Profesie 7
Hou Styf Vas Aan Die Soom Van My Kleed!
Gegee aan Profeet Elisheva Eliyahu
Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle
Profesieë bygevoeg moet word van nou af:
EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva] om nie hierdie Bediening na ‘n man
of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in
jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan
het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee.
Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die
Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou
hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se
Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur
jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja 42:8)
In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook gesê dat die volgende vanuit 2 Kronieke
bygevoeg word voor elke Profesie:
2 Kronieke 36:16
“Maar hulle het die Boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY
Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat
daar geen genesing meer was nie.”
* * * * * * *
Dit is nie meer genoeg om net die Soom van MY Kleed aan te raak nie. Hou aan om
aan MY deur te klop, en as die antwoord nie vinnig genoeg kom nie, hamer. As
julle moeg raak, hou aan om te vra, te soek en julle sal vind, maar moenie ophou
tot julle van die Hemel hoor nie.
Want, MY Kinders, EK het vir julle brood belowe en nie die krummels van hierdie
wêreld nie. Want julle sien, oordeel het na die huis van YAHUVEH gekom en dit is
nie so maklik soos raak MY soom aan, of klop saggies vir julle antwoorde nie,
julle beter voorbereid wees, dit mag 'n worsteling kos vir julle seëninge, soos
Jakob. Maar dit bewys slegs julle geloof en maak dit sterker, wat nodig is in
hierdie eindtye. So hou aan om te sê, geen krummels meer nie. Dit sal julle nie
ontsê word nie. Want julle is die Bruid van YAHUSHUA ha MASHIACH wat met Bloed
gekoop is.
EK sal julle antwoord en verlos. EK lieg nie. Want julle is nie die krummels van
hierdie wêreld belowe nie, maar die Brood van Lewe, die kinders se brood van
genesing, verlossing, voorspoed, lewe in oorvloed en vol van heerlikheid. Want
YAHUSHUA is julle Brood van die Lewe en EK wil sien of julle MY nogsteeds sal
eer en aan julle geloof vashou, alhoewel EK nie dadelik antwoord nie. EK is nie
altyd 'n mikrogolf-GOD nie.
Ja, EK weet van mikrogolwe, wie dink julle het vir julle die uitvinding gegee?
Julle het die skrifte om op te staan, lees Matt 15: 22-28 van die Kananése vrou
se geloof. Sy het YAHUSHUA aanbid, tog het HY haar geignoreer en toegelaat dat
die dissipels haar bestraf, haar 'n hond noem en gesê het dat die seëning vir 'n
ander was en nie vir haar nie. Julle sê, "Hoekom YAHUSHUA, hoekom het U al
hierdie dinge gedoen?" Omdat in hierdie laaste dae, sal al hierdie dinge met MY
mees betroubare volgelinge gebeur, hulle wat MY aanbid, dit sal deur ander in MY
NAAM gedoen word.
Julle sal beledig, verwerp, vervolg word, maar as julle aanhou om vas te hou aan
julle geloof, alhoewel EK nie dadelik verlos nie, dan sal julle net soos hierdie
Kananése vrou beloon word. Want EK sal sien hoe groot julle geloof is. Want in
hierdie eindtye berei EK MY Liggaam op hierdie manier voor, wanneer EK weer kom,
hoeveel sal aan hulle geloof vasgehou het? Hoeveel sal wegdraai wanneer hulle in
gebed uitgeroep het vir 'n behoefte en EK het nie dadelik geantwoord nie?
Jy moet vir hulle vertel om bereid te wees om met MY te worstel vir hulle
seëninge net soos Jakob gedoen het. Want EK begeer om te seën. EK wil slegs
toets en kyk hoe ernstig julle hierdie seën soek. Sal julle MY steeds aanbid as
EK nie dadelik antwoord nie? Dit is nie MY kastyding wat dit veroorsaak nie,
want die vrou het aan MY voete neergeval en MY aanbid. Julle aanbid by MY voete.
Maar oordeel het begin by die huis van YAHUVEH en een van die dinge wat EK toets,
is hoe sterk is julle geloof?
Hoe lojaal en hoeveel sal julle op MY staatmaak? Net soos die Kananése vrou, sal
julle geloof en lojaliteit beloon word want julle sal dit wat julle begeer,
aanskou, en EK sal MY seëninge selfs meer oortreflik en meer oorvloediglik
neerstort soos 'n rivier wat oorloop. Julle sal soveel vreugde hê en EK sal
julle so baie seën dat julle verplig sal wees om vir ander ook te gee. Hou styf
vas aan die soom van MY kleed. Moenie laat los nie. Hou aan om te klop totdat
die deur oopgaan na julle seëninge waarvoor julle gevra het. EK sal uiteindelik
antwoord. Moenie op julle eie insig staatmaak nie, maar ken MY in al julle weë
en EK sal julle paaie gelykmaak.
