Profesie 22
Geliefdes, Moenie Self Julle Grootste Vyand Word Nie!
Gespreek onder die salwing van die RUACH HA KODESH
Deur Apostel Elisheva Eliyahu
7 Augustus 1998
Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle
Profesieë bygevoeg moet word van nou af:
EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva] om nie hierdie Bediening na ‘n man
of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in
jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan
het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee.
Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die
Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou
hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se
Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur
jou asem nie anders sou dit misluk het. (Jesaja 42:8)
In Julie 2010 Het YAHUVEH GOD beveel dat die volgende bygevoeg word voor elke
Profesie:
2 Kronieke 36:16
“Maar hulle het die Boodskappers van ELOHIM uitgelag, SY Woorde verag en met SY
Profete gespot totdat die gramskap van YAHUVEH teen SY volk opgekom het, totdat
daar geen genesing meer was nie.”
(skrifaanhalings vanuit: Woord en Getuienis Bybel vertaling, behalwe wanneer
anders aangedui)
* * * * * *
(Elisheva) Almal van ons is sondaars gered deur genade en goedertierenheid en as
dit nie so was nie, waarom sou ons 'n Verlosser nodig hê? Dit is die aanklaer
van die broers wat julle aankla en hierdie skuldgevoel op julle sit. Ek hoor die
Here sê vir julle;
MY Seuns en Dogters julle het jul eie grootste vyand geword! Om jouself te
oordeel is nie jou werk nie maar jou Hemelse Vader se werk! Hou op om vir MY te
sê wat EK vergewe het en wat EK nie kan vergewe nie, bekeer oor die verlede, tog
is daardie sondes in die see van vergetelheid gegooi. MY Bloed het daardie
sondes lank gelede weggewas. Hulle is so ver weg soos die ooste van die weste
is.
Wat jou onlangse gedagtes en oortredings aanbetref was die ergste die slae wat
jy iemand gegee het vir wie EK liewer gehad het as wat jy kan waag om te droom
of verstaan. Iemand vir wie EK MY Bloed gestort het en MY Lewe gegee het en sou
gegee het al sou daardie iemand net jy alleen gewees het. Iemand vir wie EK
onherkenbaar geslaan was. Daardie iemand is jy. Hou nou op om vir MY te probeer
sê dat EK 'n fout gemaak het toe EK jou gekies het. Probeer jy om vir MY MY
besigheid te vertel? Probeer jy vir MY sê dat EK gemors maak?
Probeer jy vir MY sê dat jy meer weet as ALMAGTIGE God, jou Here en Verlosser?
Probeer jy vir MY sê dat EK foute maak? Probeer jy vir MY sê die Bloed wat EK
gestort het was nie genoeg om jou volkome skoon te was nie? Hoekom sou jy jou
lewe neem as dit nie joune is om te neem nie? Hoekom sou jy dit selfs oorweeg om
MY te beroof van die vreugde om te bewys dit is nie die hoogmoediges wat EK
uitgekies het om in hierdie wêreld vir MY te praat nie, dit is die nederiges.
Dit is diegene wat onwaardig voel wat hulself waardig maak deur hierdie te weet.
Jy weet dit; EK herinner jou net aan dit wat jy weet. EK kies nie diegene wat
vol van hul eie krag is nie, maar die swakstes want dan word die swakkes
versterk deur YAHUSHUA ha MASHIACH alleen. Jy kan enigiets doen in die Naam van
YAHUSHUA. EK het nie 'n fout gemaak toe EK jou gekies het om in MY Naam te praat
nie, EK is ALMAGTIGE God en EK maak nie foute nie.
