Satan se Kloue (“Satan’s Claws”/Santa Claus)


Meer Oor Die Kersfees Boom


Gee daardie ou boom die stewel!

Die oggend nadat die Yule-log verbrand is, sou heidene 'n boom oprig en dit versier en omring met geskenke. Dit verteenwoordig 'n nuwe lewe vir hul Kind-koning. 'n Paar dae na die dood van die "Holly Kings" het hy weer as die "Oak King" teruggekom. Hierdie praktyk dateer terug na antieke Babilon soos Jeremia sê:

So spreek die Here: Leer nie die weg van die nasies nie en wees nie verskrik oor die tekens van die hemel nie; want die heidene is verskrik oor hulle.

Want die gebruike van die volk is tevergeefs; want 'n mens sny 'n boom uit die bos, die werk van die werker se hande, met die byl. Hulle bedek dit met silwer en goud; hulle maak dit vas met spykers en met hamers, dat dit nie beweeg nie.

Jeremia 10: 2-5
In die Noordelike Halfrond val die kortste dag, en die langste nag van die jaar, op 21 Desember of 22 Desember en word die winter sonstilstand genoem. Baie mense, uit die ou dae, het geglo dat die son 'n god was en dat die winter elke jaar gekom omdat die songod siek en swak geword het. Hulle het die sonnewending gevier omdat dit beteken het dat die songod uiteindelik sou begin herstel. Immergroen takke het hulle herinner aan al die groen plante wat weer sou groei wanneer die songod sterk was en die somer terug sou kom.

Die antieke Egiptenare aanbid 'n god genaamd Ra, wat die kop van 'n valk gehad het en die son as 'n brandende skyf in sy kroon gedra het. Gedurende die sonstilstand, wanneer Ra begin herstel het van die siekte, het die Egiptenare hul huise gevul met groen palm biesies wat vir hulle die oorwinning van die lewe oor die dood simboliseer.

Die aggressiewe Vikings in Skandinawië het gedink dat immergroen plante die spesiale plant van die songod, Balder, was.

Die oorsprong van die Kersboom is dus, op die een of ander manier, diep gegrond in die aanbidding van die son.

Hoe voel YAHUVEH hieroor? Let veral op wat HY aan sy profeet Esegiël gesê het ...

Esegiël 8:15-18
En Hy sê vir my: Het jy dit gesien, mensekind? Jy sal nog ander gruwels, groter as hierdie, sien.
Toe bring Hy my na die binneste voorhof van die huis van die HERE; en kyk, by die ingang van die tempel van die HERE, tussen die voorportaal en die altaar, was omtrent vyf en twintig man, met hulle rug na die tempel van die HERE en hulle gesig na die ooste, en hulle het hul voor die son neergebuig na die ooste.
En Hy sê vir my: Het jy dit gesien, mensekind? Is dit dan vir die huis van Juda te gering om die gruwels te doen wat hulle hier bedrywe, dat hulle die land met geweld gevul en My nog meer geterg het? En kyk hoe hulle die druiwetak by hulle neus hou!
Daarom sal Ék ook in grimmigheid handel; my oog sal nie verskoon nie, en Ek sal nie spaar nie; en al roep hulle hardop voor my ore, nogtans sal Ek na hulle nie luister nie.”

As ons werklik bekommerd is om YAHUVEH te behaag, wil ons dan enigsins geassosieer word met 'n gewoonte wat soveel oneer aan HOM bring?

25 Desember

Dit was tradisioneel die gevierde verjaardag van Nimrod, sowel as die winter sonstilstand. Dit kan onmoontlik wees tydens YAHUSHUA se geboorte, a.g.v. 'n klompie redes: Eerstens was die herders in die nag besig om na hul kleinvee om te sien. Dit sou onmoontlik gewees het as gevolg van onstuimige winterweer. Tweedens, die sensus en betaling van belasting het in die herfs gebeur, nie die winter nie. Hoekom vier ons dan fees op 25 Desember? Toe Konstantyn keiser was, het Christene en heidene heeltyd geveg. Hy het probeer om vrede na sy koninkryk te bring deur die twee gelowe saam te voeg. Die heidense godsdiens het tussen die 21ste en 25ste Desember die winter sonstilstand gevier. Daarom het hy 'n nuwe vakansiedag gemaak wat die Christene toegelaat het om die geboorte van Jesus op dieselfde dag te vier, sodat almal in sy koninkryk besig sou wees met feesviering.

