Profesie 50
Hoor, O Yisrael! Die Krag! Die Krag! Die Krag! Is in YAHUVEH se Naam!
Is in de NAAM van YAHUVEH!
Gegee aan Eerw. Elisabeth Sherrie Elijah (Elisheva Eliyahu)
8 Oktober 2001
Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë
bygevoeg moet word van nou af: EK het jou lank gelede gewaarsku Elisabeth (Elisheva)
om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat
daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur
jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit
die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou
MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH
geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is
deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige
Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja
42:8)
In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook gesê dat die volgende vanuit 2
Kronieke bygevoeg word voor elke Profesie:
2Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY
Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat
daar geen genesing meer was nie.”
*******
Deut 12:1-4:
Dit is die insettinge en die verordeninge wat julle sorgvuldig moet hou in die
land wat YAHUVEH, die Elohiem van jou vaders, jou gegee het om dit in besit te
neem al die dae wat julle op die aarde lewe. Julle moet terdeë verniel al die
plekke waar die nasies wat julle gaan verdrywe, hulle gode gedien het op die hoë
berge en op die heuwels en onder elke groen boom.
En julle moet hulle altare omgooi en hulle klippilare verbrysel en hulle heilige
boomstamme met vuur verbrand en die gesnede beelde van hulle gode omkap en hulle
naam van dié plek laat verdwyn.
So mag julle nie doen met YAHUVEH julle Elohiem nie. Joël 2:32:
En elkeen wat die Naam van YAHUVEH aanroep, sal gered word; want op die berg
Sion en in Jerusalem sal daar ontkoming wees soos YAHUVEH gesê het, en onder die
vrygeraaktes die wat YAHUVEH sal roep. Jeremia 16:19-2:
O YAHUVEH, my sterkte en my beskutting en my toevlug in die dag van benoudheid,
tot U sal volke van die eindes van die aarde af kom en sê: Net leuens het ons
vaders geërwe, nietige afgode, en daaronder was niks wat voordeel kon bring nie.
Sal ‘n mens vir hom gode maak wat tog geen gode is nie? Daarom, kyk, Ek laat
hulle hierdie keer voel, voel my hand en my mag; en hulle sal weet dat my Naam
YAHUVEH is.
Psalm 118:26:
Geseënd is hy wat kom in die Naam van YAHUVEH! Ons seën julle uit die huis van
YAHUVEH.
Johannes 5:43:
Ek het gekom in die Naam van my Vader, en julle neem My nie aan nie. As ‘n ander
een in sy eie naam kom, hóm sal julle aanneem. Lukas 13:35: Kyk, julle huis word
vir julle woes gelaat. Voorwaar Ek sê vir julle dat julle My sekerlik nie sal
sien nie totdat die dag kom wanneer julle sal sê: Geseënd is Hy wat kom in die
Naam van YAHUVEH!
Doen ‘n bietjie navorsing. Soek die naam Jesus in die "Strong concordance". Dit
is nommer 2424 in die Griekse een. Dit verwys na 3091 in die Hebreeuse een. Kyk
dit op, 3091 is Yehowshuwa; wat beteken "YAHUVEH Red". "Halleuyah! Loof YAH!"
Vervang die oorspronklike in die Skrif vir Here en Jesus, en dan sal jy dinge op
‘n heel ander manier sien. Hierdie woorde het na vore gekom met baie geween en
met geestelike tale en YAHUVEH het gesê die res van die uitlegging sal gegee
word deur ander Apostels en Profete. Ek sal die bandopname aanstuur vir diegene
wat vir my uitgewys word deur die RUACH ha KODESH (HEILIGE GEES). Hierdie
boodskap het heeltemal onverwags na vore gekom tydens gebed met ‘n ander suster.
