Profesie 45
Verrys MY Seuns soos ‘n Gees van Koning Dawid
VERLORE Profesie GEVIND!
Asseblief broers, eis die salwing in hierdie profetiese woord, as jy ‘n Goliat verslaner in die geestes-ryk wil wees, sal hierdie vir jou ‘n seën wees!
“Goliat Verslaners”
11 November 1999
Begin profesie om 3:30 nm.
geëindig om 4 nm.
Apostel Elisabeth Sherrie Elijah (Elisheva Eliyahu)
Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë
bygevoeg moet word van nou af: EK het jou lank gelede gewaarsku Elisabeth (Elisheva)
om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat
daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur
jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit
die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou
MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH
geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is
deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige
Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja
42:8)
In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook gesê dat die volgende vanuit 2 Kronieke
bygevoeg word voor elke Profesie:
2Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY
Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat
daar geen genesing meer was nie.”
* * * * * * *
“VERRYS, jy met ‘n Gees ‘Soos die’ van ‘n Koning Dawid.” Wat ‘n seën is jy vir
MY, o MY seun met die Gees soos die van ‘n Koning Dawid en tog sonder die sonde
wat hy gepleeg het. Jy het 'n hart vir YAHUVEH en EK is welbehaag met jou. Jy
worstel met die brullende leeu en oorwin dit en worstel met die beer en oorwin
dit jaag die vyand op loop. Jy is grootliks gevrees in die hel. Want jy doen dit
nie in die naam van Dawid nie maar in die Naam van YAHUSHUA en wend MY Bloed en
Woord aan en veroorsaak dat die vyande in 7 verskillende rigtings vlug. Hierdie
woord is direk aan jou wat MY liefhet, sing, dans, profeteer en MY dien soos die
hart van Koning Dawid van ouds. Soos Dawid MY gesalfde skaapwagter-seun, sal EK
jou gebruik om die Goliatte te verslaan wat kom teen jou en die Profete, mense
en bedienings wat EK jou geroep het om te beskerm in MY Naam YAHUSHUA. Jy is ‘n
ware bewaker van MY salwing.
MY Geliefde seun, weet jy jy het niks om ooit te vrees nie, want EK het jou die
krag van ‘n Simson gegee. In die Geestes-ryk is jy MY gesalfde Simson. Daar is
geen goeie ding wat EK van jou sal weerhou nie MY geliefde seun. Vertrou MY en
hou jou oë op MY. Terwyl jy saad saai in hierdie bediening in wat gebruik sal
word nie om duisende te bereik soos sy gedink het nie, maar soos wat EK
bevestiging na bevestiging gegee het en jou selfs hierdie waarheid gewys het, MY
seun, wat die vyand nie wil hê sy moet weet nie. Jy het vir jouself ook seëninge
opgehoop. Terwyl jy besef dat dit tientalle-miljoene is wat hierdie bediening
sal bereik. Terwyl jy MY gehoorsaam en dit verdedig wat MYNE is onder MY Volle
Salwing.
Jy moet hierdie diensmaagd help wat MY Woorde sal voortspreek wat die volle
manifestering van MY salwing, redding, genesing, verlossing en opstandingskrag
demonstreer in MY Naam alleen sal sy die doel wat ek voor haar gestel het bereik.
Maar hierdie selfde saad sal ook jou grond en die bediening water gee wat EK vir
jou voortbestem het en as doelwit gestel het MY Seun. Saam sal julle die oesland
ploeg. EK stuur MY minnesangers voordat EK MY vegters uitstuur om te veg. Verhef
jou stem en maak gereed want EK sal julle saam uitstuur in MY volle salwing en
in MY Gees om oorlog te voer soos Dawid teen Goliat gedoen het, en in die Naam
van YAHUSHUA sal julle albei meer as Oorwinnaars wees.
Dit is jou gebede MY Seun, jou vas wat haar uit kritiekesorg en intensiewe sorg
sal neem om gerestoreer te word in alle areas van haar persoonlike en
bedienings-lewe. Dit is die gebede van iemand soos ‘n Koning Dawid wat hierdie
diensmaagd vrymaak. Bid dat al haar vyande sal vlug en soos Goliat sal hulle
besef dat al hul okkultiese kragte tot niks kom nie maar in plaas daarvan sal
dit wat bedoel is om haar te vernietig haar seën. Dit wat gestuur was om jou te
vernietig MY Seun sal jou seën want EK sal die vloeke verander in MY Seëninge.
Sê MY Woord nie, “Alles werk ten goede mee” nie?”
