Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle
Profesieë bygevoeg moet word van nou af:
EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva] om nie hierdie Bediening na ‘n man
of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in
jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan
het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee.
Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die
Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou
hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se
Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur
jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja 42:8)
In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook gesê dat die volgende vanuit 2 Kronieke
bygevoeg word voor elke Profesie:
2 Kronieke 36:16
“Maar hulle het die Boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY
Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat
daar geen genesing meer was nie.”
* * * * * * *
So spreek die Here GOD van die Leerskare:
EK sal bewys dat EK hulle beloon wie ywerig na MY soek. Toets MY en kyk hierdie
jaar is die jaar waarop julle gewag het. Kom bymekaar rondom die wêreld deur die
wonderwerk van die rekenaar, verbind met mekaar, staan saam en julle sal 'n
groter uitstorting van die RUACH ha KODESH (Heilige Gees) sien soos nooit tevore
nie.
Want julle sal mekaar se gawes opwek wat sluimerend was of selde gebruik is.
Julle sal deur die Gees saamgebind word sonder om selfs op 'n vliegtuig te klim,
julle sal een in MY wees deur die wonder van hierdie rekenaartegnologie wat
alhoewel satan dit gebruik vir sy boosheid, EK dit selfs meer gebruik vir MY Lof,
Eer en Glorie. MY Profete sal dit gebruik om MY boodskappe oor te dra, so
luister aandagtig hierdie jaar sodat julle sal weet wat om te verwag voordat dit
gebeur. EK sal die Profete uitstuur voordat EK MY toorn stuur.
Bid dat EK sal vind dat julle ernstig na MY soek, MY liefhet en MY Woord
gehoorsaam. Want moenie sê julle het MY lief as julle MY nie gehoorsaam nie.
Alhoewel julle sondes weggewas is deur die Reddende Bloed, moenie MY beproef nie
want EK weet wie is gered en wie speel slegs toneel!
EK het voorheen MY Profetes aangesê om te sê dat oordeel by die huis van YAHUVEH
begin! Nou het oordeel op hierdie dag van 8 Januarie 1997, by die huis van
YAHUVEH begin op 'n meer kragdadige manier as ooit tevore! Kyk en luister
aandagtig, wees voorbereid! Kyk hoe EK die tempels skoonmaak net soos toe MY
Seun die tempel geskeur het, dit was van toekomende dinge en dit het begin. Bose
herders en wreedaardige pastore, valse profete, pasop; groot en magtige toorn
kom hierdie jaar julle kant toe.
Hardloop terwyl julle nog kan. Julle het dinge in MY NAAM gedoen, julle het MY
klein skapies seergemaak, hulle geslag en MY Skape aan die voete van satan
geoffer en julle sal hiervoor boet. Julle het die bose aangemoedig en die
regverdige ontmoedig. Julle het gesê EK praat leuens en het visioene gesien,
maar julle ken MY nie eers nie. So, hoe kan julle MY gesien het, of van MY
gehoor het. Julle het baie mislei en selfs MY Heilige Woord gebruik vir julle
eie voordeel en julle glorie.
Wees gereed om te veg want julle gaan nie net die Almagtige GOD YAHUVEH beveg
nie! Maar ook MY nuwe geslag RUACH ha KODESH (Heilige Gees) vervulde krygers.
Hoor hulle oorlogskrete.
Hulle is vol van die woede van YAHUVEH oor alles wat die vyand gedoen het. Hulle
gaan agter die skape aan wat die vyande weggejaag het. Hulle gaan hulle na die
voete van die enigste Goeie Herder, YAHUSHUA ha MASHIACH (Jesus Christus) van
Nasaret en Golgota bring! YAHUSHUA ha MASHIACH is SY NAAM en dit is op hulle
lippe, sowel as op hulle voorhoofde (verstand) en harte geskrywe.
EK gaan MY vyfvoud-bediening op maniere bekragtig wat hulle nog nie geken het
nie en hulle sal die hele tyd MY stem hoor en sien dat die GOD wat hulle dien
almagtig is in oorlog. MY Kinders, julle het niks om te vrees nie, want EK ken
MY skape en julle ken julle Herder. Julle het niks om te vrees nie. EK sê weer
vir julle, kyk op, julle verlossing het nadergekom. MY koms is nader as wat
julle selfs kan dink, maar die vyand weet dit en probeer nou die boosheid
bespoedig.
Onthou wanneer die vyand inkom soos 'n vloed, sal EK 'n standaard teen hulle
oprig. Diegene wie agter die kansels staan en MY Skape bedien, hoor MY stem. EK
het julle geroep om vegters vir YAHUSHUA te wees, nie papperds nie. Vat terug in
MY NAAM, wat die vyand van julle gesteel het. satan het gekom om te steel, te
slag en te verwoes. Hou op om hom toe te laat. EK sê weer, EK het julle geroep
om MY Vegters te wees, nie papperds nie.
