Profesie 82
Laaste Roeping Van Die Bruid Van Yahushua Messias!
Gespreek onder die salwing van die RUACH HA KODESH
Deur Apostel Elisheva Eliyahu
15 Februarie 2006 9:00 vm. tot 9:50 vm.
Van Profesie 105 af, het YAHUVEH gesê hierdie moet van nou af op al die
Profesieë geplaas word: Elisabeth (Elisheva) EK het jou lank gelede gewaarsku om
nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie, selfs nog voordat
daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur
jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit
die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou
MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH ha KODESH jou IMMAYAH
geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is
deur die SHKHINYAH GLORIE se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind
van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk het.
“EK is YAHVEH, dit is MY NAAM; en MY EER sal EK aan geen ander gee, of ook MY
LOF aan die gesnede beelde nie”. Jes. 42:8
In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook gesê dat die volgende uit 2 Kronieke voor elke
Profesie gevoeg moet word:
2 Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY
Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat
daar geen genesing meer was nie.”
(skrifaanhalings vanuit : Woord en Getuienis bybel vertaling, behalwe wanneer
anders aangedui)
* * * * * * *
Lees Brief van Bemoediging Van Elisabeth (Elisheva)
HOE HIERDIE PROFETIESE BOODSKAP VOORTGEBRING IS…
Ek, Elisabeth (Elisheva), was voorgestel aan Luigi wie in Suid Amerika woon,
deur 'n ander geliefde lid van die Bruid, Adam in Kanada, en het met Luigi oor
die telefoon begin praat, September 2005 en begin van Januarie 2006.
Luigi het ons vertel dat, hy, Adam en ek verheerlikte liggame sou kry en
weggeraap sou word – opgeneem word na die Hemel – op 20 Februarie 2006. Ek sou
een week gehad het om die Bruid van YAHUSHUA in kennis te stel en selfs as ek
hulle nie kon in kennis stel nie, sou hulle in die gees weet.
Luigi het ook gesê dat een week voor 20 Februarie 2006, die engel Gabriël eerste
sou kom en dan sou Aartsengel Migael kom om dit eerste aan my te bevestig. Luigi
het ook gepraat van die bruilofsmaal wat sal plaasvind in die Hemel en vir 7
jaar sal aanhou, terwyl die Groot Verdrukking op die aarde sal plaasvind, en hy
het gesê dat ons bo in die Hemel sal wees en sigare sal rook en whiskey sal
drink by die Bruilofsmaal van die Lam.
Dit was 'n onmiddelike rooi vlag en ek het geweet dit was nie waar nie, maar ek
het nie vir Luigi op daardie tydstip bestraf nie. In stede daarvan het ek
dadelik vir Adam gebel nadat ek met Luigi gepraat het, en vir Adam gevra of
Luigi rook en drink, omdat hy hom persoonlik geken het en omdat Luigi saam met
hom gebly het vir 'n kort rukkie in Kanada.
Adam het gesê, Ja, Luigi het gesê dat YAHUSHUA hom vertel het dat hy moes begin
rook het. Ek het vir Adam vertel dat die Bruid nie so 'n ding sal doen in die
Hemel nie. Ek het nie 'n getuie gekry dat Luigi so iets moes doen op aarde nie.
Adam het my vertel dat hy Luigi sal konfronteer en my bekommernis sal deel. Een
week later het ek weer met Adam oor die telefoon gepraat. Hy het gesê dat hy vir
Luigi gekonfronteer het en dat Luigi daarop aangedring het dat YAHUSHUA hom
vertel het om dit te doen en dat ek die rede sou weet hoekom hy gesê was om dit
te doen.
