“Meteor Verwoesting Kom, Bid Vir ‘n Vertraging In Oordeel!”
Gegee aan Apostel Elisheva Eliyahu 19 Desember 2002
Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle
Profesieë bygevoeg moet word van nou af:
EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva] om nie hierdie Bediening na ‘n man
of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in
jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan
het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee.
Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die
Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou
hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se
Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur
jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja 42:8)
In Julie 2010 Het YAHUVEH GOD beveel dat die volgende bygevoeg word voor elke
Profesie:
2Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY
Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat
daar geen genesing meer was nie.”
*******
Profetiese waarskuwings-droom aan my gegee op 19 Desember 2002 ontwaak om 19h00
na 'n 2 uur lange slapie, as enige iemand telling hou, hierdie maand het 3
profesieë en 2 waarskuwings-drome voortgebring. Nog nooit in die 27 jaar het
YAHUSHUA my gebruik met soveel dringendheid nie. Dit het begin op die 1ste Dag
van Desember en Hanukkah.
Vroeër vanmiddag, het ‘n jeugdige vir my gesê hy het 'n droom gehad het van
Meteoriete wat sekere state tref. Hy was aangesê om die droom neer te skryf
sodat ons die mense kon waarsku en dat hulle kon bid vir Oordeel om uitgestel te
word in die naam van YAHUSHUA en uit te roep vir GENADE en meer tyd om die
verlore siele in Amerika en hierdie wêreld te bereik. Hierdie jeugdige het die
vervolging en haatlike woorde gesien wat voortgekom het van ander teen my op
ander webwerwe en hy wil nie dieselfde behandeling hê nie. Wie sou?
So hy het dit nie neergeskryf nie en ek het gesê, " Wel, YAHUVEH, dit was U wat
die waarskuwings-droom vir hom gegee het, nie ek nie, so ek kan hom nie dwing
nie.” Toe het ek gaan lê om bietjie te slaap want ek was uitgeput en ek het die
onderstaande droom gehad. Wat nog interessanter was, ek het WAKKER geword met
DIESELFDE droom en ek het weer aan die slaap geraak terwyl ek begin het om dit
te deel en ek het weer terug gegaan in presies DIESELFDE plek waar dit opgehou
het!
Nou wanneer YAHUVEH eenkeer in 'n droom praat, moet ons dit toets, maar wanneer
HY tweekeer praat nadat jy uit 'n droom wakker geword het weer aan die slaap
geraak het om terug te gaan in dieselfde droom in, beter ons regtig wakker word
en oplet! Ek weet ek sal weer gebrandmerk word as 'n vals profeet deur my vyande
en my naam sal beswadder word deur diegene wat hulself Heilig noem en die massas
om die bos lei maar hulle is Fariseërs en nie eens ‘n Profeet nie. Ek weet dat
ek die vervolging as loutere vreugde moet reken, maar ek erken dat ek nog nie in
staat was om aan die beswaddering, naam-noemery en dreigemente te kon dink as
VREUGDE nie. Dit maak seer en wanneer jy my sny bloei ek net soos enige iemand
anders. Ek het nog nooit 'n maand soos Desember 2002 gehad nie. Dit het begin op
1 Desember 2002, die Eerste dag van Hanukkah met Profesie 65, "VLUG UIT DIE
KERKE van BABILON!" en op 8 Desember, 'n profetiese waarskuwings-droom getitel,
" ONTPLOFFENDE STERRE en MISSIELE" en gedurende die opname van die droom het 'n
nuwe profesie na vore gekom, Profesie 66, "YAHUSHUA kom nie terug vir die kerk
nie maar vir SY Bruid!"
Ek het meer e-pos ontvang van hierdie twee profesieë as vir enige ander profesie
tot dusver. Al die e-pos het my bemoedig, en seëninge oor my gebid omdat ek die
waarheid voortspreek. Mense het ook posbriewe gestuur wat sê "Dankie!" YAHUSHUA
het geweet verbale aanvalle sou agter my rug kom en hulle het. Eers het YAHUSHUA
SY troepe gestuur om my te bemoedig en vir my te profeteer dat ek moet aanhou om
SY waarhede voort te spreek en geen kompromieë moet aangaan nie, en ook nie
toelaat dat die duiwel my ontmoedig nie. Dankie vir AL diegene wat hierdie werk
van YAHUVEH en YAHUSHUA ondersteun en die tyd geneem het om hierdie diensmaagd
van YAHUVEH en YAHUSHUA te bemoedig. Ek het selfs 'n Profetiese woord ontvang
van 'n Profeet, Samuel in Mexico, en die eerste keer toe ons op die foon gepraat
het, het hy gesê onder die salwing van YAHUVEH, "Jy sal weet hierdie is die
vervolging werd, want wag tot jy al die verrassings en belonings sien wat op jou
wag in die Hemel."
As julle wonder hoekom die werk by ons bedienings webwerf vertraag was en die
stilte opgemerk het, was dit omdat ek gaan maak het soos 'n skilpad en my kop
weggesteek het as gevolg van die haatlike vervolging deur 'n ander webwerf wat
dit waag om hulself waardig te noem en daar is niks waardigs in die naam van
hulle webwerf nie, of die mense wat hierdie bediening en almal wat opstaan teen
leuens, aanval nie. In plaas van; "worthynews.com" moet dit eerder “unworthy
news.com” wees. Oordeel sal kom vir die Fariseërs wat kom met 'n vorm van
Goddelikheid maar geen Goddelikheid van binne het nie. In plaas daarvan om te
luister na die Profetiese drome en profesieë, is hulle meer gepla om die vrou
aan te val wat gestuur word met die boodskappe uit die Hemel. Ag wel. So hierdie
geverfde skilpad kom weer uit haar dop en is weer gereed vir die aanvalle wat
kom. Hieronder is die droom. Ek sal dit presies weergee soos ek dit gehad het,
maar ek moet 'n paar dinge verduidelik want dit is 'n persoonlike saak vir my.
