“Daar Is ‘n Koms Van Die Verandering Van Die Wagte!”
Gegee aan Apostel Elisheva Eliyahu 31 Desember 2002 Vrygestel op 1 Januarie 2003
Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle
Profesieë bygevoeg moet word van nou af:
EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva] om nie hierdie Bediening na ‘n man
of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in
jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan
het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee.
Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die
Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou
hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se
Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur
jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja 42:8)
In Julie 2010 Het YAHUVEH GOD beveel dat die volgende bygevoeg word voor elke
Profesie:
2Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY
Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat
daar geen genesing meer was nie.”
*******
Op 31/12/02 het ons (AmightyWind Bediening-span) gebid vir persoonlike antwoorde
op sommige vrae wat ons gehad het. Omdat ons nie die boodskappe sensor van ons
Hemelse Vader YAHUVEH of ons Messias YAHUSHUA nie deel ons selfs die gedeelte
wat persoonlik is. Dalk sal dit iemand anders help.
Selfs wanneer ek tereggewys word deur YAHUVEH erken ons nederig dat ons ook
foute maak en nie beter is as enige van YAHUEH se kinders nie. Hierdie is ook op
die hoorbare band so dit is hoekom ons tydens oorskrywing dit insluit op die
geskrewe oorskrywing. Ons het probeer om hierdie te plaas op die internet op 31
Desember maar ons het onder hewige geestelike aanvalle gekom en kan hierdie nou
eers vrystel. YAHUVEH het geweet hierdie sou gebeur so dit moet deel wees van SY
plan.
* * * * * * *
(Persoonlike Woord) MY Kinders, bring vir MY een vraag op 'n slag. [Elisheva] jy
jaag in so baie treë, in soveel tree. In soveel verskillende rigtings. Kan jou
voete in twee verskillende rigtings gaan of vier verskillende rigtings terselfde
tyd? Dit is hoekom EK aanhou beklemtoon een tree op 'n slag. Goed (ek wat lag)
ons sal weer vra, "Watter vraag wil U hê moet ons eerste vra Vader?" (ek het
tydens gebed en spreek in tale omtrent 4 of 5 persoonlike vrae gevra.) O Wow! [Ek
lag steeds, ons behoort altyd net die volgende tree te wil hê en ek wil twintig
hê ten minste, maar ek leer.] [Ek het begin lag en bid in tale, nie besef dat 'n
profesie voortkom nie.] Pappa God YAHUVEH wat is die volgende stap? Goed, ek
bekeer dat ek in te veel rigtings tegelyk probeer loop. Wat is die volgende stap
vandag? [Biddend in Hemelse tale] Ek hou aan om ‘n gedeelte te hoor van 'n
profesie wat U probeer voortspreek en Vader ek hoor ook ons persoonlike
behoeftes en ek raak deurmekaar omdat ek nie weet watter een U eerste wil
voortspreek nie. Hulle wag vir 'n woord om te hoor van U Vader, ons ook" (biddend
in tale). Profesie 69 kom voort.
* * * * * * * Profesie 69
Terwyl julle ingaan in die jaar van 2003 gaan die spotters en skimpers julle
omring. Hulle gaan sê, "Waar is hierdie YAHUSHUA wat jy sê wat kom?" Maar EK het
'n woord vir julle. EK herinner julle aan die spotters en skimpers wat vir Noag
omring het. Hierdie dinge moet gebeur. Dit is MY manier om die kaf te skei van
die koring. Spot MY as julle durf. Hierdie is die boodskap wat EK gee vir die
vyande, want enige vyand van julle is 'n vyand van MY. ‘n Vyand is enige iemand
wat hulself stel teen die boodskappe wat EK gee vir jou, want waarlik het EK jou
gesalf as MY woordvoerder. Wanneer die vyande spreek teen hierdie boodskappe wat
direk uit die Hemel kom, spreek hulle teen MY, YAHUVEH, en MY Geliefde SEUN
YAHUSHUA.