Ons het teruggestaan en nie vir Luigi gekonfronteer nie. Ons wou almal sien of
dit wat Luigi gesê het sou waar word, eerstens waar die Heilige Engele sou kom
op 13 Februarie, alhoewel ons geen getuie daarvan gekry het nie, omdat dit nie
is wat YAHUVEH vir ons vertel het deur die profesieë en hoorbare woorde wat aan
my gegee is nie. 20 Februarie is nie op 'n Heilige Fees Dag of selfs op die
Sabbat nie. Van alle dinge is 20 Februarie Presidents Dag genoem.
Ons weet deur die Profesieë wat aan my gegee is, dat YAHUSHUA sal terugkom vir
SY Bruid op ’n Sabbat en op 'n "Rosh Hashanah". Toe ons die datum 20 Februarie
geplaas het en die profete gevra het om te bid om te sien of hulle enige iets
spesiaal kon agterkom vir daardie dag, het e-posse en telefoon oproepe gekom,
waarskuwings van 'n vals wegraping. Dit is nou nie dat daar 'n valse wegraping
was nie, maar satan het vir Luigi gelieg en gesê dat daar ‘n wegraping gaan
wees.
Luigi het 11 jaar van sy lewe gegee, alles opgeoffer, waar hy oral oor die
wêreld gegaan het en die evangelie gepreek het en gewaarsku het om te berou, dat
die Koninkryk van die Hemel naby is. Maar hierdie man, alleen in Argentinië op
die voorste linies, 61 jaar oud, was deur 'n demoon getref wat vir hom gelieg
het en is deur daardie demoon vertel dat hy daardie leuen moet aanstuur na my en
Adam.
Maar, ek het weer 'n bedroefdheid in die Gees gevoel en geweet dat dit nie sou
gebeur nie. Ek het aanhoudend vir Adam en Luigi gesê dat ons die Gees moet toets
wat praat. As dit nie gebeur nie, Luigi, sal jy moet erken dat jy deur satan
mislei was. Wat hierdie ondervinding gedoen het was om hom nederig te maak en
nou het hy ‘n gees wat gewillig is om te leer, wanneer ons hom vertel dat alles
in lyn moet wees met die Heilige Skrif en dat 'n profeet onderdanig is aan 'n
ander profeet. Ek was diep bedroef oor dit gewees, omdat ek nie Luigi wou
seermaak nie, want hy wou so graag hê dat ons Messias moes kom en hy en Adam het
die dae afgetel tot 20 Februarie 2006.
Luigi het my vertel, toe ek hom gevra het wat sal gebeur met hierdie Bediening,
ek het nie gevoel dat ons werk klaar was nie, en Luigi het gesê my werk was
verby. Ek het geweet die werk was nog nie klaar nie, daar is ander dinge wat
moet plaasvind met "Yisrael" voor die Bruid van YAHUSHUA weggeneem word, soos
eerste vrugte vrygekoop van die Aarde soos in Openbaring 14. Luigi is so alleen
in hierdie vreemde land, dat alhoewel hy nooit gerook het nie, het hy geglo dat
YAHUSHUA met hom gepraat het en gesê het dat dit reg was, want YAHUSHUA het hom
die begeerte van sy hart gegee. Mense, dit is nie die tipe begeerte van die hart
wat YAHUSHUA ons belowe nie.
Op 15 Februarie 2006, terwyl ek gebid en gevra het, hoe kon Luigi, wie sê dat hy
'n Heilige man en profeet is, so mislei word, het die woord hieronder
voortgekom. Op Sabbat, 2.18.2006, het ek hierdie profetiese boodskap vir Luigi
in Argentinië, oor die foon vanaf 'n opnemer, gespeel. Luigi het trane gestort
van jammerte en berou en my gevra wat moet hy volgende doen? Ek het hom die
instruksies gegee, natuurlik, om die duiwel te bestraf en op te hou rook en
alkohol te drink en om sy lippe te salf met salwings olie.
