Profesie 58
Amerika, Bekeer Of Vergaan! Voor Dit Te Laat Is!
Gegee aan Apostel Elisheva Eliyahu
12 September 2001
Die dag na die “World Trade Center” aanvalle.
Verstaan asb ek is ‘n Amerikaner en sit in Amerika, terwyl ek hierdie spreek
onder die salwing met groot vrees vir dit wat gaan kom as ons nie bekeer voor
ons Skepper YAHUVEH en YAHUSHUA ons Messias nie. Groot vrees dat ek gehoor en
gespreek en geskryf het wat YAHUVEH wil hê ek en jy moet hoor. Ek het gestrewe
om elke woord duidelik te hoor en vra om vergifnis as ek nie het nie in die naam
van YAHUSHUA.
Ek was aangesê om die mense te waarsku dat‘n groot geestelike gebeurtenis gaan
plaasvind en dat dit in die fisiese ryk sal manifesteer rondom die Sabbat van
Rosh Ha Shanah die Joodse datum wat die Rabbies daar gestel het wat 17-18 Sept.
is tog voel ek in my gees dat die datum nie reg is nie. YAHUVEH het my aangesê
om vir die mense te sê dat hulle die dae naby 14 September, se Sabbat moet
dophou, ek voeg ook by dat julle kyk wat gebeur op Yom Kippur die Dag van
Versoening of die 10 dae van ontsag, 1 dag van vas en berou oor ons sondes. Yom
Kippur is die Hoogs-heiligste dag, en as julle dink dat net die Jode hierdie dae
moet eer is julle verkeerd. Want jy is ‘n Jood wanneer jy vir YAHUSHUA as jou
God en MESSIAS aanvaar, YAHUSHUA is Koning van die JODE. Wat HY Heilig gehou het
moet ons vier as Joodse Hoog-Heilge Dae en feesdae. Moet ons nie ons Redder se
voorbeeld volg nie?
Die Jode glo Rosh Ha Shanah is die tyd wanneer hulle Messias gaan kom, maar
hulle besef nie in Israel wag hulle vir die vals anti-messias nie. Want hulle
weier om YAHUSHUA te erken as Seun van YAHUVEH wie ook genoem word "EK IS." Die
Jode glo Rosh Ha Shanah is die Nuwe Jaar en hulle bepeins die komende
Oordeelsdag van YAHUVEH, hulle sê selfs vir mekaar, mag jou naam in die Boek van
die Lewe ingeskryf word. Ek is ‘n Messiaanse Jood, alhoewel my bloedlyn Joods is
en my nooiens van, is dit nie dít wat van my ‘n Jood maak nie, dit is deur die
gestorte Bloed van YAHUSHUA dat ek ‘n Jood is en ek is nie skaam om dit oor die
internet uit te skree nie! Ek is lief vir my Joodse broers en susters wat lief
is vir YAHUSHUA en HOM dien, maar ek is ook lief vir die Jode wat lief is vir "HaShem
Adonai", al haat hulle my, of verwerp my, ek word deur skrywer Barry Charmish
vertel dat hy sy eie godsdiens het en hy is gemaklik daarmee.
Ek is bedroef want Jesaja 53 stel dit eenvoudig wie YAHUSHUA is en watter prys
HY betaal het. Omdat die Jode wil leef volgens die wette van Moses, sê die
skrifte dat Moses hulle self sal oordeel en nie YAHUSHUA nie. Maar wee diegene
wat geoordeel wil word deur Moses, want om net een wet te verbreek verdien die
Hel. Daar is geen offer, geen bloed versoening, geen genade nie, en tog is ek
dankbaar dat YAHUSHUA, die perfekte lam is wat geslag was in my plek, die
Heilige Seun van YAHUVEH wat nooit sonde gedoen het nie, en gewillig SY lewe
gegee het sodat my sondes vergewe kan word met die Bloed wat HY gestort het by
Golgota en lewe wat HY geoffer het sodat ek gered kan word. Die Jode ken die
wette, maar nie die verlosser van die wette nie. Wat sal dit verg vir Israel om
YAHUSHUA as die Koning van Konings en Here van Here Almagtige GOD en YAHUVEH se
enigste verwekte Seun, te aanvaar, HY is die MESSIAS die Heilige Lam van
YAHUVEH.
******* Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op
alle Profesieë bygevoeg moet word van nou af:
EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva] om nie hierdie Bediening na ‘n man
of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in
jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan
het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee.
Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die
Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou
hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se
Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur
jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja 42:8)
In Julie 2010 Het YAHUVEH GOD beveel dat die volgende bygevoeg word voor elke
Profesie:
2Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY
Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat
daar geen genesing meer was nie.”
* * * * * * * Profesie BEGIN
EK, YAHUVEH, sê, "Mense julle moet bekeer, staan in die gaping, ween, vas, en
bid vir Amerika voor oordeel weer op haar neerkom" Publiseer asseblief ‘n gebed
vir Amerika. EK, YAHUVEH, beveel julle om alle profesieë te publiseer wat
Amerika aanbetref. Moenie bang wees om Amerika aanstoot te gee nie maar as julle
nie gehoorsaam nie wees bang om MY aanstoot te gee. EK, YAHUVEH, sê vir jou,
President Bush, jy moet ‘n nasionale dag uitroep van vas, rouklaag, ‘n dag van
bekering, en julle moet op julle aangesigte neerval voor MY. Voor die wêreld
moet julle julself verneder, bekeer, ween, vas en bid sodat MY hand van oordeel
gelig sal word van Amerika af. Christene en Jode, luister na die skrifte, " As
MY volk oor wie my Naam uitgeroep is hulle verootmoedig, en bid en my aangesig
soek, en hulle bekeer van hul verkeerde weë, dan sal EK uit die hemel hoor, en
sal hulle sonde vergewe, en hulle land genees." (2 Kronieke 7:14).
