Profesie 149
Sonder die Bevrugting op Hanukkah, Kon Daar Geen Geboorte op Sukkot Gewees het van YAHUSHUA HA MASHIACH nie
Gespreek onder die Salwing van die RUACH HA KODESH
Deur Apostel, Profeet Elisheva Eliyahu
Ontvang 21 Oktober, 2019, Simḥat Torah
Vrygestel 26 Desember 2019, Vierde Dag van Hanukkah
Elisheva: Gelukkige Hanukkah! Woohoo! Hierdie is ‘n tyd om Hag Sameach te
vier! O, o geliefdes! Ek is so opgewonde! Hierdie is Hanukkah! En as jy nie weet
wat dit is nie, hierdie is die tyd van die—van nie net die feesviering van [hoe]
in die Tweede Eeu BC toe die tempel in Jerusalem besoedel was; dat daar slegs ‘n
groep van 5 broers was wie teen die bose Antiochus gegaan het wie homself as GOD
verklaar het en enige Torah lesing verbied het, enige, enige gebods onderhouding.
En hy het eintlik nie net die Jode in die tronk laat gooi nie, maar hy het hulle
gemartel en vermoor, hulle wie geweier het om hul geloof in DIE ENIGSTE HEILIGE
SKEPPER te stop, so ons erken ook terwyl ons hierdie kerse aansteek, die
wonderwerk van die Maccabees. En jy kan daaroor lees in die Book of Maccabees,
wat jy nie sal vind in die KJV Bybel nie so jy sal dit moet aanlyn opkyk op ons
Hanukkah blad [by AmightyWind.com]. Ek vertel jou presies waar dit geskryf is
dat Sukkot en Hanukkah saam gaan en hulle kon nie hulle Sukkot op daardie tyd
doen nie daarom moes hulle wag tot Hanukkah as gevolg van die ontheiliging van
die Tempel. Hulle het gewag tot Hanukkah.
Nou weet ons dat YAHUSHUA HA MASHIACH (JESUS CHRISTUS) in die baarmoeder geplaas
was met daardie tyd van Hanukkah en HY is DIE ENIGSTE EWIGE LIG (Jn 3:19, 8:12,
12:35-36,46) en daardie KLEIN BABATJIE, daardie KLEIN FETUS was geplaas in die
baarmoeder van ‘n maagd, jong Hebreeuse vrou deur die Hand van die RUACH HA
KODESH [Hebreeus vir HEILIGE GEES].
Om meer daaroor te sien lees Profesieë 89 & 90 wat aan my gegee was en die Jode
weet dit is waar [van ‘n VROULIKE RUACH HA KODESH]. Ek wil vir almal vertel
hierdie is ‘n tyd van wonderwerke. Al wat jy moet doen is bekeer! (Mt 4:17,
3:18; Hand 3:19, 20:21) Vra YAHUSHUA HA MASHIACH [vir] die vergifnis van jou
sondes! En bely hulle en vertel vir HOM jy is jammer (1 Jn 3:19). HY het die
PRYS betaal vir jou by Golgota HY was gekruisig vir daardie sondes!
En dit is waarom by die heel einde [van die video] gaan ek die Reddings Gebed
byvoeg wat aan my gegee was sowel as die storie van "One Minute until Midnight,"
‘n skildery wat onbetaalbaar is—jy sal die ope visioen sien wat ek gehad het van
die Hemel en [van] YAHUSHUA HA MASHIACH.
Hierdie is ‘n tyd van wonderwerke. So wanneer jy daardie Hanukkah menorah
aansteek—Hanukkiah. Dit word genoem ‘n Hanukkiah [‘n tipe van menorah]. Wanneer
jy die Hanukkiah aansteek, wat jy doen is, jy is ook in gebed, onthou,—verwag
wonderwerke!
Verwag wonderwerke— van vrygemaak te word van die hand van die verworpe vyande!
Hierdie mense— is hulle wat YAHUSHUA van gepraat het in Johannes 10, Hulle is
nie van HOM nie! Hulle was verworpenes! (Jer 6:30 KJV) Dit beteken ‘n onredbare
siel (Heb 6:4-6; 10:26-31). Dit beteken ‘n onbekeerde siel (Ro 1:28-32), wie
weier om YAHUSHUA HA MASHIACH te gehoorsaam (2 Pt hfst. 2). YAHUSHUA het gesê,
'Hoe kan jy bewys dat jy MY liefhet? Deur MY gebooie te onderhou' (Jn 14:15,21;
15:10; 1 Jn 5:3).
Mense het die woord genade "grace" en "mercy" geneem (omdat YAHUSHUA HA MASHIACH
die ENIGSTE BLOED VERSOENING vir sondes is [Ro 3:25]) en hulle dink dat dit
goedkoop genade is; dat hulle nou kan gaan en sondig net soos hulle wil; en dan
teruggaan na die Kruis. Wel dit werk nie op daardie manier nie! (Ro 6:1-2,15; 1
Jn 3:8).
En op hierdie oomblik gaan ons feesvier en die video wys van almal wat op
hierdie oomblik feesvier. En YAHUSHUA gaan jou wys HY is WIE HY sê HY is, en dit
het alles begin by ‘n tempel. Net soos in—die Book of Maccabees sê HY, HY is
daardie WONDERWERK van die olie wat nie droog geword het nie, HY is ons YAHUSHUA
HA MASHIACH!
Die enigste weg na die Hemel is deur SY NAAM (Hand 4:12, 10:43)! So YAHUSHUA HA
MASHIACH seën jou!
