11
17 En Jójada het die verbond gesluit tussen die HERE en die koning en die
volk, dat hulle ‘n volk van die HERE sou wees; ook tussen die koning en die volk.
18 Daarna het die hele volk van die land in die tempel van Baäl ingegaan en dit
afgebreek; sy altare en sy beelde het hulle kort en klein gebreek, en Mattan,
die priester van Baäl, voor die altare doodgeslaan. Verder het die priester
wagte aangestel oor die huis van die HERE.
19 Toe neem hy die owerstes oor honderd en die Kariërs en die hardlopers en die
hele volk van die land; en hulle het die koning afgebring uit die huis van die
HERE en deur die poort van die hardlopers in die huis van die koning gegaan, en
hy het op die koningstroon gaan sit.
20 En die hele volk van die land was bly, en die stad rustig. Maar hulle het
Atália met die swaard in die huis van die koning gedood.
21 Joas was sewe jaar oud toe hy koning geword het.
*~ Hoofstuk 12 ~*
1 In die sewende jaar van Jehu het Joas koning geword, en hy het veertig jaar
geregeer in Jerusalem; en die naam van sy moeder was Síbja, van Berséba.
2 En Joas het gedoen wat reg was in die oë van die HERE, al sy dae waarin die
priester Jójada hom onderrig het.
3 Net die hoogtes is nie afgeskaf nie; die volk het nog geoffer en op die
hoogtes rook laat opgaan.
4 En Joas het aan die priesters gesê: Al die geld wat as heilige gawes in die
huis van die HERE gebring word, gangbare geld, elkeen se personegeld waarvoor hy
geskat is, en al die geld wat iemand vrywillig in die huis van die HERE bring,
5 mag die priesters vir hulle neem, elkeen van sy bekende, en húlle moet die
bouvallige plekke van die huis herstel waar ‘n bouvallige plek ook al gevind
word.
6 Maar toe in die drie en twintigste jaar van koning Joas die priesters die
bouvallige plekke van die huis nie herstel het nie,
7 het koning Joas Jójada, die priester, en die priesters geroep en aan hulle
gesê: Waarom herstel julle nie die bouvallige plekke van die huis nie? Nou dan,
julle moet geen geld van julle bekendes aanneem nie, maar dit gee vir die
bouvallige plekke van die huis.
8 En die priesters het ingewillig om geen geld van die volk aan te neem nie en
om die bouvallige plekke van die huis dan ook nie te herstel nie.
9 Toe neem die priester Jójada ‘n kis en boor ‘n opening in sy deksel en sit dit
langs die altaar neer aan die regterkant as ‘n mens in die huis van die HERE
inkom; en die priesters wat die drumpel bewaak, het al die geld wat in die huis
van die HERE ingebring is, daarin gegooi.
10 En toe hulle sien dat daar baie geld in die kis was, het die skrywer van die
koning opgegaan en die hoëpriester en dit saamgebind en die geld getel wat in
die huis van die HERE gevind is.
11 En hulle het die afgetelde geld oorhandig aan die uitvoerders van die werk
wat oor die huis van die HERE aangestel was, en hulle het dit uitbetaal aan die
skrynwerkers en die bouers wat aan die huis van die HERE gewerk het,
12 en aan die messelaars en aan die klipkappers, en om houte en gekapte klippe
te koop om die bouvallige plekke van die huis van die HERE te herstel, ja, vir
alles wat uitgegee moes word aan die huis om dit te herstel.
13 Ewenwel is daar in die huis van die HERE geen silwerskottels, messe, komme,
trompette—enige goue gereedskap of silwergereedskap gemaak van die geld wat in
die huis van die HERE gebring is nie.
14 Maar hulle het dit aan die uitvoerders van die werk gegee om daarmee die huis
van die HERE te herstel.
15 En hulle het nie met die manne afgereken in wie se hand die geld toevertrou
was om dit aan die uitvoerders van die werk te gee nie, want hulle het met
getrouheid gehandel.
16 Die geld van die skuldoffer en die geld van sondoffers is nie in die huis van
die HERE gebring nie; dit was vir die priesters.
17 Destyds het Hásael, die koning van Aram, opgetrek en teen Gat geveg en dit
ingeneem; daarna het Hásael sy aangesig gerig om teen Jerusalem op te trek.
Matteus 26:20-30
20 En toe dit aand geword het, was Hy met die twaalf aan tafel.
21 En terwyl hulle eet, sê Hy: Voorwaar Ek sê vir julle, een van julle sal My
verraai.
22 Toe word hulle baie bedroef en begin elkeen van hulle aan Hom te sê: Is dit
miskien ek, Here?
23 Toe antwoord Hy en sê: Hy wat saam met My sy hand in die skottel insteek, hy
sal My verraai.
24 Die Seun van die mens gaan wel heen soos daar van Hom geskrywe is, maar wee
daardie man deur wie die Seun van die mens verraai word! Dit sou vir hom goed
gewees het as daardie man nie gebore was nie.
25 En Judas, wat Hom sou verraai, antwoord en sê: Is dit miskien ek, Rabbi? Hy
antwoord hom: Jy het dit gesê.
26 En terwyl hulle eet, neem Jesus die brood, en nadat Hy gedank het, breek Hy
dit en gee dit aan sy dissipels en sê: Neem, eet, dit is my liggaam.
27 Toe neem Hy die beker, en nadat Hy gedank het, gee Hy dit aan hulle en sê:
Drink almal daaruit.
28 Want dit is my bloed, die bloed van die nuwe testament, wat vir baie
uitgestort word tot vergifnis van sondes.
29 Maar Ek sê vir julle: Ek sal van nou af nooit meer van hierdie vrug van die
wynstok drink nie, tot op daardie dag wanneer Ek dit met julle nuut sal drink in
die koninkryk van my Vader.
30 En nadat hulle die lofsang gesing het, het hulle uitgegaan na die Olyfberg.