Profesie 65
Maak Gereed! Maak Gereed! Wees Voorbereid, want die Bose Dae is Op Julle!
Geskryf/Gespreek onder die Salwing van die RUACH ha KODESH deur Apostel Elisheva Eliyahu 29 November 2002 eindig om 3:50 nm.
Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle
Profesieë bygevoeg moet word van nou af:
EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva] om nie hierdie Bediening na ‘n man
of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in
jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan
het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee.
Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die
Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou
hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se
Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur
jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja 42:8)
In Julie 2010 Het YAHUVEH GOD beveel dat die volgende bygevoeg word voor elke
Profesie:
2Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY
Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat
daar geen genesing meer was nie.”
*******
Hierdie is die eerste Hanukkah profesie wat ek ooit gegee was. Gedurende ‘n tyd
wat ek dit die minste verwag het tydens gebede vir ons suster in YAHUSHUA wat
deur huweliks problem gaan terwyl haar man besig is om die kersboom op te slaan,
kon sy nie die waarhede terughou wat sy deur hierdie Bediening geleer het nie en
hoe Kersfees regtig niks met YAHUSHUA te make het nie.
Ons het gebid vir vrede wat alle verstand te bowe gaan vir haar en vir die
waarheid om haar man vry te maak. Terwyl ek in tale gebid het, het hierdie
profetiese boodskap na vore gekom, en dit was met ‘n bandopnemer opgeneem. Ons
het nie eens tyd gehad om ‘n Menorah aan te steek nie, in plaas daarvan het
YAHUVEH vir my gesê dat HY vir my vars RUACH ha KODESH Salwings Olie gegee het
om ted eel met die mense. Nie net om ‘n olie lantern aan te steek nie maar om
hierdie RUACH ha KODESH salwing te deel wat ‘n Hanukkah geskenk is aan die
wêreld vir almal wat geestelike ore het om te hoor en geestelike oë het om die
waarheid te sien wat hulle sal vry maak in die naam van YAHUSHUA. Een ding wat
ek anders gevind het, toe hierdie profetiese boodskap deur my gespreek was; ek
kon duidelik beide YAHUVEH of YAHUSHUA onderskei wat voortgespreek het met tye.
Gelukkige Hanukkah! Apostel Elisheva Eliyahu
*******
MAAK GEREED! MAAK GEREED! MAAK GEREED!
BEREI VOOR, WANT DIE BOSE DAE IS OP JULLE!
Gegee aan Apostel Elisheva Eliyahu
29 November 2002, geëindig op 3:50 nm.
Maak gereed! maak gereed! maak gereed! Berei voor MY Kinders want die bose tye
kom oor julle. EK stuur nie hierdie nasie uit om in ‘n oorlog in te gaan nie. As
hulle ‘n oorlog wil hê, sal hulle ‘n oorlog kry, maar dit sal MY wapens wees,
die wapens van die Hemel, die arsenaal van die weer, die arsenaal van die
elemente. EK sal die nasies skud, die wat dit waag om MY uit te daag en spog in
hulle eie krag sal sien dat hulle krag tot niks gekom het nie, leeg is en
kragteloos. Die leiers van hierdie nasie worstel nie teen die mens nie. Die
leiers van die Verenigde Nasies worstel nie teen die mens nie; in plaas daarvan
worstel hulle teen MY, YAHUVEH, die GROOT GOD “EK IS.”
Hulle sê, "ek sal dit op my manier doen en nie op YAHUVEH se manier nie."
Diegene wat die mag in hierdie wêreld vashou met hul uitvindsels dink hulle kan
die weer en die elemente beheer maar EK is op die punt om hulle te beskaam
terwyl EK hul eie wapens teen hulle draai, hulle eie masjiene, hulle eie
uitvindsels, hulle eie gif wat hulle vir ander wil gee om te drink sal hulle
self drink, nie eens hul geliefdes sal beskerm wees nie al het hulle gesê dat
hulle dit sou doen.
Diegene wat daarop aandring om [heidense] vakansiedae te vier en nie Torah
onderhouend is nie, om die ware Heilige Dae te erken, te ag nie, sal uitvind dat
hulle MY woede sal voel op ‘n magtige manier; selfs diegene wat geroep is by MY
SEUN se Naam; want hierdie waarheid het hulle vrygemaak (dat hulle moet Heilig
wees want EK Heilig is), maar in plaas daarvan dring hulle daarop om om aan
hierdie heidense feesdae deel te neem, en te verwag, en oor-en-weer te
beantwoord. Dan sal hulle nie MY teenwoordigheid voel nie, sal hulle nie MY Gees
met hulle hoor praat nie, sal hulle vind dat hulle nie langer in MY ark is, waar
EK MY Kinders apart gesit het nie.