Ek is lief vir julle! Aan al AmightyWind gemeente, bid ek dat julle hierdie
video en die sang geniet omdat dit alles kom van hierdie Bediening. So YAHUSHUA
seën jou. Shalom. Gelukkige Hanukkah! Verwag wonderwerke! Ek weet ek doen! Amen.
* * * * * * * Hieronder is die Profesie soos dit voortgekom het
—met Profeet Elisheva se "Heilige tale,” soos GOD SE GEES uiting gee (Hand
2:3-4) van hemelse of aardse tale (1 Ko 13:1). Elisheva spreek voort in tale wat
Profesie bring (1 Ko 14:6). Ons gebruik die HEBREEUSE NAME van GOD:
YAH/YAHU is die HEILIGE, GEWYDE NAAM van GOD soos in “Alleluia” of “Hallelu YAH”
Wat letterlik beteken: “Prys YAH,” YAHUVEH/YAHWEH, GOD DIE VADER
YAHUSHUA/YAHSHUA, GOD SE ENIGSTE GEBORE SEUN (HA MASHIACH beteken Die MESSIAS;
ELOHIM beteken GOD. Die Openbaring van “SH’KHINYAH GLORY” – as die PERSOONLIKE
NAAM van die RUACH HA KODESH (In Afrikaans genoem “Die HEILIGE GEES”)-is ook op
hierdie webwerf. (HA SH’KHINAH {SHEKINAH} is Hebreeus vir GOD VERTOEF, HEILIGE
TEENWOORDIGHEID)
Addisioneel, ABBA YAH beteken “VADER YAH” en IMMAYAH beteken “MOEDER YAH.” In
Hebreeus is die GEES VAN GOD vroulik, verwys na as “SY,” en word so vervat in
die Profesie en Skriftuurlike voetnotas onder-aan. Alle direkte verwysings na
GOD is hoofletters.
(Skrifaanhalings vanuit: Woord en Getuienis bybel vertaling, behalwe wanneer
anders aangedui)
* * * * * * *
YAHUVEH se Waarskuwing voor die Profesieë:
Elisabeth (Elisheva) EK het jou lank gelede gewaarsku om nie hierdie Bediening
na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK
het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks
hiervan het uit jou mond voortgekom nie.
Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA
jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou
IMMAYAH geboorte gegee.
As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het.
Dit is deur die SHKHINYAH GLORIE se WIND wat oor hierdie aarde waai, die Heilige
Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk het.
“EK IS YAHVEH, dit is MY NAAM; en MY EER sal EK aan geen ander gee, of ook MY
LOF aan die gesnede beelde nie”. (Jes 42:8)
In Julie 2010, het YAHUVEH GOD gesê hierdie moet bygevoeg word om hulle te
waarsku wie spot:
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY
Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat
daar geen genesing meer was nie.” 2 Kronieke 36:16 Profesie 149
Hierdie was opgeneem deur bandopnemer. Hier is die oorskrywing.
Foon Oproep Begin
- Hello?
- Hi geliefde Syl, hi geliefde Talia!
- Hi, geliefde Momma Rm!
- Ek was nou net in gebed met YAHUSHUA en ek wil iets met julle deel wat nuut is
vir die Bediening
- Okay loof YAHUSHUA, Mom baie dankie! Ons is so gelukkig, baie dankie! Amen,
dankie dat jy ons bel! Ons kan nie wag om dit te hoor nie, so gaan asseblief
voort!
Elisheva: Wel dit was gedurende gebed—ek het baie hard gebid gedurende die tyd
van Sukkot tabernakeling met YAHUSHUA en ek kon SY TEENWOORDIGHEID voel. Daar
was selfs ‘n Sukkot Profesie. Natuurlik, is dit nog nie vrygestel nie.
YAHUSHUA het gesê, "Jy kan hierdie nie nou vrystel nie. Hierdie is ‘n tyd van
feesviering." So dit is op die ys [ Gelag ]
Wat is dit? Soos 5 [Profesieë] op ys, ek dink, tenminste vir nou, maar ek het
gehoor YAHUSHUA sê hierdie vir my en HY het eintlik selfs met my in my slaap
gepraat en HY vertel my hoe geëerd HY was gedurende die tyd van Sukkot.
Diegene wie die videos gemaak het, HY was so geëerd—en HY het so baie liefde
gevoel van een en elkeen van hulle—ALMAL van die HEILIGE DRIE EENHEID: ABBA
YAHUVEH, en natuurlik YAHUSHUA en die RUACH HA KODESH, IMMAYAH. HULLE ALMAL het
soveel oorweldigende liefde gevoel.
HY het net aanhou sê hoe geëerd HY was en hoe vertroos HY was dat dit nie net
Sukkot was nie—wat ‘n vooruitskou is van SY verjaardag. En HY het net gesê, "Sukkot
is MY verjaardag op aarde." En dis die eerste dag van Sukkot dis SY verjaardag
en HY sê— Profesie 149 Begin
MY geliefde Elisheva Eliyahu EK gee jou nuwe instruksies as DIE HOOF van
AmightyWind Bediening en EK wil hê jy moet die gemeente vertel: Kyk, EK YAHUSHUA
HA MASHIACH beveel jou MY geliefde Elisheva Eliyahu om ‘n nuwe ding te doen met
die HEILIGE DRIE EENHEID SE Bediening, AmightyWind; en op Hanukkah, wil EK hê
dat hierdie feesviering van die Fees van Hutte moet voortgaan.
EK wil hê dit moet ‘n feesviering wees net soos julle gedoen het met die sukkah
in die Fees van Hutte (Sukkot) so ook [dieselfde feesviering], gedurende die tyd
van Hanukkah.