Moenie skaam wees vir MY nie anders sal EK MY vir julle skaam. Moenie diegene
vrees wat jou liggaam kan doodmaak nie, wees in plaas daarvan bang vir MY wat
jou al skreeuende binne-in die ingewande van die Hel en die Poel van Vuur kan
instuur (Mattheus 10:28) en die geween en weeklaag het net begin. Aanvaar nou
vir YAHUSHUA voordat dit te laat is. Bekeer nou terwyl daar nog tyd is. Roep uit
tot YAHUVEH en YAHUSHUA en jou siel sal gered word as jy gehoorsaam is aan MY,
en MY eerste stel in jou lewe. Draai weg en bestraf onheiligheid en diegene wat
onheilig is. Draai weg van alles wat onheilig is en hou-op probeer om MY wette
te verander wat verorden en in klip gegrafeer is deur die vinger van “EK IS”,
“EK IS” wie “EK IS” en EK verander nie.
Julle President Bush moet onthou wie hom in die amp geplaas het. Dit was MY
hand, die hand van YAHUVEH. Oordeel het gekom vir die onheilige wette wat
uitgevaardig is, veroorsaak dat mense sonde doen, sonde goedkeur, kinders
vermoor terwyl hulle nog in die baarmoeder is, eksperimenteer, martel en skepper
speel; maar julle is nie ‘n skepper nie, julle is ‘n moordenaar. Julle dink EK
gaan julle seën met genesing van julle kwale, siektes en gebrekke, deur die
ongebore kinders uit te moor. Dink julle EK gaan julle dokters en julle
wetenskaplikes seën? EK sê vir julle ‘n erger plaag gaan julle oorkom deur
hierdie wreedaardighede te doen en dit mediese vordering en genesing te noem vir
dit wat julle bekwaal.
Slagters noem EK julle, moorddadige slagters! Julle lot sal dié wees van ‘n
moorddadige slagter, julle dokters en wetenskaplikes. Wat julle die
Hooggeregshof noem in Amerika, die heidense politici het hierdie oordeel
voortgebring oor Amerika. Julle het niemand om te blameer nie behalwe julself.
Julle maai wat julle gesaai het. Hoekom dink julle dat EK nie die stille
geskreeu hoor van die ongeborenes nie, net omdat julle jul ore doofgemaak het en
julle oë blindgemaak het vir hierdie moord? Weet julle nie EK het die siele
geskape van die ongebores sowel as die geborenes nie? Heidene, Fariseërs hoe
durf julle herskryf wat EK moord noem? Wie is julle politici om te verklaar wat
EK sondige lewenstyle noem.
Dink julle EK is beïndruk met julle nuwe wette? EK het vir julle oordeel oor
Amerika gewys en EK sê vir julle wag net totdat julle die tekens in die lug sien,
en die effek op die aarde terwyl vulkane, aardbewings, vloede, orkane en
tornados almal bymekaarkom asof in ‘n koor die lied sing van die verdoemde. As
julle dink dit is afgryse, het julle MY toorn nog nie eens gesien begin neerkom
nie. En EK praat nie net met Amerika nie, want sy is maar net ‘n jong babatjie
wat haar neus optrek vir MY.
Maar EK praat met Israel want alhoewel julle sê julle is Joods is sovele nie,
want julle het die wette verloën van Abraham. Julle het jouself verkoop en jul
land aan die hoogste bieër en diegene wat EK nooit wou gehad het moes daardie
land besit nie, besit dit nou, en wat EK aan julle voorvaders gegee het, het
julle geen reg om weg te gee nie. Julle gee selfs julle water weg onwetend waar
julle nuwe water vandaan gaan kom. Word wakker MY Joodse mense. Diegene wat
uitroep tot HaShem Adonai, word wakker. Wil julle waarlik terugkeer na “EK IS”
of wil julle die lot ondergaan van Nineve en Sodom en Gomorra? Julle is geensins
beter nie Israel; julle is ‘n hoer in MY oë.
Julle maak ook die onskuldige babas dood en verander MY wette, net omdat Amerika
en ander regoor die wêreld dit doen. Israel, “EK IS” skaam vir jou. Ja, jy ook
Jerusalem! “EK IS” skaam vir die land wat moet staan vir heiligheid en tog plaas
julle Fariseërs in die amp wat nie eens ‘n vorm van goddelikheid het nie en vir
seker geen goddelikheid van binne het nie. Julle luister na bose rabbies wat MY
nie eens ken nie. Hulle ken die wette en gehoorsaam hulle nie eens nie. Julle
verhef hulle om heilig te wees en tog is geen heiligheid binne-in hulle nie. Nie
al MY Rabbies nie, maar julle weet watter het MY RUACH Ha KODESH en watter het
nie.
Israel, julle kyk en wag in af-wagting want julle weet julle oordeel is nie ver
nie. EK het julle keer-op-keer beveel om terug te draai na die Skepper van julle
Voorvaders. Maar luister julle? Keer julle terug na Heiligheid? Loof julle MY
vir alles wat EK gedoen het? Nie almal van Israel is MY oogappel nie. Slegs
diegene wat soek na “EK IS” en wat heiligheid navolg en wat dit waag om uit te
spreek teen alles wat onheilig is, is MY oogappel. Slegs diegene wat die geskenk
aanvaar wat EK gegee het vir Israel en deur hulle het EK die wêreld geseën toe
EK MY Seun YAHUSHUA gegee het, maar wanneer julle HOM verloën, verloën julle vir
MY, YAHUVEH.
Hoekom dink julle EK huil minder oor die vermoorde gemartelde ongebore babas, as
die honderde duisende lewens, te veel vir julle om in ‘n enkele dag te tel. Die
Hel het die meerderheid van hulle geëis vandag. Julle weet nog nie hoeveel nie,
maar julle sal besef dat diegene wat dikteer wat julle hoor en sien julle op ‘n
dwaalspoor gelei het. Chrsitene, hoekom laat julle toe dat sonde julle huise
deurtrék? Hoekom spreek julle nie uit teen die sondige leefstyle en dit wat EK
‘n gruwel noem nie? Israel, selfs júlle spreek nie uit daarteen nie, in plaas
daarvan maak julle wette vir beskerming en aanmoediging vir hierdie bose
bespotting van dit wat EK‘n huwelik bedoel het om te wees, een man en een vrou,
julle weet waarvan EK praat. Durf dit nie waag om te dink dat EK hierdie
alternatiewe lewenstyl oorsien nie want julle maai wat julle gesaai het.
EK het MY Diensmaagd gewaarsku om vir die mense te sê om dop te hou rondom die
dag van Rosh Ha Shanah en veral hierdie maand asook die maand van Oktober.
