Van Profesie 105 af, het YAHUVEH gesê hierdie moet van nou af op al die Profesieë geplaas word: Elisabeth (Elisheva) EK het jou lank gelede gewaarsku om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH ha KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH GLORIE se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk het. “EK is YAHVEH, dit is MY NAAM; en MY EER sal EK aan geen ander gee, of ook MY LOF aan die gesnede beelde nie”. (Jesaja 42:8)
20 Augustus, 2021
Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profeiseë
bygevoeg moet word van nou af: EK het jou lank gelede gewaarsku Elisheva om nie
hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n
Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie
toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond
van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH
geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte
gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die
SHKHINYAH HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van
Herlewing, dit is nie deur jou asem nie anders sou dit misluk het. (Jesaja 42:8)
In Julie 2010 Het YAHUVEH GOD beveel dat die volgende bygevoeg word voor elke
Profesie:
2 Kronieke 36:16
“Maar hulle het die Boodskappers van ELOHIM uitgelag, SY Woorde verag en met SY
Profete gespot totdat die gramskap van YAHUVEH teen SY volk opgekom het, totdat
daar geen genesing meer was nie.”
https://www.amightywind.com/prophecies/105.html
* * * * * *
Kosbare YAHUSHUA HA MASHIACH , spreek 'n woord tot U mense hierdie dag. U het 'n
profesie in my Gees geplaas dat U met die wolwe in skaapsklere gaan praat en ek
vra in die naam van YAHUSHUA , laat dit voortkom. Laat dit die wolwe wegjaag van
U skape in vrees. Ek vra in die Naam van YAHUSHUA ha MASHIACH, laat hulle nie my
stem hoor nie, maar hulle U stem hoor. Ek vra in die naam van YAHUSHUA , spreek
nou voort tot U mense en laat geen woord voortkom uit hierdie lippe deur die
vlees nie. Maar laat dit waarlik van die RUACH ha KODESH wees. In YAHUSHUA se
naam...Amen
* * * * * * *
"LAAT MY MENSE GAAN!" 'n Nuwe Profesie kom na vore hierdie dag. 'n Waarskuwing
aan die wolwe in skaapsklere wat staan in die amp van die apostel, profeet,
evangelis, pastoor en leraar wat daarop uit is om MY Skape te verslind om hulle
te misbruik, dood te maak of te vermink, te beheer, te mislei, of weg te jaag.
"LAAT MY MENSE GAAN!" Soos in die dae van Moses, toe Ek met die Bose Farao
gepraat het en EK gesê het "LAAT MY MENSE GAAN!" So sê EK vir julle hierdie dag,
aan die wolwe wat voorgee om MYNE te wees, maar nie eens weet wie EK is nie!
Hulle wat voorgee om MY lief te hê en MY te dien en MY Woorde aanhaal, en
nogtans nie eens weet wie EK is nie! EK sê vir julle hierdie dag "LAAT MY MENSE
GAAN!"
Daar is baie wolwe in skaapsklere, hulle doen wonderwerke en tekens en wonders.
Hulle sê hulle doen hierdie wonderwerke in MY Naam. Hulle is op julle televisies
en radiostasies en tog sê EK dit vir julle, dit is nie deur die krag van MY
RUACH ha KODESH wat hulle hierdie dinge doen nie. Dit is deur die Krag van die
hel self. Moenie mislei word nie. Moenie op 'n dwaalspoor gelei word nie. Want
die antichris gaan hierdie doen en soveel meer. Pasop MY onskuldige kinders.
Daar is diegene wat nou hier lees wat nie sal luister nie, maar julle sal later
hierdie woorde onthou wat EK gespreek het. Nie almal wat tekens, wonders en
wonderwerke doen is van MY nie. Daar is altyd 'n vervalsing, onthou dit. satan
vervals slegs die ware salwing en gawes van MY RUACH ha KODESH.
Maar EK beveel hierdie wolwe hierdie dag wat MY Skape mislei en hulle op 'n
dwaalspoor lei met vals leerstelings, gedagtebeheer, gedagtemisleiding,
gedagtemanipulasie, leuenagtige - en misleidende geeste. "LAAT MY MENSE GAAN!"
EK is 'n God wat nie langer BESPOT sal word nie. Julle het hulle tiendes en
offergawes gesteel. Dit wat bedoel was om heilig te wees en nou sê EK hierdie
vir julle, julle sal aanspreeklik gehou word vir alles wat julle gedoen het.
Want julle het dit gedoen in die Naam van YAHUSHUA ha MASHIACH. Julle het
voorgegee om MYNE te wees maar tog is julle harte ver van MY af. Daarom, sê EK
vir julle hierdie dag, "Wolwe in skaapsklere, oordeel begin by die huis van
YAHUVEH, selfs vir die kerk van die geveinstes.
Een laaste maal "LAAT MY MENSE GAAN!" Julle het MY Skape en MY Lammers mishandel,
julle wreedaardige bose herders, wolwe in skaapsklere en wolwe in 'n skaaps
masker. Julle het hulle genadeloos geslaan. Julle het hulle laat dink julle is
'n god wat aanbid en vereer moet word en net julle kan van MY hoor. Julle het
vir hulle gelieg en gesê dat selfs hulle 'n god is, hulle is ‘n klein messias.
Julle verdraai MY Skrifte en lei hulle op 'n dwaalspoor. Die gees van die
pastoor is die gees van die kerk. Julle bose herders, julle vat MY heilige
tiendes en offergawes en julle laat die mense dink dit moet gaan vir
herdekorering of 'n nuwe gebou en julle vul julle sakke met hulle goud en julle
dink hulle het geen reg om te weet waarvoor dit regtig gaan nie. Julle het MY
kudde kaal geskeer. Julle bose herders onderrig nie tussen reg en verkeerd nie.
NEE, O NEE, julle mag dalk jul tiende of gemeentes verloor as julle die waarheid
praat dat onbelyde sonde, onbekeerdheid en nie weg te draai van sonde nie Hel
toe lei. Julle vertel nie vir hulle dat seksuele losbandigheid hel toe lei as
hulle nie wegdraai nie. Julle leer hulle nie dat aborsie MOORD is en na die Hel
toe lei as daar nie bekeer word hiervan nie. Julle leer hulle nie dat
homoseksualiteit en owerspel sonde is en na die hel toe lei as daar nie hiervan
bekeer word nie. Julle leer hulle nie wees heilig want EK is heilig nie, nee,
julle stel julself op vir MY gramskap. Julle is bang om teen die regering te
praat want julle is bang julle verloor julle belastingvrystelling-status. Julle
spreek nie teen ander leraars wat die kudde mislei nie of dat hulle versigtig
moet wees nie, want dit mag ander teen julle laat draai. Wanneer julle wel vir
ander vertel om heilig te leef lewe julle self soos die duiwel. Julle, wat dink
EK is blind en EK kan nie hoor of sien wat julle sê en hoe julle MY bespot nie
en ook alles wat heillig is, PASOP! Want as julle nie BEKEER nie sal EK kom
wanneer julle dit die minste verwag en julle sal slegs geskik wees vir MY TOORN!
