Van Profesie 105 af, het YAHUVEH gesê hierdie moet van nou af op al die Profesieë geplaas word: Elisabeth (Elisheva) EK het jou lank gelede gewaarsku om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH ha KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH GLORIE se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk het. “EK is YAHVEH, dit is MY NAAM; en MY EER sal EK aan geen ander gee, of ook MY LOF aan die gesnede beelde nie”. (Jesaja 42:8)
8 Oktober, 2021
Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë
bygevoeg moet word van nou af: EK het jou lank gelede gewaarsku Elisabeth
(Elisheva) om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie selfs
nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks
hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom
nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van
YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA
KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal
misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde
waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie anders sou
dit misluk het (Jesaja 42:8)
In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook gesê dat die volgende vanuit 2 Kronieke
bygevoeg word voor elke Profesie:
2Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY
Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat
daar geen genesing meer was nie.”
*******
Kom Nou in, die Arkdeur en die Boek van die Heidene maak toe. Kom in die Ark in.
Kom in My arms in waar daar veiligheid is. Vir diegene wat MY noem Beminde en EK
noem hulle MY beminde Bruid, MY Kinders. Kom, glo weereens in julle SALIGE HOOP,
Julle ALMAGTIGE GOD, HEER, VERLOSSER en BRUIDEGOM. Glo in die SALIGE HOOP. EK
sal julle red van die toorn wat kom. Want diegene wat die SALIGE HOOP weier, MY
koms vir MY geliefde Bruid, om weg te glip met haar in die middernagtelike uur.
Julle beledig MY om te sê EK sal haar die Toorn van die ALMAGTIGE GOD laat ly.
Sy is MY geliefde, hoekom sal EK MY Bruid slaan? EK is nie 'n vroueslaner nie.
Julle is alreeds getoets en waardig bevind om MY Bruid genoem te word, anders
sou EK julle nie wegvoer saam met MY nie. So, Hou Op om MY te beledig en glo EK
is 'n beloner vir hulle wat ywerig na MY soek en uitsien na MY koms en verlang
na MY wederkoms. Soos in die Dae van Noag, EK het Noag gewaarsku dat die reën
sou kom. Alhoewel Noag nie geweet het wat 'n vloed was nie het hy MY geglo. EK
het vir Noag beveel om 'n Ark te bou al was die werk moeilik en spottery en
vervolging groot. Al het die werk baie jare geneem om te doen, wat EK Noag laat
voltooi het as gevolg van sy gehoorsaamheid, is julle vandag hier. Al die diere
wat hy gered het, behalwe vir dié wat julle laat uitsterf het, het die aarde
gevul. EK het vooraf geweet wie EK geskape het om die boodskappe met
vrymoedigheid voort te spreek deur MY RUACH ha KODESH (HEILIGE GEES) se krag en
salwing, wat die harte oortuig van diegene met geestelike ore om te hoor en oë
om te sien.
Noag het NIE getwyfel nie, en MY Profete behoort ook nie vandag nie. Maar tog
doen so baie, selfs al spreek EK MY Woorde van vuur voort en gebruik hulle monde
om te praat en hande om te skryf nogtans waag hulle om te twyfel en wonder of
hulle van die Hemel hoor. Noag het nie getwyfel nie, Jeremia het nie getwyfel
nie, Jona het nie getwyfel nie, Elia het nie getwyfel nie, Esegiël het nie
getwyfel nie, Daniël het nie getwyfel nie, waarom betwyfel MY Profete MY dan
vandag? EK sal die woorde wat EK spreek rugsteun. Moenie na die spotters en
skimpers luister nie soos in die dag van Noag en Lot en Moses so sal dit weer
wees. Daar kom 'n reën maar dit is die heerskappy van MY Heilige
Skrikwekkendheid van die Groot God “EK IS” se toorn en oordeel.
Daar kom 'n vloed, nie net 'n watervloed nie, maar 'n vloed van die bakke met
vloeke wat uitgegiet word sal hierdie aarde oorstroom met ‘n vloed van MY
gramskap sedert die tyd van Adam en Eva se sonde teen MY. Soos EK 'n Noag gehad
het om te waarsku teen die vloed, Moses om te waarsku teen die vloeke en Lot om
te waarsku dat die vuur van die Hemel sou neerkom, so sal EK dit ook weer doen,
waarsku EK nou deur MY diensmaagd. Dit sal julle goed doen om elke woord te
bestudeer wat EK nou deur haar spreek en skryf. Altyd is daar 'n oorblyfsel wat
EK het wat sal luister en MY stem sal hoor. Altyd is daar 'n menigte wat sal
skimp en spot net so seker as wat die heidene vir Noag, Moses en Lot gespot het.
Net so seker as die verwoesting en toorn gekom het as vloed, vloeke en vuur vir
die Groot God “EK IS” se toorn en oordeel, so sal dit weer wees.
Dus sal julle goed doen om die woorde te hoor wat MY diensmaagd [Eliyahu]
voortspreek. Hulle is nie haar woorde nie maar die woorde uit die mond van julle
Skepper. Julle het gesoebat vir 'n boodskap van MY af. EK sal nou voortspreek.
Hierdie woorde sal MY vyande kwaad maak en MY Kinders en Bruid sal verheug wees
met onuitspreeklike blydskap en vol van Heerlikheid. Die ganse Hel het probeer
om [Eliyahu] se aandag te probeer weglei daarvan om MY Woorde te hoor wat EK nou
spreek maar het dit slegs gehinder en kon MY nie weerhou om te spreek en vir
haar om te hoor nie. Hierdie woorde laat satan sidder, want menigtes, JA, EK sê
miljoene sal MY stem hoor en hardloop in MY Seun YAHUSHUA se reddende arms in
van Verlossing. Slegs deur YAHUSHUA se Gestorte Bloed sal enigeen gespaar word
van dit wat kom. EK gaan MY WOEDE uitstort! Julle wat hierdie hoor of lees sal
óf gespaar word deur MY wederkoms óf julle sal lewe om MY toorn te ervaar!
