Hanukkah---ook gespel as Chanukah. Hanukkah—beteken “toewyding” en word ook
verwys na as “Die Fees van Ligte”, ‘n Joodse fees wat begin op die Hebreeuse
datum van 25ste van Kislev en aanhou vir agt dae, tot die 2de van Tevet. Dit val
saam met…
Hanukkah herdenk die oorwinning van die Maccabees (onder leiding van Judah) oor
die Helenistiese Sirieërs tydens ‘n opstand wat plaasgevind het om en by 165 V.C
(nota: Jode gebruik “BCE—Before The Common Era en CE—the Common Era”-- i.p.v.
B.C & AD).
Die oorwinning op sigself was beskou as ‘n wonderwerk, maar Joodse oorlewering
gee ‘n addisionele verduideliking vir die Godsdienstige plegtigheid van
Hanukkah, hier onder verduidelik. Nadat die Tempel Hoogte in Jerusalem
teruggeëis was, moes die Tempel weereens toegewy word. Volgens oorlewering was
daar net een botteltjie gewyde olie gevind, genoeg vir een dag. Wonderbaarlik
het hierdie olie vir agt dae lank gebrand, dus het ons die agt dae van Hanukkah.
Die belangrikste plegtigheid van Hanukkah is die aansteek van die kerse. Jode
steek kerse aan in ‘n spesiale staander wat genoem word ‘n “menorah” of ‘n “hanukkiah”.
Elke aand word nog ‘n kers bygevoeg. Die middelste kers, wat die “shamash”
genoem word, word gebruik om elkeen van die ander kerse aan te steek en dit word
elke aand aangesteek. Daarom is daar op die eerste aand van Hanukkah twee kerse
wat brand (die shamash en die kers vir die eerste aand) en op die laaste aand is
daar dan nege kerse wat brand.
Dit is tradisie om gedurende Hanukkah kos te eet wat in olie gebraai word.
Sommige algemene kosse is aartappel koekies en “sufganiot” (jelly doughnuts).
‘n Ander tradisie is om die "dreidel" speletjie te speel. ‘n Dreidel (of "sivivon") is ‘n vier-kantige top. Op elke kant is ‘n ander Hebreeuse letter : (nun), (gimel), (heh) en (peh), ooreenstemmend met die letters in die sin "nes gadol haya po" ("’n groot wonderwerk het hier gebeur"). Natuurlik het hierdie wonderwerk in Israel gebeur, en word die letter (peh) op plekke buite Israel, vervang met die letter (shin) vir "nes gadol haya sham" ("’n groot wonderwerk het daar gebeur").Die dreidel word gebruik in ‘n dobbel speletjie waarin elke letter ‘n verskillende bedrag geld verteenwoordig (of wat ookal) wat gewen of verloor word.
‘n Ander Chanukah gebruik is om geskenke of geld (‘gelt in Hebreeus) aan kinders te gee. In Hebreeus is dit "d'mei Hanukkah"
In Israel is Hanukkah ‘n baie feestelike tyd. Skole sluit vir ‘n week en daar is vele partytjies en spesiale byeenkomste reg deur die land. Ons sing Hanukkah liedere (soos die een wat in die agtergrond speel), eet baie en het ‘n klomp pret!
Wat is die SHAMISH?
Nadat die Tempel teruggekry was, was die menora aangesteek. Dit mag nooit uitgedoof word nie maar daar was slegs genoeg olie om ‘n dag lank te brand. Dit het agt dae geneem om nog olie te bekom. Toe hulle teruggekeer het met nog olie, was die lamp, tot hul verbasing, steeds brandend. Ons steek kerse aan in ons Hanukkah menorah vir agt dae lank om hierdie wonderwerk te herdenk. Die kers wat hoër staan in die menorah word die shamish genoem. Dit word gebruik om die ander kerse aan te steek gedurende Chanukah. Dit simboliseer YAHUSHUA, Die Lig van die Wêreld! Op die eerste aand van Chanukah gebruik ons die dienaar (brandende shamish) om een kers aan te steek. Op die tweede aand word die shamish en twee ander kerse aangesteek, ens, ens, totdat al nege kerse (insluitende die Shamish) brand op die agtste aand.
Geliefde van YAHUVEH en YAHUSHUA ,
Gelukkige, Geseënde, Wonderwerk Gevulde Hanukkah Aan JOU!