Onthou julle wat EK, YAHUVEH, gewaarsku het "Amerika, EK het die ergste vir
laaste gehou." Julle moet wakker word en besef dat julle‘n land is wat apart
gestel was om eer te bring aan YAHUVEH en YAHUSHUA en hoeveel lof en eer het
Amerika gebring vir "EK IS"? Wee hierdie land as dit nie terugkeer na heiligheid
nie, EK IS die Here God YAHUVEH hierdie is die droewigste dag vir Amerika,
sonder ‘n skoot afgevuur om haarself te beskerm, sonder enige verwittiging
anders as dit wat EK voortspreek deur MY Apostels en Profete en hoeveel het
geluister? Amerika, ly baie ongevalle en sterftes. EK moes satan toelaat om
julle te sif, want julle het ver afgedwaal van MY paaie van heiligheid. Julle sê
hierdie is een nasie onder God, gehoorsaam MY dan. Gehoorsaam die Heilige
Skrifte. Verloën en verwerp alles wat onheilig is, keer terug na die land wat EK
liefgehad het en apart gestel het.
WEE julle as julle nie ag gee op hierdie waarskuwing nie. EK praat deur MY
apostels en profete, diegene vir wie die pastore nie in hulle kerke wil hê nie,
diegene wie weier om MY woorde in te boet, weier om voor-af gesensor te word, en
weier om hulle voete onder enige ander tafel te sit behalwe MYNE. Diegene wat
weier om MY Woorde te versag net sodat hulle nie sal aanstoot gee nie. MY Ware
Apostels en Profete sal nie gemuilband word nie. Dit veroorsaak net dat hulle
harder skree. Julle dryf hulle uit julle kerke uit, en tog dryf julle hulle net
in MY arms in vir vertroosting en hulle besef die meeste kerke in Amerika en
regoor die wêreld is hoere vir satan, uitverkoop aan die hoogste bieër.
MY Mense word verkoop en word gesien as persoonlike eiendom terwyl die pastore
hulle adreslyste verkoop. Terwyl hulle die koppe van die mense in die kerke tel
en hulle toe-eien as hul skape. Wee julle, julle bose Herders wat wolwe is in
skaapsklere. Wee julle, diegene wat hulself miljoenêrs noem en neersien op ander.
Onthou, EK is jaloers vir MY skape en lammers. Julle sal betaal. O, julle sal na
MY toe kom en sê, "Maar Here ek het duiwels uitgedryf in U Naam en geprofeteer
in U Naam, en ‘EK IS’ sal sê, "Gaan weg van MY, jou werker van ongeregtigheid,
EK het jou nooit geken nie." (Mattheus 7:21-23)
Julle wat vreemdevuur na die gemeentes neem, wat MY Eer vat en bedieninge na
julleself vernoem, HARDLOOP, HARDLOOP, HARDLOOP weg van sulke bedienings af. "EK
IS" het dit verdra dat julle saad gesaai het in selfsugtige, arrogante, trotse,
manipulerende, bedrieglike bedienaars en bedienings. Omdat "EK IS" hulle nie
geseën het nie het hulle na vals leerstellings gedraai sodat dit lyk of hulle
geheime by MY geleer het en tog leer hulle die geheime by satan homself. Wees
versigtig vir enige een wat MY Eer wil steel. Hoe groter die naam, hoe meer eer
steel hulle. EK sal julle verantwoordelik hou vir wat julle gedoen het met die
saad wat EK aan julle gegee het om te plant. As julle saad saai in verdorwenheid
sal julle die vrugte van MY verwoesting maai. Voorheen was julle nie gewaarsku
nie, maar EK stuur hierdie Apostel van MY om julle nou te waarsku. EK stuur MY
Profete en apostels om te waarsku voor oordeel kom. EK is ‘n God van balans in
alle dinge, seëninge en vervloekings ook. Bekeer en draai weg van diegene wat
hierdie boosheid doen.
EK huil vir Amerika; O EK wil julle nie seermaak nie. Julle is soos ‘n
wederstrewige kind wat afgedwaal het na ‘n lewe van sonde. Julle is soos die
verlore seun wat die erfdeel van sy vader geneem het en die rykdom verkwis het,
op dwaashede. “EK IS” daardie Heilige Vader, daar is geen ander nie. Alles wat
julle het, het EK vir julle gegee. EK was geduldig met julle. Julle toegelaat om
jul keuses te maak, maar nou waarsku EK julle, kom uit die stinkende varkhokke
van hierdie wêreld uit. Hou op om die varkkos te eet van hierdie wêreld. Kom
terug na MY toe en EK sal MY Seun YAHUSHUA se klere van geregtigheid om julle
sit. EK sal MY eie belofte-ring aan julle sit wat julle een maak met MY Seun
YAHUSHUA en MY, YAHUVEH, want julle sal getroud wees met waarheid, geregtigheid,
en heiligheid, as julle MY maar net sal gehoorsaam. Keer terug na Heiligheid.
EK, YAHUVEH en YAHUSHUA, sien nie sonde oor nie. EK is nie geamuseerd terwyl
julle MY verder en verder toets nie. Nou moet selfs godslastering op julle
luggolwe wees tydens spitstyd waar die babatjies op die verkeerde weë gelei sal
word. EK is YAHUVEH en julle Skepper. EK het julle gewaarsku maar wou julle
luister? Kom laat ons hierdie saam uitredeneer, EK is dieselfde vandag, gister
en vir altyd, en EK, YAHUVEH, verander nie. Net omdat julle jul definisie van
sonde verander, julle MY gebooie verander, julle definisie van Heiligheid
verander, het "EK IS" nie verander nie. Wat sonde is op die aarde, is sonde in
die Hemel en daar word geen sonde in die Hemel toegelaat nie. Net omdat julle
geleer het om verdraagsaam te wees teenoor sonde, en julle oë en julle ore toe
te hou terwyl MY Naam bespot en vervloek word en wat EK in die Heilige Skrifte
geskryf het verontagsaam, bespot en verdraai word om iets te beteken wat EK nie
gesê het nie. Dink julle EK sou teen MY eie wette ingaan, MY eie woorde wat
vlees geword het?
