Profesie43 – Deel 2
Wie kies julle om jul Pottebakker te wees? EK, YAHUVEH, of Harry Potter!
Gegee deur Eerw. Elisheva Eliyahu
15 November 2001
Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle
Profesieë bygevoeg moet word van nou af:
EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva] om nie hierdie Bediening na ‘n man
of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in
jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan
het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee.
Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die
Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou
hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se
Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur
jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja 42:8)
In Julie 2010 Het YAHUVEH GOD beveel dat die volgende bygevoeg word voor elke
Profesie:
2Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY
Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat
daar geen genesing meer was nie.”
* * * * * * *
GEVAAR! WAARSKUWING! Moenie Julle Kinders vat om die Harry Potter flieks te gaan
kyk nie! Christen ouers, vat julle jul kinders om Harry Potter te gaan kyk?
Julle kinders word blootgestel aan afgryslike BOOSHEID in hierdie Flieks!
WAARSKUWING!!! Dit is dringend! As julle enige iemand ken met kinders, laat
hulle hierdie Profesie lees aangaande Harry Potter. Wie is gewillig om buite die
teaters te gaan staan en die mense te waarsku!
Boikot die teaters en borge!
Kopieer asb. en waarsku ander, moet asb. net nie die konteks verander nie.
Apostel Elisheva Eliyahu
* * * * * * *
Hierdie profesie het na my toe gekom nadat ‘n droom aan my gestuur is deur ‘n
splinternuwe baba in YAHUSHUA, 16 jaar oud, wat in Singapore woon, wie ek
Truthseeker noem. YAHUSHUA het jou lief, Truthseeker, en ek ook. Jou droom het
die salwing in my aangewakker. Mense, hoekom het hierdie droom nie van iemand in
Amerika gekom nie dit lyk of Singapore, Hong Kong, Maleisië, gehoor gee en tot
‘n groter mate gered word na aanleiding van die e-posse wat ek ontvang.
Deuteronomium 18:10-12
Daar mag niemand by jou gevind word wat sy seun of sy dogter deur die vuur laat
deurgaan – wat met waarsêery, goëlery of met verklaring van voortekens of towery
omgaan nie, of wat met besweringe omgaan, of wat ‘n gees van ‘n afgestorwene vra
of ‘n gees wat waarsê, of wat die dooies raadpleeg nie. Want elkeen wat hierdie
dinge doen, is vir YAHUVEH ‘n gruwel; en om hierdie gruwels ontwil verdryf
YAHUVEH jou Elohim hulle voor jou uit. Openbaring 21:8
Maar wat die vreesagtiges aangaan en die ongelowiges en gruwelikes en
moordenaars en hoereerdeers en towenaars en afgodedienaars en al die leuenaars –
hulle deel is in die poel wat brand met vuur en swawel: dit is die tweede dood. Eksodus 22:18
Die towerheks mag jy nie laat lewe nie. Miga 5:11
Verder sal EK uitroei, die towerye uit jou hand, en jy sal geen goëlaars meer hê
nie. Deuteronomium 18:14
Want hierdie nasies wat jy uit hulle besitting verdrywe, luister na goëlaars en
waarsêers; maar wat jou aangaan, YAHUVEH jou Elohim het jou nie so iets
toegelaat nie.
2 Konings 17:17
En hulle het hul seuns en hul dogters deur die vuur laat deurgaan en met
waarsêery omgegaan en voortekens verklaar en hulleself verkoop om te doen wat
verkeerd was in die oë van YAHUVEH, om Hom te terg.
2 Konings 21:6
...en ook sy seun deur die vuur laat deurgaan en met goëlery en verklarings van
voortekens omgegaan en dodebesweerders en waarsêers aangestel; hy het baie
gedoen wat verkeerd was in die oë van YUHUVEH om Hom te terg.
Levitikus 18:21 En jou kinders mag jy nie gee om vir Molog deur die vuur te laat
deurgaan nie ......
2 Kronieke 33:6
Ook het hy self sy seuns deur die vuur laat deurgaan in die dal van die seun van
Hinnom en met goëlery en verklaring van voortekens en towery omgegaan en
dodebesweerders en waarsêers aangestel; hy het baie gedoen wat verkeerd was in
die oë van YAHUVEH om Hom te terg. Mattheus 18:5-7
Maar elkeen wat een van hierdie kleintjies wat in My glo, laat struikel, dit is
vir hom beter dat ‘n meulsteen aan sy nek gehang word en hy wegsink in die
diepte van die see.