O Vader, YAHUVEH, spreek die woorde voort wat U wil sê…
*******
O NEE! NEE! NEE! NEE! … (Baie innige geween)
O, MY hart is gebreek, MY hart is gebreek, MY hart is gebreek. Dink dat Elohiem
YAHUVEH se hart nie gebreek kan word nie? O EK is hartseer. O EK huil, EK gee
die mens ‘n keuse. EK gee aan hulle ‘n vrye wil en wat doen hulle? EK gee hulle
kennis. Weet julle nie hoekom EK vir julle gesê het om nie te eet van die vrug
van goed en kwaad nie? Dit is omdat EK geweet het dat die mens sou kies om te
eet van die vrug van goed en kwaad. Dit is omdat EK geweet het dat die mens sou
kies om te eet van die vrug van die slegte kennis. EK gee vir hulle kennis en
wat doen hulle? Hulle maak wapens van oorlogvoering om die mensdom uit te wis.
Elkeen wil groter wees as die ander. Elkeen is nie tevrede met dit wat EK aan
hom gegee het nie daarom wil hulle net soos Kain wees wat vir Abel doodgeslaan
het en hul eie broer vermoor. MY Kinders, MY Kinders, MY Kinders, moet MY nie
blameer vir dit wat julle doen nie, want EK het julle ‘n vrye wil gegee. Dit is
julle wat hierdie leiers gekies het. Dit is julle wat hulle in die amp gesit
het. Dit is julle. Julle het nie ondersoek van watter gees hul was nie, julle
wat nie omgegee het of hulle gebid het of nie en tot watter god hul bid nie. Dit
is julle, wat nie omgegee het of hulle die Tien Gebooie en die Torah onderhou
nie. Dit is julle, wat nie omgegee het of hulle vir Yisrael liefhet nie.
Die Bloed, die Bloed, die Bloed is op julle eie hande. Dit is julle wat in vrees
nie wou opstaan teen aborsie nie. Dit is julle. Dit is julle, wat stilgemaak was
toe julle gesê het homoseksualiteit is verkeerd. Julle vul die kerke en julle
vul die kerkbanke, en julle sit agter ‘n herder wat hoegenaamd geen herder is
nie. Julle hou hulle dop terwyl hul miljoene inpalm en sê dit is deur MY hand,
terwyl dit vir seker bloedgeld is wat aan hulle gegee word deur die mag wat
hierdie land bestuur. EK het MY magtigste vegters onttrek uit die kerke. Hulle
sit daar met geen herder buiten die groot Elohiem, "EK IS". MY ware herders weet
nie waarvandaan die volgende doller sal kom nie, maar hulle weet die groot
Elohiem, "EK IS" sal voorsien aan hulle behoeftes.
Dit is diesulkes wat EK sal seën en aanhou seën. Want hulle huil en weeklaag oor
wat hulle sien. Maar hulle bly nie stil nie. Want daar is vuur in hul gebeentes
so seker as wat hierdie diensmaagd voel dat sy aan die brand is want dit is MY
Vuur, MY Vuur wat binne-in hulle brand. Hulle kan nie stil bly nie al wil hulle.
Hulle kan nie ophou huil nie, al wil hulle. Dit is die Merk van MY opregtes. Dit
is die Merk van die Uitverkorenes.
O Yisrael, O Yisrael, O Yisrael, sal jy nou ten einde laaste draai na die groot
Elohiem "EK IS?” As dit goed genoeg was vir jou Vader Abraham, sal dit weereens
goed genoeg wees vir jou? Nee Abraham was nie ‘n god nie. "EK IS" sy Vader,
Elohiem. Maar selfs destyds het mense na Abraham gekyk asof hy ‘n Elohiem was.
Moenie meer na die mens kyk as ‘n Elohiem nie. O, Yisrael, O Yisrael, hoor MY,
die krag, die krag, die krag is in MY Naam! Moenie na die rabbies en die bose
luister wat MY Naam van julle lippe af gesensor het nie.