Immergroen Takke

Dit was om te simboliseer dat die somer terug sou kom wanneer die songod weer sterk was. Ook die Teutoniese mense het “holly” en ander immergroen takke in hul huise geplaas om hul te beskerm teen bose geeste en slegte winterweer.

Geskenke

Baie Christene beweer dat geskenke afkomstig is van die wyse manne wat geskenke aan die Christus-kind gegee het, of andersins God se geskenk, van Jesus, aan die wêreld. Die Magi [Wyse Manne] het nie geskenke gegee omdat dit YAHUSHUA se geboortedag was nie want hulle het lank na sy geboorte daar aangekom, maar omdat HY 'n koning was. Elke keer as jy in die teenwoordigheid van 'n koning gekom het, in daardie dae, het jy 'n geskenk gegee. Dit was die gebruik. Gee van geskenke dateer terug na die feeste van Saturnalia en Kalends. Hierdie is albei tydens die einde van Desember gevier. Die vroeë geskenke het gewissel van takkies afkomstig van heilige boomstamme vir goeie geluk, tot kos. Later het dit verder uitgebrei na dinge soos kerse, of beelde van hul gode.

"Die gebruik van geskenke-gee, op Kersfees, dateer terug na die Romeinse feeste van Saturnalia en Kalends. Die heel eerste geskenke was eenvoudige items soos takkies van heilige boomstamme as geluks- embleme. Kort daarna het dit uitgebrei na kos, klein juweliersware, kerse, en standbeelde van [valse] gode. Volgens die vroeë Kerk was geskenke-gee in daardie tyd oorgedra van die heidene en is dit deur hulle afgekeur. Maar mense wou nie afstand doen daarvan nie.”

Ons het reeds bespreek watter valse godsdiens die heidense fees van Saturnalia was. Maar let daarop, toe die Christene die eerste keer die praktyk aangeneem het, was die Kerk ernstig daarteen gekant met die besef hoe heidens die oorsprong daarvan was. En hoekom het die Kerk uiteindelik ingestem? Omdat hulle besluit het dat dit nie heidens en oneervol teenoor GOD was nie? Nee, maar omdat die mense eenvoudig nie wou wegdoen daarmee nie. Kan ons skuldig wees aan dieselfde hardnekkige weiering om weg te doen met die onteering van God, heidense praktyke en heksery, omdat ons dit ook genotvol vind?

“Mistletoe”

Die “mistletoe” van die heilige eikebome was veral heilig vir die antieke Keltiese Druïde. Op die sesde nag van die maan, sou wit gekleede Druid-priesters die eik “mistletoe” met 'n goue sekel afsny. Twee wit bulle sou geoffer word te midde van gebede sodat die ontvangers van die “mistletoe” voorspoedig sou wees. Die gebruik van ‘n “mistletoe” om huise tydens Kersfees te versier, is ‘n oorlewering van die Druid en ander voor-Christelike tradisies. "Dit was nog 'n geval waar Kersfees sterk bande het met valse godsdienstige, heidense gebruike.

Hier is nog 'n openbaring wat vir my op 27 November 2005 deur YAHUVEH gegee is. Wanneer jy iemand onder die “mistletoe” soen, vervloek jy jou verhouding met daardie persoon as jy wil hê hulle moet ‘n geliefde wees, of as hulle alreeds is. Jy bring 'n vloek op die verhouding, want dit is 'n Druid-gewoonte, maar tog is daar sogenaamde Christene wat daaraan deelneem.

Die “Yule” Stomp

Die gebruik van die “Yule” stomp het begin met die antieke Skandinawiërs wat een keer per jaar 'n groot stomp ter ere van hul god Thor verbrand het. Nadat hulle Christene geword het, het hulle die “Yule” stomp 'n belangrike deel van hul Kersfees-seremonies gemaak. Dit is verbrand ter ere van hulle kinder-god en die volgende dag, na die branding van die stomp, het hulle 'n boom versier en omring met geskenke. Dit verteenwoordig nuwe lewe.

Ek dink dit is duidelik dat Thor 'n heidense god is en enige bande met hom is bande met valse godsdiens.

“Holly”

Hierdie tyd van die jaar was, vir die heidene om oor hul "Holly King", wat rondom 21 Desember dood is, te treur. Ook die Teutoniese mense het “holly” en ander immergroen plante in hul huise geplaas om hul te beskerm teen bose geeste en slegte winterweer.

