSee deur— soos in vandag, sê sy vir Paul: “Jy
maak my nie meer bang nie”
Hy het die tiendes en offerhande gesteel. Hy het haar afgepers. En EK sou nie
langer stilbly nie. Sy kan hierdie nie langer alleen dra nie — nou, ‘YAHUSHUA’S
demon stompers” rig EK julle op! En julle sal beskerm op ʼn manier wat julle nie
vantevore gedoen het nie.
Hoe anders kon julle wanneer julle nie geweet het nie? Nou weet julle. Almal is
verbied — sou hy [Paul voorheen ‘Niko’] skryf vir julle, moet julle dit nie lees
nie. Want demone is vasgeheg.
EK gee vir julle hierdie bevele. Wee enige iemand wat hierdie vertroue
verontagsaam en EK weet reeds wat EK geplaas het binne-in elkeen van julle.
Hoeveel jare het julle gebid vir Elisheva — julle sien EK verander selfs haar
naam.
Want sy het ʼn nuwe begin. Terselfdertyd vee EK die verworpeling weg, gee EK vir
haar ʼn nuwe naam met ʼn sterker Salwing wat sal groei elke dag.
Hoeveel keer het julle gebid, hoeveel Jerigo-marse — selfs vastend vir haar. Nou
weet julle. Nou weet julle. En nou kan EK genees. Want EK moes ontslae raak van
die oorsprong van haar pyn.
Hy het haar gedreig. En hy het gesê: “Dink jy nie die YDS sal nie weet nie? Dink
jy nie die vyande sal nie weet nie?”
En sy het uitgeroep en gesê: “Moenie die babas se geloof seermaak nie!” Sy het
die duiwel gebind en vir die duiwel gesê, [hy] was nie toegelaat om te praat nie.
En sy het die demone gebind. Tot haar verbasing, het hy GOD net gevloek met vuil
vloekwoorde. Hy het MY NAAM gevloek keer-op-keer! So EK het ʼn oorlogskreet in
haar mond gesit! ʼn Oorlogskreet ander as enige iets wat enige iemand ooit gehoor
het!
Sy was voor die Troon van die HEMEL en ek ABBA YAHUVEH & YAHUSHUA & IMMAYAH het
Woorde voortgespreek van Toorn. En hy sal vernietig word vir elke woord wat hy
sê!
Elisheva sê: “Maar wat van die mense wat aanhou om seëninge oor hom te bid? Want
U het gesê om ‘Niko’ te seën. Wat doen ek hiermee?” Toe het EK haar opnuut
verseker selfs dan — hoewel hy nog nie weggedraai het van MY af nie — het EK
geweet die tyd sou kom wanneer die seëninge sou verander in ʼn vervloeking.
Hoewel reg rondom hierdie wêreld [terwyl mense steeds seëninge bid oor hom],
totdat sy naam heeltemal uitgeklad is — is elke seën wat teenoor hom
uitgevaardig was nou ʼn vervloeking! Deuteronomium 28 lieg nie. En nou is hy
onder die vloeke van Deuteronomium 28! En dis net ʼn kwessie van tyd. EK gaan sy
lewe neem. En hy weet dat alles wat hy gehad, gegee was vir ʼn ander man. [Jer.
8:10 Daarom sal EK hulle vrouens gee aan ander, en hulle landerye aan
veroweraars]
Dit is waarom EK vir Elisheva gesê het om Ezra se gesig op die voorblad te sit!
Daar’s ʼn nuwe Salwing! Daar’s ʼn nuwe reiniging! Sy is nie langer gejuk aan die
verworpeling nie! Skree vandag vir oorwinning! EK seën julle vandag op ʼn nuwe
manier met ʼn nuwe begin, en gee vir julle die begeerte van julle hart om daardie
geestelike vader te hê. Hy sal lag saam met julle. Hy is nie onaantasbaar nie!
Jy hoor MY Ezra? Jy mag nie onaantasbaar wees nie. EK het vir jou daardie
blydskap gegee en daardie sin vir humor waar in die vervloë tye, jy gevrees het
wat ander sou sê. Want terwyl Elisheva ʼn voorbeeld was vir jou, sal diegene wat
haar liefhet haar altyd respekteer. En EK gee dieselfde seën vir jou.
Onhou Ezra, hulle is maar net babatjies. Gaan sagkens met die nuwe leringe wat
jy het. En as jy en Elisheva dogmatiese verskille het, onthou EK ABBA YAHUVEH,
sal altyd die laaste Woord hê. En julle ken MY Stem en dit is waarom MY Ezra ʼn
man is na MY Eie hart! Dis Profesieë — soveel privaat Profesieë, lei en rig die
voetstappe wat julle saam neem in eensgesindheid.
