Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle
Profesieë bygevoeg moet word van nou af:
EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva] om nie hierdie Bediening na ‘n man
of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in
jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan
het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee.
Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die
Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou
hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se
Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur
jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja 42:8)
In Julie 2010 Het YAHUVEH GOD beveel dat die volgende bygevoeg word voor elke
Profesie:
2Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY
Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat
daar geen genesing meer was nie.”
*******
YAHUVEH praat en waarsku onder andere deur visioene, drome en openbarings.
Ek het in die lug 'n donker rooi mistigheid sien aankom terwyl ek opgekyk het en
soos dit nader gekom het en die wind dit gewaai het het dit op die mense
neergedaal. Hul vel was bedek met ROOI stowwerige mis (diep rooi) en die mense
het BAIE siek geword en daar was 'n polisieman wat my bewaak het en hy het
hierdie rooi mistige stof op hom gekry en hy het in 'n sement swembad buite gaan
spring terwyl ek daar gestaan het. Ek het geweet die swembad sou besmet wees,
maar hy wou die rooi stowwerige mis van hom afkry. Hierdie polisieman was iemand
vir wie ek baie omgegee het. Ek was bedroef want dit was nie genoeg nie.
Die oomblik wat hierdie ROOI MIS die vel raak word die vel bedek en erge siektes
ontstaan en die vel begin versmoor. Ek het my geliefde polisieman dopgehou wat
my wag was, hulpeloos om hom te help. Toe het ek dit sien aankom in die lug. Vir
een of ander rede het ek dit nie gevrees nie maar ek het dit sien aankom van ver
af. Dit het begin soos 'n donker mis net in die verte hoog in die lug, en toe
terwyl dit nader gekom het het dit rooikleurig geword. Mense het probeer om
hiervoor weg te hardloop maar kon nie vinnig genoeg hardloop nie. Mense het dit
probeer afwas maar dit was te laat as dit eers aan die vel geraak het. Dit is
hoekom satan probeer om my stem stil te maak op elke manier wat hy kan. Laat die
spotters maar spot. Ek word verantwoordelik gehou vir dit wat ek sê en wat ek
nie sê nie! Eseg 3:17-21.
Hierdie is wat 'n ander Profeet Gary gesê het toe ek hom geskakel en gevra het
vir uitlegging op droom. Ek weet hoekom ek beskud was en hoekom die Bruid van
YAHUSHUA ha MASHIACH ook sal wees.
Elisheva,
Toe ek my oë toe gemaak het, het ek die vinger van God gesien wat 'n huis binne-in
'n lugbel vashou asof dit beskud was teen die buite wêreld veilig binne-in die
lugbel.
My gedagtes het toe gegaan na die Paasfees (Pasga) waar die BloedVerbond die
mense beskerm het as hulle in hul huise gebly het nadat hulle hulself geheilig
het en die bloed van die lam aan die deurkosyne gesmeer het. As dit die geval
is, moet ons inderdaad die menigtes waarsku.
Gary, ons sal wag vir die bevestiging WANNEER om die shofar se waarskuwings
alarm te blaas.
"Waar Jou Geloof Is Daar bly Jou Pasga"
8 JUNIE 2000
NUWE BOODSKAP VAN
Eerw. Elisheva Eliyahu
Vandag toe ek vir YAHUSHUA gevra het dat SY lieflike RUACH ha KODESH die Bybel
moet oopmaak en die vraag antwoord of HY werklik binnekort terugkom dalk reeds
so spoedig soos hierdie jaar het dit oopgemaak op Openbaring 3:7-21
Die werk wat ons het moet spoedig gedoen word vir die Heerliheid van YAHUSHUA ha
MASHIACH. Niks anders gaan saak maak wanneer ons hierdie wêreld verlaat nie
buiten dit wat ons met YAHUSHUA gedoen het en vir YAHUSHUA gedoen het en hoeveel
siele ons na YAHUSHUA toe gelei het! Wat het jy onlangs vir YAHUSHUA gedoen? Openbaring 3:10
Omdat jy die woord van my lydsaamheid bewaar het, sal EK jou ook bewaar in die
uur van beproewing, wat oor die hele wêreld kom om die bewoners van die aarde op
die proef te stel. (Ou vertaling)
BID dat julle nie hier sal wees om te sien hoe die ROOI PLAAG DROOM bewaarheid
word nie !