Van Profesie 105 af, het YAHUVEH gesê hierdie moet van nou af op al die Profesieë geplaas word: Elisabeth (Elisheva) EK het jou lank gelede gewaarsku om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH ha KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH GLORIE se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk het. “EK is YAHVEH, dit is MY NAAM; en MY EER sal EK aan geen ander gee, of ook MY LOF aan die gesnede beelde nie”. (Jesaja 42:8)
17 September, 2021
Sukkot – Fees van herinnering van YAHUVEH se beskerming.
O, skat van MY hart, glo julle nie dat EK, YAHUVEH en MY Seun YAHUSHUA julle sal
beskerm, terwyl julle hierdie Heilige Tyd beskou nie? Is EK nie in staat om
julle veilig te hou nie? Selfs in Jerusalem, waar die gevaar groot is, en die
Hebreeuse mense hulle "Sukkots" gemaak het, soos dit geskryf is, omdat hulle
vertrou dat EK hulle sal beskerm, en EK sal. Vir wie is julle bang om te beledig,
vir MY, YAHUVEH of julle bure? Gee julle regtig om wat ander sal dink, meer as
dit wat MY en YAHUSHUA bly sal maak? Weet julle nie dat MY mense besonders
genoem word nie, hulle loop nie na die klank van die wêreld nie, maar na die
klank van die Hemel. Hoekom sal jy skaam wees hieroor, MY kleine kind. Dit sal
dan eerder 'n getuienis vir MY, YAHUVEH se GLORIE wees! Bid dat julle bure
notisie sal neem, sodat julle vir hulle die storie kan vertel hoekom julle 'n "Sukkot"
ter herinnering van MY Woord bou. Dit sal MY bly maak, omdat Die wat dit doen,
getuig van MY, voor hulle bure, nou vra EK julle om dieselfde te doen. Hoe kan
julle van MY getuig en 'n voorbeeld van julle geloof wees, as julle jul "Leanto"
in julle badkamers weg steek?
Die "Sukkot" moet buite wees waar julle die Opelug kan aanskou. Die Joodse mense
besef nie eers hoekom die "Sukkot" 'n opening in die dak het nie. Dit is om die
Skrif te vervul, wat sê, "Kyk op, julle verlossing kom nader, omdat YAHUSHUA
julle MESSIAS vanuit die Ooste kom".
Julle moenie bang wees vir julle vyande wat julle seer maak nie, omdat EK,
YAHUVEH die wat MYNE is, sal seën en beskerm, en die wat dink hulle is wys, sal
EK dronkslaan, terwyl julle die bose weë van die wêreld en die houe van die
vyande ignoreer. EK sal die tart, wat jou tart in hulle tye van nood.
Bou 'n Tydelike skuiling in die Ope lug. Vra MY en EK sal jou lei en bestuur hoe
om dit te doen. Neem jou maaltye in die "Sukkot" en rus jou kop in MY, YAHUVEH
en YAHUSHUA se liefdevolle Arms. EK sal jou daar ontmoet. Vir die wat sê dat
hulle 'n werk van die wêreld sal moet hê, EK sê vir julle, saai dan daardie saad
in die Werk van die Koningkryk van Hemel en kyk of EK nie 'n seëning sal
uitstort nie, so groot, sodat dit jou rede sal gee om MY, YAHUVEH en YAHUSHUA te
Loof en Prys!
EK lê dit op jou hart, MY dogter Patricia, om hierdie vrae te vra en vir die
Diensmaagd van YAHUSHUA te skryf, sodat sy dit met ander sal deel, die vir wie
die Joodse Fees Dae nog nuut is, en die wie 'n begeerte het om dit te vervul.
Julle dien 'n Messias wat opgestaan het. Moet julle ook nie doen wat HY gedoen
het, om die Joodse Heilige Dae te hou en te eer nie? Die wat gekies is om
YAHUSHUA se Bruid te wees, hoor asseblief wat sy skryf, soos EK, YAHUVEH haar
die woorde gee. Dit wat goed genoeg is vir YAHUSHUA, is dit nie ook goed genoeg
vir die wie YAHUSHUA HA MESSIAS volg nie? Seëninge sal na jou toe kom, MY dogter,
omdat jy gehoorsaam was en vir Elisabeth geskryf het met hierdie vrae, nou sal
ander ook saam met jou leer. Die woord is bedoel om gedeel te word met almal wat
Geestelike oë het om te sien en Gesstelike ore het om te hoor. Al die ander bly
doof en blind, net soos die Bose Faros en Fariseërs van die land.
EK, YAHUVEH, gee MY BABAS, BRUID en UITVERKORENES, Geestelike Vleis om te voed.
EK wil hê dat julle MY sal herken, waar EK deur MY Handgemaakte Diensmaagd 'n
mandaat gee. Julle moet al die Joodse Heilige Dae vier, asook die komende dae
van die "Sukkot", as 'n herinnering dat julle net in 'n Tydelike Woning bly. Die
aarde is julle tydelike woning, totdat julle huis toe gaan na die Hemel. Jy is
slegs 'n reisiger wat deur trek, totdat jy die werk klaar gemaak het wat EK jou
na die aarde gestuur het om te doen.
Vernietiging gaan na na die wêreld kom, tesame met die dood en pes en weer en
natuur rampe, wat gemaak is deur die mens wat God wil speel. Julle moet hierdie
"Sukkot" waarneem, al het julle dit nog nooit voorheen gevier nie. Julle moet al
die komende Heilige Dae hou. Waar jou geloof is, daar sal jou Pasga "Passover"
wees! Julle moet vas op "Yom Kippur" (Joodse heilige dag, waar jy jouself rein
hou) en jullself nederig hou voor MY, YAHUVEH, en vas vir die boosheid in julle
land, sodat julle gespaar word wanneer die dood MY vyande besoek, die wat
hulleself teen alles wat Heilig is, stel.
Herinner julleself, terwyl julle 'n tydelike Skuiling bou wat so teer is, hoe
swak enige skuiling is wat deur 'n mens gebou word. 'n Ligte windjie kan dit
omslaan, maar as EK, YAHUVEH en MY Seun YAHUSHUA, met jou is, in die midde van
die breekbare skuiling, selfs in jou breekbare Tempel wat jou liggaam genoem
word, sal EK maklik daartoe in staat wees om die te beskerm wat EK MY BABAS,
BRUID EN UITVERKORENES, noem!
Toets MY, YAHUVEH, en aanskou MY BABAS, BRUID en UITVERKORENES wat dit doen…kyk
of EK nie met 'n sterker salwing hulle sal seën nie, hulle wat ywerig liefhet,
dien, gehoorsaam is, en soek na MY, YAHUVEH en YAHUSHUA HA MESSIAS!
Is dit, wat goed genoeg is vir YAHUSHUA om te eer, nie ook goed genoeg vir jou
om te eer nie? EK, YAHUVEH plaas julle in herinnering. Julle aanbid en dien nie
'n Christelike Messias nie, maar eerder 'n YAHUSHUA wat gebore was van 'n
Hebreeuse Maagd, op Hebreeuse grond, wat geloop en bedien het, wat tekens,
wonders en wonderwerke op Hebreeuse grond verrig het. YAHUSHUA het die "Torah"
gehou en was sonder sonde gevind. YAHUSHUA het as 'n "Rabbi" bedien op die
enigste ware Sabbat.
YAHUSHUA het nie gepreek in die Tempels, op Sondae nie. Die met Geestelike ore,
luister. Al die ander bly doof. Die Sabbat is ewigdurend en sal vir ewig staan,
omdat EK, YAHUVEH die aarde in ses dae gemaak het, en op die sewende dag het EK,
YAHUVEH gerus en die mensdom beveel om dieselfde te doen. MY SEUN YAHUSHUA het
die SABBAT HEILIG GEHOU en HY word die HERE VAN DIE SABBAT GENOEM. HY is 'n
voorbeeld van hoe om die Sabbat Heilig te hou. MY GELIEFDE SEUN YAHUSHUA was
gemartel en gekruisig, met woorde wat vasgespyker was bokant sy kop, wat geen
duiwel of mens kon wegvat nie, en YAHUSHUA het doodgegaan en opgestaan op
Hebreeuse grond, vanuit 'n Hebreeuse Graf.
Nadat al die dinge gesê is, en Bewys is dat YAHUSHUA 'N JOODSE OPGERYSDE MESSIAS
IS, moet dan nie die weë van die Heidene volg nie, en moet ook nie die heidense
feeste hou wat YAHUSHUA nie gehou het nie. As dit nie in die Heilige Skrifte is
nie, hoekom maak julle MY, YAHUVEH kwaad, en voeg by MY woorde by, en leer dat
die Heidense dae geëer moet word, en vermy die dae wat EK, YAHUVEH besluit het
is HEILIG, en moet herinner word soos in die tye van OUDS?
Julle nooi MY na julle mensgemaakte vakansie dae, hoekom sê julle, dat julle
YAHUVEH en YAHUSHUA volg, dien, aanbid en gehoorsaam, as julle steeds
verskonings maak dat dit slegs vir die Hebreeuse mense is? Is julle nie Hebreeus,
deur DIE BLOED VAN MY SEUN YAHUSHUA BY GOLGOTA TE AANVAAR, WAAR HY ALLEEN DIE
BLOED OFFER VIR JULLE SONDES GEWORD HET NIE?
GLO JULLE NIE DAT HY NOU BINNE IN JULLE LEWE DEUR DIE RUACH HA KODESH (HEILIGE
GEES) NIE? Om regtig MY Seun YAHUSHUA te Ken, moet julle die Joodsheid van julle
Opgerysde Messias leer Ken. Hoekom dring julle daarop aan om YAHUSHUA, JESUS
CHRISTUS te noem, as wat julle HOM eerder op SY Hebreeuse naam YAHUSHUA noem,
dit is 'n konstante herinnering aan Satan dat JAH sal red! Hoekom dring julle
daarop aan om die skrifte in die Bybel te verdraai, om verskonings te maak
hoekom julle nie die Ware Sabbat Dag Heilig hou en Eer voor MY, YAHUVEH nie?
Is dit regtig so erg om die tyd, Vrydag Sononder tot Saterdag Sononder, eenkant
te sit en waar te neem dat dit die WARE SABBAT DAG IS, EN DIT HEILIG TE HOU? As
jy nie van beter weet nie, dan het jy 'n verskoning, maar nadat jy die waarheid
weet, en jy dit nie jou laat vrystel nie, en jy sê, dat jy nie gebind is onder
die wette van ouds nie, watter ander gebooie wil julle hê moet EK uitgooi, omdat
dit julle nie pas nie?
Net omdat ander dalk nie verstaan nie…as jy na 'n Sondag kerk gaan en nie daar
is om die Pastoor of die gemeente te laat verstaan dat hulle verkeerd is, om nie
die Joodsheid van die Opgerysde Messias te leer nie, dan noem EK, YAHUVEH, jou
'n lafaard en JY WORD DAN VERANTWOORDELIK GEHOU!
EK stuur jou voort om ander te waarsku en jy onderhandel dan met dit wat jy weet
waar is. Aanbid MY 7 dae 'n week en kom bymekaar as julle dit begeer, maar gee
vir YAHUVEH die Eer, deur die SABBAT DAG TE ERKEN EN HEILIG TE HOU, EN RUS VAN
JULLE WERK OP DIE DAG EN GENIET DIT SAAM MET MY. DIT IS NIE BEDOEL OM 'N DAG VAN
LAS TE WEES NIE, MAAR VAN BLYDSKAP!
Is dit regtig so moeilik? EK GEE AAN JULLE, HEILIGE FEES DAE om fees te vier,
met die uitsondering van "YOM KIPPUR", DIE DAG VAN VERSOENING, wanneer julle
moet vas en onthou van die prys wat YAHUSHUA vir julle sondes betaal het. Is dit
regtig so moeilik vir julle om te leer van die HEBREEUSE HEILIGE DAE?