"LAAT MY MENSE GAAN!" EK sê dit nog ‘n keer vir julle! "LAAT MY MENSE GAAN!"
Voordat die STAF uit die Hemel neerkom en julle werkers van onheil en sonde
vernietig. Die Groot God, “EK IS” sal nie langer gespot word nie. Kerk van die
geveinstes PASOP! Pastore van die kerk van die geveinstes PASOP! Apostels,
profete, leraars en evangeliste van die kerk van die geveinstes, PASOP DIE STAF
VAN MY TOORN KOM! Draai weg van boosheid. EK is nie 'n godsdiens nie; EK is 'n
verhouding met julle Skepper en Verlosser. Julle preek dit, leef dit nou. EK is
nie 'n God wat bespot moet word nie. NIKS LANGER SAL EK BESPOT WORD NIE! Julle
sit in hierdie kerke en julle vul hierdie kerkbanke en nogtans ken julle MY nie
eens nie. Julle staan agter die preekstoele en hoor MY Woorde en preek MY Woord
en sluit julle ore. Want julle ken MY nie eens nie. Hoe kan julle ander na MY
toe lei en verwag dat hulle gered moet bly, as julle MY nie eens ken nie? EK sê
weer vir julle, "LAAT MY MENSE GAAN!"
Julle is wrede en gulsige pastore. Julle sê moenie teen mekaar praat nie. Julle
bedek mekaar se sondes, nogtans slaan julle MY Mense genadeloos met julle woorde,
aksies, liefdeloosheid en onbetrokkenheid. Julle het 'n dubbele maatstaf en
wanneer hulle 'n pastoor in sonde sien, of ander in die bediening, moet hulle
hul ore en oë sluit en dit nie waag om 'n woord te sê nie want om dit te doen
word vir hulle vertel; dit is ‘n sonde om die pastoor se sondes te ontbloot.
Oordeel het begin by die huis van die Here en met die geestelike leiers, selfs
hulle wat voorgee om geestelike leiers te wees en vir hulle wat MY Mense op ‘n
dwaalspoor lei, julle word aanspreeklik gehou hierdie dag.
Oordeel het begin by die Huis van YAHUVEH vir die dinge wat julle bose herders
gedoen het. O, EK sal die heidene oordeel en EK het begin om die heidene te
oordeel terwyl die plae uitgegiet is. Maar JULLE, JULLE, JULLE, wat so vroom
daar sit julle wat daarop aanspraak maak om MY Woord te ken. Julle wat MY Woord
aanhaal, julle wat sê: "In YAHUSHUA ha MASHIACH se Naam" en MY nogtans nie eens
ken nie. "LAAT MY MENSE GAAN!" Hierdie dag waarsku EK julle vooraf want groot
plae gaan op julle neerkom dit wat hierdie wêreld nog nie gesien het nie, soos
toe EK die Israeliete en die Egiptenaars geskei het, maar hierdie keer, hierdie
keer sal dit nie net die heidene wees wat gestraf word nie.
Hierdie keer wanneer hierdie nuwe plaag uitbreek sal dit neerkom op hulle wat
daarop aanspraak gemaak het dat hul MYNE was maar tog ken hulle MY nie. Hulle
het die tiendes en offergawes gesteel. Hulle maak daarop aanspraak om MYNE te
wees en tog ken hulle MY nie eens nie. Hulle gee nie eens om nie. Hulle het MY
Skape geslaan en hulle weggedryf en toe hulle hul nie kon beheer nie het hulle
hul monde gesnoer en hulle het hulle geslaan tot onderdanigheid en hulle
weggedryf. O, kom na MY toe, julle Here, julle God, julle Verlosser My Skape en
Lammers want EK is die enigste GOEIE HERDER. EK sal julle wonde versorg, en EK
sal julle rus gee.
O, o, o kan julle MY DROEFHEID hoor! EK het dit nie aan julle gedoen nie, MY
geliefdes. EK het dit nie aan julle gedoen nie MY skape, MY lammers, MY Kinders,
MY Bruid! O, die wolwe gaan boet, want die STAF sal op die wolwe neerkom in 'n
magtige manier hierdie dag. EK sal uitwys en EK sal die wolwe ontbloot en EK sal
hierdie werktuig gebruik wat nou hier spreek en sy sal in MY krag die maskers
van julle gesigte afruk en die skape sal julle sien vir wat julle is. Eers sê
julle julle is 'n skaap en sit een masker op, maar daaronder het julle 'n ander
masker en dit is die masker van die wolf. Maar EK sê vir julle onder daardie
masker is die ware gesig want dit is die gesig van 'n demoon wat hierdie leuens
spreek en dit kom presies uit die put van die Hel!
O, o, o EK sê weereens vir julle voordat julle totaal beset word deur die demoon,
wolwe in skaapsklere, kry nou bevryding. Erken wat julle gedoen het voor die
ganse Hemel en aarde, HARDLOOP, HARDLOOP, HARDLOOP want EK is die Here God
ALMAGTIG YAHUSHUA ha MASHIACH vir wie julle GESPOT HET! Julle sê julle is nie 'n
bediening nie en gee nogtans voor om te bedien of julle gee voor om 'n bediening
te wees en julle stroop nogtans MY kudde. EK sal die een wees wat julle met MY
STAF verjaag en EK rig 'n leërmag van Elias en Jeremias en Johannes die Dopers
op en hulle sal agter julle aankom, in MY Naam en in MY KRAG vir MY GLORIE
ALLEENLIK!
Julle sê EK praat nie van oordeel nie. Julle sê EK praat nie van toorn nie.
Julle sit MY Heilige Profete af en julle sê “Die RUACH ha KODESH (Heilige
Gees)?” Ag, jou arme skat, jy ontbreek!” Maar EK sê vir julle bose mense hierdie
dag. EK praat van oordeel en EK praat van toorn en JULLE, JULLE, JULLE wat in MY
Naam gespreek het. JULLE, JULLE JULLE wat MY skape en MY lammers misbruik het
julle wat MY Bruid, MY klein babatjies in YAHUSHUA mishandel het. JULLE, JULLE
JULLE, JULLE sal MY Toorn op 'n magtige wyse voel terwyl die oordeel op julle
neerkom, hierdie einste dag.
O ja, julle sal 'n droewige les leer. O ja, julle bose herders julle sal dit
deeglik leer as julle nie op hierdie einste dag bekeer nie. Dit is wat EK wél sê.