Wat julle nou doen tot MY Eer en wat julle gedoen het vir MY Eer alleenlik sal
teweegbring dat MY Seun julle sal red van die komende afgryse van MY toorn en
oordeel wat kom. Die deur na MY Ark is besig om toe te gaan; kom vinnig in
terwyl julle kan. In die tyd van Noag het die heidene gehamer teen die deur van
die Ark om in te kom na veiligheid maar dit was te laat nadat die toorn begin
neerkom het. Die eerste druppels reën het die heidene geïgnoreer net soos wat
hulle nou ignoreer, maar maak oop julle oë, die toorn het alreeds regoor die
wêreld geval maar in 'n matiger graad as wat dit gaan wees. Kom gou na YAHUSHUA
toe. Aanvaar HOM as julle Here, Verlosser en God. Julle ken die weg van
ontsnapping, waarvoor wag julle? Die Ark is soos die Ark van MY Verbond. Die ARK
is MY belofte van veiligheid. Slegs MY Seun YAHUSHUA is julle Ark van
veiligheid.
EK sal alleenlik julle gebede beantwoord in die NAAM van YAHUSHUA ha MASHIACH!
Julle kan nie in julle eie name bid, of in julle eie vrymoedigheid of krag nie.
Moet dit nie waag om MY troon aan te raak in jul eie naam nie want daar is geen
naam wat vir julle kan intree nie behalwe MY Geliefde Seun YAHUSHUA. Moenie waag
om jul eie kleed van geregtigheid te dra nie want EK weet wie het MY SEËL op
hulle geplaas. Diegene wat waarlik verlos is deur die werk van MY Seun YAHUSHUA
by Golgota. Kom na MY toe in die Naam van YAHUSHUA, deur SY Gestorte Bloed;
Staan in SY Kleed van Geregtigheid. So as julle dit doen sê EK, "Kom met
vrymoedigheid voor die Groot God “EK IS” julle GOD YAHUVEH". As julle probeer om
in enige ander naam te kom, sal EK JULLE UITGOOI! Julle sal nie gered word van
die vloed van MY toorn, die vuur wat sal val, die vloeke, die plae, op enige
ander manier nie buiten deur YAHUSHUA nou aan te neem as MESSIAS julle Verlosser
julle God voor dit te laat is.
Buddha kan julle nie red nie, hy kon homself nie red nie. Allah, Mohammed,
Ghandi, kan julle nie red nie; hulle kon hulself nie red nie, ALMAL HET GESTERF!
Almal is in Veroordeling omdat hulle toegelaat het dat ander hulle aanbid. Son
Maan kan julle nie red nie; hy kan homself nie red van die komende Oordeel nie.
Maitreya kan julle nie red nie! Daar is net een naam wat julle kan red en dit is
die Naam van YAHUSHUA ha MASHIACH. Hetsy julle hom YAHUSHUA of YAHSHUA noem maak
NIE saak nie roep net sy Naam aan. Julle wie julself Jode noem luister mooi.
Julle kan nie in die Hemel ingaan deur net te bid en te glo in die Naam van
YAHUVEH nie, alhoewel dit MY Naam is, is dit YAHUSHUA wie die enigste MESSIAS
is.
Die prys wat MY Seun op Golgota betaal het was vir julle Verlossing, beide Jood
en Heiden dieselfde. YAHUSHUA was gekruisig en gemartel en het gesterf en weer
opgestaan terwille van julle. HY het die losprys vir julle sondes betaal. Beide
Jood en Heiden hoor MY; daar is geen ander Verlosser as YAHUSHUA nie. HY is
julle Verlosser, die enigste weg ter ontsnapping van MY toorn wat kom. MY
Kinders wie EK geskape het wat Joods gebore is hoor MY. Julle wag vir 'n ander
Verlosser, maar julle wag tevergeefs. Daar is geen ander buiten MY Seun YAHUSHUA
nie. Die een wie julle geleer was om te haat is die enigste Ark van veiligheid.
Julle kan MY nie liefhê maar tog MY Geliefde Seun haat nie. YAHUSHUA is die een
wie EK aarde toe gestuur het om die losprys vir julle sondes te betaal.
Dit is hoekom Israel en Jerusalem geen vrede ken nie, elke nasie wat YAHUSHUA as
MESSIAS weier SAL GEEN VREDE KEN NIE. HOOR MY WEER! KEN YAHUSHUA EN JULLE SAL
VREDE KEN! YAHUSHUA bring 'n vrede wat alle verstand te bowe gaan. YAHUSHUA is
die Prins van Vrede. Hoe kan julle vrede hê en die enigste Prins van Vrede
verwerp. Soos in die dae van Noag, was die werk moeilik om die ark te bou. Die
tyd was lank om die ark te bou en die diere bymekaar te maak. Net soos dit
moeilik is vir die profete van ouds en die profete van vandag, dit is nie maklik
om MY Woorde voort te spreek nie. Dit verg onverskrokkenheid en julle sal meer
aanstoot gee as seën. YAHUSHUA was 'n aanstoot vir baie. So ook MY Profete wat
nie woorde spreek vir jeukende ore nie, maar eerder woorde wat oortuig en MY
geheime voortspreek, waarsku om te bekeer, maar ook altyd hoop en genade bied.
Die werk van die Profete en apostels is nie maklik of gewild nie. MY Profete
raak gefrustreerd om mense sover te kry om te luister wetende dat hierdie woorde
nie hulle woorde is nie. Hulle gee hul eie finansies om die profetiese
boodskappe te preek aangesien EK altyd 'n oorblyfsel het wat MY stem sal hoor en
gehoorsaam. EK sal altyd 'n oorblyfsel hê wat sal begeer om te hoor wat die
profete spreek. Maar, hoe bedroef is EK omdat so min gewillig is om te arbei
saam met MY Profete aan hul sy, hul laste te deel. Sê MY Woord nie, "Glo 'n
Profeet en so sal julle floreer" nie, EK sê nou vir julle, "Beloon 'n Profeet en
julle sal dieselfde beloning as hulle in die Koninkryk van die Hemel en op aarde
ontvang". Wanneer papiergeld nuttelose papier word en nie langer enige waarde
het nie, sal EK onthou of julle MY Profete gehelp het of hulle behoeftig gelaat
het.