Dit is Elisabeth, en ek bedank ‘n ieder en elk wat ons regdeur hierdie jaar ondersteun het, geskryf en bemoedig het. Ek weet dat YAHUSHUA julle ryklik sal seën. Ek is ‘n mandaat gegee deur YAHUSHUA, om dit wat HY onlangs op my hart gelê het te deel, en dit is om julle te vertel wat HY my persoonlik geleer het aangaande Hanukkah en die belangrikheid daarvan om hierdie Agt (8) Heilige Dae te vier.
Gedurende hierdie tyd moet ons elke manier, waarop YAHUSHUA genoem word as die Lig van hierdie wêreld (Johannes 8:12; Johannes 9:5) of gesimboliseer word as die leidende Lig. Lees oor “the miracle of the Maccabees.” Lees oor die verwekking van YAHUSHUA en hoe die Engel Gabriël na Maria gekom het om die blye tyding te bring.
Mat. 1:18-20
Die geboorte van Yahushua die Messias was dan so: Toe sy moeder MierYam verloof was aan Yosef, voordat hulle saamgekom het, is sy swanger bevind uit die Heilige Gees. En Yosef, haar man, omdat hy regverdig was en onwillig om haar openbaar te maak, het hom voorgeneem om in die geheim van haar te skei. Maar kyk, terwyl hy dit in die gedagte gehad het, verskyn 'n boodskapper van Yahweh in 'n droom aan hom en sê: Yosef, seun van Dawied, wees nie bevrees om MierYam as jou vrou te neem nie, want wat in haar verwek is, is uit die Heilige Gees;
As die ortodokse Jode tog net wou verstaan dat daar ‘n groter wonderwerk is vir Hanukkah as die van die Maccabees se 1-dag-olie-wonderwerk wat aangehou het vir 8 dae. Daardie groter wonderwerk is die Lewende salwingsolie en dit is die wonder van die verwekking van YAHUSHUA.
ONS BID DAT AL ONS BROERS EN SUSTERS IN YAHUSHUA WAT HIERDIE HEILIGE INTERNET VESTING BESOEK ‘N GELUKKIGE EN GESEËNDE HANUKKAH SAL HÊ, GEVUL MET 8 WONDERWERKE, EEN VIR ELKE KERS OP DIE MENORAH! In die Naam van YAHUSHUA ha MASHIACH!
‘n Suster in YAHUSHUA genaamd Kathy, het onlangs, oor die foon, vir my gesê dat sy aanhoudend ‘n Blou Menorah sien wat vir my bedoel is. Sy het ‘n Blou Menorah gesoek, om vir my te koop, en kon nie een vind nie. (ek het een gevind, ten minste ‘n prentjie van een, en daar is dit!) Sy het my vertel dat YAHUSHUA vir haar gesê het om vir my te sê dat ek 8 wonderwerke moet verwag vir Hanukkah.
Ek voel nou gelei om hierdie te deel met almal wat dieselfde seëninge van hierdie 8 wonderwerke wil hê terwyl ons die Menorah elke dag saam aansteek. Bid vir een wonderwerk elke keer wanneer jy ‘n kers aansteek gedurende hierdie 8 dae. In lyn met die wil van YAHUVEH en YAHUSHUA, sodat dit kan plaasvind. Die blou kleur wat sy gesien het, verteenwoordig salwing. Die Ruach het my gedurende hierdie tyd alles geleer wat ek hieronder geskryf het. Ek het niks hiervan deur ‘n ander mens geleer nie, maar van die Hemel in die maand Desember 2005, wat ek nou met julle deel.
Ons gee geskenke aan mekaar gedurende hierdie 8 dae, dit simboliseer ons liefde vir mekaar en ons gee dit in die liefde van YAHUSHUA, Maar… moet dit asseblief nie bederf deur te dink hierdie gaan net oor geskenke gee en aansteek van ‘n Menorah nie. Dit is soveel meer!
Onthou asseblief, gedurende Kerfees versier hulle met kleurvolle liggies, maar ons weet dat Hanukkah die fees van toewyding is en ook die Ware Fees van Ligte is. Maak ‘n uitstalling van die Menorah op jou grasperk of in jou vensterbank gedurende hierdie tyd. Gebruik dit wat deur die wêreld beskou word as kersliggies, en versier dit en noem dit Hanukkah liggies. Laat almal weet dat ons die wonderwerke van Hanukkah omhels.
