Van Profesie 105 af, het YAHUVEH gesê hierdie moet van nou af op al die Profesieë geplaas word: Elisabeth (Elisheva) EK het jou lank gelede gewaarsku om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH ha KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH GLORIE se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk het. “EK is YAHVEH, dit is MY NAAM; en MY EER sal EK aan geen ander gee, of ook MY LOF aan die gesnede beelde nie”. (Jesaja 42:8)
13 Augustus, 2021
Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë
bygevoeg moet word van nou af: EK het jou lank gelede gewaarsku Elisabeth (Elisheva)
om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat
daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur
jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit
die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou
MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH
geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is
deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige
Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja
42:8)
In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook gesê dat die volgende vanuit 2 Kronieke
bygevoeg word voor elke Profesie:
2Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY
Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat
daar geen genesing meer was nie.”
* * * * * * *
Want EK roep nou baie na vore, sê YAHUVEH. Hierdie is MY voortgebringde werktuie,
voortgebringde instrumente, in MY bonatuurlike weermag wat eenheid sal bring vir
MY liggaam. Hulle sal orde bring. Want nou is die tyd, sê YAHUVEH, nou is die
tyd vir MY wagters. Nou is die tyd vir diegene wat die middernag ure geloop het.
Verrys, verrys, verrys o slapendes. Verrys nou, verrys nou, verrys nou en
verklaar die oorwinning. ‘n Weermag vreeslik en sterk, ‘n weermag wat die vyand
sal laat sidder en bewe met vrees en angs by die aanhoor van die geluid van jul
byeenkoms en van julle marsjering deur die land. Hou aan om uit te roep en te
verklaar en die Evangelie van verlossing te verkondig.
Neem deel aan julle geestelike voeding en skud die slaap van julle ooglede af en
hoor die stemme van MY wagters. Want dit is hulle vir wie EK hierdie, MY Woord,
gegee het vir julle om te verrys, verrys verrys, sê YAHUVEH doen dit wat kosbaar
is voor MY aangesig. Doen dit wat MY Eer sal bring en dit wat ‘n groot oes van
siele sal meebring en EK sal weet dat julle MY waarlik liefhet. Verrys, verrys,
verrys en ontwaak tot die waarheid en omgord julself met die waarheid en wandel
in daardie waarheid, want MY ewigheidsplan het onder julle gemanifesteer en daar
is nogsteeds baie voorbereiding wat gedoen moet word en doen dit waarvoor EK
julle geskape het om te doen.
(MY Hemelse Vader het vandag met my gepraat en hierdie dinge vir my gesê vandag,
so duidelik, so helder. Want daar is onweerswolke aan die broei in die harte van
mense wat nie sigbaar is in die natuurlike nie en terwyl die oorlogswolke oor
die horison vergader, en terwyl die donderweer en die weerlig van die krag van
daardie oorlogswolke aanhou om hulself te manifesteer van binne.)
Julle hoor en julle sien, moenie bang wees nie, sê YAHUVEH, vir daardie dinge
wat van MY af kom nie. So berei julle harte voor, al hierdie dinge kom in
beweging sal hulself manifesteer, sê die Almagtige YAHUVEH. EK het my
uitgeroepenes goed voorberei. Dit is nie julle verantwoordelikheid om die
waarheid voort te bring nie. Dit is slegs julle verantwoordelikheid om op MY
Waarheid te reageer, sê YAHUVEH julle GOD. Want julle sal die ware van die valse
onderskei en julle sal vrede in julle harte hê dat daardie dinge wat van MY af
is vir julle ten goede is en julle sal daardie dinge onderskei dat die dinge wat
vals is en deur die vyand en sy volgelinge gestuur was gestuur is om julle te
mislei. Gebruik versigtigheid; moenie julle waaksaamheid verslap nie.
Rosh HaShanah
Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë
bygevoeg moet word van nou af: EK het jou lank gelede gewaarsku Elisabeth (Elisheva)
om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat
daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur
jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit
die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou
MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH
geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is
deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige
Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja
42:8)
In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook gesê dat die volgende vanuit 2 Kronieke
bygevoeg word voor elke Profesie:
2 Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY
Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat
daar geen genesing meer was nie.”
* * * * * * *
[Die webbestuurder] was besig om aan 'n verduideliking oor die 10 Dae van Ontsag/Eerbied
(Awe) te werk om op die Bedieningswerf te pos en hy het my gevra of ek enige
iets het om by te voeg by die verduideliking oor hoe YAHUSHUA ons MASHIACH in
hierdie Heilige tyd inpas. Terwyl ek besig is om vir YAHUVEH te vra wat ek moet
sê, het hierdie lering na vore gekom, sowel as, tot my verbasing, 'n heeltemal
nuwe Profesie wat gebore is op die eerste dag van Rosh haShanah, 2 Oktober 2008.
Dit is wat ek gehoor het rakende die lering oor die 10 Dae van Ontsag.
Dit is 'n tyd wanneer ons oor ons verhouding met YAHUVEH en YAHUSHUA nadink en
of ons 'n liefdevolle en gehoorsame verhouding met hulle het. Ons het almal
gesondig en dit ontbreek ons aan die heerlikheid van YAH omdat daar geen
volmaakte persoon op hierdie aarde is behalwe YAHUSHUA ons MASHIACH nie. Selfs
'n verkeerde gedagte is ‘n sonde. Die Ortodokse Jode glo nie dat die Messias al
gekom het nie, so hulle het geen bloedoffer vir die versoening van hulle sondes
nie. Hulle verwerp YAHUSHUA ons MASHIACH as die MESSIAS en die Eniggebore Seun
van YAHUVEH.