Onthou die Weduwee van Sarfat, indien julle dit betwyfel. Het EK nie alreeds
geweet wie gewillig sou wees om Elia van Ouds se laste te deel nie? Het ek 'n
vrou van weelde opgerig om Elia te onderhou? Nee, EK het iemand opgerig wat
behoeftig was net soos hy. Hulle was albei honger was hulle nie? Hulle het albei
geen fisiese rykdom gehad nie het hulle en tog het EK ‘n klein Weduwee van
Sarfat gekies want EK het haar hart geken. Sy was nie selfsugtig nie alhoewel sy
besorg was, dit was haar en haar seun se laaste maaltyd en dan sou sy sterf en
haar seun. Nogtans het sy die Profeet vertrou en die profeet geglo en daarom was
sy nie meer behoeftig nie. Sy het die behoeftes van die Profeet bo haar eie
behoeftes gestel. Onthou hoe EK haar kruik met olie vermeerder het en dit nie
opgedroog het nie. Onthou hoe EK die meel in haar skottel vermenigvuldig het
sodat dit nie leeg was nie.
Onthou hoe EK haar gevra het om haar geloof te gebruik om die laaste te gee van
dit wat sy gehad het. Onthou dit MY Kinders, sy moes gaan potte en houers leen
by haar bure en toe hulle haar vra wat sy daarin gaan sit moes sy sê dat haar
God die leë houers gaan vul. Soos EK vir haar gedoen het so sal EK weer doen.
Glo net! Geloof sonder werke is dood. EK sal dit doen vir diegene wat glo dat EK
vir hulle sal voorsien net soos EK vir die weduwee van Sarfat gedoen het vir
diegene wat MY Profete seën. Julle sal verlang dat EK jul seën wanneer julle
papiergeld en kaarte waardeloos is. EK sal nou onthou of julle tiendes en
aalmoese gegee het toe EK vir julle gesê het om te deel. Sê MY Woord nie, "Maak
vir julle skatte in die Hemel bymekaar waar diewe nie kan steel en roes nie kan
verniel nie". Maak vir julle seëninge bymekaar soos julle jul skatte bymekaar
sou maak. Waar julle hart is, waarin julle jul vertroue stel, is julle God.
EK sê dit vir julle; enige een wat vir Noag gehelp het was gespaar. Maar wie het
saam met Noag gearbei? Net sy familie! So ook sal dit weer wees. Slegs MY ware
kinders sal begeer om die Profete te help om voort te spreek en nie te muilband
nie of die voete van die osse vasbind terwyl hulle die ploeg trek nie. Bid vir
die Profete veral vir die diensmaagd wat hierdie voortspreek. satan wil MY stem
op hierdie aarde stilmaak want die Profete waarsku altyd voordat EK MY toorn
stuur of voordat satan aanval. Dit is met MY Profete waarmee EK MY geheime deel.
Nooit stuur EK MY toorn en oordeel totdat EK die Profete stuur om te spreek en
te waarsku om te BEKEER nie! satan haat veral die profete. Die amp van die
profeet is nie maklik nie. Niemand is 'n profeet tensy hulle bekend is met
lyding nie. Hulle het gely vir die salwing om te profeteer.
So nou sê EK, "Seën my Profete en EK sal julle seën. Beskerm MY Profete en EK
sal julle beskerm. Arbei saam met MY Profete en julle seëninge sal groot wees
veral wanneer julle in nood verkeer. Bied aan om MY Profete weg te steek en EK
sal julle wegsteek. Deel met MY Profete en EK belowe julle sal nooit honger ly
of haweloos wees nie." Die tyd is hier dat dit gevaarlik is om jouself 'n
profeet te noem. Dit raak gevaarliker namate YAHUSHUA naderkom vir SY Bruid. EK
behoort nie vir julle te sê wat EK gespreek het nie, julle behoort dit reeds te
weet. Skaam julle om nie te doen wat julle weet EK in julle Gees gespreek het om
te doen nie. Menig maal het EK gesê, "Help hulle", en tog het julle geweier. Hoe
kan julle sê dat julle MY liefhet wanneer julle MY nie gehoorsaam nie? Kom in
die Ark van MY Seun YAHUSHUA ha MASHIACH in.
Glo EK is 'n God wie diegene beloon wat ywerig na MY soek. As julle glo dat
julle die toorn sal verduur wat op die punt is om die aarde te oorspoel, dan sal
julle daardie toorn en oordeel verduur. As julle glo is EK 'n God wat diegene
beloon wat ywerig na MY soek, ywerig luister vir MY stem en MY wil doen en nie
julle wil nie, loop wanneer EK sê loop, hardloop wanneer EK sê hardloop, staan
stil wanneer EK sê staan stil, praat wanneer EK sê praat, blystil wanneer EK
niks sê nie en doen niks nie totdat julle hoor van die Hemel. 'n Soldaat volg
nie net sy eie bevele nie; hy wag vir die bevelvoerder om die bevele te gee. So
wag, al lyk dit of MY antwoord talm, dit sal voortkom. Die oorlog in die Hemele
woed voort. Die klankgolwe is tot dusver geblokkeer. Hoe sou MY Profete, soos
hierdie diensmaagd, kon praat as die klankgolwe nie geblokkeer was nie, hulle
sou weg wees. Dit is ter wille van julle dat EK toelaat dat die oorlog in die
Hemele woed. Die seëls van die verlostes is verseël net soos satan diegene
gemerk het wat syne is.
So ook het EK, julle Vader YAHUVEH, gemerk wie MYNE is. Die Goddelikes sal
Heiliger word. Die bose sal onheiliger word. Wee die aarde want dit sidder en
beef. Nie alleen trek die hemelruim krampagtig saam namate YAHUSHUA die aarde
nader nie maar die aarde sidder in vrees en bewe in vrees want dit ken die
boosheid wat gedoen is. Die aardbewings is die aarde wat in angs bewe en hulle
sal toeneem in intensiteit en storms sal erger word en die lawa in die berge sal
voortstu want die lawa word verhit deur MY woede! Dit kook vurig teen die
heidene van hierdie aarde wat MY bevel weier, wie YAHUSHUA se geskenk by Golgota
weier en wat alles haat wat Heilig is. Die aarde sal hewiger skud namate die
Seun van God nader. Die hemelruim skud weens satan se woede en die oorlog in die
Hemele. Die hemelruim het smarte soos 'n vrou wat geboorte gee. Dit sal wees
asof die sterre uit die lug val. Die prins en mag van die lug skud die
hemelruim, want satan weet.