Lukas 17:1-3
TOE het Hy vir die dissipels gesê, dit is onvermydelik dat die struikelblokke
kom, maar wee hom deur wie hulle kom. Dit is beter vir hom as ‘n meulsteen aan
sy nek gehang en hy in die see gegooi word, as dat hy een van hierdie kleintjies
sou laat strukel.
* * * * * * *
WIE KIES JULLE OM JULLE POTTEBAKKER TE WEES!...
EK, YAHUVEH OF HARRY POTTER!
Dwase mense, o, dwase mense! Diegene wat EK, YAHUSHUA, begeer om MYNE te noem,
alhoewel julle julself MYNE noem, en tog waarom sê julle dat julle MY liefhet en
gehoorsaam MY nie? Hoe kan julle MY Here noem en tog verontagsaam julle MY
skrifte. Van wanneer af regeer die kneg die Meester? Julle hoor nie eens MY stil
sagte stem wanneer EK teen die gevare waarsku van towery en demoniese
besetenheid deur dit wat julle oë aanskou en julle ore hoor nie. As gevolg
hiervan, word julle kinders besete deur die films, boeke en video-speleltjies
wat ‘n stewige dieet van okkulte, towery, demonisme, satanisme en shamanisme is.
Bekeer vandag! Draai weg van hierdie boosheid. Draai julle kinders eerder na MY,
YAHUVEH en YAHUSHUA. Ons alleen is veronderstel om die pottebakker van julle
kinders se klei te wees. Hulle moet in ONS beeld gevorm word nie Harry Potter
s’n nie. Selfs die naam was met ‘n doel gekies, om julle kinders in die beeld
van die fiktiewe karakter van Harry Potter te vorm. Sê MY Skrifte nie, “Oefen ‘n
kind in die weg wat hy sal gaan en wanneer hy oud is sal hy nie daarvan afwyk
nie.” Wat is julle besig om te doen? O, dwase mense. Julle voed julle kinders op
om towenaars, shamans, hekse en sataniste te wees. O wat ‘n prys sal julle
betaal wanneer julle eie kinders teen julle draai met bose geeste wat julle sal
laat wonder, waar julle kinders heengegaan het? Julle sal na hulle kyk met oë
van verwondering, want julle onskuldige babas sal deur elke soort bose gees
beset word.
Hoekom sal EK toelaat dat hierdie onskuldiges op hierdie manier seerkry, waar
hulle einste siel in gevaar sal wees? Omdat EK die ouers ‘n keuse gegee het,
selfs die heidene weet van beter, want hulle weet dat kinders nie okkultiese
magte moet besit nie. Hulle besef dat towery ‘n sonde is en tog adverteer julle
eie luggolwe hierdie, selfs aan die kinders deur sitcoms. Boikot julle die
televisiestasies of boikot die adverteerders? NEE, julle bly stil en waarsku
niemand nie. Sê MY Woord nie, “’n Heks moet in die hel en die Poel van Vuur
verbrand word nie” hulle sal brand nadat hulle gesterf het as hulle nie bekeer
nie. O MY dwase mense hierdie is die straf wat julle sal betaal.
Hulle sal in die hel en die Poel van Vuur brand nadat hulle gesterf het, as
hulle nie bekeer nie. O MY dwase mense. Hierdie is die straf wat julle sal
betaal deur julle kinders na die Harry Potter fliek te neem, hulle sal beset
word. Hulle sal teen julle draai in rebellie, op maniere wat julle nooit van
gedroom het nie. Want hierdie is julle eie onskuldige kinders, wat op julle
staatgemaak het om hulle te leer tussen reg en verkeerd, en tog moedig julle
hulle aan om te kyk na heksery, satanisme, shamanisme en demonisme en te
bestudeer, in dit wat julle as ‘n skadelose fliek beskou of in skadelose boeke
vol humor, en hulle nogtans hierdie dieet van boosheid te voer, wetende dat dit
boos is en te lag vir hierdie boosheid. Hoe kan julle julself ouers noem?
