Gespreek onder die salwing tot
Eerw. Apostel Elisabeth Sherrie Elijah (Elisheva Eliyahu).
8 Oktober 1998
Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë
bygevoeg moet word van nou af: EK het jou lank gelede gewaarsku Elisabeth (Elisheva)
om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat
daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur
jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit
die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou
MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH
geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is
deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige
Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja
42:8)
In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook gesê dat die volgende vanuit 2 Kronieke
bygevoeg word voor elke Profesie:
2Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY
Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat
daar geen genesing meer was nie.”
* * * * * * *
Want EK roep nou baie na vore, sê YAHUVEH. Hierdie is MY voortgebringde werktuie,
voortgebringde instrumente, in MY bonatuurlike weermag wat eenheid sal bring vir
MY liggaam. Hulle sal orde bring. Want nou is die tyd, sê YAHUVEH, nou is die
tyd vir MY wagters. Nou is die tyd vir diegene wat die middernag ure geloop het.
Verrys, verrys, verrys o slapendes. Verrys nou, verrys nou, verrys nou en
verklaar die oorwinning. ‘n Weermag vreeslik en sterk, ‘n weermag wat die vyand
sal laat sidder en bewe met vrees en angs by die aanhoor van die geluid van jul
byeenkoms en van julle marsjering deur die land. Hou aan om uit te roep en te
verklaar en die Evangelie van verlossing te verkondig.
Neem deel aan julle geestelike voeding en skud die slaap van julle ooglede af en
hoor die stemme van MY wagters. Want dit is hulle vir wie EK hierdie, MY Woord,
gegee het vir julle om te verrys, verrys verrys, sê YAHUVEH doen dit wat kosbaar
is voor MY aangesig. Doen dit wat MY Eer sal bring en dit wat ‘n groot oes van
siele sal meebring en EK sal weet dat julle MY waarlik liefhet. Verrys, verrys,
verrys en ontwaak tot die waarheid en omgord julself met die waarheid en wandel
in daardie waarheid, want MY ewigheidsplan het onder julle gemanifesteer en daar
is nogsteeds baie voorbereiding wat gedoen moet word en doen dit waarvoor EK
julle geskape het om te doen.
(MY Hemelse Vader het vandag met my gepraat en hierdie dinge vir my gesê vandag,
so duidelik, so helder. Want daar is onweerswolke aan die broei in die harte van
mense wat nie sigbaar is in die natuurlike nie en terwyl die oorlogswolke oor
die horison vergader, en terwyl die donderweer en die weerlig van die krag van
daardie oorlogswolke aanhou om hulself te manifesteer van binne.)
Julle hoor en julle sien, moenie bang wees nie, sê YAHUVEH, vir daardie dinge
wat van MY af kom nie. So berei julle harte voor, al hierdie dinge kom in
beweging sal hulself manifesteer, sê die Almagtige YAHUVEH. EK het my
uitgeroepenes goed voorberei. Dit is nie julle verantwoordelikheid om die
waarheid voort te bring nie. Dit is slegs julle verantwoordelikheid om op MY
Waarheid te reageer, sê die Here julle God. Want julle sal die ware van die
valse onderskei en julle sal vrede in julle harte hê dat daardie dinge wat van
MY af is vir julle ten goede is en julle sal daardie dinge onderskei dat die
dinge wat vals is en deur die vyand en sy volgelinge gestuur was gestuur is om
julle te mislei. Gebruik versigtigheid; moenie julle waaksaamheid verslap nie.