Amerika, julle moes ‘n voorbeeld vir hierdie wêreld gewees het. Julle is onder
MY oordeel nou en dit is net die begin. Amerika, julle moet bekeer en elke man,
vrou en kind, wat hulself ‘n Amerikaner noem, julle moet bekeer oor die woede
wat julle wakker gemaak het in julle Skepper die Groot God "EK IS". Daar is geen
ander skepper nie, YAHUSHUA is die enigste Bloed bedekking wat EK sal aanvaar.
Die RUACH ha KODESH (Heilige Gees) is die enigste Gees wat jukke en bindings van
julle sal afbreek terwyl julle bevry word uit die hande van die bose mense.
Nineve het bekeer en EK het haar meer tyd gegee. Dis waar mettertyd het sy
teruggegaan na haar sondige weë en MY grootliks vertoorn en EK het Nineve
verwoes.
Maar ten spyte van dit wat EK gesê het vir Jona het EK haar ‘n kans gegee en
Nineve gespaar en EK sal julle ook spaar Amerika, as julle maar net weer MY
wette sal volg en ophou om wette uit te vaardig wat poog om MY wette te verander
wat geskryf was met MY eie vurige vinger op ‘n kliptablet. EK het hierdies
uitgestuur met die waarskuwing van Jona en hoe min luister totdat EK die afgryse
toegelaat het wat Amerika oorgekom het vandag. MY Kinders, sê MY dit, terwyl
julle vasgenael sit voor julle televisies en radio’s en toekyk in afgryse en
skok. Verwonder hoekom dit gebeur?
Wat is die verskil tussen Amerika wat die impak van terrorisme ly en Israel wat
terrorisme ly of Kosovo, of Afrika, en baie ander plekke regoor die wêreld?
Julle lees dit onverskillig in julle koerante, hoor dit op julle radio’s en
televisies, of kyk die hoof-berigte wat verskyn op julle rekenaars en tog voel
geen land die pyn nie totdat EK julle toelaat om te voel hoe dit julle eie lande
tref, totdat die dodetal julle ras, volk, taal en julle nasies is. Huigelaars!
Julle ween en weeklaag nou net omdat dit julle eie nasie is. Sal julle dit nou
ernstig opneem as ander ly aan oorloë? Amerika, bekeer en keer terug na die land
wat EK apart gestel het vir MY Lof, Eer en Heerlikheid, wees weer ‘n voorbeeld
van Goddelikheid. Het julle so vinnig die depressie en die wonderwerke vergeet
wat EK gedoen het? Dit is hoekom julle ekonomie geseën was. EK wil julle nie
weer daarheen terugneem om daardie les te leer nie. Oordeel is veels te lank
uitgestel.
Julle Apostels en Profete soos hierdie een het julle gewaarsku, maar het die
kerke selfs bekeer? NEE! Deur stil te bly het hulle net die onheilige wette
gehelp om uitgevaardig te word omdat hulle bang was om die gemeentes aanstoot te
gee, en tog het hulle geen vrees gehad om MY, YAHUVEH, aanstoot te gee nie.
Hulle het net die Apostels en Profete weggejaag wat probeer het om vir hulle MY
profetiese waarskuwings te gee, hulle beledig, hulle sleggesê, hulle verwerp, en
hulle gesmaad, soos hierdie apostel wat nou praat. Hoe min van julle hoof
denominasies sal selfs hierdie apostel toelaat om te waarsku oor die
verskrikkings van die hel, of te waarsku oor MY oordeel wat kom? Julle sê nou
dit mag dalk die mense ontstel en tog het julle geen vrees om MY, YAHUVEH, te
ontstel nie.
Julle spot die Apostels en Profete omdat hulle nie ‘n kerk het nie. Tog is die
kerk nie die gebou nie en ook nie die pastoor nie, die kerk, MY tempel is die
Liggaam van YAHUSHUA, en dit is MY Mense wat MY stem hoor en gehoorsaam en
liefhet en MY, YAHUVEH, YAHUSHUA en die RUACH ha KODESH eerste stel in hulle
lewens. Selfs voor die begeertes van hulle families, selfs al beteken dit ‘n
skeidings-swaard skei hulle van hul geliefdes wat MY en MY Seun YAHUSHUA en die
salwing van die RUACH HA KODESH, verloën. Wee julle, as EK nie MY Apostels en
Profete gestuur het om in te tree en te waarsku soos EK nou doen nie. Wee julle
want EK stuur MY Apostels en Profete om te waarsku voordat EK MY woede en
oordeel stuur. Maar hoe min doen selfs die moeite om hulle te bedank? Hoe min
het selfs omgegee om te probeer help om hierdie een selfs nou te onderhou wat MY
woorde tik?
EK, YAHUVEH, vra julle hierdie vraag aangesien julle weier om haar te help in
haar uur van nood. "Hoekom sal julle die ryk en beroemde predikers help wat MY
Eer steel deur hulle name op die bedienings te sit?" Hulle gaan te werk onder ‘n
vreemde vuur wat nie MY RUACH ha KODESH salwing is wat EK vir hierdie Apostel
gegee het nie, en ‘n ander Apostel wat ‘n seën of vervloeking sal wees
afhangende wat hulle gedoen het met YAHUSHUA en of hulle die apostels en profete
ontvang het as ‘n seën en nie ‘n vervloeking nie. (Mattheus 10:41-42)
EK, YAHUVEH, sê vir julle dit; vir diegene wat hul oë toegehou het vir haar
swaarkry, en hulle ore doof gehou het vir haar uitroepe, gaan EK, YAHUVEH,
dieselfde doen aan julle wanneer julle MY aanroep vir gebede om beantwoord te
word in MY Seun se Naam, YAHUSHUA ha MASHIACH.
EK, YAHUVEH, vra julle dit, antwoord MY as julle dit waag, "Hoeveel was gered,
genees, verlos en bemoedig, hoeveel sou selfmoord gepleeg het en hel toe gegaan
het (Lukas 17:11-18) as EK nie hierdie Bediening opgerig het nie?" Julle is
persoonlik geseën en tog het so baie van julle nooit probeer om in antwoord
daarop ‘n seën vir MY Dogter te wees nie, en tog het sy keer-op-keer haar
verstand, liggaam, gees, en siel uitgestort, die laaste van haar krag, finansies
uit te stort en haar gesondheid ignoreer, terwyl sy vertel word om te rus, en
tog nie eens die betekenis van rus ken nie. Hoekom doen sy dit? Vir MY, YAHUVEH
en YAHUSHUA se Heerlikheid en vir julle onthalwe.
