Gespreek onder die salwing van die RUACH Ha KODESH
deur Apostel Elisheva Eliyahu)
op Yom Kippur, 16 September 2002
Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle
Profesieë bygevoeg moet word van nou af:
EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva] om nie hierdie Bediening na ‘n man
of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in
jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan
het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee.
Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die
Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou
hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se
Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur
jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja 42:8)
In Julie 2010 Het YAHUVEH GOD beveel dat die volgende bygevoeg word voor elke
Profesie:
2Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY
Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat
daar geen genesing meer was nie.”
******* Elisheva:
Daarom Hemelse Vader YAHUVEH, in die Naam van U Seun YAHUSHUA op hierdie dag van
Yom Kippur, vra ek watter woord het U? Ons kom na U verlangend om U stem te hoor,
as U ons asseblief sal eer met ‘n Woord. Ons is soos ‘n hert wat smag na water,
Vader; ons dors om meer te hoor van U. Ons dank U net Vader. Ons bestraf en bind
jou satan weg van hierdie af in die Naam van YAHUSHUA ha MASHIACH, jy het
hoegenaamd geen deel hieraan nie, want ons behoort aan YAHUVEH, YAHUSHUA en die
RUACH ha KODESH. Jy het hoegenaamd geen aanspraak van enige aard op ons nie. Ons
onderwerp onsself aan die Here God Almagtig YAHUVEH, YAHUSHUA en die RUACH ha
KODESH en ons weerstaan jou satan en jy moet vlug.
[Praat in Tale] … Lukas 10:19, satan "Kyk, EK gee aan julle die mag om op slange
en skerpioene te trap, en oor al die krag van die vyand; en niks sal julle ooit
skade doen nie." So, satan ons staan op daardie woord. Gaan weg duiwel jy het
geen aanspraak op ons nie! Net die woorde wat gaan voortkom; dit gaan die Woorde
wees van YAHUVEH, YAHUSHUA en die RUACH ha KODESH. Geen vals woord kan
manifesteer deur ‘n demoon wat deur my vlees manifesteer nie, geen vals woord
kan voortkom nie, want in die Naam van YAHUSHUA, spreek ek net woorde voort van
my Pappa God YAHUVEH, wie my geskape het, my dít sal laat spreek, wat die Naam
van YAHUVEH, YAHUSHUA en die RUACH ha KODESH sal loof, sal verheerlik.
Praat met U kinders, O Pappa, praat met U kinders as U ‘n woord het.
Sê vir die mense, skree dit van een uithoek van die aarde tot die ander, MY SEUN
KOM! Die Koning van die Konings, die Here van die Here! Sê vir hulle, MY Kinders,
bekeer die Koninkryk van die Hemel is op hande, val op jul aangesigte op hierdie
Yom Kippur dag. Val op jul aangesigte in die geestes-ryk; sien julself plat op
jul aangesigte want die Koning kom!
Laat die wêreld spot! Laat die Fariseërs spot! Dit sal nie ophou nie want die
KONING KOM! HY kom nie vir diegene wat dink hulle is nie sondaars nie, wat dink
hulle is so regverdig, dat hulle nie eers hoef te bekeer nie. HY kom vir SY
Kinders, vir die Bruid wat begeer om gehoorsaam te wees! HY kom vir die vegters
wat oorlog maak in SY Heilige Naam. HY kom vir hulle wat nederig erken dat dit
almal ontbreek aan MY Heerlikheid.
Wees net gereed, MY Kinders. Ongeag of julle die dag of uur weet. Watter Bruid
weet nie wanneer haar Bruidegom nader kom nie? Watter Bruid maak haarself nie
voor die tyd gereed nie? MY Ware Bruid hoor MY stem. Hulle maak hulself gereed.
Hulle begeer en verlang Heiligheid. Hulle verafsku die suurdeeg van die
Fariseërs.
Verberg julleself MY Kinders vir net ‘n klein rukkie. Want die ganse Hemel is
verwoed, en teen satan en sy demone woed oorlog. Dit word aangevoer want die
Koning kom! Die Aarde bewe en sidder in vrees in verskeie dele van die wêreld.