EK kon gekies het dat YAHUSHUA gebore was van enige nasionaliteit, maar EK,
YAHUVEH, eer die Hebreeuse Mense, deur hulle bloedlyn te eer. Julle, wie
YAHUSHUA SE BLOED OORTAPPING aanvaar, is nie langer meer nie-Joodses nie en
julle moet ook nie langer die heidense weë of vakansiedae volg nie. Instede,
volg die HEILIGE DAE, soos EK, YAHUVEH, besluit het om 'n seën oor julle te wees.
Julle word verantwoordelik gehou vir wat julle weet, wat julle doen daarmee, is
nie MY dogter Elisabeth se verantwoordelikheid nie, haar verantwoordelikheid is
om die woorde wat EK, YAHUVEH, deur haar spreek, aan julle te oorhandig. Dit het
SY nou gedoen.
Gaan julle behulpsaam wees vir haar, of gaan julle haar verhinder? Die van julle
wat hierdie, asook die ander woorde wat EK, YAHUVEH en YAHUSHUA voortgespreek
het, nou lees en geseënd is terwyl hulle geleer het van die Apostoliese Eind Tyd
Ministerie, en tog niks doen om 'n seën te wees vir haar en hierdie Ministerie
nie, julle is dan eerder 'n verhindering, en EK, YAHUVEH hou julle dan
verantwoordelik, omdat julle haar werk harder maak en die las groter.
Hoeveel van julle het haar gevra om julle naam op te lig voor MY, YAHUVEH, en
vir MY, YAHUVEH gevra om julle te seën en tussenbeide te tree vir julle? Terwyl
sy dit doen, kyk EK, YAHUVEH na die name wie sy in gebed noem, en neem ook
kennis van hulle. Het hulle die tyd geneem en opofferings aangebied wat 'n
seëning is vir hierdie Ministerie?
Hoe skaam is EK nie, as EK sien hoe min van julle op enige manier hulp aanbid.
Hulle neem die tyd om vir seëninge te vra, en tog doen hulle nie eers soveel as
om net te vra wat hulle vir haar kan doen nie! Weet dit, vir elke keer wat sy
gebid het, "Stuur ons asseblief vennote om ons te help in die Ministerie", en
wanneer julle in staat was om haar op enige manier te help, maar nog steeds
geweier het en verskonings gemaak het, dit is hoeveel gebede EK van julle sal
ontken, wanneer julle MY, YAHUVEH vra!
Elke keer wanneer julle van hierdie Ministerie se benodighede gehoor het en 'n
dowe oor gedraai het, het julle veroorsaak dat sy huil, sommiges het EK na
hierdie Ministerie gestuur met die Rykdomme van die wêreld, en tog draai hulle
ook 'n dowe oor na die Apostoliese Profeet van MY, net so sal EK ook veroorsaak
dat julle huil, terwyl EK, YAHUVEH, julle versoeke ontken, wat julle voor MY
bring.
Hoeveel van julle sit julle kinders, eggenote en familie in julle testamente, en
tog gee julle nie om vir die Ministerie wat julle voed nie? Hoeveel van julle
wat die nou lees, het die luuksheid van 'n werk, meer as een huis, land, eiendom,
antieke dinge, bote, vliegtuie en 'n inkomste wat julle opberg, deur gretigheid,
om julleself tevrede te stel. Sê MY WOORD nie, waar jou hart is, daar sal jou
skat wees nie? Julle het MY gewys waar julle harte is. Elkeen wat na die
Ministerie gely was, kon iets gedoen het, maar tog doen baie, niks nie!
Hoekom is dit dat julle so maklik 'n kelnerin 'n fooitjie gee wanneer sy julle
fisiese kos bedien, maar julle gee niks aan die een wat swaarkry, in die proses
om die salwing te hê, wat EK aan haar gegee het, om weer aan julle te kan voer,
as Geestelike kos. Wat is van meer waarde vir julle? Fisiese kos wat julle slegs
tevrede stel vir 'n paar uur, totdat julle weer honger word…of Geestelike kos
wat julle altyd sal onthou en waardeer, veral in tye wanneer julle bevry of
aangemoedig sal moet word.
Wat sal jou verskoning wees wanneer jy voor MY, YAHUVEH moet staan, in die, nie
te verre toekoms? Julle is gewaarsku; Die wat hierdie Joodse Diensmaagd seën…moenie
net haar seën nie, maar ook vir MY, YAHUVEH en MY Seun YAHUSHUA. Elisabeth is
die een wat EK MY Elia "Elijah" van nuuts noem. EK, YAHUVEH het haar na die
Weduwees van Sarfat gestuur, maar hulle weet dit nie. Julle, wie weier om te
help in hierdie wêreldwye oesland, het geen finansiële nood nou nie, maar julle
sal hê. EK het Elia van ouds gestuur om 'n seën vir een weduwee te wees, terwyl
die land vol van weduwees was vanwee die droogte en hongersnood.
EK het vooraf geweet van 'n weduwee wat 'n seëning nodig gehad het en bereid was
om haar laaste maaltyd met 'n profeet met die naam Elia te deel, terwyl sy
geweet het dat sy en haar seun dit sou eet en dan doodgaan. Sy het gelewe en was
finansieël geseën en haar kruik olie het nooit opgedroog nie. EK, YAHUVEH,
begeer om dieselfde vir julle te doen. Dit is geen ongeluk dat jy na die
Ministerie gekom het en die woorde nou lees nie.
Wanneer die tyd van verwoesting en toetsing kom, sal EK julle seën en beskerm op
'n manier waaraan julle nie gedink het nie, indien julle gehoorsaam is aan alles
wat EK, YAHUVEH vir julle sê. Hou die Joodse Heilige dae, HEILIG voor MY,
YAHUVEH.
Herinner MY op "Passover" PASGA, terwyl julle dit vier en julle die suurdeeg
vanuit julle huise wegneem, terwyl EK die kinders van Israel beskerm het, as
hulle die bloed van die lam op hulle deur kosyne gesmeer het, hoeveel meer sal
EK hulle nie beskerm nie, die wat die bloed van YAHUSHUA het, om hulle en hulle
huise te bedek.
Terwyl julle jul tydelike skuilings oprig op die "Sukkot", sal dit 'n simbool
vir MY wees, hoe julle op MY, YAHUVEH, staat gemaak het om julle Liggaam te
beskerm, omdat jou Gees en MY RUACH HA KODESH (HEILIGE GEES) daarin woon, terwyl
julle vreemdelinge is in die Tydelike Skuiling, genaamd aarde, en slegs deur
beweeg om julle Hemelse Huis, genaamd Hemel te kry.
Laastens, die wie in Amerika woon, EK het hierdie Profeet van MY 'n waarskuwing
gegee, wat sy aan julle moet gee. EK het aan haar 'n mandaat gegee om ook met
julle 'n droom te deel wat EK aan haar gegee het, en dit sal gedoen word. EK
weet dat die, wat 'n gawe van onderskeiding het, na George W. Bush sal kyk en
weet dat hy 'n vorm van Goddelikheid het, maar geen Goddelikheid binne in hom
het nie.
EK, YAHUVEH sê aan julle, George W. Bush is die kleiner een van twee booshede.
Weet julle wat is verkeerd met George W. Bush, hy het nog nie onderhandel in
sekere dinge nie, alhoewel die druk op hom is om oor sy posisie te onderhandel,
terwyl Visie President Cheney hom alweer verraai. Cheney ken geen skaamte nie en
verdedig sy goddelose homoseksuele dogter, net soos sy naam sê dat hy aan die
prins van donkerte vasgeketting is.
George W. Bush is teen Aborsie, Gedeeltelike geboorte Aborsie, Stamsel navorsing,
vuil afskuwelike dinge teen My, soos homoseksualiteit en dieselfde geslag
huwelike. Moenie dit as vanselfsprekend aanvaar nie, maar George W. Bush sal die
volgende Presidensiële verkiesing wen, soos ek MY dogter in 'n droom vertel het,
as julle rondstaan en niks doen nie en nie stem nie of met gebed tussenbeide
tree nie, dan sal die Demokrate die volgende Presidensiële verkiesing wen, en
die bloed sal dan in hierdie land vloei, en die onskuldiges sal dan in die tronk
gegooi word en vir misdade skuldig bevind word wat, hulle nie gepleeg het nie.
Moenie 'n fout maak nie, John Kerry en sy vrou is dienaars van satan en sal nie
eers heiligheid versin nie. Julle is gewaarsku!
EK waarsku julle nou dat John Kerry en sy vrou julle sal laat berou hê dat julle
nie geluister het toe EK julle deur MY Handgemaakte profeet gewaarsku het nie.
Skep 'n prentjie waar die mees boos en goddeloses verheug sal wees op
Verkiesingsdag! Die wolwe in die Wit Huis wat hulleself nou vermom, sal hulle
maskers op die dag afruk, en daar sal geen einde wees aan die boosheid wat
gedoen sal word nie en die vryheid van die wat YAHUVEH en YAHUSHUA vrees, wat
verloor sal word nie.
Moenie 'n fout maak nie, dit sal alle godsdienste affekteer, selfs die Moslems.
Al die wie 'n valse god dien, maar steeds begeer om 'n morale karakter te hê,
hulle sal spyt wees dat hulle niks anders gedoen het as om toe te staan en te
kyk nie. Die van julle wat gebeds vegters is, begin daarop aandring by julle
Pastore om op te hou om te onderhandel en teen alle koste uit te spreek.
Die grootste lastering van MY NAAM sal gedoen word deur Ellen Degeneres, wat die
ergste godslastering van MY, YAHUVEH, DIE SKEPPER VAN ALLE SKEPPINGS sal
uitbeeld!
Daarvoor sal sy met haar siel betaal, asook almal wat deel gehad het in die
fliek! EK, YAHUVEH sal MY woede voort stuur oor die wat hulleself groot hou oor
ander. Dit sluit in, die Studio, Vervaardigers, Skrywers van die Manuskrip,
Akteurs, Uitrusters, spyseniers, Grimmeerders, en selfs die bystand akteurs en
aktrises. EK, YAHUVEH sal selfs MY woede uitstort op die Staat waarin dit
verfilm sal word. EK, YAHUVEH waarsku enige Adverteerder…EK, YAHUVEH, beveel MY
BABAS, BRUID, UITVERKORENES EN SELFS DIE WIE NIE MY HEILIGE WOORD DIEN OF AAN MY
GEHOORSAAM IS NIE, MAAR WEET DAT DAAR 'N GOD YAHUVEH IS OM TE VREES, OM IN
PROTES TE KOM EN HULLE PRODUKTE TE BOIKOT.
'n VROU met die naam Ellen Degeneres sal MY openlik tart, DEUR VOOR TE GEE DAT
SY DIE ALMAGTIGE GOD IS. SY IS NIE NET OPENLIK HOMOSEKSUEEL NIE, MAAR OOK DIE
EERSTE IN AMERIKA WAT OMHELS WAS DEUR DIE WITHUIS, INSLUITENDE DIE PRESIDENT VAN
AMERIKA, TERWYL HULLE 'N ETE VIR HAAR EN HAAR DEELGENOOT GEHOU HET. IEMAND VAN
DIESELFDE GESLAG, EN AAN WIE SY BEWEER SY GETROUD IS! EK, YAHUVEH, noem Ellen
Degeneres, "Ellen Degenerate"! Sy is goddeloos en ken geen skaamte nie, terywl
sy deur satan met beroemdheid en rykdom vergoed word, omdat sy die eerste was
wat gesê het dat sy 'n huwelik met iemand van dieselfde geslag gehad het, en sy
ken geen skaamte nie en is trots op haar naam. Begin om in protes te kom en te
boikot en waarsku almal wie sal luister. Enige een wat die film kyk en luister
na haar uittarting teenoor MY, YAHUVEH, en nie met vrees in protes gaan nie, sal
maai wat sy saai.
EK het deur MY Dogter Elisabeth geprofeseer, en die profesie is nou al vir jare
gepos, vir almal om te lees. [Lees profesie 18]. Ellen Degeneres het die kinders
en die mense, die gees van homoseksualiteit met 'n lepel ingegee, terwyl sy
daaroor gelag het. As gevolg daarvan het EK, YAHUVEH GEPROFESEER dat sy die
eerste sal wees wat die "Black Boiling Blood Plaque" sal proe, wanneer sy sal
smeek om dood te gaan, terwyl sy swart bloed vanuit haar mond sal spuug. Al die
seksuele nie-morele mense sal swaarkry van hierdie eindtyd plaag!