Want dit is die tyd toe julle MESSIASH geplaas was deur die pragtige Hand van
die RUACH HA KODESH —die Onsigbare Hand in MY geboorte moeder Miryam se
baarmoeder.
Behoort julle nie dit te vier nie? Julle vier MY geboorte.
En nou vra EK julle om die tyd van Hanukkah te vier op dieselfde manier, met
hierdie agt dae. Want EK IS DIE EWIGE LEIDENDE LIG (Jn 3:19, 8:12); EK IS DIE
REDE waarom Hanukkah die Fees van Ligte genoem is!
Die bou van die sukkah was instruksies gegee (Lv 23), wat MY geboorte in ‘n 'stal'
in Bethlehem vooruit geskou het (Lk 2:1-20).
Elisheva: (En in die Hebreeuse taal, [kan] sukkah in Engels vertaal word as
'stable'). En ons weet dat HY in Bethlehem gebore was in ‘n stal, wat regtig ook
‘n sukkah was—maar daar was geen diere daarin nie.
Profesie Gaan Voort:
EK IS DIE TEMPEL (Jn 2:19) wat besoedel was terwyl elke sonde behalwe lastering
van die RUACH HA KODESH waarvoor daar geen vergifnis is nie (Lk 12:10)—elke
ander sonde en siekte was op MY LIGGAAM geplaas: EK WAS ‘N PERFEKTE OPOFFERENDE
LAM VAN YAHUVEH (Jn 1:29), DIE PERFEKTE BLOED VERSOENING VIR SONDES (Ro 3:25),
gebore vanuit ‘n mens, maagdelike vrou.
EK IS ‘n MEDE-SKEPPER (Jn 1:3; Kol 1:16-20) tesame met ABBA YAHUVEH & DIE RUACH
HA KODESH, WIE sommige ONS "DIE HEILIGE DRIE EENHEID" noem!
Elisheva: HY het my herinner aan die Skrif, Joh 2:19 YAHUSHUA het gesê,
Vernietig hierdie Tempel en in 3 dae, sal EK dit weer oprig. Profesie Gaan Voort:
EK IS DIE HER-TOEWYDING VAN DIE HEILIGE TEMPEL wat afgebreek was, gekruisig en
MY Liggaam het gesterf maar op die 3de dag, het EK bewys dat satan nie kon keer
dat MY Liggaam uit die dood opstaan nie—voor getuies—het EK wonderwerke gedoen
in elke deel van die wêreld in 40 dae!
Dankie, MY geliefde Elisheva Eliyahu, dat jy die voorbeeld vir ander bedieninge
stel.
En vertel AmightyWind gemeente, EK IS baie bly oor hulle bewys van liefde deur
gehoorsaamheid en Heilig te lewe en MY verjaardag op Sukkot vir die 8 dae te
vier en so getrou is aan jou as die leier van hierdie Bediening en alleenlik die
DIE HEILIGE DRIE EENHEID te erken as DIE HOOF.
Daar sou nie ‘n wonderbare geboortedag op aarde gewees het sonder die
swangerskap van MY maagdelike geboorte moeder nie. Laat ONS —laat MY feesviering
sien vir 8 dae op Hanukkah en wees in die sukkah weereens!
Hou aan om julle MESSIAS & MY HEMELSE VADER YAHUVEH & DIE KOSBARE RUACH HA
KODESH te eer, WIE MY gestuur het om die Ou Bloed Verbond te vervang (Heb 8:13).
Dit was ‘n vooruitskou van dit wat sou kom. En toe EK gekom het, was dit tyd om
te sê, "Dit is volbring!” (Jn 19:28-30).
YAHUVEH het gesê die Ou Bloed Verbond was nie langer meer goed genoeg nie (Heb
10:4-10) terwyl die sondes opgehoop het—te groot. ABBA YAHUVEH moes SY ENIGSTE
VERWEKTE SEUN DIE WARE OPOFFERENDE LAM SONDER VLEK gestuur het vir die vergifnis
van sondes van die mense.
EK, YAHUSHUA HA MASHIACH, EK IS julle ENIGSTE PERFEKTE HOË PRIESTER—DIE ENIGSTE
WEG, DIE WAARHEID & DIE LEWE (Jn 14:6) na die Hemel is deur MY NAAM & MY
OPOFFERENDE BLOED—sodat julle sondes weg gewas kan word—terwyl julle glo en nie
twyfel EK IS MESSIAS, EK IS MEDE-SKEPPER (Jn 1:3; Kol 1:16-20).
EK het DIE PRYS betaal vir julle sondes.
Wanneer jy al jou sondes bely en vergifnis vra (1 Jn 1:9) en dan draai jy weg
van jou boosheid (Mt 3:8; 2 Tim 2:19) en jy maak los wat losgemaak kan word, met
groot berou—bekeer jy jou ook voor YAHUVEH & DIE RUACH HA KODESH.
Dan sal jy BLOED-gewas en BLOED-gekoop wees (1 Pt 1:18-19).
En wie YAHUSHUA HA MASHIACH ookal vergewe, net so doen YAHUVEH & DIE RUACH HA
KODESH, DIE SOETE HEILIGE GEES, IMMAYAH. Aanbid MY en gehoorsaam MY en wees
dankbaar.
EK het die PRYS betaal en was gekruisig in jou plek en het gesterf en weer
opgestaan op die 3de dag.