Ouers beskerm MY onskuldige kinders. Hulle verstand is so buigsaam en in plaas
daarvan dat die goeie ingeplant word, laat julle hierdie bose Harry Potter toe
om boosheid in julle kinders se verstand, liggame, geeste, en siele te plant
terwyl hulle soek na hierdie demoniese magte en ja menigtes hierdie krag sal
ontvang. Dit waarvoor julle lag is ‘n werklikheid. Daar is sommiges wat deur
demone beset is wat van hierdie bose kragte kan aanneem en die krag is nie net
in MY Heilige Woord nie maar ook die bose weet dat daar krag is in demoniese
dreunsang en woorde. Hierdie woorde en dade sal julle vind in die Harry Potter
boeke en flieks. Ouers julle is verantwoordelik daarvoor om julle kinders te
voed met voedel, beide liggaamlik en geestelike voedsel. Julle voer nie vir
julle kinders gif nie, hoekom sou julle dan vir satan toelaat om julle kinders
gif te voer? Gif vir julle siel en julle kinders se verstand, liggaam, gees en
siel.
satan spot en lag vir julle ouers, terwyl julle die lepel oplig om julle kinders
se siele hierdie boosheid te voer. Dit is boser as voorheen, in enige film, of
in enige van die kinderboeke. Daar word ‘n towermag geplaas op almal deur
hierdie bose verworpeling-werker van satan, wat trots is op haar onheilige dade
van heksery. Bose towermagte is op al haar skrywings geplaas en die film het
bose towerkragte vir elkeen wat kyk om te dink sal dit nie wonderlik wees, as ek
hierdie soort krag het nie? Dit stel ‘n mens oop vir die verstand-beheer,
verstand-manipulering, verstand-verandering, magsugtige, antichris-gees. In-loop
geeste sal maklik inloop in almal van hulle wat hierdie deur oopmaak na hul
verstand, liggaam gees en siel. Daar was towerkragte, dreunsang en beswerings op
hierdie boeke en films geplaas en alles wat voortspruit uit enigiets wat te doen
het met Harry Potter, om ‘n honger te veroorsaak na meer kennis oor die okkulte
en ‘n honger vir rebellie en towerkragte om MY, YAHUVEH, en YAHUSHUA en alles
wat Heilig is te bespot en om te aanvaar wat EK, YAHUVEH, onheilig genoem het.
Om te aanvaar wat MY Heilige Skrifte verbied.
Julle kinders betaal en sal ‘n prys betaal want julle dwase ouers het hierdie
boosheid in julle huise toegelaat, en het hierdie boosheid in hulle ore
toegelaat en hulle toegelaat om dit met hulle oë te aanskou. Skaam julle almal
wat hierdie gruweldade doen en hulleself MYNE noem. Bekeer vandag en draai weg
van hierdie boosheid of moet julself nie langer MYNE noem nie want EK sal julle
nie eens ken nie. Wees gewaarsku, verstaan julle nog steeds nie? Bid en
onderskei of hierdie die waarheid is en of dit in lyn is met MY Heilige Skrifte.
As dit nie is nie, moet dan nie na hierdie apostel se waarskuwings luister wat
EK nou deur haar voortspreek nie. Om julle kinders aan te moedig om te lees en
films te kyk wat die okkulte verheerlik is ‘n gruwel vir MY, YAHUVEH, en
YAHUSHUA! Luister, leer en onderskei.
Hierdie is dieselfde as om julle kinders deur die vuur te laat gaan. Hierdie is
dieselfde as om julle kinders aan Molek te offer. Julle moet dit nie waag om te
dink julle word MYNE genoem wanneer julle MY Kinders offer nie, nie net deur
aborsies nie, maar nou selfs deur hulle in gevaar te stel deur hulle siele te
offer? Deur hulle siele en geeste oop te stel vir alles wat EK onheilig noem.
Besef julle nog nie dat satan julle kinders se siele wil hê nie? satan wil
wetteloosheid in julle huise in-bring en die gees van rebellie, moord, diefstal
en ongehoorsaamheid, o hierdie kom met verskillende ouderdomme, en omgewings van
kinders deur net in hierdie bose wêreld te leef. Hoeveel te meer sal dit wees
vir al diegene wat hulle kinders toelaat om op hierdie boosheid te voed? Hierdie
boosheid aanmoedig, en nogtans hulleself Christene of Jode noem. Selfs diegene
wat ‘n heidense god aanbid soos Buddah of Allah, wees gewaarsku wanneer EK sê
alle kinders, beteken dit julle ook.