Hierdie is nie 'n speletjie wat julle besluit het om te speel nie. Julle het MY
kudde kaal gestroop en hulle op 'n dwaalspoor gelei, maar EK sal julle laat
betaal. O, julle gaan betaal. HARDLOOP WOLWE HARDLOOP! Hardloop weg van dit wat
julle van plan was om te doen. Hardloop weg van dit wat julle gedoen het,
hardloop weg, BEKEER! Gaan op julle knieë, en roep uit om genade vir dit wat
julle gedoen het. Roep om genade wat nog steeds kan kom. Julle maak MY Ware
Profete en apostels stil. Julle sê "As julle nie die goeie kan spreek en my laat
goed voel nie, as dit nie stig, en bemoedig, en jou opbou nie", sê julle, "NEE”
Julle wil geen profesieë van hulle hoor nie. Julle noem hulle vals profete en sê
"Gaan Weg!"
Waarlik, die RUACH ha KODESH spreek nie vandag deur julle voort nie. Alhoewel EK
hulle keer-op-keer stuur en WAARSKU en WAARSKU en WAARSKU en julle jul ore sluit
en julle voorgee dat EK nie eens praat nie, maar in julle hart vrees julle dat
ander mense sal hoor. Hoeveel het julle laat afdwaal? Vir hoeveel het julle
gelieg? Hoeveel het julle oortuig dat hulle 'n god is en hulle het voor MY
gestaan, en EK moes sê GAAN WEG! Dit is as gevolg van julle, julle bose leiers
dat EK moes sê, "Gaan weg van MY julle werkers van ongeregtigheid EK het julle
nooit geken nie en Hel toe om te bly". Julle vat MY Woorde en julle verdraai dit
om dit te beteken wat EK nie bedoel het nie.
Julle bose leiers, julle het hulle gif gevoer terwyl MY Woord eerder soos 'n
Heuningkoek is, Soet, o, so soet. Dit is bedoel om aangenaam te wees en nogtans
kragtige vleis. Die melk is bedoel om eenvoudig te wees, selfs vir die
eenvoudigste babatjie en tog verander julle dit in gif met die leuens wat julle
gespreek het. Julle leer hulle dat EK nie weer sal kom nie. Julle sê vir hulle
sedert die tyd van Noag was hierdie reeds gesê. In plaas daarvan leer julle
hulle om te spot en julle leer hulle om te lag vir alles wat MY RUACH ha KODESH
doen en alles wat gesê is. Julle leer hulle dat aborsie reg is en dat
homoseksualisme liefde is en dat EK nie hierdie sonde sal oordeel nie, maar kan
julle nie sien dat EK alleen rein en heilig is nie en dat die gruwel van benede
kom en nie van bo nie. Dit is waar, EK het die sondaar lief. Dit is waar, EK
haat die sonde. Dit is 'n GRUWEL in MY oë en elkeen wat luister kan MY RUACH ha
KODESH (Heilige Gees) binne-in hoor.
O! HOOR MY! O, HOOR MY! O, HOOR MY, julle predikers en leiers wat MY kudde op ‘n
dwaalspoor gelei het. O! HOOR MY! O! HOOR MY! O, HOOR MY, wolwe gee pad van MY
kudde af hierdie dag anders sal EK julle neerwerp in julle bloeityd. EK sal
julle in julle kansels platslaan. Daar gaan sterfgevalle wees. Onder diegene wat
dit gewaag het om MY uit te daag hierdie dag. EK sal julle geheime sondes
ontbloot in 'n groter mate as julle gedink het julle het dit tot dusver gesien;
wag net want EK het pas begin.
Julle wat ongelyk gejuk is EK sê vir julle hierdie dag, LUISTER AANDAGTIG! Neig
julle ore tot elke woord wat EK sê. O, daar is soveel huwelike wat EK nie
georden het nie. Daar is so baie huwelike en in MY oë sê EK dit vir julle, EK
kan die vlek van die sonde wat MY Bruid bedek nie verduur nie want hulle is
diegene wat hierdie gedoen het. EK sê vir julle dit, luister aandagtig wat EK
nou gaan sê.
EK praat met die heidene waarmee hulle getroud is, wat hulle bedek met elke
soort van perversiteit, boosheid, skuldgevoel en sonde. LAAT MY BRUID GAAN!
Julle het haar besoedel met SEKSUELE SONDE! Julle is daar buite besig om te
hoereer en dan kom julle na haar toe. EK sê vir julle dit: julle manlike
eggenote wat op ‘n dwaalspoor gelei was. EK sê vir julle dit, julle wat mans het
wat gaan hoereer het. satan wil MY Bruid besmet, dit wat veronderstel is om
Vlekloos en Wit te wees en EK vertel dit nou op hierdie oomblik vir julle. EK
SAL DIT NIE LANGER VERDRA NIE! EK sê dit nou op hierdie oomblik vir julle; EK
SAL DIT NIE LANGER VERDRA NIE! EK vat MY Swaard en EK verdeel huwelike. Die wat
Godvresend is sal bly staan; die wat nie is nie, sal val. EK is nie in
EGSKEIDING nie dit is net groter bindings.
EK kom om MY kinders vry te maak en dit is wat dit presies gaan wees. O, julle
wat daarop aanspraak maak om MYNE te wees en getroud is met Godvresende vrouens,
en nogtans deursoek julle die internet vir sonde en pornografie. Julle besoedel
julle oë, en julle pleeg egbreuk met julle gees en siel en tog dink julle
niemand gaan weet nie. Wel, EK het nuus vir julle en glo MY EK sê vir julle en
dit is waar want EK is 'n God wat nie kan lieg nie vir hierdie sonde as julle
nie bekeer nie, sal JULLE STERF want julle het MY Bruid besmet! Die huwelik is
bedoel om Heilig te wees. Verstaan julle nie? Die huwelik is bedoel om Heilig te
wees. Dit is tussen 'n vrou en 'n man. Die huweliksbed is bedoel om Heilig te
wees want dit verteenwoordig die EENHEID in MY.
Want wanneer julle saam is, werklik Verstand, Ligaam, Gees en Siel, dan is julle
een met MY en die Heilige Drie-Eenheid. Maar hoe kan julle een wees met iemand
wat gaan rond hoereer? Hoe kan julle een wees wie se gedagte aan elke vorm van
sonde dink? Hoe kan julle een wees wat MY einste Naam haat? O EK sê vir julle
dit en EK sal dit baie eenvoudig maak. EK sal dit nie langer duld dat MY Bruid
besoedel word deur seksuele sonde nie. EK sal dit nie langer duld nie en julle
beter hierdie woorde ernstig opneem, want julle sien, EK is nie 'n God wat
bespot kan word nie en julle ken MY einste stem en EK sê vir julle dit, of julle
die man of die vrou is, julle verraai nie vir hulle nie, julle verraai YAHUSHUA
ha MASHIACH! Veral julle sogenaamde Christen mans wat daarop aanspraak maak om
MYNE te wees en nogtans kan julle MY Gees nie hoor nie en julle geestelike oë is
blind. Julle het nie net daardie man verraai nie en julle het nie net daardie
vrou verraai nie. EK sê dit vir julle, weereens het julle YAHUSHUA ha MASHIACH
verraai! EK gaan julle uitlig tot openlike SKANDE! Dit was die begin toe die
President van hierdie nasie voor die mense gekom en gesê het "Alhoewel ek
verkeerd gedoen het, is dit nie julle besigheid nie" en die mense het saamgestem.