Ons glo dat Die Lig van hierdie wêreld (Johannes 8:12; Johannes 9:5) was verwerk iewers tydens die 8 dae van Hanukkah. Dit is waarom ons Hanukkah vier...ons vier YAHUSHUA, die LIG, sonder SY offer sou ons nooit gered gewees het nie! SY naam is YAHUSHUA, wat vertaal word as; “YAH RED” Die Griekse naam wat aan YAHUSHUA gegee was is “JESUS CHRISTUS” maar daardie naam het geen vertalingsbetekenis nie. Ons moet leer om YAHUSHUA op SY regte Hebreeuse Naam te noem wat SY Moeder HOM gegee het. Waarom sou sy haar Hebreeuse baba ‘n Grieke naam gegee het?
In die KJV Bybel is SY naam Immanuel en dit beteken: GOD IS MET ONS.” Maar weereens, wanneer jy die naam YAHUSHUA sê, sluit jy ook ons SKEPPER se Naam ‘YAH’ in wat na ons gekom het in die vorm van YAHUSHUA. Want YAHUVEH is die VADER van YAHUSHUA en HY is met ons deur die Naam van YAHUSHUA. Wanneer jy lees: YAHUSHUA HA MASHIACH” vertaal uit Hebreeus, beteken dit “YAHUSHUA die Messias.”
As julle maar net die belangrikheid kon snap van die salwing wat daar is in die Hebreeuse Name van YAHUSHUA en YAHUVEH, veral gedurende hierdie Eindtye. Dit sal jou gebedslewe ‘n groter salwing gee. satan haat die Naam van YAHUSHUA! Die naam van ‘Jesus’ is al vervals deur hulle wat selfs nie eens ‘n vrees het vir ons Messias nie, maar selde sal die vyand die Naam van YAHUSHUA ha MASHIACH wil vervals!
Ek sê nie dat daar nie mense is wat onnosel genoeg is om dit te waag nie, maar dit gebeur selde.
Die naam “CHRISTMAS” sluit nie eens ons Messias se naam in nie. Die naam “CHRISTUS” word vertaal as Gesalfde. Met hierdie vertaling is almal wat gesalf is ‘n CHRISTUS! Kan julle nie sien hoe gevaarlik hierdie woord “CHRIST” is wanneer mense dit sommer goedsmoeds gebruik en dan nog die woord “Mas” - wat Mass beteken - agteraan byvoeg? Soos in Katolieke “Mass” ? Verstaan asseblief en bestudeer en bewys jouself as beproef. Wees bedag op enige bediening, evangelis of pastoor wat YAHUSHUA slegs “Christus” noem.
Ons YAHUSHUA is nie alleenlik die definisie van Gesalfde nie maar YAHUSHUA is GOD IN DIE VLEES WAT GEKOM HET IN DIE VORM VAN ‘N BABA, GEBORE UIT ‘N MAAGD! YAHUSHUA was gebruik as ‘n bloed offer, omdat YAHUSHUA nooit sonde gedoen het nie, nie in gedagte of daad nie. En YAHUSHUA was gekruisig vir ons sondes, en YAHUSHUA het nie in die dood gebly nie, maar het opgestaan op die 3de dag, satan en die dood oorwin. Kliek hier om te lees wat YAHUSHUA deurgemaak het voor en gedurende sy kruisiging.
En nou regeer HY uit die Hemel saam met YAHUVEH ons Skepper. YAHUSHUA is ons Een en Enigste Messias en alleenlik deur SY Naam en Bloed kan ons terugkeer na die Hemel. YAHUSHUA is die Enig Verwekte Seun van YAHUVEH!
Toe ek tot bekering gekom het, het ek aanvaar en ‘n verlossingsgebed gebid tot YAHUSHUA, alhoewel ek moet erken dat ek HOM nie op daardie naam genoem het nie. Want ek was slegs verantwoordelik gehou vir dit wat ek geweet het en op daardie tydstip het ek HOM Jesus Christus genoem maar die naam van “JESUS” was ten minste daarby ingesluit.