(Ek bestraf en ek bind jou satan: jy probeer om te verhinder dat hierdie
boodskap na vore kom en op hierdie oomblik neem ek gesag oor jou in die Naam van
YAHUSHUA ha MASHIACH. Die Bloed, die Bloed is teen elke gees wat wil verhoed dat
hierdie boodskap na vore kom en wat wil keer dat ek dit hoor. Die Bloed van
YAHUSHUA ha MASHIACH is teen julle! Ek roep nou vir Migael na vore en ek vra om
my te help om hierdie boodskap uit te bring. Help my, Help my, Help my! Laat die
gees van verwarring nie teen hierdie boodskap kom nie. Dankie! Dankie!)
MY Kinders, MY Kinders, Yisrael, EK het ‘n krag binne-in julle eie Stad geplaas,
selfs julle einste stadsmure. Dit is waar Isak geoffer sou word maar in plaas
daarvan het EK ‘n offer gegee waar Abraham nie nodig gehad het om sy seun dood
te maak nie. Dit is waar EK MY offer gesit het, op julle eie grond, op Golgota.
Yisrael, roep die Naam van YAHUVEH aan. Moenie skaam wees vir die krag in
daardie Naam nie. Moet dit nie langer uitwis nie. Moenie langer jou mond bedek
nie. Maar roep MY Naam aan, die enigste Naam wat kan red. Moenie meer MY Seun
YAHUSHUA verloën nie. HY kom van julle eie land af. As HY van ‘n ander gekom
het, sou EK kon verstaan, maar HY kom van julle eie land. Dit was op jul eie
grond wat HY gekruisig was. SY Bloed het in die grond ingevloei. Dit was in
julle eie graf waarin HY neergesit was, in julle eie grond was HY opgewek. Dit
was vir julle sondes en die sondes van die wêreld dat HY gesterf het en dit was
vir julle en die wêreld dat HY opgestaan het. Verloën nie die enigste een wat
red nie. Roep die Naam van YAHUSHUA aan. Roep die Naam van YAHUVEH aan.
Luister nie na die bose rabbies wat julle op ‘n dwaalweg lei nie. Net soos EK
die waarskuwings aan die kerke gee, gee ek die waarskuwing aan die tempels. Die
tempels is gevul, maar MY Gees is nie daar nie. Julle het die wette, maar julle
het nie die RUACH nie. O, MY Kinders, MY Kinders, MY Kinders, weet julle hoekom
is daar geen water op die land nie? Julle het dors en wonder hoekom is daar
droogte in Yisrael. Dit is omdat julle die Lewende Water geweier het van die
vrou by die put. EK hou aan om MY bedienaars, MY Profete en apostels te stuur;
hulle kom in MY Seun se Naam, YAHUSHUA. Hulle bied julle die Lewende Water maar
julle stoot hul hande op-sy. Dit is julle, o mense van Yisrael wat julle leiers
se leuens aanvaar het. Die rabbies wil nie hê julle moet die krag ken wat in die
Naam is nie, van die krag in die naam, MY Naam is YAHUVEH! Julle Redder MESSIAS
se Naam is YAHUSHUA. Sal julle nou luister en sal julle in daardie Naam begin
leer om te bid?
Kyk om julle heen, O Yisrael, julle sien nie ‘n vriend nie. Kyk rond Yisrael,
waarop jy eens staat gemaak het sal jy nooit weer kan op reken nie. Nou sal jy
luister terwyl EK op hierdie dag deur hierdie Diensmaagd praat? Nou sal jy
uitroep in die Naam van YAHUVEH en die geskenk aanvaar van YAHUSHUA wat EK aan
julle gee en die Naam wat EK aan julle gegee het sodat julle gered sal word?
Julle behoort die Messiaanse Christene te verwelkom, hulle wat by MY Naam geroep
is, want dit is julle beskerming, o Yisrael. Hou op om hulle weg te gooi. Hulle
roep uit na MY, na die Elohiem YAHUVEH. Hulle roep uit na MY in die Naam van
YAHUSHUA. Hou op om hulle weg te gooi, luister na MY Profete, luister na MY
apostels, en luister na diegene wat EK stuur. Want hulle kom met MY hart, MY
hart van liefde vir julle, O Yisrael.
