Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle
Profesieë bygevoeg moet word van nou af:
EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva] om nie hierdie Bediening na ‘n man
of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in
jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan
het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee.
Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die
Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou
hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se
Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur
jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja 42:8)
In Julie 2010 Het YAHUVEH GOD beveel dat die volgende bygevoeg word voor elke
Profesie:
2 Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY
Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat
daar geen genesing meer was nie.”
*******
Geliefde familie in YAHUSHUA,
Hierdie profetiese waarskuwing het gekom, toe ek gebid het nadat ek die Bill O'
Reilly nuuskommentaar gekyk het. Selfs hy het die vrees vir God vir dit wat
gebeur met die Christelike simbole wat verwyder word van die "Los Angeles County
Seal" af. Hierdie nuutste profesie sal vir hom gestuur word en ons vra ander om
dit ook na hom toe te stuur met oornag pos sodra dit geplaas word. Miskien sal
hy YAHUSHUA en SY beskerming aanvaar terwyl hy dit lees. Bid asseblief dat hy
sal. As sy naam geskryf is in die Lam se Boek van Lewe voor die grondlegging van
die wêreld, dan sal hy dit doen. Dalk sal hy selfs hierdie profetiese
waarskuwing lees oor die lug.
Mense kan my maar soveel spot as wat hulle wil solank ek weet dat ek die mense
gewaarsku het. Soos Esegiël 3:17-21 sê, sal hulle bloed nie op my hande wees nie.
Vader YAHUVEH is so kwaad toe hierdie boodskap gelewer was dat daar
verduidelikings moet wees in byna elke sin. Totdat die audio-band nie vrygestel
word nie is daar geen manier om die stemtoon oor te dra wat VADER YAHUVEH deur
my gespreek het nie 'n stem van woede vir SY vyande en liefde vir SY geliefde
Kinders. Ek moet byvoeg, ek het aanhoudend 'n visioen gesien van 'n mond wat
wyd-oop geforseer word met 'n groot tregter binne-in gesit en 'n groot hand het
bloed in die keel afgegooi. Ek is net ‘n boodskapper. Moet asseblief nie die
boodskapper stenig nie.
*******
OORDEEL! OORDEEL! OORDEEL!
OORDEEL! OORDEEL! OORDEEL! Julle wat nie die gestorte bloed van YAHUSHUA ha
MASHIACH wil aanvaar nie. EK praat met al diegene wat MY spot. EK praat met al
diegene wat MY laster. EK praat met al diegene wat MY SEUN YAHUSHUA verwerp,
julle wat nie die gestorte bloed wil ontvang wat vir julle gestort was nie, dan
sal EK bloed afgiet in julle kele. EK sal julle swelg met julle eie bloed. EK
sal julle swelg vir die sondes wat julle gedoen het in Amerika alleen!
Dink nie die ander nasies van hierdie wêreld het MY nie mishaag nie. Want
hierdie profeet is van Amerika, so EK sê, EK spreek die oordele voort wat sal
kom na Amerika toe. As sy van Duitsland was, sou EK die Oordeel op Duitsland
voortgespreek het. As sy van Australië was, sou EK die Oordeel voortgespreek het
gereserveer vir Australië. As sy van Kanada was, sou EK die Oordeel
voortgespreek het gereserveer vir Kanada want daar is nie een nasie op die
aangesig van hierdie aarde waarvoor EK nie Oordeel gereserveer het nie.
Bloed sal in julle strate vloei. Bloed sal tot by julle eie kuslyne kom. Kwale,
siektes en krankhede dit, wat julle nog nooit vantevore eers van gehoor het nie,
sal oor MY vyande kom, diegene wat verklaar het hulle is MY vyande. So julle wil
MY simbole vat van enige iets Heiligs buite jul sig, af van die seëls af, uit
die ede, af van die vlae af. Julle wil MY uitsit uit julle nasies, EK sal julle
wys, EK sal julle swelg met julle eie bloed.