EK, YAHUVEH, het vir julle kinders gegee met ‘n mandaat om julle kleintjies te
beskerm. EK, YAHUVEH, het ‘n moederlike instink in die moeders van kinders
geplaas om hulle te beskerm selfs ten koste van hul lewens. Vaders, EK het dit
ook in julle geplaas, om vir julle families te voorsien en hulle te versorg en
te beskerm. Hoe kan julle hierdie gruwel in MY oë doen. Waar is die geestelike
leiers wat moet waarsku teen hierdie film en die boeke wat net in boosheid
toeneem met elke volume? Besef julle nie wat satan besig is om te doen en nog
tot ‘n groter mate sal doen nie? Stel julle voor demoniese besettings van
kinders regoor die wêreld, in elke taal, waar selfs die ouers hulle eie kinders
sal vrees, stel hierdie prentjie voor hoe hierdie kinders en enigeen wat hierdie
fliek kyk besete raak en hulle harte kouer en kouer raak en geloof uitgedoof
word soos ‘n gloeiende kool as gevolg van die gees van rebellie wat lag vir
alles wat EK verbied het.
Julle ouers wat julle kinders se siele so ingevaar stel, besef nie eens hoe
kwaad julle MY, YAHUVEH, en YAHUSHUA gemaak het nie. Dit is beter as ‘n
meulsteen om jou nek gehang word en jy verdrink word. Moenie van MY verwag om
julle gebede te verhoor wanneer julle uitroep tot MY wanneer julle die kinders
besete sien nie. Het julle na MY geluister toe EK julle gewaarsku het met MY
RUACHA ha KODESH? EK sal julle gebede verhoor tot die graad wat julle na MY
geluister het om julle te waarsku om nie julle kinders te vermaak met dit wat EK
julle verbied het om te bestudeer, of om deel te neem in die onderwysings van
duiwels nie. Moenie verbaas wees wanneer julle kleintjies die uitspreek van
towerkragte begin beoefen nie. Moenie verbaas wees wanneer julle kleintjies met
haat teen julle draai nie. Moenie verbaas wees nie, want julle het vir hulle
hierdie bose boeke gevoer wat alles onderrig teen die enigste Goeie Boek!
Hoeveel van julle ouers koop handelsware vir julle kinders en besef nie eens dit
is heksery met towerkragte gewortel in satanisme nie en dit veroorsaak dat julle
geld spandeer deur dit aan satan en sy werke te gee elke keer wat julle dit doen.
Moenie verbaas wees wanneer die gees van armoede na julle toe kom omdat julle
dit doen nie. Moenie verbaas wees wanneer kinders mekaar begin vermoor en hul
eie diere offer nie. Moenie verbaas wees wanneer demone in julle kinders inloop
en jy nie meer ‘n kind het wat die Bybel wil lees of selfs die Naam van die GOD
wil hoor wat jy dien nie; wanneer jou kind alles sal haat wat Heilig is.
EK sê dit vir julle: EK, YAHUVEH, is die POTTEBAKKER, julle en julle kinders
moet MY Klei wees. EK, YAHUVEH, moet julle vorm, nie Harry Potter nie. Die
groeisel van hierdie bose pottebakker wat in julle verstand en in díe van julle
kinders sal inplant, dat die uitspreking van towerkragte skadeloos is en om
ander te beheer en te manipuleer die in-ding is om te doen. Pasop, want julle
kinders regoor die wêreld, en in elke taal sal besete raak en as julle dit nie
nou dadelik sien nie, moenie verbaas wees nie want sommige demoniese besettings
sal nie dadelik opgemerk word nie want die demone sal sluimerend lê in afwagting.
Besef julle hoe baie siele aan satan geoffer sal word as gevolg van hierdie
okkultiese film en al die boeke wat julle julle kinders gevoer het? Besef julle
dat dit ‘n werklikheid is en hulle wat die swartkunste, shamanisme en satanisme
beoefen, lag nie vir die film en boeke nie, hulle lag vir almal wat dit nie
ernstig opneem nie.
Verbied julle kinders om na hierdie film toe geneem te word of om die boeke te
lees. As julle die boeke in die huis of in julle kleinkinders se huise het, bid
oor die boeke, verdryf die vloeke van die boeke af, pleit die Bloed van YAHUSHUA
oor die boeke, vra MY vergifnis as julle gesondig en dit op enige wyse
aangemoedig het. Kom na MY toe in die NAAM van YAHUSHUA en verbrand daardie
boeke. Boikot die skole wat toelaat dat dit deel is van die kurrikulum. Kry die
onderwysers afgedank as hulle daarop aandring om julle kinders heksery te leer.