O MY Dogter EK weet hierdie woorde wou jy nie gespreek het nie, want diegene wat
jy eens op ‘n tyd vriende genoem het sal jy vyand noem, maar weet dit jy het dit
op MY manier gedoen en nie op joune nie. EK gebruik hierdie Bediening om die
Bruid van YAHUSHUA voor te berei. EK het vir julle eenmaal gesê EK sê weer vir
julle; EK kom nie vir ‘n ongehoorsame Bruid nie! MY SEUN kom nie vir ‘n
ongehoorsame Bruid nie! Óf julle is MY Kinders of julle is nie. Lig en
duisternis moet skei, EK vat MY skeidings swaard en EK skei dit wat EK nooit
saamgevoeg het nie. Maar EK doen dit vir die veiligheid van MY Kinders, die wat
waarlik vir YAHUVEH en YAHUSHUA wil volg, diegene wat gevul is met MY RUACH ha
KODESH.
MY Kinders, die kerke onderrig ’n leuen want slegs die Heiligstes word MY Bruid
genoem! Daar is vereistes om YAHUSHUA se Bruid te wees en een van hulle is,
alhoewel julle in hierdie wêreld is mag julle jul nie gedra soos hierdie wêreld
nie. Julle moet Heilig en Rein bly voor MY, gewas in MY SEUN se Bloed by Golgota.
EK het jou gesalf MY Dogter om voort te spreek vanaf hierdie bediening om te
help om die Bruid voor te berei vir daardie troudag, om hulle te help om hulle
lampe gevul te kry met MY Heilige Olie en selfs nog meer oor te hê om te spaar.
EK gebruik jou MY Dogter terwyl die waarheid voortgespreek word. EK gebruik
hierdie magtige bediening om die kaf te skei van die koring. Ja die aanvalle was
hewig gewees. O maar die belonings is soveel meer. Onthou MY Kinders, EK het
gesê, "Gaan en kruip weg net vir ‘n klein rukkie, terwyl MY storm oorbeweeg".
Want soos EK vir jou die drome gegee het sal tornados kom soos nog nooit gesien
was nie. Die aarde sal sidder en bewe terwyl EK albei MY voete vat en stamp.
Want EK is kwaad en EK is vol woede want het EK nie gesê, " Plaas geen ander
gode voor MY " nie wat julle voorheen in onkunde gedoen het sal EK nie teen
julle hou nie, maar dit wat MY kerk doen met kennis maak MY waarlik kwaad.
Tsunami golwe sal kom; dit sal MY hand wees wat hulle opwek in die see. Keer-op-keer
gee EK hierdie waarskuwings, wat sal dit verg vir julle knieë om te buig tot MY?
Nie langer sal EK staan vir ‘n vorm van godsdiens nie. Diegene van die louwarm
kerk julle gebede is ‘n gruwel vir MY. EK het gewaarsku en EK het gewaarsku wat
EK doen met louwarmes, EK sal hulle uitspuug en braak uit MY mond uit. Julle is
soos gal wat opstoot in MY keel. Julle maak MY siek en “EK IS” YAHUVEH en satan
tart MY en sê, "Aanskou jou louwarm kerke wat leuens preek en hulle doen dit in
YAHUSHUA se Naam en hulle bekeer nie en draai ook nie weg daarvan om die
heidense weg te volg nie."
Maar MY geliefde kinders, die wat gevul is met MY RUACH ha KODESH EK is nie
kwaad vir julle nie. EK omhels julle, EK oordek julle met soene, en wanneer
julle val is EK daar om julle op te tel en julle af te stof en julle toe te vou
in MY arms. Julle wat die waarheid soek, die volledige waarheid, en geen leuens
sal ontvang nie, julle s’n MY Kinders is diegene wie se lampe EK vul tot
oorlopens toe vol. Julle is diegene deur wie die Shkinah Heerlikheid helder skyn,
want julle liggame is die ligte die lampe wat EK oorvol maak met die RUACH Ha
KODESH en julle het meer om te spaar omdat julle bedien aan ander in YAHUSHUA se
Naam. Julle weet hierdie olie kan nie gekoop word nie maar dit kom teen ‘n prys,
en dit is om Heilig te wees soos EK Heilig is. Hou julle gedagtes Heilig, hou
julle liggame Heilig voor MY en die enigste manier hoe dit gedoen kan word is
deur die gestorte Bloed van YAHUSHUA ha MESSIACH van Golgota.
