Profesie 20
Pasop Vir Afgryse Van Nuwe Kokende Swart Bloed Plaag Wat Kom!
Pastoor Apostel Elisheva Eliyahu 25 Mei 1998
Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë
bygevoeg moet word van nou af:
EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva] om nie hierdie Bediening na ‘n man
of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in
jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan
het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee.
Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die
Mond van Die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou
hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se
Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur
jou asem nie anders sou dit misluk het.
(Jes 42:8)
In Julie 2010 Het YAHUVEH GOD ook gesê dat die volgende uit 2 Kronieke bygevoeg
word voor elke Profesie:
2Kronieke 36:16 “Maar hulle het die Boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde
verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk
opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”
(skrifaanhalings vanuit: Woord en Getuienis Bybel vertaling, behalwe wanneer
anders aangedui)
* * * * * * * Kommentaar op hierdie Profesie
YAHUSHUA het met my gepraat soos ek nou dieselfde woorde tot almal van julle
spreek.
Niks sal HY meer toelaat in ons lewens wat dit sal beskaam waarvoor HY ons almal
geroep het om te doen en te bereik in SY Naam nie. YAHUSHUA homself sal nie net
die Lam wees nie maar die Leeu van Juda sal die skandelike ding of persoon direk
uit ons lewens uitruk om ons heilig en aanvaarbaar voor Hom te hou. Want hoeveel
bedieninge val vir skande en ongelyke-jukking het infiltreer en so sal nog vele!
Ek het nie enige iets verloor nie. Julle het nie enige iets verloor nie want om
mee te begin het ons dit nooit gehad nie. Dit was 'n leuen van satan. As ons
ongelyk gejuk is met ongelowiges en hulle name word nie gevind in die Lam se
Boek van Lewe nie en julle het jul lewens vir YAHUSHUA ha MASHIACH gegee en
julle dien Hom en stel Hom eerste en praat as SY mondstuk, wees verseker dat
dieselfde God wat julle dien 'n jaloerse God is en HY sal ons op geen manier
gedaante of vorm met satan deel nie. Pappa YAHUVEH homself sal julle vir jul eie
beswil skei van dít wat onheilig en onaanvaarbaar is voor die RUACH ha KODESH!
Hy sal dit nou gou doen want Terrah jy het die salwing binne my aangewakker deur
jou profesie en die wonde wat ek opgedoen het het my weereens sterker gemaak
soos vir almal van ons. In ons vlees voel ons platgeslaan en vertrap en gespoeg,
maar ons moet aanhou opstaan in die Naam van YAHUSHUA en nie ons vlees wat
opstaan nie maar die Gees binne-in ons, dan sal dit satan wees wat platgeslaan
word en onder ons voete vertrap word in die Naam van YAHUSHUA!
* * * * * * *
So spreek YAHUVEH; In vergange tye het EK MY kinders hanteer wat ongelyk gejuk
was, MY diensknegte, diegene wat by MY Naam geroep is wat hulself gejuk het met
kinders van satan deur ongelyk gejukte huwelike, vriendskappe, vennootskappe,
instansies, kerke en alle ander vorme. Terwille van julle het EK julle hanteer
met geduld en met lankmoedigheid. EK het vir MY Kinders gewag om te besef waar
MY RUACH ha KODESH nie gerespekteer, of bemin of verwelkom word nie hetsy dit
huwelike, familie, vriende, instansies of enigiets anders is wat nie van MY af
is nie, julle is nie waarlik deel van hulle nie en hulle was nooit eensgesind
met julle nie.
So baie het verkeerde keuses gemaak en dan word EK blameer. Vir wanneer hulle
gewond is en na Pappa toe kom en sê, "Vader kyk na MY bloeiende wonde, kyk wat
het diegene wat ek liefhet aan my gedoen, hulle wat ek vertrou het, hulle met
wie ek myself gejuk het. Pappa, hoekom het U toegelaat dat dit gebeur? Gee U nie
om nie?" O MY Kleintjies, ja, ja EK sê weer vir julle EK gee om en EK sal dit
weer sê terwyl EK MY arms vir julle oopmaak om daarin te hardloop en julle op
julle Pappa God YAHUVEH se skoot klim en EK julle toevou met MY arms, julle
toelaat om bitter trane te huil. Want julle het hulle opgegaar vir ‘n geruime
tyd en wanneer hulle losgelaat word, wanneer julle uiteindelik besef EK is nie
die een wat julle gejuk het nie, wat julle verbind het met goddeloosheid nie.
Dit is julle self wat gejuk het met die sonde van hierdie wêreld want julle het
een geword met sonde toe julle gekies het om te trou sonder om vir MY te vra of
dit die regte eggenoot vir julle was. Of dit die een was wat EK vir julle bestem
het voor die grondlegging van die aarde? Toe julle julself met die sonde gejuk
het, toe julle leiers geword het oor die heidene wat gekies het om heidene te
bly het julle jul oë gesluit sodat julle Pappa YAHUVEH julle oë moes oopruk om
julle te dwing om te sien wat julle nie voorheen gesien het nie.