“Santa Claus”

En wat van Jolly St. Nick? Hy is 'n onskuldige, gelukkige, vrolike wese, reg? Vernoem na die heilige beskermheer St. Nicholas, reg? Wel, die enigste twee dinge wat moderne St. Nick en die ware St. Nicholas in gemeen het, is sy naam en sy vriendelikheid teenoor kinders. Van daar af is die res van die mite en tradisie meestal bygevoeg van die heidense god Thor. Thor het in die noorde aan die bo-punt van die wêreld in die Poolstreke geleef. Hy het deur ys en sneeu geworstel om na ons dele van die wêreld te kom. Hy het 'n slee gehad wat deur takbokke gedryf is. Hy het straf uitgedeel aan slegte kinders en geskenke aan goedgemanierde kinders. (Weet as jy stout of soet was)

Twee van sy takbokke is vernoem na heidense gode. Cupid (god van seksuele liefde) en Donner (god van donder). Baie heidense kulture het 'n vuurherd-god aanbid wat rooi gedra het, die huis deur die skoorsteen binnegekom het, diegene geseën wat hom tevrede gestel het en diegene vervloek wat dit nie gedoen het nie. Kos is gelos om hierdie god te paai. Taiwan het nog steeds 'n vuurherd-god wat op die 24ste dag van die 12de maand verskyn om die status van die mensdom aan die hemele te rapporteer. Die melk en koekies wat vir St. Nick onder die boom gelaat word dateer ver genoeg terug sodat Esegiël daarteen gewaarsku het…

Esegiël 6:13
En julle sal weet dat Ek die HERE is, as die wat uit hulle verslaan is, onder hulle drekgode lê rondom hulle altare op elke hoë heuwel, op al die bergtoppe en onder elke groen boom en onder elke digte terpentynboom, die plek waar hulle aan al hulle drekgode ‘n lieflike offergeur gebring het.

Kranse

Die krans was 'n heidense tradisie wat die sirkel van die lewe aandui: Geboorte en dood. Ook die Teutoniese mense het “holly” en ander immergroen plante in hul huise geplaas om hul te beskerm teen bose geeste en slegte winterweer.

Baie Christene, wanneer hulle met hierdie waarhede gekonfronteer word, sê dat dit aanvaarbaar is aangesien hulle nie hierdie dinge gebruik vir daardie doeleindes nie, dat die item nou Christelik is, dat ons dit oorgeneem het en sy betekenis verander het. Hulle gebruik dit om YAHUSHUA te aanbid en SY geboorte te vier.

Vervolgens sê ek: "Hoekom dra jy nie 'n pentagramketting nie, sê dat dit jou aan die ster van Bethlehem herinner of, hang onderstebo kruisies in jou huis, en sê dat jy onderstebo is sonder YAHUSHUA en dat dit jou daaraan herinner. Of begin met met YAHUSHUA te praat deur bome, want God is alomteenwoordig, dan is hy mos ook in die Bome. " Die argument is kranksinnig.

Jou vriende sou dink jy was mal en in sommige kerke sal jy nie eens toegelaat word om by die deure in te gaan nie. Waarskynlik reg so. Dit is belaglik vir julle, omdat dit duidelik heidense simbole is, tog aanvaar jy die gebruik van hierdie ander heidense simbole, bloot omdat ander Christene, voor jou, swak was en gestruikel het. Ons kan nie 'n simbool van satan neem en 'n masker van die Christendom daaroor sit en dit goed noem nie.

Die Goue Kalf

Onthou die storie in Eksodus 32 van die Goue Kalf. Om saam te vat, die mense het moeg en bekommerd geword omdat Moses te lank weg was, sodat hulle Aaron 'n goue kalf laat maak het sodat hulle iets kon hê om te aanbid.

“Toe Aäron dit sien, het hy daarvoor ‘n altaar gebou. En Aäron het uitgeroep en gesê: Môre is daar fees tot eer van die HERE.” Eksodus 32: 5

“En hy het die kalf geneem wat hulle gemaak het, en dit in die vuur verbrand en dit fyn gemaal. Toe het hy dit op die water gestrooi en die kinders van Israel dit laat drink.” Eksodus 32:20

Heilige Kerk van YAHUSHUA ha MASHIACH, dit is tyd om standpunt in te neem. Dit is tyd om die wêreld te vertel dat ons nie deelnemers gaan wees aan haar boosheid nie. Dit is tyd om te sê; "Niks meer nie" t.o.v die feesvieringe van die heidene.

