Profesie 21
Is Julle Gereed Vir 'n Skok? Gabriël Het Sy Ramshoring Geblaas!
Luister na hierdie Profesie gelees deur Apostel Elisheva Eliyahu
7 Augustus 1998
Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle
Profesieë bygevoeg moet word van nou af:
EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva] om nie hierdie Bediening na ‘n man
of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in
jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan
het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee.
Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die
Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou
hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se
Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur
jou asem nie anders sou dit misluk het. (Jesaja 42:8)
In Julie 2010 Het YAHUVEH GOD beveel dat die volgende bygevoeg word voor elke
Profesie:
2 Kronieke 36:16
“Maar hulle het die Boodskappers van ELOHIM uitgelag, SY Woorde verag en met SY
Profete gespot totdat die gramskap van YAHUVEH teen SY volk opgekom het, totdat
daar geen genesing meer was nie.”
(skrifaanhalings vanuit: Woord en Getuienis Bybel vertaling, behalwe wanneer
anders aangedui)
* * * * * * * Daniël 12:1
1 En in daardie tyd sal Migaél, die groot heerser wat oor die kinders van jou
volk staan, optree; en dit sal 'n tyd van benoudheid wees soos daar nie gewees
het vandat 'n volk bestaan het tot op daardie tyd nie; maar in daardie tyd sal
jou volk gered word, elkeen wat in die boekrol opgeskryf staan.
2 En baie van die wat in die stof van die aarde slaap, sal ontwaak, sommige tot
die ewige lewe en sommige tot groot oneer, vir ewig afgryslik.
3 En die verstandiges sal glinster soos die glans van die lugruimte, en die wat
baie tot regverdigheid lei, soos die sterre vir ewig en altyd.
Gespreek/ geskryf onder die salwing van die Heilige Gees deur
Apostel Elisheva Eliyahu
7 Augustus 1998
* * * * * * *
SKREE DIT VAN DIE INTERNET AF! SKREE DIT VAN DIE HUISE SE DAKKE AF!
PROKLAMEER DIT IN DIE STRATE, EN KERKE! RADIO en TELEVISIE!
YAHUSHUA MESSIAH IS OPPAD!
Gabriël het sy basuin geblaas! Die klankgolwe is geblokkeer met die verwoede
oorlog wat nou in die Hemele aan die gang is. Mìgael en satan en die engeleskare
veg, goed teen kwaad, maar goed triomfeer atyd. Daar is diegene wat die
ramshoring gehoor het en hulle wat nie het nie.
Maar EK sê vir julle EK het die waarskuwing gegee aan hulle wat die ramshoring
gehoor het, alhoewel Gabriël se ramshoring tot dusver slegs deur 'n PAAR gehoor
was, was dit alleenlik om MY Bruid voor te berei want haar Bruidegom kom. Moenie
bekommerd wees dat jy nog nie die basuin van Gabriël gehoor het nie want dit is
nog vir 'n bepaalde tyd. Selfs die klankgolwe kan slegs geblokkeer word vir 'n
vasgestelde tyd. Want is EK nie die een wat weet hoe ver die Hemel van die Aarde
af is nie? Selfs die berekeninge hiervan het EK vooraf bepaal.
Doen vining waarvoor EK jou bestem en geroep het om te doen. Diegene wat EK
finansieel geseën het, wanneer EK terugkom en EK vind julle het julle geld
opgegaar vir ‘n reëndag en die profete en apostels gebrek laat ly wat die
profetiese woorde oor die wêreld moet voortspreek en vertel van MY wederkoms en
die noodsaaklikheid om gereed te maak.Wee hulle wat dit gedoen het.
Wee hulle wat MY Apostels en Profete gemuilband het of probeer muilband of
ontmoedig of verhinder het om voort te spreek. Wee hulle wat MY Apostels en
Profete gespot en mishandel het omdat hulle hierdie voortgespreek het. Julle is
gewaarsku, vertel dit nou aan ander. EK het dit eerstens aan MY diensmaagd [Elisheva
Eliyahu] vertel en vir haar gesê om die Gees wat praat te toets en om dit
gaandeweg vir ander te vertel. Sy sou die bevestiging kry wat sy gesoek het, van
diegene wat sy nie geken het nie maar EK het geweet dat hulle ore het om te hoor.