Elke keer wat julle voor die Westelike Muur staan, kyk op, want MY Seun sal kom
in die Oostelike hemelruim. Wees nie langer mislei deur hierdie leuens nie. EK
het elke traandruppel getel wat gestort was op daardie Westelike Muur. Dit is
die einste plek waar Abraham gedink het dat hy vir Isak moes doodmaak. Dit is
die einste plek waar Jakob ‘n leer gesien het Hemel toe. Dit is waarlik heilige,
gewyde grond. Vir hulle wat uitroep in MY Naam, die wonderwerke wat EK eenmaal
gedoen het sal EK weer doen vir jou, Yisrael. Moenie soos die wêreld maak nie.
Moenie enige wapen of die mensdom vertrou nie; in plaas daarvan draai eerder na
die groot Elohiem YAHUVEH, die een wat genoem word, die Groot Elohiem "EK IS."
Sien oYisrael, eendag sal jy baie binnekort die wapens van die mensdom gerig op
jou moet aanskou. Maar jy moet vas, en jy moet huil, en jy moet weeklaag in die
Naam van YAHUVEH, in die Naam van YAHUSHUA. EK sal hoor en jou land bevry.
O dit is waar ‘n bose een kom, en hy sal sê hy is "EK IS"! Maar hy sal wegdoen
met die Torah en MY wette herskryf, hulle maak in plaas van die mens. Hy sal vir
jou sê, o Yisrael, hy het die antwoorde, waar jy nooit weer dors of honger sal
wees nie, of weer oorlog hoef te maak nie. Maar weet dat hierdie woorde is van
‘n bose man wat homself probeer opstel as die Messias van die ganse mensdom.
Maar EK waarsku jou o Yisrael, nou voordat die bloed vloei in al die strate.
Hierdie bose een wat kom sal eindig in ‘n nederlaag. So verhef jul stemme o
Yisrael, en almal wat Yisrael liefhet; roep uit in die enigste Naam, YAHUVEH, en
in die Naam YAHUSHUA, wat alleen kan red. O Yisrael, o Yisrael, Yisrael jy is
nog steeds die appel van MY oog, want selfs MY einste Feeste en Sabbate verafsku
jy nie. Bevraagteken enige leier wat jy het wat nie in MY Naam bid en leef
volgens die Torah nie en sê vir die mense ons sal nie hierdie oorlog wen met
oorlogswapens nie maar deur vas en gebed.
Pasop elke vyand van Yisrael. Julle het die beskutting o Yisrael, van Amerika,
maar wanneer jy jou rug draai op Yisrael, o wee Amerika. Selfs die Skrif
bevestig dat julle behoort te bid vir die vrede van Jerusalem. Wanneer julle
enige iets doen wat kom teen MY Woord moenie dink dat EK nie gehoor het nie. EK
praat met die ganse wêreld, Los MY oogappel uit. EK het haar getug; sy het nie
vrede geken nie. Maar dit is vir MY om te doen en nie vir julle nie. Sy sal
weereens uitroep na MY, die Elohiem van haar voorvaders, want EK het ‘n verbond
gesluit met Abraham en EK sal dit nie verbreek nie. EK het ‘n belofte gemaak aan
YAHUSHUA, want HY het gesê hulle weet nie wat hulle doen nie. HY het gesê,
"Vader vergewe hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie." Maar jy, Amerika
en diegene wat aansluit by die Verenigde Nasies, EK waarsku julle nou, moenie
kom teen MY oogappel nie, alhoewel sy baie verkeerd gedoen het, het sy ook dit
gedoen wat reg is in MY oë. Die mense van Yisrael is soos een groot familie,
wanneer jy een seermaak, maak jy hulle almal seer. Wanneer jy een doodmaak, is
dit soos hulle eie familie.