So, sal ons dan sê: "Ons wens jou 'n Geseënde Kersfees" hierdie Kersfees? YAHUVEH God verbied dit! En laat ons ophou om dit “Christmass” te noem, want dit besoedel die naam van Christus YAHUSHUA. Kom ons noem dit wat dit werklik is, die Fees van Nimrod of Bromeliad (die Romeinse naam). Wil jy iemand 'n "Gelukkige Nimrod" of 'n "Gelukkige Brumalia" toe wens?

Wie se Verjaardag is 25 Desember? YAHUSHUA s’n of ... Bose Koning Nimrod s’n?

“Christmass” (Kersfees)

Die woord self moet aan protestante aanstoot gee. Dit kom natuurlik uit Christus se “mass”. “Mass” is 'n Rooms-Katolieke diens, wil ons regtig 'n “mass”-Katolieke diens vier! WIL JY REGTIG DIE SEUN VAN BAAL VIER? WIE HET SATAN AANBIDDING BEGIN?

YAHUSHUA kom nie vir 'n ongehoorsame bruid nie. Jy kan nie sê dat hierdie bediening jou nie oor die waarheid gewaarsku het nie. Dit is jou keuse of jy die waarheid toelaat om jou vry te maak.

Die Verhaal Van Nimrod, Soos Dit Verband Hou Met Kersfees En Paasfees

25 Desember was die verjaardag van Nimrod. Die oorspronklike Kersfees boom is afkomstig van ‘n mite, waar 'n vrou in 'n bloedskandelike-verhouding was met een van die boosste mense wat ooit op die aarde gewoon het.

Nimrod het die toring van Babel gebou, die oorspronklike Babilon, die oer-oue Ninevie, asook baie ander stede. Hy het hierdie wêreld se eerste koninkryk voortgebring. Die naam Nimrod, in Hebreeus, is afgelei van “Marad”, wat beteken “ hy was opstandig”. Vanuit vele antieke geskrifte word aansienlik geleer, dat hierdie man die groot georganiseerde wêreldse afvalligheid, weg van God af, begin het wat tot nou toe hierdie wêreld oorheers. Nimrod was so boos, daar word gesê dat hy met sy eie ma getrou het, wie se naam Semiramis was. Na Nimrod se ontydige dood het sy sogenaamde ma-vrou, Semiramis, die bose leer gepropageer van die oorlewing van Nimrod as 'n geestelike wese.

Sy het beweer dat 'n volgroeide immergroen boom oornag vanuit 'n dooie boomstomp gespruit het, wat die uitspruiting simboliseer, van die dooie Nimrod, tot nuwe lewe.

Op elke herdenking van sy geboorte, het sy beweer, dat Nimrod die immergroen boom sou besoek en geskenke daarop los. 25 Desember was die verjaardag van Nimrod. Dit is die ware oorsprong van die Kersboom. Deur haar gekonkel het Semiramis die Baba Babiloniese "koningin van die Hemel" geword, en Nimrod, onder verskillende name, die "goddelike seun van die hemel” geword.

Na haar dood is Semiramis aanbid as die "koningin van die Hemel" en Nimrod, onder verskillende name, as die "goddelike seun van die hemel".

Moeder En Kind
Oor die geslagte, in hierdie afgodsdiens, het Nimrod ook die valse Messias, die seun van Baäl, die Son-god geword. In hierdie valse Babiloniese stelsel, het die "Moeder en Kind" (Semiramis en hergebore Nimrod) hoofvoorwerpe van aanbidding geword. Hierdie aanbidding van "Moeder en Kind" het oor die wêreld versprei. Die name verskil in verskillende lande en tale. In Egipte was dit Isis en Osiris. In Asië, Cybele en Deoius. In heidense Rome, Fortuna en Jupiterpuer. Selfs in Griekeland, China, Japan en Tibet, is die ampsgenoot van die Madonna gevind, lank voor die geboorte van Christus (YAHUSHUA)!

Dus, gedurende die vierde en vyfde eeu, toe die heidene van die Romeinse wêreld die nuwe gewilde "Christendom" by die honderde en duisende "aanvaar" het, en hulle ou heidense gebruike en oortuigings saam met hulle oorgedra het, en dit bloot bedek het met Christelik-klinkende name, het die Madonna en "Moeder en Kind" idee ook gewild geword, veral tydens Kersfees tyd. Elke Kersseisoen sal jy tientalle kere die liedere en gedreunsing van "Stille Nag-Heilige Nag" met sy bekende "Moeder en Kind" tema hoor. Ons wat in so 'n Babiloniese wêreld gebore is, grootgeword het en ons hele lewe lank ingeoefen is , is geleer om hierdie dinge as heilig en eerbiedig te respekteer. Ons het nooit bevraagteken waar dit vandaan gekom het nie - hetsy dit van die Bybel of van die heidense afgodery afkomstig was nie!