EK, YAHUVEH het dit deur MY Handgemaakte Diensmaagd geprofeseer, omdat EK geweet
het wat Ellen DeGeneres se meester, satan, haar sou laat doen het, en dit is om
die Skepper van Skeppings, te tart!
* * * * * * *
So is dit geskryf en gespreek op hierdie dag van
27 Augustus 2004. Gegee aan die Kind, Vegter en Bruid van YAHUSHUA HA MESSIAS
Apostel Elisabeth (Elisheva) Elijah
Dit is die 16de Herdenking van die Geestelike Wapen wat aan my gegee was,
naamlik YAHUVEH SE STAF. Julle kan meer hiervan lees op my getuienis bladsy,
veral oor die Grootste salwing in my lewe by Muai Hawaii.
Terloops, terwyl ek hierdie profesie geskryf het was ek deur 'n by gesteek. Die
duiwel is nie gelukkig met die pos van hierdie woord nie, en wou my stop met 'n
by, so verspot, dis lagwekkend.
* * * * * * *
Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë
bygevoeg moet word van nou af: EK het jou lank gelede gewaarsku Elisabeth
(Elisheva) om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie selfs
nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks
hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom
nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van
YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA
KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal
misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde
waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie anders sou
dit misluk het (Jesaja 42:8)
In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook gesê dat die volgende vanuit 2 Kronieke
bygevoeg word voor elke Profesie:
2 Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY
Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat
daar geen genesing meer was nie.”
* * * * * * *
Hierdie was vanaf 'n oudioband oorgeskryf:
Elisabeth [Elisheva]: 17 Oktober 2008. Ek kon nie slaap nie. Baie is op die
oomblik in ons lewens aan die gang. Haat kom vanaf so baie rigtings na my toe,
dit voel net soos 'n wapen en ek weet die vyand gaan my haat, maar wat die
meeste seermaak, is hulle wie beweer hulle het JESUS (YAHUSHUA) lief en tog
stuur hulle hul wapens van haat. En haat is 'n gees of mens dit weet of nie en
wanneer jy haat, stuur jy 'n bose gees uit, veral wanneer dit teenoor iemand is
wie YAHUSHUA liefhet.
In elkgeval, ons was in gebed en ek het hierdie visioen gehad wat ek oor en oor
en oor sien. Ons het in die Bruid se Heiligdom oor iets persoonliks in ons
lewens gebid, want die aanvalle was hewig, veral sedert ons daardie $6,500
spandeer het net om in staat te wees om die Waarheid teenoor hulle te spreek wat
rense.com sou lees. Ons kry briewe van die terug gevallenes wat teruggekeer het
en die nuwe bekeerlinge wat hulle lewe vir YAHUSHUA MASHIACH gegee, het, maar
ons ontvang ook haatlike, haatlike, haatlike briewe. En ellende wag op julle wie
hierdie haatlike briewe stuur. Die snaakste deel is ons hoor ook van
vreemdelinge 'aliens' maar ons sal nie nou daarop ingaan nie, omdat hulle regtig
nie snaaks is nie en ons weet hulle is waar. Dit is net dat hulle selfs dink
hierdie Bediening is 'n bedreiging.
So, hier is my visioen terwyl ek saam met Kathrynyah in die vertrek was. Ons het
gebid en dit is die visioen wat ek oor en oor gesien het. Ek het nog nooit so 'n
visioen gehad nie omdat ek dit kon vashou. Ek kon dit vashou sodat ek kon sien
wat daar was en toe het ek my oë oopgemaak en ek het met Kathrynyah gepraat en
ek het weer my oë toegemaak en dit was weer terug. Dit het 3 keer gebeur en ek
wil dit altyd onthou. Dit is 'n tyd van Sukkot. Dit sal vanaand die derde aand
wees, so dit sal 'n Sukkot Boodskap wees. Wat ek gesien het was 'n reghoekige
venster en dit het beslis gelyk asof dit in 'n tronksel was. Dit het 5 dik
tralies voor gehad. Ek het gekyk en ek het die tralies getel. Dit was swart,
dik, swaar tralies. Terwyl ek by die venster uitkyk kon ek vaagweg 'n boom
uitmaak. Ek het toe gesê, "Wat is dit wat ek sien? O, dit is 'n boom." Skielik
het YAHUVEH die tralies weggeneem en ek kon duidelik sien. Daar was 5 baie
groot, sterk, gesonde, 'n mens kan dit Immergroen Bome noem, maar ek hoor
aanmekaar die woord "denne" (fir) boom, wat in 'n ry staan, lieflike bome. Toe
maak ek my oë oop en ek sê vir Kathrynyah, "Whoa, kyk wat het ek nou net
gesien". Ek is nie een wat maklik sulke visioene kry nie, gewoonlik het hulle so
vinnig gekom en gegaan, maar dit was 'n langdurige visioen. HY wou hê dat ek dit
moet sien. Elke keer wat ek my oë oopgemaak en weer toegemaak het en ons op 'n
ander onderwerp was, en whoa, ek sien weer die tralies. Toe sien ek hulle is weg
en toe sien ek weer die 5 bome.
Ek het agterna hieroor gepeins. Ek het gesê, "Bid asseblief hieroor. Ek weet nie
wat dit beteken nie, dit pla my en ek sal nie vrede hê voordat ek die betekenis
van hierdie visioen het nie." Terwyl ons begin bid het, was dit skielik so
maklik en 'n Woord het na vore begin kom. So, nou gaan ek in geloof glo dat ABBA
YAHUVEH dit vir my gaan teruggee, die betekenis van die visioen en die Woord wat
HY het.
Ek het alreeds gevra en ek het alreeds die Bloed van YAHUSHUA ons MASHIACH oor
my lippe gepleit. Ek het alreeds 'n slot en grendel op hulle gesit. Ek het HOM
alreeds daaraan herinner dat HY die SKEPPER van hierdie lippe is en HY is die
enigsteEEN wat kan verhoed dat hierdie lippe enige woord sal spreek wat nie van
HOM af is nie. Ek moedig enigeen aan wie glo dat hulle die gawe van 'n profeet
het, dat hulle dieselfde moet doen, omdat daar werklik op hierdie oomblik oral
vals profete is en dan is daar diegene wie vals profeteer en tog het hulle
YAHUSHUA lief en ek betwyfel dit nie. Maar die dinge wat hulle profeteer kom nie
uit nie en hulle was deur 'n bose gees mislei of hulle het uit hul vlees
gespreek. Hulle was in beide gevalle mislei en tog het YAHUVEH gesê hulle is nie
"vals profete" nie, maar hulle profeteer valslik. 'n Vals profeet is iemand wat
opsetlik mense mislei vir hul eie beweegredes, en sal hulle na 'n ander waarheid
lei, na 'n ander god.
Ek lag nou want ek dink aan 'orgone' en 'n sekere vals profeet genaamd Sherry
Shriner wie jou geloof in 'orgone' wil plaas, wie nou die mees afskuwelike
leuens teen my en hierdie Bediening sê, maar nou ja, wat kan jy van 'n
vreemdeling (alien) verwag? So, in elkgeval, ek vra nou vir ABBA YAHUVEH om
hierdie Woorde aan my terug te gee.
In die Naam van YAHUSHUA ons MASHIACH. So, ABBA YAHUVEH, ek vra U weer of U
asseblief aan my sal herhaal of dit U was wat hierdie Woorde gespreek het,
herhaal dit dan weer aan my, wat was die tronktralies wat ek gesien het? Hoekom
was hulle verwyder en hoekom het die 5 sterk bome daar gestaan, die dennebome?
* * * * * * *
Elisabeth [Elisheva] praat in Heilige Tale:
O ABBA YAHUVEH, gee dit asseblief weer vir my. Ek is so jammer dat ons nie
gereed was nie. Gee dit asseblief vir my terug. Toe ek gesê het ons is nie
gereed nie, het ons nie batterye in die bandopnemer gehad nie en die Salwing is
so broos.
Die Profetiese Woord Begin.....
O' MY kosbare Bruid, MY kosbare Bruid, My kosbare Bruid, in hierdie tyd van
feesviering gedurende Sukkot gee EK vir julle hierdie Boodskap van hoop. EK
praat met hulle wie MY eerste stel in hulle liefde, in hulle lewe. Wie nie skaam
is vir die Naam van YAHUSHUA julle MASHIACH nie. Al die ander gaan net voort en
bly doof en bly blind. Hierdie Woord is nie vir julle in hierdie tyd nie.
Elisabeth [Elisheva] EK wys vir jou 'n visioen van 'n tronkvenster met 5
tralies. MY kosbare Bruid, julle word verteenwoordig deur die 5 Wyse Maagde in
die Gelykenis in die Heilige Skrifte. Die vyand sal probeer om julle te vang en
op te sluit op 5 verskillende maniere. Daar is net een uitweg. Daar is net een
uitsig.
Want EK verwyder daardie tralies reg voor jou oë Elisabeth [Elisheva], want dit
is MY belofte aan MY Bruid en julle sal soos daardie denneboom staan wat geplant
is by water, die LEWENDE WATER en EK spreek gesondheid, en EK spreek voorspoed
en EK spreek die seëninge wat in Deut 28 gereserveer is vir hulle wie
gehoorsaam. En die 5 bome verteenwoordig die 5 Wyse Maagde wie MY Ware Bruid
verteenwoordig.
EK sal altyd vir julle 'n weg voorsien om te ontsnap, selfs wanneer julle dink
die vyand het julle ingeperk en EK het dit keer op keer vir Elisabeth [Elisheva]
gesê, julle wandel in geloof en nie deur sig nie. Pasop MY kosbare Bruid, 5
verskillende maniere, die vyande van hierdie wêreld en die vyande wat na hierdie
wêreld toe kom, sal op 5 verskillende maniere probeer om julle toe te sluit.
EK waarsku julle nou, soek MY, bid waar julle Ark is. Bid wanneer dit nie meer
vir julle veilig is om te bly waar julle nou is nie, bid dat EK vir julle 'n
plek van veilige bewaring (safe house) oprig, 'n veilige heiligdom. EK sê vir
julle voor die tyd wat die vyand beplan om te doen.
Dit is net 'n kwessie van tyd. Dit is net 'n kwessie van tyd.
Weeg julle woorde versigting. Geliefde Bruid, raak gewoond daaraan om oor julle
rug te kyk want selfs hulle vir julle liefhet, sal aanval as hulle nie gered is
nie. Pasop MY Bruid. Bewaar julle tong. So was dit in die vroeë dae. Jammer om
te sê hierdie dae het vir sommige aangebreek. Vir andere sal dit later aanbreek.
Die vyand spioeneer op julle. Hulle probeer om elke beweging van julle dop te
hou. Hulle draai julle woorde asof dit 'n dolk is om in julle hart te druk. MY
geliefde Bruid, daar is nie meer soiets soos vryheid vir julle op hierdie aarde
nie, tensy dit deur MY is nie. In MY Naam, in die Naam van YAHUSHUA julle
MASHIACH, daar is vryheid in MY. So verberg julleself vir 'n kort rukkie totdat
MY woede en MY raserny en MY toorn oor hulle wie net goed genoeg is om MY vyande
te wees, verbygaan. Want die haatlike woorde en dade wat aan julle gedoen is,
want die vervolging wat na julle toe kom, is omdat hulle MY in julle sien.
Hulle kan MY nie aanraak nie. Maar omdat julle in die vlees is, weet die vyand
waarheen hulle hul wapens kan gooi. Julle leef in 'n bose, bose, bose tyd waar
goed boos genoem word en boos goed genoem word, waar seksuele sonde onbeheersd
rondwoed en die al moraliteitsgrense verduister is; selfs in die meerderheid
kerke weier hulle om te praat oor wat moraliteit/sedelikheid is! Hulle vrees die
regering meer as vir YAHUVEH! En hiervoor gaan julle pastore boet. Julle het
julle siele verkoop vir hierdie belastingvrystellingstatus. Hoe julle geldelik
beloon kan word deur van MY te preek.
