Profesie 52
EK, Vader YAHUVEH, Sal Julle Weereens Verlos!
Gegee aan Eerw. Elisabeth Sherrie Elijah [Elisheva Eliyahu]
2 November 2001
WEKROEP VIR DIE WEGGESTEEKTES
Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle
Profesieë bygevoeg moet word van nou af:
EK het jou lank gelede gewaarsku Elisabeth (Elisheva) om nie hierdie Bediening
na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was.
EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie,
niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH
geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee.
Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit
net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH
HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing,
dit is nie deur jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja 42:8)
In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook gesê dat die volgende vanuit 2 Kronieke
bygevoeg word voor elke Profesie:
2Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY
Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat
daar geen genesing meer was nie.”
*******
Kosbare, Geliefde Kinders van MY, hoeveel van julle roep uit na MY met weeklaag
en trane en probeer om julle vrees weg te steek vir die wêreld en vir julle
vriende, maar stel julle vertoue in julle Pappa YAHUVEH en MESSIAS YAHUSHUA.
Julle kom na ons toe met traanbevlekte gesigte in die Naam van MY Seun YAHUSHUA
en sê, "Wat doen ons nou? Waarheen gaan ons?" Lieflinge van MY, o EK is nie
kwaad vir julle op hierdie tydstip nie, dit is die bose waaroor EK wit is van
woede. EK sien die bose mense se komplotte en planne en dit is net soos in die
tye van ouds met die slang in die Tuin van Eden, wat julle wil bedrieg, en julle
laat dink dat julle nie kan wen sonder wêreldse kennis nie. Julle Vader EK,
YAHUVEH, is alle kennis en wanneer julle MY, YAHUVEH en YAHUSHUA en die RUACH HA
KODESH soek, soek julle waarheid, en kennis.
Wees verseker, solank as julle soek sal julle die antwoorde vind wanneer die tyd
kom. As julle nie weet wat om te doen nie, wees dan verseker, dit is nog nie tyd
vir julle is om te weet waarheen om te gaan, ook nie wat om te doen nie. EK,
YAHUVEH, sal nie vir julle die reiskaartjie gee alvorens dit tyd is om te gaan
nie. EK, YAHUVEH, is nooit te vroeg of te laat nie, maar EK is altyd daar
presies op tyd. Nie ‘n sekonde om te spaar nie met tye. Maar EK, YAHUVEH, sal
jou nooit verlaat, of begewe nie. EK, YAHUVEH, is die Skepper van die ganse
mensdom. Julle hoef nie bang te wees wat die bose mense sal doen nie want EK,
YAHUVEH, gebruik die eenvoudige dinge, soos julle gebede, tot beskaming van die
sogenaamde, wyse mense van hierdie wêreld.
EK, YAHUVEH, is selfs instaat om julle DNA te verander. Het julle dit geweet? Ja,
as EK dit so verkies. EK, YAHUVEH, kan selfs die kleur van jou vel en jou oë
verander. Moenie verwonder nie. EK, YAHUVEH, is die Skepper onthou? EK, YAHUVEH,
is daartoe instaat om julle onsigbaar te maak as EK, YAHUVEH, so verkies. Julle
het geen idee watter standaard EK teen die bose mense sal oprig nie. Die einste
gebondenheid, siektes en plae wat die bose, wat satan se kinders genoem word,
oor julle wil loslaat, sal hulle beskaam.‘n Menige van MY Kinders sal nie
seerkry nie. In plaas daarvaan, sal die bose mense se eie families hierdie plae
en siektes opdoen, en hulle sal geen antwoord hê oor die rede hoekom nie. Al wat
hulle sal moet erken is dat EK, YAHUVEH, dit gedoen het.
Die bose mense beywer om hulself te beskerm, en hulle ag hulself wys om selfs
hulle eie families, geliefdes en vriende ook in te ent, en tog, sal EK, YAHUVEH,
daardie beskerming tot nul en gener waarde maak. Tot die mate wat die bose mense,
die geveinstes, MY Kinders wil leed aandoen, dit is die maat waarin die leed sal
terugkom op hulself. Begin bid hiervoor nou. Daar is groot krag in gebede gerig
tot MY, YAHUVEH, in die Naam van julle MESSIAS, MY enig verwekte seun YAHUSHUA.