Waarheid Is Weggesteek
Ons is geskok om die waarheid te leer – sommige neem ongelukkig aanstoot tot die gewone waarheid! Maar GOD beveel SY getroue dienaars, "Roep hard-op, moenie spaar nie, hef jou stem op soos 'n basuin en wys my volk hulle oortreding!"

Skokkend soos hierdie feite is, is dit die eenvoudige feite van die geskiedenis en die Bybel! Die ware oorsprong van Kersfees dateer terug na die oer oue Babilon. Dit is verbind aan die georganiseerde afvalligheid wat hierdie misleide wêreld vir baie eeue aangegryp het! In Egipte, is daar altyd geglo dat die seun van Isis (die Egiptiese naam vir die "koningin van die Hemel"), 25 Desember gebore is. Afgode het hierdie beroemde verjaarsdag vir eeue regoor meeste dele van die wêreld gevier voor die geboorte van Christus (YAHUSHUA).

25 Desember is nie die verjaardag van YAHUSHUA (Jesus Christus) nie! Die apostels en die vroeë ware Kerk het nooit YAHUSHUA (Jesus Christus) se verjaarsdag gevier nie. Daar is geen bevel of instruksie in die Bybel om dit te vier nie! Die ou afgodsdiens "Chaldean Mysteries", wat deur hierdie vrou van Nimrod gestig is, is oorgelewer deur die heidense godsdienste onder nuwe Christelik-klinkende name.

Die Oorsprong Van “holly”, “kranse”, “mistletoe” En Die “yule” Stomp.
Nou, waar het ons hierdie “mistletoe” gebruike gekry?

Onder die ou heidene is die “mistletoe” gebruik by hierdie fees van die winter sonnewending, omdat dit as heilig vir die son, beskou was weens sy sogenaamde wonderbaarlike helende krag. Die heidense gebruik, om te soen onder die “mistletoe”, was 'n vroeë stap in die nag van brassery en dronk losbandigheid -- die viering van die dood van die "ou son" en die geboorte van die nuwe son tydens die winter sonnewending. “Mistletoe”, heilig in heidense feeste, is 'n parasiet! “Holly” bessies is ook beskou as heilig vir die son-god. Die “yule” stomp is in werklikheid die "son stomp". "Yule" beteken "wiel", 'n heidense simbool van die son. Tog praat belydende Christene vandag van die "heilige yule-gety seisoen"!

Selfs die aansteek van vure en kerse, as 'n Christelike seremonie, is bloot 'n voortsetting van die heidense gebruike, om die kwynende son-god aan te moedig terwyl hy die laagste punt in die suidelike hemelruim bereik! Die Ensiklopedie “Americana” sê: "Die “holly”, die “mistletoe”, die “yule-stomp” ... is oorblyfsels van voor-Christelike tye." Van heidendom! Die boek "Antwoorde op Vrae", saamgestel deur Frederick J. Haskins, wat in openbare biblioteke voorkom, sê: "Die gebruik van Kersfees kranse, word deur die owerhede geglo, dat dit afkomstig is van heidense gebruike, of om geboue en aanbiddingsplekke te versier op die fees wat plaasvind op dieselfde tyd as Kersfees.

Die Kersboom is afkomstig van Egipte en sy oorsprong dateer uit 'n tydperk lank voor die Christelike Era. "Ja, en selfs Kersvader (Santa Claus)! Maar, beste ou Kersvader (Santa Claus), is tog seker nie 'n skepping van heidense geboorte nie..? Maar hy is, en sy ware karakter is nie so welwillend en heilig soos baie hom voorstel nie!

Die naam "Santa Claus" is 'n verknoeiing van die naam "St. Nicholas", 'n Rooms-Katolieke biskop wat in die 5de eeu geleef het. In die Ensiklopedie “Britannica”, volume 19, bladsye 648-649, 11de uitgawe, lees ons: "St. Nicholas, biskop van Myra, 'n heilige, vereer deur die Grieke en Latyne op 6 Desember. ‘n Legende vir sy onverbiddelike toewyding vir die gee van bruidskatte vir drie dogters van 'n behoeftige burger, het die ou gewoonte laat ontstaan om geskenke in die geheim op die vooraand van St Nikolaas [6 Desember] te gee, gevolglik is hierdie dag oorgedra na Kersdag. " Vandaar is die assosiasie van Kersfees met “Santa Claus” gemaak. Deur die jaar straf ouers hul kinders omdat hulle leuns vertel. Dan, tydens Kersfees, vertel hulself vir die kleintjies hierdie leuen van 'Santa Claus'!