Dink nie dat hulle jou verwerp nie MY Dogter, want hulle verwerp MY. Want selfs
die vals profete neem hierdie boodskappe wat EK jou gee en hul bestudeer hulle
en hul kopieer hulle om hulle te laat lyk asof die woorde wat EK tot jou spreek
van hulle af kom. Moenie verbaas wees nie MY Dogter, want weet selfs die duiwel
nie dat die waarheid uit jou mond voortgaan wanneer dit EK, YAHUVEH, is wat die
woorde in jou mond sit nie. Die vervalsde verrys en die mense is mislei, sodat
hulle die woorde kan neem en hulle verdraai in dit wat EK nie bedoel het nie.
Daar is ‘n koms van die verandering van die wagte. Hierdie is in 2003 wat julle
sal sien. Die verandering van die wagte in julle polisie, in julle regering,
polities en geestelik kom dit, die verandering van die wagte. Hulle is die bose
wagte wat kom; hulle neem die beroepe weg van die wagte wat EK oorspronklik daar
geplaas het. Hulle is satan se handlangers wat julle vryhede sal wegneem en
veroorsaak dat MY Kinders sal uitroep na MY en ween en in vrees sal wees, so
baie sal sê, "O YAHUVEH waar kan ons U vind O salwing van die RUACH ha KODESH
hoekom spreek U nie?" Waar sal julle MY vind MY Kinders want hoe min kerke het
MY Gees binne-in hulle.
EK sal vir julle sê waar julle MY kan vind; dit sal ‘n persoonlike een-tot-een
wees met MY. Julle beter styf vashou aan die soom van YAHUSHUA se kleed, want
baie van julle sal deur die modder gaan, baie van julle sal deur die vriesende
sneeu gaan, baie van julle sal gaan deur die hitte van die son. Wat maklik was
vir baie van julle in 2003 sal julle moeilik vind. Vele is MY Kinders wat
luister en MY stem herken deur MY Diensmaagd maar hulle wil hier-en-daar ‘n
woord wegneem om dit gelykvormig te maak aan hulle manier van dink, asof dit MY
Woorde kon uitkanselleer en hulle ongeldig maak.
Wat EK profeteer sal gebeur! MY ware gebedsbemiddelaars het verrys en gevra vir
‘n vertraging. Julle het MY gevra, "Hoekom het hierdie gebeur met Richard Eby,
hierdie is die woorde wat EK nou het om te te sê, Richard het moeg geword terwyl
sy gesondheid agteruit gegaan het. Richard het verlang en getreur elke dag om
weer die Hemel se poort te sien. Elke dag wat hy wakker geword het, het hy
verlang om in die Hemel te wees, want julle sien MY Kinders julle gebede het die
koms van YAHUSHUA vertraag. EK het nie Richard se wil teëgegaan nie, want hy het
MY gesmeek dag-na-dag. Daar was niks meer waaraan hy verbind wou word tot
hierdie aarde nie, want hy het MY heerlikheid aanskou en hy wou dit weer hê. Nie
eens die liefde van sy familie en vriende nie, nie eens die missie wat EK hom
bestem het om te doen nie en dit was om te wag vir YAHUSHUA om te kom; nie
langer wou hy daarby gehou word nie.
Maar waarlik MY Kinders, neem kennis, skryf alles neer want die einste dag toe
hy gesterf het en voor MY aangesig verskyn het in die Hemel, neem notisie van
wat gebeur het op die aarde, want waarlik was hy 'n temperatuur, ‘n barometer en
satan weet hierdie, dit is hoekom hy sy hand gewys en gespog het voor die wêreld
ek kan nou die mens kloon. Julle sien wat in die geheim gedoen was vir jare
verskyn nou eers voor die wêreld se ore. Julle weet MY Kinders dit is waarlik
die einde wanneer die mens sê, "ek het god geword" want niemand behalwe die
groot Skepper EK, YAHUVEH, kan 'n gees en 'n siel in 'n mens sit nie, so hierdie
is siellose skeppings wat slegs onder MY toorn is. Dit is satan wat daardie
kennis gegee het om MY weereens te bespot. Maar EK sê vir julle dit MY Kinders,
niks kan gebeur wat EK nie toelaat nie.