Evangelis Billy Graham, noem YAHUSHUA hoofsaaklik "Christ" ek is bedag op elke evangelis wat die waarheid ken en dit nie onderrig nie. Hoeveel pastore ken die waarheid van die sewende dag wat die Sabbat is, en tog weier hulle om dit te gehoorsaam en te onderrig? Hoeveel Pastore ken die waarheid oor YAHUSHUA se naam en weier om dit te onderrig, of weier om te onderrig aangaande die Gewyde Heilige Feeste wat YAHUSHUA onderhou het. Moet ons nie SY voorbeeld volg nie?
Hanukkah is ‘n herinnering aan die Tempel toewyding en die oorwinning vir die Hebreeuse Maccabees, maar ons Messiaanse Jode glo ook dat dit Die Verwekking is van YAHUSHUA terwyl HY aan ons Skepper YAHUVEH toegewy was en gebore was uit ‘n Maagd genaamd Miriam ook genoem Maria. Wat ‘n feestelike dag behoort dit te wees! Verwag Wonderwerke!
Kan julle jul indink, ons liggame is die Tempel van die Ruach ha Kodesh (Heilige Gees) en Maria se maagdelike baarmoeder het die grootste wonderwerk ooit ontvang gedurende hierdie tyd deur die onberispelike verwekking, sonder enige aardse vader, in haar baarmoeder! Wat ‘n Tempel-toewyding en fees van die Ligte was dit gewees! Om die Ewige Lig uit die Hemel te ontvang. Wat ‘n eer! Ons vier dit nie op Kersfees nie, ons vier dit elke dag , maar ons vier dit veral op Hanukkah, Sukkot, Pasga en Rosh HaShanah!
Een van die vele doele van hierdie Bediening is om die belangrikheid oor te dra om die Heilige Fees Dae oor te dra, en om veral YAHUSHUA te vier tydens die tyd van “Hanukkah” en “Sukkot,” wat ons werklik glo is die wonderbaarlike Hanukkah verwekking van YAHUSHUA, sowel as Sukkot, YAHUSHUA se Geboorte. O, as die pastore van die georganiseerde kerke tog net die kuddes die waarheid wou leer in plaas van mensgemaakte dae genaamd Kerfees/ “Christmas” en Paasfees.
Die geboorte van YAHUSHUA het niks te doen met Sinter Klaas (Santan Clause) of met die Paashaas en gekleurde, hardgekookte eiers nie! Wat ‘n belediging vir ons Messias. Nou het hulle wette gemaak in Amerika waar ‘n Kerstyd-uitbeelding van die “Geboorte van Jesus” ‘n Santa Claus moet hê! Amerika jy sal waarlik veroordeel word hiervoor asook vir vele ander lastering!
Onthou YAHUSHUA is die Lewende Menorah, HY is die Lewende Olie wat al die ander Menorah Kerse aansteek. Sonder YAHUSHUA se Ewige Lig van YAHUSHUA om ons te lei, te beskerm, te seën, te verlos, te red, sou ha satan ons liggies uitgedoof het. YAHUSHUA is die rede waarom ons Hanukkah vier, asook die hertoewyding van die tempel, waar een dag se salwingsolie om die Tempel lamp te laat brand, gehou het vir agt (8) dae! YAHUSHUA was in daardie olie-wonderwerk gesimboliseer. Die nommer agt (8) beteken Nuwe Begin! YAHUSHUA is ons NUWE BEGIN! Nommer nege (9) beteken Verlossing. YAHUSHUA IS ONS VERLOSSER!
Ons YAHUSHUA is die LIG wat nooit sal uitdoof nie! Ek is ‘n mandaat gegee om aan die mense te vertel...selfs al het jy nog nooit voorheen Hanukkah gevier nie, gee hierdie Hanukkah die Heerlikheid en Eer aan YAHUSHUA deur hierdie Heilige Feesviering. Moenie wees soos hulle wat die rede vir die seisoen vergeet nie. Dit is so jammer dat gedurende hierdie Heilige Dag, dit hanteer word soos ‘n heidense gebruik, en bedieninge soos hierdie gebuk gaan terwyl gierigheid en selfsug [in die wêreld] heers. Mense vergeet die rede vir die Feestelikheid.
Selfs YAHUSHUA het na die Tempel gegaan op Hannukah en HY het ‘n Skrif genoem wat betrekking gehad het op HOMSELF wat verwys na die Lig. Ja, ons moet die wonderwerk gedenk van die oorwinning van die Maccabees... maar die groter wonderwerk is die tyd van Hanukkah waartydens YAHUSHUA verwek was in die baarmoeder van Maria, en ons eer hierdie wonderwerk.
