Profesie 76
Geliefde Bruid van YAHUSHUA, Verrys en Maak Jouself Gereed Want Jou Bruidegom Kom!
Geskryf/Gespreek onder die salwing van die RUACH ha KODESH deur Apostel Elisheva Eliyahu 12 September 2004
Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle
Profesieë bygevoeg moet word van nou af:
EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva] om nie hierdie Bediening na ‘n man
of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in
jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan
het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee.
Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die
Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou
hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se
Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur
jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja 42:8)
In Julie 2010 Het YAHUVEH GOD beveel dat die volgende bygevoeg word voor elke
Profesie:
2Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY
Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat
daar geen genesing meer was nie.”
YAHUSHUA Het Vir My Gesê Om Vir Die Ganse Bruid Te Sê,
"Gelukkige Rosh Hashanah!"
Dit is 'n geskenk van HOM aan SY Bruid, gegee 3 dae voor Rosh Hashanah
Deel asseblief met diegene wat julle weet YAHUVEH en YAHUSHUA liefhet. Stuur
hierdie asseblief presies soos dit vir my gegee was. Ek besef dit is 'n lang
Woord, maar dit is defnitief jou tyd werd. Daar is Sterk Geestelike vleis nie
bedoel vir die geestelik Swakke nie om geleer te word in bykans elke paragraaf.
Ek het saam met julle geleer, terwyl YAHUSHUA hierdie woorde met my gespreek
het.
Tyd tussen: 10:30 vm en 12:00nm.
* * * * * * *
GELIEFDE BRUID VAN YAHUSHUA, VERRYS EN MAAK JOUSELF GEREED, WANT JOU BRUIDEGOM
KOM!
O, MY geliefde “Ringmaiden”, jy roep uit na MY en sê, "Wie is ek om so 'n
boodskap vry te stel, want ek voel nie waardig om hierdie eer te hê nie. Wie sal
glo hierdie boodskap is uit die Hemel Gestuur?" Maar EK sê vir jou MY geliefde,
dit is nie of jy jouself waardig ag om hierdie boodskap voort te spreek tot die
ganse Bruid nie. Die enigste ding wat saak maak is EK het jou waardig geag en
jou opinie van jouself of wat ander sê is van geen belang nie, net dat jy
gehoorsaam is en skryf en voortspreek wat EK jou beveel om te sê. Moet MY nie
redigeer op enige manier nie. In die vele jare wat jy MY gedien het, het jy die
angel gevoel van die Godsdienstige demone wat jou beswadder met woorde en dade.
Maar hierdie nuwe woord sal die demoon van Jezebel ontbloot in diegene wat
hulleself ag as Heilig en tog geen heiligheid in hulle het nie. Hulle sal jou
aanval en tog sal EK, YAHUSHUA, jou beskerm want jy is MYNE.
Net soos Elia van Ouds beskerm was teen Jezebel en Ahab, so sal jy ook wees, so
sal die ganse Bruid van YAHUSHUA ha MASHIACH beskerm word. Nou is die tyd vir
die Skild-Meisies om na vore te kom en jou te bedek in hulle gebede, liefde en
ondersteuning, want hulle sal ook aangeval word terselfde tyd terwyl hulle na
vore tree in geloof en jou kontak. EK gee hulle nou die mandaat: Diegene wat
herken dat hulle die Bruid van YAHUSHUA is kom na vore en vergader saam met
hierdie “Ringmaiden” uit wie EK hierdie woord vrystel. Skerm haar met julle
bemiddelings gebede, bemoedigende woorde, en ondersteuning en kom bymekaar sodat
sy julle ook kan bemoedig en versorg en ondersteun teen die aanvalle van die
vyand van jul gedagtes, liggaam, gees en siel. Hier is 'n geheim: Net soos EK 'n
Bruid het, so ook het satan en wanneer die Heilige Goue Arende vergader, so ook
sal die aasvoëls vergader.
Bruid van YAHUSHUA, julle het mekaar nodig, want julle vyande is groot in getal.
Baie jare gelede het EK vir hierdie Diensmaagd 'n boodskap gegee in twee drome,
agtermekaar. "Versamel die Troepe op die muur." Hierdie is nou daardie
vasgestelde tyd; moenie jul dag van samekoms misloop met mekaar nie. Nou, [Elisheva],
wees dapper soos Elia van Ouds [Eliyahu] en spreek voort die woorde wat EK jou
beveel het om te skryf en te spreek, en kwel jouself nie met diegene met
dieselfde geeste soos die van 'n Jezebel en Ahab nie. Maar weet dat diegene wat
jou aanval omdat jy MY gehoorsaam dieselfde lot sal ly as ‘n Jezebel en Ahab en
die profete van Baal, want diegene wat jou aanval val die een aan wat jou salf
om voort te spreek. Pasop julle met die gees van die Fariseërs voordat julle MY
geliefde aanval. Julle beter julle eie harte ondersoek. Wie ookal nie saamstem
met hierdie Profetiese Woord nie, neem dit na die Regter van die ganse Skepping,
want MY geliefde het net gehoorsaam. Hierdie is nie haar woorde nie maar MYNE en
diegene met geestelike ore om te hoor en luister, EK vra julle om haar te
bemoedig en laat haar weet.