Jy het jou tempel [jou liggaam] her-toegewy (1 Kor 6:19-20), toe jy aan jouself
gesterf het en jy MY jou MESSIAS gemaak het, en jy MY as HERE GOD ALMAGTIG DIE
ENIGSTE VERWEKTE SEUN VAN YAHUVEH verklaar en MY toelaat om jou lewe te gebruik
vir MY doel en MY glorie.
Draai heeltemal weg van boosheid want jy is nou wedergebore (1 Jn 3:9; 1 Pt
1:23) en skoon gewas deur YAHUSHUA HA MASHIACH SE BLOED. DIE KOSBARE RUACH HA
KODESH sal in jou siel wees en waarsku en jou aankla om vining te bekeer wanneer
jy sondig (Jn 16:8). Jy plaas [in plek] die vrees van YAHUVEH, wat die begin is
van wysheid (Spr 9:10). Jy vrees om ABBA YAHUVEH aanstoot te gee; jy vrees om
YAHUSHUA HA MASHIACH aanstoot te gee en jy vrees om die RUACH HA KODESH aanstoot
te gee.
En moenie die RUACH HA KODESH bedroef nie (Efes 4:30). Want SY sal nie lank in
‘n onrein kruik bly nie . [Die] King James Version Bybel, sê selfs WYSHEID is ‘n
SY (Spr 8).
Skrif Lesing
Hou van die Fees van Hutte in die maand van Kislev soos dit opgeneem is, 2
Maccabees 1:9.
Dit het gebeur dat op dieselfde dag waarop die heiligdom ontheilig was deur die
vreemdelinge het die reiniging van die heiligdom plaas gevind, wat op die vyf-en-twintigste
dag van dieselfde maand is, wat Kislev is.
Hulle het dit gevier vir agt dae met verblyding op dieselfde manier as die van
die Fees van Hutte, dit onthou hoe nie lank tevore nie, gedurende die Fees van
Hutte ([wat Sukkot is]), het hulle rond gedwaal in die berge en grotte soos
wilde diere. Hulle het deur openbare edik verklaar, bekragtig deur stemming dat
die hele nasie van die Jode hierdie dae sou waarneem elke jaar (2 Maccabees 10). Profesie Gaan Voort:
Hulle het net genoeg olie gehad vir een dag en dit het vir 8 dae gehou. Weereens
‘n vooruitskouing van die geboorte van EK, YAHUSHUA HA MASHIACH.
En EK, YAHUSHUA HA MASHIACH, IS DIE ENIGSTE EWIGE, LEIDENDE LIG. Solank as wat
julle aanbid en gehoorsaam en Heilig lewe soos die gelykenis van die 5 wyse
maagde (Mt 25:1-13), sal daar altyd oorgenoeg Salwings olie in julle siele wees.
Net soos julle jul sukkah opgerig het gedurende die 8 dae van Sukkot (Lv
23:33-36,39), moet julle die sukkah op hou gedurende die 8 dae van Hanukkah ook.
En EK, YAHUSHUA HA MASHIACH, het gesê dat hierdie ‘n verdere manier is om vir
ABBA YAHUVEH & DIE KOSBARE RUACH HA KODESH te eer WIE [MY] afgestuur het, HULLE
ENIGSTE VERWEKTE SEUN.
En [ONS] het HOM geplaas in SY maagdelike geboorte moeder Miryam. Want selfs
YAHUSHUA SE NAAM in Hebreeus vertaal na "YAH RED.” Miryam en Joseph sou nooit
hulle seun ‘n Griekse naam gegee het nie. In die King James Version Bybel, kon
hulle selfs nie die naam "IMMANUEL," uitlaat nie wat beteken GOD IS MET ONS (Jes
7:14; Mt 1:23).
DIE HEILIGE DRIE EENHEID is DIE HOOF van hierdie Bediening en gee hierdie
instruksies aan die enigste leier van hierdie Bediening totdat ‘n manlike leier
weer by haar aansluit. En EK gee hierdie bevele aan jou my geliefde dogter,
Elisheva Eliyahu, wie die Apostel, die Profeet en die Pastoor is [van hierdie
Bediening] en MY RingDiensmaagd.
Einde van Profesie
Elisheva: En daardie was aan my gegee op die einde van Simhat Torah. Ek was
daardie instruksies gegee gedurende gebed.
Syl: Wow awesome! Baie dankie dat [jy] dit deel! Dank U ABBA YAHUVEH, YAHUSHUA &
IMMAYAH vir hierdie nuwe instruksies en openbarings wat reguit vanuit die Hemel
gekom het.
ABBA YAHUVEH seën asseblief U RingDiensmaagd hiervoor, deur dit voort te spreek
en hierdie seëninge met ons te deel. Ek kan alleenlik sê hallelu YAH, amen. ABBA
YAHUVEH, YAHUSHUA & IMMAYAH alle glorie, eer en lof aan U!
-Amen.
-Baie dankie Mom dat jy hierdie met ons deel.
Elisheva: Wat ‘n Sukkot tyd het ons gehad en o die mense gaan uitsien na die
Sukkot videos maar in die tussen tyd is ek veronderstel om my sukkah en my
kosbare besittings daarop te wys omdat iemand wat my eens op ‘n tyd baie
liefgehad het vir my elke ding op daardie tafel gegee het.
En die "One Minute to Midnight" skildery is die een en enigste oorspronklike een.
Dis ‘n olieverf skildery, en dit was gedoen in die 90’s. [YAHUSHUA SE Woorde,] "Hierdie
BLOED is vir jou" is waaroor dit alles gaan soos ek dit gesien het in ‘n ope
visioen en YAHUSHUA was besig om trane van bloed te huil.