Sommige van julle het bely want julle het nie geweet wat julle doen nie. Sommige
van julle het gesê, "Vat hierdie belastingvrystellingstatus (Elisabeth
[Elisheva] sê, "Goed, ek sal dit sê") en druk dit waar die son nooit skyn nie!"
Julle behaag MY. Julle is vergewe. Julle het die verkeerde reggemaak.
Maar vir die ander pastore van die ander kerke wie hierdie omkopery van die
regering gevat het en 'n slot en grendel op julle lippe geplaas het, (Elisabeth
[Elisheva] sê, Ai tog, my hand is gevoelloos!") sê EK, 'Weg van MY af! EK het
julle nooit geken nie! MY GEES is nie in julle kerke gevind nie.”
Joel Osteen, jy het 'n prys om te betaal. Met jou siel, sal jy betaal! Jy is
niks meer as die Orator (Spreker) nie. Jy staan agter 'n kansel maar daar is
niks Heiligs in jou of jou vrou en die gemeente wat hierdie vertrek volmaak en
die kerkbanke ry vir ry volmaak nie, EK ken niemand van julle nie! Julle is nie
Heilig nie.
Julle kom net om julle ore te vul met dìt wat julle die begeertes van julle
harte gee. Julle wil van niks weet wat met julle gees te doen het nie, behalwe
om blymoedige gedagtes te koester en gelukkig te wees nie! Julle is onder
verdowing, julle verkeer onder 'n illusie! Julle is onder verstandbeheer, julle
is onder verstandmanipulasie! Julle vul die offersakke tot oorlopends toe, en
hoop die rykdom op van iemand wie homself (Elisabeth [Elisheva] begin probleme
ondervind om te praat. Die duiwel wil nie hê sy moet praat nie en val haar
stembande aan) as 'n keiser beskou.
Joel Osteen, en EK praat met al die pastore wie in sy voetspore volg, EK gaan
die goue kalf reg voor julle oë van julle af wegruk! Julle sal die vloeke van
Deut 28 soos 'n tweede vel dra, want julle het die mense mislei. Die blindes lei
die blindes. Julle het hul oë op die rykdom van hierdie wêreld gefokus sodat
hulle nie die armoede in hul eie siele sal raaksien nie!
Wees bemoedig MY kosbare Bruid. Julle gaan sien hoe hierdie vyande val. EK
waarsku julle MY kosbare Bruid, julle grootste vyande sal in julle eie
huishouding gevind word. Hulle wie nie hul lewens en hulle liefde aan my
oorgegee het nie, hulle wie MY nie eerste in hul lewens en hul liefde plaas nie,
hulle wie weier om die Waarhede in die Heilige Skrifte te glo, hulle wie weier
om te erken dat daar net een weg na die Hemel is, deur MY Naam en gestorte
Bloed, hulle wie weier om te glo daar is 'n hel om te betaal vir die gevolge van
onbelyde sonde .
Julle grootste vyand sal in julle eie huishouding gevind word, want dit is hulle
wat die meeste pyn kan toedien. Dit is hoekom EK MY skeidingswaard bring! Dit is
niks nuuts nie. Lees die Woord. EK beskerm julle want daar kom 'n dag en dit is
net 'n kwessie van tyd, dat diegene na wie julle opsien as julle geliefdes,
julle sal verraai, julle aan die geregshowe van die land sal offer, aan die
beloning op julle koppe gehoor sal gee wanneer hulle vra, "Waar is hulle?"
Dit is hoekom EK dit nou vir julle sê, wees voorbereid want Bruid voordat EK
julle huis toe neem na die Hemel, voordat julle weggeraap word saam met MY, gaan
EK julle moet leer hoe om te hardloop en weg te kruip, hoe om weg te kruip vir
die oë van die vyande, maar dit is in orde, MY geliefdes, want dit is net 'n
kwessie van tyd.
Hou styf vas aan die soom van MY kleed. Moenie laat los nie. Terwyl julle in
julle Sukkhas slaap, onthou dan dat dit net 'n tydelike tabernakel is, net soos
hierdie sterflike vlees 'n tydelike tabernakel is. En net soos wat EK julle
veilig bewaar in julle Sukkhas, hoeveel te meer sal EK vir julle doen terwyl
julle MY op die Heilige Feeste eer, terwyl julle die feesdae van hierdie wêreld
vermy, terwyl julle aan MY vasklou soos aan 'n Geliefde wie se omhelsing julle
nie wil verlaat nie, hoeveel te meer sal EK julle vashou? Hoeveel meer sal EK
julle liefkoos?
(Elisabeth [Elisheva] sê, "Oe, ek wil net sê, die Salwing is so intens!")
O, hoe lief het EK julle. Soos wat julle daarna verlang dat EK moet kom, hoeveel
te meer verlang EK om na julle toe te kom! Ek vang elke traandruppel van julle
op. Die flessies word hier in die Hemel gestoor en wanneer julle na MY uitroep
omdat julle vervolg word, vang EK elke traandruppel van julle op! Goue flessies
wat met juwele omhul is en julle het elkeen 'n verskillende een. Elkeen het 'n
ander skoonheid. Dit hang af van die lyding wat julle namens MY gely het, hoe
gewillig julle was om vervolg te word en allerhande bose name genoem is, hoeveel
julle gely het en gewillig was om dit tot MY Eer te doen. Dit is hoe lieflik
julle flessie is. Hoeveel julle vir MY opgeoffer het. Hoe die van julle julle
'weduwee se laaste bydrae' (widow's last mite) vir hierdie Bediening gegee het,
verstaan julle nie? Niks was gemors nie.
Vir hulle wie opgeoffer en opgestaan het vir moraliteit, julle lê julle lewens
neer om die ongebore kind te beskerm. Julle was gewillig om verneder te word en
in die tronk gegooi te word om teen aborsie, gelyke geslag huwelike te
protesteer. Op soveel verskillende maniere, afhangende van waar julle in die
wêreld is. Sommige was mishandel; sommige was gemartel; sommige was toegesluit.
O MY geliefdes! Afhangende van die vervolging, afhangende van die lyding wat
julle moes ly, dit is die beskrywing van julle lieflike flessie wat julle trane
bevat wat soos 'n soete geur in MY neusgate opkom en EK omhels daardie flessies
liefdevol want EK weet watter prys julle terwille van MY betaal! En MY lieflste
Bruid, dit gaan nie makliker raak nie! (YAHUSHUA huil deur Elisabeth
[Elisheva]). Want satan haat julle so! Hy haat julle! Hy haat julle! Want MY lof
is voortdurend in julle mond! Hy sê woedend, "Prys my! Aanbid my!" Maar in plaas
daarvan sê julle, "Ons bestraf jou satan! Gaan weg! Die gestorte Bloed van
YAHUSHUA is teen jou!" En hy krimp ineen en hy hardloop!
EK het vir julle ons Gewyde Name geleer. EK het vir julle die belangrikheid van
die Heilige Feeste gewys. EK het vir julle gesê om op te staan vir Heiligheid en
nooit ‘n kompromie aan te gaan deur te doen wat julle weet verkeerd is nie!
Julle treur en julle huil wanneer EK julle families skei, wanneer EK 'n man
beveel om van 'n vrou te skei of 'n vrou om van 'n man te skei. Moenie hierdie
Profeet haat wat hier praat nie, want sy praat niks wat nie in MY Heilige Woord
is nie. Die Heilige Woord sê, "Moenie ongelyk gekoppel wees nie". Hierdie is die
Eindtyd.
(2 Kor 6:14) (Mattheus 10:34 Handel oor swaard wat skeiding bring.)
Dit is net 'n kwessie van tyd.....
Alles wat deur hierdie Bediening geprofeteer was, sal gebeur!
Die gevalle engele gaan opstaan. Die gevalle engele sal sê "Moenie langer in
hierdie Bybel glo nie, dit is verouderd! (passé) Dit is net 'n boek vol
feëverhale! Hierdie is die 'Moderne eeu'.' Homoseksualiteit en gelyke
geslaghuwelike ..... hulle sal skree hulle is reg om die ongebore baba in die
moederskoot dood te maak.
Die politieke leiers wie se harte satan oorlopens toe gevul het, sal te kere
gaan en skree, "Julle wie in hierdie YAHUSHUA glo, julle koppe sal rol!"
Dit is net 'n kwessie van tyd.
En nou praat EK nie met die Bruid nie. EK praat met hulle wie die Gaste by die
Huweliksmaal van die LAM sal wees. Julle moet gewillig wees om julle lewe neer
te lê vir MY. Julle sal in die Groot Verdrukking wees. Vir julle wie sê, "Dit is
te moeilik, te hard om te lewe, om Heilig te wees, ek sal dit in die Groot
Verdrukking regkry." EK wil vir julle dit sê, as julle dit nie nou kan doen nie
en daar was tot dusver geen opoffering wat julle moes maak nie, julle was nie
gesê om julle lewe neer te lê nie, om julle kop onder die guillotien te plaas
nie, wat laat julle dink julle kan dit dan doen as julle dit nie eers nou kan
doen nie? Wat laat julle dink dat julle dan meer geloof sal hê wanneer julle
hongersnood en dood en verwoesting en onbegryplike euwels rondom julle sien
gebeur? Wanneer julle deur paaie vol bloed moet strompel? Wat laat julle dink
dat julle dan meer geloof sal hê? Nou kos dit julle niks anders as om 'n
“Bybelstamper” (Bible thumper) genoem te word nie.
En EK praat nie nou met die lande waar dit julle baie meer kos nie, EK praat met
die oorgrote meerderheid op hierdie aarde waar hulle gesê het, 'O, dit is vir my
te moeilik om Heilig te lewe! O, die duiwel versoek my so met pornografie! O, ek
kan nie die sigarette op die altaar neerlê nie! O, ek kan nie die drinkgoed
neerlê nie! O, dit is te hard om Heilig te lewe! Ek kan nie die vloekwoorde keer
wat uit my mond kom nie! Ek kan nie Heilig lewe nie! Bid vir my, ek kan nie
Heilig lewe nie!" Wat laat julle dink dit gaan dan makliker wees?
(Fil 4:13 Ek is tot alles instaat deur YAHUSHUA wie my krag gee)
Nou, is julle mae vol! Nou, is julle tonge is nie uitgedroog van dors nie!
(YAHUSHUA huil deur Elisabeth [Elisheva].) En nogtans kan julle MY nie nou Loof
nie? Wat laat julle dink dat dit dan makliker gaan wees?
Julle spot Profete soos hierdie! Julle sê, "Moenie dit waag om van die hel en
die gevolge van sonde te praat nie!" Julle spot Bedieninge soos hierdie ! Julle
sê, "Julle is niks anders as wanhoop (‘doom and gloom’) nie." EK sal vir julle
wanhoop wys!
En nou praat EK met die vyande van hierdie Bediening en hulle wie (on)heiligheid
verkondig. EK sal vir julle wanhoop wys. EK sal vir julle wys wat dors is. EK
sal vir julle wys wat honger is! Diegene wie hulle oë op die Goue Kalf van
hierdie wêreld vestig, EK sal vir julle wys wat honger is! Julle sal julle eie
tonge weens honger kou! Julle wie so ryk en magtig is, julle vertrap en trap op
diegene wie nie in julle inkomstegroep val nie, EK sal vir julle wys. EK sal vir
julle wys wat gebeur met daardie Goue Kalf. EK sal vir julle wys!
Kyk, EK was net eenmaal daardie geslagte LAM. EK het die vyand toegelaat om MY
gesig te slaan. Maar dit was net eenmaal! EK het die doringkroon gedra! EK het
die vernedering van hierdie wêreld verdra! Maar dit was net eenmaal..... EK het
aan daardie Kruis gehang! EK was onherkenbaar geslaan! EK het gedors na julle!