Hierdie het teen haar leerstellings en oortuigings ingedruis wat sy geleer was
wanneer Gabriël die basuin geblaas het. Dan sal julle wat nog leef opgeneem word
om MY in die lug te ontmoet.
Hierdie is waar maar wat julle nie weet nie is openbarings wat EK nou deur
hierdie diensmaagd openbaar. Dit sal teen julle godsdiens indruis, ja, en julle
leerstellings. Maar MY Woorde is betroubaar en waar. Daar is 'n tydsverloop
tussen hierdie gebeurtenisse. Eerstens blaas Gabriël die ramshoring, dan 'n
groot oorlog in die Hemele wat hierdie aarde reeds sien, die weerlig en die
gebrul van MY donderweer hoor. Hierdie aarde voel alreeds die kataklismiese
skokgolwe soos 'n vrou wat geboorte skenk. Die Hemele gee geboorte aan die Seun
van YAHUVEH se wederkoms!!! Die Hemele trek krampagtig saam soos 'n vrou wat
geboorte skenk. Die aarde sal hierdie kontraksies sien en voel net soos 'n vrou
wat geboorte skenk. Daar sal orkane, tornados, vulkane en aardbewings wees en
hulle omvang sal hewiger word terwyl MY koms nader.
Julle het altyd hierdie dinge gehad, dit is waar, maar nou sal julle 'n
verandering sien in die atmosfeer, want EK alleen is die ALMAGTIGE GOD YAHUVEH
en EK sal bewys dat julle nie die kalender kan vertrou om te sien watter seisoen
sal verskyn nie. Neem kennis van die planete terwyl EK dit wat julle geglo het
verskuif en wys wat julle nog nie gesien het nie.
Neem kennis van die son en die maan en die sterre want weereens het EK
verrassings gebêre vir hierdie aarde. EK sal bewys dat EK alleen ALMAGTIGE
YAHUVEH is! Ek sal verskaf EK sal nie langer bespot word nie. Dit wat die
heidene gesê het onmoontlik is, sal EK wys dat met ALMAGTIGE YAHUVEH is alle
dinge moontlik. Die heidene se gode sal verkrummel tot puin. Die aarde sal
oopgaan en vir Boeddha insluk. EK sal bewys in watter pieperige gode die heidene
hulle vertroue gestel het. EK sal geen ander gode voor MY hê nie. Diegene wat
ander gode aanbid sal saam met hulle gode sterf behalwe as hulle vandag bekeer.
Môre mag dit te laat wees! Julle was gewaarsku! Enigiets wat julle voor YAHUSHUA
ha MASHIACH stel is 'n god. Hetsy dit 'n persoon, plek of ding is. Enigiets wat
julle liewer het as vir MY, sal EK verwyder. Nahum 1 sê duidelik EK is 'n
jaloerse GOD.
Julle sal sien hoe EK my vyande beveg en vernietig. EK sal diegene afsonder wat
aan MY behoort, in hul verstand, liggaam, geeste en siele. EK weet wie waarlik
vir YAHUSHUA aanbid en wie waarlik die RUACH ha KODESH het om dit te bewys
inwonend in hierdie aardse werktuie. EK word nie mislei deur herhalende woorde
of aksies of 'n godsdiens nie. EK was bespot en ALLES wat heilig is was bespot,
en MY Naam word verdoem, herhaaldelik vervloek op julle luggolwe, in liedjies,
op televisie en selfs in huise waar MY Kinders woon. In 'n land wat afgesonder
is vir MY heerlikheid. 'n Klein babatjie tog so onverskrokke en parmantig om vir
die Skepper te sê "In GOD we Trust" en MY nogtans bespot deur MY RUACH ha KODESH
nie toe te laat in hulle skole, howe of regering nie, EK sal die Hooggeregshof
wys wie alleen Oppermagtig is. EK sal vir Amerika wys wat gebeur met 'n baba wat
sê gaan weg, ek het nie meer hierdie Vader YAHUVEH nodig nie.