Julle sien die vloede, hierdie is MY trane. Onthou toe die vloede gekom het in
die tyd van Noag. Onthou hoe hy bespot was en hulle gespot het tot en met die
tyd toe die reëns gekom het. Maar EK het vir MY Kinders Noag en sy familie gesê
om in die ark in te gaan en om die deur agter hulle toe te bout, en toe die
vloede kom, het die goddeloses gehamer aan daardie deur. Toe wou hulle in, toe
het hulle geglo wie EK is, maar dit was te laat vir hulle en die vloede het
hulle ingesluk.
So sal dit weer wees. Diegene wat staan in MY SEUN se geregtigheid, die wat
hulle huise gesalf het, die wat in MY Woord skuil, die wat daarna strewe om
gehoorsaam te wees, die wat MY liefhet en dien en MY eerste stel, die wat weet
dat die skatte van hierdie aarde nie dít kan wees wat hulle saambring na hul
Hemelse tuiste nie. In hierdie wêreld besef hulle dat diewe inbreek. Mot en roes
bederf dit wat julle dink is ‘n skat op aarde wat julle nie kan saamvat wanneer
julle hierdie aarde verlaat nie.
In plaas daarvan bou MY ware Kinders, MY ware Bruid, hulle Hemelse skatte op
waar mot en roes en diewe dit nie kan bederf nie. Diewe kan nie jou skatte in
die Hemel steel nie. So baie ly gebrek maar hulle doen dit om MY onthalwe,
versaak luukshede sodat siele gered kan word. Hierdie is MY geliefdes; hierdie
is MY ware skatte op aarde. Diegene wat uitroep in MY Seun se Naam, in die Naam
van YAHUSHUA, en so baie bid in ‘n dag dat hulle nie eens kan begin om te tel
nie, hierdie is MY Kinders, hierdie is diegene vir wie die Koning kom.
YAHUSHUA is oppad, die KONING KOM! HY is julle versoening vir sonde. HY is die
perfekte Lam wat geoffer was. Geen merk, geen vlek, geen sonde was gevind in HOM
nie. HY het betaal vir hierdie wêreld, HY was ‘n losprys gemaak vir hierdie
wêreld vir almal wat kan glo en die Bloed wat by Golgota gestort was aanvaar. HY
het die versoening betaal vir julle sonde. HY is julle Hoë Priester. Vir daardie
Jode wat HOM verloën, vir die Moslems wat HOM verloën. Hulle erken Abraham, Isak
en Jakob, maar hulle wil HOM nie aanvaar as Messias, wanneer dit kom by die Naam
van YAHUSHUA nie.
Dan sal hulle geoordeel word deur die wette van Moses en hulle beter nie een
gebod gebreek het nie. Hoeveel vind dit moeilik om tien te gehoorsaam. Probeer
613. Hoekom dink julle het EK vir julle ‘n Hoë Priester gegee wat aangeraak sal
word deur julle siektes en swakhede? Want MY begeerte is dat niemand sal vergaan
nie. Maar vir diegene wat daarop aandring om deur Moses veroordeel te word, dan
sal Moses hulle oordeel, en weë hulle wat deur Moses geoordeel word want daar is
geen genade in hom nie.
So in hierdie tien dae van ontsag, wees verheug oor hulle wat YAHUSHUA ken as
Here, wees verheug omdat HY julle MESSIAS, julle Redder, julle Geneesheer is,
die EEN waarmee EK julle seën wanneer jul uitroep na MY in SY Naam. Want EK,
YAHUVEH, word verheerlik deur MY Seun YAHUSHUA en YAHUSHUA word verheerlik deur
SY Vader YAHUVEH. En EK het groot behae daarin om MY Kinders te beskerm en die
vyand te beskaam op baie verskillende maniere.
EK het vir hierdie diensmaagd vandag gesê om julle te waarsku oor die komende
kwarantyn want die mens maak siektes wat nie deur MY geskep is nie. Dan maak die
mens iets wat hulle ‘n entstof noem. Maar wees versigtig MY Kinders, daar’s dood
wat hulle julle sal inspuit. Vertrou nie die inentings van die mens nie. Vertrou
in Psalm 91. Glo in MY Seun se Naam, en roep MY aan en staan op Psalm 91, dat EK
die plae sal weghou van julle wonings af. En terwyl julle MY eer op die ware
Sabbatdag, terwyl julle jul bes probeer om te gehoorsaam, terwyl julle MY eerste
stel in julle Liefde en lewe, en terwyl ‘n man die regmatige plek oor die vrou
inneem, sal daar beskerming wees om oor julle huise te kom, want dit is MY Seun
se Bloed wat vir julle gestort was by Golgota wat julle sal bedek en beskerm en
diegene wat deur MY geroep is, diegene wat ‘n goddelikheid van binne het.