En HY het begin praat vir wie die trane van bloed is en dit is ‘n lering op sy
eie. En dan natuurlik, dan gaan ons terug in die feesviering maar ons Sukkot—whoa,
die videos! Die liedjies, en die dans en die sing en die verblyding!
YAHUSHUA wil dieselfde ding hê op die tyd wanneer die bevrugting plaasgevind
het, toe ABBA YAHUVEH weer SY ENIGSTE VERWEKTE SEUN gegee het en instruksies
gegee het dat daardie pragtige Hand van die RUACH HA KODESH dit binne-in ‘n
maagdelike vrou se baarmoeder plaas—wat het HY haar genoem? Die geboorte
moeder—ek het HOM nooit tevore haar so gehoor noem nie maar dit gaan wees "die
geboorte moeder”.
En kan jy jou voorstel, hierdie KLEIN NIETIGE, KLEIN—ek kan my dit nie eens
voorstel nie—maar HY HOM SELF is GOD ALMAGTIG en tog het HY SELF ingestem om te
kom as daardie KLEIN NIETIGE, KLEIN FETUS en om geplaas te word binne-in die
baarmoeder, aan ‘n maagd.
Weereens, ‘n wonderwerk.
Elke ding oor Hanukkah is ‘n wonderwerk tot by die—ek weet hulle was almal
gefokus oor die Tempel maar WIE is die WARE TEMPEL? DIE WARE EEN, WIE [so] gesê
het in daardie Skrif.
En HY het gesê dat julle al hierdie kon platslaan—daar was so baie... en hulle
[die dissipels] het gekyk, onthou—na die [toekomstige] vernietiging van die
Tempel (Mt 24).
En YAHUSHUA SELF het gesê, 'Vernietig hierdie TEMPEL, en in drie dae sal EK dit
weer oprig' (Jn 2:19). HY was besig om te praat van SY Eie Liggaam.
HY was besig om te praat oor—ons is die tempel van die RUACH HA KODESH. Hierdie
is die tempel op hierdie oomblik. Ons liggame, ons fisiese liggaam is ‘n
tydelike tabernakel op hierdie oomblik, ‘n tydelike tempel. Natuurlik weet ons
ons gaan verheerlikte liggame hê (Fil 3:21).
En natuurlik weet ons YAHUSHUA , HY het nie opgestaan in daardie gemartelde
liggaam nie [maar dit het verheerlik geword]. Toe mense na HOM gekyk het (en HY
was opgewek voor getuies), het HY SY verheerlikte liggaam gehad, behalwe dat HY
steeds gehad het—onthou wat HY vir Thomas vertel het, 'Plaas jou hand in MY sy
en sien waar het hulle die spies ingesteek' (Jn 20:27), so HY het steeds daardie
wonde aan HOM gehad maar HY was in ‘n verheerlikte liggaam.
En HY moes HOMSELF voor die VADER IN DIE HEMEL gaan wys—dis wat HY gesê het (Jn
20:17)—om te wys wat HY gedoen het; dit was volbring.
So daardie is ons GELIEFDE YAHUSHUA! En as ons Sukkot [Hutte] gaan vier—en
onthou, HY het hierdie vir my geleer. En ek sien nie dat enigiemand anders dit
onderrig nie.
Die Ou Bloed Verbond is die vooruitskou van alles wat YAHUSHUA gedoen het in die
NUWE BLOED VERBOND (Kol 2:17).
Dis waarom HY gesê het ‘EK het nie gekom om die Wette en die Profete te verander
nie, EK het gekom om hulle te vervul' (Mt 5:17). En dis waarom in Levitikus—dit
jou waarsku oor die onrein voedsel—en daardie tyd was dit van toepassing, maar
daar was ‘n nuwe dag wat kom! En die NUWE BLOED VERBOND (Jer 31:31; Mk 14:24)!
YAHUSHUA het gesê, dis nie wat jy in jou mond sit wat jou besoedel nie; dit is
wat uit jou mond kom wat jou besoedel (Mt 15:11).
En toe YAHUSHUA op daardie Kruis gesê het—SY Laaste Woorde wat HY gespreek
het—en ek wil ‘n ander openbaring deel en ‘n visioen wat ek gehad het in geval
mense nie daardie gelees het nie. En dit was toe YAHUSHUA op daardie Kruis
was—hoe HY al daardie marteling gedra het!
Dit het gepyn met elke asemteug wat HY geneem het.
Ons het die beskrywing op die webwerf geplaas van hoe dit is wanneer iemand
gekruisig is op die manier wat HY was. Die ander was net vasgebind op die paal,
op die Kruis, maar die ander twee, en tog YAHUSHUA, HY het spykers gehad—wat ons
spykers sou noem, maar meer soos ysterpenne—in die Palms van SY Hande & SY Voete
ingedryf.
Ons kan nie eens begin verstaan dat enigiemand soos HY gemartel was nie. En toe
YAHUSHUA my gewys het waaroor HY gedink het gedurende daardie tyd, het ek so
geëerd gevoel en ek wil dit deel.
Daars geen manier om te beskryf wat HY my vertel het anders as om te sê, elkeen
wie se naam geskryf is in die LAM SE Boek van Lewe—HY sal nie een verloor nie.
En terwyl HY op daardie Kruis was gedurende daardie 3 ure voordat daardie [pasga]
offerlam geslag was (omdat onthou toe die offerlam geslag was was dit daardie
presiese tyd toe HY gesê het, "Dit is volbring” (Lk 23:46)—en HY het gesterf)—maar
voor dit, het HY vir my gesê, was daar—flitse en beelde van prente wat—dit het
deur SY Gedagte gegaan, so vining voor SY Oë, van elkeen wie se naam geskryf is
in die LAM SE Boek van Lewe.