EK sal Amerika wys en haar gebruik as ‘n voorbeeld want EK het MY ergste gehou
vir laaste. Julle straf is besig om opgehoop te word. Die arend sal die land wat
dit moes bewaak, opvreet! O! O! Maar EK kan MY Babatjies, MY ware Babatjies, MY
Kinders, hoor, beide klein en volwasse, beide wat vleis eet en steeds aan die
melk van MY bors drink. En hulle sê, "Nie ek nie, sekerlik nie ek nie, ek bly in
Amerika wat sal van my word?" Trane stroom uit sommige van julle se oë in vrees,
ander knip die trane weg.
Hier is wat EK sê vir diegene wat MY RUACH ha KODESH het en MY eerste stel en
nie skaam is vir die NAAM van YAHUSHUA of om 'n wedergebore, RUACH ha KODESH
gevulde Christen genoem te word nie. Luister mooi en hulle wat MY stem ken sal
'n vrede ervaar wat alle verstand te bowe gaan en weet dit is EK, julle Meester
YAHUSHUA ha MASHIACH, wat hier voortspreek uit hierdie diensmaagd tot die wêreld!
Hier is wat julle Verlosser YAHUSHUA spreek tot SY kinders gevul met MY RUACH ha
KODESH, luister mooi en vertel vir almal wat wil luister. Soos in die dae van
Moses, so sal dit weer wees. EK sal die Israeliete en die Egiptenaars skei.
MY seëninge en MY vloeke, seëninge vir diegene wat MY gehoorsaam en vloeke vir
hulle wie ongehoorsaam is aan MY. Het EK nie 'n plek vir hulle voorberei, toe
die bose Farao dit onmoontlik gemaak het om daar in die heiden land te woon nie?
Gebeur dit nie ook nou in Amerika nie? Sien julle nie ook hoe die bose faraos
verrys in die vorm van regering besig om julle Christelike vryhede weg te neem
nie? Wette uit te vaardig wat sê julle mag nie praat teen dit wat EK 'n gruwel
noem nie. Julle dwing om vir hierdie gruwels te betaal met belastinggeld wat EK
nie beskik het vir julle om te betaal nie. Lewenswyses wat EK eenvoudig in MY
Woord gesê het is ‘n gruwel vir YAHUVEH.
Julle woon in 'n land in Amerika waar MY NAAM konstant bespot en vervloek word.
Die verdoeming val net terug op diegene wat MY NAAM verdoem vir wins. EK sal
julle nie hiervoor vergewe as hierdie akteurs nie trane van berou stort en voor
die mense bely dat hulle gesondig het nie. Het EK nie 'n veilige plek vir Lot
voorsien wat moes vlug nie? Net Lot se vrou wat omgekyk het was vernietig. Want
sy het verlang na die lewenswyse waarvan sy weggevlug het. Daarom het EK vir
haar dieselfde loon gegee. Vernietiging!
Het Ek nie 'n veilige plek vir Noag voorsien nie? Hoekom sal EK nie 'n veilige
plek voorsien vir MY Kinders gevul met MY RUACH ha KODESH nie? Hoekom sal julle
MY Liefde betwyfel as hulle nie het nie?
O, hoe bedroef julle MY wanneer julle dit doen. Is EK nie instaat om almal op
hierdie aarde te versorg wat aan MY en MY Vader behoort nie! Hou op om MY te
betwyfel! Het EK nie in die tyd van Moses selfs die Heidene forseer om hulle
silwer en goud op te gee nie sodat diegene wat heilig was nie met leë hande en
armoedig vertrek het nie? Die rykdom van die goddelose word opgegaar vir die
regverdiges.