Diegene wat MY Geliefde diensknegte skade wil berokken sal met hulle einste
lewens en siele betaal as hulle nie bekeer nie. Jy neem nie wraak nie maar
instede daarvan vergewe en weet “Wraak kom MY toe sê YAHUVEH!” Sy het ‘n man wat
haar in slawerny hou op alle maniere, die nuwe kan nie kom voordat die oue
verwyder is nie. Bid nou vir haar vryheid asof dit jou eie is. Jy hoef nie sy
naam te ken nie lees net haar getuienis met MY geestelike oë en ore en EK sal
jou wys wat jy nie geweet het nie, dit waaroor sy nie praat nie. Hierdie man is
haar Goliat en sy was nie instaat om vry te kom nie, daarom het EK my Seun
gestuur wat MY RUACH ha KODESH het soos Dawid van Ouds en EK sê, “Praat met
hierdie Goliat en hy sal nie meer daar wees nie. Praat met jou Goliatte en hulle
sal nie meer daar wees nie. Praat in die Naam van YAHUSHUA en die berge sal kaf
in die wind word.”
Praat met hierdie Goliat in die geestes-ryk en hy sal op geen manier meer ‘n
hindernis of ‘n bedreiging vir haar of hierdie bediening wees nie. Want so seker
as wat Goliat ‘n verworpeling was, so is hierdie man wat homself eens op ‘n tyd
haar man genoem het maar dit nooit in MY oë was nie. Het Dawid nie met Goliat
gepraat en gesê wat EK sou doen nie? Het Dawid nie geprofeteer en gesê wat die
eind-resultaat van Goliat sou wees nie? Praat met vrymoedigheid met die Goliatte.
O, My Seun met ‘n salwing soos Dawid, kyk hoe die Goliatte val om in der
ewigheid nooit weer teen jou, hierdie diensmaagd en almal wat saam met jou in MY
Naam en salwing staan te verrys nie. Sy is stryd-vermoeid en moeg en nou op haar
kwesbaarste. Verrys tot haar verdediging en verslaan die Goliatte wat MY
gesalfde diensmaagd en hierdie bediening wil vernietig in die Naam van YAHUSHUA.
Dan alleenlik kan sy alles hê wat EK vir haar en jou en ander vooruit vertel en
gewys het. Verrys o een wat EK MY ware Koning Dawid van nuuts noem. Verrys met
die Gees soos die van Dawid die skaapwagter seun wat vir Goliat verslaan het. In
die geestes-ryk verslaan die Goliatte in die Naam van YAHUSHUA. Staan in die
volle wapenrusting en staan in die Woord van God wat nie kan lieg nie. Sing
eerstens tot MY in MY Gees want daarin lê die oorwining vir jou en haar. Haar
Goliatte sal val op dieselfde tyd as joune, MY Seun Dawid. Verrys en beroof die
vyand nou van al die rykdomme en buit wat hy gesteel het. Beveel satan om
7-voudig terug te gee. So sal dit gedoen word tot MY eer alleen.
Wanneer jy dit spreek in die Naam van YAHUSHUA sal dit wat jy spreek gou gebeur
terwyl jy die geloof het en woorde agter die geloof sit. Geloof sonder werke is
dood moet dit nie vergeet nie MY Geliefde Seun met ‘n Gees soos die van Koning
Dawid. Jy sal selfs na vore kom met 'n groter salwing as wat jy ooit gedink het
moontlik is terwyl die vyande probeer om jou te omsingel en jou, jou bediening
en hulle na wie toe EK jou stuur te vernietig. EK sê dit vir jou EK salf en
spreek hierdie salwing deur hierdie diensmaagd uit want jy sal selfs ‘n meer
gesalfde Vegter word in die Naam van YAHUSHUA.
* * * * * * *
Gegee aan hierdie diensmaagd, kind van YAHUVEH en YAHUSHUA ha MASHIACH.
Eerw. Elisabeth Sherrie Elijah (Elisheva Sherrie Eliyahu)
11/11/99 3:30 nm.
‘n Week gelede, hierdie tyd, was ek en my hond in ‘n kop-aan-kop botsing
betrokke, op presies dieselfde tyd! Ons het almal weggestap en net ekself het
kneusings en ‘n seer lyf gehad. Prys Yahushua! Die engele van YAHUVEH trek
waarlik ‘n laer rondom hulle wat HOM liefhet en vrees. As ek gesterf het, sou
hierdie profetiese boodskap van bemoediging en nuwe salwing vir diegene met ‘n
salwing en Gees “Soos” ‘n Koning Dawid, nie deur my gespreek gewees het nie.
Dit bewys net, “Ek sal lewe en nie sterwe nie, om die werke van YAHUVEH te
verkondig.” My motor was afgeskryf en die assuransie het gesê dit is
onherstelbaar, nogtans het YAHUVEH bewys dat my werk hier op aarde nog nie
voltooi is nie. Ek het nog maar net begin vir YAHUSHUA. Lofprysing, eer en
Heerlikheid. So pasop duiwel, in die naam van YAHUSHUA. Diegene met ‘n salwing
en Geeste “Soos” ‘n Koning Dawid is opgewek om by my aan te sluit. Om hierdie
bediening en myself en hulle wat vennote in hierdie bediening is te bedek met
die gesalfde gebede en psalms, vegters-Geeste “soos Koning Dawid”. As jy een van
hulle is, skryf vir my