Wel, EK sê hierdie vir julle, hierdie dag. Dit is die Here God ALMAGTIG se
besigheid want EK waarsku julle hierdie dag. Kerk van die geveinstes luister
aandagtig na wat EK sê. Selfs al gee julle voor om MYNE te wees, selfs al gee
julle voor soos hierdie leier van hierdie nasie voorgee om MYNE te wees sal EK
julle uitlig tot OPENLIKE SKANDE soos EK met hierdie leier gedoen het en EK sal
dit weer doen. Julle wat beweer om MYNE te wees, julle sluip weg agter julle
huweliksmaat se rug en julle gaan knoop owerspelige verhoudings aan en pleeg
seksuele sondes en wellus, julle het geen tekort nie. Maar EK sê vir julle
terwyl julle in die daad van owerspel besig is die presiese volgende keer,
onthou dit, die presiese asemteug wat julle inasem, die presiese volgende
hartklop is MYNE, julle sal nie weet watter dag of tyd nie. EK gaan die
huweliksmaat laat weet presies wat julle is. Die wêreld gaan hulle kopskud en
hulle gaan nie verstaan hoekom PROSTAATKANKER so algemeen by mans voorkom nie.
Maar EK gaan presies wys wat EK van seksuele sonde dink en EK gaan wys en julle
is gewaarsku hierdie dag dat julle aanspreeklik gehou word vir dit wat julle nou
weet.
Julle beter BEKEER en op julle aangesigte en knieë neerval en julle beter BEKEER
nie net voor julle Almagtige Here YAHUSHUA ha MASHIACH nie en EK sal julle
vandag vergewe, maar dan moet julle bely voor julle huweliksmaat vir wie julle
aanstoot gegee het en verraai het. Want EK sê vir julle dit, EK gaan nie bespot
word nie, nee nie nog 'n dag langer nie. Julle mag in die daad van owerspel
besig wees en dink dat julle weggekom het daarmee. Maar EK sê vir julle dit; EK
die Here God sal julle laat DOOD neerslaan en julle weet nie wanneer EK dit gaan
doen nie en julle sal op jul eie SPERM tot in die HEL gly! EK sê dit vir julle
want EK is 'n God van genade, jy luister en jy luister mooi. Julle is geleer "Ag
wel, ek is net 'n man. Ek kan doen wat ek ookal wil solank my vrou dit nie sien
nie dan is alles goed."
Maar julle vergeet julle het 'n Hemelse Vader selfs al gee julle voor om MYNE te
wees, ken EK julle o so goed en julle sogenaamde Christen vrouens wat beweer om
MYNE te wees is niks beter nie. Julle glip weg hoeveel dae en julle dink solank
as my man nie weet nie dan is alles reg. Maar EK sê vir julle op hierdie dag, EK
hou julle aanspreeklik en ook julle weet nie wanneer EK julle lewe gaan neem nie!
Ook julle sal deur kankers geplaag word en daar sal geen genesing wees nie. Neem
MY op MY Woord want hierdie woorde wat julle weet julle hoor is van MY RUACH ha
KODESH en vrees het oor julle gekom. Want julle weet met wie EK praat. Dit is JY
en JY en JY! Julle kan al die wette uitvaardig wat julle wil, en probeer sê dat
dieselfde-geslag huwelike heilig is.
Maar o, hierdie state wat hierdie wet uitvaardig gaan dit berou, want EK sal nie
bespot word nie. Want die instelling van die huwelik was opgestel om Heilig te
wees! Dit simboliseer die eenheid van die Vader, Seun en HEILIGE GEES. Ons is
een en wanneer julle trou, is julle een. As julle met 'n heiden trou gaan daar
altyd 'n stryd wees hetsy dit lig is wat duisternis probeer oorneem of
duisternis wat lig probeer oorneem. Maar EK het die krete van MY Kinders gehoor
wat in ongelyk gejukte bindings is en EK sê vir julle hierdie dag deur hierdie
Profeet Sherrie Elijah [Elisheva Sherrie Eliyahu], EK spreek dit voort op 'n
magtige manier!
EK gaan die lewe eis van die een wat aanhou om MY Bruid te besoedel van YAHUSHUA
ha MASHIACH! MY Kinders diegene wat MY waarlik ken julle moet in hierdie wêreld
lewe maar nie soos hierdie wêreld word nie. Wees julle Heilig soos EK Heilig is,
lewe Heilig, praat Heilig, dink Heilig en handel Heilig! Verwyder van alles wat
onheilig is. Onheiligheid moet geen plek binne-in julle hê nie. Kinders bid in
die Naam van YAHUSHUA want EK sal julle vrymaak! Julle moet dan geloof hê dat
dit gedoen is en glo net.
So is dit gespreek, so is dit geskryf onder die salwing van RUACH ha KODESH op
26/8/98
10:42 v.m.
Aan hierdie Kind, Vegter, Bruid, Diensmaagd
Apostel Sherrie Elijah [Elisheva Sherrie Eliyahu]
EK, HaShem Adonai, en YAHUSHUA het 'n spesiale liefde vir Yisrael soos vir
geen ander land nie want MY Geliefde Seun YAHUSHUA, het SY Bloed uitgegiet op
daardie grond. Nêrens anders in die wêreld was MY Seun se fisiese Bloed
uitgegiet nie, net in Jerusalem. Geen ander planeet het 'n Verlosser nodig nie
behalwe die aarde, waarheen satan neergewerp was uit die Hemel toe hy
gerebelleer het. MY Seun YAHUSHUA was gekroon as die Koning van die Jode selfs
woorde wat bo-aan die kruis vasgenael was. Wat in bespotting gespreek en geskryf
was was waarlik MY Profesie voorspel duisende jare vantevore nog voor die
geboorte van YAHUSHUA op aarde. Selfs voor die sonde van Adam en Eva, EK het
geweet wat gaan gebeur nog voordat dit gebeur het. “EK IS” is die Elohim van
alle kennis en “EK IS” is die Elohim van tyd. “EK IS” is waarlik Vader Tyd. In
MY oë is daar geen begin of einde nie.