"YAHUSHUA KOM VIR SY BRUID, YAHUSHUA KOM WEER!" satan moet vinnig sy boosheid
doen want hy weet sy tyd is nou baie kort. Hy wil soveel as moontlik siele saam
met hom hel toe neem want hy weet dit is die enigste manier hoe hy YAHUSHUA kan
seermaak! Want MY Seun het die prys by Golgota betaal sodat satan julle nie saam
met hom Hel toe kon neem nie. Amerika, ja, daar kom oorlog na jou kuslyne en
land toe. Maar EK het jou tot dusver beskerm. EK het vir Amerika gewag om te
BEKEER en tog bedroef hierdie nasie MY net. Vertoorn MY! Die Politieke leiers
toon geen skaamte of berou nie en raak net meer verwerplik. Die mense wat vir
hierdie skandelike leiers stem toon geen berou of skaamte nie.
In plaas daarvan spreek hulle nie vir heiligheid nie maar stem selfs meer
onheilige heidene in die amp in. Amerika julle het gekry waarvoor julle gestem
het. Die enkele Godvresendes en regverdiges wat EK in die amp gehad het was
openlik beskaam. Naak gestroop en hulle poste gesteel alles omdat hulle dit
gewaag het om teen die vals profeet van hierdie land te praat alles omdat hulle
opgestaan het vir sedelikheid en heiligheid. Wee die mense wat 'n keuse gehad
het om die Goddelikes in te stem en nogtans eerder die heidene gekies het met
die geeste van die antichris. EK het MY Mense daarvan gered wat uitgestem was
uit hul ampte wat opgestaan het vir geregtigheid om in die Withuis te wees
wanneer die ganse hel losbreek in daardie plek en EK MY toorn openlik ten toon
stel teenoor die verwerplike politici. Die Hoer, onthou Sodom en Gomorra, dit is
in die Withuis. EK sal diegene seën wat gestem het teen die boosheid in
Washington D.C. en EK sal diegene vervloek wat gestem het vir die bose
onsedelikheid met hul stemme.
EK sal Amerika openlik beskaam voor die ganse wêreld. Julle leiers sal openlik
ween vir dit wat EK gaan doen. Maar nie MY Kinders nie julle sal weet wat om te
doen wanneer die tyd kom. Die rede hoekom julle nie weet nie dis nog nie tyd
nie. EK is nooit te vroeg of te laat nie, EK julle Here God is altyd betyds,
julle dink net EK is laat. MY tydsberekening is perfek. Julle kan nie voor MY
uitgaan of agter MY aan nie maar moet reg langs MY sy bly. Al MY Kinders diegene
wat behoort aan YAHUSHUA verlang na SY wederkoms reg oor die wêreld, hoor MY,
die stem van julle Skepper, die groot God “EK IS.” Ek sal, terwille van julle,
wonderwerke stuur soos julle nog nooit tot dusver gesien het nie. Want julle
sien MY Seun YAHUSHUA julle MESSIAS nader hierdie aarde, soos hierdie diensmaagd
[Elisheva Eliyahu] voorheen vir julle gesê het, herhaal EK weer.
Dit is waar dat Gabriël reeds sy basuin geblaas het. Die klankgolwe was
geblokkeer deur die oorlog in die Hemele maar Gabriël se basuin sal gehoor word
en die klankgolwe geopen. Julle liggame sal verander word in ‘n oomblik, in 'n
oogwink. Die dooies in YAHUSHUA (Christus) sal eerste opstaan en julle wat
oorbly sal opgeneem word om YAHUSHUA in die lug te ontmoet. Maar julle sal in
julle verheerlikte liggame loop en van MY getuig, waarsku om NIE die Merk van
die Dier te aanvaar nie 40 dae lank. Dan sal julle die grootste getuienis van MY
Woord wees. Maar vir dié wat onveranderd is hulle sal bedroef wees want hulle
sal weet hulle moet deur die Verdrukking gaan.
Dan sal julle saam met MY kom om MY in die lug te ontmoet en saam sal ons mekaar
in die lug ontmoet. MY Bruid is nie bestem vir MY toorn nie. satan sal
neergewerp word op die aarde in groot woede saam met sy demone uit die lug val.
Wee die bewoners van die aarde. MY BRUID SAL JUIG OOR MY VERSKYNING! Die
gelowiges wat gespreek het en geglo het dat YAHUSHUA nie SY Bruid voor die Groot
Verdrukking sal red nie sal verras wees terwyl YAHUSHUA kom wanneer hulle die
Bruidegom die minste verwag om te kom vir SY Bruid! Diegene wat vasberade is dat
hulle deur die Groot Verdrukking sal gaan sal aan die slaap wees terwyl MY Seun
YAHUSHUA kom en wegglip met SY Bruid in die middernagtelike uur, sterflike
liggame verander in onsterflike liggame.
Dan sal hierdie, wat aan die slaap was en so seker was dat hulle reg was, sal
sien dat hulle verkeerd was. Hulle sal huil en weeklaag omdat hulle hul weg van
ontsnapping gemis het vir die toorn wat gaan kom. Hulle sal moet wag vir hul
verheerlikte liggame. Die heidene sal verwoed wees en die Almagtige God vervloek
en intense haat sal opvlam teen die gelowiges van YAHUSHUA! Want na die 40 dae
van die Verheerlikte Heiliges wat getuig en gewys het wat hulle gemis het sal
groot droefheid en intense woede verrys. Bid nou dat julle waardig geag sal word
om MY Seun YAHUSHUA se Bruid genoem te word. Bid dat julle waardig geag sal word
om die uur van hierdie groot versoeking te ontvlug om die Merk van die Dier te
aanvaar.
Roep MY nou aan in YAHUSHUA se Naam. EK is 'n Hemelse Vader wat diegene wat na
hierdie woorde luister en dit ontvang en gehoorsaam nie sal verwerp nie. Tot MY
Glorie alleen het EK met julle gespreek dus kan julle nie sê YAHUVEH het julle
nie gewaarsku nie. Daar is slegs een middelaar, een ARK van veiligheid en dit is
die Naam van YAHUSHUA ha MASHIACH! Soos Noag bo die waters van MY toorn was glo
net so en julle sal ook bo MY toorn wees toekyk uit die Hemel veilig teen die
Groot Verdrukking. Diegene wat daarop aandring om MY te toets en glo dat EK nie
MY Bruid voor die Verdrukking sal red nie, glo dat EK niemand waardig sal ag om
die uur van oordeel te ontvlug nie, daar is hoop vir julle ook. Glo dat EK julle
sal beskerm soos EK LOT beskerm het en GEHOORSAAM MY en julle sal ook die Hemel
aanskou.
