Gegee aan Apostel Elisheva Eliyahu
4 Februarie 1999 2:12 nm.
Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle
Profesieë bygevoeg moet word van nou af:
EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva] om nie hierdie Bediening na ‘n man
of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in
jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan
het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee.
Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die
Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou
hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se
Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur
jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja 42:8)
In Julie 2010 Het YAHUVEH GOD beveel dat die volgende bygevoeg word voor elke
Profesie:
2Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY
Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat
daar geen genesing meer was nie.”
*******
(Verduideliking) Wee die wolwe in skaapsklere! Raak MY gesalfdes nie aan nie, en
doen MY Profete geen skade nie. Alhoewel hierdie profesie aan 'n ander gegee was
wat my verraai het as 'n webbestuurder, het sy haar bediening na hierdie een
vernoem. Maar daardie bediening lei ander op 'n dwaalspoor na materialisme, en
sekere vals leerstellings. Die Engle’s het hulle bediening HOLY GHOST Fire
genoem, nagedoen wat God aan my gegee het en wat Heilig is. Ek moet hierdie
profesie deel want dit is bedoel om ander leraars en bedienings te bemoedig waar
die wolwe besig is om te verslind of julle met hul slagtande te byt. Terwyl God
my beskerm is hy nie 'n aannemer van persoon nie en sal julle vyande in sewe
verskillende rigtings laat wegvlug!
Hierdie vrou wat haarself 'n pastoor noem was my webbestuurder vir een aand en
het mense na Amway gelei en nie na YAHUSHUA toe nie! Ek het geen keuse as om
haar naam daarop te laat nie want sy het nie die naam van haar bediening
verander nie. Sy het 'n wins uit hierdie PROFEET gemaak vir een aand! Wat is die
prys van 'n siel vra ek haar en al die ander wat hierdie dinge doen? Bedienaars
pasop almal wat die belastingvrystelling-status aanvaar en deur die Regering
omgekoop word om nie die mense te waarsku teen dit wat in hierdie land gedoen
word nie. Die RUACH ha KODESH het vir my gesê waarlik belastingvrystelling-status
sal julle enigste beloning wees! Binnekort sal daar geen beloning van die
Regering wees nie, wat gaan julle dan doen? Hierdie bedienaar wat in die
onderstaande profesie genoem word se naam sou ek eerder verwyder maar ek is NIE
toegelaat nie want dit is 'n woord van God en 'n waarskuwing aan al die ander
wat dieselfde doen. Onthou vir YAHUSHUA en hoe HY die geldwisselaars se tempels
uitmekaar geruk het! Hierdie profesie is slegs 'n klein voorbeeld van hoe HY
gevoel het. Ek vergewe haar en bid net dat sy sal ophou om die God van
Materialisme te dien.
Ek het hierdie profesie vir 'n lang tyd uitgehaal totdat ek gereeld versoeke
daarvoor gekry het. Ek hou nie daarvan om vloeke van God YAHUVEH uit te spreek
en nie seëninge nie. God is 'n God van Balans in alle dinge. Lees Deut 28 die
vloeke van God vir hulle wie ongehoorsaam is en Seëninge van God vir hulle wat
Gehoorsaam is! 4 Feb 1999.
* * * * * * * *
Vyande van hierdie bedienaar en bediening wat gekom het soos 'n skaap en julle
wolf-slagtande gewys het en intensies om hierdie bediening en bedienaar dood te
maak asook dit waarvoor dit staan, julle sal die dag berou (so spreek YAHUVEH,
YAHUSHUA en die RUACH ha KODESH) dat julle ooit die naam van hierdie bediening
gesteel het om die Babas, Bruid, Uitverkorenes en Noukeurig Uitgesoektes te
verwar. Julle het geen reg nie, ook het EK die Here YAHUVEH of YAHUSHUA nie vir
julle die reg gegee om jul bediening HEILIGE GEES Vuur Bediening (“HOLY CHOST
Fire Ministry”) te noem nie! Bekeer vandag Barbara Engle omdat jy gesteel het
wat Heilig was en MY toorn oor jouself opgehoop het en jou motiewe en bediening
is onheilig! Jy is die Judas teen wie EK My dogter [Elisheva Eliyahu] lank
gelede gewaarsku het. Gee sewevoudig alles terug wat jy gesteel het. Verwyder
die naam wat jy gesteel het of jy sal jou siel verloor as jy voortgaan op die
pad van vernietiging wat jy stap. Niemand wat sulke dinge doen sal oorleef nie
en die vlamme van die hel sal tot in ewigheid aan jou gesig en liggaam lek. Gee
terug. Laat vaar alles wat jy gesteel het.
Pasop EK is 'n God wat nie bespot sal word nie. EK het MY diensmaagd, My
geliefde dienskneg gebruik om jou te toets, om jou te waarsku maar jy wou nie
luister nie. Jy het die profesieë gelees en getik, MY oordele gehoor wat
uitgespreek is oor die goddelose en diegene wat beoog om 'n bediening te
vernietig wat nie deur 'n blote vrou se hande opgerig is nie. Maar deur die
hande van Almagtige God YAHUVEH, YAHUSHUA en MY RUACH ha KODESH! Jy waag dit om
die naam te steel van 'n bediening wat spreek van MY HEILIGE GEES Vuur. Deur dit
te doen as jy nie vandag bekeer en hierdie boosheid prysgee nie sal jy jou siel
verloor. Hierdie is MY laaste waarskuwing aan julle Barb en Paul. Julle sal
slegs geskik wees vir MY vernietiging, draai weg van jul bose weë. Onthou Jakob
het EK liefgehad! Esau het EK gehaat. Ikabod is jou naam.
