Profesie 148
YAHUSHUA HA MASHIACH SE BLOED is vir Jou! Een Minuut tot Middernag
Gespreek onder die Salwing van die RUACH HA KODESH
Deur Apostel, Profeet Elisheva Eliyahu
Ontvang 19 Oktober — Vrygestel 27 November 2019
Hieronder is die Profesie soos dit voortgekom het
—met Profeet Elisheva se “Heilige tale,” soos GOD SE GEES uiting gee (Hand
2:3-4) van hemelse of aardse tale (1 Ko 13:1). Elisheva spreek voort in tale wat
Profesie bring (1 Ko 14:6). Ons gebruik die HEBREEUSE NAME van GOD:
YAH/YAHU is die HEILIGE, GEWYDE NAAM van GOD soos in “Alleluia” of “Hallelu YAH”
Wat letterlik beteken: “Prys YAH,” YAHUVEH/YAHWEH, GOD DIE VADER
YAHUSHUA/YAHSHUA, GOD SE ENIGSTE GEBORE SEUN (HA MASHIACH beteken Die MESSIAS;
ELOHIM beteken GOD. Die Openbaring van “SH’KHINYAH GLORY” – as die PERSOONLIKE
NAAM van die RUACH HA KODESH (In Afrikaans genoem “Die HEILIGE GEES”)-is ook op
hierdie webwerf. (HA SH’KHINAH {SHEKINAH} is Hebreeus vir GOD VERTOEF, HEILIGE
TEENWOORDIGHEID)
Addisioneel, ABBA YAH beteken “VADER YAH” en IMMAYAH beteken “MOEDER YAH.” In
Hebreeus is die GEES VAN GOD vroulik, verwys na as “SY,” en word so vervat in
die Profesie en Skriftuurlike voetnotas onder-aan. Alle direkte verwysings na
GOD is hoofletters.
(Skrifaanhalings vanuit: Woord en Getuienis bybel vertaling, behalwe wanneer
anders aangedui)
* * * * * * *
YAHUVEH se Waarskuwing voor die Profesieë:
Elisabeth (Elisheva) EK het jou lank gelede gewaarsku om nie hierdie Bediening
na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK
het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks
hiervan het uit jou mond voortgekom nie.
Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA
jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou
IMMAYAH geboorte gegee.
As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het.
Dit is deur die SHKHINYAH GLORIE se WIND wat oor hierdie aarde waai, die Heilige
Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk het.
“EK IS YAHVEH, dit is MY NAAM; en MY EER sal EK aan geen ander gee, of ook MY
LOF aan die gesnede beelde nie”. (Jes 42:8)
In Julie 2010, het YAHUVEH GOD gesê hierdie moet bygevoeg word om hulle te
waarsku wie spot:
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY
Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat
daar geen genesing meer was nie.” 2 Kronieke 36:16
Profesie 148
Hierdie was opgeneem deur bandopnemer. Hier is die oorskrywing.
Elisheva: Hierdie prent wat julle sien is die een en enigste, oorspronklike olie
skildery wat ek gesien het in ‘n visioen. Profesie Begin:
YAHUSHUA SE Trane van BLOED wat HY ween—HY ween vir Israel; HY ween vir diegene
wie sê hulle is SYNE, en tog sal HY vir hulle sê, ‘Gaan weg van MY, julle
werkers van ongeregtigheid, want EK het julle nooit geken nie’ (Mt 7:23). HY
ween vir wat gedoen moet word in die Groot Verdrukking! HY ween Trane van BLOED.
En julle sien die Heilige engele, Aartsengel Michael—hy kom op daar met sy
swaard om oorlog te maak.
Elisheva: Sien julle die prent agter dit? Alles daar het ek gesien in ‘n visoen,
en selfs die horlosie daar. O! Dis sekondes voor die middernag uur. YAHUSHUA kom
in die middernag uur. En laat NIEMAND jou vertel dat dit op ‘n sekere datum gaan
wees nie.
Want YAHUSHUA SELF—die VADER het HOM nog nie vertel om die Bruid te gaan haal
nie. Ons ken die seisoen (Mk 13:28-29; 1 Th 5:2-4; Rev 3:3) omdat dit [ook] in
‘n Profesie was [76]. Profesie Gaan voort:
En selfs die Jode weet—en hulle vier Rosh HaShanah. En Rosh HaShanah is die
datum van Skepping. Leer die Heilige feeste te ken. Maar pasop! Bly weg van
enigiets anders as die bybelse Skrifte, bly weg! Behalwe as jy weet daardie
sogenaamde “Verlore Boeke” is waarlik gerugsteun deur Skrif.