Hy het so 'n nederige en liefdevolle Gees, en toe ek vir Luigi vertel dat iets
goeds uit hierdie slegte misleiding gekom het waaronder Luigi was, dat ander vir
my geskryf het met soortgelyke probleme en vrae oor rook, drink, pornografie,
dwelms…en al is hulle lief vir YAHUSHUA, wil hulle steeds weet, kan hulle die
Bruid wees? Ek het vir YAHUSHUA gewag om my die antwoord te gee, en hieronder is
die antwoord. Weereens as dit nie gebeur het nie, sou hierdie woord hieronder
nie voortgekom het nie.
Ons bid terwyl jy dit lees, die wat waarlik begeer om YAHUSHUA se Bruid te wees,
as julle enige iets doen wat YAHUSHUA beledig, dan sal julle dit nou stop voor
dit te laat is en julle agter gelaat word in die Groot Verdrukking. Sommige van
julle wat hierdie lees was geroep om YAHUSHUA se Bruid te wees, maar het versuim
om dit wat YAHUSHUA aanstoot gee, op te gee. Die Skrif sê, "Want baie is geroep,
maar min uitverkies". (Mattheus 22:14)
Ek voel gelei deur die RUACH ha KODESH (Heilige Gees), om julle te vra om
asseblief nie vir Luigi te oordeel nie, omdat sommige van julle wat hierdie
lees, gedoen het, wat Luigi deur satan bedrieg was om te doen, en jyself doen
dieselfde ding of nog erger. Die hoof ding is om te berou en om satan te bestraf
en enige iets wat YAHUSHUA aanstoot gee te verlaat en wat jou daarvan kan
weerhou om SY Bruid te wees. Dit is dit mense, dit is waarlik die laaste uitroep
vir die Bruid van YAHUSHUA. Moenie enige tyd meer mors nie. Niks anders maak
saak nie, behalwe dit wat ons doen vir ons geliefde YAHUSHUA MESSIAS, ons
spoedig komende Bruidegom. HY wag by die deur vir SY Bruid, wees Heilig net soos
HY Heilig is!
Ons sien dinge so vinnig gebeur, en die stukke van die legkaart kom bymekaar.
Hierdie jaar sal wees soos geen ander jaar nie. Hou julle oë op "Yisrael"!
* * * * * * *
Prophecy 82
LAASTE UITROEP VIR DIE BRUID VAN YAHUSHUA MESSIAH!
Gespreek deur Apostel Elisabeth Elijah (Elisheva Eliyahu)
15 Februarie 2006
9:00 vm. tot 9:50 vm.
* * * * * * *
[Elisabeth (Elisheva) begin om te bid, "O, Heilige, Heilige, Heilige, YAHUSHUA
wat is dit wat U wil sê?"]
YAHUSHUA ha MASHIACH sê,
Elisabeth [Elisheva], EK wys jou 'n visioen. Aanskou MY Bruid.
Sy staan daar in skitterende wit, Heilig en onbesmet. Dit is die Bruid vir wie
EK kom; sy is in hierdie wêreld maar nie van hierdie wêreld nie. Daar is 'n
verskil tussen haar en ander wie haar heiligheid vermy. Ander wie nie van MY
Gees is nie, ander spot haar heiligheid, want sy weier om deel te neem aan die
sondes in hierdie wêreld. Sy is getrou, heilig aan MY, sy gaan nie ‘n kompromie
aan met sonde nie, sy kyk nie hoe ver sy kan oorleun oor die hel, voordat sy
inval nie. Sy wil geen deel hê van hel nie. Sy wil geen deel hê van satan nie,
sy wil geen deel hê van satan se “vices” nie. Die vrede waarna sy smag, sy draai
net na MY, die Prins van Vrede.