Julle het julself met satan gejuk want wanneer julle sien hoe jul kinders
afdwaal en hulle MY verloën en ‘wanneer hulle opgevoed was in die weg wat hulle
moet gaan’ het EK gesê, "Wanneer hulle ouer word sal hulle nie daarvan afwyk
nie" maar tog sien julle jul kinders wat julle goddelik opgevoed het en julle
wonder wat gaan aan? Dit is omdat julle jul kinders toelaat het om gejuk te word
met die goddelose deur die TV waarna hulle kyk, die musiek waarna hulle luister,
die speletjies wat hulle speel, die vriende wat hulle tydsgenote noem en die
skole wat hulle bywoon.
Julle laat die heidene toe om julle kinders te onderrig in ruil vir 'n gratis
wêreldse opvoeding, dan kom julle na MY toe en haal hierdie skrif aan, "Voed 'n
kind op in die weg wat hy moet wandel en wanneer hulle oud is sal hulle daar nie
van afwyk nie," en tog toe julle bogenoemde toegelaat het het julle in die
opvoeding gefaal. Toe julle die Bybelstudie gestop het en hulle vertrou het om
hul eie gebede op te sê, as julle trou en nie beraadslaging doen oor wie die
Vader of Moeder van julle kinders moes wees wat jy gejuk het om oor jouself te
laat kom nie.
Wanneer jy MY stem hoor sê, "Skei", was MY genade teruggegooi in MY gesig en dan
moet jy skei van dit wat jou siel wil steel! As dit nie vrywillig gedoen word as
'n standpunt vir Heiligheid nie dan sal EK doen wat EK hier gedemonstreer het en
op baie ander maniere, dit sal YAHUVEH se hand wees wat julle uitruk uit die
vyand se ongelyk-gejukte slawernye. EK sal MY Dienaars, Kinders en MY Bruid nie
langer met satan deel nie! Want as julle MY stem gehoor het wat sê, "Gee pad van
hierdie werker van onheil af" en julle verhard julle harte en sê, "Maar dit is
my vriend, dit is my man, dit is my vrou, dit is my kind, dit is my kerk, dit is
my werk," en as julle nie gehoorsaam nie rou EK oor dit wat EK moet doen.
Hierdie is die land wat sê dat aborsie wettig is en nou word die mense tot die
dood toe uitgehonger aangesien dit al duurder word om vir die siekes te sorg en
genadedood sal meer algemeen voorkom as ooit vantevore. Baie binnekort sal wette
uitgevaardig word wat dokters beveel om te moor anders sal hulle reg om te
praktiseer weggeneem word. Dokters, dit is baie beter vir julle om te weier as
dat MY toorn neerkom oor julle omdat julle 'n lewe beëindig wat julle geen reg
gehad het om te beëindig nie. EK alleen het daardie reg want EK profeteer nou
vir julle, op die oomblik is dit die terminale siekes of die ernstig gestremdes
of die bejaardes maar deur hierdie werktuig sê EK dit gaan binnekort diegene
wees wat hulle sê is verstandelik gestremd of geestelik siek wat doodgemaak sal
word.
Dr Kevorkian is nie 'n mens nie, hy lyk net soos 'n mens maar hulle wat oë het
om te sien en ore om te hoor kan die demoon sien wat deur sy oë spot en die vorm
van sy kop lyk selfs soos 'n skedel. Hy word werklikwaar Dr. Death genoem en hy
het hierdie gees van moord en selfmoord na die V.S.A. en na die wêreld gebring
en diegene wat EK gesalf het om lewens te red deur die hande van dokters en
hulle wat die kennis het om lewens te red sal gedwing word om lewens te neem.
Niemand het die reg om 'n lewe te neem behalwe die een wat lewe gee nie en EK,
YAHUVEH, is die enigste een wat lewe gee en het die outoriteit om lewe te
beëindig. Tensy MY wette dit bepaal, moet hierdie sonde nie op julleself neem
nie, want dit is nie net 'n liggaam wat dood is nie maar 'n siel wat Hemel toe
of hel toe gestuur word. Vir hulle wat sê, "Ag wel, ten minste is hulle Hemel
toe" maar het hulle dit voltooi waarvoor EK hulle geskape het? Was hulle sending
op aarde voltooi, hoe sal julle weet?
Die babatjies, MY kosbare babatjies is daar enigiets kosbaarder as 'n baba, of
dit 'n mens of 'n dier is? EK het die tyd geneem om skoonheid en onskuld in
babas te giet en nogtans word hulle vermoor. MY kosbare babatjies word vermoor
terwyl hulle veilig in hul mammas se baarmoeders genestel was. As 'n vreemdeling
dit nou doen, snak die wêreld in afgryse na hul asems wanneer moorde gepleeg
word en ‘n baba uit die ma se baarmoeder gesny word in dade van satanisme en tog
word MY babatjies nie vermoor deur satanistiese vreemdelinge nie, nee, iets veel
erger selfs. MY babatjies word deur hul eie moeders vermoor.