Verrys Bruid van YAHUSHUA, soos die 5 wyse Maagde in die gelykenis wat EK gegee
het in Mattheus 25:1-13 en maak julself gereed, want jul spoedig komende
BRUIDEGOM en MESSIAS kom o so gou. Bid dat julle waardig geag sal word om die
Bruid genoem te word van YAHUSHUA ha MASHIACH. Neem hierdie nie as
vanselfsprekend nie. Moenie opgeblase raak met trots nie, want sommige sal
uitvind hulle is die Gaste en nie die Bruid nie vir hierdie rede. Te veel word
gegee, baie meer word verwag.
EK, YAHUSHUA, is die Goeie Herder en MY Bruid sal nie na enige ander Meester toe
gaan nie. Soos dit geskryf is, vertel EK MY geheime aan die Profete en so deel
EK geheime nou met MY Geliefde Bruid en die Geëerde Gaste wat uitgenooi sal word
na die Bruilofsmaal van die Lam. En net diegene wat sal bywoon, hulle name word
gevind in die Lam se Boek van Lewe, ingeskryf voor die grondlegging van hierdie
wêreld.
Ondersoek en bewys julself as beproef terwyl jul mediteer oor hoekom Henog, Elia
en Elišha van groot belang is. EK, YAHUSHUA, leer julle nou dat dit van belang
is vir die Bruid van YAHUSHUA. EK spreek hierdie openbaring voort. Kyk dit is 'n
nuwe ding. Die boek van Henog was nie ingesluit met die Boeke wat in die Bybel
is nie en tog gee EK vir julle hierdie mandaat om hierdie boek te vind en dit te
bestudeer en YAHUVEH toe te laat om vir julle waarhede te leer selde onderrig,
want daar is boeke wat ingesluit moes gewees het in die Heilige Bybel en
opsetlik uitgelaat was omdat hulle te konfronterend sou wees. Nie alles wat die
verlore boeke van die Bybel genoem word nie, maar sommige. Julle moet
onderskeiding gebruik watter boeke is van die Heilige Gees en Waarheid en watter
is mensgemaak. Vra julself waarom sou die Skepper 66 boeke in die Bybel sit,
want hierdie is nie 'n heilige getal nie. Ses is die getal van die mens, 666 is
die getal wat geassosieer word met die antichris.
EK spreek hierdie tot diegene wat Geestelike ore het om te hoor en luister, alle
ander sal doof bly en bespot wat hulle nie verstaan nie. Voorwaar EK sê vir
julle, EK gee julle sterk geestelike vleis om te eet. Dit is nie bedoel vir die
Geestelik Swakkeres nie! Elia van Ouds was maar net 'n heenwysing van die
wegvoering van die Bruid van YAHUSHUA ha MASHIACH. Elia van Ouds het geweet
watter missie hy moes klaarmaak en het geweet hy sou nie sterf op daardie
tydstip nie. Elia van ouds het geweet watter dag, uur en minuut YAHUVEH die
Vurige Strydwa sou stuur om hom weg te voer Hemel toe. En Elia van Ouds het voor
die tyd geweet wie die eer sou hê om dit met hulle eie oë te aanskou en die man
se naam was Elišha. Elia van Ouds was Hemel toe geneem, met Hemelse
vervoermiddele en so ook sal die Bruid van YAHUSHUA weggevoer word wanneer EK,
YAHUSHUA, persoonlik kom vir julle MY geliefde Bruid. (2 Kon. 2:1-14)
Herlees al die Profesieë en julle sal sien vir baie jare het EK [Elisheva] MY
Elia van Nuuts [Eliyahu] genoem. Ja, haar wettige nooiensvan is Elijah [Eliyahu],
maar dit is nie die rede hoekom EK hierdie gedoen het nie. Sy het net onlangs
die rede geleer en dit is meer as om haar te stuur na die weduwees van Sarfat om
hulle te toets. En hulle weet dit nie want hulle hongersnood het nog nie gekom
nie, dit is nie net hierdie rede soos uiteengesit in baie van die profesieë wat
EK deur haar gespreek het nie. EK het hoorbaar met haar gepraat op Pasga, 5
April (een dag na haar verjaardag), en vir haar gesê, haar wakker gemaak met die
woorde wat sy nie verstaan het nie en net deur hierdie boodskap meer ten volle
sál verstaan "Jy is MY “Ringmaiden”
Voorwaar EK sê vir haar en vir julle met geestelike ore om te hoor en luister.
EK YAHUSHUA noem haar MY Elia van Nuuts [Eliyahu] en onthul hierdie geheime
openbarings gegee aan haar direk uit die Hemel om 'n seën te wees vir haar asook
die ware Bruid van YAHUSHUA ha MASHIACH. Net soos Elia van Ouds geweet het
wanneer om YAHUVEH se perdgedrewe Strydwa van Vuur te verwag om hom weg te voer
Hemel toe en hy die presiese tyd en dag geweet het en voorbereid was en Elišha
vooraf gewaarsku het om hom dop te hou. Elia van Ouds is die heenwysing van wat
sal gebeur met die Bruid, so hoekom sou EK enige iets minder doen vir die Bruid
van YAHUSHUA?