Moenie na die ekonomiese wee luister nie. Dit is die heidene se wee, nie MY
Kinders se wee nie. Tot Eer van YAHUSHUA, YAHUVEH en die RUACH ha KODESH, sal EK
MY Mense seën op maniere waarvan hulle nooit gewaag het om te droom nie, nie vir
hulle selfsug nie. EK gee dit sodat MY Apostels en Profete vir die wêreld kan
skree, Gabriël het sy ramshoring geblaas.
Kinders wat MY stem hoor EK beveel julle om MY Apostels en Profete te ondersteun
wat dit waag om met vrymoedigheid te spreek. Dink julle dit is nie Skriftuurlik
nie? Het EK nie 'n klein weduwee vroutjie voortbeskik met net genoeg om 'n
broodjie vir haar en haar seun te bak vir 'n laaste maaltyd, om MY Profeet van
Ouds Elia te voed nie? Maar sy het geglo dat wanneer jy 'n Profeet seën so sal
jy voorspoedig wees. Op vele maniere buiten die finansiële het EK daardie
weduwee geseën.
EK het selfs dat Elia van Ouds haar seun se lewe red, hom teruggebring uit die
dood. MY Profete sal nie instaat wees om te werk soos julle werk nie, want wie
wil 'n persoon in diens neem wat die stem van YAHUVEH kan hoor? Hulle sal vir
hulle lewens vrees, en ook dat hulle sondes ontbloot word. So voed MY Apostels
en Profete soos julle MY ander bedieninge gevoed het. Wanneer julle die apostels
en profete se monde snoer deur vir hulle te sê hulle is nie belangrik genoeg om
te ondersteun nie, maak julle MY Stem stil wat gehoor moet word op hierdie aarde
in ‘n luide, suiwer, vrymoedige stem.
Dit is die ware apostels en profete wat hulle lewens daagliks op die altaar lê,
wat gehaat en verwerp word terwille van MY NAAM maar hoe min van julle
ondersteun 'n apostel of profeet. Hulle ly gebrek terwyl julle dít ondersteun
wat julle as waardiger bedieninge ag.
GABRIËL HET DIE RAMSHORING GEBLAAS! DIE KLANKGOLWE IS GEBLOKKEER TOT DUSVER, AS
GEVOLG VAN DIE VERWOEDE OORLOG IN DIE HEMELE, MAAR O NOG SO 'N KORT TYDJIE EN
DIE EEN VIR WIE JULLE WAG SAL VERSKYN VIR SY BRUID! SAL JULLE GEREED WEES?
SPREEK VOORT DIE GEHEIME WAT EK VIR JULLE VERTEL IN ONVERSKROKKENHEID!
Ondersteun die bedieninge, al lyk hulle minderwaardig teen die groteres met
volop finansiële ondersteuning, dink julle EK sal julle seën omdat julle vir die
bedieninge gee wat nie julle geld nodig het nie. Julle geld maak hulle net
gulsiger en kragtiger in hul eie naam, vir hul eie roem. EK beveel julle om aan
die Profete en Apostels te gee wat op MY staatmaak om hulle te ondersteun deur
die saad te stuur deur MY Mense, die een tot wie EK hierdie spreek weet nie eers
waar die volgende doller vandaan gaan kom nie, maar sy vertrou MY en EK sal
voorsien.
Want deur dit te waag om te spreek wat EK nog deur geen ander Profeet tot dusver
gespreek het nie, sal MY Dogter [Elisheva Eliyahu] vervolg word omdat sy dit
voortspreek, en selfs gespot word deur haar eie tydsgenote. Groot sal hul toorn
wees omdat hulle dit doen, en groot sal haar beloning wees om te spreek wat sy
nie langer kan verswyg nie. In die tyd van Moses, het EK nie vir die Kinders van
Israel voorsien nie? Nogtans het kinders van Israel hulle ondankbaar gedra.
Maar al MY Kinders tree een of ander tyd dieselfde op. Hoeveel van julle neem
jul seëninge vanselfsprekend wat EK daagliks gee? Maar net soos julle jul
kinders vergewe as hulle julle nie elke dag bedank omdat julle hul versorg nie,
so vergewe EK julle omdat julle ook vergeet. In die tyd van Moses het EK nie
water uit 'n rots voorsien vir hulle dors nie, 'n harde droë rots? Nogtans het
dit MY Lewende Waters laat voortvloei wat hulle onderhou het. MY Kinders was
dors daarom het EK vir hulle water uit 'n rots gegee en EK kan dit weer doen en
EK sal, EK is GEEN aannemer van persoon nie.
