Profesie 53

"EK Het Julle die Oorwinning Gegee!" Pasga Profesie

Gespreek onder die Salwing van die RUACH HA KODESH Deur Apostel Elisheva Eliyahu op 28 Maart 2002

Hieronder is die Profesie soos dit voort gekom het

—met Profeet Elisheva se “Heilige tale,” soos GOD SE GEES uiting gee (Handelinge 2:3-4) van hemelse of aarde tale (1 Ko 13:1). Elisheva spreek voort in tale wat Profesie bring (1 Ko 14:6).

Ons gebruik die Hebreeuse Name van GOD:

Soos in Alleluia (Hallelu YAH) wat beteken “Loof YAH,” YAH is GOD Se Heilige, Gewyde Naam: YAHUVEH of YAHWEH, GOD DIE VADER; YAHUSHUA, GOD SE ENIGSTE VERWEKTE SEUN—(HA MASHIACH beteken Die MESSIAS; ELOHIM beteken GOD.) Die Openbaring van SH’KHINYAH HEERLIKHEID—as die Persoonlike Naam van RUACH HA KODESH (in Afrikaans “Die HEILIGE GEES”)—is ook op hierdie webtuiste. (HA SH'KHINAH {SHEKINAH} is Hebreeus vir GOD SE BLYWENDE, GODDELIKE TEENWOORDIGHEID.)

Addisioneel, ABBA YAH beteken “VADER YAH” en IMMA YAH, “MOEDER YAH.” In Hebreeus is die GEES VAN GOD vroulik, verwys na as “SY,” en reflekteer op hierdie manier in Profesieë & Skriftuurlike aanhalings hieronder. Alle direkte verwysings na GOD is hoofletters.

Skrifaanhalings is uit Woord & Getuienis of OAV behalwe as anders aangedui.

YAHUVEH se Waarskuwing Voor die Profesieë:


EK het jou lank gelede gewaarsku Elisabeth (Elisheva) om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie.

Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee.

As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het.

Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja 42:8)

In Julie 2010 het YAHUVEH GOD gesê om hierdie by te voeg om diegene te waarsku wat spot:


2Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag
en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH
teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

* * * * * * *

Profesie 53 Begin
Waarlik MY Kinders julle staar die Rooi See in die gesig.			
Waarlik MY Kinders die bose Farao 			
		en sy troepe is agter julle,	
	maar MY Kinders net soos EK ‘n weg van 		
		ontvlugting  gegee het	
		vir Moses en die Kinders van Israel,	
	so ook sal EK dit weer doen.		
MY Kinders, in die dae wat voorlê			
	sal julle dinge oor hierdie wêreld sien kom		
		wat julle jul koppe sal laat skud.	
En julle sal wonder en julle sal sê,			
	“Waar is ons YAHUVEH & YAHUSHUA vandag?”		
			
Maar behou julle geloof en hou julle oë op MY			
	 en julle sal sien—die Rooi See		
		gaan weereens oop	
	en julle sal dit oorsteek in veiligheid—		
	en die vyande sal vernietig word.		
Al diegene wat julle agtervolg!			
Almal wat julle agternajaag!			
		Hulle sal vernietig word.	
			
Want EK IS YAHUVEH en EK verander nie.			
	EK IS YAHUVEH, en EK IS dieselfde		
	—vandag, gister & vir altyd.		
En deur  MY SEUN YAHUSHUA se Bloed,			
	kom julle moedig voor die Troon,		
	julle sê vrymoediglik vir MY		
		wat dit is wat julle nodig het.	
			
EK sê vir julle hierdie dag,			
	het EK vir julle die oorwinning gegee.		
EK sê vir julle hierdie dag!			
EK sê vir julle hierdie dag			
	dat niks wat die vyand van voornemens was om te doen		
		sou EK toegelaat het om gedoen te word nie.	
EK sê vir julle,			
	EK het julle die oorwinning gegee		
		—alhoewel vegtend vir ure lank	
		 met die swaard van MY GEES in die hand
Weereens, MY kinders,			
	het julle die oorwinning gesien.		
	Dit was nie ‘n maklike oorwinning nie.		
			
EK het julle nooit belowe dat dit ‘n maklike oorwinning sou wees nie.			
Wanneer EK sê dat daar ‘n oorwinning sal wees,			
			
Niemand het ooit vir julle gesê dat dit maklik sou wees nie.			
Dit is waar dat MY juk sag is			
		en MY las is lig,	
	maar MY kinders daar is ‘n prys om te betaal		
	vir die salwing wat EK geplaas het		
		op almal van julle se lewens.	
		