Diegene waarmee EK tyd spandeer het om melk in hul borste te sit sodat hulle die
jongelinge kan voed en versorg. Diegene in wie EK 'n moeder se liefde geplaas
het om haar ongeborene te beskerm en tog hoeveel van hierdie wat die onskuldige
baba Mamma sou noem word verraai deur die einstes wat EK beveel het “wees
vrugbaar en vermenigvuldig.” Niemand dwing hierdie moeders om hul jongelinge te
vermoor nie; hulle doen dit met arglistigheid en met voorbedagte rade. Hulle
doen dit ten spyte van die feit dat EK MY krygers voor die aborsieklinieke
geplaas het, getuigend van MY liefde en dat daar 'n ander manier is. Hulle doen
dit in ‘n daad van rebellie teen die God van die ganse Skepping en EK gee
weereens 'n sidderende profesie deur die een waardeur EK voortspreek. Die wêreld
sal haar 'n dwaas noem totdat dit wat EK gespreek het gebeur en dit sal julle
wees wat MY babatjies vermoor in julle aborsie-meule, julle wat hulle
geaborteerde liggaamsdele verkoop en skoonheidsmiddels maak en hulle gebruik vir
ander gemene voornemens.
Julle moeders wat toelaat dat die babas se liggaampies nie begrawe word nie maar
in die vullis gegooi word. Julle wat die straat oorsteek of wegkruip vir MY
Kinders, wat MY woorde spreek en julle soebat om nie hierdie gemene daad te
pleeg nie. satan vrees die krag van gebed so erg dat hy sy eie mense as 'n offer
gebruik om die klinieke op te blaas en die dokters te vermoor sodat wette
uitgevaardig kan word wat sê dat MY dienaars nie toegelaat word naby diegene wat
gereed is om hierdie daad van moord op babas te pleeg nie wat hulle moeders
vertrou het en wat MY vertrou om hulle teen hierdie boosheid te beskerm.
Ag hoeveel keer het EK dit berou om julle 'n vrye keuse te gee, maar dan het EK
geweet wat sou gebeur want die God wat julle dien is algehele kennis, is EK nie?
EK profeteer dit nou deur hierdie diensmaagd [Elisheva Eliyahu], daar sal
massiewe sinkgate oopgaan onder elke aborsiekliniek op die aarde en wanneer dit
gebeur sal julle weet dit is die God van die Skepping en nie die hand van 'n
mens wat dit gedoen het nie.
Alle mense in die klinieke wat deelneem aan hierdie bose vrug van moord sal
sterf en die aarde sal oopgaan en 'n groot aardbewing sal dreun en die
aborsieklinieke sal binne-in die aarde val diep binne-in die aarde in en dan sal
die aarde bo-oor hulle toemaak. Almal in die kliniek sal afdaal in die ingewande
van die hel in op 'n manier wat EK nie gedoen het sedert tye van ouds nie. Die
wêreld sal hul kop skud want hulle sal erken dat dit nie 'n aardse bom was nie
maar 'n bom uit die Hemel en die God van die ganse Skepping, die Groot God,
YAHUVEH sal hierdie dinge doen en nog meer want hierdie is 'n land vol boosheid
en julle pornografie en julle hoerery en alle vorme van boosheid.
EK sal tekens en wonders doen om MY toorn ten toon te stel aan enigeen wat durf
om hierdie gees van Sodom en Gomorra voor MY gesig te pronk! TV stasies wat 'n
wins gemaak het uit pornografie en alle vorme van bespotting teenoor MY en
radiostasies pasop want julle het 'n toring van Babel gebou en julle dink dat
niemand dit kan afbreek nie maar EK sal. Die God van die ganse Skepping sal wys
hoe pieperig julle torings en opvangtoestelle is.
Homoseksualiteit wat eens in die minderheid was sien julle nou pronkend voor MY
Heilige kinders en hulle kinders en selfs die heidene se kinders terwyl hul sê,
"Dit is net 'n ander lewenswyse solank dit liefde is, wie maak ons seer?" EK sal
julle vertel vir wie julle seergemaak het, julle het MY toorn opgehoop oor
julle, die God wat die Tien Gebooie uitgevaardig het en aan Moses gegee het en
sulke dinge verbied het en selfs beveel het dat 'n vrou wat by 'n ander vrou lê,
of 'n man wat by 'n ander man lê, DOODGEMAAK moet word sodat hierdie gruwel nie
versprei kon word nie.
Diegene wat seksuele omgang met diere het moes DOODGEMAAK word! Ag maar nou
pronk hierdie bose land alles wat onheilig is in MY gesig. Doen wat jy kan doen
solank dit goed voel is hulle leuse. Pornografie, homoseksualisme, owerspel is
'n vangstrik van satan want dit het 'n onversadigbare aptyt na meer
losbandigheid en hoerery en probeer om die vorige daad te oortref. satan wil 'n
mens telkemaal meer deur hierdie geeste besoedel. satan het NIEMAND lief nie,
selfs nie eens diegene wat hom aanbid nie. Hy verlei hulle deur hierdie sondes
en ja beloon hulle selfs met sondige plesier, maar op die ou einde sal dit julle
jul siele kos as dit onbekeerd bly en as julle nie wegdraai van hierdie sondes
nie, sal dit eindig in verdoemenis vir ewig en julle was gewaarsku!