— DROOM —
Meteor Verwoesting Kom Na Hierdie State, Bid Vir Uitstel Van Oordeel!
Apostel Elisheva Eliyahu
Ek het 'n lys van telefoon nommers gevind met 'n nommer daarop van iemand wat ek
eens op 'n tyd vriendin genoem het. Haar naam is Shoshanah. Ek het haar nommer
op 'n lysie gekry. Ek het haar vir jare nie gebel nie, omdat ek weet dat sy eens
op ‘n tyd 'n Christen was wat 'n Messiaanse Jood geword het, terwyl sy ander nie
alleenlik geleer het wie JESUS is nie maar sy gebruik ook nou SY Hebreeuse naam
YAHUSHUA. Ek het selfs in die droom geweet dat Shoshanah nie meer 'n vriendin en
'n suster is nie omdat sy 'n Ortodokse Jood geword het wat begin het om ander
mense op haar groot webwerf te leer dat Jode nie vir YAHUSHUA (Jesus Christus)
as die MESSIAS hoef te aanvaar nie, net om die wette van die Torah te gehoorsaam
en hulle sal gered word! Van 'n vrou wat ek eens gerespekteer het as 'n Profeet
en geestelike leier, wat siele na YAHUSHUA gelei het en hoe ver het sy geval.
Dit is een ding om te glo soos die Ortodokse Jode glo in onkunde maar om dit te
doen en steeds jou webwerf gelys te hê as Messiaans-Joods en hierdie leuens te
onderrig is godslastering! Ek het nie eers aan hierdie vrou gedink nie vir jare
reeds, en hier was sy in my droom. (Neem kennis: Ons het net onlangs ons lys met
haar telefoonnommer daarop, verloor.)
Ek het haar telefoonnommer gevind en gedink ek moet haar dadelik bel en waarsku
oor die komende Meteoriet-sterrereën. Ek het haar foon nommer geskakel en 'n
ander vrou het geantwoord en gesê Shoshanah was nie daar nie, sy moes al terug
gewees het maar was nie en hulle het nie geweet waar sy was nie. Ek het gesê, "Dit
is Apostel [Elisheva Eliyahu]. Skryf asseblief my foonnommer neer” Die vrou het
my foonnommer neergeskryf. (Dit is die presiese telefoonnommer wat ek nou het).
En sy het 'n hoë stemtoon gehad toe sy gepraat het. Ek het haar ete onderbreek,
het sy gesê, maar sy wou saam met my bid.
Ek het saam met haar begin bid in die Hemelse Tale aan my gegee en 'n boodskap
het voortgekom en sy het ook in tale gebid. Ek moes waarsku dat Meteor
Verwoesting kom en ek was die mandaat gegee om die troepe te versamel op die
muur. Om te bid en in te tree vir meer tyd om die verlore siele te bereik en om
die Gebeds-bemiddelaars te vra om te bid tot YAHUVEH dat SY Oordeel uitgestel
sal word!
Ek het haar gewaarsku oor die Staat waarin sy woon, Georgia, die ander State was
Louisiana, Dallas, Texas, St. Louis, Missouri, Indiana, California en New York.
Ek weet hierdie meteor verwoesting sal nie net na hierdie State toe kom nie maar
dit is hierdies wat in my droom aan my gegee was. Hierdie sal wêreldwyd wees
want YAHUVEH is baie kwaad, maar SY kinders wat Aanbid en gehoorsaam en YAHUVEH
en YAHUSHUA eerste in hul lewe stel, hulle huise sal gespaar word.
Daar sal meteoriet-sterrereëns wees soos hierdie wêreld nog nooit gesien het nie
en massa verwoesting en menigtes sal doodgaan. Die vrou het harder begin bid.
YAHUVEH het toe gesê, "EK gee vir jou dieselfde profetiese waarskuwing wat EK
vir [‘n ander] gegee het, wat hy nie ernstig opgeneem het nie. EK herbevestig
nou deur jou want EK weet jy sal MY Mense waarsku en sy droom neerskryf. Oordeel
was alreeds vertraag, dit sal nie gestop word nie maar dit kan uitgestel word as
MY mense intree en bid op ‘n magtige manier!"
Ek het 'n visioen in my droom gesien en groot rotsblokke en rotse het gelyk of
hulle uit die lug begin val! Vure het terselfdertyd uitgebreek. Ek het vir haar
gesê ons moet die mense waarsku. Ek het haar vertel dat ek profetiese
waarskuwings gegee was van groot aardbewings, storms, missiele, biologiese
oorlogvoering, kern-oorlog, plae en nou meteor-sterrereëns soos geen ander ooit
vantevore gesien nie.
Ek het onthou in die droom, het sy gesê sy sal my help, saam met my toer en die
mense waarsku! Ek het my gekruisde been vinnig gewieg in die droom sittende op
'n rusbank terwyl ons gepraat het. Dit het nie saak gemaak of ek die vrou se
naam geken het of nie, ek het die HEILIGE GEES in haar herken! In die droom het
ek die gesprek op die telefoon beeïndig omdat ek besef het dat ek nog glad nie
daardie dag geëet het nie en moes seker gevas het.
—EINDE VAN DIE DROOM —
Ek het wakker geword en was honger gewees.
Ek moet sommige persoonlike dinge verduidelik wat ek eintlik nie wil sê nie.
Shoshanah is nie meer my vriendin in die regte lewe nie nou reeds jare lank. Ek
kan haar nie eers meer Suster noem nie want sy sê sy is 'n Messiaans-Joodse
bediening en tog vertel sy vir die Jode dat alleenlik die onderhouing van die
Torah hulle siele sal red! Ek weet wat die rede is hoekom sy in die droom nie
daar was nie en hulle haar terug verwag het en sy nie teruggekom het nie. Ek het
ook verwag dat sy sou terugkom en YAHUSHUA dien en die Jode en Heidene onderrig
dat daar geen ander weg na die Hemel is nie behalwe deur die geskenk wat YAHUVEH
aan ons gegee het by Golgota en dit is YAHUVEH se Enig Verwekte Seun YAHUSHUA
wie ons sonde-offer is. Sy het dit nie gedoen in die regte lewe nie sover ek
weet. Die enigste rede hoekom ek haar naam vir julle gesê het is omdat dit in
die droom is.