Kyk nou na hierdie visioen. Dit verander nou. Nou aanskou die vyand van julle
siel, MY Heilige Bruid en sê, “ek moet haar besmet, sy kan nie daar staan sonder
vlek of kreukel nie”. So hy sit 'n sigaret in haar mond, sodat sy die stank het
van rook. Hy sit die giftige drinkgoed in haar hand, sodat sy rondsteier soos 'n
dronkaard. Aanskou nou MY Bruid, waar pornografie in haar hande gesit is, sê die
vyand, "Moenie bekommer nie, niemand kan hierdie geheim sien nie, kruip net
weg". Nou is MY Bruid, wat eens so Heilig was, so besmet. So EK draai weg, want
EK kan nie kom vir 'n Bruid soos hierdie nie.
MY Bruid het nie die stank van 'n sigaret nie. MY Bruid steier nie soos 'n
dronkaard nie. MY Bruid lees nie pornografie agter die deure nie. Dit is 'n vals
Bruid en EK aanvaar net die ware een. So EK gee julle 'n keuse, want die enigste
geur wat enige een rondom jou moet ruik is die geur van MY salwingsolie, die
parfuum wat EK jou gegee het. Julle kleed kan nie sonder heiligheid wees nie,
die kleed van MY geregtigheid klee julle, hulle kan nie eens 'n vlek of ‘n
kreukel hê nie. Hulle kan nie enige rede hê vir hierdie wêreld om jou aan te kla
van sonde nie.
Besef julle nie, wat julle oë aanskou, aanskou MY oë? Besef julle nie dat julle
liggame die Tempel van die RUACH ha KODESH (Heilige Gees) is nie? Moenie mislei
word nie, omdat sonde geen deel in julle kan hê nie. Julle wonder of julle MY
Bruid is. Julle bid regoor die wêreld, "Is ek U Bruid"? Jy wil weet, Elisabeth
[Elisheva], hoe iemand wat jou van 'n sekere datum vertel wanneer EK kom vir MY
Bruid en tog is die Woord wat gegee is nie in lyn met MY Heilge Skrifte nie. Dit
is die begin van die misleiding wat ingetree het.
Hoeveel keer het EK al gesê, as dit nie in lyn is met MY Heilige Woord nie, want
EK is die Heilige Woord, EK is die lewende "Torah", selfs wanneer hulle kom van
'n Engel van die lig, moenie aanvaar wat nie van MY is nie. Hoeveel keer het EK
al gesê, “Toets die gees wat praat?” Jy wil weet hoe julle broer mislei was? Dit
beteken nie dat hy MY nie liefhet nie. Dit beteken nie dat hy nie begeer om MY
te dien nie, maar dit beteken dat dit die eerste stap is toe hy weg geloop het,
en misleiding ingetree het. Wanneer satan 'n houvas op hom gekry het en vir hom
gesê het, "Moenie na die Heilige Woord luister nie". Instede het hy begin
luister na 'n stem wat nie van MY was nie.
EK is nie 'n man dat EK kan leuens vertel nie. MY Woord is Waarheid. Wat EK sê,
gebeur. Die Heilige Engel het nie gekom nie, want Elisabeth [Elisheva], waar het
EK jou ooit vertel dat EK ander sal vertel, om die “Ringmaiden” te vertel en sê,
verwag dat YAHUSHUA op hierdie dag sal kom vir SY Bruid. Hoekom sal EK jou nie
eerste vertel nie? Dit is waarom EK oor en oor gesê het. Toets die Gees wat
spreek. Wie gaan luister na een wat 'n getuienis het wat lyk en ruik soos die
wêreld? Moenie meer enige verskonings maak vir hom nie. My mense het agter ander
Gode aangegaan, maar beteken dit dat EK julle geroep het om vreemde
afgodsdienaars te wees? Die mense is dronk van giftige drinkgoed. Beteken dit
dat EK jou geroep het om 'n dronkaard te wees? Die mense het na ander bronne van
vrede gedraai, maar beteken dit dat EK wil hê dat jy na 'n skoorsteen moet ruik
of opskiet soos 'n dwelm verslaafde?