En HY was besig om te sê, "Hierdie BLOED is vir jou!" Jy sien niemand kan in die
Hemel wees wat gebore is op hierdie aarde sonder om deur DIE NAAM & DIE BLOED
VAN YAHUSHUA te gaan nie (Jn 3:3, 17-18). Daar is maar net EEN WEG, WAARHEID &
LEWE (Jn 14:6). Hulle moes op ‘n tyd HOM [reeds] aanvaar het om in daardie LAM
SE BOEK VAN LEWE te wees.
HY het vir my gesê—daar is geen manier om dit te beskryf nie—maar HY het selfs
geweet—Syl en Tal, HY sou julle gesigte gesien het. HY sou die presiese dag en
tyd en jaar wat julle jul lewe vir HOM gegee het gesien het, en jy gesê het, "Dis
nie meer ek wat lewe nie maar dit is U, YAHUSHUA wat ek wil hê om U LEWE deur my
te leef. Neem my lewe en laat dit U glorie bring! Vergewe my van my sondes!”
HY weet! HY weet wat dit geneem het om elkeen van ons te breek totdat ons op die
punt gekom het waar ons uitgeroep het, "Vergewe ons! Vergewe my van my sondes!
Help my om U nie weer seer te maak nie!”
Een van die redes waarom—eerste van alles sal die Bruid van YAHUSHUA nooit sonde
vooraf bedink nie (1 Jn 3:6, 9). Dis nie in ons nie. Ons wil HOM nie seermaak
nie. HY was alreeds in ons plek gekruisig.
As dit kruisiging sou neem om in staat te wees om by die Hemel uit te kom,
hoeveel van ons sou gedoen het?—sou die PRYS betaal het wat HY gedoen het. Nee,
HY het dit vir ons gedoen.
En HY sal nie een skaap verloor nie (Jn 6:39). En dis die openbaring wat HY my
gegee het—dit is wat HY gesien het en ‘n spoed so—vinniger as die spoed van lig.
Ek kan nie eers voorstel waarvan HY gepraat het toe HY dit gesê het nie, maar
elkeen wie se naam geskryf is in die LAM SE Boek van Lewe—omdat hulle aanbid en
hulle HOM MESSIAS gemaak het en HOM gevra het om hulle van hulle sondes te
vergewe want niemand wie ooit hierdie aarde bewandel het was perfek nie (Ro
3:10) in die vorm van ‘n man of ‘n vrou behalwe EEN (2 Kor 5:21)—SY NAAM is
YAHUSHUA.
As SY geboorte moeder Miryam perfek was, dan sou sy die een gewees het wat op
daardie Kruis gehang het, maar inteendeel sy het HOM HERE genoem. En sy het ook
geweet dat sy vergifnis vir haar sondes nodig gehad het, en sy was net daar om
te sien hoe haar SEUN gekruisig word— wetende WIE HY was, wetende dat HY nie ‘n
gewone man was nie.
So dis wat ek wou onderrig het, baie —vinnig, aan enigiemand wie my nog nie
gehoor het daardie lering gee nie.
En Ek is so baie dankbaar dat julle en ek en elkeen wie—hierna sal
luister—waarlik vir ABBA YAHUVEH, YAHUSHUA HA MASHIACH & DIE RUACH HA KODESH
aanbid; dat hulle werklik weet sonder enige twyfel, wanneer hulle uitroep na
HOM, HY sal hulle nooit begewe, HY sal hulle nooit verlaat nie (Heb 13:5).
Wanneer hulle sê, "ek is jammer, asseblief vergewe my" met groot hartseer—ek
praat nie oor hierdie ‘carte blanche’ ding dat hulle net sê, "Asseblief vergewe
my van al my sondes, amen." Wanneer jy weet dat jy verkeerd gedoen het, gaan jy
jammer voel! Jy gaan sê—en onthou die PRYS wat YAHUSHUA betaal het.
En vir diegene wat dink dat die Wet mee weggedoen is by die Kruis en nou kan
hulle gaan sondig net soos hulle wil—'want YAHUSHUA (JESUS CHRISTUS) het die
prys vir hulle sondes betaal; laat ons nou gaan lewe net soos die duiwel want
‘after all’ HY het die prys betaal vir ons sondes... dit is so gesê—!
Wel, hulle is verkeerd (Ro 6:1-2,15; 1 Jn 3:8)! SY BLOED het nie goedkoop gekom
nie (1 Pt 1:18-19).
Daardie was ABBA YAHUVEH SE ENIGSTE VERWEKTE SEUN en daardie BLOED het nie
goedkoop gekom nie. Daardie marteling...wat op SY Fisiese Liggaam gekom het waar
selfs die folteraar wie HOM 39 keer met ‘n sweep geslaan het—daardie was geen
gewone sweep nie, daardie was stukke van materiale soos lood en skerp stene en
wat hulle ookal op die punte van daardie kon gesit het...die slae van die sweep
wat neergekom het op SY Liggaam.
Daardie was satan binne-in daardie folteraar. Dis iets anders wat YAHUSHUA my
vertel het. Daardie was geen gewone marteling wat HY deurgemaak het nie.
En dit was nie genoeg net om—om gekruisig te geword het vir ons sondes nie, maar
HY het die stap verder gegaan. HY het nie nodig gehad om deur daardie sweep
gemartel te word nie maar HY het gesê, deur daardie 39 slae, HY het gesê DEUR
HIERDIE WONDE, IS JY GENEES (Jes 53:5)!