Nou profeteer EK weer deur MY diensmaagd. Dit sal julle goed doen om te bid vir
ore om MY stem te hoor en oë om te sien wat baie binnekort gaan kom. Julle sal
'n nuwe kwaal en siekte sien wat baie erger as VIGS sal wees want EK het dit
voorheen gespreek maar nie hard genoeg nie. Nou, moet julle almal ook waarsku
wat hierdie boodskap hoor vir diegene wat ‘n silwerlepel het en MY Kinders met
'n lepel voer en sê dat daar niks verkeerd is met die dinge wat hierbo genoem
word nie. Daar is ‘n nuwe plaag wat kom wat nie enige iemand sal aanraak wat
heilig is nie en hierdie dinge nie doen nie, daarom hoef julle nie te vrees nie.
Dit sal 'n seksueel oordraagbare plaag wees en hierdie sondige wêreld het die
aas gevat wat EK uitgesit het.
Bekend met die boosheid van hulle seksuele aptyte wat nie versadig kan word nie
daarom het die God van die ganse Skepping, EK, YAHUVEH, toegelaat dat hierdie
dwelm uitgevind word. Hierdie nuwe seks dwelm waarvoor die mens enige prys sal
betaal en hulle sal die seksuele-dryfkrag hê om meer seksmaats te verower. Die
wellus wat hulle vir ander sal hê ongeag of dit dieselfde geslag is of nie
ongeag of hulle getroud is of nie, ongeag of hierdie pil of inspuiting hulle 'n
week se salaris sal kos, want nou begin dit met een prys maar soos hulle meer
verslaaf raak en hulle nie langer seksueel kan funksioneer nie terwyl hierdie
verslawing gevoed word, sal hulle hul hele salaris betaal vir hierdie pil.
Want satan sal en het so 'n wellus in hierdie manne opgewek dat dit soos die
vuur van die hel is. Dit is onversadigbaar. Hulle sal nie instaat wees om genoeg
van seksuele plesier te kry nie. Mans sal hulle vrouens verlaat, vrouens sal
hulle mans verlaat en kinders sal hul dan daartoe wend, veral die tieners. As
julle dink die kinders is nou rebels, wag tot die volle boosheid van dit wat as
'n wonderdwelm opgehemel was bewys word as 'n vloek van satan, wat EK toegelaat
het om oor hierdie bose nasie en ja, die wêreld te kom. Groot skuld sal kom,
want selfs die kredietkaarte sal die verslawing aan hierdie dwelm wys.
Wanneer die dwelm om een of ander rede gestaak word sal daar 'n begeerte na
seksuele plesier wees en daar sal geen manier wees om daarsonder te funksioneer
nie, daarom sal groot misdade gepleeg word terwille van hierdie dwelm sodat
mense dit kan koop. Nou weereens het MY Kinders niks te vrees nie, want EK
beveel julle nou, moet geensins deel hê hieraan nie. EK het bepaal seks is
heilig wanneer dit met iemand is wat in 'n gelyke juk is met jou in 'n huwelik
is dit waar jou seëninge is. Maar vlug van die versoeking want daar sal
handelsflitse wees wat vir julle vertel hoe veilig hierdie dwelm is, EK het
reeds geprofeteer wat hierdie verslawing behels, hoe huise verlore sal gaan,
huwelike geruïneer en ja sommige van MY eie kinders MY sal verlaat vir die gees
van hoerery in hierdie dwelm. Maar weet EK dan nie wie MY Skape regtig is nie?
Ja EK weet, maar waarsku en spreek uit, daar is nog tyd.
Hierdie diensmaagd is die eerste een wat EK gekies het om met vrymoedigheid
voort te spreek en sonder vrees van gevolge. [Elisheva Eliyahu] het geen kennis
van hierdie dwelm buiten dit wat EK nou hier spreek nie. EK het toegelaat dat
hierdie euwel kom sodat MY Kinders weereens sal sien dat EK nie 'n God is wat
maklik gespot kan word nie. EK sal hierdie sondige wêreld die keuse gee om te
kies maar dit kom teen 'n prys. Nou sal daar nog een vloek oor hierdie wonder
seksdwelm kom, die nuwe god van hierdie sondige wêreld. Want daar sal 'n tekort
kom aan hierdie dwelm so sal hulle sê en uiteindelik sal dit moeiliker bekombaar
wees, dan sal julle moorde sien oor hierdie seksdwelm. Maar die laaste en
grootste vloek van alles is terwyl dit in die hande van die homoseksuele en
bi-seksuele val en hulle betrokke raak in bi-seksuele ontmoetings. EK profeteer
aan julle nou 'n nuwe plaag waarvan EK vroeër gepraat het wat simptomaties baie
erger sal wees as VIGS, baie dodeliker en pynliker en NIEMAND wat hierdie dwelm
na MY waarskuwing gebruik sal gespaar word nie.