Omdat julle dink daar is niks verkeerd daarmee om 'n baba te vermoor terwyl
hulle nog in die ma se baarmoeder is nie sal EK julle eie babas doodmaak, EK sal
hulle slag voor julle. Deur die hand van Almagtige Lewende YAHUVEH, EK sal julle
wys EK is 'n God wat nie gespot word nie. Omdat julle MY gespot het vir MY
genade, sal julle nou baie spoedig sien daar is geen genade meer nie. EK sal nie
om verskoning vra vir Sodom en Gomora en die ander stede rond-om nie. EK sal nie
om verskoning vra vir Ninevé nie, want julle sondes is selfs groter nog as almal
van hulle s'n saam! Die stank van julle sondes bereik MY neusgate. Hoe min
verootmoedig hulself en val op hulle aangesig. O, as dit nie was vir die Bloed
van YAHUSHUA ha MASHIACH nie, sou EK julle almal uitwis uit die mensdom.
O maar EK het 'n klein klompie, o so baie min, wie EK MY Kinders en MY skat noem,
wat huil en ween voor MY, wat sê, "Laat hierdie sonde nie teen ons gereken word
nie" En net so seker soos EK Noag en sy familie gespaar het, net so seker soos
EK Lot en sy familie gespaar het behalwe een, net so seker sal EK 'n manier van
ontvlugting voorsien, 'n manier om te seën, 'n manier om MY geliefdes weg te
steek. Gaan en versteek julself, MY Kinders. Julle beter inkruip onder die
beskutting van MY Vlerke; julle beter seker maak die gestorte Bloed van YAHUSHUA
bedek elke sonde. Want MY woede is magtig, so magtig soos MY Naam en die Groot
Verdrukking wat gaan kom is nie so baie ver weg nie.
Julle wil oorloë begin teen diegene wat nie oorloë aangehits het nie. Julle wil
hulle vertrap onder-voet net omdat julle kan. EK het die wapens gesien van die
mens maar hulle kan nie vergelyk met die wapens van die Hemel nie. Julle spot
oor ‘n film genaamd, "Passion of the Christ", nou spot julle ook nog 'n ander
film, (The Day After Tomorrow), wat julle vooruit vertel, want EK het dit in die
gedagte van 'n heiden gesit om vir julle die Oordeel te wys wat gaan kom. En
julle politici verrys en sê, "Moenie luister nie, hierdie is belaglik, hierdie
sal nie gebeur nie!", maar wie is hulle om te sê? Hoe weet hulle waar EK die
reën wegbêre? Hoe weet hulle waar EK die winde wegbêre?
O, hulle het hul mensgemaakte masjien wat hulle sê die weer kan beheer, maar EK
is EK en EK alleen sal wys wat EK doen met daardie masjien! EK sal die einste
snare breek van hulle HAARP! EK sal diegene beskaam wat hulself wys ag. Want is
EK nie die outeur van alle wysheid nie en julle het niks geskape nie, dit is EK
wat die uitvinder is. EK alleen is die Skepper en EK sal julle wys wat EK doen
aan die wapens van massa vernietiging, want julle sal verwoesting sien uit die
Hemel net so seker as wat Sodom en Gomora en die sewe stede het.
So julle wil MY bespot? Nou sal EK julle wys wat gebeur wanneer EK die Skepper
julle spot. Die instelling van die huwelik was geskep sodat ons een sou wees.
Dit was vir seker nooit geskep vir dieselfde geslagte om een te wees nie. Julle
bespot selfs die instelling van die huwelik. Orkane sal kom wat onproporsioneel
is, soos nog nooit gesien vantevore nie. Tsunami golwe sal oor die kuslyne spoel,
hulle sal MY trane wees. Die aarde sal skud in golwe regoor die wêreld
terselfdertyd. Terwyl julle oë op die hemelruim vasgenael is, sal julle
verskrikking sien terwyl satan kom in vermomming. Want julle is op ‘n
botsings-koers en julle sal MY woede maai want EK is die God YAHUVEH Almagtig
daar is maar een.