EK het dors gehad vir julle ongeregtighede! EK was honger vir julle! EK was
gespot en EK was verag! Dit (Sukkot) is die tyd van MY geboorte op hierdie
aarde! En hoe min het dit eers erken! Hulle sal 'n heidense vakansiedag vat wat
toegewy is aan 'n ander heiden (Koning Nimrod) wat direk uit die put van die hel
is en hulle gee vir MY daardie verjaarsdag? Maar hoe min eer MY in hierdie tyd
van Sukkot? Hoe min eer die prys wat EK betaal het?...
O, maar EK het my getroue Bruid. EK het die prys betaal, maar dit was slegs
eenmaal! EK moes slegs eenmaal sterf! En geen mens het MY lewe geneem nie! Dit
was EK en net EK, YAHUSHUA wat gesê het dit is volbring! En dit was MY tyd! EK
het nie op 'n mens se tyd gesterf nie! EK het nie op 'n mens se tyd opgestaan
nie! EK het in YAHUVEH se tyd opgestaan!
So, EK sê vir julle dit, O vyande van MY, julle wie hierdie lasterlike leuens
oor hierdie Profeet en Bediening skryf, dit is net 'n kwessie van tyd, EK gaan
op julle trap! EK het julle vervloek net so seker as wat EK die vyeboom vervloek
het wat nie vrugte gedra het nie! Dit is net 'n kwessie van tyd! So, gaan voort
en gooi julle towerkragte. Gaan voort en probeer die Profeet wat hier praat,
vernietig. Julle sien, EK sal haar net keer op keer oprig! En sy sal net terug
kom en weer MY Woorde uitspreek. Julle kan nie haar lewe neem nie! Dit behoort
nie aan julle nie! satan het geen deel aan hierdie Bediening nie! Gaan voort en
gooi hierdie Bediening omver! Beskuldig haar dat sy "te Heilig" is, "te
regverdig". Gaan voort en bespot hierdie Bediening wat sê julle moet die Tien
Gebooie gehoorsaam en Heiligheid lewe soos wat YAH Heilig is. Gaan voort en
spot...
EK het die Farisieërs gespot. EK het hulle "slange" genoem en EK het hulle
"adders" genoem. EK het gesê hulle is net geskik vir die hel! En nou sê EK
dieselfde vir julle!
Dit is net 'n kwessie van tyd!
EN die hel en die poel van vuur sal julle siele eis. Julle het een kans; dit is
nadat julle hierdie Boodskap gehoor het. Sal julle bekeer? En die van julle wat
bid en julle sê daar is net een Naam en SY Naam is J-E-S-U-S, JESUS, EK het
nooit gesê daar is in hierdie tyd geen krag in daardie Naam nie. In hierdie
Profetiese Boodskappe het EK weer en weer gepraat en gesê daar is vergifnis,
genesing, verlossende krag in die Naam van JESUS CHRISTUS.
Maar dit is net 'n kwessie van tyd en wanneer die Groot Verdrukking aanbreek en
die man van verderf daar staan, Judas het weereens teruggekeer, sal hy alles wat
Heilig is bespot. Hy sal sê hy is "Jesus Christus". Hy sal die Naam van YAHUSHUA
vermy want die Naam van YAH is in daardie Naam. Wat sal julle dan doen! Want
wanneer julle in die naam van Jesus Christus bid en hy sy hand opsteek en hy sê,
"Hier is ek", wat sal julle dan doen?
Want julle weier om MY Hebreeuse Naam te gebruik! Julle sê, "Enige naam sal
doen". En dan praat EK met diegene wat aanhou sê "Yeshua", EK het oor en oor
gesê "YAH" is in MY Naam. YAHUVEH is MY VADER. EK is SY Eniggebore SEUN. EK het
vir julle gesê EK gee nie om of julle YAHUVEH of YAHWEH sê nie, maar laat ons
dit nie nou tot die uiterste neem nie, want enige naam sal nie deug nie.
O die haatlike, haatlike, haatlike, haatlike briewe, hoe durf julle, hoe durf
sommige van julle julself MYNE noem? Wanneer julle hierdie Boodskap hoor, beter
julle op julle aangesigte neerval voor MY. Julle beter bekeer en julle beter 'n
brief aan hierdie Bediening skryf en probeer om die wonde te versag wat julle
toegedien het omdat sy durf waag om oor die hel te waarsku, omdat hierdie
Bediening van Heiligheid preek, omdat hierdie Bediening oor die gevolge van
sonde waarsku, omdat hierdie Bediening die toekoms vooruit profeteer.
Wat dink julle is 'n Profeet? En vir hulle wie lag en spot en sê, "Daar is nie
soiets soos Profesieë nie;" "Daar is nie meer sulke goed soos Profete nie," wat
sal julle met MY Heilige Skrifte doen? Besef julle nie dat EK die GEES VAN
PROFESIE is nie! Wat sal julle met MY Heilige Skrifte doen?! EK is PROFEET VAN
DIE PROFETE! EK is PROFESIE! Die Profete het geprofeteer dat EK sou kom! As daar
nie soiets soos Profete was nie wat gaan julle met die boek van Openbarings
doen! Hoe dwaas, hoe dwaas, hoe dwaas is so baie van julle, want Johannes die
Openbaarder het geprofeteer wat gaan kom.
Openb. 1:1
dat dit "Die openbaring van Yahushua ha Mashiach is, wat Yahuveh aan hom gegee
het om Sy diensknegte te wys wat gou moet gebeur.
Openb. 1:1-2
Die openbaring van Yahushua ha Mashiach..... Hy het dit bekend gemaak deur sy
engel na sy kneg Johannes te stuur, wie van alles getuig wat hy gesien het --
wat die woord van Yah en die getuienis van Yahushua ha Mashiach is.
Openb. 19:10
Want die getuienis van Yahushua ha Mashiach is die gees van profesie." En die
profesie wat Yahushua ha Mashiach aan ons gegee het is die boek van Openbaring:
Openb. 22:16
"EK, Yahushua het my engel gestuur om vir jou hierdie getuienis te gee om aan
die gemeentes oor te dra.
Ellende wag op hulle wie nie waardig gevind word om die Groot Verdrukking te
ontvlug nie! Ellende! Ellende! Ellende! Ellende! Ellende wag op hulle wie nie
waardig geag word om die Groot Verdrukking te ontvlug nie! Julle weet nie wat
julle gedoen het nie. Julle weet nie wat julle gedoen het nie! Maar dan sal
julle. Sommige sal die Gaste wees. Ag, hoe baie het julle hierdie Bediening
gehaat! Julle sal in daardie tyd huil en julle sal bely vir die gees van
verwoesting wat julle gestuur het. O, julle sal bely, maar dit gaan julle jul
lewe kos. En julle gaan Elisabeth [Elisheva] in die oë moet kyk in die Hemel en
julle sal moet erken hoe lief EK haar het. En julle sal haar bedank vir die prys
wat sy betaal het. En almal wat wat hierdie Waarheid verkondig. Julle sal almal
vir wie julle gespot en verag het in die oë kyk en hulle om verskoning vra.
Dit is net 'n kwessie van tyd. Dit is net 'n kwessie van tyd…
Dit is net 'n kwessie van tyd dat die reuse uit die lug sal val. (YAHUSHUA huil
dwarsdeur hierdie laaste gedeelte).
O!, satan spot en hy sê, "Die ruimteskip sal op hierdie datum kom." Hy spot
wetende dat dit MY tyd is en nie syne nie. En die reuse sal uit die lug val.
EK laat nie toe dat enige droom op hierdie Bediening geplaas word nie. Hierdie
is Heilige Intersessors. En EK het vir hulle drome na drome gegee wat vooruit
waarsku oor wat uit die lug sal kom, wanneer die mens na die lug sal kyk en
hulle harte sal beswyk weens vrees. Julle het geen idee nie! Julle het geen idee
wat hierheen gestuur word nie! So, wanneer julle leuens hoor wat uitgespreek
word, godslasterlike leuens wat teen hierdie Profeet en hierdie Bediening
gespreek word, onderskei die vrug waarvandaan dit kom en julle sal sien dat EK
dit vervloek het.
Hierdie Bediening lê alles neer, elke finansie, offer na offer op maniere wat
julle nie kan begin om te verstaan nie, net om iedere siel te bereik op maniere
wat niemand van julle sal weet nie. Hoeveel van julle het gehelp? Hoeveel van
julle het selfs 'n weduweesbydrae (widow's mite) gegee? Hoeveel kan sê hulle is
deel van hierdie Bediening? Hoeveel van julle kom selfs terug en sê "Dankie"?
Dit is nie anders toe EK tien melaatses genees het en net een teruggekom het om
"Dankie" te sê nie. Julle sien, wanneer EK vir julle sê om hierdie Bediening te
ondersteun sodat dit kan voortgaan om te doen wat EK dit geroep het om te doen,
doen EK dit nie net om hulle te seën nie, EK doen dit omdat EK julle wil seën!
Julle wat nou hier lees, julle wie luister, julle moes niks opoffer nie, julle
moes nie 'n prys betaal nie, want met elke Profesie wat deur Elisabeth
[Elisheva] gespreek word, is daar 'n prys om te betaal, want hoe groter die
Salwing hoe groter is die prys wat betaal word. Ware Profete weet wat lyding is.
Die Lammers word ter slagting gelei. Die Slagpale sal die Sondag kerke wees. In
die Groot Verdrukking sal hierdie die Slagpale wees. Martelare sal soos
nagmaalbrood gevoer word. Die wyn in hul glase sal die bloed van die martelare
wees. EK het julle gewaarsku wat die Merk van die Dier is. Die Waarheid is hier.
Hoeveel van julle sal julle ore toedruk? Hoeveel van julle sal julle oë bedek?
Hoeveel van julle sal sê, "Ek wil dit nie hoor nie?"
Maar, EK praat nou met die Gaste. Die Groot Verdrukking is op die horison. Julle
staan op die rand van die kloof. En julle sal daar wees. En dit is net 'n
kwessie van tyd. Dan praat EK met die Gaste. Julle beter nou julle geloof baie
fyn instel, want as julle nie nou genoeg geloof het om MY in die klein
dingetjies te vertrou nie, hoe kan julle my in die Groot Verdrukking vir groter
dinge vertrou? Sal julle die geloof hê om vir 'n klip in MY Naam te sê dit is
brood? Vir hulle wat EK wegsteek en vir hulle vir wie EK voorsien, sal dit soos
manna wees, soos doudruppels op die gras in julle agterplase. Maar slegs julle
oë sal aanskou en dit is net as julle geloof het en in MY glo. Julle beter julle
geloof nou fyn instel. Anders gaan julle geloof net genoeg wees om julle lewe te
gee.
Openb. 14:12
Hier verg dit geduldige lydsaamheid van die heiliges wie Yahuveh se gebooie
gehoorsaam en getrou bly aan Yahushua ha Mashiach.
Openb. 12:17
Toe het die draak weggegaan om oorlog teen die oorblyfsel te maak, hulle wie
Yahuveh se gebooie gehoorsaam en die getuienis van Yahushua ha Mashiach hou.
Dit is net 'n kwessie van tyd.
Dit is net hulle wie nou na MY uitroep wat beskerm word teen die
Verstandbeheergolwe wat in die lug is. Hulle beheer julle verstand deur die
water en deur die kos wat julle eet. Hulle plant die skyfies wanneer julle dit
die minste verwag, om julle soos 'n hond te volg om presies te weet waar julle
is. As dit nou so sleg is, kan julle dink hoe dit in die Groot Verdrukking sal
wees?
Dit is net 'n kwessie van tyd.
Maar aan My Bruid, aan MY kosbare, kosbare Bruid, EK het vir julle die
tronktralies gewys. EK het vir julle gewys hoe hulle dink hulle julle in 5
verskillende maniere gaan toesluit en EK het vir julle die visioen gewys toe EK
die tralies wegneem, en julle daar sal staan, julle wie MY Vyf Wyse Maagde
verteenwoordig, julle BRUIDEGOM kom! Julle BRUIDEGOM kom! En EK bring MY
belonings saam met MY! En EK bemin elkeen van julle liefdevol!. Julle BRUIDEGOM
kom!