Want diegene wat waag om te spot en te sê die hel is nie ‘n werklikheid nie, dit
is net ‘n fragment van julle verbeelding, hulle sal nie net die hel smaak nie
maar hulle sal swem in die Poel van Vuur. Vir diegene wat dit waag om die 2de
koms te bespot van YAHUSHUA, EK sê vir julle eenmaal en EK sal weer vir julle sê,
HY kom nie vir die Kerk nie. HY kom nie vir enige georganiseerde Kerk nie. HY
kom die volgende keer vir SY Bruid. En nie net enige iemand word YAHUSHUA se
Bruid genoem nie, is hulle lojaal, is hulle waaragtig, is hulle getrou. Sal
hulle kies om HOM te gehoorsaam Wandel hulle Heilig voor MY Is MY Naam op hulle
lippe daagliks Roep hulle uit in die Naam van YAHUSHUA Of gooi hulle MY Tien
Gebooie neer, vertrap hulle onder hul voete totdat hulle verkrummel in stukkies
op die grond Sê hulle vir die mense luister nie na die maniere van ouds nie want
ons doen dinge op 'n nuwe manier, ons doen dinge op ons manier?
Dit is MY teken MY Kinders, terwyl EK julle nou apart gestel het, want diegene
wat alreeds gemerk is húlle het MY seël van beskerming. Die engele het julle
gemerk vir die jaar 2003. Boosheid sal menige oorval wat hulself noem by MY Seun
se Naam en hulle sal wonder hoekom. Dit is as gevolg van hierdie rede, omdat
julle dit waag om te spot, omdat julle dit waag om dit uit te gooi wat EK
voortgespreek het, want julle kyk na die boodskapper en nie die boodskap nie.
Julle sien net 'n enkel vrou, en omdat julle nie MY gesig van toorn kan sien nie
kan julle jul woorde na haar toe slinger, maar EK wil hê julle moet weet, nie
een woord wat julle gespreek het het nie voor MY ore gekom nie terwyl julle haar
aangeval het het julle ook 'n naald in MY oë gesteek, so wanneer julle uitroep
in pyn, sal EK julle einste stemme verafsku.
Julle wat leef in praal en glorie, roem en rykdom, julle sien neer op MY Profete
en Apostels, want julle het julle mae gevoed, die beste klere word oor julle rue
gelê, julle het julle inkomste ver bo alles, julle was geseënd. Maar julle sien
julle het nie die woord swaarkry geken nie. Maar in 2003 sal julle. Dit sal die
begin wees van die swaarkry vir diegene wat dink hulle is bo MY woede verhewe.
MY woede sal op hulle uitstort. EK sal nie MYSELF weer herhaal, om vir julle te
sê hoe die aarde gaan sidder en bewe nie want terwyl YAHUSHUA nader kom het EK
reeds geprofeteer die aarde gaan sidder en bewe want selfs die aarde bewe in
vrees. O dwase man en vrou. Wanneer selfs die aarde sidder en bewe in vrees en
julle spot en ontken EK is hier.
Julle draai na wetenskap vir jul god Julle draai na die politiek om in jul
behoeftes te voorsien Dwase, Dwase, Dwase generasie! Julle draai na die kennis
van hierdie wêreld en julle ontslaan MY Boek as oud, die Boek wat gevul is met
alle waarheid en kennis, die Boek wat die Profete voorspel het. Weg, Weg, Weg
van MY af, gaan weg van MY af met julle lasterlike aanbidding terwyl julle
hierdie kerkbanke vul op Sondag en julle die ware Shabbat aanbidders wegjaag. EK
sal julle weereens wys, oordeel begin waarlik by die huis van YAHUVEH. Terwyl
YAHUSHUA weereens die geldwisselaars sal pakgee en hulle reguit by die deur
uitjaag.