Hierdie Heilige tyd is nie net 'n tyd van feesvieringe nie, maar dit is 'n tyd
van groot vrees vir diegene wie nie weet of hulle name in die Lam se Boek van
die Lewe geskryf is nie. Ons wie ons opgestane MESSIAS YAHUSHUA dien en aanbid,
weet dat daar slegs een bemiddelaar voor ons Skepper YAHUVEH is en slegs een weg
na die Hemel deur YAHUSHUA ons MASHIACH se Naam en gestorte Bloed op Golgota.
YAHUSHUA ons MASHIACH is ons Bloefoffer. Ons Messiaanse Jode het nie nodig om op
Yom Kippur te huil en te treur omdat ons nie 'n bedekking vir ons sonde het nie,
soos hulle wie vir YAHUSHUA verwerp het nie. Ons bemoedig julle in hierdie
Heilige tyd om nader aan YAHUSHUA ons MASHIACH te kom as ooit te vore.
* * * * * * *
EK, YAHUVEH sê,
"Julle Dade Spreek Harder as Julle Woorde".
Dit is toe YAHUVEH weer begin praat het.
So spreek EK, YAHUVEH, moenie wag om julle sondes te bely nie, doen dit dadelik.
Moenie 'n vorm van godsaligheid hê, maar geen godsaligheid binne-in nie. Laat
elke gedagte gevange geneem word tot gehoorsaamheid aan MY, YAHUVEH. Moenie oor
sonde peins nie, draai weg van die bose en maak geen verskonings vir sonde nie.
Hou op om die duiwel te blameer vir julle gedagtes en dade, want hy kan niks
doen wat julle hom nie toelaat om deur julle te doen nie. Ek spreek hierdie
woorde aan dié van julle wat sê julle behoort aan YAHUSHUA ha MASHIACH, wie sê
hulle is gewas in die gestorte Bloed van YAHUSHUA ha MASHIACH, wie in die Naam
van YAHUSHUA ha MASHIACH bid en nogtans waarsku EK, YAHUVEH julle nou, julle wie
julle liefde vir MY en MY Seun YAHUSHUA proklameer, EK ken julle harte en julle
dade spreek harder as julle woorde!
Hou op om die RUACH ha KODESH te beproef, hou op om MY Gees te bedroef. Hierdie
wêreld staan nou op die rand van 'n krans/afgrond, die krans is die Groot
Verdrukking. Roep YAHUSHUA ha MASHIACH nou aan terwyl daar nog tyd is. Onthou op
Yom Kippur, gedurende hierdie 10 dae van Ontsag/Eerbied (Awe) hoor EK slegs die
gebed van die nederige van hart. Moenie selfvoldaan in jou eie verlossing wees
nie.
In die ou tyd het die kinders van Israel grootliks teen MY gesondig. Hulle het
hul goud en silwer geneem wat EK vir hulle gegee het as 'n seën en 'n goue kalf
gemaak om te aanbid en voor neer te buig, Daar is nou geen verskil nie. Hierdie
wêreld vat die goud en silwer en buig neer voor die rykdom en aanbid dit, maar
EK wys vir julle, net soos julle springmielies op 'n stoof spring, so skud EK
hierdie wêreld en hulle wie so opgeblaas is met trots en baie weelde en wie gesê
het hulle is god, hulle het geen ander god nodig nie, hulle verag MY Heilige
Woorde, hulle verag MY Heilige Gebooie, hulle besmet alles wat Heilig is en soos
verbrande springmielies sal julle die stank ruik as julle sien hoe hulle
verskroei en verbrand word.
Ellende wag op die bose, bose manne wie hulself pastore noem. Julle wie die naam
'kerk' geneem het en die geestelik honger mense gebruik om julle eie finansiële
koninkryke te bou. Julle sal skroei en julle sal brand en EK, YAHUVEH sal self
met MY eie hand julle finansiële koninkryk afbreek en julle sal ontbloot word
vir die boosheid wat julle is. EK sal nie vir Sodom en Gomorra om verskoning vra
nie, ellende wag op die wêreld wie in hulle voetspore volg! Julle staan op die
rand van 'n krans en slegs hulle wie waarlik 'n liefdevolle en gehoorsame
verhouding met MY, YAHUVEH en YAHUSHUA ha MASHIACH het, sal gered word. Bekeer
vandag, môre mag dit te laat wees.
Die planne van die vyand, beide in die regering en in satan se koninkryk, is
boos, om te steel, te slag en te vernietig. Om te verhonger, en die lug wat
julle inasem te vergiftig. Om met die water wat julle drink te eksperimenteer,
waar allerhande soorte gif alreeds julle water besoedel. Die rykes wil die aarde
ontvolk, om al die hulpbronne vir hulself te spaar, maar EK, YAHUVEH sê, EK sal
die laaste sê hê. EK sal nie bespot word nie. EK sal hulle beskerm wie MYNE is
en die vyande se eie wapens sal hulle verteer.
Dit is nou die tyd om op te staan en standpunt in te neem vir Heiligheid terwyl
julle nog kan. Hou op om ‘n kompromie aan te gaan met die duiwel en met die
diensknegte van satan. Vrees eerder om MY, YAHUVEH te beledig, as om blote
sterflike mense te beledig.
Einde van Profetiese Woord.
Deut 31:8 - En dit is YAHUVEH self wat voor julle trek en HY sal met julle wees,
HY sal julle nie begewe of verlaat nie. Moenie bevrees wees nie, moenie verskrik
wees nie.
Gegee deur Apostel Elisabeth Elijah (Elisheva Eliyahu)
Die Profesie volg hieronder soos wat dit uitgekom het – deur Profete Ezra en
Elisheva se “Heilige Tale”, terwyl GOD se GEES uitleg gee (Hand. 2:3-4) oor
hemelse of aardse tale (1 Kor. 13:1. Elisheva spreek in tale en bring Profesie
(1 Kor,. 14:6). Ezra begin bid met intersessor-tale (Rom. 8:26:26-27); (1 Kor.
14:15).
