Profesie 128
Shavu’ot Profesie 2016
Die Hemel Jubel Oor die Nuwe AmightyWind Nuwe Leierskap
Geskryf/Gespreek onder die Salwing van die RUACH HA KODESH Deur Apostel & Profeet Elisheva Eliyahu Shavu’ot/Pinkster 2016 – 12 Junie 2016
Hierdie Profesie bevat die HEBREEUSE NAME van GOD:
YAH/YAHU is GOD se HEILIGE, GEWYDE NAAM
soos in “Alleluia” of “Hallelu YAH,”
wat letterlik beteken, “Loof YAH”:
YAHUVEH/YAHWEH GOD DIE VADER;
YAHUSHUA/YAHSHUA GOD SE ENIG VERWEKTE SEUN-
HA MASHIACH beteken “DIE MESSIAS”; ELOHIEM beteken “GOD.”
Die Openbaring van “SH'KHINYAH HEERLIKHEID”
- as die PERSOONLIKE NAAM van die RUACH HA KODESH,
wat ook die “HEILIGE GEES” genoem word - is ook op hierdie webwerf.
(HA SH'KHINAH {SHEKINAH} is Hebreeus
vir GOD se BLYWENDE, GODDELIKE TEENWOORDIGHEID.)
Addisioneel, beteken ABBA YAH, “VADER YAH”
en IMMA YAH beteken “MOEDER YAH.”
* * * * * * *
YAHUVEH se Woorde aan Elisheva wat vooraan die Profesieë bygevoeg moet word:
EK het jou lank gelede gewaarsku Elisheva
om nie hierdie bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie.
Selfs nog voordat daar ‘n bediening was het EK dit in jou gees geplaas.
Want niks hiervan het deur jou hande tot stand gekom nie.
Niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie.
Dit is uit die Mond van YAHUVEH dat geboorte gegee was.
Dit is uit die Mond van YAHUSHUA
jou MASHIACH dat geboorte gegee was.
Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH,
jou IMMAYAH dat geboorte gegee was.
As dit net deur jou hand was, sou dit lankal misluk het.
Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID SE WIND
wat oor hierdie aarde waai, die HEILIGE WIND VAN HERLEWING.
Dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk het.
EK IS YAHWEH, dit is MY NAAM;
En MY EER sal ek aan geen ander gee,
Of ook MY LOF aan die gesnede beelde nie. (Jesaja 42:8)
(Profesie 105)
In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook gesê die volgende moet as waarskuwing bygevoeg
word vir diegene wat spot:
“Maar hulle het die Boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag
en met SY Profete gespot totdat die Gramskap van YAHWEH
teen SY Volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”
– 2 Kronieke 36:16
Wee oor enige een wat dit waag om hierdie twee gesalfdes seer te maak. Jy sal
spyt wees oor die dag wat jy ooit gebore was. Moenie MY gesalfdes aanraak nie,
en moet ook nie hierdie twee Profete probeer seermaak nie (sien Psalm 105:15; 1
Kron. 16:22). Dit sal beter vir jou wees as EK, ABBA YAHUVEH jou tong sou
uitskeur!
Die geveg het gewoed! Hierdie is nie net 'n gewone bediening nie! Dink julle nie
dat satan hierdie weet nie?—hy het sommige van sy top generaals verloor!—hy het
sommige van sy top opperbevelvoerders verloor!
Hierdie is nie net 'n bekendmaking van 'n manlike leier nie—hy [satan] moes veg
op twee verskillende fronte: hy moes Elisheva beveg op maniere wat sy nie weet
nie; hy moes diegene beveg wat hierdie wonderwerk moontlik gemaak het—die YDS
wat soveel liefde en werk en Salwing sit. En dit is hoekom EK alles geseën het
wat hulle aangeraak het.
Maar hy is 'n 'pri—' (“prins van hierdie wêreld,” Johannes 12:31; 14:30; 16:11)—satan
is ‘n prins en ‘n mag en ‘n owerste van die lug (Efesiërs 2:2), so die YDS moes
hom daar beveg. En dan is daar die 'Been van my Gebeente': dan is daar jy Ezra
en jy Elisheva wat EK so lank terug geprofeteer het— hoewel julle dit nie geweet
het nie.
En vandag is 'n dag van Oorwinning! Op hierdie Shavu'ot (Pinkster) is 'n dag van
Oorwinning! Want die “Goliat” sal val! en EK praat van meer as een Goliat!