Op die Heilige Fees Dae wat die ‘Huttefees’ genoem word, ook bekend as Sukkot, moet ons die GEBOORTE van YAHUSHUA herdenk. Nie op die algemeen bekende Kersfees nie. YAHUSHUA was gebore op Sukkot. Speel en sing asseblief die pragtige liedere soos; Stille Nag en Die Blye Tyding, en sing hulle gedurende Sukkot. Ai, as hierdie gebruik tog net kon versprei deur die hele wêreld. Wel, dit kan, een persoon op ‘n slag, een pastoor op ‘n slag. Want wie sal hulle leer as ons dit nie doen nie?
Wees asseblief braaf en vertel die pastore in julle lande die waarheid...en as hulle weier om dit te erken, skud die stof van jou voete af en beweeg aan. Jy wil nie ‘n pastoor hê wat weier om die waarheid te onderrig nie en vasklou aan mensgemaakte leuens nie! Ons moet gelykvormig word aan die beeld van YAHUSHUA en nie aan die beeld van mense nie!
Ons is so jammer dat ons nie Hanukkah persoonlik saam met elke persoon wat hier lees en hierdie Bediening as ‘n seën beskou, kan vier nie. Maar weet dat ons saam met julle is in die Ruach ha Kodesh. Ons het elke vennoot van hierdie bediening lief en ons waardeer elkeen wat ons biddend en finansieël ondersteun. Ons Gebede bedek julle en ons dank julle omdat julle ons bedek met gebede in die Naam van YAHUSHUA.
Indien jy nie ‘n Menorah kan vind nie of as jy te laat gehoor het hoe belangrik hierdie feesviering is, het ons vir jou ‘n Menorah aanlyn sodat jy die Menorah saam met ons kan aansteek. Neem hierdie asseblief ernstig op want as jy gedink het dit was ‘n moeilike jaar om deur te kom, soos die Bedieningspan by AmightyWind Bedieninge, wil ek hê jy moet weet dat jy regtig wonderwerke uit die Hemel nodig het in die Naam van YAHUSHUA, deur die gestorte Bloed van YAHUSHUA, om deur die volgende jaar te kom!
Op Kersfees is dit die gebruik om ‘n Kersfees-ete te hê, maar tydens Hanukkah vier ons fees vir 8 dae lank, en dit sluit soetigheid van alle soorte in. Kersfees het net een dag maar Hanukkah moet prettig wees, geniet word en geesvervuld wees vir 8 dae lank! Gebruik hierdie tyd om nader te beweeg aan YAHUVEH en YAHUSHUA en verwag wonderwerke, want ons aanbid en dien die Skepper van Wonderwerke!
Ons gaan geroosterde lam eet want dit is ‘n herinnering van die Lam van YAHUVEH wat tydens Hanukkah verwek was...soos Johannes die Doper uitgeroep het toe hy YAHUSHUA sien nader kom het: “Kyk, die Lam van YAHUVEH wat die sonde van die wêreld wegneem!”
Elkeen moet hul bes doen om hierdie dag te vier. Wanneer iemand vir jou sê, “Geseënde Kersfees” is dit jou kans. As jy dit nog nooit voorheen gesê het nie, sê: “Gelukkige Hanukkah!” en dan vra jy daardie persoon of hy/sy weet watter fees Hanukkah is. Vertel hulle die verhaal van die Maccabees se Salwings-olie Wonderwerk. Dit was ‘n lang proses om Heilige Salwings-olie te vervaardig en hulle kon net genoeg olie bekom om ‘n dag lank te hou. Maar YAHUVEH het die olie vermeerder om te hou vir agt (8) dae!
Die gewyde Olie was gebruik om die olielamp vir die Tempel Toewyding aan te steek toe hulle dit terug gewen het van die Grieke, nadat dit ontheilig was deur nie alleenlik dooie liggame van gesneuweldes wat die tempel gevul het nie
maar ook toe ‘n vark geslag was en op die altaar neergesit was. Die Boek van die Maccabees is nie in die KJV Bybel ingesluit nie, en hoe jammer is dit tog.
Wees geseënd! Vertel die mense van ons Nuwe Testamentiese rede waarom ons Hanukkah vier, wat die Verwekking was van ons YAHUSHUA MESSIAS.
Onderrig jou kinders en stuur die gebruike en tradisies aan van hierdie pragtige Heilige Dae.