O Amerika, jy dink net jy ken smart. Jy sal moet loop in die skoene waarin
Yisrael geloop het. Hulle veg en hulle sukkel vir elke asemteug vandat EK haar
verklaar het as ‘n volk. Vandat hierdie baba gebore was, was hierdie baba oor-en-oor
getoets. Hulle het probeer om haar dood te maak. Maar, EK het asem in haar in-geblaas
elke keer, soos EK dit keer-op-keer gedoen het. Want al diegene wat haar
vernietiging wil hê, weet dat "EK IS" dit weer sal doen. Hulle honger en dors na
geregtigheid en hulle weet nie hoekom nie; maar as hulle maar net die vars manna
en die Brood van die Lewe en die nuwe Wyn wil aanvaar. Sou hul gelewe het en nie
gesterf het nie. Maar hulle sal, EK sê vir julle, hulle sal. Want EK het ‘n
oorblyfsel wat uit Yisrael sal kom en sal lewe en Yisrael sal staan, maar sy sal
nie verdedig word deur mense nie.
Want EK het ‘n geheimenis in Yisrael gesit en die krag is in daardie “Box” ‘n
krag soos geen ander, met al julle kernkrag wapens kan julle nie eens amper
begin vergelyk met die Staf wat EK in daardie “Box” geplaas het nie. Dit sal
weereens die rivier-bedding van die Rooi See opdroog. Die wonderwerke wat Moses
gedoen het sal weer gesien word. As hulle maar net weereens kan glo. Die Naam,
die Naam, die Naam, die krag alleen is in die Naam. Roep uit tot MY in die Naam
van YAHUSHUA want in YAHUSHUA se Naam sal die bose nie bly nie. Roep uit tot MY
in die Naam van YAHUSHUA, die Bloed bedekking van hierdie land en die wêreld.
Want HY is waarlik YAHUSHUA ha MASHIACH, die MESSIAS nie net van Yisrael nie,
maar van die hele wêreld want SY Bloed het in die grond in gevloei, binne-in
Yisrael se grond in, en dit het regoor die wêreld gevloei na elke vrou en man,
seun en dogter. MY Kinders ken die krag van daardie Naam. In die Naam van
YAHUSHUA sal MY Kinders gered word.
Vertel net vir Yisrael dat EK vir hulle ‘n baie groter offer gegee het as die
offer wat Abraham eens op ‘n tyd gedink het hy vir MY moes gee, en dit was sy
eie seun want EK het MY eie Seun gegee en SY Naam is YAHUSHUA. En presies net
daar waar daardie Westelike Muur is, waar hulle kniel en bid, verstaan hulle nie
eers hoe heilig daardie grond is nie.
EK roep uit vir genade, genade vir Yisrael. Ons weet nie wat aangaan nie. Ons
het nog nie na die nuus geluister vanaand nie, maar ons loof U en ons dank U
YAHUVEH vir U woorde. U het gesê dat hulle U oogappel is. Hulle is U oogappel.
O, wees genadig! Wees genadig, o, wees genadig. EK roep uit om meer genade vir
Yisrael as wat EK selfs vir Amerika doen. EK roep uit vir genade Vader. Die
visioen wat EK gesien het was die bloed, maar die bloed toe YAHUSHUA gesterf
het, en die bloed het in die grond ingegaan. YAHUVEH het vir my gewys dat dit
regoor die wêreld net rooi was. Dit het die hele wêreld oordek. Alhoewel mense
dit nie kon sien nie, het dit die hele wêreld oordek. Halleluyah! Dankie Vader!
Dankie YAHUSHUA!
Gegee aan Apostel Elisabeth Sherrie Elijah [Elisheva Sherrie Eliyahu] op die
8ste Oktober, (Tishri die 21ste) 2001, tussen 3:00 en 4:00 in die oggend,
gedurende die Fees van Tabernakels.