Is dit enige wonder dat baie van hulle, wanneer hulle grootword en die waarheid leer, begin glo dat GOD ook 'n mite is? Een klein kindjie, hartseer ontnugter oor “Santa Claus”, het aan 'n speelmaat gesê: "Ja, en ek gaan ook na hierdie 'Jesus Christus-besigheid' bekyk!” Is dit Christelik om kinders mites en valshede te leer? GOD sê: "Jy mag nie valse getuienis oordra nie!" Dit mag reg lyk, en geregverdig word deur hierdie menslike redes, maar GOD sê: "Daar is 'n manier wat reg lyk vir 'n mens, maar die einde daarvan is die weë van die dood!"

"Old Nick" is ook 'n term vir die duiwel! Is daar 'n verbinding? Satan verskyn as 'n "engel van die lig" om te mislei! (II Korintiërs 11:14; Openbaring 12: 9.)

En sodra ons die feite ondersoek, is ons verbaas om te leer dat die beoefening van Kersfees nie eintlik 'n ware Christelike praktyk is nie, maar 'n heidense gebruik -- een van die weë van Babilon, waarin ons mense verval het!

Wat Die Bybel Sê Oor Die Kersfees Boom

Maar alhoewel die Bybel swyg oor Kersfees, en daar geen opnames hieroor gemaak is deur die apostels of die vroeë ware Kerk nie, het dit wel iets te sê oor die Kersboom! Dit sal vir baie as ‘n ware verrassing kom. Maar hier is dit: Jeremia 10: 2-6: So sê die Here: Maak julle nie gewend aan die weg van die heidene nie. Want die insettinge van die volke is nietigheid; want 'n boom uit die bos kap hulle om, die handewerk van ‘n ambagsman met die byl. Hulle versier dit met silwer en goud, hulle maak dit vas met spykers en met hamers, dat dit nie waggel nie.

Daar is nou 'n perfekte beskrywing van die Kersboom, wat deur die Ewige beskryf word as "die weg van die heidene - die gebruike van die volk." Ons word beveel om nie daardie weg te leer of te volg nie! Dit word ook in hierdie gedeelte as afgodery beskou. Die vyfde vers toon aan dat hierdie bome nie kan praat nie – nie kan loop nie – gedra moet word. “Wees nie bevrees vir hulle nie, want hulle (die bome) kan nie kwaad doen nie, en dit is ook nie in hulle om goed te doen nie.” Hulle is nie gode om gevrees te word nie. Sommige mense het dit verkeerd vertolk om te sê dat daar geen kwaad daaraan is om 'n Kersboom te hê nie, maar dit is nie wat dit sê nie.
Is Die Uitruil Van Geskenke Nie Skriftuurlik Nie?
As dit kom by die belangrikste deel van alles in hierdie Kersfees-viering -- die Kersfees-inkopie seisoen -- die koop en uitruil van geskenke -- sal baie triomfantlik uitroep: "Wel, die Bybel vertel ons ten minste dat ons dít mag doen! Het die wyse manne dan nie geskenke gegee toe Christus (YAHUSHUA) gebore is nie? " Weereens, is ons in vir ‘n paar verrassings, wanneer ons die duidelike waarheid leer. Kom ons kyk eerstens na die historiese oorsprong van die oor-en-weer uitdeel van geskenke, en dan kyk ons presies wat die Bybel daaroor sê. Uit die “Bibliotheca Sacra”, volume 12, bladsye 153-155, haal ons die volgende aan: "Die uitruil van geskenke tussen vriende is kenmerkend van Kersfees en Saturnalia, en moes deur die Christene van die heidene aangeneem gewees het, soos die vermaning van ‘Tertullian’ duidelik toon.”