Hoe lank moet EK dit vir jou sê? Wanneer sal jy na MY luister? EK het jou gekies
en EK het geweet van watter stoffasie jy gemaak is en ja watter oortredings jou
sou versoek selfs voordat jy gebore was. EK het geweet met watter demone jy sou
worstel selfs voordat satan hulle stuur. EK weet ook dat MY genade genoeg is in
alle dinge. EK weet ook, soos Shaul (Paulus) gesê het, "MY seun, hoe harder jy
probeer om MY te behaag, hoe meer stuur satan sy demone om aan te val." Maar
wees op jou hoede teen hierdie aanvalle. Moenie jouself in 'n posisie plaas om
voor hierdie aanvalle te swig nie. Gebruik die wysheid van die Here wat EK vir
jou gegee het. Jy weet waarvan EK praat, indien nie vra vir MY, want hierdie
Profeet wat met jou praat het al hierdie dinge gevoel op verskillende maniere.
Al MY Ware Profete, selfs in bybelse tye, het onwaardig gevoel. As jy nie het
nie, dan sou EK jou onbruikbaar geag het as jy gedink het jy is voldoende sonder
MY.
Hoor MY MY Geliefde Seuns en Dogters. Hou op om dit waaraan EK lewe en lewe
oorvloediger gegee het te probeer doodmaak. Hou op om die gees van
kranksinnigheid te ontvang. Diegene wat jou as kranksinnig oordeel verstaan nie
wat EK gespreek het en aan jou gewys het nie. Vir MY doel het EK jou gekies.
Hierdie is nie 'n toutrekkery nie. EK SAL WEN en jy sal verloor as jy aanhou om
dit te betwyfel wat jy weet die waarheid is. Jy was gewaarsku omdat EK JOU
LIEFHET! EK het jou geroep en daar is diegene wat dink jy is kranksinnig om te
glo dat EK met jou praat en vir jou dinge wys wat ander nie sien nie.
Die enigste kranksinnige ding omtrent jou, is om te glo dat EK jou straf vir
sondes wat lankal reeds vergete en vergewe is. Net satan en jy gaan hengel daar,
nie jou Verlosser nie. Hou op om klere te probeer was wat reeds skoon is. Dink
jy nie MY Bloed is voldoende nie? Jy preek dit, GLO DIT nou!
EK het baie meer dinge om vir jou te sê en EK sal, maar verteer dit wat EK gesê
het vir nou want dit is waarheid. EK het vir jou MY wapenrusting gegee om te
staan, MY Woord om te staan, MY Bloed om te reinig en MY Naam en Bloed om te
genees en om die demone weg te jaag wat jou verstand en liggaam en Gees teister.
Nou vrees satan hierdie krag want EK het vir jou die salwing gegee om te bid.
Hoekom glo jy nie wat jy bid nie? Dink jy EK is doof? Dink jy MY arms is te kort
om jou te bevry? Dink jy MY Bloed, Naam, Woord en wapenrusting is NIE voldoende
nie? Jy MY liefste beminde, het MY vertoorn deur nie te glo wat EK gespreek het
nie.
Nou weet jy dat hierdie waarhede is, hou dus styf vas en hou op kyk na die golwe
op die ontstuimige see van jou lewe, want dit is hoekom jy somtyds in depressie
en sondige gedagtes verdrink. Hou instede daarvan jou oë gerig op MY jou Here en
Verlosser YAHUSHUA ha MASHIACH en kom en laat ons saam op die water loop. Jy is
slim genoeg om te weet EK bedoel nie fisies nie maar geestelik. Kom neem MY hand
en glo en moenie twyfel nie. Laat jou verlede vir eens en vir altyd agter jou.
Slaan jou hand aan die ploeg en arbei in MY oesland en moenie terugkyk nie. Een
laaste ding, jy soek gerussteling by sommiges wat jy opgesoek het en hoe kan
hulle jou help?
Want om die splinter uit jou oog te verwyder moet hulle eers die balk uit hul
eie lewens verwyder. In hierdie wêreld sal jy verdrukking hê. JA, maar EK het
hierdie wêreld oorwin. GLO DIT NOU! Soos EK hierdie woorde vir MY diensmaagd [Elisheva
Eliyahu] gesê het, sê EK nou vir jou, preek dit weer, onderrig dit en glo dit.
Is dit nodig dat EK meer sê? Hou op om jouself te omring met JOBS troosters,
want soos JOB het hulle hom nie gehelp nie maar hom net verhinder en laat veg
vir die geloof waarin hy geglo het en gemaak dat hy sy God moes verdedig.