En Ezra jy bid net vir haar om vorentoe te gaan, om haar te dring om die beste
te wees — in alle maniere — jy bemoedig net waar sy ontmoedig was. Jy bid lewe
waar die ander dood gebid het. Jy bid oorwinning waar die ander neerlaag gebid
het. Jy sal haar nooit toelaat om op te gee nie. Jy sal selfs die woorde bewaak
wat sy sê [haar herinner]; “Geen negatiwiteit nie Elisheva!” Jy sal geduldig
wees met hierdie vrou wat net misbruik geken het. Jy sal geduldig wees met die
liefde wat EK gegee het vir jou.
Jy sal geduldig wees met “YAHUSHUA’S demon stompers” Jy sal onthou hulle het die
liefde nodig van ʼn geestelike vader.
Hierdie is die seën wat EK vir julle gee hierdie dag! Terwyl julle Die RooiSee
oorsteek! Hierdie is die Paasfees wat EK vir julle gee hierdie dag! Terwyl julle
Die RooiSee oorsteek! Maar sy steek dit nie alleen oor nie! EK rig “YAHUSHUA ‘S
demon stompers” op. En EK rig die een op — wat daardie Staf vashou — wat ʼn
Salwing het soos Moses.
En terwyl Elia en ʼn Moses - Eliyahu [& Moshe] — hand-aan-hand loop, die weg baan,
gaan julle hierdie Bediening ‘n wedergeboorte sien hê hierdie einste dag.
Elisheva & E[zra] het die geboorte pyne gely. Hulle liggaam — het letterlik die
pyn gevoel. En Ezra het geworstel met die duiwel en demone, terwyl die duiwel
probeer het om hom weg te jaag!
O maar hierdie is ʼn dag van oorwinning! Hierdie is die dag wat julle MY eer gee!
Kyk EK doen ‘n nuwe ding! Kyk EK doen ‘n nuwe ding!
Die tyd is so kort! Die tyd so kort! Die tyd is so kort! Daar sal geen
vertraging meer wees nie. Want beide daardie hande is op daardie Staf! Daar is
geen afstand in die GEES nie — EK het vir hulle tekens en wonders gegee — terwyl
hulle dit fisies gevoel het! MY Ezra neem hierdie ernstig op! Hy neem gebed
ernstig op! Elisheva neem gebed ernstig op!
“YAHUSHUA’S demon stompers’ julle moet gebed ernstig opneem! Geen sonde moet
toegelaat word nie. EK praat met “YAHUSHUA’S demon stompers” EK waarsku julle
nou. Geen sonde. Geen sonde. Geen sonde terwyl julle wandel in hierdie nuwe
begin nie. EK sê nie julle gaan perfek wees nie! Maar julle weet wat EK bedoel:
Geen moedswillige, rebelse sonde nie. Geen skrefies in die wapenrusting van Die
Borsplaat van Geregtigheid nie!
As jy hierdie doen, kom na die leierskap toe. Want hulle is genadig. Moenie
hierdie sonde toelaat om te groei nie! Vat ʼn les van die verworpeling. Moet MY
nie dwing om jou af te sny van die wingerdstok nie! Jy moet aanhou om te groei!
Jy wil Die Bruid wees van YAHUSHUA? Jy moet aanhou groei! Moenie jou redding as
vanselfsprekend neem nie. Nie een in “YAHUSHUA’S demon stompers” wat nie vir MY
behoort te werk nie. Want die oes is groot en die werkers is min.
Moenie dink dat jy net daar gaan sit en ʼn “YAHUSHUA’S demon stomper” genoem gaan
word en niks doen nie. EK verwag meer van julle en nie minder nie by hierdie
nuwe begin, by hierdie nuwe geboorte.
So Elisheva jy het nie die woorde geweet om te sê nie. En jy het gebid en jy het
gebid. En die Woorde het voortgekom. Dis omdat EK, ABBA YAHUVEH, die Woorde
Voortgespreek het! Dit is nie nodig om in te gaan oor hoe sleg die huwelik was
nie. Want in MY Oë was julle nooit getroud nie — in MY Oë is julle nie getroud
nie.
Jy is getroud met YAHUSHUA HA MASHIACH! Wanneer die duiwel probeer om jou aan te
kla en sê jy het geen reg om daardie Ezra lief te hê nie! Ezra jy het geen reg
om hierdie vrou lief te hê nie, sê EK vir julle daar is geen ‘huwelik’ nie net ʼn
waardelose stuk papier!
Wat tóé was, is nie meer nie!
