Profesie 30
Pasop EK Sal Doen Wat Julle Nie Dink Nie, Op 'n Tyd Wat Julle Nie Dink Nie, Op 'n Manier Wat Julle Nie Dink Nie!
Gegee aan Apostel Elisheva Eliyahu 8 Februarie 1999
Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle
Profesieë bygevoeg moet word van nou af:
EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva] om nie hierdie Bediening na ‘n man
of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in
jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan
het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee.
Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die
Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou
hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se
Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur
jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja 42:8)
In Julie 2010 Het YAHUVEH GOD beveel dat die volgende bygevoeg word voor elke
Profesie:
2Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY
Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat
daar geen genesing meer was nie.”
* * * * * * * *
Die mens se hart sal beswyk van vrees terwyl hulle sien wat oor hierdie wêreld
kom in die jaar 2000 en verder. Want hulle wat diegene bespot wat waarsku, julle
sal proe van dit wat sal kom. Pasop, want moenie MY genade as vanselfsprekend
aanvaar nie, vertrap nie MY Seun se Bloed onder julle voete nie, dit te
verontheilig, deur te sondig en te sê: "Ag wel, ek is vergewe" nie. Want EK sê
vir julle, daar is geen vergifnis hiervoor as dit gedoen word nie. Pasop vir
diegene wat dink EK is 'n God wat bespot kan word! Pasop vir hulle wat MY liefde
en genade en lankmoedigheid as vanselfsprekend aanvaar. Pasop vir diegene wat sê,
"Wraak is nie myne nie sê 'n God van balans, beide liefde en oorlog".
Hierdie wêreld sal maai wat dit gesaai het. MY Babas, Bruid, Uitverkorenes en
Noukeurig Uitgesoektes wat Heilig leef asof dit die laaste dae is en MY op die
Ware Sabbat eer en dit Heilig, kyk uit vir MY, EK sal terugkeer en vind dat MY
Bruid olie in haar lamp het, wagtend op haar Bruidegom, haar Verlosser. EK sal
haar wegneem as MY Bruid. Maar diegene wat slegs die lamp het maar geen olie nie,
sal uitvind hulle het 'n vorm van godsdiens en geen goddelikheid van binne nie.
Hulle sal weggaan en MY soek en EK sal nie te vinde wees nie.
Niemand kan sê hulle is nie gewaarsku op hierdie dag nie.
* * * * * * *
So is dit gespreek, So is die geskryf op hierdie dag en gegee aan Pastoor
Elisheva Eliyahu 8/2/99