As gevolg van die genade van MY Seun het EK MY raserny teruggehou. Wanneer julle
sien een nasie onder God, gaan die laaste van die seëls, sal julle waarlik selfs
die woord, die generiese woord God uit julle nasie uitgegooi het. Julle laat toe
dat 'n eksklusiewe klompie, hand-geselekteer deur satan die een vryheid na die
ander wegneem. Julle bly stil en tog kom julle na MY toe en bid? Die vyand bly
nie stil nie, die vyand brul en maak dit self bekend terwyl satan rondgaan soos
'n brullende leeu soekend wie hy kan verslind. So vir diegene wat nie hul sondes
weggewas het in die gestorte Bloed van YAHUSHUA nie, vir diegene wat nie MY en
MY Seun, eerste gemaak het in hulle lewe en liefde nie, julle sal hierdie
onheile sien kom.
O julle sê dat EK knipoog vir hierdie sonde of daardie sonde oorsien, sekerlik
gee God nie om nie. As jy van beter weet en jy hou aan verskonings te maak,
nikswerd woorde te sê wat EK nie eers hoor nie, sal EK jou wys EK is 'n jaloerse
God. Enige iets wat jy voor MY stel het jy n God gemaak.
OORDEEL, OORDEEL, OORDEEL selfs die einste woord Oordeel sal julle sien julle
hooggeregs-hof van Amerika, sit daar bo-op 'n heuwel so vroom maar EK alleen is
die Regter en een-vir-een sal hulle afgehaal word, want hulle het hul vuiste
gebal vir die Almagtige Lewende YAHUVEH met geen vrees. Ek sê vir julle dit MY
Kinders, die agenda van satan het hier begin. Die antichris-sisteem is opgestel
net wagtend vir die regte tyd en seisoen vir hom om te verskyn. Julle was
gewaarksu, MY Kinders. Kruipweg vir 'n klein rukkie. Wanneer EK vir julle sê om
te beweeg, moenie bevraagteken hoekom nie. Moenie uitstel nie anders sal julle
nie veilig gehou word nie en dan sal julle na MY toe kom en MY vra hoekom.
Amerika EK het die laaste oordeel gereserveer vir jou. Jy kyk rond-om hierdie
wêreld terwyl jy een nasie na die ander vat maar MY oog is op jou. EK sien jou
hart, die harte van jou politici, die bloedgeld wat verwissel word, die dood van
die soldate, die vrouens en die mans hulle sterf tevergeefs, hulle ly tevergeefs,
want hulle het trou gesweer aan 'n Land wat MY nie verteenwoordig nie. O, julle
ander nasies wat luister na hierdie woord, dink julle is nie beter af nie, want
weer sê EK EK reserveer MY Oordele, en julle eie profete praat, want julle is
niks beter nie, dit is net omdat Amerika meer astrant is in hul goddeloosheid.
Want hulle het hul vrees verloor vir hul Skepper, die een wat hulle apart gestel
het.
EK spreek nie hierdie waarskuwing tot MY Kinders nie; EK dreig nie MY Kinders
nie, diegene wat MY geliefdes is, diegene wat MY Babas, Bruid, Uitverkorenes en
noukeurig Uitgesoektes is nie. Julle hoef nie bang te wees vir die woede van
julle Vader nie solank julle doen wat EK vir julle sê om te doen. EK sal julle
veilig hou, EK sal julle weggesteek hou onder die beskutting van MY vlerke, dit
is in daardie salwing wat julle binne-gaan.
Die Stad van sonde is die eerste grimmigheid om binne te kom, om 'n klein
kruisie weg te neem van die seël af. Dit wys jou die mag van die kerke in
daardie Staat. Hulle het 'n vorm van Goddelikheid, geen begeerte vir
Goddelikheid nie, geen Goddelikheid van binne nie. Diegene wat in daardie Kerke
is waar die pastore stilgebly en toegekyk het, het nie eens 'n gebed geoffer nie,
het nie die gemeente aangesê om te vas en te protesteer nie. Julle is hoere,
julle is hoere voor MY aangesig, julle het julself verkoop aan die hoogste prys
wat sal julle nie doen vir daardie belastingvrystelling-status nie, wat EK reeds
geprofeteer het weggestroop sal word. O, maar julle verlang net na die dag wat
julle kan voortgaan om dit te doen op julle manier. EK het die mense aangesê om
te vlug uit hierdie Kerke van Babilon. Maar steeds hou hulle aan om die Kerke te
ondersteun, pamperlang hierdie pastore, maak seker te maak hulle het die rykdom
gereserveer vir die goddeloses. Hulle is niks meer as kerkbank-verwarmers nie en
EK sal hulle aanspreeklik hou, want hulle het nie gevlug nie, in plaas daarvan
hou hulle aan om die werke te ondersteun van satan wat 'n vervalsing is voor MY.