Sommige mense gee geskenke aan hul geliefdes vir al 8 dae. Moenie nou bekommerd wees nie, dit hoef nie duur items te wees nie. Net ‘n herinnering van hoe elke dag ‘n geskenk van YAHUVEH gegee is in die oorwinning van die Maccabees. Maar jy wil Hanukkah vier, moenie die Skriflesing gedeeltes vergeet nie - wat ons as ‘n geskenk aan julle, op die aanlyn Menorah Blad het. Steek die kerse aan saam met ons, een vir elke dag, begin altyd van regs na links met die middelste kers of hoofkers daarvoor. Instruksies is op die Menorah Bladsy.
Ons kon nie Hanukkah kaartjies stuur nie. Daar was nie eens tyd om op te vang met al die emails nie, daarom het YAHUSHUA dit op my hart gelê om hierdie Hanukkah kaart te stuur aan al ons Broers en Susters in YAHUSHUA wat hierdie Bediening as ‘n Seën beskou, en ons is hulle familie in YAHUSHUA, en ons beskou julle as Vennote in hierdie Bediening, ons Familie.
Want hierdie blad word besoek deur mense van oral oor, hierdie kaartjie is ons geskenk aan die hele wêreld!
Ons vier die Hanukkah seisoen as gevolg van YAHUVEH en YAHUSHUA ha MASHIACH! Hierdie is nie ‘n vakansiedag nie, ons vier die 8 Heilige Dae. Dit is nie verpligtend om Hanukkah te vier soos die ander Heilige Feeste nie, maar tog het selfs YAHUSHUA dit gevier.
Ons het ons Hanukkah liggies aan, alhoewel ek erken dat Walmart hulle as Kersliggies bestempel. Vir ons is dit Hanukkah liggies en hulle sal op bly selfs nadat Hanukkah verby is. Neem Hanukkah terug en vier die waarheid eerder as ‘n leuen i.v.m. Santa Claus en sy takbok.
Ons YAHUSHUA was nie gebore op 25 Desember nie, maar op Sukkot. Vier YAHUSHUA se Geboorte (gedurende Sukkot, in September) en op Hanukkah, vier jy YAHUSHUA se wonderbaarlike verwekking, want sonder daardie verwekking sou ons nie ‘n Messias gehad het nie. Ons sou geen Heilige Bloed gehad het om ons te reinig van sondes sodat ons kan terug keer na die Hemel toe nie.
Sonder YAHUSHUA se wonderwerk verwekking, sou ons geen Ewige Lig gehad het om ons te lei nie en om ons pad te verlig gedurende ons lewens, en ons sou geen Ewige Lig gehad het om die duisternis en satan weg te jaag nie. Dit is alleenlik deur YAHUSHUA ha MASHIACH dat ons die OORWINNING het, deur SY Naam en Bloed wat vir ons gestort is op Golgota. Dit is die Salwing van die Ruach ha Kodesh wat al die jukke en bindings breek.
LOOF YAHUSHUA vir SY HEILIGE GEES die RUACH HA KODESH. LOOF ons Skepper YAHUVEH omdat HY ons SY SEUN YAHUSHUA gestuur het om ons MASHIACH (Messiah) te wees. LOOF YAHUSHUA! HY LEEF! Die dood kon ons YAHUSHUA nie vashou nie, Hel kon hom nie aanraak nie. As YAHUSHUA in die dood gebly het, sou ons nie die geseënde hoop gehad het om te kon terugkeer Hemel toe met YAHUSHUA nie, en satan sou ons siele kon eis en ons hel toe gevat het.
Lees: "Why Hanukkah Is Not Just A Replacement For Xmas." Sonder Hanukkah sou ons tot die Hel verdoem gewees het. Nadat jy hierdie gelees het, sal jy verstaan wat satan nie wou gehad het jy moes weet nie, en wáárom YAHUSHUA Hanukkah gevier het. ‘Xmas’ Kersfees het probeer om die Menorah vlamme van Hanukkah te blus. So, hierdie jaar het ek ‘n mandaat ontvang uit die Hemel, om Hanukkah te Eer en dit aan julle te leer met ‘n ywer wat ek nie voorheen gehad het.
Johannes 10:22-23 – Die Menorah verkondig die Goeie Tyding. Chanukah, ook gespel; Hanukkah, word vermeld in die “Brit Chadasha” (Nuwe Testament), terwyl gesien word hoe YAHUSHUA dit vereer, waarneem en vier. Moet ons nie SY voorbeeld volg nie?