Na die val van Adam en Eva, het die mensdom 'n Verlosser nodig gehad want al wat
EK kon sien was jul sondes deurentyd voor MY. EK het die wêreld vernietig met’n
vloed as gevolg van sonde. Maar nie almal het omgekom nie, want Noag en sy
familie het guns gehad by MY, daarom het EK hulle gebruik om weer die aarde te
vul. Bloed was vergiet met die eerste moord van Adam en Eva se saad, Kain het
vir Abel doodgeslaan. Dit het 'n Bloed Offer gekos om die bloed op Kain se hande
weg te was. Adam en Eva se seun was doodgemaak en hulle ander seun was die
moordenaar. satan het weereens die saad van Adam en Eva mislei as gevolg van die
oorspronklike sonde van rebellie toe Adam en Eva van daardie boom geëet het
waarvan hulle verbied was om te eet. Diere bloed-offers was maar net 'n
heenwysing na dit wat in MY tydsberekening sou kom. 'n Meer perfekte onbevlekte
offerlam wat EK liefhet en wat lief is vir julle, MY eie Seun YAHUSHUA. Hoe
vinnig vergeet julle hoeveel wonderwerke “EK IS” gedoen het deur hierdie Profeet
wat Geprofeteer was in al julle Heilige Skrifte. Dit was nie die meerderheid wat
geskree het, "Kruisig hom" nie. Dit was 'n plan wat baie fyn uitgevoer was deur
die godsdienstige en politiese stelsels.
Diegene wat YAHUSHUA LIEFHET, was bedien deur HOM, HY het tien duisende gevoed
met net 'n klompie vissies en broodjies en HY het menigtes gehad wat vir HOM
gesing het Hosanna aan die Koning. Hulle het nie geskree "Kruisig hom" nie, soos
baie geleer was nie, en skares so groot wat HOM oral gevolg het waarheen HY
gegaan het. Hoeveel was genees, bevry, en uit die dood opgewek? Skrifte sê dit
nie alles nie, maar aan hierdie stemme was nie gehoor gegee nie. Menigte van
hierdie wonderwerke was opgeteken en teen hom gebruik in die bespotting van 'n
verhoor. Vra jouself af, as YAHUSHUA nie MY Seun is nie, deur watter krag het HY
hierdie wonderwerke gedoen? Sal satan mense op so 'n manier seën en hulle lei om
goed te doen en om die Elohim van die Skepping te gehoorsaam? Selfs julle eie
skrifgeleerdes en rabbis kon geen fout vind in HOM nie behalwe dat HY dit gewaag
het om genesings en wonderwerke te doen op die Sabbat Dag. Besef julle nie die
politieke stelsel was bevrees vir so 'n goeie Koning om in beheer te wees nie en
die godsdienstige stelsel was bang want die rabbis het nie sulke genesings,
bevrydings en opstandingskrag gehad nie? Jaloesie, vrees, afguns en gierigheid
was die hoof redes waarom MY Seun deur die mensdom veroordeel was.
Dit was MY goeie plan ter wille van julle het EK toegelaat dat dit gebeur, ter
eniger tyd kon YAHUSHUA, 10 legioene engele geroep het om te kom veg en geen
mens sou lewendig oorgebly het nie en niemand wat hier lees sou van hulle sondes
gered word nie. Almal wat hier lees sou verdoem gewees het om die prys te betaal
vir hul eie sondes. EK, YAHUSHUA, het julle offerlam geword, omdat dit die plan
was van HaShem Adonai, om MY te vra dat EK julle plek inneem, vir julle sondes,
'n Bloed versoening van Heilige Sondelose Bloed geëis het sodat julle kan
vergewe word en herenig met die Elohim van julle Skepping en in die Hemel kan
lewe saam met ons. EK, YAHUSHUA is die een waarvan daar gepraat word in JESAJA
53. Moenie dat julle onheilige rabbis langer vir julle lieg nie. Yisrael het nie
die prys betaal wat EK betaal het nie. Hoe kan Yisrael die een wees waarvan daar
in Jesaja 53 gepraat word?
EK spreek dit voort deur MY Apostel Sherrie Elijah [Elisheva Eliyahu], julle
Jode het MY, YAHUSHUA, nie gekruisig nie. Dit was die Romeine wat MY aan daardie
kruis vasgespyker het. Die Romeine het MY Kinders geoffer wat MY in waarheid
aanbid. Die Romeine het 'n coliseum gebou om MY te bespot terwyl hulle MY
Kinders gemartel het, onthoof en middeldeur gesaag het, verskeie maniere van
dood, marteling, steniging gebruik het, hulle vir die leeus gevoer het en mans,
vrouens en kinders doodgemaak het vir pret, vir plesier. Pasop, die Romeinse Ryk
wil dit weer doen, ja, met julle ook o, Yisrael. Pasop vir die een wat na julle
toe kom Yisrael, met 'n lang kleed aan, 'n septer dra, op 'n troon sit, vrede
spreek, in MY Naam, en tog is daar geen vrede in hom te vinde nie. Hy dien nie
die Elohim van vrede nie. Hy het in die onheilige tempel gesit en selfs sy
skoene uitgetrek en wit aanglipskoene aangetrek, wat geen reinheid in hulle het
nie, soos om te sê dat hierdie heilige grond is en hy wat veronderstel is om te
staan vir die Elohim van die Skepping het sy siel verdoem op 'n nuwe manier
daardie dag.
Hierdie man wat aanbidders het wat hom aanbid het die wet van HaShem Adonai
gebreek net so seker as wat dit ‘n goue kalf was soos die een wat Aaron gemaak
het om te aanbid. Jy mag geen ander ELOHIMS voor MY hê nie. Die woord moenie sê
voor MY nie dit moet sê, julle mag GEEN ander Elohims buiten MY hê nie! “EK IS”
wie geen ander naam nodig het nie. Want “EK IS” wie “EK IS”en daar is geen ander
nie! Pasop vir die geestelike leiers wat van die Romeinse Ryk kom. Yisrael,
julle word verkoop aan die hoogste bieër en julle besef dit nie eens nie. Maar
Yisrael, niemand kan verkoop wat nie aan hulle gegee was nie. Want Yisrael
behoort aan HaShem Adonai. EK het 'n belofte aan julle voorvader Abraham gemaak
en EK is nie 'n mens dat EK lieg nie.