Dit bevat die HEBREEUSE NAME van GOD
YAH/YAH is GOD se HEILIGE, ... NAAM soos in “Alleluia” of “Hallelu YAH” wat
letterlik “Loof/Prys YAH” beteken:
YAHUVEH/YAHWEH GOD DIE VADER:
YAHUSHUA/YAHSHUA GOD SE ENIGGEBORE SEUN-
(HA MASHIACH beteken “DIE MESSIAS”, ELOHIM beteken “GOD”);
Terwyl die Openbaring van “SH’KHINYAH GLORY” –
as die PERSOONLIKE NAAM van die RUACH HA KODESH (in Afrikaans “Die HEILIGE
GEES”) – ook hierin genoem word.
(HA SH’KHINYAH (SHEKINAH) is Hebreeus vir
GOD SE VOORTDURENDE, GODDELIKE TEENWOORDIGHEID.)
Bykomend, beteken ABBA YAH “VADER YAH”
En IMMA YAH beteken “MOEDER YAH.”
Skrifgedeeltes is uit die Ou Afrikaanse Vertaling (OAV) tensy anders aangedui.
Kliek regs op die voetnota-nommers om ‘n tweede ‘tab’ te open.
* * * * * * *
YAHUVEH se Woorde aan Elisheva wat voor elke Profesie gevoeg moet word:
ELISABETH (ELISHEVA), EK HET JOU LANK GELEDE GEWAARSKU
OM NIE HIERDIE BEDIENING NA ‘N MAN OF ‘N VROU TE VERNOEM NIE.
SELFS NOG VOORDAT DAAR ‘N BEDIENING WAS HET EK DIT IN JOU GEES GEPLAAS.
WANT NIKS HIERVAN HET DEUR JOU HANDE TOT STAND GEKOM NIE.
NIKS HIERVAN HET UIT JOU MOND VOORTGEKOM NIE.
DIT IS UIT DIE MOND VAN YAHUVEH DAT GEBOORTE GEGEE WAS.
DIT IS UIT DIE MOND VAN YAHUSHUA JOU MASHIACH DAT GEBOORTE GEGEE WAS.
DIT IS UIT DIE MOND VAN DIE RUACH HA KODESH JOU IMMAYAH DAT GEBOORTE GEGEE WAS.
AS DIT NET DEUR JOU HAND WAS, SOU DIT LANKAL MISLUK HET.
DIT IS DEUR DIE SHKHINYAH GLORIE SE WIND WAT OOR DIE AARDE WAAI, DIE HEILIGE
WIND VAN HERLEWING.
DIT IS NIE DEUR JOU ASEM NIE, ANDERS SOU DIT LANKAL MISLUK HET.
EK IS YAHUVEH, dit is MY NAAM; en
MY eer sal EK aan geen ander gee, of ook MY lof aan die gesnede beelde nie
(Jesaja 42:8) (1933/1953 Afrikaanse vertaling)
(PROFESIE 105)
In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook gesê die volgende moet as waarskuwing bygevoeg
word aan hulle wie spot:
MAAR HULLE HET DIE BOODSKAPPERS VAN GOD UITGELAG EN SY WOORDE VERAG EN MET SY
PROFETE GESPOT, TOTDAT DIE GRIMMIGHEID VAN DIE HERE TEEN SY VOLK OPGEKOM HET,
TOTDAT DAAR GEEN GENESING MEER WAS NIE. – 2 Kron. 36:16
Toe in Julie 2016:
ELLENDE WAG VIR ENIGEEN WAT DIT DURF WAAG OM HIERDIE TWEE GESALFDES LEED AAN TE
DOEN. JULLE SAL SELFS DIE DAG BEROU WAT JULLE GEBORE WAS. RAAK MY GESALFDES NIE
AAN NIE EN DOEN HIERDIE TWEE GESALFDES GEEN KWAAD NIE. (Vry vertaal en sien ook
Ps. 105:15; 1 Kron.16:21-22.) DIT SOU VIR JOU BETER GEWEES HET AS EK, ABBA
YAHUVEH, JOU TONG UITGESKEUR HET!
(PROFESIE 128)
En van Profeet Ezra:
Ek waarsku almal van julle – diegene wat teen hierdie Bediening EN HIERDIE
PROFESIEË en Elisheva en my, en al die Dienaars van AmightyWind Bediening is,-
ek waarsku julle nou, ‘Raak YAH se Gesalfdes nie aan nie en doen SY Profete geen
kwaad nie (Ps 105:15; 1 Kron. 16:22) anders sal die Toorn van GOD se Staf op
julle neerkom. Maar vir julle wie geseënd is en ‘n seen vir hierdie Bediening
is, en wie die Profesieë aanvaar, groot seëninge sal oor julle kom – almal wie
dít wat aan YAH behoort beskerm, in die NAAM van YAHUSHUA.
* * * * * * *
Hierdie Profesie was via opnemer opgeneem. Hier is die transkripsie.
(Ezra bid in Heilige Tale...)
Elisheva : ABBA YAHUVEH, in die Naam van YAHUSHUA (bid ons).
Ezra: HEMELSE VADER ek vra U vir ons om onsigbaar te wees – om ons toe te maak
ABBA YAHUVEH – in die fisiese realm en in die geestelike realm, om toegemaak te
wees met die GESTORTE BLOED VAN YAHUSHUA wat die wapen bo alle wapens is (2 Kor.
10:3-5; Openb. 12:11). Ons vra U ABBA YAHUVEH om dit vir ons te doen in die NAAM
VAN U HEILIGE SEUN YAHUSHUA.
En satan ek praat nou direk met jou en al jou vorste en die demone wat aan jou
gebind is, ek bind julle uit hierdie byeenkoms. Ek bind julle van hierdie
Internet konneksie. Wat ek ookal op aarde bind is ook in die Hemel gebind,
(Matt. 18:18) daarom is julle is nou op hierdie aarde gebind, in hierdie plek in
YAHUSHUA se NAAM.