Ek weet nie wat die naam is van die vrou met die hoë stemtoon nie, of enige iets
oor haar nie maar in die droom het ek die salwing herken van YAHUVEH. Sy was
besig om te eet toe ek gebel het, want sy het die woord van GOD YAHUVEH geëet en
was gevoed op vleis. Sy was by Shoshanah se huis en ek weet sy woon in Georgia.
Ek was gestuur om die State van Georgia en Louisiana eerste te waarsku!
Ek weet nie hoekom ek daardie dag gevas het nie en ek voel die dringendheid van
gevaarlike tye wat voorlê en soek nou vir YAHUVEH oor hoe om voor te berei vir
die komende jaar. Terwyl ek hierdie getik het het die salwing oor my gekom en
Profesie 67 het voortgekom! Weereens het die droom en die Profesie gekom op
dieselfde tyd.
Ek wil almal van julle bedank wat hierdie profesieë en waarskuwings ernstig
opneem en dit na ander bedienings stuur sowel as julle e-pos lyste. Julle sal
deel in dieselfde belonings as ons wanneer hierdie mense gewaarsku en gespaar
word. Ons is soos 'n Goue ketting, elke skakel het mekaar nodig. Ek wil Eerw.
Carolu openlik bedank omdat sy haar e-pos lyste gewaarsku het. Ek het vir haar
teruggeskryf en sy kry dalk nie die e-pos nie. Carolu en al diegene wat saam met
my werk om bemiddelaars op te wek vir gebeds-vegters en te waarsku soos Esegiël
3:17-21 sê. Julle sal deel in dieselfde belonings in die Hemel omdat julle
gehoorsaam is aan YAHUVEH en SY stem hoor deur hierdie profetiese waarskuwings.
Ek wil almal bedank wat vir Jim Bramlett geskryf en gevra het om Profesie 66 te
plaas. (YAHUSHUA kom nie vir die Kerk nie, maar vir SY BRUID!) Soveel van julle
het sy e-pos gebombardeer en ek het uitgevind hoekom YAHUVEH sy naam ingesluit
het in daardie profesie. Dit het my geskok, aangesien 'n nuwe baba in Christus
vir my die onderstaande gedeelte geskryf het en ek weet ook nie of die profesie
ooit op die Five doves webwerf geplaas was nie. Ek is bedroef want Jim soek na
die wegraping maar tog glo hy nie in die spoedig komende Bruidegom wat YAHUSHUA
is nie, hy glo nie in die Seun van YAHUVEH nie. Ek wonder wat die lesers van die
Five doves sal sê wanneer hulle hierdie uitvind? Tot wie het YAHUSHUA gebid as
HY ook die Vader was? Ek wonder of Jim dink dat YAHUSHUA met homself gepraat het
veral met SY laaste woorde, "Vader, hoekom het U MY verlaat?"
Elisheva
* * * * * * *
Dit is wat Jim vir my gesê het nadat ek vir hom e-pos gestuur het. Dit lyk of hy
teen die heilige goddelike drie-eenheid gaan.
broer ivan,
Dankie, maar enige iemand kan iets op die Fives Doves webwerf plaas. Ek glo dat
dit geplaas moet word deur die een aan wie dit gegee was.
So terloops, YAHUVEH is nie die Vader en YAHUSHUA die Seun nie. YAHUVEH is die
naam van God in die ou Testament, wat waarlik die Seun was in pre-inkarnasie.
YAHUVEH WAS YAHUSHUA, wat gesê het “Voor Abraham was, is EK.” Hulle is een-en-dieseldfe.
Ek het hierdie omvattend bestudeer.
Jim
* * * * * * *
Die jeugdige se droom was kortstondig dit het ook gekom op 19.12.02.
Hy vertel my nou dat hy jare gelede hierdie droom gehad het sonder die name van
die state. Ek het dieselfde droom na mekaar gehad, wat selde gebeur, waar ek
wakker word en praat en dan weer aan die slaap raak net om terug te gaan in
dieselfde droom in! Waarsku asseblief julle geliefdes om YAHUSHUA as hulle
MESSIAS te aanvaar vandag! Waarsku hulle om Heilig te lewe, soos YAHUVEH ons
beveel om te lewe. Waarsku hulle om te bekeer en weg te draai van hulle sondes
voor dit te laat is! Waarsku hulle om YAHUVEH LIEF TE HÊ en TE Vrees en YAHUVEH
en YAHUSHUA eerste te stel in hulle lewens!
Jeugdige se kortstondige droom…
Ek het my ou swembad gesien by 'n huis waarin ek eens op ‘n tyd gewoon het. Die
swembad het gelek daarom het ons dit afgebreek tussen 3 of 4 jaar gelede. Toe
het ek groot meteoriete gesien wat oral tref! Ek het Meteoriete gesien wat New
York, St. Louis Missouri, Dallas Texas, en California vernietig.
Einde van droom.
(Die rede hoekom YAHUVEH die swembad gewys het, wat 3 of 4 jaar gelede
uitgebreek was, is omdat die OORDEEL van die Meteoriete so lank reeds vertraag
was as gevolg van die Gebede van die regverdiges wat baie vermag.)
* * * * * * *
Profesie 67
"Meteor Verwoesting Kom, Bid Vir Vertraging In Oordeel!"
Gegee aan Apostel Elisheva Eliyahu
19/12/02 8:00 nm.