EK sal eerste vir Aartsengel Migael stuur om te kom en die pad oop te maak vir
die Engel Gabriël om te kom om haar te vertel. EK het vir haar gesê om te wag
vir die geboorte van die aankondiging van die datum wat YAHUSHUA sal kom vir SY
Bruid, dan sal een van haar mandate wees as MY “Ringmaiden” om hierdie nuus te
laat weerklink rondom hierdie wêreld aan al die Elite genoem Die Geliefde Bruid
van YAHUSHUA. Geliefde vra jouself hierdie vraag en lees weer Mat 25:6-7 en hoor
dit nou met Heilige ore want dit sê, "En middernag was daar 'n geroep gehoor,
kyk die bruidegom kom; gaan uit hom tegemoet. Toe het al daardie maagde
opgestaan en hulle lampe gereed gemaak." Voorwaar EK sê vir julle iemand was
gekies om daardie boodskapper te wees om die roep te laat weerklink wat die
Ganse Bruid van YAHUSHUA sal hoor. En EK het hierdie “Ringmaiden” gekies om
hierdie eer te hê.
Wat YAHUVEH gedoen het vir MY Moeder Miriam (Maria) toe EK, YAHUSHUA, aarde toe
gekom het, sal EK doen vir MY Bruid en die Engele stuur na [Elisheva] om te
proklameer die Bruidegom kom. Maak julself gereed en wag vir MY op hierdie
datum, want EK kom om weg te glip met MY Bruid. Weer, sê EK vir julle, Elia van
Ouds was 'n heenwysing van MY Bruid wat weggevoer word, en MY Bruid sal toegerus
word met 'n nuwe uitstorting van 'n salwing terwyl hier op hierdie aarde as 'n
standaard teen die bose wat sal kom teen julle soos geen ander gegee vantevore
nie. MY ganse Bruid sal weet hierdie boodskap is waar, want sommiges het geweet
hierdie sou gebeur en het gewag vir die aankondiging om te kom na die 4 hoeke
van die aarde waar EK MY Bruid versteek het.
Hierdie datum sal gespreek word in die geheim en net aan MY Ware Bruid sal sy
hierdie spreek. Julle sal hierdie nooit gepubliseer sien nêrens nie behalwe as
dit gedoen word sonder MY toestemming, en wee die Judas wat so 'n ding sou doen,
pogend om MY Bruid in gevaar te stel. Jy wat sal probeer om dit te doen sal
dieselfde lot ly as Judas. Moenie dink [Elisheva] het gevra hiervoor nie, want
waarlik sê EK vir julle, EK het baie Profete na haar toe gestuur na Profesie 74
en 75 om vir haar te sê hierdie sou gebeur, en sy het gesê sy is nie waardig vir
hierdie eer nie.
[Bedienings werkers] en sy het geantwoord, hierdie Bediening wou nooit 'n
wegrapings datum-bepaler gewees het nie en voorwaar EK sê vir julle altwee,
julle is nie die datum bepaler nie. Niemand sal die woord hoef te neem van die
berekeninge gegee aan 'n blote man of vrou nie. Engele sal gestuur word van MY
Troon af om die Datum aan te kondig, sodat MY Bruid sal wees soos die 5 wyse
maagde en gereed sal wees vir haar MESSIAS Bruidegom om te kom. Aan diegene wat
sê, "Maar daar staan geskryf dat geen mens moes weet watter dag of uur nie,"
hierdie is waar, toe die skrif geskryf was meer as 2000 jaar gelede, watter nut
sou dit gehad het? Hoekom sou ABBA YAHUVEH duisende jare vooruit die datum
vrystel wanneer EK, YAHUSHUA, sou kom vir MY Bruid soos van gespreek in Matheus
25:1-13.Watter doel sou dit gedien het om diegene te frustreer wat sou moes wag?
Onthou Geliefde, selfs die 5 dwase maagde het geweet die Bruidegom kom maar was
onverhoeds betrap. Die Gelykenis wat gespreek word wys die 5 dwase Maagde wat
nie die salwing gehad het nie en gewaak en gewaak en gewag het saam met diegene
met die salwing om te weet wanneer die Bruid se Bruidegom sou kom. Hierdie
gelykenis wys ook hoe EK die 5 dwase maagde waarsku wat gedink het die salwing
van die Bruid kon gekoop word met geld, wat nie te koop is nie en die Bruid weet
hierdie, en spot diegene wat dink YAHUVEH se gawes is te koop.
Toe die 5 dwase maagde teruggekeer het, het die Bruidegom en Bruid weggeglip.
Toe hulle gehamer het aan die Hemel se deure om ingelaat te word saam met die
Bruidegom en Bruid, was hulle huilende weggestuur terwyl die Bruidegom gesê het,
"Gaan weg van my, ek het julle nooit geken nie!" Nie elkeen is geskik om die
Bruid te wees nie; daar is streng kwalifikasies. En die 5 dwase het EK nie
herken as MY Bruid nie. Maar, EK los vir hulle 'n waarskuwing en dit is die 5
dwase Maagde nie weet wanneer EK sal terugkeer vir die Gaste nie, en hulle beter
gereed wees mits EK, YAHUSHUA, DIE MESSIAS/BRUIDEGOM weer kom en die Gaste aan
die slaap vind of sonder olie in hulle lampe. (Matt 25:1-13)
Al 5 die dwase maagde sal getoets word in die vuur van beproewing en sommiges
sal anderkant uitkom soos goud, sommige sal gemartel word, sommige sal oorbly,
en sommige sal saam met MY weggevoer word. Sommige van die 5 dwase maagde is
gaste en was nie geskik gevind om die Bruid te wees van YAHUSHUA nie.