SWART KOKENDE BLOED PLAAG!
Want daar sal 'n vloek rus op die bloed en verwoede koors, verhongering en
onvermoë om te eet. Bloed gietende uit die mond en dit sal wees asof die bloed
swart geword het en sal uitbloed uit oop dele van die liggaam. Mans en vrouens
sal dit kry van EEN seksuele ontmoeting met enige iemand wat dit het, EK sê
weer, as hierdie MY profeet is wat voortspreek en julle gees sou teen die tyd
alreeds hierdie feit getuig het, EEN, hoor julle MY, EEN, EK herhaal weer
seksuele ontmoeting is al wat nodig is en hierdie plaag sal op dieselfde manier
oor hulle kom as wat hierdie wonder seksdwelm onverwags en inderhaas oor die
wêreld gekom het en daar sal GEEN GENEESMIDDEL wees nie EK herhaal selfs nadat
hulle bekeer het op hul sterfbeddens.
EK het VIGS genees want selfs die onskuldiges het die bloedvoorraad besoedel
gehad en EK het sommige van hulle genees, alhoewel hierdie siekte ontstaan het
deur seksuele sonde met diere, ape. Die mens wat spot met dit wat EK bedoel het
om heilig te wees, deur seksuele omgang met ape. Is dit enige wonder waarom man
wat seks het met man, nog 'n perverse daad, 'n gruwel in MY oë dit oorgedra het
deur homoseksualiteit? Maar dan beweeg hierdie siekte in die bloed. So sal
hierdie nuwe plaag want die Bloed van YAHUSHUA ha MASHIACH was geweier en daar
is Verlossing in daardie Bloed, waarom sou EK dus nie die bloed vervloek van
diegene wat MY bespot nie aangesien EK MY Seun YAHUSHUA gegee het om hulle
Bloedoffer te wees, wetende hoe min sou dankbaar wees.
EK het VIGS genees, maar hierdie eindtydplaag, niemand sal genees word nie. Al
bekeer hulle en aanvaar die reddende Bloed van YAHUSHUA sal hulle gered word
maar sal nogtans sterf want hulle sal maai wat hulle gesaai het. Alhoewel die
liggaam sterf, sal die siel Hemel toe gaan as hulle waarlik weggedraai het van
sonde, en YAHUSHUA liefhet en dien, wetende dat HY die prys vir hulle sondes
betaal het en hulle skoon gewas het met SY Reddende Bloed.
Diegene wat dit doen sal sterf weereens maar hulle siele sal gered word en om te
weet of hulle waarlik jammer is sal julle sien dat diegene met hierdie Swart
Kokende Bloed Plaag van MY getuig en waarsku om weg te draai van seksuele sonde
en onheilige leefstyl. Maar niemand EK herhaal en dit is ook nuut want EK
herhaal MYSELF nie gewoonlik in profesië soos die nie maar gee aandag wanneer EK
dit doen, want hierdie is ook 'n nuwe manier waarop EK profeteer op hierdie dag.
NIEMAND SAL GENEES WORD NIE! Hierdie is die eindtyd plaag waarvan julle gehoor
het. Dit is wanneer mans en vrouens sal wil sterf en selfs probeer om hulself
dood te maak.
Genadedood sal normaal wees en die begraafplase sal nie die liggame wil begrawe
nie. In plaas daarvan sal verassing beveel word. Die vloek van hierdie
verdoemenis word in hul bloed gedra. Want aangesien hulle heiligheid geweier het
en gedraai het na onheiligheid, wette uitvaardig dat dieselfde-geslag-seks
wettig is, dit wat in die minderheid was bevorder en nou woed 'n gees van
homoseksualisme onbeheersd.
Hierdie siekte sal geen agting hê vir die heiden nie hetsy hulle ryk of arm is,
selfs die Withuis sal deur hierdie plaag geraak word. Wanneer julle hierdie
simptome sien onthou dat dit op hierdie dag, 4-5-89 (4 Mei 1998) geprofeteer was
en wee enige van MY Kinders wat dink hulle kan hierdie seksmiddel gebruik en dat
EK sal verstaan. NEE, julle sal maai wat julle gesaai het want hierdie is nie 'n
seën wat na hierdie wêreld gestuur is nie maar 'n vloek. Spreek nou voort wat EK
gesê het.
Hulle wat spot sal dit eerste kry. Hulle wat teen MY diensmaagd uitvaar omdat sy
MY Boodskappe spreek en waarsku sal dit eerste kry. Hulle wat teen MY rebelleer
en sê 'n liefdevolle God sal dit nie doen nie sal dit eerste kry want EK het
beveel dat seks Heilig moet wees. Bedienings en bedienaars wat eens op 'n tyd MY
Woorde gespreek het val en het geval en sal aanhou val. Seks is slegs vir hulle
wat saamgebind is in Heilige huwelik want die twee Geeste het een geword. EK sal
dit wat EK saamvoeg seën.