Ek vra U, ABBA YAHUVEH om hom terug te stuur waar hy hoort, na die plekke wat U
vir almal van hulle, vir hom en sy demone (2 Petr.2:4)) voorberei het tot die
dag van oordeel, in YAHUSHUA se NAAM.(Matt. 8:29)
Elisheva & Ezra : Amen.
(Ezra bid in Heilige Tale; Elisheva sluit aan).
Elisheva :(Fluister) Wat is dit wat U wil sê ABBA YAHUVEH? Wat is dit wat U wil
sê YAHUSHUA?
(Heilige tale....)
Elisheva: Wat is dit wat U wil sê ABBA YAHUVEH? Wat is dit wat U wil sê
YAHUSHUA? Hallelu YAH! (Heilige tale ....)
ABBA YAHUVEH in die NAAM van YAHUSHUA, ek dank U en ek prys U nou. (Fluister).
Gee asseblief vir my ‘n Woord oor Donald Trump in die NAAM VAN YAHUSHUA. (Heilige
tale....)
Ons wag vir U MAMMA (RUACH HA KODESH). Ons wag vir U. Wat is dit wat U wil sê?
Wat is dit wat u wil sê? (Intensiewe tale....)
PROFESIE 131 BEGIN:
29 Junie 2016
EK, YAHUVEH sê EK HET vir Donald Trump opgerig vir ‘n tyd en uur soos hierdie!
Elisheva: O My!
Profesie Gaan Voort:
Die sataniese elite wat die Withuis vol maak het so baie bloed aan hulle hande
(Ps. 94:20-23) – die bloed van ‘n moordenaar, die bloed van die ongeborenes –
maar EK het Donald Trump opgerig, wie die heiligheid van lewe waardeer. En dit
is sy begeerte, en EK het hom hierdie begeerte gegee: Om daardie bloed van die
hande af te was! Om die aborsiewette te verander! Om die regte terug te gee vir
die state!
PSALM 94:20: HET DIE REGTERSTOEL WAT ONHEIL STIG, MET U GEMEENSKAP; WAT MOEITE
VERSIN TEEN DIE INSETTINGE IN? 21 HULLE BESTORM DIE LEWE VAN DIE REGVERDIGE EN
VEROORDEEL ONSKULDIGE BLOED. 22 MAAR DIE HERE IS ‘N ROTSVESTING VIR MY, EN MY
GOD DIE ROTS VAN MY TOEVLUG. 23 EN HY LAAT HULLE ONGEREGTIGHEID OP HULLE
TERUGKEER EN VERDELG HULLE IN HUL BOOSHEID; DIE HERE ONSE GOD VERDELG HULLE.
Elisheva, EK het jou hart verander!
Jy het hom net gesien waar vloekwoorde sy mond vul. Jy het hom gesien waar hy ‘n
man is wat die materiële dinge van hierdie wêreld aanbid. Maar toe soos EK jou
in ‘n droom gewys het, die Profesieë, waar hy sou kom en sou lees – en EK trek
hom selfs nou terwyl jy praat!
OM SY KNIE VOOR MY TE BUIG!
-EK, YAHUSHUA-
Alhoewel ander (met negatiwiteit) na hom kyk en voordat jy die
gebeds-intersessors aangesê het om vir hom te bid, het jy ook - net die gemors
gesien wat uit sy mond kom – maar EK rig hom op en EK gebruik ‘n man wie nog nie
geregtigheid ken nie. En tog het EK in hom die begeerte na geregtigheid geplaas.
(Matt. 5:6)!
MATT. 5:6: SALIG IS DIE WAT HONGER EN DORS NA DIE GEREGTIGHEID, WANT HULLE SAL
VERSADIG WORD.
Hy wil doen wat reg is. Hy wil die slagting van die ongeborenes stopsit! Hy wil
die reg op vryheid van spraak - weer terug hê! Hy wil nie die
gelykgeslagtelikheid agenda (homoseksualisme) hê nie! Dit is ‘n gruwel!
Hy het baie vervolging verduur – terwyl hy poog om ‘n reguit pad te loop sodat
hy hierdie verkiesing kan wen – daarom hou hy so baie van sy gedagtes vir
homself. Maar wanneer EK vir hom sê, en dit kom, om nie langer om te gee wat
mense dink nie en “Hou op om daardie reguit pad te loop. Sê reguit wat jy dink”
– gaan [1] julle ‘n veranderde man sien!
Want hierdie man het nie bloed van 'n moordenaar aan sy hande nie! Inteendeel,
hy wil daardie mense in die Withuis agter tralies sit!
Elisheva: Ek sien ‘n visioen van springmielies. Hy gaan...hy is soos dit. Jy sit
die pitte in ‘n pan en YAHUSHUA sê HY gaan hulle skud. HY skud daardie pan. En
waar daar net ‘n paar pitte van waarheid toegelaat was, gaan dit daardie pan tot
oorlopens toe vul - met springmielies, want dit is soos dit is – en hy maak
groot “geraas”! ABBA YAH sê...
Profesie Gaan Voort:[2]
Hy is gesalf om die geraas te maak! Julle kan hom nie stilmaak nie! - hulle het
probeer.
Hulle het probeer om hom te intimideer! Hulle probeer om hom te beskaam! Hulle
het hom gespot! Hulle het sy reputasie besoedel! Hulle het probeer om hom te
laat lyk of hy laer by die stembusse is. Hy is in werklikheid hoër.
Elisheva: Om die waarheid te sê dit is ABBA YAHUVEH wat hom geseën het! Want
YAHUSHUA sê weereens....
Profesie Gaan Voort:
Moenie na hom kyk met die oë van die verlede nie. Besef dat EK sy hart gedurende
hierdie tyd verander – selfs met die geboorte van sy kleinkind.