EK sal nie MY ware Bruid onverhoeds betrap nie, want sy sal die Shofar Horing
hoor blaas en sy sal wakker word van die Geroep wat EK sal laat weerklink uit
hierdie “Ringmaiden” van MY. Onthou, satan wil MY vooruit gaan, so moenie
geflous word met die vals datum nie en wee enige een wat hulself MY “Ringmaiden”
noem buiten die een wat EK gesalf het, wat EK nou gebruik om voort te spreek as
MY mondstuk. Daar sal 'n salwing wees wat nie in staat sal wees om vervals te
word wanneer die Engele hierdie boodskap bring nie sodat die Ware Bruid van
YAHUSHUA geboorte sal gee aan 'n uitstorting van 'n salwing uit die Hemel soos
geen ander tot dusver nie. Dit sal die vroeë-en-laat reën salwing wees bymekaar
gevoeg, gekombineer met die dubbele porsie van die Elia-salwing. Selfs julle
Skaduwees sal die GODDELIKES genees, want MY genesings balsem van Gilead, sal in
MY ganse Bruid wees. EK het hierdie woorde hoorbaar gespreek met [Elisheva] jare
gelede: "Gawe van Genesing, Klank van Basuin". Sy het nooit die betekenis van
hierdie woorde geken nie tot nou.
Net soos die Shofar Horing geblaas word by 'n Joodse Troue om die koms aan te
kondig van die Bruidegom, so ook sal EK, YAHUSHUA, die Shofar Horing laat blaas
om MY koms aan te kondig want MY geliefde Bruid, luister vir die Shofar Horing,
dit is nie ver weg nie. EK het geprofeteer deur hierdie “Ringmaiden” dat EK sou
terugkom op 'n Sabbat en EK het tot haar gespreek, "Wat AS Rosh Ha Shanah die
dag is wanneer EK sal kom" jy weet nog nie watter een nie." EK het ook
geprofeteer deur haar en hoorbaar met haar gepraat, "Eers een wegraping en dan
'n ander vir diegene wat EK liefhet." Die gaste sal in daardie tweede wegvoering
wees in die gelykenis van die tien maagde; die tweede kans word gegee aan die
dwase sogenaamde Bruid dit is wanneer EK vir hulle sê om dus te waak, want julle
weet nie watter uur EK weer sal kom nie.
Elia van Ouds moes ook sy liggaam verander gehad het in 'n oogwink, want
sterflike liggame moet beklee word met die onsterflike liggame om in te gaan in
die Koninkryk van die Hemel in so ook sal MY Bruid. Elia van Ouds het sy Mantel
(gebeds mantel) laat val, sy gewaad van kleding wat hy gedra het. (2 Konings
2:12-13) Net soos julle wat die Bruid is van YAHUSHUA, nie nut sal hê aan jul
aardse kleding nie wanneer EK julle klere verander in die pragtigste,
skitterende, reënboog kleurige, Wit Gewaad waarmee geen aardse gewaad of
kledingstuk kan begin vergelyk nie. Want julle sal glinster soos die
skitterendste helderste diamant wat die wêreld nog gesien het. EK sal 'n Tiara
plaas op die vroue se hoofde terwyl MY Geliefde Bruid versier word en die mans
sal 'n kroon hê gevul met kosbare gesteentes wat niks op hierdie aarde kan
vergelyk nie.
Hierdie is geheime wat EK met julle deel soos die boek van Daniël wat EK verseël
het tot die eindtyd generasie. Vra van MY en EK sal vir julle meer vertel want
EK deel hierdie geheime met MY Bruid en EK gee nie al MY openbarings aan een
persoon of profeet nie, so deel met hierdie Boodskapper wat My boodskap
voortspreek as 'n seën vir julle. Seën haar terug en laat haar weet hoeveel
julle MY salwing onderskei het en die openbarings wat EK aan julle gegee het.
Vir sommige het EK drome gegee en ander visioene en ander profetiese woorde. Nou
is die tyd vir die Bruid om bymekaar te kom. EK vaardig 'n Wekroep uit. As julle
nie bymekaar kan kom in die vlees nie, kan julle op ander maniere. E-pos of
skryf vir haar. Daar is diegene wat hierdie lees wat iemand onderskei wat hulle
weet is die Bruid van YAHUSHUA en tog kan daardie persoon dit dalk nie sien nie,
so deel hierdie met daardie persoon en laat hulle skryf vir MY diensmaagd, want
sy sal die gawe hê om te onderskei wie is die Bruid en wie is die Geëerde Gaste
nadat die Engel Gabriël aan haar verskyn het EK het met tye reeds vir haar
vooruit gewys hiervan.
Elia van Ouds het 'n salwing gehad wat die profete van Baäl doodgemaak het asook
die vyande wat hom agtervolg het en so sal julle ook. Die Ware Bruid van
YAHUSHUA sal daardie selfde salwing hê om die Vuur uit die Hemel te roep wat
julle vyande sal verteer. Julle, die Ware Bruid van YAHUSHUA sal ook veg teen en
die oorlog wen teen die Jezebel demone. Die lot van diegene wat probeer om MY
ware Profete en die Buid te vernietig deur te probeer om hulle uit te put met
die demoniese Geeste van Jezebel en Ahab sal dieselfde lot ly as die profete van
Baäl, sowel as Elia van Ouds se vyande. Julle, die Bruid van YAHUSHUA sal doen
wat Elia van Ouds gedoen het selfs meer voor julle hierdie aarde verlaat. En
nadat julle terugkeer uit die Hemel, word julle toegerus met nuwe kragte met
julle Hemelse Opdragte om uitgevoer te word soos gedeeltelik genoem in
Openbaring 14. Die res is geheim vir nou; ons hoef nie die vyande vooruit te
laat weet nie. Julle MY geliefde Bruid, sal 'n lied sing soos geen ander en EK
sal dit SELF vir julle leer.