Die van julle wat in huwelike is wat nie heilig is nie en vir wie EK nog nie 'n
uitweg gegee het nie en julle word gedwing om vir een of ander rede steeds in
hierdie huwelike te bly vir nog ‘n seisoen toe EK vir julle gesê dat julle teen
hierdie plaag beskerm sal word, is dit wat EK bedoel het. Want satan sal wil hê
dat julle jul vroulike of manlike pligte moet nakom as gevolg van die maat by
wie julle is, EK julle nog nie fisies ontjuk het nie, sal hy probeer om hierdie
plaag op julle te laat kom want EK het gesê dat daar geen genesing is nie en dat
dit net een keer verg, en hoe weet julle of julle maat hierdie seksdwelm
gebruik?
Maar EK praat nou met julle in huwelike saam met heidene; moenie julle bekommer
nie want EK sal julle beskerm. Dit is die enigste uitsondering op bogemelde
vloeke wat uiteengesit is want het EK nie gesê dat EK dit wat MYNE is sal
beskerm nie en julle het geen kontrole oor wat julle heiden man of vrou doen
nie? Of, as julle verkrag word deur iemand onder hierdie vloek, sal EK julle
beskerm; hierdie plaag sal nie naby julle kom nie. Want lees MY Woord, staan
daarop en weet ook hoe baie lief EK julle het, hierdie vloek is nie vir MY
Kinders bedoel nie.
Seks sal die heidene se god word en het alreeds, maar nie julle s'n nie. En weet
dit; julle sal nie veel langer in hierdie huwelike wees nie. EK sal 'n weg van
ontvlugting voorsien, baie sal weduwees word en 'n man sal sy vrou voor sy oë
sien sterf. Egskeiding plaas net MY Kinders in groter gebondenheid, maar as
hulle kies om te skei, laat hulle gaan, EK sal vir julle voorsien op maniere wat
julle nie ken nie. As EK dit so verkies, sal EK vir julle 'n Godvresende maat
bring afhangende van wat MY wil vir jou lewe is, elkeen verskil. Want die tyd is
so kort. Om mee af te sluit, weet dit en onthou dat hierdie plaag nie bedoel is
vir MY Kinders nie. Julle sal beskerm word solank julle aan MY sy loop. Moet MY
nie verlaat vir die god van hierdie wêreld nie.
Moenie aan hierdie sogenaamde wonder seksdwelm raak nie! Dit sal 'n wonderwerk
wees, maar die wonderwerk sal in die vorm van 'n liefdevolle Verlosser kom wat
almal sal beskerm wat MYNE is terwyl hierdie plaag en verslawing die wêreld
oorrompel. 'n Plaag is 'n straf vir ongehoorsaamheid. Lev. 26:25, Numeri 14:12,
Deut. 28:21, Jer. 14:12, Jer. 27:13, Eseg. 5:12, Eseg 6:11, Eseg. 7:15, Mat.
24:7, Lukas 21:11
Lees hierdie: Die GOD van Verlossing, YAHUSHUA ha MASHIACH, julle MESSIAS, het
op hierdie dag voortgespreek deur hierdie diensmaagd, nie haar woorde nie, want
haar woorde sonder MY Naam en salwing van die RUACH ha KODESH, kan nie eers 'n
hond skrikmaak nie. Maar MY Woorde wat hierdie wêreld in wording gespreek het en
dieselfde Almagtige God YAHUVEH wat met diegene praat wat MY stem hoor, het op
hierdie dag voortgespreek. In toorn roep EK hierdie vloeke voort. Daar is
seëninge vir diegene wat gehoorsaam en vloeke op hulle wat verontagsaam. Waarsku
hulle MY Profete. Praat hard sodat hulle nie kan sê EK het hulle nie gewaarsku
nie!
Lukas 21; 25-36, Lukas 21:26. Weet dat MY Woord nie leeg na MY sal terugkeer
nie. Lees hierdie skrifgedeeltes en mediteer op almal. Die laaste een wat EK MY
dienaar vir julle in herinnering laat roep is dat die mense se harte sal beswyk
weens vrees en verwagting oor die dinge wat oor die wêreld gaan kom, want die
kragte van die Hemele sal geskud word; Lukas 21:27 En hulle sal die Seun van die
Mensdom sien kom in 'n wolk van groot Heerlikheid. En wanneer hierdie dinge
begin gebeur, kyk, en hef julle hoofde op, omdat julle verlossing nader kom.
(Jer 14:10-18) So sê YAHUVEH aan hierdie volk: Hulle het daarvan gehou om te
swerwe. Hulle het hul voete nie teruggehou nie; daarom het YAHUVEH geen behae in
hulle nie. Nou sal HY aan hulle ongeregtigheid dink en hulle sondes besoek.