Die bloed van die martelaars is soos sement wat die stene van die coliseum
aanmekaar hou, bloed wat uitroep om wraak op MY vyande. Moenie mislei word nie,
diegene wat so verhewe sit en dink dat hulle soos 'n Elohim is want “EK IS” is
nie 'n Elohim wat vir lank bespot sal word nie! Diegene wat MY Kinders doodmaak
sal in daardie coliseums wees in die Hel. Dit sal weer afspeel en die maniere
waarop die vyande MY Kinders doodmaak en martel, sal aan hulle gedoen word vir
ewig oor en oor en oor! MY Seun YAHUSHUA het nie wraak geneem nie, maar het
instede daarvan gebid, nie net vir die wat hom gekruisig en geslaan en gemartel
het en verneder het nie maar vir die hele Yisrael en die wêreld. Julle glo EK,
HaShem Adonai spreek voort deur MY profete van ouds, hoekom kan julle nie glo
dat EK HaShem Adonai en YAHUSHUA voorspreek deur MY Dienaars, Apostels en
Profete nie?
EK YAHUSHUA het gesê, "Vader, vergewe hulle, want hulle weet nie wat hulle doen
nie!" EK, YAHUSHUA het Yisrael lief, en so ook HaShem Adonai en die RUACH ha
KODESH. Het EK nie MY Gees, in Jerusalem vrygestel onder julle mense nie? Was MY
moeder nie 'n maagdelike Joodse dienares nie? Het EK tekens, wonders en
wonderwerke in 'n vreemde land gedoen? Julle weet dit was op Yisrael se grond
waarop EK gereis, geloop, gepreek, genees, bevry, die dooies opgewek het,
onderrig, gelewe, gewerk en saam met julle aanbid het. Yisrael, hoe lank sal jy
MY verloën?
Het julle ooit gevind dat EK sonde gedoen het terwyl EK tussen julle geloop het?
Nee, want EK was versoek soos enige sterflike mens maar EK het nie geswig voor
daardie versoeking nie. EK, YAHUSHUA, het die lewe gelei van 'n Jood en EK het
elke Joodse wet onderhou want EK het nie gekom om die wette te kanselleer nie,
ingestel deur MY VADER wat hulle met SY vinger op stuk ‘n klip geskryf het nie!
Terwyl HY die wette in 'n klipsteen ingebrand het, het HY hulle ook in julle
harte ingebrand sodat julle geen verskoning het om te sê julle ken nie die
verskil tussen reg en verkeerd nie. Tog veroordeel selfs daardie wette julle
want julle onderhou nie die wette nie, julle het iemand nodig om in te tree ter
wille van julle en EK, YAHUSHUA, het MY Heilige Sondelose Bloed gestort MY lewe
neergelê vir almal wat MY Naam aanroep, daar is vergifnis van sonde. HaShem
Adonai sien nie meer julle sondes nie, maar sien MY Bloed in plaas daarvan wat
julle sondes bedek, en hulle wegwas. Moenie dink dit beteken dat jy soos satan
kan lewe en HaShem Adonai steeds kan liefhê en HOM dien nie, want dit is geen
verskoning om opsetlik te sondig en Elohim die Vader te bedroef nie. Net om te
sien hoe naby jy aan die hel kan lewe is baie gevaarlik want jy weet nie watter
tyd of uur jou lewe op hierdie aarde eindig nie. Pasop die dood is slegs die
begin van die ewigheid óf in die Hemel of in die Hel.
As dit net voldoende was om die Hoogs-Heilige Dae te onderhou om jou die Hemel
te waarborg, dan hoef EK nie die prys te betaal het vir julle sondes met MY
aardse lewe nie. As dit genoeg was om die wette te onderhou, sou dit nie vir MY
nodig gewees het om julle offer te wees nie. Niemand op die aangesig van hierdie
aarde is sondeloos nie. Almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan
volmaaktheid want hierdie is die planeet waarop die sonde van rebellie losgelaat
was deur die vader van alle rebelsheid en leuens, sy naam is satan.
EK, YAHUSHUA, sou nie julle MESSIAS gewees het of waardig om julle onbevlekte
Lams offer te wees as EK vir sonde geswig het nie. Wys die Torah en Tanakh (Ou
Testament) nie oor-en-oor deur die Profete van ouds, groter liefde het niemand
as die een wat sy lewe neerlê vir ‘n ander nie? HaShem Adonai het MY gevra om
dit te doen terwille van julle. EK sou dit weer doen as daar net een was wat
nodig gehad het om gered te word. EK dra die littekens van MY liefde vir julle,
in MY hande en MY voete. Julle is altyd voor MY selfs in die palms van MY hande
is julle ingegraveer! EK was gekruisig in julle plek almal wat sondig, en almal
het gesondig en dit ontbreek hulle aan die Heerlikheid van Elohim julle Skepper
vir wie julle HaShem Adonai noem, ander noem HOM YAHUVEH! HY is een en dieselfde,
die enigste Elohim, die Vader, die Groot Elohim wat geen naam nodig het nie
buiten “EK IS”.
Niks het verander nie want die Politieke stelsels en dieselfde gees van
godsdiens wat MY skuldig bevind het sal dit weer doen vandag. Dit is korrup en
besmet deur diegene wat hulleself Jode noem maar dit nie is nie en eerder van
die sinagoge van satan of dienaars van satan is. Hulle lê laste neer op MY Mense,
wat hulle weier om self te dra, belasting wat hulle weier om self te betaal.
Yisrael, en MY Kinders regoor die wêreld pasop, want nou wil die vyande en sal
die vyande diegene gebruik wat YAHUVEH in waarheid aanbid as ‘n sondebok en sal
julle blameer vir gruweldade wat julle nie gedoen het nie. Julle blameer vir
moorde wat gepleeg word deur diegene wat julle wil vesrstrik. Jou grootste
vyande lyk soos julle, praat soos julle, en tog het hulle jul uitverkoop net
soos Judas MY uitverkoop het vir 30 stukke silwer. Onthou Judas, was ook 'n Jood
wat net soos julle gelyk het. satan wil uitvind wat julle prys is om die Elohim
wie julle dien uit te verkoop. Wat is julle prys? Die waarde van ‘n siel is
onskatbaar so ook die Koninkryk van die Hemel.
Julle het vyande wat teen julle oorlog maak en tog besef julle nie dat die
oorlog wat teen julle kom 'n politieke Komplot is nie om julle aandag weg te lei
van die ware vyande wat julle en julle geloof wil vernietig in die Elohim wat
julle dien. Hierdie vyand wil die land waarin julle woon vernietig, alhoewel
hulle in dieselfde land woon, dieselfde nasies, Hel sal hulle volgende tuiste
wees.