EK, YAHUVEH, vra julle dit, dink baie versigtig want EK hou julle aanspreeklik
vir wat julle sê en doen, "Wat is die prys van jou siel, jou gesondheid, wie sou
jou wonde bedien het as EK haar nie gesalf het om MY woorde voort te spreek nie?
Hoeveel is geseënd met hierdie bediening? Dink jy EK sal toelaat dat dit
voortgaan sonder om jou aanspreeklik te hou?" Julle wat kom en spot en vir haar
boodskappe stuur dat ‘n vrou nie ‘n man behoort te onderrig nie. Besef julle nog
steeds nie dit is satan wat voortspreek deur julle monde om haar en ander vroue
te ontmoedig met soorgelyke roepings handgekose deur “EK IS.” Besef julle nie
die wat dink dat hulle die skrifte ken en tog nie, die letter maak dood en die
Gees gee lewe? (2 Korintiërs 3:6)
Hou op om te probeer om vir MY te sê watter geslag EK kan gebruik om hierdie
boodskappe te bring en onderrig en gebruik as MY Apostels en Profete. (Gal
3:27-29) Die RUACH ha KODESH salf diegene wie EK verklaar, nie wie julle
verklaar nie. EK kies nie MY apostels en profete sonder om hulle eers deur
toetse te sit nie en wie is julle om te sê of dit ‘n man of ‘n vrou is? Het
julle nie MY Woord gelees nie? Weet julle meer as EK, YAHUVEH. Dit is EK wat MY
werktuie salf en EK giet MY salwings olie en Lewende Water uit sonder mate. Nou
praat EK met diegene wat nog net geneem het en nog nooit enige iets gegee het
vir hierdie bediening of bedienaar nie, nie eers ‘n woord van bemoediging nie.
EK, YAHUVEH, het Elia van Ouds na die weduwee van Sarfat gestuur want EK,
YAHUVEH, het vooruit geweet dat die klein weduwee vroutjie besig was om haar
laaste ete vir haar seun voor te berei en dan sou sy en haar seun gesterf het,
as EK nie vir Elia gestuur het om haar oliekruik en meel in die vat te
vermeerder nie. Sy moes gehoorsaam en die salwing erken in die Profeet van ouds
Elia en sy het. Elia het die salwing gehad om water uit die Hemel neer te roep
om die stroom te vul wat opgedroog het, maar EK, YAHUVEH, het dit nie toegelaat
nie, in plaas daarvan het EK vir Elia van Ouds gestuur om die weduwee van Sarfat
te toets. (1 Konings 17:8-24). Alhoewel die skrif sê dat daar baie weduwees was,
was Elia van Ouds na daardie spesifieke vrou gestuur. (Lukas 4:25). EK gebruik
haar soos ‘n Elia van Ouds. EK, YAHUVEH, het vir haar instruksies gegee om haar
behoeftes neer te skryf en uit te spreek, en hoe min het die toetse geslaag.
Miljoenêrs het hierheen gekom en gespot nou gaan hulle die miljoene nie meer
veel langer hê nie, want EK sê vir julle gebruik die papier en plastiek kaarte
terwyl julle kan om hierdie Elia van Nuuts [Eliyahu] te help, nie vir haar
onthalwe nie maar vir julle onthalwe.
EK, YAHUVEH, spreek hierdie alleenlik tot diegene wat MY stem herken deur
hierdie profetiese woorde wat hier geskryf is en die RUACH ha KODESH veldbrand
salwing herken wat op haar is. EK, YAHUVEH, wil die mense seën maar hulle het MY
seëninge en hierdie diensmaagd verloën wat EK gesalf het om MY seëninge voort te
spreek soos die Elia van Ouds. Wanneer julle papiergeld waardeloos is en die
kredietkaarte is waardeloos, en die aandele en die verbande en die CD’s is
waardeloos, en julle staar armoede, hongersnood, dakloosheid, siektes in die
gesig, sal julle onthou toe julle gevra was om ‘n seën te wees soos die weduwee
van Sarfat wat MY Elia van Ouds onderhou het. Julle sou geseënd en beskud gewees
het net soos die weduwee van Sarfat en het gekies om ‘n dowe oor te draai vir
YAHUVEH se waarskuwings om hierdie diensmaagd MY Elia van Nuuts [Eliyahu] te
seën.
EK is YAHUVEH en EK het Elia van Ouds gesalf soos EK MY diensmaagd gesalf het
vir wie EK MY Elia van Nuuts [Eliyahu] noem. Julle sal verantwoordelik gehou
word of julle ‘n seën of ‘n vervloeking vir haar is. EK salf haar om profetiese
boodskappe voort te spreek wat min sou waag om voort te spreek uit vrees vir
bespotting, maar diegene wat dit waag om te spot en wat ontken hierdie is “EK
IS” wat hier praat weet dit, julle het ‘n vinger in MY, YAHUVEH se oog gesteek.
Moet MY nie glo nie wag en kyk tot dit wat ek geprofeteer het gebeur, dan sal
dit te laat wees, vir diegene wat haar vervloek en verloën nou, wee diegene wat
dit waag om MY, YAHUVEH, te toets! “EK IS” weet dat julle die profetiese
boodskappe voorlees aan julle gemeentes, en lieg en sê, "YAHUVEH spreek dit tot
julle!" Julle het nie die prys betaal vir die salwing soos sy en ander het nie,
en tog waag julle dit om die woorde voort te spreek en nooi haar nie eens om te
kom en hulle voort te spreek in die salwing wat EK op haar en ander geplaas het
toe EK dit met hulle gespreek het onder die die salwing nie. Jy is niks beter as
‘n dief en ‘n leuenaar nie.