So Amerika, EK profeteer deur hierdie diensmaagd want sy is van Amerika, maak
jou mond wyd oop want diegene wat nie die gestorte Bloed van YAHUSHUA ha
MASHIACH aanvaar nie, met julle eie bloed sal EK julle verswelg! En daar is nie
een persoon wat nie instaat sal wees om te sê, wanneer die verwoesting kom in
golwe "Dat ek hierdie of daardie een ken wat gesterf het" nie. EK het jou
gewaarsku Amerika, jou profete het jou gewaarsku. EK het waarskuwing op
waarskuwing voortgespreek uit hierdie diensmaagd baie jare tevore. Regoor die
wêreld bid hulle, "Wat het hierdie profeet om te sê?" Hoeveel keer moet EK
MYSELF herhaal want julle ore is bot, hulle is vol was, julle is hardhorend.
Julle het nie eens gehoorsaam wat EK gesê het nie nie en tog roep julle uit,
"Gee vir my nuwes!" Hierdie is net ‘n klein voorbeeld.
Nou gee EK 'n nuwe waarskuwing vir julle. Vir die wat glo in die wederkoms van
YAHUSHUA, julle gebruik die woord wegraping, die wegvoering van MY getroue Vroue
en Mans en Kinders. EK waarsku julle nou, PASOP MY KINDERS vir ‘n VERVALSTE
WEGRAPING bedink deur diegene wat julle vertrou. Wanneer hulle sê, "Jesus is
hier", wanneer hulle sê, "Jesus is daar, kom en ontmoet ons daar". (Mattheus
24:23-24). Pasop MY Kinders vir die HOLOGRAM in die lug, wat satan sal wees wat
kom in vermomming. Want nuwe wapens sal julle afmaai. Want diegene wat nie
luister nie, want hulle wat nie weet nie, hulle sal verdamp word, hulle sal niks
meer as rook wees nie. Want julle hoef nêrens heen te gaan vir YAHUSHUA om te
kom nie, MY Seun sal kom waar jy is.
Pasop MY Kinders vir die BLOU STRAAL WEGRAPING "BLUE BEAM RAPTURE", wat geen
wegraping is nie, want dit is boosheid om weggeneem te word, wanneer hulle
gedink het hulle kom om die aangesig te aanskou van Jesus. EK het hulle
toegelaat om mislei te word, want as jy waarlik van MY gehoor het, sou jy jou
woord ken, jy sou weet selfs die einste uitgesoektes sou mislei word. Hierdie is
die plan, hierdie is die komplot van die vyand, net om vir julle te wys wat
boosheid is. Nie almal wat vergader sal boos wees nie, sommiges het nog net nie
die waarskuwings gehoor nie, sommiges weet nie hoe om MY stem te hoor nie, so EK
sê vir julle om hulle te waarsku. Want MY SEUN kom maar die duiwel probeer
vooruit gaan, so waarsku hulle. Toets die Gees wat praat.
Ja, dit is waar dat die dooies in die MESSIAS sal opstaan, en julle wat oorbly
sal weggevoer word die lug in om MY Seun te ontmoet maar die duiwel gaan vooruit.