Onthou, die beproewinge van julle geloof is kosbaarder as goud. Hou julle oë op
julle Verlosser en nie op die ontstuimigheid van die see nie, anders sal die
golwe julle verdrink. Maar EK is hier om julle te red. Want EK is julle Redder
en Verlossser, is EK nie? EK sal julle nie begewe of julle verlaat nie. EK weet
hoeveel druk EK op die klei moet sit voordat dit breek, hoeveel hitte julle moet
deurstaan voordat julle verteer word. Die golwe van vertwyfeling sal julle nie
verdrink nie. Want EK is hier om julle te red en te verlos, nie net julle siele
nie, maar julle verstand, liggaam en Gees. Vertrou MY en julle sal dit sien
gebeur. Onthou dan wie julle verlos het, dit was nie 'n man of vrou nie, maar
julle GOD wat julle geskape het.
Tog is dit EK wie julle geroep sal antwoord, want EK weet wat julle nodig het,
voordat julle selfs vra. In die geestelike realm is dit volbring, maar julle
moet wag vir MY perfekte tydsberekening om in die fisiese realm te manifesteer.
Julle geloof dra by om dit te laat gebeur. Sê MY Woord nie, sonder geloof is dit
onmoontlik om YAHUVEH te behaag, nie? Julle behaag MY deur julle geloof te wys
in 'n GOD wat omgee en alles hoor en weet.
Julle bewys julle geloof as julle besef julle kan julle self nie verlos nie,
maar MY nodig het, julle Verlosser om julle te verlos, en EK sal. Want is EK nie
julle Meester en Verlosser nie? Is die GOD wat julle dien, doof? Nee. Is MY arm
te kort om julle te verlos? Nee. Word julle geloof getoets? Ja. Begeer EK om
julle te seën? Ja. Sal julle een van dié wees wat stewig vashou aan die soom van
MY kleed en wat sal aanhou klop? Sal julle een van die wees wat staan en wag vir
MY bevryding en die seëninge wat ek julle belowe het? Dit is julle keuse. EK het
op hierdie dag deur hierdie Diensmaagd gespreek, sodat julle sal verstaan hoekom
sommige beloftes nog nie in vervulling gegaan het nie. Hou aan om vas te hou aan
die mate van geloof wat EK vir julle gegee het en julle sal spoedig verlossing
aanskou.
Gegee aan Profeet Elisheva Eliyahu
* * * * * * *
Hierdie is die jongste profesie wat aan my gegee is om aan te gee en YAHUVEH se
Skape te voed. Hou stewig vas aan die soom van SY kleed. Alhoewel my lang blonde
hare in die modder sleep terwyl HY deur die skare beweeg, is my aangesig opgehef
na SYNE, en ek gaan nie laat los nie. Wanneer julle hierdeur gaan, en ek moes
dit lees toe ek dit gedoen het, om dit te ontvang sodat ek hierdie aan andere
kon deurgee wat wou weet hoekom hulle gebede nie dadelik beantwoord word nie.
Is YAHUVEH doof? Nee. Is SY arm te kort om ons te bereik? Nee. Soos YAHUSHUA
gesê het, ons geloof word getoets, nie 'n aangename ervaring nie, is dit? Maar
nodig om te groei. Op die oomblik is ek, nes Jakob, besig om met GOD te worstel
totdat HY my seën met die bevryding wat HY my belowe het. Maar ek het grond
onder my voete en ek het vir my Meester YAHUSHUA gesê dit sal my nie geweier
word nie, want HY het vir my belowe, geen krummels meer nie. Die wêreld gee
krummels, maar vir ons is die Brood van die Lewe belowe, die kinders se brood
van genesing, verlossing en voorspoed. Ons is lewe en lewe in oorvloed belowe.
MY kneukels is seer van die gehamer. My gesig is dof van geween. Maar ons moet
volhard. Wanneer YAHUSHUA weer kom, hoeveel sal HY vind wat nog geloof het? Ek
wil by daardie getal getel word, wil jy nie ook nie?
'n Gebroke erdekruik in diens van die Meester, Verlosser YAHUSHUA ha MASHIACH.
Maar 'n magtige kryger in YAHUSHUA, Pastoor Elisheva Eliyahu. So as julle nog
nie getoets is deur 'n gebed waarvoor julle al so lank wag en dit nog nie sien
gebeur nie, (ek het 21 jaar gewag) dan sal julle nie verstaan waarvan ek praat
nie. Maar ek is gestuur na hulle wie se gebede nog nie vervul is in die fisiese
realm nie, alhoewel dit in die geestelike realm belowe was. Dit is hoekom
YAHUSHUA selfs in hierdie eindtye gesê het, "Sal HY geloof vind wanneer HY
terugkom?" Ek moet die mense waarsku. Nou moet julle die mense waarsku. Sodat
hulle sal verstaan en nie opgee op YAHUSHUA en terugdraai na die wêreld vir
antwoorde of na die gees van die antichris draai nie.