Julle wil nie ‘n apostel soos die een uitnooi waardeur EK spreek nie. Julle kies
om die ryk en beroemdes uit te nooi wat opgeblaas is in hul eie trots en ego’s
en hulle vreemde vuur van dwase-goud, wat EK ‘die goud-stof goue-tande, laggende
vals-herleweing’ noem! Want dit neem dwase om te glo dat "EK IS" die begeertes
van hierdie wêreld sal gebruik om MY salwingskrag te bewys. EK is ‘n Skepper nie
‘n nabootser nie. EK het reeds diegene geoordeel wat hierdie leuen uit die put
van die hel bevorder en diegene wat nie bekeer het omdat hulle dit bevorder het
nie en wat aanhou om hierdie dwase goud te bevorder. EK sal oordeel net so seker
soos EK Ruth Heflin en Bob Shattles geoordeel het, wat nie meer op die aangesig
van hierdie aarde is nie en ander sal hulle volg want hulle staan in ‘n ry soos
dominoes gereed om te val. Hulle sal omtuimel met die okkultiese vreemde vuur
gevind in kerke waar MY RUACH ha KODESH vervals en bespot word en hulle gelag
het vir die Heilige Skrifte en hulle hierdie die laggende herlewing noem. Daar
is niks om oor te lag nie want dit is die spottende demone wat deur hulle monde
lag en die demone spot en lag vir hulle wetende dat MY toorn aangewakker word.
Die blydskap van YAHUVEH is julle krag maar dit is nie chaos en spottery nie.
Dit is nie soos oordraagbaar soos ‘n plaag nie. Pasop want diegene wat
saamstroom na hierdie kerke wat hierdie beoefen, hulle hoop vir hulself die
woede en oordeel op van "EK IS". Julle dae is getel as julle nie bekeer nie.
Diegene wat saamstroom na die Kerke en bedienings wat MY Eer steel (Nahum 1),
deur hulle name op die bedienings te plaas, is besig om "EK IS" se woede en
oordeel op te berg, en waar julle jul saad plant sal dit harde, vervloekte grond
word. Voorheen het julle nie van beter geweet nie maar nou beter julle bekeer
voor EK die vervloekings van Deut. 28 oor julle bring. (Vervloekings op
Ongehoorsaamheid).
15 "Maar as jy nie luister na die stem van YAHUVEH nie, om sorgvuldig te hou al
SY gebooie en SY insettinge wat EK jou vandag beveel nie, dan sal al hierdie
vloeke oor jou kom en jou inhaal. 16 "Vervloek sal jy wees in die stad, en
vervloek sal jy wees in die veld. 17 "Vervloek sal wees jou mandjie en jou
bakskottel. 18 " Vervloek sal wees die vrug van jou liggaam en die vrugte van
jou land, die aanteel van jou beeste en die aanteel van jou kleinvee. 19 "Vervloek
sal jy wees by jou ingang, en vervloek sal jy wees by jou uitgang.
20 "YAHUVEH sal teen jou stuur die vervloeking, die verwarring en die bedreiging
in alles waar jy jou hand aan slaan, wat jy moet doen; totdat jy verdelg is en
totdat jy gou tot niet gaan vanweë die boosheid van jou handelinge, omdat jy MY
verlaat het. 21 "YAHUVEH sal maak dat die pes jou aankleef totdat HY jou
vernietig uit die land waarheen jy gaan om dit in besit te neem. 22 "YAHUVEH sal
jou swaar tref met tering en koors en vurige koors en ontsteking en droogte en
brandkoring en heuningdou; en hulle sal jou vervolg totdat jy omkom. 23 "En jou
hemel wat bo jou hoof is, sal koper, en die aarde wat onder jou is, yster wees.
24 "YAHUVEH sal die reën van jou land poeier en stof maak; van die hemel sal dit
op jou afkom totdat jy verdelg is.
25 "YAHUVEH sal maak dat jy voor jou vyande verslaan word; op een pad sal jy
teen hom uittrek en op sewe paaie sal jy voor hom uit vlug—en jy sal ‘n
skrikbeeld vir al die koninkryke van die aarde word. 26 "En jou lyke sal as
voedsel dien vir al die voëls van die hemel en vir die diere van die aarde
sonder dat iemand hulle skrikmaak. 27 "YAHUVEH sal jou swaar tref met swere van
Egipte en met geswelle en skurfte en uitslag waarvan jy nie kan gesond word nie.
28 "YAHUVEH sal jou slaan met kranksinnigheid en blindheid en sinsverwarring, 29
"sodat jy op die middag sal rondtas soos die blinde in die donker rondtas, en in
jou weë sal jy geen voorspoed hê nie; maar jy sal altyddeur net verdruk en
beroof wees sonder dat daar ‘n helper is.
30 "Jy sal jou met ‘n vrou verloof, maar ‘n ander man sal haar skend; ‘n huis
sal jy bou, maar daarin nie woon nie; ‘n wingerd plant, maar dit nie in gebruik
neem nie. 31 "Jou bees word voor jou oë geslag, maar jy sal daarvan nie eet nie;
jou esel word voor jou weggeroof en sal na jou nie terugkom nie; jou kleinvee
word aan jou vyande gegee sonder dat daar vir jou ‘n helper is. 32 "Jou seuns en
jou dogters word aan ‘n ander volk gegee, terwyl jou oë dit sien en die hele dag
na hulle smag sonder dat jy daar iets aan kan doen. 33 "Die vrugte van jou land
en al jou werk sal ‘n volk eet wat jy nie ken nie; en jy sal altyddeur net
verdruk en hard behandel word. 34 "En jy sal kranksinnig wees vanweë die gesig
van jou oë wat jy sal sien.
35" YAHUVEH sal jou tref met bose swere aan die knieë en aan die bene—waarvan jy
nie gesond kan word nie—van jou voetsool tot jou skedel. 36 "YAHUVEH sal jou en
jou koning wat jy oor jou sal aanstel, na ‘n nasie laat gaan wat jy en jou
vaders nie geken het nie; en daar sal jy ander Elohieme, hout en klip, dien. 37
"En jy sal ‘n voorwerp van verbasing, ‘n spreekwoord en ‘n spot wees onder al
die volke waarheen YAHUVEH jou sal wegvoer. 38 "Jy sal baie saad op die land
uitbring, maar min insamel; want die sprinkaan sal dit afeet. 39 "Wingerde sal
jy plant en bewerk maar geen wyn drink of wegbêre nie; want die wurm sal dit
opeet.