Wees gewaarsku diegene met ore, luister, die met geestelike oë, sien, sodat
julle nie geflous sal word wanneer hierdie vervalsing probeer verskyn voor julle
nie. Wanneer julle eie politici regoor die wêreld opkyk na die lug en sê, "Daar
is 'n groter God wat kom as ek." sal hulle verskynsels sien; ja hulle sal sê
hulle sien ruimteskepe. Dit sal julle nuus haal. 'n Alien sal ‘n onderhoud selfs
met 'n ruimtewesen (alien) gevoer word. Onthou MY Kinders wanneer hierdie kom,
satan gaan MY Seun vooruit.
satan bespot MY op alle maniere, die grootste bespotting is om te probeer om MY
ware Babas, Bruid, Uitverkorenes en noukeurig Uitgesoektes weg te steel. Hel
oorstoom en die tekens sal voortkom uit die lawa wat sal voorspuug in verskeie
dele van hierdie wêreld. Die aarde sidder en bewe vir MY woede, met die
naderkoms van MY ware Seun want MY Bruid weet die Bruidegom kom. So satan spot
en probeer MY Seun vooruit gaan en om alles en enige iets wat Heilig is weg te
stroop buite sig van die mense sodat hulle die prys sal vergeet wat MY Seun
betaal het. Want YAHUSHUA ha MASHIACH is julle enigste MESSIAS julle enigste
leidende Lig.
EK het julle gewaarsku in die lug, EK het julle hierdie jaar teken op teken
gegee. EK het vir julle wonders en verwondering gegee terwyl komete gekom het in
verskillende groottes. Hoeveel het opgekyk en besef dat die verlossing naderkom.
Maar vir MY vyande, oordeel, oordeel, oordeel is al wat julle sal ken. Oordeel
op hulle wat mensgemaakte hongersnode gemaak het. Oordeel op hulle wat die kwale,
siektes en krankhede gemaak het, oordeel op hulle wat die lug besoedel het met
kwale, oordeel op hulle wat gif in die kos en water gesit het.
OORDEEL, OORDEEL, OORDEEL want EK alleen is die Hoof Regter, en julle sal sien
EK is nie ‘n God wat gespot moet word nie. Julle sal sien wat EK doen aan die
vyande, diegene wat so ryk en luisterryk sit en die armes in die stof inskop.
OORDEEL, OORDEEL, OORDEEL terwyl EK julle mond oop forseer, om MY woede in te
giet. Diegene wat skree, "ek is homoseksueel, ek is gay en ek is trots." Siektes
sal oor julle kom, plae sal oor julle kom, mense sal beangs weghardloop vir
julle en julle sal wegkruip en julle sal ineenkrimp en julle sal skree, "Maak my
dood want hierdie pyn kan ek nie langer verdra nie."
OORDEEL, OORDEEL, OORDEEL nie net in Amerika nie maar in elke nasie wat MY
uitgedaag het, in elke Stad, in elke Staat EK gee nie om hoe klein julle is nie,
van die Stad, tot die Platteland tot die Voorstede, EK weet waar julle is. EK
sal julle daar kry.
OORDEEL, OORDEEL, OORDEEL! Vir julle wat geregverdig is in MY Seun se Naam, die
oordeel sal nie naby julle kom nie. Julle sal kyk en julle sal aanskou in
afgryse, julle sal diegene sien wat julle ken MY oordele maai hetsy hulle
familie, vriend of vyand is. Net soos EK in staat was om die Kinders van Israel
te beskerm teen die plae van die Egiptenaars so sal EK dit weer doen. Want EK is
die Almagtige Lewende Regter, EK is die Almagtige Lewende Skepper en ek sal
Oordeel maai, want MY vyande sal hulle dra soos klere, soos 'n tweede vel.
Eers huil EK en dan is EK kwaad en nou MY Kinders verberg julself vir ‘n klein
rukkie langer want julle ABBA is baie kwaad. Maar nie vir julle nie MY
kleintjies, nie hulle wat MY Seun aanroep nie, nie hulle wat hul uiterste bes
probeer om 'n glimlag te bring op MY gesig en MY Seun nie. Nie hulle wat sê, "O,
ons is so skaam dat ons deel is van hierdie mensdom wat soveel skande bring vir
ons Hemelse Vader” nie. EK streel jul hoofde, EK soen julle oogbanke, EK sê, "Versteek
julself MY Kinders vir nog net 'n klein rukkie langer." terwyl Oordeel kom oor
MY vyande. Rond-om hierdie wêreld, see tot see, sal Oordeel kom oor MY vyande.
* * * * * * *
So was dit gespreek, so is dit geskryf 2 Junie 2004 7:00 namiddag
Apostel Elisheva Eliyahu