Bid dat EK, YAHUVEH, vir julle groter geestelike wapens sal gee om te gebruik
teen die vleeslikes wat opstaan teen MY geliefdes, wat MY aangesig en wil
daagliks soek.
Bid dat soos Elisa die mantel sien val het van Elia van ouds, julle dit ook weer
sal aanskou, en julle sal toegerus word met nog meer van die RUACH ha KODESH se
salwings krag. Wanneer dit gebeur hoef julle nie bekommerd te wees oor hoe julle
na ‘n sekere nasie toe sal gaan nie. Wanneer EK, YAHUVEH, julle stuur sal julle
net verskyn. Dink julle dit is vreemd? Lees julle Skrifte en sien hoeveel het
alreeds die krag gehad om te transporteer en weet dat die bose mense reeds sulke
kragte gebruik vir bose redes.
Die bose hou donker geheime, en tog sal EK, YAHUVEH, MY geheime vertel aan
diegene wat die leidende lig volg, wie YAHUSHUA is. EK, YAHUVEH, sal MY Babas,
Bruid, Uitverkorenes en Noukeurig Uitgesoektes beskerm! YAHUSHUA is ‘n lamp vir
julle voete. Wanneer die bose julle lig wegneem, kyk na MY, YAHUVEH, en EK sal
MY engele stuur om jou pad te verlig. Die bose wil julle vrymoedigheid, geloof,
vertroue, waarheid, privaatheid, vryheid, blydskap, onuitspreeklike vreugde vol
heerlikheid, en julle finansies van julle af wegneem. Dit is maklik vir hulle om
te doen as julle vir die gees van vrees luister, en al die slegte terugvoering
op die nuus. Meer as wat julle luister; lees die goeie verslae, hulle is almal
geskryf in die Skrifte. Ten minste MY Kinders kom in balans. Hoe kan julle hoop
om vrees te oorwin wanneer ál wat julle doen is om die vreeswaansin te voed?
MY weggesteektes het die kennis, en ‘n uitweg rond-om elke wapen van die vyand
wat MY kinders se vernietiging wil hê, en hierdie wêreld se vernietiging.
Vertrou nie op jou eie insig nie, maar in al jou weë erken MY, YAHUVEH en EK,
YAHUVEH, sal al jou weë rig. Julle eie insig sal veroorsaak dat julle die
onbekende vrees. EK, YAHUVEH, slaap nie. EK, YAHUVEH, sal nie sluimer nie. MY oë
is op die nasies waar MY mense uitroep na MY in gebed om hulle te red. Moenie
luister na doem-en-swaarmoedige voorspellers nie. Hulle spreek en skryf dat EK,
YAHUVEH, nie ‘n plek sal voorsien van toevlug vir MY geliefdes wat vir YAHUSHUA
ha MASHIACH volg en hul bes doen om MY wette te gehoorsaam nie. Hoekom wil MY
kinders gehoorsaam wees aan MY, YAHUVEH? Omdat hulle hul Hemelse Vader liefhet.
Die waarsêers het ingesluip in die ordes van die vyf-voudige ampte van die kerke,
en van die politici, en die nuusgewers. Hulle spreek vreeslike dinge tot MY
kinders. Hulle praat van neerlaag en nie oorwinning nie. Hulle skep twyfel in
julle gedagtes of EK, YAHUVEH, MY kinders sal red. Hulle waarsku dat almal
gereed moet wees om aangeval te word, almal dood sal gaan of swaar beserings sal
opdoen, sonder MY, YAHUVEH, en YAHUSHUA ha MASHIACH aan julle kant, is hierdie
waar. Wat die nuusgewers en vele politici, en waarsêers vergeet is dat EK,
YAHUVEH, nie MY Kinders verlaat het nie. Hoe sal dit MY enige Eer bring? Ja, MY
kinders sal eendag by MY aansluit in die Hemel, hierdie is waar, maar as EK nie
‘n weg van ontvlugting wou voorsien nie, waarom sou EK so sê in MY Skrifte? MY
Woord sal nie leeg na MY toe terugkeer nie, dit sal uitvoer wat EK voortbestem
het. EK is YAHUVEH en EK het nie verander nie.