EK, YAHUVEH sal Oorlog verklaar uit die Hemel met reuse Meteoriete van Massa
vernietiging. EK, YAHUVEH, sal die Meteoriete loslaat in sterrereëns soos julle
nog nooit gesien het nie. Soos gesê in die boek van Openbaring. Geen
oorlogs-wapen sal in staat wees om dit te stop nie! EK, YAHUVEH, verklaar oorlog
teen die aarde vir die sondigheid daarvan, omvangryke Meteoriet-Verwoesting sal
kom; net Heilige gebede sal dit vertraag! Oordeel kan nie gestop word nie maar
dit kan vertraag word. Terwyl julle jul missiele van die aarde af vuur sal EK MY
missiele vuur uit die Hemel. Wie kan teen YAHUVEH veg en wen?
Hardloop weg van ‘n ramp. Selfs die Heidene teen wie julle uitvaar in ander
nasies is onderdanig aan die wette en bepalings van die god wat hulle dien.
Amerika, wie is julle God wat julle dien en vertrou? Amerika, wat sal dit verg
vir julle om julle te bekeer vir die verraad en egbreuk wat julle gepleeg het
teen YAHUVEH, wie julle nasie apart gestel het en dit geseën het omdat julle 'n
vriend was vir Israel en haar beskerm het. Amerika, die dag wat julle 'n hand
teen Israel lig is die dag wat EK MY hand van seëninge en beskerming af-lig van
Amerika af.
Julle noem ander nasies oorloglustiges, maar wat is julle, Amerika? Dink julle
nie EK hoor die gille van die onskuldiges wat vermink en doodgemaak was in
oorloë wat nie deur die mense se toedoen was nie? EK vermaan en bestraf nie net
vir Amerika nie maar alle nasies wat deelgeneem het in oorloë wat nie MY wil was
nie. EK vra vir hierdie wêreld, dink julle nie EK hoor die gille van die babas
wat gemartel word in die ma se baarmoeder nie omdat daardie ma in haar selfsug
net dink aan haar eie lewe en nie aan die van die ongebore baba nie. Dink julle
EK ag een lewe bo 'n ander? Julle wette beskerm nie meer die onskuldiges nie
maar beskerm die skuldiges.
Julle mensgemaakte wette wil nou julle God-Gegewe vryhede wegneem wat EK vir
Amerika gegee het vir dit wat julle Binnelandse Sekuriteit (Homeland Security)
noem. Daar is geen sekuriteit wanneer mense soos kriminele behandel gaan word
nie, ge-arresteer sonder bewyse, skuldigbevind en voltrek selfs sonder 'n
verhoor of jurie van hul eweknie. Dele van hierdie wêreld doen hierdie reeds en
Amerika, julle skud julle kop en vingers, en nou skryf julle wette om dieselfde
te doen? Wat is die prys van privaatheid? Wat is die prys van vryheid om te
aanbid? Vra vir Israel daardie vraag want sy betaal ‘n groot prys en so het die
Christene regoor die wêreld.
Wanneer sal hierdie wêreld begin omgee wat in die geheim gedoen word deur ander
in Politici? Nou is vyande van YAHUVEH diegene wat uitspreek om Amerikaners se
vryheid te verdedig (ACLU) en omdat hulle ook vyande is van die Evangelie
ignoreer julle hulle wanneer hulle julle probeer oorreed om besorg te wees oor
julle vryheid en privaatheid wat van julle weggeneem word. Onthou toe EK
gewaarsku het wanneer die vryheid van spraak weggeneem word van een word dit
weggeneem van almal. EK het hierdie gespreek in 'n ander profesie gegee aan
hierdie diensmaagd.
EK, YAHUVEH, sê vir julle nie langer sal julle mekaar ken by name nie, maar deur
die salwing van die RUACH ha KODESH, MY HEILIGE GEES! EK beveel julle om te
versamel saam met diegene wat julle vreemdelinge genoem het en nou voeg EK julle
saam om mekaar te ondersteun, want julle sal mekaar herken nie met aardse name
nie maar deur MY Salwing. Julle sal reis saam met MY gesalfdes en die behoeftes
van een sal almal se behoeftes wees en julle sal deel wat julle het met mekaar
terwyl EK, YAHUVEH, julle seën.
Meteoriet-Verwoesting kom voort net soos EK, YAHUVEH, gesê het [vir die jeugdige].
Hy wou nie die waarskuwing gee nie, so EK spreek dit weer voort uit MY Dogter.
Waarsku die mense dat alleenlik kragtige bemiddelings gebede die Oordeel van
Amerika en hierdie wêreld sal vertraag. Oorlog uit die Hemel, reuse Meteoriete,
sal losgelaat word en geen oorlogs-wapen sal instaat wees om dit te stop nie!
Slegs gebeds-vegters sal MY Oordeel vertraag terwyl hulle uitroep om genade oor
hierdie land wat geen genade verdien nie. EK het geprofeteer die storms en
aardbewings sou kom en hulle het. Wat moet EK doen voordat mense sal besef dat
EK die Apostels en Profete waarsku om vir die mense te sê om te bekeer voor EK
die Oordeel stuur!
MY troepe gesalf deur die Hemel sal nie gemoeid wees met mekaar se name nie,
want hulle sal die RUACH ha KODESH herken binne-in MY Kinders. Hulle sal nie die
naam herken nie en ook selfs nie hul verlede ken nie, maar hulle sal mekaar
herken deur die salwing van MY RUACH ha KODESH. Julle sal saam vergader in MY
Naam en wandel in Heiligheid en Waarheid tot MY instellings en sy-aan-sy wandel,
saam reis met een doel en dit is om mense te waarsku MY Oordeel gaan spoedig
val. In die jaar 2003 sal MY gesalfde versteektes uit skuiling kom en aansluit
by MY Dogter wat hierdie spreek en saam sal hulle bid vir die vertraging van MY
Oordeel en as genoeg mense bekeer, sal EK MY hand van Oordeel nog ‘n keer
terughou.