Hou styf vas aan die soom van MY kleed! Moenie, moenie deur die oë van die vlees
kyk nie! Kyk deur die oë van julle kosbare RUACH HA KODESH, julle IMMAYAH! Kyk
deur die oë van julle MOEDER WYSHEID! Bid vir meer Wysheid! Bid vir meer Wyshied
want julle het dit nou nodig! En o, julle wie die Gaste is, bid vir meer
Wysheid! Bid vir groter onderskeiding want julle het dit nie net nou nodig nie,
julle gaan dit nodig hê in die tyd van Jakob se Benoudheid (Jer 30:7). Julle
gaan dit nodig kry in die Groot Verdrukking wanneer 'n blote mens aanbid en
vereer gaan word! O, die wêreld het nou hulle afgode. Julle noem hulle
rolprentsterre of bose demoniese politici, maar EK vertel vir julle dit, daar
kom 'n man wie die seun van die verderf gaan wees, die werklike seun van satan.
Pasop! Julle is gewaarsku! Wees gewaarsku! Wees versigtig! Wees baie versigtig!
Wees op julle hoede! As hulle wie julle dink julle kan vertrou nie vol van MY
GEES is nie, as hulle nie hul knie voor MY gebuig het nie, as hulle nie
gehoorsaam voor MY lewe nie, as hulle hart nou gevul is met opstandigheid, dink
net hoeveel erger dit sal wees. Julle is gewaarsku!
Julle kla omdat EK huwelike opbreek, maar dit is huwelike wat EK nooit georden
het nie. Dit was julle vlees wat julle saamgevoeg het. En vir die veiligheid,
vir die veiligheid van MY Bruid, vir die veiligheid van selfs die Gaste, vat EK
MY skeidingswaard en EK skei moeder en vader en kinders, hulle wat hulself mans
en vrouens noem, susters en broers, lede van die familie en vriende, EK skei
hulle wie ongelyk gekoppel is in besigheide, op alle maniere. Julle kan net dié
vertrou wie MY Naam aanroep.
Dit is net 'n kwessie van tyd. Dit is net 'n kwessie van tyd.
EK sal MY Bruid bymekaar maak, beide Openb. 7 en 14, o julle sal aan MY sy wees,
maar verberg julleself nog vir 'n klein tydjie. Verberg julleself vir 'n klein
tydjie totdat MY toorn oorgaan. Want YAHUVEH sal nie aanhoudend gespot word nie.
Dit is net 'n kwessie van tyd.
En dink aan die belonings wat julle sal verdien het en dit alles sal verbygaan
en julle sal weet dit was alles die moeite werd, watter lyding julle ookal
bestem was om te ly, doen dit net asof vir MY. Wanneer julle om MY Naam ontwil
vervolg word, besef dat hulle MY in julle sien.
Dit is net 'n kwessie van tyd.
En julle sal sien MY Liefde vir julle is so 'n werklikheid. So, neem MY
Genade(Grace) en neem MY Goedertierenheid (Mercy). Neem MY hand. Laat EK julle
omhels! O, hoe baie dank EK julle dat julle MYNE is, dat julle gewillig is om
die prys te betaal om YAHUSHUA HA MASHIACH se Bruid genoem te word.
Einde van Woord
Gegee deur Apostel Elisabeth Elijah (Elisheva Eliyahu)
Sukkot 17 October 2008
Elisabeth [Elisheva]: Dit is al wat EK hoor. Ek dank U vir hierdie eer, geliefde
YAHUSHUA dat U deur hierdie lippe van klei gespreek het en ek is net 'n
spreekbuis vir U en ek bid dat ek elke Woord gehoor het net soos wat U dit
gespreek wil hê. Ons dank U vir hierdie Boodskap van Sukkot 2008. Ons dank U vir
hierdie eer. Ons bid dat dit beide die Bruid en die Gaste sal bemoedig en ons
bid dat dit vrees in die vyande sal veroorsaak. Ons dank U. Ons prys U. Ons
aanbid U. Ek weet dat ek gebruik word om sommige aanstoot te gee, ok, baie
aanstoot gee en sommige verlig, maar dit is tot U Eer en U Eer alleen. Dank U
Geliefde YAHUSHUA. Dank U. Dank U. Dank U. En die GEES en die Bruid van YAHUSHUA
ons MASHIACH sê, "Kom! O kom! YAHUSHUA, kom asseblief! Kom gou! Ons wag vir U!
En tog weet ons dit is net 'n kwessie van tyd. Dit is dit.
Oor en uit. Ek het twee gevoellose hande! Voel enigiemand anders dit?
Nota: Toe hierdie Woord gegee was, het Elisabeth (Elisheva) se hande gevoelloos
geraak! Wanneer YAHUSHUA SY stem verskeie kere verhef het, het Elisabeth
(Elisheva) gesê dit was asof 'n Krag van Bo soos 'n stamp in haar liggaam
gestuur is! Haar liggaam het letterlik gespring toe dit voorgekom het! En sy het
energie gevoel na hierdie Woord ontvang is. Maar die Salwing was so strerk, ons
het deur twee stelle batterye gegaan om hierdie Woord op te neem en daarna te
luister! Die Salwing speel vinnig klaar met batterye se krag!
Openb. 6:9:
Ek het onder die altaar die siele gesien van die wat gedood is ter wille van die
woord van Yahushua en die getuienis wat hulle gehad het...
Die Man van Wetteloosheid
1. Aangaande die koms van ons Yahushua ha Mashiach en ons wat bymekaar gemaak
gaan word vir hom, vra ons julle, broeders, 2: Moenie maklik verward of verskrik
raak deur enige profesie, verslag of brief wat veronderstel is om van ons af te
kom , wat sê die dag van die Here het alreeds gekom nie. 3. Moenie laat
enigiemand julle op enige manier mislei nie, want (daardie dag sal nie aanbreek
nie) totdat die opstandigheid voorkom en die man van wetteloosheid geopenbaar
is, die man bestem vir vernietiging. 4. Die teëstander wat hom verhef bo al wat
God genoem word of voorwerp van aanbidding is, sodat hy in die tempel van God as
God sal sit en voorgee dat hy God is.
Is die man van wetteloosheid die letterlike seun van satan, op die punt op
geopenbaar te word? Sal die mense van hierdie aarde hom as hulle God kies? Sal
hy eers verkies word en dan later sy eis dat hy God is, aankondig en vereis dat
hy aanbid word? Die goddeloses sal neerbuig en hom as hulle Messias aanbid, maar
niemand sal dit doen tensy hulle name nie in die Boek van die Lewe opgeskrywe is
nie, wie voor die grondlegging van die wêreld opgeskryf is nie. Moenie bang wees
nie, julle kan nie per ongeluk die Merk van die Dier neem nie. Net die wie
Yahushua ha Mashiach ontken sal die een aabid wat die anti-christ genoem word.
Hieronder is die Profesie soos dit voortgekom het
—met Profeet Elisheva se “Heilige tale,” soos GOD SE GEES uiting gee (Hand
2:3-4) van hemelse of aardse tale (1 Ko 13:1). Elisheva spreek voort in tale wat
Profesie bring (1 Ko 14:6).
Ons gebruik die HEBREEUSE NAME van GOD:
YAH/YAHU is die HEILIGE, GEWYDE NAAM van GOD soos in “Alleluia” of “Hallelu YAH”
Wat letterlik beteken: “Prys YAH,” YAHUVEH/YAHWEH, GOD DIE VADER
YAHUSHUA/YAHSHUA, GOD SE ENIGSTE GEBORE SEUN (HA MASHIACH beteken Die MESSIAS;
ELOHIM beteken GOD. Die Openbaring van “SH’KHINYAH GLORY” – as die PERSOONLIKE
NAAM van die RUACH HA KODESH (In Afrikaans genoem “Die HEILIGE GEES”)-is ook op
hierdie webwerf. (HA SH’KHINAH {SHEKINAH} is Hebreeus vir GOD VERTOEF, HEILIGE
TEENWOORDIGHEID)
Addisioneel, ABBA YAH beteken “VADER YAH” en IMMAYAH beteken “MOEDER YAH.” In
Hebreeus is die GEES VAN GOD vroulik, verwys na as “SY,” en word so vervat in
die Profesie en Skriftuurlike voetnotas onder-aan. Alle direkte verwysings na
GOD is hoofletters.
(Skrifaanhalings vanuit: Woord en Getuienis bybel vertaling, behalwe wanneer
anders aangedui)
* * * * * * *
YAHUVEH se Waarskuwing voor die Profesieë:
Elisabeth (Elisheva) EK het jou lank gelede gewaarsku om nie hierdie Bediening
na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK
het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks
hiervan het uit jou mond voortgekom nie.
Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA
jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou
IMMAYAH geboorte gegee.
As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het.
Dit is deur die SHKHINYAH GLORIE se WIND wat oor hierdie aarde waai, die Heilige
Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk het.
“EK IS YAHVEH, dit is MY NAAM; en MY EER sal EK aan geen ander gee, of ook MY
LOF aan die gesnede beelde nie”. (Jes 42:8)
In Julie 2010, het YAHUVEH GOD gesê hierdie moet bygevoeg word om hulle te
waarsku wie spot:
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY
Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat
daar geen genesing meer was nie.” 2 Kronieke 36:16
Profesie 148
Hierdie was opgeneem deur bandopnemer. Hier is die oorskrywing.
Elisheva: Hierdie prent wat julle sien is die een en enigste, oorspronklike olie
skildery wat ek gesien het in ‘n visioen.
Profesie Begin:
YAHUSHUA SE Trane van BLOED wat HY ween—HY ween vir Israel; HY ween vir diegene
wie sê hulle is SYNE, en tog sal HY vir hulle sê, ‘Gaan weg van MY, julle
werkers van ongeregtigheid, want EK het julle nooit geken nie’ (Mt 7:23). HY
ween vir wat gedoen moet word in die Groot Verdrukking! HY ween Trane van BLOED.
En julle sien die Heilige engele, Aartsengel Michael—hy kom op daar met sy
swaard om oorlog te maak.
Elisheva: Sien julle die prent agter dit? Alles daar het ek gesien in ‘n visoen,
en selfs die horlosie daar. O! Dis sekondes voor die middernag uur. YAHUSHUA kom
in die middernag uur. En laat NIEMAND jou vertel dat dit op ‘n sekere datum gaan
wees nie.
Want YAHUSHUA SELF—die VADER het HOM nog nie vertel om die Bruid te gaan haal
nie. Ons ken die seisoen (Mk 13:28-29; 1 Th 5:2-4; Rev 3:3) omdat dit [ook] in
‘n Profesie was [76].
Profesie Gaan voort:
En selfs die Jode weet—en hulle vier Rosh HaShanah. En Rosh HaShanah is die
datum van Skepping. Leer die Heilige feeste te ken. Maar pasop! Bly weg van
enigiets anders as die bybelse Skrifte, bly weg! Behalwe as jy weet daardie
sogenaamde “Verlore Boeke” is waarlik gerugsteun deur Skrif.
Elisheva: En jy kan hulle vertrou wat by AmightyWind.com is. Want ek het hulle
gelees en jy kan 1 Enoch en 2 Enoch vertrou, maar [sogenaamde] “3 Enoch” is
reguit vanaf die duiwel.
Moenie ‘n woord glo wat in die boek is wat normaalweg “3 Enoch” genoem is nie!
Moenie enigeen toelaat om dit aan jou te leer nie! En moet NOOIT dink dat jy ‘n
god is nie! Ons is—wie gered is deur die NAAM & BLOED VAN YAHUSHUA—die Bybel sê
dat ons skaars gered is (1 Pt 4:18). En watter kans het enigeen, wie nie die
BLOED VAN YAHUSHUA het nie? Hulle skoon te was! Met SY HEILIGE SUIWER BLOED
OFFER wat ABBA YAHUVEH genoem [het] DIE PERFEKTE OPOFFERENDE LAM!
Profesie Gaan Voort:
Want sonder die storting van bloed, is daar geen vergifnis van sonde nie (Heb
9:22; Lv 17:11).