Verbied hulle om julle kinders langer hierdie boosheid te voer. Die onderwysers
sal dit berou. Die skole wat hierin deelneem sal dit berou, want as hulle dink
hulle het nou probleme met die studente, wag net tot dit wat die kinders in die
Harry Potter fliek en boeke sien gebruik word om op die onderwysers en ouers te
eksperimenteer. satan sal aan julle kinders die okkultiese kragte gee om skade
te berokken. Julle eie kinders sal julle ergste vyande word.
Bekeer vandag! Draai weg van hierdie boosheid af. Draai julle kinders eerder na
MY, YAHUVEH, en YAHUSHUA. Ons alleen moet die pottebakker van julle en jul
kinders se klei wees. Hulle moet in ons beeld gevorm word, nie Harry Potter s’n
nie. Selfs die naam was met ‘n doel gekies, om julle kinders in die beeld van
die fiksie karakter van Harry Potter te omvorm. Demoniese geeste wag en kyk om
te sien wie hulself sal oopstel vir demoniese besettings deur die poorte van
hierdie film en die boeke. Daar is geen goeie kennis te verkry deur die boeke of
film nie, so hoekom stel julle MY kosbare kleintjies in gevaar? Demone stap in
julle kinders in. Kinders sal in die teaters instap, maar dit sal nie julle
kinders wees wat uitstap nie.
Julle is gewaarsku! Julle sal dit nie dadelik opmerk nie. Sommige sal en sommige
ouers sal nie, maar EK sê vir julle julle kinders sal oorgeneem word,
bietjie-vir-bietjie, hoe meer hulle op hierdie verslawing voed wat in die wêreld
rondgaan, nie vir ‘n dwelm of seks nie maar vir die voedings-waansin om te leer
en te studeer en om die swartkunste van die okkulte te beoefen, die wêreld op te
stel vir die antichris-sisteem om meer geredelik aanvaar te word.
Onthou die antichris sal die dinge doen wat julle kinders in die Harry Potter
boeke en films lees en selfs meer.
Ouers wat hulself MYNE noem en nie bekeer en ander waarsku nie, weet dit: as
gevolg van julle rebellie, sal EK, YAHUVEH, ‘n dowe oor draai wanneer julle bid,
en dit waag om MY die hoof te bied nadat EK julle gewaarsku het en wanneer julle
huilende na MY toe kom sal EK sê, “Julle was gewaarsku” en nou sal julle op MY
toorn voed en julle sal nie van die smaak daarvan hou nie. Die ganse Hemel kyk
en julle is omring met ‘n wolk van getuies. Hoeveel sal ná hierdie profetiese
waarskuwing genoeg omgee en ander waarsku? Julle word aanspreeklik gehou vir wat
julle weet. Moenie sê dat julle nie weet nie, want selfs voordat EK uit hierdie
Apostel van MY voortgespreek het, weet julle dat EK julle beveel om julle
kinders te beskerm en hoe kan julle sê dat hierdie beskerming van julle kinders
is? Amerika, waar is jou bekering voor MY? Hoekom hou jy aan om oordele op jou
hoof te stapel? Ek hoor gebede opgaan in die Naam van YAHUSHUA maar waar is die
wegdraai van sonde?
Engeland, jy het oordele uit die Hemel oor jouself gebring. Bekeer, want hierdie
boosheid kom van jou eie land af. Engeland, jy het niks gedoen om dit te keer
nie. Hoekom? Hoe kan MY geestelike leiers stilbly? Hoekom plaas die kerke nie
waarskuwings in die koerante en op die luggolwe nie? Hoekom boikot MY Kinders
nie elke winkel en produk wat hierdie heksery en demoniese besettings bevorder
nie? Hoekom protesteer die ouers nie, en weier om die skole toe te laat om julle
kinders te voer wat julle nie julle kinders gevoer het nie?
Pasop hoe meer konstant die dieet van hierdie boosheid; hoe duideliker sal die
demoniese besettings wees. Ouers, is dit regtig julle kinders se siele werd?