Elke siekte, elke ongesteldheid—selfs geestesongesteldheid! Alles was in daardie
slae van daardie sweep—satan sou dit nooit gedoen het as hy kon geweet het.
En HY het nie dood gebly nie maar op die 3de dag het hy weer daardie groot,
geweldige groot rots weggeskuif [wat] die soldate daar geplaas het om seker te
maak dat niemand kon kom en daardie Liggaam steel nie (Mt 27:64), ‘n geweldige
groot rots wat soos geen ander rots steen is nie—so swaar—een man kon dit nooit
geskuif het nie.
En tog, daar was YAHUSHUA. En HY het uitgekom en toe HY dit gedoen het op die
3de dag, het HY HOMSELF gewys; HY het na die dissipels gegaan (Jn 20:19); HY het
onsigbaar regdeur ‘n deur geloop (Jn 20:19,26); daardie word ‘n Verheerlikte
Liggaam genoem (Fil 3:21).
En die Bruid van YAHUSHUA gaan daardie soort verheerlikte liggaam hê (Kol 3:4; 1
Jn 3:2) en niemand gaan instaat wees om ons uit te hou nie—en enigiemand wie
daardie Verheerlikte Liggaam het, dieselfde geld vir dit.
Daar moet gaste by die BruilofsMaal van die LAM wees (Openb 19:9). Nie almal is
werd om die Bruid van YAHUSHUA genoem te word nie. Ons betaal op die oomblik die
prys. Ons word vervolg nie omdat, [nie] vir ons onthalwe—hulle ken ons nie eers
nie—
Ek gaan aanhou doen wat ek doen en ons gaan feesvier op Hanukkah. En DIE
GROOTSTE GESKENK VAN ALLES is ons MESSIAS.
Julle weet ons gee geskenke aan mekaar alleenlik omdat dit ‘n herinnering is
van—die Skrif sê, as ons weet om goeie geskenke aan mekaar te gee, hoeveel te
meer weet die HEMELSE VADER hoe om in staat te wees om goeie geskenke aan SY
kinders te gee (Mt 7:11; Lk 11:13).
HY beloon diegene wat ywerig na HOM soek (Heb 11:6). Amen?
Syl: Amen daarop Mom, dankie!
Elisheva: Wel dit gaan ‘n spesiale Hanukkah wees en ons gaan in ‘n sukkah wees.
En party mense het so baie van hul sukkah gehou hulle wou dit nog nie afslaan
nie. En ek het alreeds gehoor dat ons dit gaan oopmaak.
Wanneer die Sukkot video klaar is—en ek bedoel die werklike groot een—mense gaan
so geseënd wees en so baie lag, die gemeente so getrou en lojaal en liefdevol.
O my, wat het hulle nie saam met my deurgemaak nie!—en hulle het my net meer
lief. Nie een kla ooit nie.
So moenie vergeet nie, sukkah tyd in Hanukkah.
Ons gee nie om wat enige ander bediening doen nie. Ons is besig om te volg wat
YAHUSHUA eer, nog ‘n manier om instaat te wees om die HEILIGE DRIE EENHEID te
troos.
Daar is nie meer baie wat werklik Heilig wil lewe nie, maar vir diegene wat doen
julle sal uitvind hoe, deur hierdie Bediening—want dit is —ons hartsbegeerte om
verblydend te wees [teenoor YAH] en ‘n getuienis te hê soos met Henog (Heb 11;
Gn 5), (omdat hy nie die dood gesien het nie—hy was verander voordat dood na hom
toe kon kom) en hy was na die Hemel geneem.
Daardie is wat ons noem weggeraap na die Hemel in ‘n wa van vuur! Niks minder
nie! Jy kan nie daardie oortref nie. Daardie is YAHUVEH SE eie taxi wat HY vir
hom gestuur het
[Gelag]. Amen?
Syl: Absoluut.
Elisheva: [ Gelag ] Reg so, YAHUSHUA seën julle! Ek het julle lief AmightyWind
gemeente!
Julle kan julle videos stuur [aan die AmightyWind.com kontak blad om met my te
deel] vir Hanukkah. Ek wou nie enigeen [uit] laat wie deel daarvan wil wees nie
[feesvier videos].En ek kan nie belowe dat almal van hulle [altyd] daarin kom
nie, maar wat ons sal kies is diegene wat kan inpas, inpas in die spasie van tyd
[om klaar te maak], soos YAHUSHUA ons vertel om te doen.
Maar weet net wat jy ookal doen selfs al is dit nie in ‘n video nie—(onthou, dit
kan slegs so groot wees ek bedoel so lank, en groot [ Gelag ])—weet net dat
YAHUSHUA sê, HY IS baie gelukkig met elkeen wie HOM eer.
Dis ‘n eer!
En alles in die Ou Bloed Verbond—as julle net hierdie kan onthou—selfs met die
Uittog, HY het hierdie vir my geleer op ‘Passover’ en die lering was: Selfs die
bloed op die deurposte wat hulle daar gesit het, sodat die engel van die dood
verby sou gaan (en nie instaat wees om naby hulle te kom nie en nie een van
daardie vloeke wat Moses voort gespreek het wat YAHUVEH sou doen)—en dit is
omdat dit ‘n vooruitskou was.
Daardie offerlam was ‘n vooruitskou van wat sou kom, en dis ons YAHUSHUA HA
MASHIACH. Soos die BLOED VAN YAHUSHUA nie net ons sondes wegwas nie maar ons
beskerm—‘n koepel van beskerming oor ons huise—beskerm ons gedagte, liggaam gees
en siel as ons net sal uitroep na HOM.