EK sal meer hieroor praat op ‘n ander keer, want nou is nie die seisoen nie. EK
waarsku julle nou, MY Kinders. Bid dat julle nie gereken sal word in die getal
onder kwarantyn nie. Want so baie mense sal saamgehok word soos beeste selfs
binne-in stadions en kolossiums. En die bose sal sê, omdat julle die beskerming
van die mens weier, dan is julle besmet, is julle ‘n gevaar. En soos beeste
saamgehok word sal so baie mense saam gedring word, daar sal skaars plek wees om
te staan.
Pasop MY Kinders vir gif in jul are ingespuit. Pasop MY Kinders vir die einste
lug wat julle inasem. Pasop MY Kinders vir die einste water wat julle drink.
Waarlik as dit nie vir MY genade was nie, sou lewe heeltemal van die aangesig
van die Aarde af uitgewis gewees het. Pasop MY Kinders vir wat julle in julself
laat inspuit.Onthou waar julle geloof en julle vertroue is. Staan op vir dit wat
reg is. Staan op vir julle vryheid nou. Predikers, hou op om omkoopgeld te vat,
want julle was heeltemal te lank stilgemaak. EK sal julle aanspreeklik hou omdat
julle nie MY skape gewaarsku het nie! En as julle nie voortspreek soos hierdie
diensmaagd nou doen nie, sal dit soos skape wees wat na ‘n slagting gelei word.
Eers die heel jongstes en dan die bejaardes en dan sal die middeljariges val.
Maar nie enige van MY Kinders wat die Naam van YAHUSHUA aanroep nie as hulle
maar net MY Stem sal hoor en gehoorsaam, en glo dat EK hulle sal beskerm en sal
Heilig lewe vir MY want EK is Heilig en sal wegvlug selfs van enige verskyning
van sonde. EK sal hulle beskerm. EK sal vir hulle wysheid gee. EK sal hulle
wegsteek. MY engele sal rond-om hulle kamp en oorlog voer vir hulle.
Want julle is vrygekoop, ‘n versoening vir julle sondes was gedoen. Dit is wat
julle behoort te vier op Yom Kippur en YAHUSHUA is SY Naam. Moet dus nie langer
skaam wees om te sê die Koning kom nie! Maar weereens moet EK herhaal, HY kom
nie vir ‘n ongehoorsame Bruid nie, HY kom nie vir ongehoorsame kinders nie.
So bekeer nou MY Kinders voor dit te laat is. Want ‘n groot onheil kom. Dit is
op ‘n groot gety-golf, ‘n gety-golf van goddeloosheid. Maar kyk op, MY Kinders,
want EK sal ‘n standaard daarteen oprig as julle dit maar net sal glo en as
julle MY Seun se liefde, vergifnis, genade en Waarheid ontvang. Bekeer, dit
behoort jul uitroep te wees aan almal ver en wyd want Koning YAHUSHUA kom!
******* Elisheva:
So is dit gespreek, so is dit geskryf op die 16de September 2002, op Yom Kippur.
Begin om 5:18 vm. en eindig 5:46 v.m. gedurende privaat gebeds tyd terwyl ons
besig was om die gebeds behoeftes van die vennote op te lig. Ek vra om
verskoning vir die hoesbuie wat julle gehoor het. Die satanistiese oorlog is ‘n
werklikheid. Die duiwel wou nie daardie boodskap laat uitkom nie. Dit was asof
hande my keel gewurg het toe ek begin sê, "Die Koning Kom!" Ons geveg is nie
teen vlees en bloed nie, maar daar is heersers in duister plekke en satan en sy
demone wil nie hê die profeet moet praat nie.
Maar nietemin lê ek nederig hierdie woord aan julle voor op Yom Kippur. Ek sien
uit daarna om julle in die Hemel te sien.