Elisheva: Ek sien sy begeerte is om te herskryf
– YAHUSHUA sê vir my...
Profesie Gaan Voort:
Sy begeerte is om so baie wette te herskryf en die mag/gesag terug te gee – aan
die state – wat nooit weggeneem moes wees nie. Daarom Elisheva, gee EK jou
hierdie mandaat vandag. Jy en Ezra! Ag, maak nie saak wie aanstoot gaan neem nie,
julle gaan vir hulle vertel.
Daar is niemand anders nie!
Net soos ek uit die mond van 'n donkie gepraat het (Num. 22:22-35; 2 Petrus
2:16)[3] en MY wil het geskied[4] – weet EK, YAHUVEH hoe om hom nederig te maak
- selfs al lyk dit of hy so ‘n ‘hoë toon inslaan’![5]
Kry daarom die mense wie AmightyWind Bediening as ‘n seën beskou om vir hom te
begin bid. Want Ezra, net soos jy deur gebede getrek was (as gevolg van almal
oor die wêreld) toe EK vir Elisheva die mandaat gegee het om vir Kaleb te bid om
te kom – (sy het gevra, “Wat is sy naam?” en EK het gesê, Jy kan hom net Kaleb
noem,” maar nou weet sy jou naam is Ezra) en sy verstaan nou – dieselfde mandaat
gee EK vandag vir hierdie Bediening: Bid vir Donald Trump! Om alles te doen wat
hy kan! Om die bloed uit die Withuis te was![6]
Elisheva: Daar is so baie bloed! HY gee my ‘n visioen.
Profesie Gaan Voort:
Hulle dien die god van molok (Lev. 18:21; Deut. 12:31)[7] Hulle offer die
ongeborenes. En wat in Amerika gedoen was, was soos 'n kettingreaksie deur die
hele wêreld.
LEVITIKUS 18:21 EN JY SAL NIE DAT ENIGE VAN JOU SAAD DEUR DIE VUUR VIR MOLOK
GAAN NIE, OOK SAL JY NIE DIE NAAM VAN JOU GOD BESOEDEL NIE : EK IS DIE GOD
YAHUVEH. (OAV) Afr en Vry vertaal).
DEUT. 12:31 SO MAG JY NIE HANDEL MET DIE HERE JOU GOD NIE; WANT ALLES WAT VIR
DIE HERE 'N GRUWEL IS, WAT HY HAAT, HET HULLLE VIR HULLLE GOD GEDOEN; WANT SELFS
HULLE SEUNS EN HULLE DOGTERS VERBRAND HULLE MET VUUR VIR HULLE GODE. (OAV)
Elisheva: Ek het nou hierdie vreemde visioene, Ezra. Ek sien hom weer met 'n (vuur)tuinslang[8]
Dit is die begeerte wat YAH in sy hart gesit het, om daardie Withuis skoon te
maak! En ek sien hom met 'n (vuur)tuinslang! En Ek weet nie – so baie bloed! Hy
het 'n (vuur)tuinslang en hy was die vloere van die Withuis en bloed kom net by
die deure uit! GOD is besig om hom op te rig!
GOD, ABBA YAHUVEH sê....
Profesie Gaan Voort:
EK het – EK [9] is besig om sy hart te verander! EK het alreeds begin!
En Elisheva, as Ek selfs meer Woorde sou spreek – en EK sal wanneer dit die
regte tyd is, maar as EK meer moet sê van wat EK jou wys – sou dit teen hom
gebruik word. Want hy is teen alles waarvoor “obamanation”[10] gestaan het.
Hulle bespot hom oor die geboortesertifikaat.[11] Hulle bespot hom oor sy
standpunt oor gelykgeslagtelikheid.
Maar EK, YAHUVEH sê, EK het gedurende al hierdie tyd sy hart verander – terwyl
hy voor die mense gestaan het, terwyl hy opreg omgee vir die mense – EK,
YAHUSHUA sê, EK was sy hart, EK was sy hart! Hy het nog nie totaal oorgegee aan
MY nie. Maar onthou die mandaat wat EK vir hierdie Bediening gee:
BEGIN BID!
Ezra onthou jy was nog nie eers gered toe EK vir Elisheva daardie droom gegee
het, toe EK haar daardie liefde vir jou gegee het nie! Kyk wat het EK vir jou
gedoen! Kyk hoe het EK jou gepromiveer!
Kyk hoe EK jou hart verander het!
En EK sê dit, terwyl die gebede van die mense – hulself verootmoedig en op hulle
knieë val en bely: Dit is die gebede van die regverdiges wat baie vermag.
(Jak.5:16). Dit is slegs deur MY Hand alleen dat hy nog lewe. Want EK het
Heilige engele gestuur om te verseker dat hy oorleef! Want daar was alreeds
aanslae (op sy lewe) wat vrugteloos was – nooit bereik het wat die duiwel wou
laat gebeur het nie.
Onthou dit! EK is nie klaar met Donald Trump nie.
Toe hy gespot was omdat hy nie die Bybel geken het nie, het hy in die Bybel gaan
soek. Hy het na Skrifgedeeltes gesoek. En sommige van hulle het hy in sy hart
gebêre. (Psalm 119:11), en dit is toe dat die skoonmaak begin het.
Psalm 119:11 Ek het u woord in my hart gebêre, dat ek teen u nie sal sondig nie.
Toe die ondervraer gesê het, “Gee vir ons 'n paar Skrifgedeeltes! Jy sê jy is 'n
Christen!” moes hy gaan soek het. En EK het hom gelei waar EK wou hê hy moes
lees. En Elisheva, die droom wat EK jou gegee het: Hy gaan daardie Profesieë
lees. Hy sal die betekenis wil weet. Hy sal vra.
EK het jou hart verander Elisheva, waar jy voorheen net na hom gekyk het en jy
gesê het, “Hy is 'n gruwel! Kyk na hom! So vol van trots! Hy gebruik vloekwoorde[12]
– na elke ander woord.