Vandag is die Oorwinning! En dit sal erken word as sulks. En dit is nie net 'n
viering van een dag nie. Want vir so lank as AmigtyWind Bediening op die
internet is sal dit in herinnering wees van hierdie dag—vir een week—sal julle
feesvier!
Julle sal vir MY Eer & Heerlikheid gee! En almal wat hierdie Bediening beskou as
'n seën en almal wat die eenheid seën wat EK bymekaar gevoeg het hierdie dag —voor
die publiek, voor die wêreld—Ek sal hulle seën oorvloediglik!
Die salwing in beide van julle sal oorloop na elke Bedienaar, elke ondersteuner,
elkeen wat sê, “Hierdie Bediening is 'n seën en ek sal dit verdedig, selfs dit
verdedig in gebed”—MY oor is ingestel om te hoor!
EK vertel vir julle hierdie!
Die Hemel jubel! Die engele jubel! Want wanneer julle hierdie gedoen het—hierdie
dag—het julle die tyd verhaas [wat] YAHUSHUA HA MASHIACH sal kom vir SY Bruid.
En die draak kners sy tande in raserny (Openb. 12:7-9, 12) want hy kon nie stop
wat plaasgevind het vandag nie!
Dit is nie net 'n leierskap nie, dit is 'n liefde wat net kom uit die Hemel
daarbo: georden, vasgestel, gekose, “die volheid van die Salwing”, wat
geprofeteer was wat nooit gebeur het nie — totdat EK Ezra aan jou sy gebring
het. So jubel vir die Oorwinning!
Het EK julle nie gewaarsku nie, Ezra & Elisheva dat daar 'n oorlog was in die
Hemelse realm?—'n oorlog— terwyl legioene en legioene van engele-vegters uit die
Hemel moes afkom en veg.
Maar Ek sê vir julle hierdie. EK YAHUSHUA het daardie geveg gewen by die Kruis!
Hierdie was MY geveg. Want hierdie Bediening behoort nie aan 'n man of 'n vrou
nie. Hierdie Bediening behoort aan YAHUVEH, EK YAHUSHUA & IMMAYAH! Hierdie is
ONS Oorwinning. En nou deel ONS dit met julle. En miljoene en miljoene sal
bereik word!
Julle sal sien en die mense sal die nuwe Salwing bemerk in die Profesieë! Waar
die “Ringmaagd” alleen gestaan het sonder 'n manlike leier aan haar sy— nie
langer sal profeteer in gebondenheid nie, nie langer sal profeteer terwyl
misbruik nie.
Nou!—sal sy profeteer—in vryheid! Met 'n leier wat net liefhet en beskerm, wat
haar net sal aanmoedig om aan te hou vorentoe beur! Want altwee van hulle beur
vorentoe! Vir meer Salwing en nie minder nie.
So diegene wat na hierdie Bediening toe kom hierdie dag op Shavu’ot, EK sê vir
julle hierdie.
Moenie treur vir die een wat eens genaamd was 'Nikomia' nie! Word kwaad vir die
een wat eens genaamd was 'Nikomia'! Het julle Judas betreur? Moet dan nie treur
[oor] hierdie 'Judas' nie.
Instede jubel! Want EK het vir julle meer gegee! Nie net een Apostel nie, twee
Apostels! Nie net een Profeet nie, twee Profete! Nie net een nie! Nie net een
Pastoor nie, maar twee Senior Pastore! Nie net een Leraar nie, maar twee Leraars!
Nie net een Evangelis nie, maar twee Evangeliste!
EK YAHUVEH sê waar daar een leier was, altyd een leier was— dit was 'n illusie [dat]
daar ooit 'n manlike leier was!— gee EK nou vir julle 'n geseënde, gekose,
aangestelde manlike leier. En in eensgesindheid sal Ezra & Elisheva staan
sy-aan-sy, hand-aan-hand—sielsgenote—met 'n liefde wat hierdie wêreld nooit sal
verstaan nie. Want selfs hulle, skud hul koppe in verbasing.
En as julle daardie eerste video gesprek sien op 7 Maart 2016, sal julle sien
voor julle oë wat EK alreeds gedoen het. Julle sal sien hoe Elisheva gesê het sy
vertrou nie enige man baie maklik nie buiten hul seuns in die YDS en natuurlik
Adam. Maar julle sal sien dat EK dit voortgespreek het dat Ezra vertrou kan
word, vertrou behoort word.