Glo net en glo dat EK apostels en profete sal oprig en opgerig het wat al
hierdie dinge sal doen en nog meer. EK SAL DIT WEER DOEN! Hulle wat nie MY
Lewende Water aanneem nie sal dors ly, sal sterf en hel toe gaan. Vir MY Eer
alleen sal EK Lewende Water uit rotse voortbring. Het EK my Kinders laat
Hongerly in die woestyn? Verstaan julle hoeveel moes EK voed? Het EK 'n probleem
gehad? NEE! Sonder om selfs 'n pyl af te vuur, sonder om selfs na die voëls te
soek, het EK die voëls hulle lewens laat opoffer sodat MY Kinders vleis kon hê
toe hulle moeg geraak het vir die manna, Engele-Brood uit die Hemel.
EK het hulle met kos uit die Hemel gevoed waaroor hulle gemurmureer en waarvoor
hulle moeg geraak het en so sal EK hulle weer voed. Wanneer hulle dan gekla het
omdat hulle moeg geraak het van kos uit die Hemel, het EK vir hulle die vleis
van hierdie aarde gegee waaraan hulle gewurg het en duisende het gesterf. EK was
kwaad oor hulle ondankbaarheid! So pasop, want weereens is EK 'n GOD wat nie
VERANDER nie! Nou is julle geleer op hierdie dag. EK het vir Moses en MY Kinders
die deurgang deur die Rooi See gegee toe hulle rue teen die dood was voor hulle,
en agter hulle, en so sal EK weer doen.
Glo MY net; EK het 'n plek voorberei vir MY Kinders. EK het nog nie hierdie plek
openbaar nie selfs aan die apostels en profete nie. Want die tyd is nog nie reg
vir hulle om te maak dat MY Kinders vlug nie. Julle kan nie voor die wolk van
heerlikheid uitgaan nie en julle kan nie agter dit aangaan nie. Julle moet reg
onder dit bly en beweeg wanneer dit beweeg en staan wanneer dit staan. EK sal
weer vir julle 'n wolk van heerlikheid gee om te volg en 'n vuurkolom om julle
pad in die nag te verlig. Moenie bekommerd wees oor die
elektrisiteitsmaatskappye nie.
As dit vir MY nodig is, sal EK die engele stuur om julle te lei. EK sal steeds
‘n volk hê. EK sal nogsteeds dit wat MYNE is beskerm. JA, sommige van julle sal
gewillig julle lewens vir MY gee, maar EK sal net jou lewe vir jou teruggee.
Sommige sal in die Hemel ontwaak wetende dat hierdie bloed net meer Stefanusse
opgewek het. Want onthou Saulus het die kleed van Stefanus gehou toe Stefanus
gestenig was en Saulus het Paulus geword. Hierdie martelaar Stefanus het MY
gesien toe die Hemele geopen het en MY GLORIE het sy gesig laat skyn, so moenie
dink dat dieselfde tipe martelaars wat verrys wat alreeds hulle lewens gegee het
nie dieselfde gesien het nie.
Sommige van MY Apostels, Profete en Kinders sal doodgemaak word en nogtans weer
lewe en die duiwel kan dit nie stop nie ook nie die mensdom nie. EK sal meer
wonderwerke in hierdie eindtye tentoonstel as in die hele Bybel saam. Sal julle
gereed wees? Sal julle aan die kant wees wat MY verloën of MY bely as Heer en
Verlosser?