Moenie meer vir MY vra om hierdie volk te seën nie, EK sal hulle nie aanvaar
nie. As hulle vas, sal EK nie aandag gee nie. As hulle brandoffer en spysoffer
bring, sal EK dit nie aanvaar nie. Wat ek vir hulle sal gee in ruil daarvoor is
oorlog, hongersnood en siektes. Toe sê ek: Ag, Almagtige God YAHUVEH, kyk, die
Profete, sê vir hulle: julle sal geen swaard sien en geen hongersnood hê nie;
maar EK sal julle duursame vrede gee in hierdie plek. Toe het YAHUVEH vir my
gesê: "Die Profete profeteer leuens in MY NAAM; EK het hulle nie gestuur en
hulle geen bevel gegee en met hulle nie gespreek nie."
Daarom, sê YAHUVEH, aangaande die Profete wat hierdie dinge in MY NAAM
profeteer, wie sê dat daar geen oorlog of honger sal kom nie, deur oorlog en
hongersnood sal hulle self sterf en die mense vir wie hulle geprofeteer het sal
uitgewerp word op die strate van Jerusalem, slagoffers van hongersnood en
oorlog. Daar sal niemand wees om hulle te begrawe nie, mans, vrouens seuns,
dogters almal sal weg wees want EK sal vreeslike straf oor hulle sondes
uitgiet."
Daarom vertel dit vir hulle nag en dag. My oë sal oorstroom word deur trane. EK
kan nie ophou huil nie want MY Volk is deurboor met ‘n swaard en lê dodelik
gewond op ‘n grond. As EK uitgaan in die lande, lê hulle liggame daar wat deur
die swaard gedood is. En as EK uitgaan in die strate, lê hulle liggame dood
weens uithongering en siektes. En nogtans maak beide die Profete en priesters
dit hulle besigheid om deur die hele land te reis en elkeen te verseker dat
alles reg is, en hulle praat van dinge waarvan hulle niks weet nie.”)
So spreek YAHUVEH, hierdie is MY Woorde wat nie leeg na MY toe kan terugkeer
nie. Hulle sal die feit volbring dat EK nie net 'n GOD van genade en liefde is
nie maar ook 'n God van almagtige toorn en wraak. Wraak is MYNE sê YAHUVEH, want
EK is Almagtig in heiligheid en EK het 'n weg van ontsnapping voorsien deur MY
Seun YAHUSHUA, maar HY word verag en gespot en SY Naam word verdoem en vervloek
of HY word verloën. Slegs SY Bloed kan sondes wegwas.
Hoe min het hierdie Bloed aanvaar en selfs diegene wat dit aanvaar, hoeveel
vertrap dit en gooi dit op die grond, spottende en sê nou kan ek enigiets doen
wat ek wil. Ek kan met een voet in die Hemel lewe deur ‘n gebed te sê en een
voet in die hel deur deel te neem aan die sondes van hierdie wêreld. EK sê vir
julle bedienaars wat dink julle kan onheilig leef agter geslote deure en geslote
bankrekeninge. Diegene wat EK bevorder raak EK ook ontslae van en EK sal ander
oprig en aan hulle die seëninge gee wat in julle naam gereserveer was. Want
julle het 'n vorm van goddelikheid en geen goddelikheid van binne nie. Die tyd
kom tot 'n einde. Want julle lewens sal nie gespaar word nie en mense sal julle
geheime ontdek wat julle verberg het, die geraamtes in julle kaste wat julle
daagliks laat herlewe.
Julle wat julself bedienaars vir MY noem, maar nie ‘n bedienaar is vir MY nie.
Want EK gee nie om aan watter leerstellinge julle vashou of by watter Bybelskool
julle gegradueer het of wie julle respekteer nie. As julle nie opstaan vir
heiligheid nie bedien julle nie vir MY nie. Julle is nie deur YAHUSHUA ha
MASHIACH georden nie. Julle is georden deur en hang die leerstellings aan van
satan en julle praat nie oor dinge wat kan aanstoot gee nie, daarom praat julle
nie teen sondige leefwyses, of homoseksualisme, of pornografie, of aborsie nie?
(julle praat nie oor) die reinheid van die huwelik en die waarskuwings teen
seksuele losbandigheid nie.
Julle praat nie van heilig lewe nie. Dit is net 'n 'voel goed godsdiens' en
julle het MY glad nie beïndruk nie. Die hel sal julle enigste beloning wees
asook die applous wat julle hier op aarde ontvang. Julle sal die hel se ewige
marteling ly, want julle leuens het nie net julself mislei nie, maar ook ander
hel toe gelei saam met julle.
(Jer 15:1-3 Toe het YAHUVEH vir my gesê: selfs al staan Moses en Samuel voor MY
aangesig en pleit vir hierdie volk, sal EK hulle nie help nie. Weg met hulle!
Neem hulle weg voor MY aangesig. Maar, as hulle jou vra: waar moet ons heengaan?
sê dan vir hulle: So spreek YAHUVEH: Wie vir die dood bestem is, na die dood;
hulle wie deur die swaard moet sterf, na die swaard; hulle wie verdoem is tot
verhongering, na hongersnood; en hulle wie vir gevangeneskap bestem is, na
gevangenskap). Want hulle wat vir siekte is sal weens hulle siektes sterf en
wanneer hierdie dinge gebeur sal almal weet dat 'n ware profeet van MY gespreek
het, as hierdie dinge tot niks kom, sal julle weet dat sy vals geprofeteer het.