Wat EK, YAHUVEH, vir Israel gedoen het in die tyd van Moses; EK sal dit weer
doen. Wat EK vir Lot gedoen het; EK, YAHUVEH, sal dit weer doen. Wat EK vir
Josef en Maria gedoen het; EK, YAHUVEH, sal dit weer doen. Wat EK vir Noag
gedoen het; EK, YAHUVEH, sal dit weer doen. Wat EK vir die drie Hebreeuse
kinders gedoen het; EK, YAHUVEH, sal dit weer doen. Wat EK vir Elia van ouds
gedoen het; EK, YAHUVEH, sal dit weer doen. Wat EK vir Henog gedoen het; EK,
YAHUVEH, sal dit weer doen. Wat EK vir Elisa gedoen het; EK, YAHUVEH, sal dit
weer doen. Die galg wat Haman gebou het; EK YAHUVEH, sal hulle daaraan ophang.
EK het ‘n Ester en net soos in die tye van Ouds, sal EK, YAHUVEH, MY kinders
weer verlos. EK het ‘n Koning Dawid en EK sal musiek en lofsange gebruik om die
vyand te verslaan terwyl Psalms weereens tot MY opgehef word in geloof dat EK,
YAHUVEH, weer sal verlos.
Wys MY in julle Skrif waar EK nie MY mense verlos het wat MY gebooie gevolg het
en lief gehad het en MY, YAHUVEH, eerste gestel het in hul lewens nie? EK,
YAHUVEH, sal MY kinders bevry uit die strik van die voëlvanger. Al wat julle
moet doen is bid en geloof hê en te glo dat EK groter is as al hierdie vreeslike
dinge wat probeer om oor MY kinders te kom! EK, YAHUVEH, sal julle gebede
beantwoord wanneer julle na MY roep in die Gewyde Naam van YAHUSHUA ha MASHIACH.
Kom met vrymoedigheid voor MY troon, en gee MY julle versoeke.
EK, YAHUVEH, is nie kwaad vir MY geliefde kinders nie. By tye dwaal julle af,
verontagsaam, en is die wolf gereed om julle te verskeur, alles net omdat julle
nie gehoorsaam is nie. Dus soos skape, is EK gedwing om jou been te breek, maar
dan dra EK jou liefdevol in MY arms totdat jy gesond is en weer instaat is om te
loop. Waar los ‘n Goeie Herder ooit sy skape onversorg? Waar slaan ‘n Goeie
Herder ooit die Skape en Lammers? Nooit! Maar EK belowe julle dat EK diegene wat
julle wil verskeur die dag sal laat berou wat hulle gebore was.
Het EK, YAHUVEH, nie vir Lot gewaarsku en hom versper met MY engele sodat hy nie
kon ingaan terug binne-in die stad van sonde nie? EK het hom beskerm, en sy
familie, behalwe sy vrou wat gekies het om MY te verontagsaam, teen die vuur en
swael, wat ‘n vorm van verdrukking was vir Lot en sy familie ook. Het EK,
YAHUVEH, nie vir Josef en Maria gewaarsku om te vlug met YAHUSHUA as ‘n baba nie?
In die tye van Ouds was dit ‘n vorm van verdrukking vir die moeders met babas,
want al die babas moes vermoor word, want die bose wou die ware MESSIAS vind om
HOM dood te maak! EK, YAHUVEH, het ‘n engel gestuur om vir Josef te waarsku in
‘n droom en EK het vir hom gesê waarheen om te vlug en vir hom gesê wanneer om
te terug te kom. Dink julle EK, YAHUVEH, sal nie vir julle dieselfde doen nie?
Het EK, YAHUVEH, nie ‘n ark vir Noag en sy familie voorsien voordat daardie
groot verdrukking van water die aarde oorstroom het nie?