Elisheva: En jy kan hulle vertrou wat by AmightyWind.com is. Want ek het hulle
gelees en jy kan 1 Enoch en 2 Enoch vertrou, maar [sogenaamde] “3 Enoch” is
reguit vanaf die duiwel.
Moenie ‘n woord glo wat in die boek is wat normaalweg “3 Enoch” genoem is nie!
Moenie enigeen toelaat om dit aan jou te leer nie! En moet NOOIT dink dat jy ‘n
god is nie! Ons is—wie gered is deur die NAAM & BLOED VAN YAHUSHUA—die Bybel sê
dat ons skaars gered is (1 Pt 4:18). En watter kans het enigeen, wie nie die
BLOED VAN YAHUSHUA het nie? Hulle skoon te was! Met SY HEILIGE SUIWER BLOED
OFFER wat ABBA YAHUVEH genoem [het] DIE PERFEKTE OPOFFERENDE LAM! Profesie Gaan Voort:
Want sonder die storting van bloed, is daar geen vergifnis van sonde nie (Heb
9:22; Lv 17:11).
O Israel, waar is jou bloed offer? Daardie is in ‘n profesie [63]. O Israel! Die
een wie sal kom, en sit in daardie Derde Tempel, sal die seun van satan wees.
Neem ‘n waarskuwing. Neem nou ‘n waarskuwing mense!
Moet nooit die merk van die dier aanvaar nie!
YAHUSHUA ween! HY ween vir al die lafaards wie dit gaan doen [daardie merk gaan
aanvaar], maar julle name is nie geskryf gevind in die LAM SE Boek van Lewe nie.
Want YAHUSHUA sê HY kan nie een verloor nie. HY sal die 99 regverdiges los—wie
SY gebooie volg, HOM aanbid—om te gaan en te soek vir daardie klein verlore
swart lammetjie wat weggedwaal het (Lk 15:3-7). Julle hou aan om te dwaal in die
weiveld van die duiwel. Julle hou aan gaan na die wolwe se lêplek.
Elisheva: En nou waag jy dit om jouself ‘n god te noem? Hierdie is kabbalah,
waarvan ek nou praat.
Pasop! Paspop vir hierdie donker mistiek! Wees versigtig vir enigeen wie jou
vertel daar is enige ander god as DIE HEILIGE DRIE EENHEID wat ek nou net genoem
het. Hierdie is in die Heilige Skrifte. Hierdie is in die Tanakh. Hierdie is in
die Torah. En natuurlik, is dit in die Nuwe Testament. Dit is oral deur die
Heilige Skrifte. O mense!
Ek weet miljoene het na YAHUSHUA toe gekom, (omdat HY vir my vertel het, om
geboorte te gee aan hierdie Bediening aanlyn, meer as 25 jaar gelede) […] Ani
ohevet—! Ani ohevet—! Aan almal wie hierdie Bediening aanvaar en vir my en
diegene wat my help arbei in hierdie oesland, om siele na YAHUSHUA te bring,
sodat ons—mekaar kan ontmoet—in die Hemel!
Meer as dit. Dis vir die redding van jou siel, maar onthou net, vir diegene wat
in die Hemel kom, skree my naam uit, ek sal aangehardloop kom. Ek sal jou die
grootste drukkie gee en ons sal verheug wees. Ons sal verheug wees want die werk
op aarde was uiteindelik klaar en ons sal verheug wees vir alle ewigheid! Vir
die PRYS wat YAHUSHUA HA MASHIACH gegee het met SY EIE LEWE!