I n Daniel 9:27 word dit ook gesien in die verwysings na die offers wat afgeskaf word en die ontreiniging van die altar, waar die Griekse Sirieërs YAHUVEH bespot het en HOM en die Heilige altaar besoedel het deur ‘n vark te offer in die plek van die Heilige Offer.
Is dit nie interessant nie, dat dit die Romeine was wat YAHUSHUA gekruisig het en dit was die Rooms Katolieke wat die Sabbat Dag verander het na Sondag, asook die feit dat hulle 25 Desember geskep het as die geboorte van JESUS CHRISTUS wie ons YAHUSHUA noem. Waarom sal dit nie weereens Rome wees wat die antiMessiah (antichris) binnelei nie? Dit was die Rooms Katolieke Pous wat so baie waarhede in leuens verander het. Hy het ver van die Waarheid ‘gedwaal’. Vra jy ooit jouself die vraag af... waarom dra die Pous ‘n gebuigde, verwronge kruis rond?
Dit is die Rooms Katolieke Kerk wat Moeder Maria wil insluit in die Heilige Drie Eenheid. Maria was nie perfek nie. Sy het haar Seun “Here” genoem. As sy perfek en sondeloos was, sou sy die een gewees het wat op Golgota gekruisig was as ‘n perfekte, sondelose offer in plaas van YAHUSHUA. Sy het ook ‘n Messias nodig gehad.
Ek respekteer en eer haar omdat sy die Moeder was van YAHUSHUA, maar ek aanbid haar nie of plaas haar op dieselfde vlak as my Messias nie
en jy behoort dit ook nie te doen nie. Ek bid nie tot haar nie en ook behoort niemand anders dit te doen nie. Want daar is net Een intersessor vir ons voor YAHUVEH en dit is YAHUSHUA. In die uur van dood, moet daar nie gebid word tot Maria nie want sy kan niemand se siel red nie. YAHUSHUA alleenlik is die Redder.
Die Moriah Tempel moes teruggeneem word van die Griekse god, wat Zeus genoem was, terug na YAHUVEH, om dit te reinig, te salf en terug te neem wat satan gesteel het, en om dit voor te berei vir YAHUSHUA wat kom soos gesien in Maleagi 3:1.
Ons YAHUSHUA HA MASHIACH sou nie voet daarin gesit het nie, ongeveer 130 jaar later, as Zeus en vark verhoog was in die voorhowe nie. Die profeet Maleagi het die eerste koms van YAHUSHUA na Sy Tempel voorspel. Sonder die oorwinning van die Maccabees oor die heidense Griekse-Sirieërs, sou die Tempel en die bybelse Joodse manier van aanbidding (dit was steeds bybels gedurende daardie tyd) verdwyn het. Verstaan dit...Hanukkah is ‘n gedenkdiens aan die Joodse mense, want as hulle almal uitgewis was, sou YAHUSHUA nie ‘n Heilige bloedlyn gehad het waarvandaan HY kon voortkom nie.
Indien dit sou gebeur het, en die Joodse mense het nie behoue gebly nie, sou YAHUSHUA nie kon gebore gewees het as Koning van die Jode nie. HY sou nie ons Bloed Offer kon word nie. Want sonder die storting van Heilige Bloed is daar geen vergifnis van sonde nie. Wie sou ons sonde-offer gewees het? Hoe sou die seun van YAHUVEH gebore kon word?
Hulle wat Hanukkah bespot en sê dat dit net ‘n heidense plaasvervanger is of ‘n Hebreeuse verskoning vir die uitdeel van x-mass geskenke, is óf onkundig óf anti-Semities. Die hoof tema van Hanukkah is die onderrigbaarheid van Joodse-Yisrael en die vooraf bepaalde planne van YAHUVEH wat HY begeer om deur Israel te doen. Verstaan julle nie ...as daar geen Hanukkah was nie, sou daar geen Jode gewees het nie. Geen Jode, geen YAHUSHUA. Geen YAHUSHUA, geen redding. Geen Redding, geen Messias. En as daar geen Messias was nie, sou ons almal verdoem gewees het tot die Hel en die poel van vuur! Ons sou geen beskerming of wapen teen satan gehad het nie.