Dwaasheid, dwaasheid, dwaasheid, dwaasheid! EK is kwaad, EK is kwaad, EK is
kwaad, EK is kwaad, EK is kwaad! Hoeveel van julle wie begeer om MY Bruid te
wees, wie EK geroep het om MY Bruid te wees, het Heiligheid verlaat? Hoeveel van
julle maak verskonings vir sonde? Hoeveel van julle weet MY Woord sê, eer die
Sabbat Dag en hou dit Heilig en tog maak julle die kerke vol op Sondag.
Dwaasheid, dwaasheid, dwaasheid, MY Bruid sal geen deel hê aan hierdie dwaasheid
nie. EK het gesê, julle moet Heilig wees soos EK Heilig is. MY Bruid sal Heilig
wees of EK sal geen deel van haar hê nie. Julle wil weet wie die dwase maagde
is? Julle wil weet hoekom hulle nie genoeg olie in hulle lampe gehad het nie?
Hulle het nie genoeg Heiligheid gehad nie.
Hulle het geweet dat EK kom, maar hulle het nie voorberei nie.
Dit is nie genoeg om MY net lief te hê nie, dit is nie genoeg om MY net te dien
nie, dit is nie genoeg om net MY Woorde te preek nie.
EK vereis Heiligheid.
Soos [met ‘n Heilige] man [aan ‘n Heilige vrou], sou EK geen deel van jou wou hê
as jy nie Heilig was nie. Hoeveel meer van 'n standaard van Heiligheid het EK.
Hou op om verskonings te maak vir sonde. Elisabeth [Elisheva], jy weet EK het
oor en oor gesê, “Toets die gees wat praat.” Hou op om verskonings te maak vir
jou broer. Dit beteken nie dat EK hom nie liefhet nie, maar dit beteken dat hy
die gees van misleiding toegelaat het om in te kom. Toe hy geglo het dat EK gesê
het, tel op die sigarette en drink daardie drank, hoe kon mense die verskil
tussen MY Gees en die vyand s'n sien, want Hy preek MY Woord, maar hy ruik soos
die wêreld.
EK het toegelaat dat dit gebeur, trots gaan voor 'n val. Luigi moet 'n gees hê
wat nog geleer kan word; hy moet berou en erken dat EK nie 'n man is wat kan jok
nie. Waar hy eens net my stem gehoor het, maar die vyand het bietjie vir bietjie
ingekruip, so Ek het dit toegelaat dat jy moes tussenbeide tree en dat jy moes
bid, want soos jy vir hom gebid het, het jy ook vir ander gebid wat begeer om MY
Bruid te wees. Soos jy die misleiding aanskou het wat hom om die bos gelei het,
net so het jy die misleiding aanskou in ander, wie MY Bruid wil wees.
Kan jy vir jou 'n prentjie skilder van 'n Bruid wat daar staan in glinsterende
wit? Nou, kan jy daardie kleed voorstel met nikotien vlekke? EK sit nie MY
Kinders; Ek sit nie MY Bruid in knegskap nie. Kan jy 'n prentjie skilder van MY
Bruid waar elke woord wat uit haar mond kom Heilig is? Nou, kan jy jou voorstel
die stank van alkohol in haar asem? Haar vingers gevlek met nikotien? Kan jy 'n
prentjie skilder waar MY Bruid Heilig daar staan, waar sy net wag om die
skoonheid van MY te aanskou? Nou, kan jy jou dieselfde Bruid voorstel, waar sy
agter toe deure wegkruip, met wellus in haar oë, terwyl sy na pornografie kyk,
met haar gedagtes gevul met vuilheid?