HY was gemartel in ons plek. HY was gekruisig in ons plek. En YAHUSHUA het my ‘n
openbaring gegee. Dis in ‘n Profesie wat binnekort gaan kom. En in daardie 3 ure
wat HY so verskriklik gely het (en HY was gespot en op gespoeg, en asyn was vir
HOM aangebied vir sy Lippe toe HY dors was), het HY elke naam gesien voor sy oë
verby flits wat ek nie eens kan beskryf nie—want slegs GOD SELF kon dit doen;
slegs YAHUSHUA SELF kon dit doen—maar elke naam wat geskryf is in die LAMB SE
Boek van Lewe. Profesie Gaan Voort:
Hierdie BLOED is vir jou! Hierdie BLOED is vir jou! Hierdie BLOED is vir jou! En
vir elkeen wie dit verwerp het, HY HET jou gesien in die Boek van die Verdoemdes
en die Boek van die Uitgewistes, geweet dat nie eens die OFFER wat HY gegee het
sou waardeer geword het nie. Inteendeel SY NAAM sou verdoem gewees het [d.i.
vervloek] of hulle sal hulself ‘n “god” noem, of hulle sou YAHUSHUA ontken en
HOM net gebruik as —vir ‘n vloekwoord.
Daardie prent daar, “One Minute to Midnight”—YAHUSHUA ween Trane van BLOED soos
HY gedoen het in die Tuin van Gethsemane (Lk 22:44). Onthou jy dit? Dit is wat
hierdie prent verteenwoordig.
Elisheva: Wanneer jy ‘n kopie daarvan sien op—my verworpene vyande [van die]
muur van skaamte—en jy sien dit op hulle webwerf of op hulle YouTube kanaal:
Hulle het nie my toestemming om die prent van IMMAYAH te gebruik nie; hulle het
nie my toestemming om die “One Minute to Midnight” skildery te gebruik nie.
Hierdie wys dat die duiwel kom om te steel, dood te maak en te verwoes (Jn
10:10). En wanneer jy die prent sien as dat hulle nie deel is van AmightyWind
Bediening nie, en hulle is my vyand en die vyand van alles wat Heilig is—en
slegs die Heiliges is deel van AmightyWind Bediening—sal jy weet dat hulle
misleiers is, hulle is ‘n misleier.
Hulle probeer voorgee dat hulle Heilig is, en hulle is NIE. Julle kan alreeds
gaan na die verworpenes se muur van skaamte. [Sien dit by AmightyWind.com.] En
weet net dit. Hulle doen net wat ek gesê het, om die skape en lammers te verwar:
“O ek het daardie prent tevore gesien—o, hierdie mense, hulle moet Christen wees…”
Wel hulle het eenmaal “doeke verlossing” gehad, maar dit was nie goed genoeg nie.
Hulle het hul lewens vir satan gegee en hulle het hulle siele vir satan gegee,
en die bewys daarvan is op die “Verworpenes se Muur van Skaamte.” En weereens… Profesie Gaan Voort:
YAHUSHUA SELF het gesê mense wil alleenlik onderrig oor SY liefde, SY genade, SY
vergifnis, SY helende krag, opstandings krag, vergewens krag, maar almal wil
vergeet, HY het meer oor die hel gewaarsku as wat hy oor die Hemel gepraat het,
en hoeveel wil onthou, “Pasop vir die toorn van die LAM!” [Profesie 129]? HY het
op die druiwe, onder SY Voete getrap (Op 19:15).
Elisheva: En net onlangs in ‘n Profesie (nog nie eens vrygestel nie). HY het my
vertel… Profesie Gaan Voort:
Daardie is die vrot vrugte, die vrot druiwe. Daardie wie eenmaal die goedheid
gesmaak het (in Hebreërs 6 [v5]), en nou noem hulle hulself ‘n ‘god’—dit is soos
om vir YAHUSHUA weer oor te kruisig (Heb 6:6).
Jy kan nie ‘n verworpene terugbring tot bekering nie (Heb 6:4-6). Met hulle
woorde, met hulle mond, mag hulle dit wat Skrif is praat (Mt 15:8), maar hulle
harte behoort nie aan YAHUSHUA nie.
Elisheva: Ek moes al hierdie sê, omdat… Wanneer jy na daardie prent kyk, sien jy
daardie klein engele daar? Daar is klein engele ook daar—daar is alle
verskillende soorte engele in die Hemel, maar Aartsengel Michael is die hoof een
wat Israel beskerm, en die hoof een wat ek gesien het, fisies die vlerk geraak
het (wat in ‘n ander getuienis is), in 2005, van Aartsengel Michael. Profesie Gaan Voort:
Hy beskerm hierdie Bediening. Hy maak oorlog teen die vyande van hierdie
Bediening. En YAHUSHUA is die EEN WIE hom stuur. Dit is waarom Israel altyd daar
sal wees. En selfs die Nuwe Jerusalem wat vanuit die Hemel sal voortkom (Rv
21:2) sal in Israel wees.