Die Bruid van YAHUSHUA sal die eerstelinge wees verlos van hierdie aarde voor
die groot dag van YAHUVEH se grimmigheid genoem die Groot Verdrukking. Julle wat
die Bruid van YAHUSHUA is is ewig getrou en trou aan julle MESSIAS en Bruidegom.
Julle die Bruid van YAHUSHUA sal ook die gawe hê om te verplaas enige plek in
die wêreld en sal geen behoefte hê aan aardse vervoer nie. Moet EK julle
herinner hoe sommige van MY dissipels van ouds nie 'n verheerlikte liggaam gehad
het nie en tog kon hulle dieselfde doen? (Handelinge 8:27-40) Die Bruid van
YAHUSHUA kan verskillende voorkomste hê soos EK, YAHUSHUA, gehad het na MY
opstanding. MY eie Apostels het hulle Meester nie herken nie.
Voorwaar EK sê vir julle, net soos Elišha getuie was met sy eie oë en gesien het
Elia van Ouds word in die lug weggevoer in die perdgedrewe wa van vuur, omdat
Elišha geweier het om hom te verlaat en aan sy sy was toe hy weggevoer was, het
hy 'n dubbele porsie van salwing ontvang soos Elia van Ouds geprofeteer het.
Hier is 'n geheimenis: Het julle gewonder hoekom Elišha geskei was en nie geneem
was deur die Wa van Vuur saam met Elia van Ouds nie? (2 Konings 11). Dit is
omdat Elišha 'n heenwysing was na die 12 Stamme van Israel in Openbaring 7 en
Elia is 'n heenwysing na MY Bruid in Openbaring 14. So ook sal die verseëlde
144,000 van die 12 stamme van Israel ook beskerm en verseël word op hierdie
aarde soos dit geskryf is in Openbaring 7 deur 'n Engel uit die Hemel. Wapens
van die mens sal hulle nie seermaak nie ook sal die plae nie naby hulle kom nie,
want hulle is nie bestem vir YAHUVEH se grimmigheid nie. Hulle sal bly onder
YAHUSHUA se Genade, die bloedlyn wat YAHUSHUA getrek het by Golgota en satan kan
nie daardie bloedlyn oorsteek nie. Hierdie 144,000 sal die Bruid se mantel
aanskou terwyl die salwing op hulle val op 'n manier wat hulle nie vantevore
geken het nie.
Voorwaar EK sê vir julle dat Henog 'n Heenwysing was van die Bruid van YAHUSHUA.
Want Henog was weggevoer Hemel toe, omdat hy hierdie getuienis gehad het. Hy het
nie gesterf nie maar was na die Hemel geneem omdat hy behaaglik gevind was vir
YAHUVEH. So ook sal julle die Bruid van YAHUSHUA ook weggevoer word, want julle
sal ook hierdie getuienis hê dat julle YAHUVEH die Vader van die ganse Skepping
behaag asook vir MY, YAHUSHUA, SY Seun, omdat julle gehoorsaam het en julself
Heilig hou sonder vlek of kreukel. Dit is hoekom EK vir [Elisheva] gesê het in
'n droom om Hebreërs 11:5 te memoriseer. Julle die Bruid van YAHUSHUA, sal vir
YAHUVEH en vir MY, YAHUSHUA en die RUACH HA KODESH, ook deur sommige genoem
HEILIGE GEES, geen skande bring nie. MY Bruid julle gehoorsaam nie net die 10
Gebooie nie, want watter uitdaging is daar in dit? EK sal vir julle sommige van
die belangrike kwalifikasies vrystel oor hoe julle sal weet of julle MY Bruid is
en of julle die Geëerde Gaste sal wees by die Bruilofsmaal van die Lam in
hierdie eindtyd boodskap vir MY Bruid en die Geëerde Gaste. Hierdie boodskap is
nie vir die heidene nie behalwe om hulle te waarsku.
Pasop vir enige iemand wat beweer om MYNE te wees, en tog hierdie Profetiese
woord aanval, want hulle bewys van watter bose gees hulle is en bewys die
demoniese gees van Jezebel val MY “Ringmaiden” aan wat EK gesalf het om MY Stem
te hoor sodat MY Bruid sowel as die gaste van die Bruilofsmaal van die Lam
geseën en bemoedig sal word. satan is die enigste een wat sy wolwe sou stuur
geklee soos skape om MY Apostoliese Profetiese “Ringmaiden” aan te val, genaamd
[Elisheva Eliyahu]. EK gebruik haar volle naam vir MY eie redes wat niemand
aangaan nie buiten die vyande wat haar vernietiging wil hê, wat haar name
gebruik terwyl hulle vloeke stuur.
Voorwaar EK sê vir julle, enige iemand wat sê hulle Aanbid en stel YAHUVEH en
YAHUSHUA eerste stel in hul lewens en liefde, en tog sukkel om die Torah/Wette
te gehoorsaam wat die 10 gebooie insluit, het 'n ernstige geestelike probleem en
beter besef hierdie is jou siel wat op die spel is. Voordat jy MY aanvaar het as
MESSIAS en MY gevra het om in jou hart in te kom en jou lewe oor te neem, het jy
'n verskoning gehad. Maar nou het jy geen. Bekeer nou voor dit te laat is.