Nou EK het julle gewaarsku oor ongelyk-gejukte huwelike, maar julle dring daarop
aan om vas te klou aan daardie maat. Wetende dat hulle MY einste Naam en die
Naam van YAHUSHUA verafsku, verfoei en haat. So klou vas aan julle maats. Doen
wat EK julle verbied het om te doen. Julle sien nog nie MY Kinders, dat EK die
beste het wat wag vir julle nie. Dit wat EK nie saamgevoeg het nie, dit wie se
naam nie gevind word in die Lam se Boek van Lewe nie. Dit wat jy steeds eis om
jou man of vrou te wees, hulle sal jou verkoop aan die hoogste bieër in die
komende bose tye vorentoe. Dit sal MY Kinders wees wat nie sal besef hulle was
verkeerd nie totdat hulle hul koppe verloor het.
Hoeveel van julle hardloop weg van julle roepings af En sal luister na hierdie
Apostel wat praat en sê, "Ek staan agter hierdie bediening maar ons tiendes en
offergawes sal ons steeds hou" Besef julle selfs nog nie om te praat is goedkoop
as julle nie help nie, hinder julle, nemende die woorde wat EK spreek, en julle
sal staan voor MY op Oordeelsdag en EK sal julle vra, "Het jy haar gehelp op
enige manier?"
Plae kom en as julle draai na die Regering vir beskerming, as julle draai na die
mediese gemeenskap vir beskerming, het EK reeds voorspel wat sal gebeur. Niks
kan gebeur nie MY Kinders wat EK nie eers vir MY Profete en Apostels vertel nie.
Selfs die booswigte hoog op die heuwel luister, alhoewel hulle MY nie volg nie,
bewe hulle in vrees om te weet dat EK MY geheime voortspreek wat geen mens
vertel het nie. Hoeveel van julle hardloop weg van julle roeping af Hoeveel van
julle laat ander die evangelie vertel Hoe min van julle wat selfs hierdie lees
of luister is selfs daarbuite in die oeslande of help selfs om hierdie
eindtyd-oes in te samel.
Ja, EK sal martelaars hê want net so seker as wat Stefanus se bloed in die grond
ingevloei het het daar 'n man gestaan genaamd Saulus, van wie EK sy naam
verander het na Paulus. Terwyl Stefanus se bloed gespat het op hom, terwyl hy sy
jas vasgehou het, het die salwing op Stefanus gekom oor Saulus wat Paulus geword
het. So wat sê EK wanneer EK hierdie sê ‘n Martelaar se bloed word nooit vermors
nie. Dit laat net meer Stefanusse verrys, meer Saulusse wat Paulusse geword het.
Vir MY geliefde vertrouelinge gevul met MY salwing wat na MY toe opkyk elke dag
en bid, 2003 sal vir julle seëninge inhou terwyl EK die onsuiwerhede wegbrand.
Want die beproewinge van julle geloof MY Kinders is kosbaarder as enige goud.
Leer om MY te loof MY Kinders, ongeag wat jou lewe inhou.
EK hoor die gebede van diegene wat na MY toe kom met 'n dankbare hart. Hierdie
is die gebede wat MY behaag. Net soos in die dae van Moses is hierdie die
Kinders vir wie EK sal voorsien en voed. So hierdie boodskap is nie vir diegene
wat spot en skimp nie. Hierdie boodskap is nie vir almal nie, slegs diegene met
geestelike ore om te hoor, slegs diegene met geestelike oë om te sien sal MY
stem hoor spreek.
EK stuur hierdie woord uit na Israel, EK stuur hierdie Apostel na julle toe om
vir julle te sê, pasop vir diegene wat kom as ‘n vriend, hulle hand is in jou
sak, hulle sakkerol jou. Met hulle ander hand is daar 'n dolk en hulle sê, "Doen
wat ek vir jou sê om te doen", maar EK plaas jou in herinnering Israel, as julle
net sal uitroep na die God van Abraham, Isak en Jakob, EK, YAHUVEH. As julle net
sal ophou luister na die rabbies wanneer hulle vir julle sê om nie MY Heilige
naam te spreek nie. Want EK het MY Gesalfdes wat sit daar reg binne-in Jerusalem
gevul met MY RUACH ha KODESH. Hulle aanvaar YAHUSHUA as die MESSIAS en hulle
roep en bemiddel tot MY. Dit is hoekom Israel gespaar was tot dusver. Want
alhoewel jy Israel eens die appel van MY oog was, het jy ook nou 'n wurm binne-in.