Jammer om te sê, maar selfs MY eie soos Petrus wat op die water geloop het, toe
dit kom by vrees vir sy lewe, het MY verwerp en verloën, so sal dit wees en was
dit ook reeds weer gewees. Wees nou dankbaar teenoor MY vir dit wat julle het,
anders sal EK kom en selfs dit wegneem. So sal EK in julle leeftyd weer al
hierdie dinge doen selfs al hoor julle nie daarvan nie. Weet dit sal gedoen
word! EK is dieselfde God gister, vandag en tot in ewigheid. EK, die Here julle
God YAHUVEH, YAHUSHUA en die RUACH ha KODESH VERANDER NIE! Pasop om die aarde se
vleis bo die Hemelse manna te verkies.
EK gaan al hierdie dinge doen en nog meer vir MY GLORIE om te bewys dat EK
ALMAGTIGE God alleen die laaste sê het, nie satan, nie die antichris, nie die
vals profeet en nie die regering nie. EK sal bewys dat YAHUSHUA ha MASHIACH
(JESUS CHRISTUS) die skape kan versorg wat aan HOM behoort! Selfs Moses se
skoene het nie verslyt nie. So sal dit weer wees. Neem MY op MY Woord. Weet dat
EK ALMAGTIGE God is en vir MY is alle dinge moontlik. Want MY Kinders sal
Gabriël se ramshoring hoor. Sommige het alreeds, slegs as 'n voorspel om vir MY
Profete te sê, spreek dit voort om ander te bemoedig want die volgende keer
wanneer hulle dit hoor sal al MY Kinders dit terselfdertyd hoor.
Baie liefde in YAHUSHUA, 'n diensmaagd, kind, kryger, Bruid, Profeet Elisheva
Eliyahu 7/8/98 begin op 10:00 vm en geëindig 10:13 vm
* * * * * * *
IS JULLE GEREED VIR 'N SKOK?
GABRIËL HET SY RAMSHORING GEBLAAS! Deel 2 "DIE DOOIES SAL OPSTAAN"
Hier is nog 'n openbaring wat EK gedeel het met hierdie Profeet waardeur EK
spreek. Wees gereed vir 'n skok tot julle dogmatiese leerstellings en hoor 'n
waarheid wat meeste nie verstaan het nie. Ek moes vir hierdie Profeet wat nou
onder MY Salwing skryf, drome gee om dit te bevestig, en ook deur dit te spreek,
en dit selfs gespreek deur haar eie jong seun.
Tog het sy nie geluister nie want dit het geskud wat sy geleer was as 'n nuwe
baba in YAHUSHUA. Maak gereed vir 'n skok tot julle godsdienstige-opleiding en
pasop om dit wat julle nie VERSTAAN nie te bespot! Ek is 'n GOD wat nie kan lieg
nie, hierdie Profeet skryf onder MY salwing. Sy kan nie vir julle lieg nie en
het GEEN rede om die bespotting teweeg te bring wat bo-op haar gestapel sal word
nie, behalwe om MY waarhede voort te spreek nie.
EK het net onlangs vir [Elisheva] hierdie dinge gewys in die maand Julie en dit
bevestig deur ander toe sy VRYMOEDIG voort gespreek het en dit bepeins het en
die Gees getoets het wat gespreek het. O, inderdaad sê EK in MY Woord, "En die
dooies in YAHUSHUA (Christus) sal eerste opstaan en dan sal julle wie nog lewe
opgeneem word om die Here in die lug te ontmoet". Maar hier is die gedeelte wat
julle nie verstaan het nie. LUISTER AANDAGTIG! satan sal die opstanding van die
heiliges bespot. Wanneer hulle Geestelike liggame kom en herenig met die aardse
liggame sal hulle inderdaad op die aarde wandel soos toe EK opgewek is. Die
heiliges het opgestaan het hulle nie? Satan na-aap alles wat EK doen, en so sal
hy dit weer doen.
Daniël 12
1 En in dié tyd sal Mìgael, die groot vors wat oor die kinders van jou volk
staan, optree; en dit sal 'n tyd van benoudheid wees soos daar nie gewees het
vandat 'n volk bestaan het tot op dié tyd nie; maar in dié tyd sal jou volk
gered word, elkeen wat in die boek opgeskrywe staan.