Versoeking is nie sonde nie maar pasop, want sonde kom eerste in deur die
gedagte en dan deur die aksies van jou liggaam. MY Bruid, julle is Heilig en
leef Heilig as 'n voorbeeld van julle MESSIAS. Julle praat Heilig en julle
gedagte is konstant op die Liefde van julle lewe en dit is ABBA YAHUVEH en EK,
YAHUSHUA. MY Bruid, julle doen nie opsetlik sonde nie, want julle wil MY nie
bedroef nie en ook nie satan 'n rede gee om julle aan te kla of vir MY skande te
bring nie.
MY Geliefde Bruid, julle bestaan uit beide manlik en vroulik. Julle word 'n
maagd genoem, omdat julle uitgekom het uitgekom uit die mensgemaakte
leerstellings en gevlug uit die kerke van Babilon. MY Bruid, julle is nie bang
om boosheid te ontbloot nie, selfs wanneer dit in die kerke is en ontbloot die
kompromiserende Pastore van die kerke en diegene wat hulself Rabbis noem wat ook
toegewings maak. Hierdie is boosheid in MY oë. Julle, MY Bruid, sal nie stilbly
nie en hoe meer die heidene en die Fariseërs en die Louwarm Christene en die 6
kerke genoem in Openbaring probeer om julle te snoer, hoe harder skree julle. MY
geliefde Bruid, julle wat loof, aanbid, liefhet, vereer, en bo alles begeer om
'n glimlag op ABBA YAHUVEH se gesig te sit om HOM sowel as julle MESSIAS en
spoedig komende Bruidegom te behaag. MY Bruid, julle weet gehoorsaamheid aan
YAHUVEH en YAHUSHUA is Liefde en julle bewys julle liefde en lojaliteit deur
gehoorsaamheid aan YAH se opdragte.
Wat is die prys van jou siel? Daar is vals leraars in die wêreld wat julle
vertel dit is onmoontlik om die Tien Wette te gehoorsaam EK sê vir julle hierdie
vals leraars gestuur deur satan om julle op 'n dwaalweg te lei in die hel in.
Hoekom noem julle MY Meester en gehoorsaam MY nie? Is dit nie geskyf nie, "Wees
Heilig want EK is Heilig"? Het EK nie die voorbeeld gestel vir julle nie? Dit is
die salwing wat alle jukke en bindings breek en EK het die trooster genaamd
RUACH ha KODESH, ook genoem die HEILIGE GEES, om julle in volle waarheid in te
lei en om julle te leer asook om julle te oortuig wanneer julle in oortreding
is. Dit is die RUACH ha KODESH wat julle sal weerhou om te sondig teen MY.
Die Bruid van YAHUSHUA sukkel nie om die Tien Gebooie te onderhou nie. Instede
daarvan bewaak julle hulle en verdedig hulle met die wete dat YAHUVEH hierdie
Tien Wette geskryf het op 'n tablet van klip met SY eie vinger en HY het nie die
Wette verander en ook nie enige van hulle weggegooi nie. Die mens verander die
Wette, nie ABBA YAHUVEH nie wie die Skepper is van die wette gegee aan Moses by
berg Sinai. YAHUVEH is die Skepper van die Sabbat en het die ganse skepping
beveel om dit te eer toe HY gerus het op die 7de dag na die skaping van ganse
Skepping. Die Sabbat is ewigdurend, nimmer eindigend, en sal selfs geëer word in
die Heerskappy van die Millenium.
Voorwaar EK sê vir julle, die Ware Bruid van YAHUSHUA, julle weet al hierdie en
julle enigste begeerte is om YAHUVEH se iedere woord te gehoorsaam en EK is
daardie Woord wat Vlees geword het. EK is die Lewende Torah. Voorwaar, EK sê vir
julle dat julle, die Bruid van YAHUSHUA gehoorsaam wil wees en die ekstra myl
loop, wat dit ookal verg om ABBA YAHUVEH te gehoorsaam, om te doen wat ander
dwaas ag soos om die Heilige Fees Dae waar te neem en die ware Sabbat te hou en
te vlug van mensgemaakte-godsdiens wat die Sabbat verander het na 'n Sondag. MY
Bruid julle weet enige iets wat korrup of pervers is is nie Heilig nie en is 'n
gruwel vir YAHUVEH soos aborsies, homoseksualiteit en dieselfde-geslag huwelike.
MY Bruid, julle bly nie stil nie maar protesteer hierdie dinge luidkeels en
veroordeel enige iemand wat dit nie doen nie, noem hulle 'n lafaard en huigelaar.
Is dit enige wonder dat die Jode en die Israeliete nie wil luister na die
Christene nie, want hulle weet geen Seun van YAHUVEH wat sê HY is Koning van die
Jode en MESSIAS sou die Sabbat weggooi en onderrig dat enige dag voldoende sal
wees nie, terwyl dit die 7de dag was waarop YAHUVEH en EK gerus het nadat die
Skepping gemaak was? Hoekom ontheilig julle wie julself Christene noem MY deur
die verbreking van die Torah Wette gegee aan Moses en eer nie die Heilge Dae
bepaal deur YAHUVEH om Heilig vir HOM te wees nie? Het EK nie gesê dat EK nie
gekom het om die wette van die profete van ouds te kanseleer nie maar om hulle
te vervul?