So, verstaan julle nou waarom Hanukkah soveel belangriker is as toe julle geglo het dat Kersfees die tyd was van die geboorte van YAHUSHUA? Die Maccabees het in der waarheid daardie tyd die weg voorberei vir die koms van YAHUSHUA. Hanukkah is ‘n tyd om te onthou. Dit is ‘n tyd van wonderwerke en in hierdie eind dae en terwyl ons die komende jaar nader, het julle al die wonderwerke nodig wat julle nou kan kry.
Die grootste wonderwerk van alles was nie alleenlik YAHUSHUA se verwekking, geboorte, en opstanding nie, maar ook die feit dat niemand nog ooit die Joodse mense van die aangesig van hierdie aarde kon wegvee nie...en ook nooit sal nie. Ons is die saad van Abraham, Isak en Jakob en ons is die saad van YAHUSHUA, want SY Bloed red, verlos, wek op, genees en seën ons op elke manier in die naam van YAHUSHUA. Ek is dankbaar dat Israel behoue gebly het vir die onthalwe van YAHUSHUA ons Mashiach (Messias.)
Die middelste kers van die Menorah word die Shamish genoem en dit word gebruik om al die ander kerse aan te steek. YAHUSHUA is Die Eerste Om Te Sterf Vir Die Hernude Verbond Waarheid – Die Shamish/Dienskneg gaan eerste dood, en stel die voorbeeld en patroon. YAHUSHUA het Homself eerste ge-offer net soos SY kers eerste aangesteek word. Dit gaan ook eerste dood. Kol. 1:18. Ons neem ons voorbeeld van om, terwyl die ander kerse elke dag doodgaan volgens die patroon van ons Messias. Dit is YAHUSHUA wat deur ons leef, en in ons vlees sterf ons daagliks, uitgebeeld deur die kerse wat elke dag uitgedoof word gedurende die 8 dae van Hanukkah. (Galasieërs 2:20, Romeine 6:4-5).
Soos ons Messias, sal ons opgewek word met SY koms, gesimboliseer deur die HER-AANSTEEK van die kerse die volgende dag nadat die vlammetjie doodgegaan het die vorige dag- dit hou aan vir al 8 dae van Hanukkah (Chanukah). Die nommer 8 is simbolies vir nuwe lewe, sodat die “laaste dag” ‘n herinnering is van die belofte aan ons, dat ons vir ewig sal lewe in die Hemel en in die Nuwe Jerusalem.
Shamish, YAHUSHUA se Kers – verskaf lig aan al die ander kerse. Dit is hoër en meer opgelig as die ander kerse (Kol. 1:16, Fil. 2:9-11) Alle ander dienaars van YAHUSHUA kry hulle lig van YAHUSHUA die Dienaar-kers te midde van SY dissipels, terwyl ons op ons beurt SY Lig weerspieël, want YAHUSHUA is die Ewige Lig van hierdie wêreld. (Johannes 12:35-36, Mattheus 20:28, Lukas 22:27)
Selfs die feit dat ons die kerse aansteek vanaf die regterkant eerste is ‘n herinnering aan my van die tyd wanneer YAHUSHUA die goeies van die slegtes gaan skei, die skape van die bokke, die bose is aan die linkerhand en die regverdige siele is aan die regterkant. Ons steek die Menorah aan vanaf die regterkant want ons staan deur die geregtigheid van YAHUSHUA, en nie in ons eie naam nie.
Op hierdie Hanukkah, dink aan al die wonderwerke wat YAHUVEH deur hierdie jaar vir jou gegee het. LOOF YAHUVEH en YAHUSHUA want die planne wat HULLE vir ons het, vir ons wie HULLE aanbid, is ten goede en nie ten kwade nie.
Ter afsluiting, bedank ek spesiaal die hardwerkendes wat werk om die profetiese boodskappe vertaal in hulle eie tale. Ons is so dankbaar vir hulle. Ons vra spesiale gesalfde wonderwerke vir elkeen van hulle wat in hierdie oesland saam met ons werk. Elkeen wat deel is van hierdie Bediening is deel van die werkers wat oes in hierdie vrugbare grond, wat siele bring na YAHUSHUA reg oor die wêreld.
Totdat ons ontmoet hier op aarde of andersins in die Hemel
Liefde en Seëninge in die Naam van YAHUSHUA,
Elisheva, Kathrynyah, en Adam