Almal wat op hierdie dieet van die okkulte voed, is dit julle siele werd? Gaan
weg van MY, julle werkers van onheil, EK, YAHUVEH, en YAHUSHUA sal julle nie ken
as julle nie bekeer en terugdraai na Heiligheid, en bekeer omdat julle stilgebly
het nie. Waar is MY ander Apostels en Profete wat die basuin moet blaas om te
waarsku teen die gevaar aan die verstand, liggaam, gees en siel, van almal wat
hierdie film kyk en die boeke lees. Julle was gewaarsku! Nou is dit julle keuse.
Wie kies julle om julle pottebakker te wees? EK, YAHUVEH, en YAHUSHUA of Harry
Potter? Daardie film en boeke sal julle en julle kinders slegs om-vorm in alles
wat onheilig is. Dit is julle keuse. Moenie sê EK stuur nie MY Apostels en
Profete om te waarsku voordat EK my oordeel stuur nie. Selfs die grond sidder in
vrees oor die woede van MY, YAHUVEH. Hoeveel te meer moet julle wat beveel word
om julle eie saligheid met vrees en bewing uit te werk. EK vermaan julle nou, en
sê vir julle die bloed van die kinders oor die hele wêreld sal aan julle hande
wees, want julle het hulle nie gewaarsku nie.
Die bloed van die ongebore babas wat geaborteer, gemartel, gebruik word in
medisinale eksperimente, in kosmetiek en geoffer word weens selfsugtige redes is
op julle hande. Daar is geen goeie rede om onskuldige babas te vermoor nie.
Almal wat dit doen sal aan MY verantwoording doen op die Oordeelsdag, as hulle
nie bekeer en ander waarsku nie. Nou het julle ‘n nuwe bloed van die kinders aan
julle hande, alles net omdat julle weier om ander te waarsku om nie julle
kinders te voed met die okkulte as voedsel vir julle verstand, liggaam, gees en
siel nie. Harry Potter sal julle kinders om-vorm in hekse, towenaars en
sataniste towerspreuke laat spreek wat julle sal verskrik. Huise sal beset word
met elke tipe bose gees. Pleit die Bloed van YAHUSHUA selfs oor die advertensies
en spreek uit selfs teen die televisie wat julle kinders in gevaar stel met die
advertensies wat demoniese geeste vrystel. Spreek uit teen julle radiostasies.
Boikot diegene wat weier om te luister. Slaan hulle waar dit seermaak, hulle
bankrekeninge. Spreek uit teen die skole wat hierdie bevorder. Beveg die gees
van die antichris, voor dit te laat is.
Vra julself af, sal julle publieke skool die tyd neem om die Heilige Skrifte in
‘n klaskamer te lees? Sal julle publieke skole julle kinders vat om ‘n
passiespel oor die lewe van YAHUSHUA te kyk? Nou hoekom laat julle satan toe om
julle kinders te leer? Haal hulle uit die lêplekke van die antchris voor dit te
laat is. Die wêreld se kinders word nou berei net so seker as wat hare gekam
word, daarom die naam Harry Potter. Hierdie film sal wêreldwyd vertoon word en
tog moet dit nie ontvang word as die soort voorbereiding wat julle wil hê julle
kinders moet kry nie, ook nie eens vir julself nie.
Daar is baie beplanning deur die sataniste om die verstande, geeste en siele van
julle en julle kinders oor te neem, deur die werktuie te gebruik wat hierdie
boosheid bevorder. Wat gaan julle daaromtrent doen? Dit is julle keuse, want EK
sal niemand help wat die vermoë en kennis het om te waarsku, en nogtans hulle
kinders of ander se kinders in gevaar stel, deur stil te bly nie. Die
inloop-geeste lê in afwagting op julle kinders, sowel as julself. Wat is die
prys van jou siel? Wat is die prys van julle kinders se siele? EK, YAHUVEH, het
MY Dogter [Elisheva] beveel om julle te waarsku. Hoeveel sal luister? Waarsku
selfs die heidene anders sal die bloed aan julle hande wees! Daar is diegene wat
die kennis het om te weet hoe om boikotte byeen te roep. Moenie langer stilbly
nie anders is die bloed aan julle hande. Hierdie is slegs een werktuig van klei
wat EK gevorm het om hierdie waarskuwings uit te spreek, wat gaan julle nou doen
om haar te help om hierdie boodskap by die massas mense te kry?
* * * * * * *
So is dit geskryf, so is dit gespreek op 15/11/01 om 4:25 nm.