Onthou die Heilige Egskeidings Dekreet [Profesie 111] EK het vir julle daardie
Profesie gegee vir hierdie vasgestelde tyd, hierdie vasgestelde doel! Laat
niemand julle aankla nie. EK het vir julle gesê dit moes wees. EK kan nie julle
altwee gebruik nie totdat die fondasie gebou was op die hoeksteen van vertroue
en liefde. So EK vertel hierdie geheim aan “YAHUSHUA’S demon stompers”
geprofeteer in 2005, deur die Heilige engel[e] — wat Elisheva gesien het. En EK
vertrou julle. EK vertrou julle. En EK weet wat EK gesit het binne-in elkeen van
julle. EK vertrou julle. En hierdie dag, het julle liefde net gegroei. Want
niemand! Niemand, geen iemand kon julle geloof wegneem nie! Geen man of — geen
vrou nie! Dit was alles gedoen by die Kruis!
Geen man, geen vrou het vir julle die geloof gegee nie en geen man of vrou kan
dit wegneem nie! Instede ken julle net die Woorde wat EK nou gesê het. Doen meer
vir MY en nie minder nie! Lig op die NAAM van YAHUSHUA! Laat die banier gesien
word! Verheerlik YAHUSHUA! Trek die siele na MY toe! Trek die siele na HOM toe!
Laat IMMAYAH se Salwing toe om te vloei — en mense sal nie verstaan — die nuwe
Salwing nie. Maar dis as gevolg van ʼn nuwe mantel van ʼn Heilige man wat EK
saamgebind het met hierdie Heilige vrou, wie julle kan vertrou!
Welgedaan! Welgedaan! Welgedaan! Welgedaan! Welgedaan! Welgedaan! Die Woorde is
klaar. EK het vir jou gesê gister dat EK ʼn Woord sou hê. En EK het dit
voortgespreek. En EK kan nie lieg nie. EK IS YAHUVEH! EK IS DIE SKEPPER! En wat
EK gespreek het hierdie dag het gebeur!
En die leierskap hier reg nou, julle is die eerste om te hoor ʼn groter Salwing
is op julle! En ʼn groter verantwoordelikheid om te lei en te rig! En staan aan
die leiers se sy! En soos julle Elisheva respekteer, beveel EK julle om Ezra te
respekteer!
Julle sien die Bruid van YAHUSHUA is anders as enige ander bruid. Daar is geen
vergelyking nie. Want julle sien julle wil meer hê en nie minder nie. Die vals
bruid probeer om te sê: “ek is die Bruid.” Maar dit is die gees, dit is die vrug
— wat julle sal toets. Julle sal weet of dit waarlik Jezebel is, wat die vals
bruid is — daar is geen Bruid, daar is geen Bruid buiten Openbaring 14 &7 nie —
[onthou dit] wanneer hulle probeer kom met ʼn ander lering. Hierdie is die Bruid
van YAHUSHUA en niemand kan vergelyk, wat EK gesit het binne-in elkeen van Die
Bruid van YAHUSHUA nie!
En EK ABBA YAHUVEH IS Die EEN wat MY SEUN laat weet “Hierdie is JOU Bruid. Gaan
kry JOU Bruid.” Maar almal van julle moet weet, julle is ʼn werk in vordering. EK
ABBA YAHUVEH sê pasop wêreld! Want ʼn nuwe begin het gebeur hierdie dag in
hierdie Amightywind Bediening! Pasop wêreld! Terwyl EK albei hulle hande op die
Staf sit! Want Elisheva was die eerste om dit te ontvang, maar sy moes wag vir
die ander helfte! EK sal geheime deel met julle, “YAHUSHUA’s demon stompers”
Want julle het die tekens, wonders en wonderwerke nodig om te glo, maar dit sal
wees in MY tydsberekening. En dit sal julle geloof help groei. Want EK weet wat
EK gesit het binne-in elkeen van julle.
Nou Elisheva gaan in vrede. Moenie langer bang wees, vir hierdie vyand nie. Want
hy kan nie enige iets doen wat Ek hom nie toelaat om te doen nie en selfs in die
doen daarvan, moet dit terugkom op ʼn manier goedgemaak vir jou om geseënd te
wees, vir almal om geseënd te wees, wie in MY voetspore wandel! Einde van Woord/ Opname
So is dit Gespreek, So is dit Geskryf,
onder die Salwing van die RUACH ha KODESH aan
Apostel, Profeet Elisheva Eliyahu
Offensief vir meeste, en 'n seën vir ander, ‘n Kind, Vegter,
Bruid van YAHUSHUA ha MASHIACH