Moet aan die duiwel geen plek gee nie en die duiwel sal geen plek aan julle gee
nie. Vandag moet die kerk, wat nie die gebou of pastoor is nie, maar MY Mense
wie by MY NAAM geroep is, opstaan en sê, "Ons is vegters vir YAHUSHUA ha
MASHIACH; ons weet ons is meer as oorwinnaars deur YAHUSHUA se NAAM. Die geveg
is YAHUVEH s'n, die oorwinning is ons s'n tot Lof, Eer en Glorie van YAHUSHUA ha
MASHIACH en YAHUVEH!"
Laaste maar nie die minste nie, julle sal in elke aspek sien hoe EK losmaak wat
EK nie saamgebind het nie, julle het dit self gedoen. Maar dit sal slegs MY hand
vat om los te maak wat nooit bedoel was om saamgebind te wees nie. Kan 'n os en
'n muis 'n wa trek? Nog erger, kan 'n os en 'n mier 'n wa vol vrugte trek? Bid
tot MY en MY RUACH ha KODESH sal openbaar waar die mier of die muis aan julle
vasgebind is. Aanvaar dan wat EK ookal kies en wie EK ookal kies om losgemaak te
word van julle.
Want julle het gewonder hoekom julle gebede verhinder word, dit is omdat sommige
van julle ongelyk saamgebind is op baie verskillende maniere. Dit sluit MY
bedienaars en die bedienings in, sowel as julle persoonlike lewens. Niemand sal
enigiets terwille van MY prysgee, wat EK nie ten minste dubbel sal teruggee in
hierdie lewe en in die Hemel nie. Vertrou MY en wees gewillig soos Abraham was
en julle moet geloof hê. Sê, "YAHUVEH, wat ookal my verhinder om volkome te wees
wat EK geroep was om te wees, en alles wat ek georden was om te doen, offer ek
op as 'n offergawe aan U, enigiets wat in die pad staan dat U volmaakte wil in
my lewe sal geskied."
Offer alles wat julle is en alles wat julle nie is nie, aan MY en kyk hoe EK 'n
magtige verlossingswonderwerk in julle lewens en dié van julle geliefdes gaan
doen. EK sal julle hierdie jaar die begeertes van julle hart gee want EK weet
die begeertes van julle hart is die begeertes wat EK vir julle gegee het.
* * * * * * * *
Gegee op hierdie dag, 8 Januarie 1997 aan Eerw. Elisheva Eliyahu deur die
salwing van die RUACH ha KODESH vir die Glorie van YAHUSHUA, die ENIGSTE
eniggebore Seun van YAHUVEH.
'n Nota van Eerw. Elisheva Eliyahu:
Bid in die krag van die RUACH ha KODESH tale dat veral die gawe van profesie in
julle sal oprys. Ons Profete het ook nodig dat daar oor ons geprofeteer moet
word. Ek bedien aan ander, maar so min bedien my. Miskien sal jy een van hulle
wees.
Ja, daar kom 'n aardskudding na Amerika toe ook. Ek het baie drome gehad en het
my staat Indiana byna verwoes gesien. Dit sal 8.9 op die Richterskaal meet en
daar sal terselfdertyd tornadoes en oorstromings wees. Dit sal ten minste 15
state op terselfdertyd as Indiana tref.
Ek het GOD die Vader in my mees vreesaanjaende droom, terwyl mense opruim en
dink dit is verby, hoor sê, "Einde van rondte 1, nou vir rondte 2!" Maar prys
YAHUSHUA, HY het vir my in dieselfde droom gewys dat alhoewel 'n paar huise
staande sal bly, sal dit soos in die tyd van Moses wees en daardie mense wie
YAHUSHUA in gees en in waarheid aanbid, hulle huise en lewens sal gespaar word.
Die engel van die dood sal by hulle verbygaan en nie hulle of hul huise aanraak
nie. Aborsieklinieke sal in groot sinkgate val soos wat die aarde oopmaak en
hulle insluk. YAHUVEH self sal wys wat gebeur met die moordenaars van onskuldige
babas wat nog in die baarmoeders is.
Homoseksualiteit is 'n perverse gees van wellus en nie 'n geboortefout nie, maar
sonde en dit is deur satan gestuur om YAHUVEH se eenheid, wat genoem word die
huwelik, te bespot! Maar Almagtige YAHUVEH sal weereens wraak neem op maniere
wat sal bewys HY word nie maklik bespot nie. En ellende wag op hulle wie die
bespotting doen, want YAHUVEH is nie net 'n GOD van genade en liefde nie, maar
van toorn teenoor SY vyande!
'n Groot deel van die nasie en mense van Amerika het hulle vrees vir YAHUVEH
verloor en vir hulle wie het; HY sal hulle iets gee om te vrees. Maar dié van
ons, die Bruid van YAHUSHUA, het niks om te vrees nie, so lank ons ons bes doen
om HOM te gehoorsaam, SY stem te hoor en HOM in Gees en Waarheid aanbid. Waarsku
ander sodat die bloed van Eseg 3:17-21 nie op julle hande kom nie. Ellende wag
vir hulle wie hoor en nie luister nie. Eerstens sal die oordeel op die huis van
YAHUVEH wees, dan die heidene s'n.