O Israel, waar is jou bloed offer? Daardie is in ‘n profesie [63]. O Israel! Die
een wie sal kom, en sit in daardie Derde Tempel, sal die seun van satan wees.
Neem ‘n waarskuwing. Neem nou ‘n waarskuwing mense!
Moet nooit die merk van die dier aanvaar nie!
YAHUSHUA ween! HY ween vir al die lafaards wie dit gaan doen [daardie merk gaan
aanvaar], maar julle name is nie geskryf gevind in die LAM SE Boek van Lewe nie.
Want YAHUSHUA sê HY kan nie een verloor nie. HY sal die 99 regverdiges los—wie
SY gebooie volg, HOM aanbid—om te gaan en te soek vir daardie klein verlore
swart lammetjie wat weggedwaal het (Lk 15:3-7). Julle hou aan om te dwaal in die
weiveld van die duiwel. Julle hou aan gaan na die wolwe se lêplek.
Elisheva: En nou waag jy dit om jouself ‘n god te noem? Hierdie is kabbalah,
waarvan ek nou praat.
Pasop! Paspop vir hierdie donker mistiek! Wees versigtig vir enigeen wie jou
vertel daar is enige ander god as DIE HEILIGE DRIE EENHEID wat ek nou net genoem
het. Hierdie is in die Heilige Skrifte. Hierdie is in die Tanakh. Hierdie is in
die Torah. En natuurlik, is dit in die Nuwe Testament. Dit is oral deur die
Heilige Skrifte. O mense!
Ek weet miljoene het na YAHUSHUA toe gekom, (omdat HY vir my vertel het, om
geboorte te gee aan hierdie Bediening aanlyn, meer as 25 jaar gelede) […] Ani
ohevet—! Ani ohevet—! Aan almal wie hierdie Bediening aanvaar en vir my en
diegene wat my help arbei in hierdie oesland, om siele na YAHUSHUA te bring,
sodat ons—mekaar kan ontmoet—in die Hemel!
Meer as dit. Dis vir die redding van jou siel, maar onthou net, vir diegene wat
in die Hemel kom, skree my naam uit, ek sal aangehardloop kom. Ek sal jou die
grootste drukkie gee en ons sal verheug wees. Ons sal verheug wees want die werk
op aarde was uiteindelik klaar en ons sal verheug wees vir alle ewigheid! Vir
die PRYS wat YAHUSHUA HA MASHIACH gegee het met SY EIE LEWE!
HY was gemartel in ons plek. HY was gekruisig in ons plek. En YAHUSHUA het my ‘n
openbaring gegee. Dis in ‘n Profesie wat binnekort gaan kom. En in daardie 3 ure
wat HY so verskriklik gely het (en HY was gespot en op gespoeg, en asyn was vir
HOM aangebied vir sy Lippe toe HY dors was), het HY elke naam gesien voor sy oë
verby flits wat ek nie eens kan beskryf nie—want slegs GOD SELF kon dit doen;
slegs YAHUSHUA SELF kon dit doen—maar elke naam wat geskryf is in die LAMB SE
Boek van Lewe.
Profesie Gaan Voort:
Hierdie BLOED is vir jou! Hierdie BLOED is vir jou! Hierdie BLOED is vir jou! En
vir elkeen wie dit verwerp het, HY HET jou gesien in die Boek van die Verdoemdes
en die Boek van die Uitgewistes, geweet dat nie eens die OFFER wat HY gegee het
sou waardeer geword het nie. Inteendeel SY NAAM sou verdoem gewees het [d.i.
vervloek] of hulle sal hulself ‘n “god” noem, of hulle sou YAHUSHUA ontken en
HOM net gebruik as —vir ‘n vloekwoord.
Daardie prent daar, “One Minute to Midnight”—YAHUSHUA ween Trane van BLOED soos
HY gedoen het in die Tuin van Gethsemane (Lk 22:44). Onthou jy dit? Dit is wat
hierdie prent verteenwoordig.
Elisheva: Wanneer jy ‘n kopie daarvan sien op—my verworpene vyande [van die]
muur van skaamte—en jy sien dit op hulle webwerf of op hulle YouTube kanaal:
Hulle het nie my toestemming om die prent van IMMAYAH te gebruik nie; hulle het
nie my toestemming om die “One Minute to Midnight” skildery te gebruik nie.
Hierdie wys dat die duiwel kom om te steel, dood te maak en te verwoes (Jn
10:10). En wanneer jy die prent sien as dat hulle nie deel is van AmightyWind
Bediening nie, en hulle is my vyand en die vyand van alles wat Heilig is—en
slegs die Heiliges is deel van AmightyWind Bediening—sal jy weet dat hulle
misleiers is, hulle is ‘n misleier.
Hulle probeer voorgee dat hulle Heilig is, en hulle is NIE. Julle kan alreeds
gaan na die verworpenes se muur van skaamte. [Sien dit by AmightyWind.com.] En
weet net dit. Hulle doen net wat ek gesê het, om die skape en lammers te verwar:
“O ek het daardie prent tevore gesien—o, hierdie mense, hulle moet Christen wees…”
Wel hulle het eenmaal “doeke verlossing” gehad, maar dit was nie goed genoeg nie.
Hulle het hul lewens vir satan gegee en hulle het hulle siele vir satan gegee,
en die bewys daarvan is op die “Verworpenes se Muur van Skaamte.” En weereens…
Profesie Gaan Voort:
YAHUSHUA SELF het gesê mense wil alleenlik onderrig oor SY liefde, SY genade, SY
vergifnis, SY helende krag, opstandings krag, vergewens krag, maar almal wil
vergeet, HY het meer oor die hel gewaarsku as wat hy oor die Hemel gepraat het,
en hoeveel wil onthou, “Pasop vir die toorn van die LAM!” [Profesie 129]? HY het
op die druiwe, onder SY Voete getrap (Op 19:15).
Elisheva: En net onlangs in ‘n Profesie (nog nie eens vrygestel nie). HY het my
vertel…
Profesie Gaan Voort:
Daardie is die vrot vrugte, die vrot druiwe. Daardie wie eenmaal die goedheid
gesmaak het (in Hebreërs 6 [v5]), en nou noem hulle hulself ‘n ‘god’—dit is soos
om vir YAHUSHUA weer oor te kruisig (Heb 6:6).
Jy kan nie ‘n verworpene terugbring tot bekering nie (Heb 6:4-6). Met hulle
woorde, met hulle mond, mag hulle dit wat Skrif is praat (Mt 15:8), maar hulle
harte behoort nie aan YAHUSHUA nie.
Elisheva: Ek moes al hierdie sê, omdat… Wanneer jy na daardie prent kyk, sien jy
daardie klein engele daar? Daar is klein engele ook daar—daar is alle
verskillende soorte engele in die Hemel, maar Aartsengel Michael is die hoof een
wat Israel beskerm, en die hoof een wat ek gesien het, fisies die vlerk geraak
het (wat in ‘n ander getuienis is), in 2005, van Aartsengel Michael.
Profesie Gaan Voort:
Hy beskerm hierdie Bediening. Hy maak oorlog teen die vyande van hierdie
Bediening. En YAHUSHUA is die EEN WIE hom stuur. Dit is waarom Israel altyd daar
sal wees. En selfs die Nuwe Jerusalem wat vanuit die Hemel sal voortkom (Rv
21:2) sal in Israel wees.
O Israel, daar is ‘n waarskuwing. Die Groot Verdrukking kom. Dis julle wie
daardie Derde Tempel sal bou en julle wie die seun van satan sal toelaat om op
daardie troon te sit, totdat hy ‘n gruwel gaan doen wat nie eens—julle sal jul
gesig in skaamte wegsteek.
Elisheva: Ek weet wat daardie gruwel van gruwels is. Weereens, dis in ‘n
Profesie wat nog nie vrygestel is nie omdat ek so agter is met Profesieë— maar
loof YAHUSHUA, dit sal vrygestel word in SY tyd.
Profesie Gaan Voort:
So weereens, wanneer jy hierdie prent sien [van hierdie skildery], as jy nie
weet dat hulle deel is van AmightyWind Bediening nie, besef dan net dit, hulle
is van die duiwel, daarop uit om jou te mislei. En dit geld vir daardie prent
van IMMAYAH ook. […]
Elisheva: Hierdie prent is ‘n olie skildery. Dit was nog altyd by my. O so baie
jare! Dit is ‘n werklike visioen wat ek gehad het [terwyl] op die foon, net
besig om op die foon te bid. Dit was ‘n ope visioen. YAHUSHUA HA MASHIACH seën
al daardie wie YAHUSHUA HA MASHIACH aanbid in GEES en in waarheid; en strewe om
HOM te gehoorsaam, en sal bekeer van hulle sondes—nie net in woorde nie, maar in
dade. Shalom.
Gelukkige Sukkot! En gelukkige verjaardag GELIEFDE YAHUSHUA!—toe U gebore was op
hierdie aarde gedurende hierdie tyd van Sukkot en hierdie word ook genoem die
Fees van Hutte. En ek wil aan jou verduidelik—soos hulle daardie tydelike
tabernakel opgerig het—in die Ou Testament, die Ou Bloed Verbond, soos ek gesê
het, dit was net ‘n skaduwee van wat sou gebeur, toe YAHUSHUA gesê het, “Dit is
volbring” (Jn 19:30).
Hierdie liggame van ons is die tydelike tabernakels op hierdie oomblik (2 Kor
5:1) en hulle wag om daardie verheerlikte liggame aan te trek (2 Kor 5:2-5).
Profesie Gaan Voort:
Verstaan jy? Wanneer jy die Ou Bloed Verbond lees, onthou YAHUSHUA het gesê dat
HY nie gekom het om die Wet en die Profete te kanselleer nie, HY het gekom om
hulle te vervul (Mt 5:17). HY het gekom om te sê, EK het gegee—EK gee vir jou ‘n
beter weg. En HY het gesê, “Dit is volbring” (Jn 19:30). En toe HY gesê het, “Dit
is volbring,” was dit volbring. Daar is nie meer offers (Heb 10:1-10). Daar is
nie meer brand offers wat vir YAHUVEH sal tevrede stel nie (Heb 10:1-10). Want
Moshe het daaroor gewaarsku (Dt 18:15-19)—Moses het gewaarsku. Daardie is Moshe
se naam [Moses in Hebreeus]. Hy het gewaarsku.
YAHUVEH het gesê geen meer diere offers sal bedekking wees vir enige sondes nie
(1 Sa 15:22; Ps 40:6; Spr 15:8 & 21:3; Jes 1:10-12; Jer 6:20; Hos 6:6). En Moshe
het gewaarsku, dat daar ‘n NUWE BLOED VERBOND was wat kom (Dt 30:1-2, 6)! Om die
sondes weg te was!
En dit is YAHUSHUA DIE HOOGSTE VAN DIE HOE—PRIESTER—IN DIE ORDE VAN MELCHIZEDEK
(Heb 5:6; 10; 6:20; 7:11, 15-17) omdat HY is & HY was ‘Melchizedek’ (Heb 7:3)
[in Hebreeus, MALKI ZEDEK, MY KONING VAN GEREGTIGHEID (Gn 14:18)]. En moenie dat
enigiemand anders jou iets anders vertel nie.
Asseblief mense. Studeer en bewys jouself goedgekeur (2 Tim 2:15). Bly nederig
en wandel in nederigheid, en bid dat nie jy nie mislei sal word nie.
Elisheva: Want daardie wie ons eens gedink het ons kon vertrou, kan ons nie meer
nie. Hulle het afgedwaal. Hulle noem… ‘n demoon, “godin”—”Urea.”
Profesie Gaan Voort:
Kan jy jou indink? Weet jy wat gaan gebeur? As hulle aanhou om daardie leuen te
glo?! Om die RUACH HA KODESH/HEILIGE GEES te spot? Met die naam “Urine”? En sê
daardie is HAAR “dogter” in die Hemel? YAHUSHUA SE “suster”? Daardie is wat hang
op die “Verworpenes se Muur van Skaamte” en elke naam is daar, [maar] net meer
gaan bygevoeg word. Daardie is hulle wie ABBA YAHUVEH gesê het sal ontvlam in
spontane verbranding, met een uitsondering—en daardie man se naam was Erez [Ezra
Caleb], alhoewel ABBA YAH hom nie meer op daardie name noem nie—net Erez. Hy’s
een toon weg van die hel. Een toon.