Gaan weg van MY, moenie waag om julleself MY Bruid te noem nie. Dit beteken nie
dat jy nie geroep is nie, dit beteken net dat EK jou nie sal aanvaar as jy nie
soos 'n Ester voor MY VADER kan staan nie, Heilig en rein en gehoorsaam voor MY
en MY VADER YAHUVEH. Kan jy vir jou 'n prentjie skilder van MY Bruid wat daar in
glinsterende wit voor MY staan, elke woord wat weer uit haar mond gaan is Heilig
met Lof vir MY op haar lippe, elke woord vol aanbidding en liefde. Skilder nou
'n prentjie met dieselfde een wat voor MY staan met lastering op haar lippe,
vuil taal wat kom asof dit kom van 'n riool. Sê MY Woord nie dat jou mond uit
jou hart uit praat nie? Moenie verskonings maak hoekom jy vloek nie. Elke woord
wat uit jou mond kom, elke woord wat uit MY Bruid se mond kom, moet Heilig wees.
EK IS WOEDEND!!!
Jy wil weet hoekom die Heilige Engele nog nie gekom het nie, Elisabeth
[Elisheva]? Jy het alreeds geweet, EK het jou gesê EK sou jou vertel. EK het vir
jou gesê dat jy die “Ringmaiden” is, EK het nooit vir jou gesê dat jy vir ander
moet luister nie. EK het jou gesê dat dit in lyn sal wees met MY Heilige Feeste.
EK het jou gesê dat dit in lyn sal wees met MY Heilige Woord. Toe jy uitgevind
het dat dit wat aan jou gesê was deur 'n ander, nie in lyn was met MY Heilige
Woorde nie, hoekom het jy nie dit wat jy gehoor het, bestraf nie? EK het dit
toegelaat om te veroorsaak dat jy meer vrymoedig sal wees, omdat jy geweet het
dat jy nie kan glo wat vir jou vertel was nie.
EK sal 'n Bruid hê, sy is alreeds geseël, en die dwase kyk om verskonings te
maak om te sondig, maar EK het 'n Bruid. Dit is hoekom EK jou oor en oor vertel
het, EK vereis Heiligheid. Hierdie Bediening staan vir Heiligheid. Hierdie
“Ringmaiden” moet Heiligheid verwag. Dit beteken nie dat EK nie die ander
liefhet nie. Maar EK het maar net een Bruid. Soos EK jou vertel het Elisabeth
[Elisheva], en jy nie vrymoedig genoeg was om dit te spreek nie, maar nou sal
EK.
Op "Rosh Hashanah", in 2005, toe jy gebid het, "O maak my waardig om U Bruid
genoem te word soos in Openbaring 14, omdat ons weet dat net hierdie alleen,
YAHUSHUA, U Bruid is". En EK het gesê, "Luister Elisabeth [Elisheva], as EK kies
om te beskerm en EK kies om te seël en EK vat sekeres van MY Bruid, soos
Openbaring 14 dit stel, vrygekoop van hierdie aarde, geseël en beskerm op
hierdie manier, en EK kies om sekeres van MY Bruid te los, soos gespreek in
Openbaring 7, geseël en beskerm, maar EK los hulle in hierdie wêreld om aan te
hou om MY Woorde te preek, om die standaard teen die bose te wees, beskerm en
seël EK dan nie steeds MY Bruid nie?"
Wat bemoei dit jou oor hoe EK al MY Bruid beskerm en seël? Sommige van hulle is
soos Openbaring 14, en hulle is MY eerste vrugte, Elisabeth [Elisheva]. EK het
jou alreeds vertel dat dit die groep is, waarin jy sal gaan. Sommiges is MY
Skild Krygers en Skild Maagde in Openbaring 7 en hulle is alreeds geseël, hulle
wag net dat dit moet gebeur, wat EK gesê het moet gebeur, maar hulle is geseël
en geen leed sal enige een van hulle aangedoen word nie. Albei is MY Bruid. EK
het net een Bruid. EK verkies net om sekeres eerste huis toe te neem, en EK
verkies om sekeres op hierdie aarde te los.
Nou, sal jy voortspreek wat EK jou vertel het om in vrymoedigheid te sê?
