VYF STAAT WAARSKUWING:
California, Nevada, Texas, Arkansas, Missouri
Elisheva het hierdie hoorbare woorde gehoor van die HERE voor HY deur haar
gespreek het met hierdie waarskuwing!
******* Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op
alle Profesieë bygevoeg moet word van nou af:
EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva] om nie hierdie Bediening na ‘n man
of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in
jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan
het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee.
Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die
Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou
hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se
Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur
jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja 42:8)
In Julie 2010 Het YAHUVEH GOD beveel dat die volgende bygevoeg word voor elke
Profesie:
2Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY
Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat
daar geen genesing meer was nie.”
*******
EK stuur MY Profete uit om te waarsku oor MY oordele. EK stuur MY apostels en
profete uit om te waarsku voordat die verdoeming kom. EK waarsku diegene nou, in
Amerika deur hierdie diensmaagd van MY weereens. EK het vir haar ‘n droom gegee.
Nou! Dringend! Gebedsintersessor vegters in die vyf state genoem in die droom
[California, Nevada, Texas, Arkansas, Missouri] moet opgerig word. EK het dit
vir haar gesê op ‘n tyd toe sy die weerloosste was, toe haar oor geopen was,
ingestel om MY woorde te hoor. Twee woorde: Waarsku Hulle! Waarsku hulle wanneer
Amerika die weerloosste is. Terwyl ‘n vliegtuig laag gevlieg het, soos in die
droom wat beskryf sal word hieronder. Hierdie vyf state is die weerloosste. As
genoeg gebedsvegters nie verrys en omgee nie, sal daar ‘n aanval kom. EK gaan
nie sê hoe nie, EK gaan nie sê wanneer nie. EK waarsku deur MY Profete. Hoe min
sal luister.
Die mense neem die waarskuwings van die regering tans, aangesien daar so baie
was, nie meer ernstig op nie. Maar Missouri, Arkansas, Texas, California en
Nevada, ‘As MY volk wat deur MY Naam geroep is nie hulself verneder, en op hulle
aangesigte val en bekeer vir die sondes in hierdie land nie,’ sal hierdie vyf
state die woede voel van die Almagtige GOD YAHUVEH se hand.
Maar MY Kinders wat in die arke is, die ark is waar EK jou ookal gesit het om te
bly terwyl hierdie onheil verbygaan. EK sê vir julle dit: salf julle huise, salf
julle deure, want net soos in die dae van ouds, net soos toe die plae gekom het,
was die kinders van Israel veilig. Die wat ander gode aanbid was nie. Die
doods-engel het verbygegaan en nie aan die kinders van Israel geraak nie. Maar
die wat ander gode aanbid het, die wat geen god aanbid het nie het die hand
gevoel van Almagtige GOD YAHUVEH se woede. EK laat hierdie toe.
EK laat MY Dogter die een te wees om julle te waarsku. Hoe min sal luister.
Julle was getoets terwyl EK herhaaldelik gesê het, soos Elia van Ouds [Eliyahu],
die weduwee van Sarfat en ander getoets het. Die profete van Baäl sal val. EK
sal oordeel afstuur op diegene wat nie MY waarskuwing ernstig opneem nie. Moet
geen mens blameer nie, want hierdie sal toegelaat word deur die hand van die
SKEPPER, van die REDDER. Want julle wil nie na ONS luister op enige ander manier
nie. Bekeer, val op julle knieë en bid dat die oordeel nie op julle neerkom
hierdie presiese dag nie. Vir die verharding van julle harte, vir die doofhou
van julle ore, vir die blindhou van julle oë.
Julle kerke laat MY opgooi. Julle aanbidding maak dat EK MY ore doofhou. Julle
beter MY nou aanroep terwyl EK te vinde is. Weg met julle huigelary, weg met
julle skrifgeleerdes en Fariseërs, julle wat die letter van die wet ken maar
geen liefde van binne het nie, gaan weg van MY af. EK noem julle nie MY Kinders
nie, EK noem julle MY vyande. Moenie dink YAHUSHUA sou nie so praat nie, want EK
noem hulle slange en adders. Julle spuit julle dodelike gif in diegene wat MY
dien. Julle probeer hulle doodmaak met die letter van die wet. Julle gooi MY
goedertierenheid en genade uit; daarom sal julle niks van MYNE hê nie.