Hierdie gebeur ook met jou. EK gee nog een waarskuwing en neem dit letterlik op,
as jy deur jou eie hand sterf, sal jy verskyn voor 'n vertoornde JEHOVAH
(YAHUVEH). Hou dus op om te probeer doodmaak en te vernietig wat EK geseën het.
Jy was gewaarsku; hou op om jou eie grootste vyand te wees.
Want jy het satan se werk gedoen en hy sit agteroor en lag. Nou is dit jou beurt
om weer te lag vir satan. Nie in jou krag nie, nie in jou mag nie, nie in jou
salwing of naam nie, maar in die Naam bo alle NamE, YAHUSHUA ha MASHIACH van
Golgota en Nasaret en ALMAGTIG God YAHUVEH wie die aarde vir ‘n voetstoel het.
Julle is MY geliefde Kinders wat EK koester as beide seuns en dogters, vegters,
en Bruid. EK kom weer. Sal jy dit weer glo? Sal jy glo dat EK 'n beloner is vir
diegene wat hulle alles vir MY gegee het? EK het MY belonings by MY en hulle het
jou naam op hulle. Verkies jy regtig dat EK dit aan iemand anders moet gee? EK
het jou uitverkies maar die tyd is so kort, niks meer tyd vir selfbejammering
nie. Wees jammer vir hulle wat nie gereed is vir MY koms nie.
Wees jammer vir hulle wat nie glo dat EK vir hulle sal voorsien in die Groot
Verdrukking nie en hulle sal red van die groot toorn wat kom nie. Wees jammer
vir hulle wat dink hulle is gered as gevolg van 'n godsdiens en nie 'n
verhouding met MY nie. Selfbejammering is een van jou grootste vyande; bestraf
dit vandag in MY Naam. Keer terug om MY Skape te voed soos EK jou beveel het om
te doen. Hierdie dag het jy MY Stem gehoor, gee nou gehoor daaraan. Gespreek op
hierdie dag deur 'n ander profeet, [Elisheva Eliyahu], wat self al hierdie dinge
gevoel het. Maar sy weet geloof is 'n feit nie 'n gevoel nie. Almal van julle
raak besig en voer MY skape. BEREI MY BRUID VOOR! Help haar om sonder vlek of
kreukel te wees deur dit te proklameer wat satan laat sidder met vrees.
Want die waarheid is die Naam van YAHUSHUA ha MASHIACH is OORWINNING en EK kom
weer om dit te bewys! SKREE DIT VAN DIE INTERNET AF; SKREE DIT VAN DIE HUISE SE
DAKKE AF! Proklameer dit in die strate en kerke, radio en televisie YAHUSHUA HA
MASHIACH IS OPPAD! Gabriël het sy BASUIN GEBLAAS! Die klankgolwe was geblokkeer
deur die verwoede geveg wat nou in die Hemele aan die gang is. Mìgael en satan
en die leërskare van engele veg, goed teen kwaad, maar goed seëvier altyd. Daar
is diegene wat die basuin gehoor het en diegene wat dit nie gehoor het nie.
Maar EK sê vir julle EK het die waarskuwing gegee aan hulle wat die basuin
gehoor het, alhoewel Gabriël se basuin net deur 'n klein klompie gehoor was, tot
dusver, was dit net om MY Bruid voor te berei want haar BRUIDEGOM KOM! Moenie
bekommerd wees omdat julle nog nie die basuin van Gabriël gehoor het nie want
dit is nog vir 'n bepaalde tyd. Selfs die klankgolwe kan net vir 'n bepaalde tyd
blokkeer word. Is EK nie die een wat weet hoe ver die Hemel van die aarde af is
nie? Selfs hiervan het EK die berekeninge vooruit bepaal. Doen vinnig wat EK jou
voortbestem en geroep het om te doen.
Baie liefde in YAHUSHUA, 'n diensmaagd, kind, vegter, Bruid
Profeet Elisheva Eliyahu 7 Augustus 1998