EK waarsku julle in daardie tyd sal julle meer in geloof wandel en nie deur
aanskouing nie as in enige ander tyd in die geskiedenis. Niemand wat louwarm in
geloof is sal MY toorn oorleef nie. As julle dit nou moeilik vind om geloof te
hê, hoeveel moeiliker sal julle dit vind om te glo dat EK julle sal red en tog
sal die meerderheid van geloof sterf en hulle sal gewillig hulle lewens gee as
‘n martelaar, verkies dit om alleenlik in geloof voort te leef. Hulle sal
onthoof word vir hierdie geloof en die dood kies bo lyding. Tog sal almal wat
die Merk van die Dier in die Verdrukking weier gered word.
* * * * * * *
Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë
bygevoeg moet word van nou af:
EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva] om nie hierdie Bediening na ‘n man
of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in
jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan
het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee.
Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die
Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou
hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se
Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur
jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja 42:8)
In Julie 2010 Het YAHUVEH GOD beveel dat die volgende bygevoeg word voor elke
Profesie:
2Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY
Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat
daar geen genesing meer was nie.”
*******
Die wapens van julle oorlogvoering is nie vleeslik nie maar is magtig om satan
se vestings neer te werp. 'n Skootrekenaar sal een van daardie wapens wees wat
gebruik word om die vyand te ontbloot, gebruik word om teen die vyand te
waarsku, gebruik word om die vyand te keer om MY Mense te vernietig weens 'n
gebrek aan kennis. Vertel vir MY Mense om in hierdie hedendaagse gereedskap te
belê, want wanneer hulle moet vlug kan hulle nie met groot rekenaars reis nie.
Ek het die rekenaar ontwerp vir hierdie tyd en hierdie doel. Dit is die kennis
wat vermeerder en heen-en-weer hardloop. Dit is hoe julle in staat is om op een
plek te wees maar om op 'n ander plek met MY Mense regoor die wêreld te praat.
Moet vir geen oomblik dink dat hierdie wapen nie kragtig is nie. satan wil die
internet beheer om MY Mense stil te maak. Maar hy kan nie enige iets doen wat EK
nie toelaat nie.
Julle tyd is kort maar EK sal julle in kontak bring met diegene wat
rekenaarkennis het. 'n Netwerk van MY mense sal 'n luide stem wees in hierdie
eindtyd. MY rekenaar-genies was weggesteek vir so 'n tyd soos hierdie. Diegene
met die wysheid van YAHUVEH en YAHUSHUA was weggesteek vir so 'n tyd soos
hierdie. Hulle arbei in die wêreld om die maniere van die heidene te leer, om in
staat te wees om teen die heidene en hul maniere gebruik te word op die
toepaslike tyd. EK het MY Mense in alle gebiede ongeag waar julle gevrees het,
van die polisie, tot die weermag, tot die Inkomstebelastingdiens, tot die
regering, tot die kruideniers, tot die internet verskaffers, soek MY Mense.
Julle sal hulle vind. Nou is die tyd wanneer hulle sal opstaan en skyn. Soos die
son sal hulle voortskyn.
Die kennis wat opgedoen was in tersiêre instansies voorsien deur die vyand sal
gebruik word teen die vyand om diegene te beskerm wat EK MYNE noem. Hulle sal
weet van maniere rond-om wette wat julle gedink het onmoontlik is. EK het
prokureurs, dokters; EK het onderwysers in alle areas. Moenie dink die heidene
het meer wysheid nie. MY Genies was weggesteek vir 'n vasgestelde tyd. MY Genies
het die wysheid van MY, YAHUVEH en YAHUSHUA en kan enigiets vinnig leer, selfs
al het hulle nooit vantevore daaraan gedink om dit te leer nie. Kommunikasie sal
'n waardevolle gereedskap wees in hierdie eindtye.
Maniere rond-om dit wat die wêreld van voorneme is om te doen om MY Mense stil
te maak, is daar. EK sal nie nou die maniere openbaar nie, maar julle sal hul
herken wanneer julle dit hoor. EK sê dit vir julle hulle kan hulle torings van
Babel bou; EK sal vir MY Kinders 'n uitweg voorsien om altyd in kontak te bly.
Vertrou MY en leer MY weë, wees bewus dat MY Mense weggesteek was, verborge
gawes van die RUACH ha KODESH het, alleen gewandel het sonder raadgewing aan
mekaar, om onderrig te word, en tog is hulle onderrig deur MY RUACH ha KODESH.
Om te reis gaan toenemend moeiliker word om van een land na 'n ander te kom
sonder daardie land se toestemming. Maar EK sê vir julle EK het reeds MY Mense
aan die werk in hierdie gebiede en MY Mense sal ontvlug wanneer die tyd kom om
te ontvlug. EK het vliegtuie, vlieëniers en lugwaardinne. EK het MY plan in
werking. EK is 'n God wat nie verras kan word nie ongeag wat die vyand dink. EK
het 'n plan en MY plan vir julle is ten goede en nie tot julle onheil nie. MY
plan vir MY Geliefde Babas, Bruid, Uitverkorenes en Noukeurig Uitgesoektes is
tot seëninge, so baie seëninge dat julle nie in staat sal wees om dit almal op
te noem nie.
MY planne vir My vyande is tot vervloeking, so baie dat hulle nie instaat sal
wees om dit almal op te noem nie! Wees gereed vyande, die vloeke is oppad na
julle toe! Natuurrampe sal hulle dit noem, maar daar is niks natuurliks in die
rampe wat deur die hand van 'n TOORNIGE YAHUVEH kom nie. Julle spog oor julle
surplusse maar daar sal geen surplus wees nie as gevolg van MY toorn wat
onverdun uitgegiet sal word, maar nie MY Mense sal benadeel nie. EK sal MY Mense
beskerm soos EK in die tyd van Noag gedoen het, soos in die tyd van Lot, soos in
die tyd van Moses.
Die vyand sal hul tande kners van woede en raserny want hulle sal sien niks kan
diegene stop of verhinder wat gehoorsaam is aan en vertrou op YAHUSHUA as hulle
Goeie Herder nie. Geen wolwe kan MY Skape verras nie. EK gaan voor die wolwe uit
en spreek woorde aan MY Profete en Apostels en waarsku vooruit waar en wanneer
die wolwe gaan aanval. Julle sien, hierdie wolwe is nie bloot net wolwe met
skerp slagtande nie, hulle is hondsdol en as hulle eenkeer byt, is hulle byt
dodelik. So dit is nie bloot net 'n byt nie maar julle siele en lewens is op die
spel.