Julle sal die sin vir humor sien. Julle sal die gelag hoor. Julle sal die liefde
sien. Julle sal die Salwing sien. Julle sal die lering hoor—waar Elisheva selfs
geëerd voel en nooit moeg raak om hom te hoor onderrig nie—waar geen man, geen
man, geen man nog ooit gegaan het voorheen nie. Want EK sou dit nie toelaat nie.
Dit was vir hierdie vasgestelde en bepaalde tyd.
Elisheva kon hierdie man vertrou, kon leer van hierdie man. En omdat sy vertrou,
kan die gemeente vertrou.
Julle ken MY Stem—diegene wat geluister het na die Profesieë en geglo het—so
julle weet dit is EK, YAHUVEH nou wat praat! Jubel!
Jubel want al hierdie is vir een doel. Om vir YAHUSHUA alle Lof, Eer &
Heerlikheid te bring terwyl HY siele trek en vir hulle wys hoe lief HY hulle
het! HY was bereid om die PRYS te betaal by Golgota want HY het lief op 'n
manier wat niemand kan verstaan nie en HY vergewe so ver as wat die ooste is van
die weste (Ps 103:12)! Bekeer net. Hierdie Bediening lig die NAAM op VAN
YAHUSHUA en dit trek wél mans en vroue nader. (Joh. 12:32)
Maar EK sê vir julle hierdie!
Diegene wie se name geskryf is in die Lam se Boek van Lewe— geeneen sal ontken
dat hierdie Bediening MY YAHUVEH, YAHUSHUA & IMMAYAH verheerlik nie.
En wee vir diegene wat getrek word na hierdie Bediening toe vir die doel van
satan om hulle te gebruik om te probeer om hierdie man en vrou te vernietig.
Hierdie Bediening het gekom onder wreedaardige aanval. Maar nou is die tyd! Die
500,000 versamelde vegters rondom hierdie wêreld—wanneer hulle hierdie Waarhede
hoor—gaan terugveg! Want daar is krag in getalle!
So Bruid van YAHUSHUA hierdie dag, gee EK, YAHUVEH, vir julle 'n seën—en terwyl
julle hierdie man en hierdie vrou seën, die leiers wat EK aangestel het, terwyl
julle al die Bedienaars seën, terwyl julle die “YAHUSHUA’S demon stompers” seën,
terwyl julle die ondersteuners seën— sê EK vir julle hierdie. Seëninge sal kom
oor julle.
Vir diegene wat wil haat, diegene wat 'n verworpeling [gees/gedagtes] het, julle
was net hierheen getrek vir julle eie oordeel en julle verdoeming vir MY YAHUVEH
se Toorn & Drif! Julle was gewaarsku. Julle was gewaarsku. Dis beter jy bedek
jou mond en hardloop van die Internet af. Want julle was gewaarsku.
En EK seën ieder en elkeen in die YDS wat hulle liefde en hulle werk gegiet het
in elke video. En EK seën oorvloediglik die web bestuurders.
En EK sê vir julle hierdie. Julle kan die ganse internet deursoek en julle sal
nie 'n meer gesalfde Bediening vind nie! Julle sal nie 'n mooier — mooier video
vind nie. “Mooier”, Want EK het vir haar gesê lank gelede jy moet hierdie
Eindtyd generasie vermaak sowel as inlig.
Een en twintig jaar gelede was niks hiervan moontlik nie! Aanskou Nou die
mooiste webwerf wat EK gesalfde hande gebruik om voort te bring!
Hierdie is 'n geveg soos geen ander, op die Internet nie! Maar EK, ABBA YAHUVEH
julle ABBA YAHUVEH, belowe julle hierdie. Julle wen! Net so seker as David vir
Goliat geslag het, net so seker as Daniël gered was in die Leeukuil, net so
seker as Jona uitgekom het uit die mond van die maag van die walvis — net so
seker as EK Verlossing gebring het hierdie dag.
En die engel-vegters en Aartsengel Michael & Gabriël en soveel ander—EK sê vir
julle hierdie—hulle sal aanhou om oorlog te maak om julle onthalwe!
Hierdie dag trek EK die tande uit van die brullende leeu wat probeer het om te
verslind!
En die laaste ding wat EK YAHUVEH sê: enige iemand wat nie hou van die
verandering in die nuwe manlike leierskap nie?—alhoewel jy hom nooit eens geken
het nie [eens genaamd 'Niko']—JY NEEM DIT NA MY TOE! Jy neem dit na MY toe in
gebed!