Hongersnode nie deur MY toedoen nie, droogte nie deur MY gemaak nie, alles deur
mense om mense te vernietig om Elohim te speel! Sieklike diere wat nie deur die
Skepper geskep is nie, maar eerder mensgemaak, nie gemaak deur Elohim nie, alles
vir dieselfde rede as Judas, terwille van gierigheid. Wêreldwyd gaan mense dood
en gesonde diere word vernietig en niemand bevraagteken dit nie? Dit is sodat
die vyand julle kosvoorrade en die koste daarvan kan beheer. Verhongering in
lande wat nooit hongersnood, en droogte geken het nie en tog sal hulle
hongersnood en droogte ken voor die einde van hierdie jaar sal julle hoor van
gruwels wat gedoen is en Elohim sal hulle sê is die blaam! Tog het Elohim nie
enige iets gedoen om MY geliefde kinders te vervloek nie hulle net geseën.
satan en sy dienaars lieg vir julle en laat julle dink HaShem ADONAI is doof vir
julle gebede en julle geteisterde uitroepe. Maar dit is 'n leuen want julle
Vader Elohim huil saam met julle, en sal julle in ere herstel en wraak neem op
die vyande en sal almal bevry wat dit waag om te glo dat HY dieselfde Elohim is
wat verlos het in tye van ouds. Pasop, want nou is die tyd wat voorspel was
wanneer daar van die goeie gepraat word as boosheid, en van boosheid gepraat
word asof dit goed is. Hoeveel sal opstaan en verklaar dat hulle staan vir
Heiligheid. Die skrifte verklaar wat Heiligheid is, moenie dat die mens daardie
standaarde stel nie.
EK is bedroef oor wat met Yisrael moet gebeur voordat julle sal bekeer omdat
julle die een en enigste MESSIAS verwerp! Want EK is YAHUSHUA daar is geen ander
MESSIAS, wat die prys betaal het wat EK betaal het nie. Daar is 'n ander vals
messias, pasop want hy is die seun van verderf en sal binnekort kom om julle te
mislei en julle in 'n groter onderdrukking te plaas as die bose farao of Herodes.
Selfs Hitler sal nie kan vergelyk met die bose anti-messias wat kom en dié van
die vals profeet nie. Hy kom na julle toe Yisrael om julle eerste te mislei. EK,
YAHUSHUA, was in Betlehem gebore en was gemartel, vir ander se sondes. Geen mens
het MY doodgemaak nie. EK het gewillig MY lewe neergelê vir julle en gesterf vir
almal wat sondig en EK het opgestaan uit die dood, nie in 'n vreemde land nie
maar weereens in Jerusalem op MY Sabbat.
EK het opgevaar na die Hemel vanaf Jerusalem en EK sal weer kom na Jerusalem
toe. EK, YAHUHSUA, sal nie MY voete plant op enige ander berge as die Olyf Berg
nie. EK, YAHUSHUA, sal heers en regeer vanuit Jerusalem die bose mense verslaan,
op Yisrael se grond. Yisrael, o Yisrael, verstaan julle nie hoeveel liefde
HaShem Adonai en EK, YAHUSHUA, vir julle het nie? Ons rig selfs Apostels en
Profete op regoor die wêreld om julle te herinner hoe lief ONS julle het. Hoe
lank sal julle ONS geduld beproef? Hoeveel bloed moet nog vloei voordat julle
terugdraai na Heiligheid en die prins van duisternis verlaat? ONS is alwetend en
ONS weet reeds wat dit sal verg, en so moet dit gebeur. Want ONS weet hoe lank
dit sal neem voordat julle sal terugkom en die hedendaagse manier van aanbidding
verlaat deur net met julle lippe te bid, woorde op te sê met julle monde en nie
met julle hart, of Gees nie?
Vra julself af, 'Hoe lank nog voordat julle sal glo wat julle voorvaders,
Abraham, Isak, Jakob, Moses, Noag, Daniël, Josef, Joshua en Elia, moet EK hulle
almal opnoem? Julle ken die Torah en die Tanakh, nou hoekom sê julle dit net op
en vertrou nie in geloof nie soos die Elohim van jul Skepping voorheen vir
Israel verlos het, kan en sal “EK IS” dit weer doen. O Yisrael, julle is en
julle was soos 'n ongehoorsame kind, vol rebellie, doen dinge op julle manier en
nie op “EK IS”se manier nie. Julle ken die Torah, en Tanakh, hoe lank voordat
julle sal glo wat julle onderrig en opsê? Hoe lank nog voordat julle op jul
knieë val en HaShem Adonai vra om in te gryp in jul oorloë? Wanneer sal julle
erken dat die vyand te groot is vir julle en julself verneder voor HaShem Adonai
sodat EK sal wraak neem vir julle? Hou op om self te probeer wraak neem. Keer
terug om te bid tot die Elohim van julle voorvaders. Keer terug om MY weer te
loof in die Psalms voordat julle in geveg gaan.
EK stuur MY Apostel, diensmaagd na julle toe, om julle te vra om weer terug te
keer na MY op die manier van ouds, en moenie jul geloof versaak in die tyd
wanneer julle dit die nodigste het nie. Hou op om die boodskappers te stenig wat
EK na julle toe stuur. Hou op om hulle te arresteer en hulle dood te maak en
hulle weg te jaag. In plaas daarvan tel eerder die hoeksteen van die Tempel op
wat julle verwerp het en bou julle huise op daardie rots. Dit is julle enigste
hoop; dit is julle enigste redding. Moenie neersien op hierdie dienaar van MY
omdat sy maar net ‘n gewone vrou is nie. Onthou Deborah en hoe EK haar bestem
het as 'n Regter en 'n Profeet vir die hele Yisrael. EK het haar eie man nie
gekies nie, alhoewel hy in die poorte gesit het en 'n Heilige man was. Omdat
mans dit gewaag het om te sê wat HaShem Adonai sou doen en nie sou doen nie, wie
EK sou gebruik en nie sou gebruik nie, het EK diegene beskaam wat hulself wys
geag het en EK het dit eenmaal gedoen en EK doen dit weer. EK HaShem Adonai het
aan julle MY Seun, YAHUSHUA, gegee as 'n geskenk uit die Hemel, eendag sal julle
aan MY verantwoording doen wat julle met HOM gedoen het? Het julle HOM aanvaar
of HOM verloën? Het julle probeer om HOM opnuut te kruisig? Het julle die
geskenk aanvaar wat EK aan julle gegee het by Golgota?
Hoe begeer EK om dit wat moet gebeur te stop, want bloed sal in die strate vloei,
en dit het reeds begin. Vrees sal so 'n wroeging wees selfs in julle slaap sal
julle met een oog oop wil slaap. Julle sal gebruik word as sondebokke, gebruik
as ‘n offer terwyl julle eie politici dit wat die vyande doen toesmeer want
hulle weet hulle wil nie erken dat die vyande alreeds die politieke ampte
infiltreer het wat julle vertrou het nie.