Julle nasies wat wapens ontwikkel, hulle fyn instel, sodat julle mekaar se
missiele kan afskiet, vra julself hierdie, "Hoe kan julle julself verdedig teen
'n oorlog uit die Hemel, terwyl EK op die aarde, insluitend Amerika, Meteoriete
gooi wat julle huise, besighede, hoofstede sal verpletter en vir julle sê genoeg
van julle dwaasheid.” EK, YAHUVEH, sal julle 'n oorlog wys van onmeetbare omvang
as julle nie bekeer, wegdraai van julle goddelose weë, Heilig leef en Heilig is
en MY Naam aanroep in die Naam van MY SEUN YAHUSHUA nie. Julle kan al die
goddelose wette uitvaardig wat julle wil maar EK, YAHUVEH, is die enigste
wetgewer en daar is swaar gevolge vir diegene wat hulleself wetgewers noem en
werklik Wets-verbrekers is. EK, YAHUVEH, is nie geamuseerd nie; ook sal julle
nie wees wanneer EK, YAHUVEH, en MY SEUN YAHUSHUA, klaar is met julle nie.
Vir diegene wat waag om die boodskappe te spot wat EK, YAHUVEH, stuur soos
hierdie een, lig jou hande en verdedig jouself teen die ewige Skepper, die een
genaamd die Oue van Dae, want EK het geen begin nie en geen einde nie, EK is die
ALEPH en die TAV. Julle wat julself Christene noem maar tog nie die weë van MY
SEUN YAHUSHUA volg selfs in die waarneming van die Heilige Tye nie.
Julle wat julself Christene noem, wat roem en sê, "Ek is nie 'n Jood nie" en tog
het EK gesê, “julle is ingeënt wanneer julle YAHUSHUA volg en HOM as MESSIAS
aanvaar. Liefhet en YAHUVEH en YAHUSHUA eerste stel in julle lewens. Strewe om
MY gebooie te gehoorsaam, wetende dat julle ‘n Middelaar het, 'n Redder in MY
SEUN YAHUSHUA, wanneer julle sondig, maar nie opsetlik die RUACH ha KODESH
bedroef en sonde doen, jou eie siel in gevaar stel nie.” Hoe min van julle
onthou dat julle almal jul eie heil moet uitwerk met vrees en bewing.
Die meerderheid van julle wat julself Christene noem is grotendeels anti-Semities.
Julle vermy die Hebreeuse maniere, die Torah, die Tanakh en wil net aanspraak
maak op die Nuwe Testament. Julle wil net saam vergader op 'n mensgemaakte
Sabbat [Sondag], nie op die ware Shabbatte nie. Hoeveel Christene wil net
mensgemaakte heidense vakansiedae vier en vermy die ware Hebreeuse Heilige Dae?
Hoeveel van julle gebruik dit wat julle kerk noem om my te paai of as 'n
modeparade of 'n skinder fees. Julle Christene besef nie dat Pinkster nie gevind
word in die meeste van julle kerke nie want julle het MY HEILIGE GEES bedroef en
die RUACH ha KODESH uitgejaag.
Julle lees van die 12 dissipels en julle haal die Joodse skrifte aan en eis die
Bybel as julle beloftes, tog sny julle julself af van alles wat Hebreeus is en
spog dat julle nie ‘n Jood is nie. Julle waag om te roem hoe EK, YAHUVEH, die
natuurlike wingerdstok afgesny het om julle Heidene in te ent, sodat die
natuurlike wingerdstok jaloers kan word en tog verwerp julle dan die natuurlike
wingerdstok en verwerp die dinge wat EK, YAHUVEH vir hulle geleer het. Julle wat
julself Christene noem het toegelaat dat Rome klaarblyklik die enigste dag
verander wat EK apart gestel, geseën en geheilig het en julle sê dat enige dag
sal voldoen, om Sabbat te noem. EK het nie enige dag gekies nie; EK het op die
Sewende Dag gerus [Vrydag Sononder to Saterdag Sononder]
Hoekom ondersoek julle nie en bewys julself as beproef nie? Julle ken die
waarheid en tog het julle steeds nie julle Pastore aanspreeklik gehou om die dag
van samekoms terug te verander na die ware Shabbat dag nie. As julle vir die
Pastore gesê het, "Julle vertel ons dat die Bybel die waarheid is en tog volg
julle nie die waarheid nie ek sal nie deel wees van 'n samekoms wat nie in die
waarheid wandel nie!". In plaas daarvan fluister julle die waarheid maar voer
dit nie deur nie. Geen Pastoor het tot dusver hierdie dogter gekontak waardeur
EK hierdie boodskap spreek en haar bedank of bemoedig omdat sy hulle bestraf het
in YAHUSHUA se Naam nie. MY Kinders wat die boodskappe van teregwysing na die
Pastore geneem het word verwerp of op die kop geklop en vertel, "Dankie, maar
ons sal voortgaan op dieselfde manier" en MY Kinders is ongehoorsaam en sit
steeds in hierdie kerke wat weier om die waarheid voort te spreek en dinge te
doen op YAHUVEH se manier en nie op die manier van mans of vroue nie.
Waarom spreek die Kerke nie Heiligheid of Bekering voort nie? Hoekom waarsku
hulle nie, smal is die weg na die Hemel en breed is die pad na die hel nie? Vra
jouself, bring 'n welvaart-boodskap siele na die Hemel? Vra jouself, hoekom die
vooraanstaande bedienings van hierdie wêreld weier om enige boodskap voort te
spreek wat ander kan aanstoot gee. EK, YAHUVEH, is waarheid en toe MY Seun,
YAHUSHUA waarheid voortgespreek het tot die Fariseërs, het dit aanstoot gegee.
Wanneer MY Dissipels waarheid voortspreek, neem die Fariseërs aanstoot, diegene
met ‘n gedaante van goddelikheid en geen GODDELIKHEID van binne nie. Vra julself,
waarom die pastore nie die mense aanmoedig om te bid teen goddelose wette wat 'n
realiteit word nie. Vra julself, waarom so baie pastore die skape na die wolwe
se lê plekke lei.