Maar EK herinner jou Elisheva, EK, YAHUSHUA het daardie PRYS op Golgota vir
Donald Trump betaal!
Dit is EK, YAHUSHUA wat die hart skoonmaak. En jou gebede - toe jy dit vir
“YAHUSHUA se Demon Stompers” gegee het, moes EK jou hart verander na 'n hart van
liefde vir Donald Trump voordat jy vir hom kon intree en bid.
Jy sien, dit gaan nie net daaroor om Amerika te verander nie. Amerika het die
wêreld besoedel! Dit gaan nie daaroor om Amerika weer groot te maak nie! Want
Amerika sal nooit weer groot wees nie. Hulle is besmet met sonde.
Maar dit gaan oor die gebede van die regverdiges wie uitroep na MY en wie vra,
“ABBA YAHUVEH doen iets! Help ons staatkundig. Gee ons 'n stem om hierdie wette
te verander!”
Waar dit eens net die minderheid was wat geglo het – en nou dwing hulle dit om
te lyk of dit die meerderheid is en dit gaan oor alles tot aborsie, tot
homoseksualisme, tot gelyke geslagte, (wette teen) die moraliteit, die vryheid
van spraak – die leuens, Donald Trump wil terugdraai na die waarheid! Hy wil hê
die waarheid moet gespreek word.
En daar is bewende knieë! Want hy het waarlik die feite! Om so baie van die
politikusse agter tralies te sit – en dit is waarlik 'n begeerte van sy hart.
Daarom, EK eindig dit nog eenmaal.
Soos jy teen Obama gewaarsku het, Elishiva. Jy het gewaarsku en jy het gewaarsku
– voordat die man selfs verkies was – en 'n verandering het gekom, maar dit was
'n verandering tot agteruitgang. En Amerika was op 'n manier vervloek soos nog
nooit tevore nie.
Nou gee EK jou hierdie mandaat – met Ezra aan jou sy, beide van julle, kry die
mense wie AmightyWind Bediening as 'n seën beskou bymekaar – om vir Donald Trump
te begin bid. Dat hy in die voorhoede sal bly!
Want hy is in 'n perderesies en nie eers die nuus openbaar die waarheid oor hom
nie: hoeveel mense ondersteun hom! Hoekom? Omdat die Withuis die media besit!
Maar selfs dit gaan verander.
Elisheva: (Sien 'n visioen). Ek sien regtig 'n perderesies en dit lyk waarlik of
hy in die eerste plek is. Hy is waarlik. ABBA YAHUVEH ek het nooit, ooit, ooit
gedink dat ek ooit so 'n gebed sou bid nie!
Maar ons bid regtig met ons hele harte vir die verlossing/redding van Donald
Trump; dat hy regtig in daardie Withuis sal wees (en alhoewel hy eens op 'n tyd
oortref was in getalle – maar U sê vir my – selfs die negatiewe pers het hom
gehelp om in die eerste plek te kom.)
Daarom staan ek in ooreenstemming -
Profesie Gaan Voort:
Hy gaan na hierdie Bediening toe kom. HY sal die Profesieë hoor, veral dié wat
opstaan vir die heiligheid van lewe. Hy is so teen aborsie. Hy is waarlik lief
vir daardie klein babatjies in die baarmoeders.
Elisheva: Dank U GELIEFDE YAHUSHUA! Ons glo in geloof dat U hom in daardie
Withuis gaan plaas. U sal vir hom daardie (vuur)tuinslang gee! En hy gaan
daardie bloed uitwas!
Profesie Gaan Voort:
Dit is nie net die bloed van die ongeboreres nie! Dit is al hierdie oorloë wat
begin is! Dit is al hierdie – ag! So baie bloed! So baie bloed (Ps. 106:37; Pr.
1:16)! Ag, ag, hoe boos, hoe boos is die politikusse!
PSALM 106: 37 BOWENDIEN HET HULLE HUL SEUNS EN HUL DOGTERS AAN DIE DUIWELS
GEOFFER 38 EN ONSKULDIGE BLOED VERGIET – DIE BLOED VAN HUL SEUNS EN HUL DOGTERS
WAT HULLE AAN DIE AFGODE VAN KANAÄN GEOFFER HET – SODAT DIE LAND DEUR BLOEDSKULD
ONTHEILIG IS.
SPREUKE 1:16: WANT HULLE VOETE HARDLOOP NA DIE KWAAD EN HAAS HULLE OM BLOED TE
VERGIET. (OAV).
Elisheva dit is hoekom ek vir jou sê Donald Trump speel nie die spel van 'n
politikus nie Hy spreek die woorde wat die mense sal wil sê – hulle wat enige
moraliteit oor het. En hulle wie hulle land liefhet. Hy praat nie soos 'n
politikus nie.
Elisheva: Daar is so baie meer wat ek nou sou wou sê, maar as EK doen sou hy
verloor! (Elisheva lag.) Dit is al wat EK gaan sê! Daar is sommige dinge wat 'n
Profeet nie toegelaat word om te sê nie. Ek sal dit nie doen nie!
Maar ABBA YAH het vir my dinge rakende hom gewys. En Donald Trump is waarlik,
waarlik, waarlik na YAHUSHUA toe getrek. Um...die Judaisme waarin sy dogter
getroud is.[13] - hy het 'n liefde vir die Joodse mense. En dis wat ABBA YAH my
toestemming gee om te sê.