O Israel, daar is ‘n waarskuwing. Die Groot Verdrukking kom. Dis julle wie
daardie Derde Tempel sal bou en julle wie die seun van satan sal toelaat om op
daardie troon te sit, totdat hy ‘n gruwel gaan doen wat nie eens—julle sal jul
gesig in skaamte wegsteek.
Elisheva: Ek weet wat daardie gruwel van gruwels is. Weereens, dis in ‘n
Profesie wat nog nie vrygestel is nie omdat ek so agter is met Profesieë— maar
loof YAHUSHUA, dit sal vrygestel word in SY tyd. Profesie Gaan Voort:
So weereens, wanneer jy hierdie prent sien [van hierdie skildery], as jy nie
weet dat hulle deel is van AmightyWind Bediening nie, besef dan net dit, hulle
is van die duiwel, daarop uit om jou te mislei. En dit geld vir daardie prent
van IMMAYAH ook. […]
Elisheva: Hierdie prent is ‘n olie skildery. Dit was nog altyd by my. O so baie
jare! Dit is ‘n werklike visioen wat ek gehad het [terwyl] op die foon, net
besig om op die foon te bid. Dit was ‘n ope visioen. YAHUSHUA HA MASHIACH seën
al daardie wie YAHUSHUA HA MASHIACH aanbid in GEES en in waarheid; en strewe om
HOM te gehoorsaam, en sal bekeer van hulle sondes—nie net in woorde nie, maar in
dade. Shalom.
Gelukkige Sukkot! En gelukkige verjaardag GELIEFDE YAHUSHUA!—toe U gebore was op
hierdie aarde gedurende hierdie tyd van Sukkot en hierdie word ook genoem die
Fees van Hutte. En ek wil aan jou verduidelik—soos hulle daardie tydelike
tabernakel opgerig het—in die Ou Testament, die Ou Bloed Verbond, soos ek gesê
het, dit was net ‘n skaduwee van wat sou gebeur, toe YAHUSHUA gesê het, “Dit is
volbring” (Jn 19:30).
Hierdie liggame van ons is die tydelike tabernakels op hierdie oomblik (2 Kor
5:1) en hulle wag om daardie verheerlikte liggame aan te trek (2 Kor 5:2-5). Profesie Gaan Voort:
Verstaan jy? Wanneer jy die Ou Bloed Verbond lees, onthou YAHUSHUA het gesê dat
HY nie gekom het om die Wet en die Profete te kanselleer nie, HY het gekom om
hulle te vervul (Mt 5:17). HY het gekom om te sê, EK het gegee—EK gee vir jou ‘n
beter weg. En HY het gesê, “Dit is volbring” (Jn 19:30). En toe HY gesê het, “Dit
is volbring,” was dit volbring. Daar is nie meer offers (Heb 10:1-10). Daar is
nie meer brand offers wat vir YAHUVEH sal tevrede stel nie (Heb 10:1-10). Want
Moshe het daaroor gewaarsku (Dt 18:15-19)—Moses het gewaarsku. Daardie is Moshe
se naam [Moses in Hebreeus]. Hy het gewaarsku.
YAHUVEH het gesê geen meer diere offers sal bedekking wees vir enige sondes nie
(1 Sa 15:22; Ps 40:6; Spr 15:8 & 21:3; Jes 1:10-12; Jer 6:20; Hos 6:6). En Moshe
het gewaarsku, dat daar ‘n NUWE BLOED VERBOND was wat kom (Dt 30:1-2, 6)! Om die
sondes weg te was!
En dit is YAHUSHUA DIE HOOGSTE VAN DIE HOE—PRIESTER—IN DIE ORDE VAN MELCHIZEDEK
(Heb 5:6; 10; 6:20; 7:11, 15-17) omdat HY is & HY was ‘Melchizedek’ (Heb 7:3)
[in Hebreeus, MALKI ZEDEK, MY KONING VAN GEREGTIGHEID (Gn 14:18)]. En moenie dat
enigiemand anders jou iets anders vertel nie.
Asseblief mense. Studeer en bewys jouself goedgekeur (2 Tim 2:15). Bly nederig
en wandel in nederigheid, en bid dat nie jy nie mislei sal word nie.