Hoeveel van MY Bruid het gesê, "Ek voel net nie dat ek hierdie aarde al gaan
verlaat nie." Dit is omdat hulle van Openbaring 7 is, omdat EK 'n vegtende Gees
in hulle gesit het, 'n Gees van oorlewing. Die ander in Openbaring 14 smag na MY
om te kom. Hulle sien hulself nie veg op hierdie aarde nie, maar EK sal kom vir
die Openbaring 7 Bruid, net so seker soos EK sal kom vir die Twee Getuies. Die
Twee Getuies, EK herhaal weer vir julle, is deel van die Bruid van Openbaring 14
en hulle sal eerste geneem word, soos die eerste vrugte, en dan sal hulle terug
kom. Die gaste van die Bruilofsmaal van die Lam sal uit die Groot Verdrukking
kom. Hulle sal die wees wat hulle klere in MY Gestorte Bloed gewas het.
Daar kom 'n vals wegraping. . Die duiwel se voorneme is om MY te terg in alle
weë. Dit is hoekom dit so baie belangrik is om die woord daar buite te kry sodat
mense nie mislei word nie.
Wees versigtig vir die evangeliste op TV. Hoekom dink julle is hulle so ryk en
so beroemd? Omdat hulle siele na die anti-messias gaan lei, hulle het die prys
betaal, hulle is gekoop. Wees versigtig vir die evangeliste op TV, wanneer hulle
julle nie die Joodsheid van MY leer nie.
O, hoe maklik word hierdie wêreld mislei. As hulle nie leer dat mense moet
wegdraai van sonde nie, dat hulle moet berou, op hulle gesigte moet val voor MY,
dan is hulle nie van MY nie. Dit is meer as om net te sê, "O Jesus, kom binne in
my hart in." Dit word genoem, wegdraai van sonde, afstand doen van satan, berou,
en MY toelaat om binne in hulle te woon. Wees versigtig vir hierdie predikers
wat net julle jukkende ore wil sagmaak. Dit is hoekom EK bedieninge soos hierdie
opgerig het, wie die waarheid in Heiligheid preek. Wees versigtig vir enige een
wat sê die Tien Gebooie het verander, ons kan gaan en ons kan aanbid en kan
enige dag die Sabbat Dag noem.
Dit is die boodskap wat EK op hierdie dag vir julle los, en niks van hierdie
boodskap sou na vore gekom het nie as EK nie ‘n Luigi na julle toe gestuur het
nie, omdat hy mislei was. Dit beteken nie dat hy nie aan MY behoort nie. Dit
beteken dat hy op sy gesig moet val voor MY. Hy moet homself nederig maak en dit
verlaat, wat EK hom nie vertel het om te doen nie. EK gee nie net hierdie
boodskap vir hom nie, EK gee dit vir almal van julle. Uit hierdie hele wêreld,
noem EK net 288,000 MY Bruid, uit hierdie hele wêreld. Maar dit beteken nie dat
EK nie liefhet en EK nie red nie, dit beteken net dat 'n baie klein oorblyfsel
alleen waardig is om MY Bruid genoem te word.
Hoeveel julle MY liefhet, kan julle meet aan hoeveel van ‘n begeerte jy het vir
Heiligheid, want dit is waarna EK kyk. MY Bruid sal haarself nie prostiteer voor
ander Gode nie, maar EK en MY VADER YAHUVEH sal nommer een wees. EK en MY VADER
is EEN. Onthou dit wanneer jy wil weet, "YAHUSHUA, is ek U Bruid?" Antwoord dit
vir jouself. EK het 'n hoë standaard vir Heiligheid vir MY Bruid.
Elisabeth [Elisheva], EK sal nooit iemand anders vertel om jou te vertel wanneer
jy moet verwag dat daardie Heilige Engele gaan kom nie. EK sal nooit iemand
anders vertel watter dag EK kom nie, want EK het vir jou gesê dat EK jou eerste
sal vertel, MY “Ringmaiden”, sodat jy kan sê, "Berei die weg voor, die Bruidegom
gaan kom."