Profesie aan Voort:
Hy is waarlik lief vir Israel. Hy sal waarlik - Hy sal waarlik, waarlik 'n
vriend vir Israel wees -
Elisheva: - ABBA YAH sê –
Profesie Gaan Voort:
-en dit is sy dogter wie hom gelei het om daardie liefde vir Israel te hê -
Elisheva: En ek hou net aan om hierdie een Skrifgedeelte te hoor, “En 'n klein
kindjie sal hulle lei” (Jes. 11:6)
Wel ABBA YAH is daar enigiets anders wat U wil sê? Ons staan vandag, watter
datum dit ook al is, in ooreenstemming. Ons sal iets opsit – vertel U vir ons,
vertel Ezra wat om te skryf. En ek sal in ooreenstemming staan want hy is 'n man
van min woorde.
Elisheva: (Spreek wat sy van die Hemel hoor om te sê) En ons sal in
ooreenstemming staan. En ons sal die mense vra en ons sal dit in 'n video sit –
dat AmightyWind Bediening vir Donald Trump ondersteun met ons gebede. EERSTE vir
sy verlossing en dan dat U, ABBA YAH hom kan gebruik – om die bloed uit die
Withuis te was.
Einde van Woord.
Elisheva: Dit is wat ek hoor.
Ezra: Dank U! Ons prys U, ABBA YAHUVEH! Dank U YAHUSHUA! Dank U IMMAYAH vir die
bevestiging dat hy die President is wat U opgerig het. En ek het met Elisheva
gepraat en vir haar vertel en dit het uitgekom. En dit is die waarheid!
Elisheva: Ja!
Ezra: Daarom ondersteun ons hom 100% ABBA YAHUVEH, want dit is U wil dat hy 'n
president moet wees – om al die gemors wat in daardie Withuis gedoen is, skoon
te maak. Daarom dank ons U ABBA YAHUVEH vir hierdie Openbaring en vir die Woord
aan die publiek. Ons seën U HEILIGE NAAM ABBA YAHUVEH in YAHUSHUA se NAAM! Amen.
Elisheva: En ons bid net VADER, dat mense sal verstaan – dit is U plan. Dit is,
dit is, dit is U plan. Ons gaan vermink hier uit VADER. Ek het vooruit geweet,
ek het geweet, ek het geweet, ek het geweet van die “obamanation” en het vir die
mense gesê.
Maar nou VADER, bid ons vir die verlossing van die Donald Trump se siel. Mense
moet dit baie, baie ernstig opneem en waarlik vir hierdie man bid! Want hy het
alreeds – hy het die begeertes wat U in sy hart geplaas het en hy besef nie eers
hoeveel hy alreeds verander het nie, in die NAAM VAN YAHUSHUA.
Daarom is dit... (lag) daarom sê 'n deel van my, “Ag VADER ek het alreeds 'n
bewerige mankheid met die nuwe leierskap (aankondiging),” en U sê net, U sê net,
“Gaan 'n bietjie verder uit op daardie mankheid, Elisheva & Ezra!” Maar prys
YAHUSHUA, U is die EEN WIE die mankheid beskerm sodat dit nie breek nie! Daarom
gee ons U die Eer VADER! Ons dank U en ons prys U!
Kosbaar – elkeen, elkeen wie AmightyWind Bediening as 'n seën beskou, maak nie
saak watter taal u praat nie, dankie dat julle begin om te bid – te bid dat ABBA
YAH se wil sal geskied in Donald Trump en dat die man sy knie gaan buig en
YAHUSHUA as MESSIAS gaan aanneem!
Want wanneer hy doen, sal hy 'n President wees soos geen ander nie. En dit sal –
dit sal 'n effek hê– dit sal die lande oor hierdie aarde affekteer!
En ons dank U ABBA YAHUVEH in die NAAM VAN YAHUSHUA. Ons prys U, ons prys U, ons
prys U! Ons prys U ABBA YAHUVEH dat U 'n man oprig wat niemand ooit sou kon
verwag nie! En U doen dit! En ek hou aan om hierdie perderesies te sien, VADER
en hy is definitief voor, in YAHUSHUA se NAAM! En dit is wat ek te sê het!
Ezra: Amen.
Elisheva: Wat het jy - ? Ag ja! Kathrynyah het visioene gehad!
Meer Visioene
Kathyrynyah: Ek het vir haar gevra (Elisheva) of ek moes deel wat ek gesien het,
net 'n paar dinge. Ek het haar (Elisheva) gesien buig voor YAHUSHUA en HY het Sy
Hand op haar hoof gehad.
Elisheva: Ag ! Dankie! Ek het dit nodig gehad!
Kathrynyah: En toe.......
Elisheva: Wel, Ezra is hier, waar ek ook al is.
Kathrynyah: Daarom luister ek en ek sien 'n witbrood met die bokant en dit het
(swart) peper op dit. Dit is afgekrap op die bokant. Ek dink dit verteenwoordig
Donald Trump – soos die bokant, miskien 'n halwe duim grote stuk is afgekrap en
dit is wit daaronder. Maak dit sin?
Elisheva: Ja! Dit vat 'n laag peper -
Kathrynyah: —maar daar is peper op die bokant wat donker kolle is, jy weet?
Elisheva: Ja, wel ja.
Kathrynyah: Maar onder dit is wit. So ons, ons lig hom op na U toe VADER.
Elisheva: VADER ek bid net in die NAAM VAN YAHUSHUA – U ken die geheime droom
wat ek nie gaan vrystel voor die wêreld nie. Ons kan moontklik die datum (van
die droom) uitvind, maar toe ek die YDS aangesê het om te begin bid.
Ek gaan nie. Ek gaan nie....Donald Trump het 'n geheim wat U aan my toevertrou
het. Ek bid VADER dat daardie droom waarlik waar sal word in die NAAM VAN
YAHUSHUA.
En Donald Trump sal 'n vriend van hierdie Bediening word. En hy gaan deur die
Profesieë leer wat hy nie voorheen geweet het nie, in YAHUSHUA se NAAM. En ek
ontvang elke gedeelte van daardie droom in YAHUSHUA se NAAM!
Ezra: Amen! Amen!