HY IS DIE ENIGSTE MESSIAS.
HY IS DIE ENIGSTE INTERSESSOR VOOR DIE VADER.
Ons waag dit nie om voor DIE VADER te kom… [in ons eie name nie]. As ek dit sou
waag om so ‘n ding te doen en sê, "ABBA YAHUVEH, ek is Elisheva Eliyahu en ek
kom na U toe en ek vra hierdie gebeds versoek...”—nee, daardie sal nie werk nie.
Dit is deur DIE NAAM & DIE BLOED VAN YAHUSHUA.
YAHUSHUA het gesê, jy doen dit IN MY NAAM (Jn 14:13) en die VADER IN DIE HEMEL,
soos dit in lyn is met SY wil—hulle het vergeet om daardie deel in die King
James Bybel te sit en in SY Tyd—dit sal vir ons gedoen word, maar ons moet dit
doen in DIE [NAAM VAN DIE] ENIGSTE VERWEKTE, SEUN VAN ABBA YAHUVEH, WIE daardie
PRYS betaal het vir almal van ons mense sodat ons die Troon van ABBA YAHUVEH kan
nader.
Dit is die gebede van die regverdiges wat baie krag het (Jak 5:16). Dis die
gebede van die onregverdiges wat geen krag het nie!
Mense verstaan nie. Ons is werklik in die Eind Tyd op die oomblik, en as jy
verwag om die Groot Verdrukking wat kom vry te spring (Lk 21:36), dan het jy
regtig nodig om jou lewe en jou liefde en jou aanbidding en jou gehoorsaamheid
aan YAHUSHUA HA MASHIACH te gee.
Want HY is die ENIGSTE EEN WIE jou siel kan red en HY is die ENIGSTE EEN WIE jou
kan beskerm. Dis deur SY NAAM & SY BLOED.
En ek pleit DIE BLOED oor hierdie Bediening en oor jou en Talia en oor almal van
AmightyWind gemeente.
En as iemand besoek en na hierdie gaan luister—en ek weet ons het besoekers, en
hulle wil weet waaroor dit alles gaan—en julle het die haat gehoor wat tot my
gerig is, onthou net daars altyd haters.
Daars gevalle engele, daars demone, demoniese—demonies, besete mense en net
gewone mense wie uitgeklad is uit die LAM SE Boek van Lewe (Ps 69:28). Hulle is
in die boek van verdoemenis. Natuurlik gaan hulle nie enigiets goed oor my te sê
hê nie.
Hierdie Bediening is Heilig en gaan geen kompromie aan met sonde nie, net soos
YAHUSHUA ook nie. So dis wat ek te sê het.
En ek sien uit na Hanukkah, en ek sien uit na die GROOT Sukkot video wat
vrygestel gaan word. O, moet dit nie mis nie! Moenie dit mis nie, AmightyWind
gemeente!
En besoekers wie nou luister! Julle sal waarlik geseën wees! Ek sê, shalom. Dis
ook ‘n seëning op jou gedagte, jou liggaam en jou gees en jou siel. En shalom is
die vrede... en iemand baie spesiaal vir my, ‘n Joodse man het daardie net vir
my geleer en ek was…
Iemand met wie ek oor die foon gepraat het vir 4 ure. Whew! Ons het net daardie
Salwing heen en weer gebons soos ‘n tennisbal. Dit was so awesome. Ek gaan nie
sy naam sê nie. Hy weet na wie ek [verwys] wanneer hy hierdie hoor. En julle
weet ook wie hy is, Syl en Tal, en wat ‘n seëning; ek is…
Waarlik wat ‘n gesalfde man is hy. Ek het van hom geleer, hy leer van my. En hy
leer ook Hebreeus sodat hy hierdie Profesieë kan vertaal. Daardie is sy
hartsbegeerte en daardie is ons hartsbegeerte: Want al daardie Profesieë wat
gerig is tot Israel—alhoewel Engels veronderstel is om die tweede taal [daar] te
wees—weet ek ook dat ’n groot klomp van hulle nie Engels praat nie.
So YAHUSHUA HA MASHIACH seën julle. Ek is lief vir julle. En ek is lief, lief,
lief vir ons AmightyWind gemeente.
Ons is nou in 51 verskillende tale. Ek gaan nie die laaste een noem nie. Hierdie
sal ‘n verrassing wees vir almal. En, ek wil ook sê hoe baie ek U, ABBA YAHUVEH
GELIEFDE YAHUSHUA HA MASHIACH & KOSBARE RUACH HA KODESH aanbid, liefhet, loof en
intens liefhet.
En dank U ABBA YAHUVEH EL SHADDAI, dat U wraak neem op die vyande, die verworpe
vyande van wie U gesê het, "Elke wapen wat teen jou gesmee word, sal niks uitrig
nie; en elke tong wat teen jou opstaan in die gereg, sal jy weerlê. Dit is die
erfdeel van die knegte van die HERE..” (Jes 54:17 OAV), van U, YAHUSHUA HA
MASHIACH.
Ons dank U en ons loof U, GELIEFDE YAHUSHUA. Dank U en loof U dat ons name
geskryf is in die LAM SE Boek van Lewe. En ons neem dit nie as vanselfsprekend
aan nie en ons wil U nooit seermaak nie. Help ons om meer verblydend te wees tot
ABBA YAHUVEH en U, YAHUSHUA, en tot die KOSBARE RUACH HA KODESH.