Die slange wat gestuur is om julle te omsingel is nie net een nie, maar baie,
die slange sal probeer om julle te omsingel en hulle byt is nie net 'n slangbyt
nie maar daar is kobras wat gif in julle Gees inspuit en vir julle vertel dat
YAHUVEH en YAHUSHUA nie hulle skape kan versorg nie, dit is hopeloos, hulle sal
julle met 'n leuenagtige gif inspuit en sê: "Vertrou die regering nie julle God
nie!". Dan sal hulle luislange gebruik om te probeer om julle te beknel op elke
manier wat hulle kan. Finansieel, geestelik, liggaamlik, verstandelik,
terselfdertyd sal die regering julle druk soos 'n luislang terwyl hulle die
kobra gebruik om die giftige venyn van leuens in te spuit om selfs die sterkstes
in geloof te laat bewe van vrees.
Maar EK spreek nou voort deur hierdie diensmaagd om vir julle te vertel MY
Geliefde dat julle nie hierdie wolwe of slange hoef te vrees nie! EK het vir
julle gesê dat EK altyd 'n volk het wat die Groot God “EK IS” aanbid, dien en
gehoorsaam en dit altyd sal doen! EK, YAHUVEH, en MY Seun YAHUSHUA kyk in stilte
toe en neem waar wat die vyand doen en ons rapporteer dit deur ons Profete en op
hulle beurt waarsku hulle nie net nie maar bemoedig julle ook soos nou, om julle
te laat weet dat EK in MY tydsberekening vir julle sal sê wanneer om te gaan,
wat om te doen, hoe om die luislange en die dodelike kobras te vermy!
Wag net op MY, want EK die Here julle God is nooit te vroeg of te laat nie. EK
sal MY Mense op so manier red dat julle dit wonderbaarlik sal vind. Ja, daar sal
diegene wees wat gemartel word en besig is om gemartel te word maar hulle bloed
val in die grond en sal net ander laat opstaan om te praat en om groter werke te
doen in MY Seun YAHUSHUA se NAAM. Moenie treur oor diegene wat EK toelaat om
doodgemaak te word ter wille van MY nie. Maar treur eerder oor die een wat die
moord en marteling gedoen het. Hulle het die ewigheid om te ly vir dit wat hulle
gedoen het, vir dit wat hulle aan MY Kinders gedoen het wat hul lewens neergelê
het vir MY. Hulle sal op dieselfde manier vir ewig in die hel gemartel word.
Diegene wat gemartel was het in die lewe gely maar sal vir ewig nooit weer ly
nie. Hulle belonings is groot in die Hemel.
EK kom vir MY Bruid sonder vlek of kreukel. Leer nou hoe om MY te behaag. Leer
nou om MY te gehoorsaam. Leer nou om alles op MY offeraltaar neer te lê. Wat EK
vir julle teruggee is bedoel as 'n seën, wat EK wegneem was julle nie
veronderstel om te hê nie, want dit sal julle net benadeel. EK is 'n Goeie God.
EK is julle Hemelse Vader en EK waak versigtig oor hulle wat uitroep na MY om
met hulle te praat, hulle te wys wat om te doen, wanneer om dit te doen,
waarheen om te gaan. Moenie vir een oomblik dink julle gebede was nie gehoor
nie. Dit is bloot nog net nie die tyd om die antwoorde voort te spreek nie.
EK wag, terwyl julle wag, EK wag geduldig terwyl meer siele daagliks na YAHUSHUA
draai as hulle verlosser en saligmaker. EK kan nie veel langer wag nie want die
vyand beplan om 'n aanval te loods wêreldwyd op dieselfde tydstip. EK sal MY
Kinders wat na MY stem luister nie toelaat om mislei te word nie. Luister
aandagtig na die vyand se stem en julle sal sien wanneer julle dit oor al die
luggolwe hoor hierdie is nie die stem van julle Skepper en Verlosser nie!
Luister aandagtig en kyk na die oë terwyl hulle praat, moenie net met julle
fisiese ore luister nie, maar gebruik julle geestelike ore en moenie met julle
fisiese oë sien nie, maar vra die RUACH ha KODESH om julle te wys met julle
geestelike oë.
In hierdie wêreld is alles nie wat dit voorgee om te wees nie. In hierdie wêreld
regeer die god van leuens en vernietiging baie lande. Maar die God van Waarheid
is YAHUVEH en YAHUSHUA en EK het binne-in almal wat MY aanbid dien en gehoorsaam
die RUACH ha KODESH geplaas en die RUACH ha KODESH sal die waarheid van die
leuens skei. Die RUACH ha KODESH sal julle beskerm teen die komende vernietiging
en verwoesting. Moet jul oë nie toelaat om net te fokus op die duisternis, die
negatiewiteite van hierdie wêreld nie, maar bedink eerder die goeie, die
beskerming, die wonderwerke wat EK sal doen om MY Kinders te red. Net soos in
die tyd van Moses, so sal EK dit weer doen. Op 'n nuwe manier, met nuwe
hedendaagse moderne gereedskap, maar nietemin sal EK my Babas, Bruid,
Uitverkorenes en Noukeurig Uitgesoektes beskerm. EK sal nie net beskerm nie maar
EK sal MY Geliefde Bruid seën op maniere wat hulle nie eens van gedroom het nie.
VERTROU MY Net!
Nie almal wat hulself MY Bruid noem en op MY wag sal EK op daardie dag saam met
MY huis toe neem nie. MY Seun YAHUSHUA sal slegs 'n Bruid sonder vlek of kreukel
aanvaar. Lewe jy in sorgelose gemak, in sonde maar bedek dit in die gestorte
Bloed van YAHUSHUA? Dink jy jy hoef nie MY Gebooie en MY opdrag tot Heiligheid
te gehoorsaam nie omdat dit weggedoen was aan die kruis van YAHUSHUA? As jy so
dink, dan is jy nie MY Bruid nie. Want MY Bruid weet om MY lief te hê is om MY
te gehoorsaam. MY Bruid toets MY nie om te sien hoe vêr sy kan oorleun in die
hel in en nog steeds die Hemel haal nie. MY Bruid wag nie om te sien of EK straf
om hulle te laat weet hulle het gesondig nie. Hulle word oortuig deur MY RUACH
ha KODESH en bekeer voordat EK hulle hoef te straf.