Wat van Ester? Dink julle dit was nie ‘n vorm van verdrukking om vooruit te sien
hoe die Jode om haar vermoor word nie en tog, het EK, YAHUVEH, ‘n uitkoms vir
die Jode voorsien, anders sou daar geeneen gewees het vandag nie? Het EK,
YAHUVEH, nie die einste wapen gebruik wat veronderstel was om Mordeggai en Ester
dood te maak nie, die galg wat Haman gebou het, van mening dat hy vir Mordeggai
en Ester ‘n vangstrik gestel het, en dat al die Jode doodgemaak sou word en tog,
het EK, YAHUVEH, vir Haman aan die einste galg laat gehang.
Hoe kan die einstes wat sê dat hulle profesieë hoor, ontken dat EK, YAHUVEH,
altyd ‘n manier gehad het om MY Mense te beskerm? Wees versigtig vir mense wat
hierdie dinge profeteer wat jou wanhopig laat voel. Ongeag wat die verdrukking
is, EK, YAHUVEH, sal ‘n manier van ontvlugting voorsien vir diegene wat op MY
vertrou en staatmaak in al hul weë. Vertrou meer in YAHUVEH, en julle YAHUSHUA,
as jou vrou, man, vriende, vyf-voudige ampte of regering.
EK, YAHUVEH, sal nie belowe dat dit altyd ‘n maklike pad vir almal sal wees nie.
EK sal julle nie belowe dat daar nie martelaars sal wees wat hulle lewens sal
neerlê vir YAHUVEH en YAHUSHUA nie. EK sal julle belowe dat hierdie martelaars
by MY in die Hemel is op hierdie oomblik en nooit weer sal hulle swaarkry nie.
EK sal nie belowe dat al MY kinders veilig gehou sal word nie, maar EK, YAHUVEH,
sal hulle beskerm soos EK MY kinders van Israel beskerm het in die tye van ouds,
toe die plae, die duisternis, en die dood oor hulle gekom het. EK het diegene
gespaar wat die bloed van MY verbond gehad het in die tye van ouds, hoeveel te
meer sal EK nou doen met die Bloed van die nuwe verbond van YAHUSHUA ha
MASCHIACH.
Wees gewaarsku wolwe julle sal ontbloot word. MY skape sal julle name ken en
julle planne. EK, YAHUVEH, sien en ken elke persoon met die hart van ‘n
wreedaardige wolf. EK, YAHUVEH, en YAHUSHUA alleen is die Goeie Herder. EK,
YAHUVEH, alleen sal julle wolwe beskaam met julle eie skeppings en wapens van
oorlog. EK, YAHUVEH en YAHUSHUA is die Staf van woede wat julle sal weg-slaan
van MY Skape en MY Lammers af. Wees nie mislei nie, EK sal die wolwe doodmaak in
MY tydsberekening en hulle nie net in die hel gooi nie maar in die Poel van Vuur!
Aan almal wat die vernietiging wil hê van Amerika, Israel, en al die Christene
en die Jode, wat is die prys van jou siel? As jy aanhou om dit te doen dan sal
jou siel vir ewig verdoem wees! As jy wegdraai hiervan, en draai na YAHUSHUA ha
MASHIACH dan sal jy vir ewig gered wees. Dit is jou keuse.
*******
Offensief vir sommiges, ophelderend vir ander, vir die liefde, gehoorsaamheid en
heerlikheid van YAHUVEH en YAHUSHUA.
Profetiese Diensmaagd van YAHUVEH en YAHUSHUA, Apostel Elisabeth Sherrie Elijah
(Elisheva Eliyahu) Vrydag, 02/11/01, om 1:50 v.m.
Bid dat julle sal uitvind waar in hierdie wêreld julle ark is en wanneer julle
moet ingaan om die boosheid wat kom te ontvlug. Bid in die Gewyde Naam van
YAHUSHUA. Miriam (Maria) het nie vir haar Hebreeuse baba ‘n Griekse naam "Jesus"
gegee nie. Daar is salwings-krag in die Naam wat beteken YAHUVEH red.