Ek daag jou uit om te kla! Want jy het die waarheid gesien hier. Jy neem dit na
MY toe. Jy argumenteer met MY! Jy argumenteer jou saak voor YAHUSHUA MASHIACH
—EK YAHUVEH sê, EK daag jou uit.
EK daag jou uit.
So vyande van hierdie Bediening julle beter wegspring al hardlopende!
Want daar’s 'n man hier wat nie geïntimideer sal word nie, wat nie sal verraai
nie, wat nie lui is nie, wat ten volle gesalf is— terwyl die twee Salwings een
geword het—julle beter wegspring hardlopende! Vyande, in sewe verskillende
maniere! Want die Staf van MY Toorn sal neerkom op julle hierdie dag!
Julle beter tweekeer dink! Want Deuteronomium 28, die vloeke, sal gelê word op
julle wat EK YAHUVEH geskryf het—as julle een woord opper, een woord skryf,
beswadder, hoon, probeer om te besmet—het julle nie die toorn van 'n vrou of 'n
man nie, en julle sal hê en julle sal die einste ASEM voel VAN EK YAHUVEH wat
julle sal wegblaas soos kaf in die wind!
EK sal nie duld wat gedoen was vorige jare nie.
Aan elke vyand wat hierdie gedoen het, jy gaan antwoord daarvoor. Want jy het
net jou weg bewerk na benede tot die vlak van die hel met die woorde van jou
mond.
En vir elkeen wat die leuens geglo het en tog beweer hulle is MYNE —beweer hulle
is bloed gewas deur die BLOED VAN YAHUSHUA en tog het jy die leuen herhaal en jy
het “die leuen geglo”, (2 Tess 2:11), jy beter eerder vinnig bekeer of weet
hierdie: Ek gaan jou aanspreeklik hou vir elke woord wat jy gespreek het, elke
woord wat jy geskryf het en elke leuen wat jy glo —wanneer jy kom voor die
Regterstoel.
En aan die verdedigers, aan daardie ondersteuners, bemoedigers—EK YAHUVEH sê
hierdie vir julle. Dankie. Julle sal beloon word. Want julle het die Stem gehoor
van EK YAHUVEH, die Stem van YAHUSHUA & IMMAYAH. Julle kon die Salwing voel. En
julle baai in daardie Salwing. En julle jubel in daardie Salwing. En julle het
bekeer as gevolg van daardie Salwing. En groot is julle belonings terwyl julle
aanhou om so te doen.
Want niemand in die Bruid van YAHUSHUA sal ooit klippe gooi na hierdie Profeet [Elisheva]
toe nie en nou ook hierdie nuwe Profeet [Ezra]. Niemand in die Bruid van
YAHUSHUA sal probeer om MY kleintjies seer te maak nie.
En dit was die gebede van die regverdiges wat so baie vermag het (Jakobus 5:16),
rondom hierdie wêreld, die gebede van die “YAHUSHUA’S demon stompers” wat so
baie vemag het—dit is die oorlog deur die engel-vegters—wat hierdie Oorwinning
gewen het. En dit is alles as gevolg van die GESTORTE BLOED VAN YAHUSHUA wat
gestort was vir julle by Golgota! Einde van die Woord
Elisheva: Oh boy, wow! Loof YAHUSHUA!
[Kathrynyah ook vaagweg gehoor in die agtergrond: Amen, loof U ABBA YAHUVEH,
YAHUSHUA, IMMAYAH...!]
Ezra: O loof ABBA YAHUVEH! Loof U YAHUSHUA! Loof U RUACH HA KODESH! DANK U! DANK
U ABBA vir hierdie Oorwinning—vir hierdie—oorlog te wen en al die dinge wat U
gedoen het om ons onthalwe.
Kathrynyah: Amen.
Ezra: Ons dank U ABBA YAHUVEH! Ons seën U! Ons verheerlik en ons sal jubel vir
die volle 7 dae soos U ons beveel het om te doen. Om te geniet en jubel!
[Elisheva lag vrolik]
Ezra: Want die Oorwinning is ons s’n! Die Oorwinning is U s’n! U het geveg om
ons onthalwe—terwyl ons lofsange sing tot U NAAM VADER. Hoe wonderlik is U! Hoe
groot is U NAAM! Hoe groot is U NAAM (Sag 14:9)!
Elisheva: Amen! Amen! Amen!
Ezra: Amen en amen!
Einde van Opname
So is dit gespreek, so is dit geskryf in die Naam van YAHUSHUA,
12 Junie 2016
Apostel, Profeet Elisheva Eliyahu