Elisheva: Want daardie wie ons eens gedink het ons kon vertrou, kan ons nie meer
nie. Hulle het afgedwaal. Hulle noem… ‘n demoon, “godin”—”Urea.” Profesie Gaan Voort:
Kan jy jou indink? Weet jy wat gaan gebeur? As hulle aanhou om daardie leuen te
glo?! Om die RUACH HA KODESH/HEILIGE GEES te spot? Met die naam “Urine”? En sê
daardie is HAAR “dogter” in die Hemel? YAHUSHUA SE “suster”? Daardie is wat hang
op die “Verworpenes se Muur van Skaamte” en elke naam is daar, [maar] net meer
gaan bygevoeg word. Daardie is hulle wie ABBA YAHUVEH gesê het sal ontvlam in
spontane verbranding, met een uitsondering—en daardie man se naam was Erez [Ezra
Caleb], alhoewel ABBA YAH hom nie meer op daardie name noem nie—net Erez. Hy’s
een toon weg van die hel. Een toon.
Elisheva: En tog het ek almal gevra om aan te hou bid dat hy uit hierdie uitkom,
dat hy uit ooreenkoms kom en hy besef, dat een wie hy dink ‘daardie’ is’n
vrou—vermom as ‘n vrou—is eintlik besig om die demoon-godin “Urea” toe te laat
om haar te gebruik as ‘n medium vir kommunikasie (channeling). Wat ek gespot
het, spot ek nie meer nie. Dit is waarlik ‘n demoon-godin. En daardie man
luister—hy weet nou—ek kan nie stilbly nie. My siel is steeds lief vir hom,
omdat YAHUSHUA hom liefhet. Dit is nie my liefde [wat] aangehou het om vir hom
te veg nie. Dis ABBA YAHUVEH & YAHUSHUA & DIE RUACH HA KODESH! Profesie Gaan Voort:
En YAHUSHUA ween Trane van BLOED vir daardie man wie eenmaal ‘n seën was vir
AmightyWind Bediening, in 2016, 2017, klein deeltjie van 2018. HY ween Trane van
BLOED en HY sê, “Hierdie BLOED is vir jou!” Kom terug! Besef jy was mislei
gewees! Jy was op die grenslyn van kranksinnigheid! Kom uit die mistiek uit! Kom
uit toorkuns uit! Kom uit, jy wie so diep in die duisternis van die okkulte is—glo
dat jou derde oog moes oop wees—vra YAHUSHUA om dit toe te maak met SY GESTORTE
BLOED! Bekeer. YAHUSHUA ween Trane van BLOED vir jou. As jy nie ‘n verworpe
slang is nie, is daar steeds hoop vir jou. […]
Elisheva: Onthou wanneer jy die Ou Bloed Verbond lees, dit is geskiedenis—dis ‘n
voorskou van alles wat YAHUSHUA vir ons gedoen het as daardie PERFEKTE BLOED
VERSOENING vir sonde. Want nie een [wie] ooit hierdie aarde bewandel het was
perfek in ‘n vorm van ‘n mens nie behalwe vir EEN en dit was YAHUSHUA HA
MASHIACH.
Elkeen het nodig om te bekeer. Want niemand van ons is perfek nie. Profesie Gaan Voort:
Vir diegene wie aan YAHUSHUA HA MASHIACH behoort, hulle sal nie sonde vooraf
beplan nie. Hulle vrees die RUACH HA KODESH, WIE sommige die HEILIGE GEES noem,
want jy wil nie die HEILIGE GEES laster nie (Mt 12:31), (RUACH HA KODESH
SHEKHINYAH GLORY). As SY jou siel verlaat, is jy verdoem!!! Hoor jy MY?
Jy [sou] verworpe [wees]! En ONS het alreeds die MUUR VAN SKAAMTE vir die
verworpenes wie eenmaal doeke verlossing gehad het. Maar hierdie is ‘n
feesviering, en wat EK te sê het is wee vir hulle wat val onder HOM WIE OP DIE
TROON SIT en die toorn van die LAM, wat ‘n waarskuwing is in Openbaring 6.