Die feit is, dat hierdie gewoonte van mense om geskenke met vriende en familielede uit te ruil tydens die Kersseisoen, nie 'n enkele spoor van die Christendom het nie, vreemd soos dit mag lyk! Dit vier nie Christus (YAHUSHUA) se verjaarsdag nie of eer HOM nie! Gestel iemand wat jy lief het, het 'n verjaarsdag. Jy wil daardie persoon op sy of haar verjaarsdag vereer. Sou jy uitbundig geskenke koop vir al die ander, geskenke heen en weer uitruil tussen al jou ander vriende en geliefdes, maar dit heeltemal ignoreer om ‘n geskenk te gee vir die een wie se verjaardag dit is en vir wie jy wil vereer? Eerder belaglik, as dit in so lig gesien word, is dit nie?

Tog is dit presies wat mense wêreldwyd doen! Hulle eer 'n dag wat nie Christus (YAHUSHUA) se verjaarsdag is nie, deur elke sent te spandeer wat hulle kan saamskraap om geskenke mee te koop en heen en weer tussen vriende en familie uit te ruil. Maar ek kan deur jare se ondervinding sê, soos ek glo dat meeste pastore en predikante kan sê, dat wanneer die maand Desember in die omtrek is, vergeet byna elke belydende Christen om geskenke aan Christus (YAHUSHUA) te gee en word SY saak byna heeltemal vergeet.
Hoe Lank Neem Dit Om Jou Kersfees Skuld Af Te Betaal
Desember is dikwels die moeilikste maand om te keer dat Christus (YAHUSHUA) se werk doodgaan! Dit lyk of mense besiger is om geskenke heen en weer onder mekaar uit te ruil as om aan HOM en SY werk te dink. Dan, in Januarie en selfs in Februarie, blyk dit dat hulle dit, wat hulle vir Kersfees spandeer het, moet opmaak sodat hulle selde voor Maart weer terugkeer na normaal om Christus (YAHUSHUA) en SY werk te ondersteun!

Kyk nou na dit, wat die Bybel sê, oor die wyse manne wat geskenke gegee het toe Christus (YAHUSHUA) gebore was. Dit is in Matteus 2: 1-11. "En toe YAHUSHUA in Betlehem van Judéa gebore was, in die dae van koning Herodes, het daar wyse manne van die Ooste na Jerusalem gekom en gesê: Waar is HY wat as Koning van die Jode gebore is? En toe hulle in die huis kom, sien hulle die jong kind saam met Maria, sy moeder, en val neer en aanbid hom. En toe hulle hul skatte oopgemaak het, het hulle aan Hom geskenke gegee, goud en wierook en mirre.”

Hoekom Was Die Geskenke Aan YAHUSHUA (Jesus Christus) Aangebied?

Let daarop dat hulle navraag gedoen het oor die kind YAHUSHUA(Jesus) , wat as KONING van die Jode gebore is! Nou waarom het hulle geskenke aan HOM gegee? Omdat dit SY geboortedag was? Glad nie, want hulle het 'n paar dae of weke na die datum van SY geboorte daar aangekom! Was dit gedoen om vandag 'n voorbeeld vir ons te stel, om geskenke heen en weer onder mekaar uit te ruil? Nee, let noukeurig op! Hulle het nie geskenke onder mekaar verruil nie, maar "hulle het aan HOM geskenke gegee." Hulle het hul geskenke aan Christus (YAHUSHUA) gegee, nie aan hulle vriende, familie of mekaar nie!

In Herinnering Van Nimrod

Nimrod, die kleinseun van Noag, het die eerste koning geword wat bekend gestaan het as Sargon I. Hy het Babel en Ninevé gebou. As oorlogsugtige, het hy 'n soort helm met 'n horing op die voorkant gedra; 'n eienskap wat geërf was deur die druïd Vikings van die Kelte, afstammelinge van die Assiriese lyn.

Nimrod beteken "tiran". Hy het die Sumeriërs van Babilonië gelei om hulde te bring aan die hemele (son, maan, sterre en planete) met hul kinders as offergawes. Die Toring van Babel is vir hierdie doel gebou, weerspieël in ander kulture soos Asteke, Mayane en Inkas.

Aangesien die hoof van hierdie regering so 'n afgods tiran was, het Shem (Nimrod se oom) Nimrod vermoor. Nimrod se ma, Semiramis, het die mense getroos deur hulle te laat glo dat die kind wat sy gedra het, Nimrod was wat “gereïnkarnereer” was - en noem hom toe "Duzu" (Tammuz), Babilonies vir die seun wat opstaan. Hierdie Duzu het in die heilige woude (bosse) in-gegaan en 'n geskenk op 'n boom geplaas om Nimrod elke jaar tydens die winter sonstilstand te vereer. Daar is gesê dat Duzu die nageslag van Nimrod was, wat met sy ma gepaar het. Nimrod het bekend geword as Baäl, wat “Here” beteken, en is deur die Babiloniërs aanbid as die son in die hemelruim -- daarvandaan die oorsprong van "na die hemel toe" tydens die dood.