Voorwaar EK sê vir die van julle wat julself Christene noem, julle benadeel
MY,YAHUSHUA, meer as wat julle MY help wanneer julle so optree. Wat sal julle
verskoning wees wanneer julle voor MY staan, 'n wan vertaalde en misverstaande
skrif? Die Ware Bruid van YAHUSHUA sal nie inboet wat sy weet die waarheid is
nie. Sy is getrou aan die YAH wie sy dien. Voorwaar EK sê vir julle, MY Bruid
moet geestelik volwasse wees, oud genoeg om te trou. EK praat nie van julle
biologiese ouderdom nie maar julle geestelike ouderdom. Afhangende van julle
geestelike groei en dit is selfs nie eers om die dae te tel vandat julle MY as
julle MESSIAS aanvaar het nie, want kinders groei en raak volwasse teen
verskillende tempo, sommige is geestelik volwasse in 'n kort tydjie ander neem
baie jare om volwasse te word, selfs Pastore en ander word steeds nooit volwasse
nie, hulle is net tevrede met die melk van die woord leer nooit enige iets nuuts
nie.
Volwassenheid vir jou MY Bruid hang af van hoe vinnig julle besef julle verlang
meer as net geestelike melk van MY Woord, maar benodig Geestelike Vleis om te
eet. Julle voel die honger pyne van uithongering as julle dit nie gereeld kry
nie. Julle wat die Bruid van YAHUSHUA is het geestelike tande van 'n leeu en
verorber vinnig gesalfde geestelike vleis soos hierdie profetiese woord wat
julle herken as MY Stem en is nooit tevrede met blote aardse kennis nie, maar
soek en vra vir meer Hemelse kennis, om YAHUVEH te ken op die manier wat Abraham
het. MY Bruid julle wil die ware geheime van YAHUVEH ken wat gereserveer is vir
diegene wat HY en EK kan vertou.
MY Bruid, julle is versprei regoor die wêreld nou. MY Bruid, julle bestaan uit
die eerstelinge soos genoem in Openbaring 14. Julle is die beste vrugte wat EK
sal verlos van die aarde voor die Groot Verdrukking. MY Bruid, julle roem
alleenlik in wie julle dien en julle bly nederig, begryp nooit ten volle hoekom
EK, YAHUSHUA, julle sou kies nie, maar voel geëerd dat julle gekies was en
aanvaar dit nooit as vanselfsprekend nie en bid steeds dat julle waardig geag
sal word om MY Bruid genoem te word. MY Bruid verstaan die belangrikheid om die
Heilige Dae waar te neem wat haar Joodse Messias Bruidegom gehou het. MY Bruid,
julle het alles neergelê op die offer altaar en hou niks terug nie en sal julle
MESSIAS volg en alles gehoorsaam wat EK sê. Die uitroep op julle lippe is Heilig.
MY Bruid, julle het nie net ABBA YAHUVEH en YAHUSHUA lief nie maar is
hartstogtelik verlief op ABBA YAHUVEH en MY, YAHUSHUA, net soos in die Hooglied
van Salamo. MY Bruid, julle stel beide die Skepper en die Messias gelyk eerste
in julle lewens en liefde. Alle ander hetsy hulle eggenoot, kinders, familie,
vriende, besigheid of plesier is kom tweede in julle liefde en lewe. MY Bruid,
julle sal bereid wees om julle lewe neer te lê indien nodig, as hierdie YAH se
wil was. MY Bruid, julle het al julle aardse gerief verlaat toe EK gesê het, "Kom
en Volg MY!"
MY Bruid, julle sal nie alleenlik MY naam op julle voorhoofde geskryf hê nie
maar die naam van ABBA YAHUVEH sodat almal sal sien wat Openbaring 14 duidelik
verklaar. MY Bruid, julle het 'n las om die waarhede voort te spreek wanneer
slegs 'n oorblyfsel regtig begeer om te hoor en gehoorsaam. MY Geliefde Bruid,
julle sal eerder die naam van julle geliefde ABBA YAHUVEH en MY, YAHUSHUA, op
julle lippe hê sprekend van ONS in liefde en mediterend oor wie ONS is en hoe om
ONS te behaag en Hemelse Dinge bestudeer en profetiese dinge wat kom en julle
verag nie die gawe van profesie nie en spot ook nie die gawes van die RUACH ha
KODESH nie. Julle weet al die gawes van die RUACH ha KODESH (HEILIGE GEES) is
van waarde en begeer hulle almal. Julle leer alles wat julle kan oor julle
Hemelse woning en bewaar die Heilige Skrifte in jul hart. MY Bruid, julle weet
hierdie aarde is nie julle tuiste nie; julle beweeg slegs deur tot die werk
waarvoor EK julle gestuur het om te doen, klaar is. MY Bruid, julle verlang om
daardie Shofar Horing te hoor wetende dat julle MESSIAS Bruidegom sal verskyn
direk na die geklank van die Shofar om julle persoonlik weg te dra na julle
Hemelse woning. 'n Herehuis wat EK vir julle gebou het wag, saam met julle
belonings wat vir julle bewaar word in julle pakhuise.