Elisheva: Asseblief mense! Bekeer! Ek is ‘n Jood, maar ek was nie in Israel
gebore nie, so ek is “van die stam van Ephraim.” En ek wag vir “my Judah” om te
kom en weer te verenig met Ephraim. Ek weet nie waar hy is nie maar ek weet
hierdie—YAHUSHUA het nie ‘n goeie werk begin en gaan dit nie klaar maak nie. Ons
is gestuur na Israel toe. Profesie Gaan Voort:
Die RUACH HA KODESH boeke, Secrets of the RUACH HA KODESH, het 7 jaar geneem om
al die bewyse saam te stel van in wie se beeld Eva gemaak was en die Jode het
alreeds daardie kennis. Hulle het dit alreeds. Hulle weet alreeds die RUACH HA
KODESH—selfs die NAAM—is vroulik [in] geslag. Hulle weet alreeds.
Elisheva: Maar dit het iemand soos ek geneem, vir Profesie 89 & 90 om sterk te
glo daarin, selfs al is dit riskant en deur ander gekritiseer kan word,
(“shaking limb”) wie nie geweet het in wie se beeld Eva gemaak was nie tot
daardie Profesie. O my geliefde AmightyWind gemeente en julle besoekers kom en
kyk en vier fees hoe ons ons MESSIAS, DIE EEN EN DIE ENIGSTE EEN eer. Profesie Gaan Voort:
En wee aan Israel as julle nie die EEN WIE SE BLOED steeds julle grond deurdrenk
wat nou rondom die wêreld gaan aanvaar nie en aan elkeen wat erken en sê:
Asseblief vergewe my YAHUSHUA vir my sondes! Was my skoon met U BLOED! Ek bekeer
van die boosheid wat ek gedoen het, en ek bely my sondes aan U. Dankie dat U my
vergewe! Dankie dat U—daardie sondes neem en hulle so ver weg sit soos die ooste
is van die weste (Ps 103:12). Dankie dat U, U RUACH HA KODESH binne-in my siel
plaas! Dank U! Soos die gebed wat Dawid gesê het, die RUACH HA KODESH ‘moet
asseblief nooit my siel verlaat nie’ (Ps 51:11). Hierdie is sy gebed. Hierdie
behoort elkeen se gebed te wees. Dat die Salwing van die RUACH HA KODESH, die
HEILIGE GEES slegs sterker word in jou elke elke dag. Einde van Profesie
Elisheva: Mense! Besef asseblief—Israel word wakker! Die MESSIAS SE BLOED is
steeds in julle grond. HY was gebore as ‘n Jood vanuit ‘n Joodse maagdelike vrou.
Die wonderwerke wat [plaasgevind het] wat bewys is, het in Israel gebeur.
O Israel, ons het jou lief! O Israel, kom terug! Kom terug! YAHUVEH het belowe
om weer met jou te trou! Kom terug in die NAAM VAN YAHUSHUA HA MASHIACH! Die
Shema is steeds [daaroor] DIE EEN WARE GOD maar daar is DRIE [IN EEN]: YAHUVEH,
YAHUSHUA HA MASHIACH (DIE ENIGSTE VERWEKTE SEUN VAN YAHUVEH) & DIE RUACH HA
KODESH, SOETE HEILIGE GEES. Wanneer jy die feesviering sien, maak dit nie saak
of jy hierdie voorheen geweet het of nie. Ek praat met die Hebreërs oral oor die
wêreld. Dis nog nie te laat nie. Kom in die Arms in van YAHUSHUA.
En sien uit na ons volgende videos wat gaan kom want volgende gaan dit Hanukkah
wees!—wat ons die Fees van Ligte noem omdat YAHUSHUA DIE EWIGE LIG IS. Dit was
wanneer YAHUSHUA in die baarmoeder geplaas was! Ons vier Hanukkah—ja ek ken die
Ou Bloed Verbond, sê dit was —vir die hertoewyding van die Tempel. Die Tempel
was besoedel. Dooie liggame het oral rondom dit gelê (1 & 2 Macc). En daar was
nie genoeg olie om in staaat te wees om die lanterns te laat brand nie—die
menorah. Daar was ‘n wonderwerk wat gebeur het, en weereens, het dit in Israel
gebeur, maar dit was geskiedenis. Dit was ‘n skaduwee van YAHUSHUA HA MASHIACH
wat sou kom! Die EWIGE LIG wat nooit sal uitgaan nie!