Bome en takke het simbole van Nimrod geword. Omdat Nimrod deur Shem afgesny is, het 'n boomstomp 'n plek geword om hom te vereer. Daarom praat die Hebreeuse Skrifte van die heidene wat in die bosse ingaan, en 'n “tak na die neus bring”, en in die bos ingaan en 'n boom afsny, dit versier en dit regop laat staan sodat dit nie wankel nie.

Die winter sonnewending was die tyd toe die son vermoedelik "her-bore" was, dus was 25 Desember gevier as Baal (Nimrod) se verjaardag. Deur die tradisie het die kunsmatige idee van 'n Nuwe Jaar ná hierdie verjaarsdagviering 'n integrale deel van elke menslike kultuur geword, gegrond op hierdie heidense afgodery. Oor die algemeen, is die hele mensdom aan die slaap, en droom hierdie ou Babiloniese droom.

Kersfees is 'n poging, deur die Katolisisme, om hierdie afgode te hersien en aan te neem. In die jaar 525 het 'n “Scythian” monnik met die naam Dionysius Exiguus Rome besoek. Hy het die oeroue heidense viering van die winter sonnewnding gesien (destyds genoem; Paganalia of Saturnalia), en dit was aanstootlik vir sy vrome gevoelens.

Die Skrif self vereis dat ons die Messias se dood en opstanding moet herdenk, en nie sy geboorte nie. Maar, aangesien die heidense gees so georiënteerd was rond-om vrugbaarheid en geboorte, het dit ontwikkel soos ons dit vandag sien, en die belangrikste kenmerke van heidense interpretasie is vermeng. "Babel, die Groot Moeder van Hoere en van die Gruwels van die Aarde" -- het die massas bedwelm, en syself is dronk met die bloed van die afgesonderdes.

Wat is haar naam? Dis “Easter”! Semiramis, Nimrod se moeder, het bekend geword as "Magna Mater", die "Groot Moeder", en was aanbid as Moeder Aarde. Die Son het met die Aarde "gepaar" elke lente, en die “Rites of Spring" wat gesimboliseer is deur die "May Pole" en "Easter" het 9 mane/maande voor die 25ste Desember , die "geboorte" van die winter Son, gekom. Haar Assiriese naam, Ishtar, gee vir ons die woord "Easter".

Die Romeine het haar Astarte genoem, en die “Phoenicians” het die naam Asherah gebruik. Die Hebreeuse mense het haar Astoroth genoem, die gade van Baal. Haar embleem is die Lelie blom. Sy is die “godin van die skemer", en haar standbeeld staan op ‘n brug in Frankryk. Die Franse het ‘n kolos gemaak van hierdie beeld, en dit staan nou in “New York Harbor”, en kyk "Oos" -- op sigself is dit ‘n woord wat verwys na die opkomende seun/son – waarvandaan haar naam oorspronklik kom!

Nimrod

"Hy word gekrediteer as die aanhitser tot die bou van die toring van Babel en as outeur van Babiloniese afgodery. "Daarbenewens het Bryce Self in sy navorsing bevind dat "Nimrod sy mag gekonsolideer het deur 'n staatsgodsdiens te stig. Hy het 'n godsdiens gebou wat die verering en aanbidding van die keiser (homself), die aanbidding van Satan ingesluit het." Die feit dat hierdie fees geassosieer word met die man wat gekrediteer is met die aanvang van godsdienstige opposisie teen YAHUVEH God, moet ons ernstig bevraagteken of dit deur God goedgekeur word.

Daar Is Regtig Niks Vrolik Omtrent Kersfees Nie

So, sal ons dan sê: Ons wens jou ‘n Vrolike Kersfees? Die HERE behoed! En laat ons ophou om dit "Christmass" te noem, want dit besoedel die naam Christus. Laat ons dit noem wat dit regtig is, Die Feesviering van Nimrod of Brumalia (die Romeinse naam). Sou jy enige iemand ‘n "Gelukkige Nimrod" of ‘n "Gelukkige Brumalia" toewens?

Asseblief, laat die WAARHEID JOU VRYMAAK IN DIE NAAM VAN YAHUSHUA!