So julle eet hierdie Pasga feesmaal—julle eet dit			
	en julle 		
		“murmureer murmureer” of brom nie
	want in plaas daarvan doen julle dit		
		met ‘n dankbare hart	
	en onthou wat gebeur het		
		 met die Kinders van Israel.	
Onthou die Kinders van Israel			
	wat vir 40 jaar rondgedwaal het.		
Dit sou nie so gewees het			
		as hulle nie gemurmereer het nie,	
		gekla en gebrom het nie,	
	maar EK het hulle om-en-om laat loop		
		in, sommige sou sê, in sirkels.	
	EK het hulle om-en-om laat loop		
		en hulle getoets keer-op-keer.	
			
EK vertel vir julle MY Kinders. EK vertel julle dit waarlik.			
Moenie murmereer nie, moenie kla nie, moenie brom nie			
	ongeag wat EK toelaat om te gebeur—met julle.		
			
In plaas daarvan hef julle oë op na MY.			
In plaas daarvan gee YAHUVEH & YAHUSHUA die eer.			
En weet dat EK alleen IS julle VERLOSSER!			
En weet dat alleenlik			
	deur die Gestorte Bloed van MY SEUN YAHUSHUA 		
		dat julle die oorwinning het;	
	deur die Gewyde Naam van YAHUSHUA		
		het julle alleenlik die oorwinning.	
			
EK het julle dit belowe			
	en as julle maar net sal gehoorsaam,		
		as julle jul ore wil neig	
	tot alles wat EK sê,		
sê EK dit vir julle MY kinders,			
	julle sal die oorwinning hê.		
			
as julle maar net jul ore sal neig tot elke woord wat EK sê, 
as julle sal bly in Heiligheid en leef as 
‘n voorbeeld vir ander om te sien.

Onthou, met ‘n oorwinning kom ‘n prys.			
Onthou, daar is geen soldaat			
	wat in ‘n geveg ingaan		
	wat nie vermoeid voel nie.		
Daar is geen soldaat wat nie			
		op een tydstip wil weghardloop nie.	
			
Maar onthou MY kinders, onthou dit			
	dat EK julle die oorwinning belowe het		
		as julle maar net sal gehoorsaam.	
As julle maar net jul ore sal neig tot elke woord wat EK sê,			
		     as julle net sal bly	
		     in Heiligheid en leef	
		as ‘n voorbeeld vir ander om te sien	
	—EK sê dit vir julle—MY kinders,		
		julle en hierdie Bediening sal 	
		algehele oorwinning sien.	
			
Julle sal jul vyande sien doodgaan			
		    —deur MY Hand alleen.	
Julle sal jul vyande sien weghardloop			
		    —deur MY Hand alleen.	
Julle sal jul vyande sien buig en kniel			
	—en erken dat YAHUSHUA HERE en REDDER is.		
	En dit sal wees, alleenlik, soos EK bepaal het:		
		Die oorwinning in MY SEUN YAHUSHUA SE NAAM—	
	En julle sal weet watter prys jul ookal betaal		
		sal dit werd wees.	
Want EK het julle die voorreg gegee			
	om aan MY Eer te bring deur julle lyding		
		—net soos die Profete van Ouds—	
	wanneer mense julle sien staan,		
	sal hulle weet dit is alleenlik deur MY Hand		
		wat julle beskerm en lei	
		    —op alle maniere.	

MY kinders, geniet hierdie Pasga feesmaal			
	wat EK vir julle voorsien het hierdie dag.		
Dankie dat julle MY gehoorsaam.			
Dankie dat julle luister.			
			
Want die seën van hierdie Pasga Profesie			
	was bedoel vir ander en nie net vir julle nie.		
			
Sê vir hulle as hul dit gemis het om die Pasga Seder te doen,			
	selfs op ‘n nederige manier—solank hulle MY erken		
	(dat EK dieselfde YAHUVEH is wat die		
		Kinders van Israel verlos het	
		van die Egiptenare en van die vloeke	
		    en die plae wat gekom het);	
Sê vir hulle, as MY kinders dit net op 			
	‘n nederige manier sou doen—en MY erken,		
	ongeag die kalenderdag:		
			
Waar hulle Pasga is, is waar hulle geloof sal wees			
—en waar hulle geloof is, sal hulle  Pasga wees.
Einde van Bandopname

Aanvallend vir Sommige, Verligtend vir Ander Vir die Liefde & Gehoorsaamheid & Eer Van YAHUVEH & YAHUSHUA HA MASHIACH
Gegee aan Apostel, Profeet Elisheva Eliyahu