Christene, julle sal weereens oorhandig word aan die Romeinse Ryk. Julle wat
julself Christene noem, EK sal julle oordeel want julle het Konstantyn se wette
gevolg en nie YAHUVEH en YAHUSHUA nie! Christene, julle het heidense vakansiedae
gevier en nie YAHUVEH se Heilige Dae nie. Christene, EK sal julle oordeel want
julle sê julle dien die Koning van Konings en Here van die Here en sing liedere
van lofprysing tot YAHUSHUA en tog, met kennis en voorbedagte rade, daarop
aandring om hom te noem op ‘n Griekse naam, Jesus. Julle doen dit nie meer in
onkunde nie. YAHUSHUA het gesê, "In MY Naam sal julle duiwels uitdryf." Dit is
die Naam van YAHUSHUA want MY Naam is YAHUVEH, YAH is ingesluit in daardie Naam!
Is YAHUVEH se Naam in die spelling van Jesus? Wat is MY Naam? EK is bekend onder
baie name maar wat sê julle skrifte? Hou op om net die Grieks te bestudeer begin
die Hebreeuse en Aramese vertalings bestudeer.
DIE Naam
"Ons hulp is in die Naam van YAHUVEH wat hemel en aarde gemaak het."
Psalm 124:8
Julle wat julleself Christene noem, EK YAHUVEH, kla julle aan hiermee. Julle wat
preek YAHUVEH en YAHUSHUA is Liefde, en dit tog nie wys nie, ook nie leef nie.
Julle dien die Koning van Jode en tog vermy julle MY Joodse Volk, julle bespot
en beswadder en laat ander toe om dit te doen. Julle volg heimlik die waarhede
in hierdie bediening en doen tog niks om dit te ondersteun nie. Julle doen niks
om hierdie bediening te verdedig nie en julle herken die Stem van julle Hemelse
Vader wat voortspreek en tog bly julle stil terwyl hierdie apostoliese
diensmaagd gespot en beswadder word alles omdat EK hierdie bediening gebruik om
die Joodsheid van YAHUSHUA te onderrig wie julle Jesus Christus noem. Julle is
die enigste godsdiens wat vermink, slaan, en probeer om diegene van julle eie
godsdiens dood te maak of wel doodmaak. Julle sal hierdie nie vind in enige
ander godsdiens nie.
Hierdie is die Oordeel wat EK verklaar en voortspreek uit MY Apostel [Elisheva
Eliyahu]; moenie vir haar kwaad word nie, want sy is net die boodskapper. Menige
noem hulself Chrsitene en het 'n vorm van goddelikheid maar is heidense
Fariseërs. Julle wat die waarheid ken en die waarheid weier, julle noem julself
Christene en omdat julle MY Joodse volk en die Wette en ware Heilige Dae en
feeste verwerp het, was julle weer soos 'n Judas teenoor YAHUSHUA.
Omdat julle waag om te dink dat julle beter is as die Joodse mense en spog oor
hoe julle ingeënt was en hulle afgesny was vir 'n seisoen, spog julle hoe die
Jode so dom is om nie vir YAHUSHUA, vir wie julle Jesus noem, as Messias te sien
nie. In plaas daarvan om vir hulle te bid, hulle lief te hê, te besef dit is EK,
YAHUVEH, wat hul oë vir ‘n seisoen verblind het, is julle onder die vloek om te
durf spog hoe EK die natuurlike wingerd afgesny het en julle ingeënt het daarop
deur die Bloed van YAHUSHUA. Wat sê MY Woord, wanneer julle roem en die
natuurlike wingerd bespot die ongelowige Joodse Volk wat nog nie die openbaring
gekry het dat YAHUSHUA die MESSIAS is nie in Grieks genoem Jesus. Sê MY Woord
nie as EK nie die natuurlike wingerd gespaar het nie waarom dink julle sal EK
julle spaar wat roem dat julle beter as die natuurlike wingerd is? Julle, wat
daarop aandring om Konstantyn te volg, luister na MY.
Die eerste poging, dodelik suksesvol, was gemaak deur hasatan in die vorm van 'n
slang in die Tuin van Eden. (Genesis 3:1-22) satan het Eva geflous, en Eva het
veroorsaak dat Adam sondig om te dink dat niks daarby gebaat sou word om YAHUVEH
se wette te onderhou nie, ook genoem die Torah, wat die Tien Gebooie insluit.
Nog 'n voorbeeld is die geval van Kain wat vertel was dat gehoorsaamheid aan
YAHUVEH se instruksies redding en seëninge bring, maar besluit het hy weet van
beter en gevolglik vervloek was toe hy sy broer Abel vermoor het.
En dan het ons Korag wat probeer het om Moses se outoriteit te ondermyn het en
ontmoet het met 'n verskriklike einde, terwyl die aarde oopgemaak en Korag en sy
volgelinge lewendig in die put van hel ingesluk het en toe het die aarde bo-oor
hulle toegemaak. (Num 16:1-35) Moses waarsku ons oor 'n vals profeet wat sal
probeer om die mense gebooie te leer nie van YAHUVEH nie, en selfs ander
aangemoedig het om Moses en sy salwing te minag. (Deut 18:20-22).
Wee julle vir almal van diegene wat nie geestelike ore het om te hoor en
geestelike oë om te sien dat die Christelike kerke sowel as die Tempels vandag
vol is van Korags, en dieselfde lot sal ondergaan (Numeri 16:1-35). Net soos in
die tyd van Moses so profeteer EK ook weer deur MY Dogter [Elisheva] 'n
waarskuwing vir julle wat julself Christene noem maar geen Christus in julle het
nie. Spot, beswadder en ignoreer nou en julle sal maai wat julle gesaai het.
Wee diegene wat geweier het of opgehou het om hierdie bediening te ondersteun,
want julle sê julle is nie Joods nie, of wil ook nie 'n Messiaans-Joodse
Bediening ondersteun nie. O, maar EK sal ander oprig om julle plekke in te neem
dit sal húlle wees wat die seëninge en belonings gaan kry wat jou naam daarop
gehad het. (Deut 28:1-14) Nou in plaas daarvan sal vloeke van YAHUVEH, soos
geskryf in Deut 28:15-68, julle lot wees.