Israel nie langer kan die wêreld na jou kyk in Heiligheid nie. Want jy het die
aborsies, jy het die homoseksuele, jy het pornografie, daar is geen sonde wat
nie vir Israel deurtrék het van binne nie. Fariseërs regeer nou jul regering en
tog het hulle nie eens die gedaante van goddelikheid nie. EK gaan oordeel in
2003 die state, die nasies wat lyk soos ‘n Sodom en Gomorra vir MY. EK gaan nie
eens spreek wat gaan gebeur in 2004 nie, want as julle gedink MY oordeel het
neergekom in 2002 en die wêreld hou hul asem op vir 2003, sou die woorde so
vreesaanjaend wees selfs hierdie Apostel sou te bang wees om te praat.
So aan MY geliefdes EK het hierdie boodskap vir julle. Neem een tree op 'n slag,
neem een dag op 'n slag, want voorwaar in 2003 vernaamlik is hierdie al wat
julle kan hanteer. Luister na MY, luister na MY Woorde, leer om MY te soek vir
jouself. Die woorde wat EK voortspreek uit hierdie diensmaagd sal EK weereens
bevestig. Neem enige iemand selfs notisie hoe vinng dinge gebeur nadat die
woorde gespreek is uit hierdie mond. Dit is omdat dit nie net 'n blote vrou se
woorde is nie; dit is die Groot God “EK IS!”
Weer sê EK, julle sal mekaar nie ken deur mekaar se naam nie. Julle sal nie
omgee oor mekaar se verlede nie. Julle sal jul ware familie herken van YAHUVEH
en YAHUSHUA deur die salwing wat binne-in is. Veral met die Apostels en Profete
praat EK, EK het julle eenkant gesit want julle neig jul ore tot MY, 24 uur per
dag vra julle MY, "O Vader God YAHUVEH watter woorde wil U sê" Julle het jul
liggame 'n Tempel gemaak van Opoffering. Julle was gewillig om vervolg te word
vir MY Seun YAHUSHUA se onthalwe. Moenie dink dat EK enige iets as
vanselfsprekend aanvaar het, van al die opofferings wat julle maak nie. Groot,
groot, groot sal julle belonings wees in die Hemel, maar EK sal nie vergeet om
julle net hier te seën op aarde nie. Niks het julle opgeoffer wat EK nie 7
voudig sal vervang nie maar dit is waar MY Kinders dit kom met vervolging terwyl
jy die spotters en skimpers terwyl jy diegene wat jou lewe bedreig aanskou.
EK het die een gesalf wat praat. Hulle sal weet waarheen om te gaan en wat om te
doen, vernaamlik in hierdie jaar van 2003. EK sal nie dat hulle julle op ‘n
dwaalspoor te lei nie; dit sal wees net soos in [Elisheva] se droom. (sien
Missiel-Droom). (Ek het ook 'n droom gehad jare gelede waar ons 'n groot konvooi
voertuie padlangs gelei het te veel voertuie om te tel, ons het onlangs 'n
openbaring oor die droom gehad maar dit is nie nou die tyd om dit te deel nie.)
(Sien ook die Meteoriet-Droom.)
Want die waarheid was voortgespreek uit hierdie bediening. Daardie waarheid is
wat gaan red, want die waarheid kom in YAHUSHUA se Naam. Vir die van julle wat
hierdie profesieë kopieer en optree asof dit is EK, YAHUVEH is, deur jou mond
wat spreek, julle sal die prys moet betaal vir die salwing wat sy betaal het,
net EK sal dit vermeerder een honderd duisendvoudig. Want julle het iets gesteel
en het nie die prys betaal nie, soos EK vir MY Diensmaagd gesê het, hoe groter
die salwing, hoe groter die opoffering.