Vir almal wat hulself noem by MY Seun YAHUSHUA se Naam en sê dat hulle gered is
en nogtans 'n lewe van sonde ly. Julle flous niemand anders behalwe julleself
nie. BEKEER VANDAG! MY Bruid sal EK spaar van die komende afgryse wat nog moet
kom, maar nie julle wat speletjies speel met die gestorte Bloed van YAHUSHUA ha
MASHIACH op Golgota nie! Julle dink dit bedek julle sonde wanneer julle vooraf
julle sondes bedink? Julle dink deur kerk toe te gaan word daardie sonde
weggewas omdat julle heilig lyk vir ander, dit beteken nie dat julle Heilig vir
MY is nie. BEKEER! Die afgrylike dae wat kom sal bewys wie waarlik na MY soek en
wie vir MY weggekruip het. Moenie vergeet nie EK ken julle harte, EK ken julle
gedagtes; EK ken julle motiewe sonder dat julle 'n woord spreek. EK, YAHUVEH,
wat julle geskape het, ken julle op elke manier. Niks is verborge vir MY nie.
Onthou vir Ananìas en Saffìra, hulle het gedink hulle kon vir die RUACH ha
KODESH lieg. Soos in die dae van Ananìas en Saffìra so sal dit weer wees. Hulle
wat dit waag om MY te bespot, sal gespot word! (Handelinge 5:1-11)
Die Bloed van YAHUSHUA ha MASHIACH op Golgota sal of red of deur verloëning of
weiering van die geskenk op Golgota sal julle veroordeel word. Een of die ander,
vir sommige is die geskenk wat gegee was op Golgota 'n seën en hulle sal die
ewigheid in die Hemel ken. Vir ander, sal MY Geskenk wat ek op Golgota gegee het
soos 'n vloek wees want hulle het die enigste weg na die Hemel verwerp, die
enigste weg tot vergifnis. Sodoende het hulle satan en die hel en alles wat dit
bied aanvaar. Wee hulle wat in hierdie eindtye die weë van satan aanvaar en 'n
lewe van onheiligheid lewe, want julle lewe sal vrugteloos wees en elke seëning
wat julle het sal afgesny word. Maar vir diegene wat probeer om MY Gebooie te
onderhou, en geen ander God as YAHUVEH en YAHUSHUA het nie en slegs na die stem
van die RUACH ha KODESH luister en nie agter die verleidende geeste aanloop nie.
Julle lewens sal vol seëninge op aarde en in die Hemel wees. EK sal julle nooit
begewe of verlaat nie. Glo net. Moenie julle geloof weggooi terwyl julle die
komende Oordeelsdag sien nie.
* * * * * * *
Hierdie is ‘n oorskrywing:
'n Profeet sien dinge vooruit. YAH waarsku altyd deur SY ware Profete. En ek het
hierdie droom gehad, 'n baie helder droom, waar YAH my vertel om te waarsku,
[met] en dit was op 19 Desember 2001. En die rede waarom ek dit deel, is nie om
vrees te veroorsaak nie, maar eerder om julle gebede te vra dat hierdie droom
NIE sal gebeur nie!
Ten tye van hierdie droom [in 2001] was dit DRINGEND en dit het gelyk of dit in
Amerika gaan gebeur. Ons wat in YAHUSHUA glo, het 'n kragtige 'militêre
beskerming' wat reguit uit die Hemel kom; en dit is die engeleskare, die oorlogs
engele. En net ABBA YAHUVEH sal ons meer genade kan gun want as die gebeur, dit
wat hierdie droom gaan beskryf, is 'n kernaanval!
En in die laaste Profesie wat ek gegee was, wat binnekort geplaas sal word,
waarsku dit [hieroor]. En ook in Donald Trump se Profesie het dit gewaarsku [hieroor].
(Donald Trump spring op soos Popcorn! [LINK])
Daar is 'n wedren om te sien wie daardie knoppie sal druk, daardie rooi knoppie.
Want wie ookal salm wel,dit is kernaanval. En daar sal vergelding wees!
So ek noem hierdie droom, die "Uitgehongerde Baba Droom."
Droom Begin
Ek het buite gestaan en gekyk na 'n pragtige blou hemel. Als was vreedsaam.
Terwyl ek opgekyk het, het ek gesien dat 4 sirkels in die lug getrek word asof
die Vinger van GOD YAHUVEH hulle baie stadig trek. Toe die 4de sirkel getrek
was, het ek 'n harde brullende geluid gehoor. Ek het binne-in die huis gegaan,
en 'n GROOT wind het gekom en verwoes en vermoor. Dit was 'n kern ontploffing,
soos van die gevolge van 'n kern bom! Ek het die dood en die vernietiging in
groot skok aanskou.
Binne in my huis het ek 'n vrou met 'n klein baba in haar arms gesien. Ek het na
die baba gekyk. En die baba het dood gelyk en so ondervoed. En ek het vir die
vrou gesê, die moeder, "Hoekom het jy nie die baba gevoed nie?"
En sy het my koud aan gekyk en gesê: "Want die baba vas."
Toe, voor ek die baba by haar kon wegneem, het sy die venster oopgemaak en dit
uit die 2de verdieping se venster uitgegooi. Ek het buite in die bestraling en
die verwoestende wind in gehardloop en die baba in my arms gevang, en die baba
het weer begin asemhaal!
Terwyl ek daar staan, het 'n man na my toe gekom - en hy het net verby my geloop
- sy gesig was so gebrand gewees van die bestraling van die kernontploffing, en
dit was rooi met 3de graadse brandwonde of erger. Hy het nooit 'n woord gesê nie.
Hy het net aangehou loop verby my.
Ek het teruggekeer in my huis in, ten volle beskerm teen die bestraling, want ek
het geweet niks kan my en die baba seermaak nie. En ek het die baba melk uit 'n
bottel gevoed.
Na 'n rukkie het die verwoestende winde gestop. En als het vreedsaam gelyk. Toe
het ek weer na die hemel gekyk en ek gesien die eerste sirkel begin. Ek het
begin skree: "BEKEER en draai julle harte na YAHUSHUA toe! Want die oordeel het
weer gekom!"
So min het geluister. Ek het die ander 3 sirkels almal in 'n ry gesien, 4 in
totaal.
Toe ‘n geluid van 'n brul wat ek nie kan beskryf nie. Toe kom die verwoestende
winde weer. En dit was nog 'n kern ontploffing wat afgegaan het!