Gaan voort en spot, julle kerke, vals profete en diegene met die bose gees van
Korag en daardie volgelinge van Korag. (Numeri 16:1-35). Julle sal nie spot
wanneer hierdie gebeur nie. Al julle geestelike leiers wat MY Kinders lei om nie
MY Wette te volg wat EK vir Moses gegee het nie sal die ryke wat hulle huise van
god noem sien grond toe tuimel en die hel sal julle insluk saam met diegene wat
'n gees van Korag het weereens. Al diegene wat hulself Christen noem maar
dieselfde doen as die geestelike leiers, julle het ook die gees soos die van
Korag en sal dieselfde noodloot ondergaan as julle weier om ag te slaan op
dieselfde waarskuwing wat EK vir julle gee deur hierdie diensmaagd dogter van
MY. Bespot nie die woorde van Guns en Genade nie want daardie woorde kom teen 'n
hoë prys, ten koste van MY Seun, YAHUSHUA se lewe en Bloed wat EK, YAHUVEH, HOM
laat offer het op Golgota, sodat julle ‘n Middelaar sou hê voor MY, YAHUVEH, die
GOD van die ganse Skepping.
Daniël het gepraat van 'n "Dier" wat die Heiliges van YAHUVEH sal mishandel en
die tye en die wette sal verander van YAHUVEH! (Daniël 7:25). Paulus het nie die
Sabbat gekanselleer nie, hoe kon hy? Is hy die een wat die Sabbat geskep het?
Nee, “EK IS” het die Sabbat geskep vir julle rus, rustend in MY sodat EK julle
kan herstel. Paulus se woorde was wan-vertaal, want nooit sou hy julle leer om
die Torah te verontagsaam nie. Sy woorde was verdraai om gelykvormig te word aan
die beeld van die mens en nie EK, YAHUVEH nie. Paulus het met die Joodse Volk
gepraat en gesê, "Laat niemand julle oordeel met betrekking tot die Heiliging
van sekere dae of die waarneming van die Heilige Dae nie". Nooit het hy gesê hy
het nie die Sabbat onderhou nie en ander aangemoedig om dieselfde te doen nie.
Paulus het MY Joodse wette onderhou. Paulus het onderrig daar is genade en guns
deur YAHUSHUA maar hy het ook gehoorsaamheid onderrig aan YAHUVEH.
Sien julle nog nie dat die Boek van Daniël voor julle oë ontsyfer word nie? Wat
eens op 'n tyd 'n geheimenis was en toegemaak was vir julle is nou oopgemaak, as
julle MY maar net sal soek vir wysheid en weet nuwe openbarings kom nou voort
van MY gesalfdes soos hierdie werktuig waardeur EK voort profeteer. Luister en
sluit aan bymekaar en waarsku saam want julle het mekaar nodig op 'n nuwe manier
in die komende jaar van 2003. Dit is hoekom EK hierdie droom vir MY diensmaagd
gegee het om julle te waarsku om te begin bymekaarkom.
Die vyande val nie alleen aan nie, ‘n wolf trek in troppe en net so ook moet
YAHUVEH se Skape en Lammers. Christene, julle moet ophou om die Jode, die
Heilige Dae, Feeste en dit wat julle die Ou Testament noem te vermy. EK is beide
die Ou en die Nuwe Boek, hou op om te probeer verdeel wat nooit bedoel was om
verdeel te word nie, want 'n huis wat verdeeld is kan nie staande bly nie.
Christene, reik uit na die Jode volk en omhels Israel in liefde want hulle is
verblind nou vir ‘n seisoen, maar Israel sal gered word terwyl MY Seun YAHUSHUA
die oë van die blindes in Israel weer oopmaak. EK, YAHUVEH, verklaar die blinde
oë en die dowe ore in Israel sal weereens MY Seun, YAHUSHUA ha MASHIACH aanskou.
Lees en bewys julself as beproef, al diegene wat die woorde van julle Hemelse
Vader YAHUVEH herken, bestudeer die onderstaande woorde in die Torah wat EK MY
dogter beveel het om julle aan te herrinner.
*******
“Deut 30:17 But if518 thine heart3824 turn away,6437 so that thou wilt not3808
hear,8085 but shalt be drawn away,5080 and worship7812 other312 gods,430 and
serve5647 them;"
"Deut 30:18 I denounce5046 unto you this day,3117 that3588 ye shall surely
perish,6,6 and that ye shall not3808 prolong748 your days3117 upon5921 the
land,127 whither834, 8033 thou859 passest over5674(853) Jordan3383 to go935 to
possess3423 it."
(Deut. 30:19 KJV+) I call5749 (853) heaven8064 and earth776 to record this
day3117 against you, that I have set5414 before6440 you life2416 and death,4194
blessing1293 and cursing:7045 therefore choose977 life,2416 that4616 both
thou859 and thy seed2233 may live:2421"
(Nommers in ligte superscript is verwysings na die “Strong's concordance”in
Grieks en Hebreeus)
(Matt. 5:17-18)
“Whosoever therefore shall break one of these least commandments, and shall
(future tense) teach men so; he shall be called least in the kingdom of
heaven.”KJV
Lees asseblief die gedeelte hieronder, as jy jouself 'n Christen noem en sê dat
jy in Jesus Christus glo. Jy sal verras wees met jou antwoorde, daar is 'n
verskil tussen glo en volg en gehoorsaamheid.
Glo die Christene in YAHUSHUA, in Grieks genoem Jesus, wanneer HY sê, "Maar as
jy in die lewe wil ingaan, onderhou die gebooie."? (Mattheus 19:17). Onderhou
Christene die Gebooie? Daar is geen twyfel nie, dat YAHUSHUA, in Grieks genoem
Jesus, verwys het na die Wet van Moses, want daar was geen ander Gebooie nie.