MY Bruid, julle verlang na MY op die manier wat EK verlang het om fisies by
julle te wees en dit is nie meer so ver weg nou nie. Neem vertroosting, MY
geliefde, en op hierdie volgende Rosh Ha Shanah 2004, praat met MY op die manier
wat julle met 'n geliefde eggenoot sal praat wanneer julle wil hê hy moet
terugkom na julle toe omdat hy weggegaan het op 'n lang reis. Huil vir MY
terugkoms uit liefde en verlange, nie uit vrees nie. EK verlang om julle woorde
van passie en liefde te hoor vir MY en so doen ons Abba YAHUVEH.
EK het vir julle MY woorde van liefde gelaat in die Hooglied van Salomo. Hierdie
gaan nie oor 'n seksuele liefde nie maar 'n liefde wat min kan verstaan behalwe
MY Bruid doen. Lees hulle met Geestelike onderskeiding en vra MY en EK sal die
gelykenis sonnette verduidelik, want dit is meer as net Salomo se liefde wat
beskryf word, MY Bruid is versteek in hierdie verse. Kan julle dit vind? EK deel
nog 'n geheim met die Bruid van YAHUSHUA. MY “Ringmaiden” [Elisheva], dra
alreeds 'n geestelike trouring. Sy sal weet aan wie EK hierdie ringe gegee het.
Elkeen van MY Bruid sal 'n unieke trouring dra wat 'n refleksie is van die prys
wat hulle betaal het om MY Bruid te word. Geen twee ringe sal dieselfde wees nie.
Geliefdes, wanneer die Bruid en die Gaste almal arriveer, dan sal die
Bruilofsmaal van die Lam 'n aanvang neem. EK, YAHUSHUA sal nie net dans en juig
saam met MY geliefde Bruid nie maar ook saam met MY geliefde Geëerde Gaste.
Geseënd is almal wat uitgenooi is na die Bruilofsmaal van Die Lam soos dit
geskryf is in Openbaring 19:9. Die uitnodigings was uitgestuur aan elkeen in
hierdie wêreld en tog hoe min weet watter eer dit is om MY Bruid genoem te word
of om die uitnodiging te ontvang as 'n Geëerde Gas. Min verstaan die Prys wat EK
betaal het om julle uit te nooi. Sommige uitnodigings het verlore geraak,
sommige weggegooi en as rommel bestempel, sommige uitnodigings gaar stof op,
sommige uitnodigings is vervals en sommige Gaste verstaan nie dit is alleenlik
'n RSVP uitnodiging nie. Net diegene wat reageer en MY, YAHUSHUA as julle
MESSIAS aanvaar sal die Bruilofsmaal van die Lam bywoon en slegs diegene wie se
name geskryf is in die Lam se Boek van Lewe voor die grondlegging van hierdie
wêreld.
Wee die vyande wat hierdie “Ringmaiden” Bruid van MY wil bespot, diskrediteer,
seermaak, beswadder of doodmaak of hierdie Bediening wil vernietig. Waarom kners
julle jul tande in raserny? Julle met 'n gees soos 'n Fariseër, julle wat
Judasse in vermomming is, weet julle nie die letter maak dood en die RUACH ha
KODESH (HEILIGE GEES) gee lewe aan my Woorde nie? Waarom gee al die bogenoemdes
om, want nie een van julle is of MY Bruid of MY Gaste nie, en waarheen julle
bestem is sal daar geween en gekners wees van tande. Julle wat 'n gedaante het
van Goddelikheid en geen Goddelikheid van binne en geen Heiligheid van binne nie,
het lank gelede verdoemenis gekies in plaas van redding. Niemand behalwe die
Ware Bruid van YAHUSHUA, sal die Jaar, Dag of Uur ken wat EK, YAHUSHUA, sal kom
om my Bruid weg te voer nie.
Aan diegene wat hierdie boodskap spot, dit was nie vir julle oë om te sien of
julle ore om te hoor nie. (1 Korinthiërs 2:9-16). Net die Bruid van YAHUSHUA en
slegs die wat bestem is om die Bruilofsfees van die Lam by te woon sal herken
hierdie is die stem van die enigste MESSIAS en spoedig komende Hemelse Bruidegom.
Hulle sal weet, alle ander sal blind en doof bly. Net soos 'n geliefde man vir
SY Bruid, omgee, beskerm en koester, hoe sou EK dan enigsins minder doen vir MY
Bruid maar meer.
EK, YAHUSHUA, kom, maak julself gereed, dit is nie genoeg om net gewas te wees
in my Bloed, wat vir julle gestort was by Golgota nie, want die Gaste is gewas
in die versoenings Bloed, by Golgota. Maar MY Bruid is vlekloos, sonder vlek of
kreukel op haar uitrusting, skitterend wit, bring MY geen skande nie. Verrys MY
Bruid, luister vir die Shofar Horing, laat julle lig skyn voor almal. Julle
Bruidegom kom gou.
En die Gees en die Bruid sê, " Kom, YAHUSHUA ha MASHIACH, kom." En laat enige
een wat hoor sê kom. En laat enige een wat dors het kom; en laat enige een wat
wil die water van lewe neem verniet. En HY wat dit getuig sê, Ja EK kom gou!"
Amen, Selah.
* * * * * * *
Gegee aan hierdie “Ringmaiden”, moet asseblief nie hierdie Boodskapper stenig
nie, maar as julle dit doen sal dit wees tot Heerlikheid van YAHUVEH en
YAHUSHUA.