In die Liefde van YAHUSHUA, julle suster, Apostel Elisheva Eliyahu
Soos YAHUSHUA vertel het van die laaste dae, "Mense se harte sal beswyk van
vrees." Lukas 21:26
Is julle geestelik gereed? Is julle familie? Dit is die rede vir hierdie
bediening, om met die profetiese boodskappe te waarsku asook om te bemoedig en
verlore siele te lei na YAHUSHUA, die enigeste MESSIAS. As jy YAHUSHUA aangeneem
het as jou persoonlike Redder, maar nog steeds baie louwarm was in jou liefde,
gehoorsaamheid en geestelike pad met HOM, dan moet jy onmiddelik vir HOM om
vergifnis vra asook vir die heropvulling van die RUACH Ha KODESH (Heilige Gees).
Jy moenie net bekeer nie maar ook wegdraai van jou sondes af en vir YAHUSHUA vra
om jou sondes weg te was in SY gestorte Bloed by Golgota. HY sal jou dadelik
vergewe en jou hart vul met die vreugde van die RUACH Ha KODESH.
As jy nog nooit vir YAHUSHUA as Redder aangeneem het nie, maar wel deur die
Heilige Bybel en hierdie profetiese boodskappe besef het dat HY ‘n realiteit is
en SY spoedige koms, en jy SY gratis geskenk van die ewige lewe in die Hemel wil
aanvaar, sê hierdie reddings gebed hieronder en bedoel dit met jou hele hart… en
YAHUSHUA is getrou om jou te vergewe terwyl jy jou sondes bely, en bekeer en
wegdraai van jou sondes, in YAHUSHUA se Naam. En vra HOM om in jou hart in te
kom en om SY (YAHUSHUA se) lewe binne in jou te lewe, jou te gebruik vir YAHUVEH
en YAHUSHUA se Eer. Reddings Gebed
Liewe YAHUSHUA, ek neem U nou aan as my Here en my Redder, U is die God wat ek
liefhet. Ek glo U het die prys vir my sonde betaal by Golgota, U het gesterf en
weer opgestaan uit die dood op die derde dag. Ek vra U om in te kom in my hart
in, vergewe my sondes, was my skoon van alle ongeregtigheid. Ek is jammer dat ek
gesondig het en ek draai weg van daardie sondes. Dankie dat U my vul met U RUACH
ha KODESH en my die begeerte gee om U te dien al die dae van my lewe, en leef U
lewe binne-in my YAHUSHUA sodat U Verheerlik sal word! Dankie dat U vir my die
begeerte gee om U Bybel te lees en aan my die wysheid gee om dit te verstaan.
Dankie dat U my Liefhet en my siel red, my Geloof laat groei sodat ek eendag
saam met U in die Hemel sal wees. Vul my nou met U Heilige Gees en verlos my van
die bose een in U NAAM YAHUSHUA bid ek. Help my YAHUSHUA om te onthou dat almal
gesondig het en dat dit hulle ontbreek aan die Heerlikheid van YAHUVEH, en dat U
gekom het om ons sondaars te red, daarom word U ons Redder genoem. Amen.
Lees hierdie gebed en lees dit dan nog ‘n keer, hierdie keer nie met kop kennis
nie maar met harts-kennis, glo dit in geloof, en onthou YAHUSHUA is nie
alleenlik God nie maar HY is jou beste vriend. HY gee so baie om vir jou; HY het
jou so lief, net soos jy is. HY haat sonde, maar HY het jou, die sondaar, lief.
YAHUSHUA het die prys vir jou sonde betaal, nou hoef jy nie meer skuldig en
verlore te voel nie! Bely jou sonde aan YAHUSHUA. Noem hulle, sê dan vir HOM dat
jy jammer is, vra HOM om jou te vergewe, al jou vorige en huidige sondes.’n
Sonde is enige iets wat jy doen of gedoen het om ‘n Heilige YAHUVEH aanstoot te
gee. Niemand is perfek nie, onthou dit.
Lees die Nuwe Testament en leer Wie is YAHUSHUA. Joh.3:16 Die Bybel sê dat jy
HOM moet erken as Heer en Redder, dan sal HY jou erken voor die Vader. Moenie
skaam wees oor YAHUSHUA nie, HY is nie skaam oor jou nie. Vertel vir iemand dat
jy YAHUSHUA van Golgota en Nasaret aanvaar het hierdie dag. Al die engele in die
Hemel jubel. Laat ons saam met jou bly wees. As jy ‘n pastoor nodig het, ons het
meer as een. Welkom by die familie van YAHUSHUA, ons sien uit daarna om jou te
ontmoet in die Hemel indien dit nie op aarde gebeur nie.