YAHUSHUA het nie gesê dat 'n mens in die Koninkryk van die Hemel kan ingaan deur
net in HOM te glo nie! Die Bybel sê dat selfs satan glo dat hy die Seun van God,
YAHUVEH, is. Dit verg Liefde, en dat jy YAHUVEH en YAHUSHUA eerste in jou lewe,
liefde en huwelik en bediening stel as jy een het. YAHUSHUA het ook gesê, "Hoekom
noem julle MY Here maar julle is nie gehoorsaam aan MY nie?" Mens moet die Tien
Gebooie onderhou, hierdie sluit die Ware Sabbat in. Dit sluit in om samekomste
te staak in kerke waar die waarheid aan die geestelike leiers gesê was en hulle
nog steeds weier om gehoorsaam te wees aan YAHUVEH se 4de Gebod.
'n Vriendin, wat gewoonlik tiendes aan hierdie bediening gegee het en geglo het
die profesieë is waarlik van YAHUVEH en YAHUSHUA het gesê haar man en familie
maak dit moeilik om gehoorsaam te wees as gevolg van die vervolging daarvan om
die ware Sabbat te onderhou. Aangesien daar geen Messiaans-Joodse Tempel naby is
nie is sy terug om ‘n Sondag kerk by te woon en noem ‘n ander persoon Pastoor
waar ek gewoonlik daardie eer gehad het om haar Pastoor genoem te word. Sy
herken die waarheid aangaande die Sabbat en het die profesieë vir die Pastoor
gegee maar het hom nooit aanspreeklik gehou toe die waarheid in die profesieë
aan hom gewys was nie. Sy bedroef die HEILIGE GEES terwyl sy steeds hierdie kerk
bywoon waar die Pastoor vir haar gesê het dat dit in die Nuwe Testament nie meer
nodig is om die 4de Gebod te onderhou nie dat alleenlik 9 uit die Tien Gebooie
vandag van toepassing is.
Ander wat gewoonlik vennote of vriende van hierdie bediening was doen nou
dieselfde. Dit is makliker vir party om gelykvormig te word aan die mens se
manier van dinge doen aangesien dit roetine is. Ek het die hartseer gehad om
baie te verloor wat ek betroubare vriende genoem het en vennote wat ons in die
verlede gehelp het en wanneer hierdie mense so grootliks geseënd was omrede
hulle 'n seën was vir ons, was elke gebed van hulle beantwoord en wanneer ek
hulle gevra het wat hulle nou van YAHUVEH nodig het, het hulle gesê, "Niks nie,
al ons skuld is betaal deur 'n onverwagse geldelike geluk." Hierdie persoon het
gesê hulle het geweet al hierdie seëninge het gekom omdat hulle hierdie
bediening geseën het en ons beskud het teen die vyande. Hartseer om te sê maar
kort daarna het hierdie mense laat weet dat hulle nou hul tiendes stuur om ander
Jode in Rusland te help ondersteun.
Ek het gebid en Vader YAHUVEH het vir my gesê dat die duiwel hierdie familie
mislei het want YAHUVEH het hulle gestuur om 'n seën te wees vir ons ‘n
Messiaans-Joodse familie en bediening in Amerika en hulle moes ons ook beskud
teen die vyande. Die waarheid is dat hierdie familie worstel met die Sabbat
kwessie aangesien hulle Baptiste is. Ons het na hierdie mense gekyk as ons eie
vriende en familie so dit maak regtig seer, soos sout wat in 'n oop bloeiende
wond gegooi word maar ons waardeer hulle nog steeds vir dit wat hulle vir ons op
daardie tydstip gedoen het. Eendag baie binnekort sal alles wat ek onder die
salwing geskryf het gebeur en mense sal onthou hoe hulle gereageer het teenoor
die woorde wat hulle gehoor het, en ook of hulle enige iets gedoen het om
hierdie boodskapper te bemoedig of te seën en of hulle my en hierdie bediening
gespot, vermy of gesmaad het.
Sommige mense weier om YAHUVEH te soek en HOM te gehoorsaam en sal die belonings
mis, vir diegene wat gehoorsaam is aan YAHUVEH en al die Tien Gebooie, hulle sal
hulle regverdige belonings ontvang. Ja wanneer ons sonde doen het ons sonde
versoening en SY Naam is YAHUSHUA maar ons moenie opsetlik sondig nie, want ons
het nie meer die verskoning dat ons nie van beter weet nadat ons YAHUSHUA,
aanvaar het as Redder nie. Daar is Christene wat die skrifte verdraai wat sê, "Almal
het gesondig en dit ontbreek hulle aan die Heerlikheid van YAHUVEH”, om te
bedoel dat ons almal sonde doen en moenie bekommerd wees nie daar is geen straf
vir die sonde nie want die Bloed van YAHUSHUA was dit alles weg! Paulus het gesê
wees versigtig om so te dink. As ons glo dit is onmoontlik om nie die Tien
Gebooie nie te breek nie, dan word ons geforseer om tot die gevolgtrekking te
kom dat Moses gelieg het, toe hy gesê het, "Want hierdie gebod wat ek jou vandag
beveel, is vir jou nie te swaar nie en is nie ver nie. Maar baie naby jou is die
woord, in jou mond en in jou hart, om dit te doen." (Deut 30:11-14).
YAHUVEH sê: "En as Ek aan die goddelose sê: Jy sal sekerlik sterwe en hy hom van
sy sonde bekeer, en reg en geregtigheid doen dan sal hy sekerlik lewe, hy sal
nie sterwe nie. Al sy sondes wat hy gedoen het, sal hom nie toegereken word nie;
hy het reg en geregtigheid gedoen, hy sal sekerlik lewe." Esegiël 33:14-16. (Esegiël
was 'n profeet van YAHUVEH. Hy was nie 'n Christelike heidense Prediker nie, hy
was 'n Jood)
‘n Aanstoot vir sommiges, ophelderend vir ander in die Liefde van YAHUSHUA ha
MASHIACH
Apostel Elisheva Eliyahu
09/12/02