Sodat die nuus kan uitroep en lui, na MY Bruid, ver en wyd. Wanneer die Heilige
Engele na jou toe kom, sal MY Bruid weet terwyl hulle tussenbeide tree, help en
bid vir jou, MY Bruid sal weet, omdat MY Bruid 'n begeerte het om een met jou te
wees, want jy is een met MY. Enige een wat hierdie Bediening haat is nie deel
van MY nie, want hoe kan hulle deel van MY wees en Heiligheid en gehoorsaamheid
haat?
Wees versigtig vir enige profeet wat hulle self 'n profeet noem, al lyk dit of
MY Woorde uit hulle lippe kom, selfs al lyk dit of dit in lyn is met MY Woord,
as hulle uiterlik sondig, uiterlik veroorsaak dat daar 'n stank kom oor hulle
getuienis. EK vra julle dit, “Waar het EK ooit in die Heilige Skrifte MY Profete
beveel, of waar het ABBA YAHUVEH SY Profete beveel, om op enige ander manier
behalwe HEILIG op te tree?” Het ONS nie altyd die Profete apart geplaas om
Heilig vir ONS te wees nie?
So julle moet enige iemand bestraf wat na julle toe kom en verskonings maak vir
sonde en sê dat EK, YAHUSHUA of YAHUVEH hulle vertel het om sonde te doen. EK
herinner julle aan dit. Enige een wat dink hulle stel datums en gestuur is om
julle te sê wanneer die wegraping van die Bruid sal kom, EK het hulle nie
gestuur nie. Dit is hoekom EK jou die “Ringmaiden” noem en EK het jou alreeds
vertel dat EK sal terugkom op 'n Sabbat, en enige een wat sê dat dit op 'n
Sondag sal wees, weet dat hulle nie van MY is nie. Enige een wat sê dat dit op
enige ander dag behalwe die Sabbat is, weet dat dit nie van MY is nie want EK is
nie 'n man wat kan leuens vertel nie. Leuenaars sal kom, en hulle sal na jou toe
kom, net soos ‘n engel van lig. Hoekom dink jy het die Woord soveel keer
uitgegaan, hierdie dag, daardie dag, die wegraping sal kom, maar dit is nie in
lyn met wat EK jou gesê het nie?
Bestudeer en lees die profetiese boodskappe wat EK jou reeds gegee het, en as
dit nie in lyn is nie, gooi dit uit. Want jy is MY “Ringmaiden”, en net soos die
roeper uitgeroep het, "Berei die weg voor, die Bruidegom gaan kom." Net so sal
EK jou vertel, en die ware Heilige Engele sal kom. Maar jy het niemand nodig om
jou die datum te vertel nie. Die Heilige Engele sal net opdaag en die vyand
onverhoeds vang. Nou Elisabeth [Elisheva], hoef jy nie langer meer die las te
dra wanneer mense vir jou skryf en sê, "Is ek die Bruid?" Nou kan hulle hierdie
profetiese boodskap direk uit MY mond hoor en hulle self kan weet deur wat die
woorde gesê het, "Is ek YAHUSHUA se Bruid?" Pasop vir die vervalste bruid.
Aanskou MY Ware Bruid. Hierdie is die laaste uitroep vir MY Bruid.
* * * * * * *
Beledigend vir sekeres, ophelderend vir ander, in die Naam van YAHUSHUA ha
MASHIACH,
Apostel Elisabeth Elijah (Elisheva Eliyahu)
15 Februarie 2006
N.S. Voel asseblief vry om te kopieer en met ander te deel, al wat ons vra is,
los asseblief die hele boodskap onveranderd, ingesluit die verduideliking van
hoe die profetiese boodskap na vore gekom het. Baie dankie aan almal wie ‘n hulp
is vir hierdie Bediening en my.