2 En baie van die wat in die stof van die aarde slaap, sal ontwaak, sommige tot
die ewige lewe en sommige tot groot smaadheid, vir ewig afgryslik.
3 En die verstandiges sal glinster soos die glans van die uitspansel, en die wat
baie tot regverdigheid lei, soos die sterre vir ewig en altoos.
EK vertel dit nou vir julle sodat wanneer julle hierdie dinge sien gebeur julle
nie sy weermag van ZOMBIES sal vrees wat verslaan sal word deur die KRAG VAN DIE
KRUIS van YAHUSHUA ha MASHIACH nie! Onthou slaan hulle met 'n plank of hout wat
die KRUIS verteenwoordig. Die dooies in YAHUSHUA (Jesus Christus) wat sal loop
en getuig tot MY Eer sal loop net soos in die tye van ouds en getuig van die
Hemel, om nie die MERK VAN DIE DIER te aanvaar nie! Hulle sal bewys dat daar
lewe na die dood is. MY heiliges sal julle hoor en sien in Verheerlikte Liggame,
WAT NIE DOODGEMAAK KAN WORD NIE!
satan sal sê dit is nie net die Christene wat opgestaan het uit hulle grafte nie,
maar diegene wat nie Christene is nie en hy sal dit bewys deur groot vrees te
bring oor almal wat nie MY woorde op hierdie dag gehoor het nie. Hulle sal na sy
bose vleisvretende demone kyk wat met die heidense aardse liggame verenig het,
uit die bodemlose put kom, om chaos te veroorsaak sodat hierdie wonderwerk
ongesiens verbygaan, maar satan se weermag van die dooies is nie in werklikheid
die Moeders, Vaders, Susters, Broers, Mans of Vrouens van die heidene nie, maar
demone wat sal byt en hierdie demone sal oorgaan in lewendiges in, maar weereens
sal slegs die heidene hierdeur geaffekteer kan word.
Slaan hulle dus met 'n stuk hout in die NAAM van YAHUSHUA ha MASHIACH! Bestraf
hulle en bind hulle! Dryf die demone uit en sê, "Die Bloed van YAHUSHUA ha
MASHIACH is teen jou satan en alle demone moet wegvlug van my af" en hulle sal!
Die heidense dooies sal op die grond neerval. Bestraling van VVO’s [UFO’s] het
nie hierdie chaos veroorsaak nie; dit is 'n plan uit die hel en julle is vandag
vooraf gewaarsku deur hierdie Profeet wat MY gevra het om haar nie hierdie te
laat spreek voordat dit MY tydsberekening was nie. DIT IS NOU MY TYDSBEREKENING!
Nou vir nog 'n Skok, is julle gereed? Ja, julle sal opgeneem word om MY in die
lug te ontmoet. Julle sal waarlik weggeraap word saam met julle Verlosser in MY
arms. Maar eerstens moet EK julle herinner, het EK nie vir 40 dae na MY
opstanding in MY Verheerlikte Liggaam op die aarde gewandel nie? Julle is die
liggaam van YAHUSHUA ha MASHIACH en daarom sal julle weer dieselfde doen en vir
MY getuig en die heidene waarsku om nie die Merk van die Dier te aanvaar nie.
Bewys dat die Hemel werklikheid is. YAHUSHUA ha MASHIACH is werklik. Die dood is
nie die einde nie maar die begin van óf verlossing, óf verdoemenis.
Dan na die 40 dae waar julle in julle Verheerlikte Liggame wandel, waar geen
tralies julle kan vashou nie en geen behoefte vir kos of water nie, alhoewel
julle dit kan kry as julle so verkies. Het EK nie vis geëet nie? Het EK nie 'n
liggaam gehad waar Thomas sy hand in MY sy kon druk nie? So sal julle ook. Het
EK nie deur mure geloop nie? Die deur was gesluit toe EK die eerste keer na MY
dissipels gegaan het, onthou? So sal julle deur mure loop. Niks sal vir julle
onmoontlik wees nie vir 40 dae lank. Hulle wat nie Verheerlikte Liggame het nie
sal treur want hulle sal onthou dat YAHUSHUA die waarheid gepraat het toe hy
gesê het "Soos julle MY sien opgaan in die wolke so sal julle ook."