Die rykdom en die poste van die boses sal aan YAHUSHUA se ware kinders gegee
word wie HOM aanbid en geloof het en daarna strewe om HOM te gehoorsaam en HOM
dien, en die Evangelie van YAHUSHUA vir die verlossing van siele versprei. Meer
miljoenêrs as wat daar ooit voorheen was, sal opstaan en dit sal YAHUVEH se
kinders wees wie die rykdomme, lugdiens, inkopiesentrums besit.
Ek is geroep om ook 'n kerkplanter te wees en pastoor van baie kerke. Dit kos
geld wat ek nie nou het nie. maar ek glo in geloof vir dit voor die einde van
hierdie jaar. Moedig asseblief julle broers en susters rondom die wêreld aan,
vertel vir hulle YAHUSHUA gaan SY kerk op 'n baie groter manier as ooit tevore
beskerm. Hou vas en kyk hoe die vyande val.
China gaan 'n kragtige aardbewing beleef en plae sal hulle oorval en siektes wat
geen mens kan genees nie en hulle sal swaarkry omdat hulle YAHUSHUA se kinders
vervolg. YAHUVEH sal weer bewys dat HY nie blind of doof is nie en HY het die
krete van SY kinders gehoor. Kyk hoe die vyand sê ons YAHUVEH bestaan nie. Maar
pasop satan, want verlossing is oppad vir YAHUSHUA se mense, selfs terwyl dit
hier getik word.
Hulle wie die ware Christene vervolg het sal nou vervolg word. Hulle wat geeste
van vernietiging, armoede, hopeloosheid en dood gestuur het, sal dié wees teen
wie hierdie geeste op 'n magtige manier boemerang. Ons vyande sal vergaan as
hulle nie bely voor die GOD wie almal oordeel nie. Die rykdom sal en is alreeds
besig om in die hande van die regverdiges te draai deur YAHUSHUA ha MASHIACH!
Dit sal slegs 'n kort tydjie wees totdat ons YAHUSHUA weer kom en hierdie geld
moet gebruik word om die siele-oes in te samel.
Ons YAHUSHUA kom! Eers moet HY SY kerk gereed kry sonder vlek of rimpel. Geen
trots in ons Geestelike leiers nie want dit sal deur die krag van die RUACH ha
KODESH geskied sodat geen persoon YAHUSHUA se Glorie kan vat nie. Groter
salwingskrag as ooit tevore sal op SY uitverkose diensknegte kom en groot tekens,
wonders en wonderwerke sal na die ware aanbidders kom en hulle sal sien dat ons
YAHUSHUA nogsteeds vandag op 'n magtige manier wonderwerke doen!
Sommige sal so gesalf wees dat selfs die skaduwe van sommige diensknegte die
duiwel en demone sal verdryf en die siekes sal genees en die dooies opwek vir
YAHUSHUA se Eer alleen. Die jaar 1997 sal 'n draaipunt vir die kerke wees,
daardie kerke wat die nuwe wyn weier, sal leeg of vol okkultiese mag wees. Die
RUACH ha KODESH sal nie langer afgesonderde kerke duld nie. Ons is almal een en
ons moet geen kleur sien ander dan rooi nie! Ons is die mense - Bloedgewas en
skoongemaak deur die reddende Bloed van YAHUSHUA ha MASHIACH van Golgota.
Ons broers en susters, maak nie saak watter ras, bloedverwantskap of taal nie,
is slegs dié wat gered, geheilig en gevul is met die RUACH ha KODESH. Ons sal
hulle herken aan hulle vrugte en saam met hulle geeste getuig. satan het probeer
om rasse te laat dink hulle is beter, dit is trots en YAHUVEH sê een van die
dinge wat HY die meeste haat is trots.
HY ag nie sommige mense hoër as ander nie. HY weet wie SY kinders is en wie die
kinders van satan is. HY sal nie toelaat dat SY uitverkorenes langer mislei word
nie. Kyk hoe die vervalsing op 'n magtige manier val en YAHUVEH die egte profete,
evangeliste, pastore, apostels en onderwysers oprig om die vervalsings
(counterfeits) se plekke te vul.
En laasgenoemde sal meer geseënd as die eersgenoemde wees, want hulle sal erken
dit is nie deur ons eie mag of krag nie, maar deur die krag van die RUACH ha
KODESH alleen. Deur die NAAM van YAHUSHUA ha MASHIACH en dit is deur SY Bloed
wat verlossing sal kom. Dit is die salwing wat die jukke en kettings sal breek,
deur die RUACH ha KODESH se krag.
Daar is baie vegters wat geval het. Hulle het nie meer krag of geloof nie. Die
duiwel het hulle mislei en hulle dink YAHUSHUA sien nie hulle trane of hoor nie
hulle krete hierdie jaar nie. Hou vas, dit is nie nou tyd om op te gee nie. Die
bedienings wat aan julle gegee is sal vooruitgaan en alles waarvoor julle gewag
het sal 'n realiteit word. Moenie opgee nie.