Maar EK sê dit vir julle die dinge waarvan sy praat sal gebeur en julle sal bly
lewe om hierdie afgryse te sien gebeur. Maar hulle wat MYNE is, wat MY nie
verloën nie, wat opstaan vir heiligheid, ongeag hoe ongewild dit mag wees, of
watter prys julle sal moet betaal, EK sê vir julle, "Glo 'n Profeet en julle sal
voorspoedig wees," en nou sê EK weer vir julle, "Glo hierdie diensmaagd van MY
en glo dat dit MY RUACH ha KODESH is wat aan haar hierdie woorde gee om te hoor
wat EK spreek en omdat julle dit geglo het, sal julle gespaar bly van die
komende afgryse".
EK het diegene lief wat geroep is by MY Naam, wat MY gebooie nakom, heilig lewe
omdat EK heilig is, gewas in MY Geliefde Seun se reddende Bloed, wat help om die
profesieë wyd en syd te versprei, en diesulkes wat hierdie dinge uitspreek,
diegene wat hierdie dinge voortspreek ondersteun met julle finansies en ook
julle gebede. Want hulle kan nie werk soos die wêreld werk nie, want hulle moet
tyd met MY spandeer om MY stem te hoor, hulle werk is om te doen wat hierdie
diensmaagd en so baie ander doen. Die wêreld sal nie dink dat hulle geskik is
vir 'n wêreldse beroep nie, ook sal hulle nie die tyd hê vir een nie, daarom rig
EK ander op wat instaat sal wees om te werk en hulle tiendes en offergawes te
gee om te verseker dat MY Profete gevoed en beskut is en die nodige finansies
sal hê om te reis en hierdie boodskappe persoonlik te bring onder MY salwing,
want die tyd is so kort.
Julle sien EK het vir julle gesê, julle is een minuut tot middernag deur hierdie
profeet maar wat julle nie verstaan nie, wat gebeur by 59 sekondes, 58, die
aftelling die vure van vervolging sal hewiger word. Julle het mekaar nodig. EK
sê weer, geen alleenlopers meer nie. Maar so baie van julle dink julle het nie
'n ander mens nodig om julle agterhoede te dek wanneer julle satan se gebiede
betree wat hy vir sy eie geëis het nie. Versamel julself bymekaar veral in
hierdie eindtye.
Want EK sê dit vir julle, julle weet nie watter middernag uur EK kom nie, sal
dit werklik 12:00 wees of sal dit 01:00 wees en daar is baie ure voor dagbreek,
so watter uur sal EK kom? Wees waaksaam en biddend en laat EK julle die werk
sien doen van julle Hemelse Vader, besig om heilig te leef aangesien julle God
heilig is, anders kom EK en betrap julle aan die slaap by die werk. Mits EK kom
en julle wat nie wil hê dat EK te gou moet terugkom nie, julle eie planne en
agendas het. Moenie bekommed wees nie; EK sal nie terugkom vir julle nie!
EK het hierdie waarskuwing gegee want EK sê weer die middernaguur kom nader.
Laat EK nie soos 'n dief in die nag kom en julle onverhoeds betrap nie. Die bose
sal net boser word, die Goddelikes Goddeliker. EK skei nou diegene wat bestem is
vir die Hemel en hulle wat bestem is vir die hel. Van nou af is daar 'n
skeidingswaard en julle sal sien hoe EK verhoudings skei wat EK voorheen
toegelaat het. Maar nie meer nie! So, moenie dit vreemd vind wanneer hierdie
dinge gebeur nie.
Omdat EK julle liefhet, het EK julle gewaarsku, het EK julle bemoedig en ja op
hierdie dag die salwing op almal wat hierdie glo en ontvang as julle Hemelse
Vader wat spreek deur hierdie diensmaagd sal die salwing voel van MY RUACH ha
KODESH wat binne-in julle aangewakker word en julle sal sterker en luider
profeteer en met groter vrymoedigheid as voorheen. Want diegene wat hierdie lees
en sê, "Waarlik, hierdie vrou is 'n dwaas, niks hiervan sal gebeur nie." Julle
sal die eerstes wees om die gloed en bevestiging van MY toorn en wraak te
ervaar!
Gespreek deur die RUACH ha KODESH salwing aan hierdie werktuig van klei,
[Elisheva Eliyahu] vir geen ander doel nie buiten om te bewys dat EK MY Profete
uitstuur met woorde van bekering en draai weg van boosheid ingeval Almagtige
YAHUVEH se toorn julle verteer.
So is dit gespreek, so is dit geskryf op hierdie dag van 25-5-1998 voltooi
05:49. NM. So is dit gespreek, so is dit geskryf in die Naam van YAHUSHUA ha
MASHIACH. Apostel Elisheva Eliyahu