40" Olyfbome sal jy hê in jou hele grondgebied, maar jy sal jou nie met olie
salf nie; want jou olywe sal afval. 41 "Seuns en dogters sal jy verwek, maar
hulle sal vir jou nie wees nie; want hulle sal in gevangenskap gaan. 42 "Al jou
bome en die vrugte van jou land sal die sprinkaan in besit neem. 43 "Die
vreemdeling wat by jou is, sal hoër en hoër oor jou opklim; en jy sal laer en
laer afsak. 44 "Hy sal aan jou leen, maar jy sal aan hom nie leen nie; hy sal
die kop en jy die stert wees.
45 "En al hierdie vloeke sal oor jou kom en jou agtervolg en jou inhaal totdat
jy verdelg is, omdat jy nie geluister het na die stem van YAHUVEH jou Elohiem om
sy gebooie en sy insettinge wat HY jou beveel het, te hou nie; 46 " n hulle sal
by jou ‘n teken en ‘n wonder wees, en by jou nageslag tot in ewigheid. 47 "Omdat
jy YAHUVEH jou Elohiem nie met vreugde en vrolikheid van hart weens die oorvloed
van alles gedien het nie, 48 "sal jy jou vyand wat YAHUVEH teen jou sal stuur,
dien in honger en in dors en in naaktheid en in gebrek aan alles; en hy sal ‘n
ysterjuk op jou nek sit totdat hy jou verdelg het. 49 "YAHUVEH sal teen jou ‘n
nasie bring van ver, van die einde van die aarde af, soos ‘n arend vlieg—’n
nasie wie se taal jy nie verstaan nie,
50 "‘n nasie hard van aangesig, wat ‘n grysaard nie ontsien en vir ‘n seun geen
genade het nie. 51 "En hulle sal die vrug van jou vee en die vrugte van jou land
opeet totdat jy verdelg is; wat vir jou geen koring, mos of olie, aanteel van
jou beeste of aanteel van jou kleinvee sal laat oorbly totdat hulle jou tot niet
gemaak het nie. 52 " n hulle sal jou in benoudheid bring in al jou poorte totdat
jou hoë en versterkte mure val waarop jy in jou hele land vertrou het; ja, hulle
sal jou in benoudheid bring in al jou poorte in jou hele land wat YAHUVEH jou
Elohiem jou gegee het. 53 "En jy sal die vrug van jou liggaam eet, die vlees van
jou seuns en jou dogters wat YAHUVEH jou Elohiem jou gegee het, in die beleëring
en in die benoudheid waarmee jou vyand jou benoud sal maak. 54 "Die vertroetelde
en baie verwénde man by jou—sy oog sal sy broer en die vrou wat hy liefhet, en
sy orige kinders wat hy nog behou het, skeef aankyk;
55 "sodat hy aan geeneen van hulle iets sal gee van die vlees van sy kinders wat
hy eet nie, omdat daar vir hom niks anders oorgelaat is in die beleëring en in
die benoudheid waarmee jou vyand jou in al jou poorte benoud sal maak nie. 56
"Die vertroetelde en verwénde vrou by jou wat van verwendheid en weekheid nooit
probeer het om haar voetsool op die grond neer te sit nie—haar oog sal die man
wat sy liefhet en haar seun en haar dogter skeef aankyk, 57 "ook haar nageboorte
wat tussen haar voete uitgaan, en haar kinders wat sy sal baar; want sy sal dit
stilletjies eet by gebrek aan alles in die beleëring en in die benoudheid
waarmee jou vyand jou in al jou poorte benoud sal maak. 58 "As jy nie sorgvuldig
al die woorde van hierdie wet hou wat in hierdie boek geskryf is, om hierdie
heerlike en gedugte Naam, YAHUVEH jou Elohiem, te vrees nie, 59 "dan sal YAHUVEH
oor jou en oor jou nageslag buitengewone plae bring, groot en aanhoudende plae,
en kwaadaardige en aanhoudende siektes;
60 "en Hy sal weer op jou bring al die kwale van Egipte waarvoor jy bang was,
sodat hulle jou aanklewe. 61 "Ook allerhande siektes en allerhande plae wat in
die boek van hierdie wet nie geskrywe is nie, dié sal YAHUVEH teen jou laat
opkom totdat jy verdelg is. 62 "En julle sal met min mense oorbly, in plaas dat
julle gewees het soos die sterre van die hemel in menigte, omdat jy nie
geluister het na die stem van YAHUVEH jou Elohiem nie. 63 "En soos YAHUVEH oor
julle bly was om aan julle goed te doen en julle te vermenigvuldig, so sal
YAHUVEH oor julle bly wees om julle tot niet te maak en julle te verdelg; en
julle sal uitgeruk word uit die land waarheen jy gaan om dit in besit te neem.
64 "En YAHUVEH sal jou verstrooi onder al die volke, van die een einde van die
aarde tot by die ander einde van die aarde; en daar sal jy ander Elohieme, hout
en klip, dien, wat jy en jou vaders nie geken het nie.
65 "En onder dié nasies sal jy geen rus hê nie, en vir jou voetsool sal daar
geen rusplek wees nie; maar YAHUVEH sal jou daar ‘n bewende hart gee en
smagtende oë en ‘n kwynende siel. 66 "En jou lewe sal voor jou aan ‘n draad
hang, en jy sal nag en dag skrik en van jou lewe nie seker wees nie. 67 "In die
môre sal jy sê: Ag, was dit maar aand! En in die aand sal jy sê: Ag, was dit
maar môre! —vanweë die skrik van jou hart wat jou sal aangryp, en vanweë die
gesig van jou oë wat jy sal sien. 68 "En YAHUVEH sal jou op skepe na Egipte
terugbring, op die pad waarvan ek vir jou gesê het: Jy sal dit verder nie meer
sien nie; en daar sal julle aan jul vyande as slawe en slavinne verkoop word,
maar daar sal geen koper wees nie.”
Bekeer, draai weg, waarsku en hardloop weg van sulke Bedienings af, want julle
moedig net hierdie Bedienings aan wat dit doen om voort te gaan om MY aanstoot
te gee en seën hulle terselfdertyd.