Benoem hierdie [Elisheva], Waarsku Hulle! Diegene wat jou spot en sê, "Ag jy het
gewaarsku van oordele elke dag". Waarsku Hulle! Net soos in die dae van Noag,
hoeveel het aandag gegee totdat die vloed gekom het. Net soos in die dae van
Sodom en Gomorra. Niemand het aandag gegee nie tot dit te laat was. Waarsku
Hulle! Amerika, julle dink julle vlieg so hoog. Maar julle verstaan nie, vir een
doel het EK julle beskerm, Amerika, dit is as gevolg van diegene wat uitroep in
MY Naam en bid, "Spaar Amerika, gee Amerika nog meer tyd!" Maar waar is die
bekering, Amerika? Waar is die bedekking van julle aangesigte in skaamte? Want
die wreedaardighede gaan nog steeds aan en MY Seun se Naam word verdoem.
Waarsku hulle MY Dogter. Moenie verbaas wees hoe min sal luister nie, moenie
verbaas wees hoe baie sal spot nie. Hulle sien die ware bedienaars soos joune,
soos jy en die ander bedienaars. En hulle sien hoe die bedienings gebrek ly.
Hulle voer hulle eie gesigte. Hulle gee nie om oor die wat MYNE is nie. Nou het
die tyd gekom en honger sal in hulle mae wees, geen dak sal oor hulle koppe wees
nie. Miskien nie vandag nie, maar dit sal gebeur wanneer hulle dit die minste
verwag. EK sal MY ore doofhou vir hulle uitroepe. Diegene wat MY Sabbatdag
verafsku. Waarsku Hulle, MY Dogter.
EK het hierdie bediening gebruik om die metaal te toets van die mense. Mense
julle het gefaal, EK roep diegene wat MY aanbid, wat MY getrou dien dag-na-dag,
wat so baie bid hulle kan nie die ure in die dag tel nie, om die metaal te toets
van die mense. Die mense word ontbrekend gevind, die mense was gevind sonder
meegevoel. So waarsku hulle, MY Dogter. Hulle sal spot en hulle sal lag. Hulle
sê wat jy geprofeteer het het nog nie gebeur nie. Hulle vergeet so het die
profetiese waarskuwings in Openbaring ook nog nie plaasgevind nie, nie tot die
graad wat jy dit gesien het nie.
Wanneer EK genade het, gooi hulle die genade terug in MY gesig. Wanneer EK
genade het omdat die profete bid, "Moet dit asseblief nie nou doen nie" want
wanneer EK genade het en die mense opstaan en bid, dan word MY Apostels en
Profete gebrandmerk as vals omdat EK nie daardie dag MY oordeel losgelaat het
nie. Waarsku hulle, MY Dogter. Moenie verbaas wees hoe min sal luister nie.
Waarsku Hulle, MY Dogter sodat die bloed nie op jou hande sal wees nie. Vertel
vir hulle die droom hieronder, maar hulle verstaan nie, want hulle ore is doof.
satan vul hulle met was. Hulle oë is dof, satan bedek hul oë. Hulle monde kan
net beswaddering en verwoesting spreek tot diegene wat EK MYNE ag. Maar die wat
MYNE is is verseël; die wat MYNE is is beskerm. Maar waarsku hulle, MY dogter,
sodat hulle nie sal sê dat EK hulle nie gewaarsku het nie, EK nie ‘n apostel en
‘n profeet gestuur het om hulle te waarsku om te bekeer en te bid nie.
Hoekom dink Amerika dat dit beter is as enige ander nasie op aarde? EK sal julle
dit sê, Gebedsintersessors. Diegene wat vurig bid, beter in aanraking kom met
jou van hierdie vyf state [California, Nevada, Texas, Arkansas, Missouri], aan
diegene wat opgerig word in ander plekke regoor die wêreld, julle ken julle
roeping. Dit is vir ‘n Gebedsintersessor. Kom na vore nou! Kontak hierdie
Apostel voordat dit te laat is.
Want Amerika, julle maak gereed om nog ‘n verjaarsdag te vier en as gevolg van
MY genade en liefde, het EK julle barmhartigheid bewys en EK stuur nou weer ‘n
Apostel om hulle te waarsku. Bid weereens dat MY oordeel oor Amerika uitgestel
sal word.
* * * * * * *
So is dit gespreek, so is dit geskryf, onder die salwing van die RUACH Ha
KODESH, gegee aan Apostel Elisheva Eliyahu.