So MY Kinders terwyl julle ingaan in die jaar 2003 diegene wat EK waarlik noem
MY geliefde Kinders, Babas, Bruid, Uitverkorenes en noukeurig Uitgesoektes, hou
julle net aan om op te kyk na MY. Hou julle net aan om MY Woorde te aanskou. Hou
julle net aan om te gehoorsaam en te glo en jul geloof sal julle nie net
heelmaak nie, julle geloof soos julle aanhou om geestelik te groei sal behaaglik
wees vir MY. Roep MY Naam aan wanneer julle die aarde voel sidder en bewe. Roep
die Naam van YAHUSHUA aan (sommige noem hom JESUS), die enigste Naam wat kan
red. Plaas MY in herinnering van Psalm 91 sodat plae nie naby julle woning kom
nie; versteek MY Woord in jou hart, sodat dit nie net 'n Boek is nie maar van
jou liggam ‘n deel. EK het julle lief MY Geliefdes. Bruid maak gereed want jou
Bruidegom kom. Diegene wat nie gevoel het hulle kan die prys van 'n Bruid betaal
nie, in plaas daarvan net vir haar kyk en ween. Dit is waar MY Kinders daar is
maar een Bruid. Gehoorsaamheid is beter selfs as opoffering.
Richard Eby het nie gelieg nie. Hy het net moeg geraak oor die sondes van
hierdie wêreld. Hy sal beloon word vir die jare wat hy spandeer het maar hy het
nie die missie voltooi van wat EK hom gestuur het nie. Stel jou geloof nie in
enige vrou of man nie, maar staan alleenlik in MY, YAHUVEH en YAHUSHUA. Stel
julle geloof in die woorde, die woorde in MY Heilige Boeke, dit is hoe julle
weet YAHUSHUA kom weer. Die mens kan misluk selfs wanneer EK hulle terugstuur op
'n missie. Julle sien MY Kinders, EK het hom toegelaat om te misluk, om nie
daardie missie te voltooi nie. Om julle almal 'n les te leer sal julle geloof
steeds bly Vir die van julle soos MY Dogter wat gebid het dat Richard Eby weer
lewendig moet word, hy het nie gekies om terug te kom aarde toe nie.
Julle het die waarskuwing; hy was die temperatuur en barometer op die einste dag
wat hy gesterf het. Terwyl julle aanskou hoe die Sodoms en Gomorra's voortspreek,
terwyl julle die bose sien verrys het. Tel nou af tot Oordeelsdag. Verdoeming
vir MY vyande en julle s’n, alhoewel hulle dink hulle is die koppe, is hulle
waarlik minder as die stert. Die koms van die veranderende wagte MY Kinders,
diegene wat posisies beklee vir so lank, diegene wat julle wette geskryf het,
bevind hulself nou sonder ‘n werk. Treur en huil MY Kinders, terwyl julle die
verandering sien van die wagte. Want diegene wat Heilig was sal vervang word en
word vervang met diegene wat onheilig is. Diegene wat julle kon vertrou, hetsy
dit jou bankier of polisieman is, jou posman, die wagte verander. Julle dokters,
die wagte verander. Julle regerings die wagte verander. Julle Geestelike leiers
pasop vir die verandering van die wagte.
O maar julle sien o vyande van MY. Pasop vir die verandering van MY Wagte. EK
posisioneer diegene met ‘n groter salwing. Diegene wat nederig is voor MY
aangesig. Hulle is MY geheime versteektes; hulle weet hoe om MY Woorde en MY
aangesig te aanskou. Hulle staan in die gaping, hulle roep uit in YAHUSHUA se
Naam. Aan die vyande van MY reg rondom hierdie wêreld, Pasop vir MY verandering
van MY Wagte. Want hulle het net Heiliger geword. Hulle het net meer vasberade
en onverskrokke geword. Hulle sal Heiligheid preek en hulle sal hierdie wêreld
bestraf. So pasop vir die verandering van MY Wagte wat geklee is in MY volle
wapenrusting (Efesiërs 6), wat nie na julle toe kom in hulle naam nie maar kom
in die Naam van YAHUVEH en YAHUSHUA. Wat nie wapens dra van oorlogvoering wat
vleeslik is nie, maar MY verandering van MY Wagte het die geestelike wapens wat
nog ongekend is.