Moenie dink dit is [Elisheva Eliyahu] wat hier praat nie want EK profeteer julle
vernietiging op alle maniere as julle nie wegdraai van jul bose weë nie. Lank
gelede het EK julle gewaarsku en EK waarsku julle nou weer. Julle hond was net
'n teken. EK die Here God gee lewe en EK die Here God neem dit weg. Hoe broos is
julle, BEKEER vandag! Haal die HEILIGE GEES Vuur Bediening (HOLY GHOST Fire
Ministry) af van die naam van 'n bediening af wat EK nie vir julle gegee het nie.
Julle noem julself droomsoeker (dreamseeker) maar EK die Here God wie julle
beweer om te dien sal julle grootste nagmerrie word as julle nie na MY Profeet
luister wat nou voortspreek nie. Gee finansieel alles sewevoudig terug wat julle
gesteel het. Gee terug vir haar die Heilige Naam van die bediening wat julle
gesteel het. Net helse vuur sal julle sien indien julle dit nie doen nie. Toets
MY en kyk of EK nie sal doen wat Ek gesê het nie. Toets MY en kyk of EK nie
vernietiging sal bring oor alles wat julle met jul eie hande opgebou het nie.
Het julle nog nie in die verlede geleer nie? Terwille daarvan dat EK nie wil hê
dat iemand verlore moet gaan nie het EK julle weer gewaarsku.
Moenie vir julle skatte op die aarde bymekaar maak nie maar vergader dit in die
hemel! So is dit gespreek, so is dit geskryf, so sal dit gebeur want hierdie is
die woorde van die een en enigste God, “EK IS”. “EK IS” sal van vandag af soos
julle eie grootste vyand wees as julle nie alles prysgee en alles sewevoudig
teruggee wat julle gesteel het nie. Moenie jou man Paul blameer, soos Eva nie,
jy het geweet wat jy besig was om te doen is verkeerd. Jy het MY droefheid in
die vorm van depressie gevoel en nogtans het jy nie bekeer nie. EK het vir jou
MY woede gewys deur jou hond se lewe aan te raak jou te wys hoe broos lewe is,
maar jy het ook gesien hoe EK kan lewe gee waar daar dood is. Siekte waar daar
gesondheid is. Armoede waar daar rykdom is. Hartseer waar daar vreugde was.
Jou moederskoot sal leeg bly en alles wat jy dink EK gesê het sal nie gebeur nie
indien jy nie alles teruggee wat jy van [Elisheva Eliyahu] gesteel het nie en
HEILIGE GEES Vuur (HOLY GHOST Fire) van die naam van jou bediening af verwyder
nie. EK het jou nie aangesê om so 'n boosheid te doen nie. Om hierdie Heilige
bediening te besoedel wat slegs staan vir Heiligheid en te bespot wat EK vir [Elisheva
Eliyahu] gegee het. As jy nie gehoorsaam nie sal al jou seëninge selfs die
kleinste in vloeke verander. Elke keer wanneer jy die naam “HEILIGE GEES Vuur
Bediening” skryf of sien wat jy gesteel het vir jou eie wins en roem. Jy sal nog
'n vloek ontvang totdat jou lot soos die van farao is. Kom uit die kerk van die
geveinstes Barbara en Paul Engle. [Elisheva Eliyahu] het nie presies geweet
waarmee julle besig was nie, maar EK het ander gewys. Terwyl julle gewerk het
het EK vir julle tekens gegee om te stop waarmee julle besig was maar julle het
hierdie tekens geïgnoreer. Weer sê EK Bekeer oor dit wat julle gedoen het. Gee
terug die naam van hierdie bediening. Vee uit julle onheiligheid met MY Seun se
gestorte Bloed; verlaat die bose leerstellings en ander wins-Gode. Julle was
vandag gewaarsku deur YAHUVEH, YAHUSHUA en die RUACH ha KODESH, hulle wie julle
voorgee om te dien.
4 Februarie 1999 2:12 NM wat is die prys van jou siel? Wees gewaarsku en pasop,
EK sal die seëninge terugneem wat EK aan jou gegee het as jy nie vandag BEKEER
nie! EK het jou na [Elisheva Eliyahu] toe gestuur om toe te laat dat jy getoets
word wetende dat sy MY woorde sou voortspreek wanneer EK hulle gespreek het. Jy
kan nie sê jy is nie gesê nie. So Spreek die Here God van die Leërskare. BEKEER
van die vals leerstelling waarin jy glo en onderrig. Jeukende ore en dwalende oë
en wellus na goud het jou weggelei van Golgota af.
* * * * * * *
Gespreek en geskryf deur MY diensmaagd, Elisheva Eliyahu
4-2-99 2:12 nm.