Elisheva: Ontsaglik (awesome)! Ontsaglik Ontsaglik! Ontsaglik!
Wie sou kon dink dat dit sou gebeur!
Einde van Opname.
Ek wil hierdie byvoeg. Dit was afgesny op die audio. Bid en stem - en ondersteun
hom.
So is dit gespreek, so is dit geskryf in die NAAM VAN YAHUSHUA,
29 Junie 2016
Apostel, Profeet Elisheva Eliyahu
* * * * * * *
1 familiaar tot “gaan” en van 'n gevoel van opgewondenheid of dringendheid
byvoeg.
2 Elisheva is so gesalfd dat dit met tye moeilik kan wees wanneer sy hoogs
gesalfd is om te sê of dit sy is wat praat versus YAHUVEH wat deur haar praat.
Daarom wanneer sy praat, dat “Profesie Gaan Voort” baie keer in hierdie
transkripsie voorkom.
3 As YAH selfs deur 'n donkie kon praat, bewys dit dat HY enigiemand kan gebruik
wie HY verkies, of dit Donald Trump, of Elisheva & Ezra is! Maak nie saak wat
ander verwag nie, maak nie saak of ander hulle waardig ag of nie!
4 YAH noem Bileam se donkie en die idioom ''n hoë toon aanslaan”, naby mekaar.
Want volgens Bybelse vergelyking, kan donkies simbole van vrede en nederigheid
wees (Sag. 9:9). - terwyl perde oorlog, mag en trots simboliseer. (Sag. 9:10).
Die storie van “Bileam se esel” d.i. Donkie (Num. 22) gaan oor 'n trotse man wat
YAH verneder het. Selfs nadat hy geweet het YAH wou nie hê dat hy Israel moes
vervloek of na die koning van die Moabiete moes gaan nie (verse 12-13) – het hy
nogtans volhard en gegaan (v19). GOD was kwaad (Num.22), maar het Bileam
toestemming gegee om te gaan om hom 'n les te leer: YAH het 'n engel gestuur en
om vir Bileam te verhinder en te verneder – en 'n nederige eselin gebruik wat
die vermoë ontvang het om te praat. (Vers 28-30). Sy het YAH gehoorsaam, nie
Bileam nie (Verse 22-35). Later was die heidense koning Balak nie instaat om
Israel deur Bileam te vervloek nie, wie instede daarvan gedwing was om Israel
driemaal te seën (Num. 23:7-10;18-24; 24:3-9). Hulle het waarlik YAH se oppermag
en Heiligheid geleer (Num.23:19-21) en in instede daarvan het 'n Profesie
uitgekom dat Israel die finale oorwinning oor Moab sou hê deur die MESSIAS - “Daar
sal Een uit Jakob kom”. (Num. 24:14-19). Dus het YAH se wil geskied soos in
daardie Profesie 126 aangedui word – albei op daardie tyd en later. Later toe
Bileam totaal op die verkeerde weg afgedwaal het (Num.31:16; Judas. 1:11; Openb.
2:14) was dit toe YAH se wil om hom te veroordeel. (Jos.13:22; 2 Petr.2:15).
5 “High horse”('n hoë toon inslaan) is 'n algemene Engelse idioom vir 'n
hardkoppige, arrogante houding van superioriteit oor ander. YAH sê dit is slegs
huidiglik hoe Trump “voorkom” en later sê YAH ook “hy is in 'n perderesies”. In
daardie geval, is die mees magtigste resiesperd nodig om te wen. Ja, Bileam is
as 'n voorbeeld van 'n trotse man gebruik wie GOD maklik instaat was om te
verneder en YAH sê HY weet hoe om vir Trump te verneder en HY sal. Nogtans, let
daarop dat YAH ook vergelyk dat HY uit Ezra, Elisheva & Donald Trump praat soos
om deur die nederige donkie te praat – nie trotse Bileam wie eintlik meer soos
die opponente is wie Israel sal vervloek en al GOD se mense vervloek as hulle
die kans kry.
6 Hierdie kan verskeie betekenisse hê, dat ons:(1) vir Donald op dieselfde wyse
sal bid as vir Kaleb om na vore te kom en om in die algemeen vir hom te bid soos
gelei word; en ook (2) spesifiek sal bid dat Trump alles vir geregtigheid sal
kan doen wat hy kan: en spesifiek bid om geestelik die Withuis skoon te maak van
onskuldige bloed. Deur dit anders te beskryf as “Bid vir Donald Trump om alles
wat hy kan te doen om die bloed uit die Withuis te was, sou die bedoeling
daarvan beperk tot slegs die laaste gedeelte. Bid op beide maniere.
7 'molok = naam van 'n outydse Kananitiese godheid wat kinderoffers vereis het
en wie die sataniese elite steeds dien en aanbid.
8 Profeet Elisheva het 'n groot hoë vuurslang gesien, nie 'n klein tuinslang nie.
9 Ek het – ek is besig om, is beide reg. “Ek het (verledetyd) en Ek is (teenswoordige
tyd) sy hart verander, want dit het alreeds begin.
10 'n 'pun' is woordspelling (samestelling van woorde) wat twee of meer
betekenisse voorstel. Obama-Nation is 'n spel van gruwelikheid. Hier verwys
YAHUVEH na die gruwelikheid van wette wat in Amerika toegepas was (waar Obama
president is), deur homoseksualisme en selfdegeslag-huwelike te aanvaar as iets
om te verdra, terwyl dit in der waarheid gruwelik is. YAHUVEH het die nasie as
'n gruwel begin sien weens die ongoddelikheid onder Obama.
11 dit is die twispunt rondom Obama se geboortesertifikaat.
12 “praat vloekwoorde” (mouths off curse words)” as 'n werkwoord bv. 'n
samestelling (woordspelling) van 'gebruik/praat vloekwoorde.
13 dit is: sy is met 'n Jood getroud.
* * * * * * *