Hulle het die arsenaal van die ganse Hemel en al wat hulle hoef te doen is om
uit te roep na MY in YAHUSHUA se Naam. Hulle gaan julle verandering van die
wagte beskaamd laat. So spot MY as julle durf. Terwyl julle booswigte julle
wagte verander, want pasop EK sê vir julle MY vyande, EK het ook MY Wagte
verander. Hulle is wie julle die minste verwag, die geringste van die mans en
vroue en selfs Kinders. EK spreek voort tot hulle nie net deur profesieë wat
gebeur nie maar ook in drome en visioene. Hierdie gawes gaan net sterker word
terwyl EK MY Wagte verander wie EK bevorder gooi EK ook uit.
Pasop Kerke wat gewaarsku was die Verandering van die Wagte het gekom en hulle
sit in julle einste kerkbanke en hulle konfronteer die onheiligheid in julle,
die ongehoorsaamheid in julle. EK is dieselfde YAHUVEH en EK verander nie, nie
vir enige iemand nie. MY woorde keer nie leeg tot MY toe terug nie, nie vir
enige iemand nie. Omdat MY dogter ingetree en gehuil het en gebid het voor MY
toe sy gehoor het van die dood van Richard Eby, omdat so baie van julle geskryf
en gevra het en soveel meer nog wil skryf en vra, "Het Dr. Richard gelieg vir
my?" Nee hy het nie. Sy enigste sonde was dat hy ongeduldig en moeg geraak het,
maar EK fouteer hom nie.
*******
So was dit gespreek hierdie dag op 31 Desember, die laaste dag van 2002. YAHUVEH
en YAHUSHUA wees asseblief genadig oor ons terwyl ons in die jaar 2003 ingaan.
Ophelderend vir sommiges, ‘n aanstoot vir ander in die Naam van YAHUSHUA ha
MASHIACH.
Ek bly julle Suster Apostel Elisheva Eliyahu
Dit het geeïndig 6:45 in die oggend. Einde van profesie. Verduideliking volg.
* * * * * * *
Ek was wakker gemaak 5:00 die oggend en YAHUVEH het vir my gesê om SY aangesig
te soek, om te kom voor SY TROON en bid. Terwyl ek begin het om dit te doen, het
ek gesê "Ek moet in tale bid so ek sal sitkamer toe gaan." Ek het begin bid...
Dit is hoekom hierdie woord voortgekom het- pleitend en biddend en ek het ‘n
hele lys dinge in gebed geneem soos die behoefte aan ‘n RV, wat die reisende
toevlugs-oord moet wees, waarvoor ons glo in geloof, en al ons persoonlike
behoeftes, en ek het te veel vrae op een slag gevra. Soos julle kan sien was ek
voor die hele wêreld tereggewys. Want die eerste ding is hierdie boodskap moes
na vore kom. YAHUVEH het vir ons gesê dat dit die eerste ding is wat ons
veronderstel was om te soek. Ek is heeltemal eerlik met julle ek sê vir julle
ons het geen idee gehad dat hierdie woord voortkom nie. Ons het geweet nog ‘n
boodskap was oppad want gister op 30 Desember was die okkultiese aanvalle wat
teen my gekom het, heel moontlik die sterkste tot dusver. Maar soos julle kan
sien is die geveg YAHUVEH en YAHUSHUA s’n en die Oorwinning is ons s’n. Want
vandag het die nuwe woord na vore gekom, om te bemoedig, te bestraf en hopelik
om geloof te bou in diegene wat geloof nodig het, en vir diegene wat nodig het
om te bekeer om op hul aangesigte te val en te bekeer en ‘n nader verhouding en
wandel te soek met YAHUVEH en YAHUSHUA voor dit te laat is, en dit hulle koppe
kos.
Kopieer asseblief en waarsku ander en stuur aan ander webwerwe en tree asseblief
in vir ons in gebed. Asseblief oorweeg dit biddend of julle vennote moet word
van hierdie bediening waar ons sal deel in dieselfde belonings.