Elisheva: En tog het ek almal gevra om aan te hou bid dat hy uit hierdie uitkom,
dat hy uit ooreenkoms kom en hy besef, dat een wie hy dink ‘daardie’ is’n
vrou—vermom as ‘n vrou—is eintlik besig om die demoon-godin “Urea” toe te laat
om haar te gebruik as ‘n medium vir kommunikasie (channeling). Wat ek gespot
het, spot ek nie meer nie. Dit is waarlik ‘n demoon-godin. En daardie man
luister—hy weet nou—ek kan nie stilbly nie. My siel is steeds lief vir hom,
omdat YAHUSHUA hom liefhet. Dit is nie my liefde [wat] aangehou het om vir hom
te veg nie. Dis ABBA YAHUVEH & YAHUSHUA & DIE RUACH HA KODESH!
Profesie Gaan Voort:
En YAHUSHUA ween Trane van BLOED vir daardie man wie eenmaal ‘n seën was vir
AmightyWind Bediening, in 2016, 2017, klein deeltjie van 2018. HY ween Trane van
BLOED en HY sê, “Hierdie BLOED is vir jou!” Kom terug! Besef jy was mislei
gewees! Jy was op die grenslyn van kranksinnigheid! Kom uit die mistiek uit! Kom
uit toorkuns uit! Kom uit, jy wie so diep in die duisternis van die okkulte is—glo
dat jou derde oog moes oop wees—vra YAHUSHUA om dit toe te maak met SY GESTORTE
BLOED! Bekeer. YAHUSHUA ween Trane van BLOED vir jou. As jy nie ‘n verworpe
slang is nie, is daar steeds hoop vir jou. […]
Elisheva: Onthou wanneer jy die Ou Bloed Verbond lees, dit is geskiedenis—dis ‘n
voorskou van alles wat YAHUSHUA vir ons gedoen het as daardie PERFEKTE BLOED
VERSOENING vir sonde. Want nie een [wie] ooit hierdie aarde bewandel het was
perfek in ‘n vorm van ‘n mens nie behalwe vir EEN en dit was YAHUSHUA HA
MASHIACH.
Elkeen het nodig om te bekeer. Want niemand van ons is perfek nie.
Profesie Gaan Voort:
Vir diegene wie aan YAHUSHUA HA MASHIACH behoort, hulle sal nie sonde vooraf
beplan nie. Hulle vrees die RUACH HA KODESH, WIE sommige die HEILIGE GEES noem,
want jy wil nie die HEILIGE GEES laster nie (Mt 12:31), (RUACH HA KODESH
SHEKHINYAH GLORY). As SY jou siel verlaat, is jy verdoem!!! Hoor jy MY?
Jy [sou] verworpe [wees]! En ONS het alreeds die MUUR VAN SKAAMTE vir die
verworpenes wie eenmaal doeke verlossing gehad het. Maar hierdie is ‘n
feesviering, en wat EK te sê het is wee vir hulle wat val onder HOM WIE OP DIE
TROON SIT en die toorn van die LAM, wat ‘n waarskuwing is in Openbaring 6.
Elisheva: Asseblief mense! Bekeer! Ek is ‘n Jood, maar ek was nie in Israel
gebore nie, so ek is “van die stam van Ephraim.” En ek wag vir “my Judah” om te
kom en weer te verenig met Ephraim. Ek weet nie waar hy is nie maar ek weet
hierdie—YAHUSHUA het nie ‘n goeie werk begin en gaan dit nie klaar maak nie. Ons
is gestuur na Israel toe.
Profesie Gaan Voort:
Die RUACH HA KODESH boeke, Secrets of the RUACH HA KODESH, het 7 jaar geneem om
al die bewyse saam te stel van in wie se beeld Eva gemaak was en die Jode het
alreeds daardie kennis. Hulle het dit alreeds. Hulle weet alreeds die RUACH HA
KODESH—selfs die NAAM—is vroulik [in] geslag. Hulle weet alreeds.
Elisheva: Maar dit het iemand soos ek geneem, vir Profesie 89 & 90 om sterk te
glo daarin, selfs al is dit riskant en deur ander gekritiseer kan word,
(“shaking limb”) wie nie geweet het in wie se beeld Eva gemaak was nie tot
daardie Profesie. O my geliefde AmightyWind gemeente en julle besoekers kom en
kyk en vier fees hoe ons ons MESSIAS, DIE EEN EN DIE ENIGSTE EEN eer.
Profesie Gaan Voort:
En wee aan Israel as julle nie die EEN WIE SE BLOED steeds julle grond deurdrenk
wat nou rondom die wêreld gaan aanvaar nie en aan elkeen wat erken en sê:
Asseblief vergewe my YAHUSHUA vir my sondes! Was my skoon met U BLOED! Ek bekeer
van die boosheid wat ek gedoen het, en ek bely my sondes aan U. Dankie dat U my
vergewe! Dankie dat U—daardie sondes neem en hulle so ver weg sit soos die ooste
is van die weste (Ps 103:12). Dankie dat U, U RUACH HA KODESH binne-in my siel
plaas! Dank U! Soos die gebed wat Dawid gesê het, die RUACH HA KODESH ‘moet
asseblief nooit my siel verlaat nie’ (Ps 51:11). Hierdie is sy gebed. Hierdie
behoort elkeen se gebed te wees. Dat die Salwing van die RUACH HA KODESH, die
HEILIGE GEES slegs sterker word in jou elke elke dag.
Einde van Profesie
Elisheva: Mense! Besef asseblief—Israel word wakker! Die MESSIAS SE BLOED is
steeds in julle grond. HY was gebore as ‘n Jood vanuit ‘n Joodse maagdelike vrou.
Die wonderwerke wat [plaasgevind het] wat bewys is, het in Israel gebeur.
O Israel, ons het jou lief! O Israel, kom terug! Kom terug! YAHUVEH het belowe
om weer met jou te trou! Kom terug in die NAAM VAN YAHUSHUA HA MASHIACH! Die
Shema is steeds [daaroor] DIE EEN WARE GOD maar daar is DRIE [IN EEN]: YAHUVEH,
YAHUSHUA HA MASHIACH (DIE ENIGSTE VERWEKTE SEUN VAN YAHUVEH) & DIE RUACH HA
KODESH, SOETE HEILIGE GEES. Wanneer jy die feesviering sien, maak dit nie saak
of jy hierdie voorheen geweet het of nie. Ek praat met die Hebreërs oral oor die
wêreld. Dis nog nie te laat nie. Kom in die Arms in van YAHUSHUA.
En sien uit na ons volgende videos wat gaan kom want volgende gaan dit Hanukkah
wees!—wat ons die Fees van Ligte noem omdat YAHUSHUA DIE EWIGE LIG IS. Dit was
wanneer YAHUSHUA in die baarmoeder geplaas was! Ons vier Hanukkah—ja ek ken die
Ou Bloed Verbond, sê dit was —vir die hertoewyding van die Tempel. Die Tempel
was besoedel. Dooie liggame het oral rondom dit gelê (1 & 2 Macc). En daar was
nie genoeg olie om in staaat te wees om die lanterns te laat brand nie—die
menorah. Daar was ‘n wonderwerk wat gebeur het, en weereens, het dit in Israel
gebeur, maar dit was geskiedenis. Dit was ‘n skaduwee van YAHUSHUA HA MASHIACH
wat sou kom! Die EWIGE LIG wat nooit sal uitgaan nie!
En wanneer jy die RUACH HA KODESH binne-in jou het, het jy die Salwing binne-in
jou (1 Jn 2:20), ‘n EWIGE LIG wat nooit sal uit gaan nie—solank jy bewys dat jy
YAHUSHUA as MASHIACH as MESSIAS, REDDER aanvaar het, watter ander naam [titel]
jy HOM wil noem. HY het ons so lief. HY het gesê as daar net een was [sou HY SY
LEWE weer neergelê het]—elkeen wie se naam geskryf is in die LAM SE Boek van die
Lewe, kon net kom in die NAAM VAN YAHUSHUA HA MASHIACH ook genoem JESUS
CHRISTUS.
HY behoort die LIEFDE VAN JOU SIEL te wees. Want HY is die MINNAAR VAN JOU SIEL.
Jy behoort [die Bybelse vakansie dae] te vier en wee aan julle, hoofstroom
Christen kerke. Want ek was eerste gered in ‘n “Pentecostal” kerk. Julle
onderrig nie eens die Joodse feeste nie. Julle vertel nie eers vir die mense die
ware verjaardag [van YAHUSHUA] nie. En dit is NIE 25ste Des nie… Kom uit
ooreenkoms met satan, hoofstroom georganiseerde kerke. Wees in lyn met die ware
Heilige Skrifte. HY is “DIE KONING VAN ISRAEL.” En hulle kon dit nie wegneem
nie—daardie Woorde wat bokant daardie kruis was waaraan hy gekruisig was. Maar
hallelu YAH! Op die derde dag ([vanaf SY dood] nadat HY gesê het, “Dit is
volbring”), het HY weer opgestaan. HY was opgewek, het uit daardie graf gekom.
En ons weet hierdie—vir diegene wie gesterf het en diegene wie aan YAHUSHUA
behoort, “om afwesig te wees van die liggaam” is “om teenwoordig te wees met die
HERE,” YAHUSHUA HA MASHIACH (2 Kor 5:8).
Staan op die Nuwe BLOED Verbond Skrifte, genoem die Nuwe Testament. Lees die Ou
Bloed Verbond, die Ou Testament, maar sien dat YAHUSHUA daar is—ORALS—van
Genesis tot Openbaring. En moenie enige ander doktrines glo nie. Want hulle kan
doktrines van die duiwels wees—en daar’s so baie op die oomblik daar buite.
Moenie glo dat daar meer is as DIE HEILIGE DRIE, MEDE-SKEPPERS: HEMELSE VADER,
SY SEUN YAHUSHUA HA MASHIACH [&] DIE HEILIGE GEES / DIE RUACH HA KODESH.
Asseblief, jy wil Hemel toe gaan. Het jy waarlik vir YAHUSHUA lief?
Skrif sê dat YAHUSHUA gesê het, ‘Waarom noem julle my HERE en gehoorsaam MY nie?’
(Lk 6:46). ‘n Ander weergawe sê, ‘hoe kan jy sê jy het MY lief en gehoorsaam MY
nie?’ (Jn 14:15; 1 Jn 2:5).
As HY regtig DIE GOD VAN JOU LEWE IS, sal jy—met jou hele verstand, liggaam,
gees en siel—want jy wil ‘n getuienis hê soos Henog en behaaglik gevind word tot
YAHUVEH (Heb 11:5). Want HY (Henog) het nie gesterf nie. Sy liggaam was verander
in ‘n verheerlikte liggaam (Gn 5:24; Fil 3:21).
Want vlees en bloed kan nie ingaan in die Koninkryk van die Hemel nie (1 Kor
15:50). Dit was nie geskape vir vlees en bloed nie. Dit was geskape vir ons
gees-liggame wat o so pragtig is. Mense daar is geen manier na die Hemel,
behalwe deur DIE NAAM & DIE BLOED VAN YAHUSHUA. Dis waarom ons sê, “Gelukkige
Sukkot! Gelukkige verjaardag!” Ons GELIEFDE, ani ohevet—ons aanbid U! Ons aanbid
U! Ons aanbid U YAHUSHUA HA MASHIACH! Almal van ons vier fees! Almal van ons
vier fees, en aan AmightyWind gemeente en diegene wie besoek, kom terug en sien
vir julleself en smaak en sien die vugte van hierdie Bediening is goed (Mt
7:16). Want jy sal nooit enigiets hoor wat nie in lyn is met die Heilige Skrifte
nie! Shalom.
Einde van Profetiese Diens
So is dit gespreek, So is dit geskryf
Hierdie dag in die NAAM VAN YAHUSHUA HA MASHIACH