Wee enige iemand wat MY Gebooie herskryf en MY Mense leer om dit te breek en
ander op ‘n dwaalspoor lei met vals leerstellings en net die apostels en profete
toejuig wat strelende woorde voortspreek soos heuning sodat hulle maklik in
hulle kele kan afgly en in hulle ore in en nie aanstoot gee nie. Wanneer jy
waarlik MY Apostel en Profeet is, sal jy bevrees wees om "EK IS" aanstoot te gee
meer as einge persoon op die aarde. “EK IS” die een tot wie jy aanspreeklik
gehou word. "EK IS" het julle op hierdie dag gewaarsku, wees dankbaar en seën MY
diensmaagd wat ‘n mandaat het om te help om die Bruid voor te berei van YAHUSHUA
want die Bruidegom kom spoediger as wat enige een van julle dink.
(4 “Dink aan die wet van Moses, My kneg, wat Ek hom beveel het op Horeb vir die
hele Israel—insettinge en verordeninge. 5 Kyk, Ek stuur julle die profeet Elía
voordat die groot en vreeslike dag van YAHUVEH aanbreek. 6 En hy sal die hart
van die vaders terugbring tot die kinders, en die hart van die kinders tot hulle
vaders, sodat Ek nie hoef te kom en die land met die banvloek tref nie.” Maleagi
4:4-6).
EK het MY Apostel [Elisheva Eliyahu] gesalf om ‘n seën te wees vir julle nie ‘n
vervloeking nie, en daar is geen tussen-in nie. Sy het ‘n mandaat om nie te seën
wat EK, YAHUVEH, vervloek het nie en nie te vervloek wat EK, YAHUVEH geseën het
nie. Wat sal julle doen met die woorde wat julle op hierdie dag gelees het? EK
is YAHUVEH en EK sal die klein klompie wat MY stem gehoor het en ‘n seën sal
wees vir haar beskerm in YAHUSHUA se Naam. Soos EK die weduwee van Sarfat geseën
het in ‘n tyd wat julle nie dink nie, op ‘n manier wat julle nie dink nie, sal
EK julle onderhou met wonderwerke.
Net soos nou het julle nie van MY Heerlikheid gehoor nie want EK het so baie
beskerm wat sou gesterf het van die daad van terrorisme aanvalle, maar net die
afgryse hoor julle, die wonderwerke moet julle nog hoor. Julle sal selfs hoor
hoe diegene wat YAHUSHUA dien en eerste stel en HOM en MY, YAHUVEH liefhet,
engele gesien en gehoor het wat MY Kinders beskerm het wat uitgeroep het in MY
Naam en die van YAHUSHUA. As julle maar die magdom engele kon sien wat gestuur
was uit die Hemel, wat MY kinders se erfenis is, om te bewaar en beskerm, sou
julle verbaas gewees het en MY nog steeds geloof het.
Julle hoor van die afgryse en die tragedies, julle het gehoor van MY oordeel,
maar nou sê EK vir julle "EK IS" genadig en vir diegene wat aan MY behoort het
was die wonderwerke by verre meer as die dodetal en ongevalle. “EK IS” die
Skepper en die een wat seën met wonderwerke nog ongeken. So loof YAHUVEH die
Groot God "EK IS" en Loof YAHUSHUA julle MESSIAS en enigste middelaar wat voor
MY staan in die Hemel en tussenbeide tree vir MY Kinders. Mag almal wat gesalfde
geestelike oë en ore het gehoorsaam en gehoor gee aan hierdie woorde, en
gehoorsaam en geseënd wees met Deut. 28.
(1 “As jy dan goed luister na die stem van YAHUVEH jou Elohiem om sorgvuldig te
hou al sy gebooie wat ek jou vandag beveel, dan sal YAHUVEH jou Elohiem jou die
hoogste stel bo al die nasies van die aarde.
2 “En al hierdie seëninge sal oor jou kom en jou inhaal as jy luister na die
stem van YAHUVEH jou Elohiem.
3 “Geseënd sal jy wees in die stad, en geseënd sal jy wees in die veld.
4 “Geseënd sal wees die vrug van jou liggaam en die vrugte van jou land en die
vrug van jou vee, die aanteel van jou beeste en die aanteel van jou kleinvee.
5 “Geseënd sal wees jou mandjie en jou bakskottel.
6 “Geseënd sal jy wees by jou ingang, en geseënd sal jy wees by jou uitgang.
7 “YAHUVEH sal maak dat jou vyande wat teen jou opstaan, voor jou verslaan word;
op een pad sal hulle teen jou uittrek en op sewe paaie voor jou uit vlug.
8 “YAHUVEH sal die seën oor jou gebied in jou skure en in alles waar jy jou hand
aan slaan; en Hy sal jou seën in die land wat YAHUVEH jou Elohiem jou sal gee.
9 “YAHUVEH sal jou vir Hom as heilige volk bevestig soos Hy jou dit gesweer het,
as jy die gebooie van YAHUVEH jou Elohiem hou en in sy weë wandel. 10 “En al die
volke van die aarde sal sien dat die Naam van YAHUVEH oor jou uitgeroep is, en
hulle sal vir jou vrees. 11 “En YAHUVEH sal die goeie aan jou oorvloedig gee in
die vrug van jou liggaam en in die vrug van jou vee en in die vrugte van jou
land, in die land wat YAHUVEH aan jou vaders met ‘n eed beloof het om aan jou te
gee. 12 “YAHUVEH sal sy goeie skatkamer, die hemel, vir jou oopmaak om die reën
van jou land op die regte tyd te gee en om al die werk van jou hand te seën; en
jy sal aan baie nasies uitleen, maar self nie hoef te leen nie. 13 “En YAHUVEH
sal jou die kop en nie die stert maak nie, en jy sal net boontoe en nie ondertoe
gaan nie as jy luister na die gebooie van YAHUVEH jou Elohiem wat ek jou vandag
beveel om te hou en te doen, 14 “en jy nie regs of links afwyk van al die woorde
wat ek julle vandag beveel, om agter ander Elohieme aan te loop om hulle te dien
nie.”)
Die seëninge van YAHUVEH opgestoor vir MY gehoorsame kinders. Wee al die ander
wat verkies om doof en blind te bly dit is julle keuse.
So is dit gespreek, so is dit geskryf op hierdie dag van 12/9/01. ‘n Kind,
Vegter, Bruid van YAHUSHUA ha MASHIACH, Apostel Elisheva Eliyahu