En wanneer jy die RUACH HA KODESH binne-in jou het, het jy die Salwing binne-in
jou (1 Jn 2:20), ‘n EWIGE LIG wat nooit sal uit gaan nie—solank jy bewys dat jy
YAHUSHUA as MASHIACH as MESSIAS, REDDER aanvaar het, watter ander naam [titel]
jy HOM wil noem. HY het ons so lief. HY het gesê as daar net een was [sou HY SY
LEWE weer neergelê het]—elkeen wie se naam geskryf is in die LAM SE Boek van die
Lewe, kon net kom in die NAAM VAN YAHUSHUA HA MASHIACH ook genoem JESUS
CHRISTUS.
HY behoort die LIEFDE VAN JOU SIEL te wees. Want HY is die MINNAAR VAN JOU SIEL.
Jy behoort [die Bybelse vakansie dae] te vier en wee aan julle, hoofstroom
Christen kerke. Want ek was eerste gered in ‘n “Pentecostal” kerk. Julle
onderrig nie eens die Joodse feeste nie. Julle vertel nie eers vir die mense die
ware verjaardag [van YAHUSHUA] nie. En dit is NIE 25ste Des nie… Kom uit
ooreenkoms met satan, hoofstroom georganiseerde kerke. Wees in lyn met die ware
Heilige Skrifte. HY is “DIE KONING VAN ISRAEL.” En hulle kon dit nie wegneem
nie—daardie Woorde wat bokant daardie kruis was waaraan hy gekruisig was. Maar
hallelu YAH! Op die derde dag ([vanaf SY dood] nadat HY gesê het, “Dit is
volbring”), het HY weer opgestaan. HY was opgewek, het uit daardie graf gekom.
En ons weet hierdie—vir diegene wie gesterf het en diegene wie aan YAHUSHUA
behoort, “om afwesig te wees van die liggaam” is “om teenwoordig te wees met die
HERE,” YAHUSHUA HA MASHIACH (2 Kor 5:8).
Staan op die Nuwe BLOED Verbond Skrifte, genoem die Nuwe Testament. Lees die Ou
Bloed Verbond, die Ou Testament, maar sien dat YAHUSHUA daar is—ORALS—van
Genesis tot Openbaring. En moenie enige ander doktrines glo nie. Want hulle kan
doktrines van die duiwels wees—en daar’s so baie op die oomblik daar buite.
Moenie glo dat daar meer is as DIE HEILIGE DRIE, MEDE-SKEPPERS: HEMELSE VADER,
SY SEUN YAHUSHUA HA MASHIACH [&] DIE HEILIGE GEES / DIE RUACH HA KODESH.
Asseblief, jy wil Hemel toe gaan. Het jy waarlik vir YAHUSHUA lief?
Skrif sê dat YAHUSHUA gesê het, ‘Waarom noem julle my HERE en gehoorsaam MY nie?’
(Lk 6:46). ‘n Ander weergawe sê, ‘hoe kan jy sê jy het MY lief en gehoorsaam MY
nie?’ (Jn 14:15; 1 Jn 2:5).
As HY regtig DIE GOD VAN JOU LEWE IS, sal jy—met jou hele verstand, liggaam,
gees en siel—want jy wil ‘n getuienis hê soos Henog en behaaglik gevind word tot
YAHUVEH (Heb 11:5). Want HY (Henog) het nie gesterf nie. Sy liggaam was verander
in ‘n verheerlikte liggaam (Gn 5:24; Fil 3:21).
Want vlees en bloed kan nie ingaan in die Koninkryk van die Hemel nie (1 Kor
15:50). Dit was nie geskape vir vlees en bloed nie. Dit was geskape vir ons
gees-liggame wat o so pragtig is. Mense daar is geen manier na die Hemel,
behalwe deur DIE NAAM & DIE BLOED VAN YAHUSHUA. Dis waarom ons sê, “Gelukkige
Sukkot! Gelukkige verjaardag!” Ons GELIEFDE, ani ohevet—ons aanbid U! Ons aanbid
U! Ons aanbid U YAHUSHUA HA MASHIACH! Almal van ons vier fees! Almal van ons
vier fees, en aan AmightyWind gemeente en diegene wie besoek, kom terug en sien
vir julleself en smaak en sien die vugte van hierdie Bediening is goed (Mt
7:16). Want jy sal nooit enigiets hoor wat nie in lyn is met die Heilige Skrifte
nie! Shalom. Einde van Profetiese Diens