EK het hierdie woorde deur MY RUACH ha KODESH tot MY dissipels gespreek. Nou
spreek EK dit weereens deur MY dissipel [Elisheva Eliyahu]. Verheug julle, julle
wat aan MY behoort. Watter groter beloning vir hierdie aarde om jou in jou
verheerlikte liggaam te sien en vir die vyand om te weet dat hulle jou nooit
weer kan doodmaak nie.
Diegene oor wie EK ween word uitgebeeld in die skildery en visioen "One Minute
until Midnight", en is die kerk van die huigelaars. Godsdiens sal julle weerhou
om MY Bruid te wees. 'n Liefdevolle, gehoorsame verhouding met MY is die enigste
manier hoe julle hierdie seën deelagtig kan wees. Ag, die droefheid en die trane
en snikke en geweeklaag terwyl die vyf maagde sonder olie in hulle lampe haas om
te kry wat die vyf maagde gehad wat hulle bruidegom ingewag het, met vars olie
in hulle lampe, hulle sal wil hê wat julle het en sal nie instaat wees om dit te
koop of te ontvang sonder om hulle lewens op te offer vir MY nie.
Diegene wat MY nie verwag nie, en nie glo dat EK sal kom om MY Bruid te red nie,
diegene wat glo dat MY Bruid deur die Groot Verdrukking en Groot Toorn sal moet
gaan, jammer om te sê, julle sal kry wat julle glo. Maar dit beteken nie dat
julle nie gered sal word nie. Dit beteken net dat EK julle wou spaar maar julle
was nie gereed nie. Na die 40 dae sal EK MY Bruid huis toe neem en ons sal
feesvier aan die BruilofsMaal van die Lam. MY Verheerlikte Bruid sal die bose
weermag van die dooies beveg terwyl hulle op die aarde is. Want hulle ken die
krag van die kruis.
Dit is hoekom hulle MY Bruid genoem word. Dit is hoekom EK hulle Verlosser is.
Hulle bruilofskleed is skitter wit en sal nie die bloed of toorn van hierdie
wêreld op hulle hê nie. Slegs MY Bloed was witter as sneeu. Bid vir die
diensmaagd tot wie EK hierdie profesie gespreek het, want die vyand sal verlang
om haar mond permanent stil te maak omdat sy dit waag om met soveel
vrymoedigheid te spreek.
Bid vir [Elisheva Eliyahu] om aan te hou om dit wat die wêreld onmoontlik ag uit
te spreek. Julle het nie veel van haar gehoor nie, want reeds het hy probeer om
die stem stil te maak wat EK sal aanhou gebruik om tot MY Skape te spreek, ryk
en arm, leiers, hoe meer hulle probeer om hierdie stem stil te maak, hoe HARDER
sal EK deur haar SKREE!
Hoe groter sal die toorn wees vir enigeen wat spot met dit wat soveel
vrymoedigheid geverg het om MY toe te laat om te spreek. Hoe groter die seën vir
almal wat ontvang het wat deur hierdie Profeet [Elisheva Eliyahu] gespreek is.
So is dit geskryf op 7 Augustus 1998 10:00 vm. So is dit gespreek en sal gebeur.
EK het hierdie dinge gesê om julle vooraf te waarsku en sodat MY Kinders nie sal
vrees nie en die vyande van die Evangelie van YAHUSHUA ha MASHIACH sal weet wie
om te vrees, en wat om te vrees. YAHUSHUA ha MASHIACH is 'n GOD van genade en
liefde en 'n GOD van oorlog! EK voer nie oorlog teen MY Kinders nie maar slegs
teen MY vyande wat vir 'n ander een sê Heer en meester. Julle was gewaarsku!
* * * * * * *
Baie liefde in YAHUSHUA, 'n diensmaagd, kind, kryger, Bruid, Apostel Elisheva
Eliyahu, 7/8/98 10:00 begin, geëindig 10:13 vm.