EK het vir MY Dogter die droom gegee hierdie dag dat sy vergiftig was en elke
keer dat julle kos eet MY Kinders besef julle nie wat julle ingeneem het nie.
Die hormone wat julle opneem, die pestilensie, so vra MY hoe om dit te reinig en
EK sal julle wys MY Kinders want die liggaam is die Tempel van die RUACH ha
KODESH en dit moet gereinig word. Julle sal uitvind dat julle selfs makliker van
MY hoor. Daar is ‘n oorlog binne-in julle liggame, dit is nie net geestelik nie
dit is fisies, want EK reinig nie net jul gees nie , EK reinig nie net julle
bloed nie, EK sal die gifstowwe uitwas uit julle bloed, uit julle liggaam, en
uit julle ingewande.
Vir dit wat kom MY Kinders, terwyl julle in hierdie sterflike liggame is van
vlees en bloed moet julle voorberei word, moet julle versterk word, moet julle
genees word, want siektes het oor julle gekom wat julle nie ken nie. Die lug is
vergiftig en julle weet nie. Die voedsel is vergiftig en julle weet nie. Omdat
julle ‘n seën gevra het oor die kos wat julle eet en die drank wat julle drink
is EK getrou om julle te wys wat om te doen.
Soms MY Kinders is beskerming nie deur MY bonatuurlike hande nie maar moet julle
ook deelneem daaraan in die fisiese ryk. So reinig julle liggame MY Kinders, net
soos julle jul gees en siel reinig, berei julle liggame voor, MY kinders, want
daar is ‘n oorlog wat kom ongeken.
Vertrou nie op die regerings van hierdie wêreld om julle te beskerm nie want
julle sal geen beskerming daar kry nie. Vertrou op die God wat julle geskape het
wie elke molekule, elke atoom, elke sel, elke deel van julle DNA ken en elkeen
van julle is individueel maar EK ken elkeen van julle op jul God gegewe name.
Bid tot MY en EK sal vir julle wysheid gee, EK sal ander op julle pad bring want
EK het die versteektes opgerig om vir julle wysheid te gee hierdie tyd, om
hierdie Tempel van die RUACH ha KODESH te versorg. Gebruik alles wat EK vir
julle gegee het vir YAHUVEH en YAHUSHUA se eer terwyl julle dit nog het om te
gebruik. satan wil julle kaalstroop maar moenie bekommerd wees nie MY Kinders,
EK sal julle bedek. Hulle kan elke goddelose wet uitvaardig wat hulle wil julle
politici en julle leiers; dit is net wat EK, YAHUVEH, toelaat wat sal gebeur.
Moenie bekommerd wees nie MY Kinders, EK sal julle nooit begewe of julle verlaat
nie solank julle ore geneig is tot MY ore, en solank julle luister wanneer EK
praat, solank julle gebede nie ‘n gruwel vir MY is nie, solank julle begeer om
Heilig te wees want EK IS Heilig is, solank julle die Torah hou en dit nie
uitgooi nie. Want hierdie is nie twee boeke nie, hierdie is een boek. Die mens
het verdeel, een versterk net die ander want die boek van die oue en die boek
van die nuwe is waarlik een. Net soos EK, YAHUVEH, en MY SEUN YAHUSHUA, EK IS in
MY SEUN en MY SEUN is in MY, so is dit dieselfde vir die ou Boek en die nuwe
Boek. Bestudeer en bewys jouself as beproef, bestudeer en wys die kennis wat EK
jou gee. Die Boek was vertaal keer-op-keer soek MY om uit te vind watter
vertaling om te bestudeer in meer as een taal as Grieks. Bestudeer die Hebreeus,
bestudeer die Aramees, lees en luister na wat MY Woord werklik sê volg nie die
heidense weë van die mens die ongelowige weë wat neerbuig voor afgode nie en net
soos Sadrag, Mesag en Abednego, sal EK julle beskerm in die vuuroond wanneer dit
kom.
*******
Ophelderend vir sommige en ‘n aanstoot vir ander, in die Naam van YAHUSHUA ha
MASHIACH.
Apostel Elisheva Eliyahu
Hierdie profetiese woord het gekom op ‘n onverwagse tyd toe ons besig was om ‘n
ander suster in gebed op te dra wie se huwelik verdeeld is en sy het so pas
weggegaan en ons het haar net opgedra in gebed. Omdat sy begeer om die weë van
YAHUVEH en YAHUSHUA te volg het hierdie salwing oor my gekom en dit is toe
hierdie profesie gekom het.