Einde van Droom
Dit is waar ons nou is. En ons bid net dat ons meer tyd het om meer siele te
bereik. En in hierdie droom het ek 'n verheerlikte liggaam van een of ander aard
gehad, want die bestraling het ek nie gevrees nie - die ontploffings, die winde.
Ek was in 'n verheerlikte liggaam.
Daar is ook ... Wanneer YAH 'n visioen, drome, profesieë gee, kan daar meer as
een betekenis wees. En so onderskei ek dat dit ook 'n dubbele betekenis kan hê.
Want ons weet die kernaanval sal gebeur. Dit is net 'n kwessie van tyd!
Die vrou is ‘godsdiens’. En die baba is die gemeente. Die georganiseerde
godsdienste en die georganiseerde kerke honger die mense uit; dwing hulle om te
vas vir meer geestelike kennis en profetiese waarhede en openbarings; meeste
kerke sal nie eens 'n Profeet toelaat om te profeteer nie.
Die pastoor sal die persoon vroegtydig vra, “Voordat jy kan profeteer, wil ek
sien…” Hulle sal dit sê, “Ek wil sien wat jy gaan sê”. Dit is onmoontlik vir 'n
ware profeet!
‘n Ware profeet maak net hul mond oop en ABBA YAH, YAHUSHUA spreek voort! Slegs
die valses kan dit doen [weet wat hulle voor die tyd sal sê]. En ek word gebruik,
ek is gebruik om die mense wat honger het te voed, en tog nogsteeds na hul kerke
toe te gaan - wat 22 jaar op die internet sal wees 4 April 2017.
En die pastore laat die mense ly om hulself rykdom en beheer te gee. En hulle
dink hulle BESIT DIE SKAPE (die mense, die gemeente)! En hulle sal in groot
herehuise woon, en die Mercedes [Benze] ry, Rolls Royces bestuur! Vliegtuie hê,
hul eie private vliegtuie! En nooit nie net een herehuis besit nie, maar
gewoonlik baie!
En hulle vergeet dat daar net EEN GOED HERDER is. En dit is YAHUSHUA HA MASHIACH
(WIE sommiges nou JESUS CHRISTUS noem)! Waarsku almal asseblief!
YAHUVEH het met my in daardie droom gepraat en my gewaarsku hoekom hy die ‘muur’
van beskerming weer sou lig, en dit is omdat selfs die heidene 'n heidense god
aanbid, maar wie aanbid Amerika eintlik? Watter god aanbid enige land in hierdie
wêreld? Die Jode aanbid ABBA YAH, YAHUVEH. Hulle het baie 'name' [vir HOM]:
HaShem, Adonai; maar ek noem HOM op SY NAAM YAHUVEH!
Droom Begin:
In November (weer 2001) het ek 'n soortgelyke droom gehad. Ek het op 'n pad
geloop en 'n koei vol melk het my gevolg waar ek ookal gegaan het. En dit was
nie eens my koei nie. Die boer het my daarvan beskuldig dat ek sy koei steel! Ek
het gesê ek kon nie die koei keer om my te volg nie, dit was die koei se keuse!
Ek het 3 vierkante in 'n ry gesien wat deur die Vinger van YAHUVEH in die lug
getrek is. Ek het 'n klank gehoor soos 'n brullende geluid wat ek nie kan
verduidelik nie. Dit, dit was… dit was so hard!
Toe sien ek, ek was in die berge en groot rotse het in my rigting aan gekom. Ek
het na die oseaan toe gehardloop waar my huis in die droom was. Ek het in die
huis ingegaan en toe het ek gesien hoe die 3 vierkante weer in die lug getrek
word. Ek het in skok gekyk en probeer dink wat die minste pynlike manier was om
te sterf.
Want ek het gedink die oseaan sou die huis bedek en almal daarin sou verdrink
word as ek [insluitend my] gebly het.
So het ek besluit om weer na die berge toe te gaan. En ek het die brullende
geluid gehoor. En toe net nadat die 3de vierkant geteken was, het ek gesien -
voordat ek selfs kon beweeg - Vuurwerke in die lug. En die eerste, ligkleuriges,
was die oninteressante soort wanneer die vuurwerk begin. Toe was daar
helderkleurige vuurwerke! En dit was pragtige vuurwerke. Ek het nie hardloop nie,
ek het net na die vuurwerke gekyk.
Einde van Droom
Ek is geïnteresseerd in die onderskeiding van hierdie drome.
Ek weet dat die koeie die mense is, gevul met melk, hulle het die Melk van die
Woord. Maar hulle het meer nodig. Hulle het geestelike vleis nodig! Net die
vurige gebede van die regverdiges het groot krag (Jakobus 5:16). "As MY volk…
berou toon en bid…sal EK luister….en hulle land laat herstel" (2 Kronieke 7:14)!
Neem asseblief hierdie drome ernstig op.
Die een goeie ding is as jy aan ABBA YAHUVEH & YAHUSHUA behoort, kan jy op die
Skrif van Psalm 91 staan, dat HY jou onder SY Vlerke sal wegsteek; Die Geheime
Plek van die ALLERHOOGSTE GOD - soos genoem in Psalm 91!
Is iets te moeilik vir YAH?
Die 3 Hebreeuse kinders (Dan 3) is in 'n vurige oond gegooi wat 7 keer warmer
verhit is en niks was gebrand nie, net die toue wat hul hande en voete gebind
het. YAHUVEH kan ons ook gedurende hierdie tyd van die kwaad weerhou! Hulle
liggame het nie eens na rook geruik nie! So wat ek te sê het is ons weet die
gaan gebeur.
En vir diegene wat die Bruid van YAHUSHUA is, hulle sal óf in verheerlikte
liggame wees óf hulle sal in die Hemel wees.
Ek bid in die NAAM VAN YAHUSHUA dat jy hierdie drome ernstig opneem. Donald
Trump is pas as die volgende President aangewys. Hy is nie 'n oorlogstoker nie;
Putin wil vrede met Amerika maak. Ek het 'n profesie gekry oor Donald Trump (Profesie
131 "Donald Trump, spring op soos popcorn!") En hierdie [AmightyWind] Bediening
- hierdie Messiaanse Joodse Bediening - ons was gesê om te bid dat Donald Trump
President sou word. En LOOF YAHUSHUA hy is!
* * * * * * *