Vertrou niemand nie behalwe HaShem Adonai, Elohim van julle skepping en
YAHUSHUA, Elohim van julle redding. Vertrou HaShem Adonai terwyl julle na MY
uitroep vir genade, en MY aangesig soek, oor die waarheid wie YAHUSHUA is, EK
sal getrou vir julle bewyse stuur van dit wat MY diensmaagd voortspreek in MY
Naam. Moenie al julle rabbis vertrou om die waarheid te praat nie, want so baie
van hulle spreek nie meer MY waarheid nie maar die waarheid wat die anti-messias
sal spreek. Die bose rabbis en leraars, politici spreek wat die vals profeet sal
sê. Die vals rabbis sê hulle is ‘n Jood en tog behoort hulle aan die sinagoge
van hasatan. Pasop julle was gewaarsku. Hulle vertel julle om te leef op ‘n
manier wat julle groot opoffering kos en tog plaas die vals rabbis laste op
julle wat hulself nie dra nie maar pak die laste, en vrese op MY Mense.
EK vra julle nie om jul Joodsheid prys te gee nie; EK vra julle nie om oor te
gaan na Christenskap nie. Christenskap het die Jode nodig om hulle te leer wat
verwaarloos word in die meerderheid van Kerke die Joodsheid van YAHUHSUA. Draai
weer na die Elohim van julle voorvaders, en erken, YAHUSHUA is MY Seun, en MY
geskenk wat EK aan julle gegee het by Golgota vir die versoening van die sondes
van die wêreld, vir diegene wat MY Heilige Bloed offer sal aanvaar en wegdraai
van hulle bose weë, en YAHUSHUA aanvaar, as die Koning van die Jode, en Heer van
die Here en die Koning VAN Konings. Aanvaar YAHUSHUA, as die enigste verwekte
Seun van Elohim YAHUVEH, wat ook genoem word HaShem Adonai.
MY Seun YAHUSHUA is 'n Jood en het nie die etiket van Christen gedra nie. Wees
lief vir YAHUSHUA, soos julle MY liefhet. Erken hom as julle MESSIAS, en moenie
bekommerd wees om julle familie se respek te verloor nie, wees eerder bekommerd
dat die Elohim van julle skepping julle onteien. Julle het die Hemel om te
verwerf en die Hel om te vermy, dit is julle keuse. Yisrael, o Yisrael, julle is
‘n appel in MY oog, maar op die oomblik is daar wurms daarin. Onderskei die
wurms en ontbloot hulle. Pasop julle sal gereken word as ‘n sondebok en
wêreldwyd blameer word vir die vernietiging van dit wat julle tot dusver geduld
het. Die vyand wil julle so graag vernietig dat hulle sal vernietig wat hulle
weet hulle kan herbou. Want mensehande het daardie koepel gebou en die vyand
weet dat mensehande weer daardie tempel kan bou. Maar die Tempel wat nie met
mensehande gebou kan word nie is binne-in julle. EK, HaShem Adonai sal Yisrael
oprig en verdedig, wanneer dit lyk of alle nasies teen julle is. Wannneer julle
erken, julle hulp kom alleenlik uit die Hemel en geen ander plek nie. Wanneer
julle die Naam van HaShem ADONAI aanroep in die Naam van YAHUSHUA, sal EK kom en
julle verlos.
Maar EK waarsku julle nou vooraf, daar is 'n komplot om julle ‘n sondebok te
maak, MY mense wat net vrede verlang maar nooit vrede geken het, word daar reeds
leuens van vertel en beswadder en daar is diegene wat die wêreld wil draai teen
MY klein volkie wat EK Jerusalem noem. Wanneer julle dors het, sal julle dors na
geregtigheid, want julle het die enigste Lewende Water verwerp. Aanvaar MY
Lewende Water nou en julle sal nooit weer dors hê nie. MY Naam is YAHUSHUA. EK
is die Lewende Water wat voort vloei. Dit het uit MY sy gekom gemeng met MY
Bloed toe die Romeine MY deurboor het. In MY Bloed is daar genesing, bevryding,
opstandingskrag, redding en die salwing van die RUACH HA KODESH.
“EK IS” het Yisrael geseën met verborge skatte. Goud en silwer, olie, die beste
vrugte en groente, rose wat blom in die woestyn, edelgesteentes wat julle nie
van weet nie. EK het vir Yisrael geseën, met kennis en uitvindings van nêrens
anders as Elohim-geïnspireerd nie. Julle grond het die bloed van die martelaars
wat uitroep. Wanneer julle honger is, besef dit is julle sterflike liggame, wat
honger na Heiligheid. Want alhoewel julle die Heilige Land genoem word het julle
toegelaat dat julle land besmet word met die sondes van hierdie wêreld. Bekeer
nou van die gruwels gedoen in die teenwoordigheid van die Naam van HaShem Adonai
wie die wette gegee het vir Moses en vir die hele Yisrael en dus vir die wêreld.
EK het nie verander nie, “EK IS” dieselfde vandag, gister en vir ewig! Wandel in
die skoene van julle voorvaders, in geloof luister na diegene wat EK oprig en
deur spreek. EK praat steeds deur MY Apostels en Profete, voor die oordeel kom.
EK praat in drome, openbarings, visioene en profesieë, maar hoeveel in Yisrael
of in die wêreld luister? Vir diegene met dowe ore, is dit óf nie nou die tyd
vir julle ore om oop te gaan nie omdat daar 'n sekere tyd en seisoen is, óf
julle is soos die bose Farao en julle ore het oopgegaan maar ook weer toegegaan
en julle sal 7 maal dower en meer hardvogtig opeindig indien julle nie bekeer
nie. Julle lot sal wees soos die van die bose Farao, maar vir MY Kinders sal EK
die Rooi See weer oopmaak en hardloop na die berge toe en EK sal julle wegsteek
onder die beskutting van MY vlerke.
Roep MY Naam aan in die Naam van YAHUSHUA, en EK sal jou antwoord en jou verlos.
Moenie MY RUACH ha KODESH (Heilige Gees) bedroef nie, want “EK IS” sal nie altyd
met die mensdom wedywer nie. Wanneer julle YAHUSHUA verloën, verloën julle een
van jul eie, verwerp julle SY Vader, wie julle HaShem Adonai noem. YAHUSHUA, was
gebore uit 'n Joodse Heilige maagdelike diensmaagd, en dit wat sy en Josef gesê
het was die waarheid. Moenie mislei word vir diegene wat van haar 'n Elohim wil
maak nie. Selfs sy het vir YAHUSHUA Here genoem! Respekteer haar en wees lief
vir haar vir die prys wat sy as moeder moes betaal. Sy het ook 'n Redder nodig
gehad want niemand was perfek nie, nie eers YAHUSHUA se ma en Josef sy aardse pa
nie.
YAHUSHUA het gesê, "EK het nie gekom om die wette van MY Vader te vernietig nie,
maar om dit te vervul." Eer die Sabbatdag en hou dit Heilig was geskryf deur die
vinger van Elohim. Julle moet bestudeer en julself bewys as beproef maar wees
versigtig vir die verskillende vertalings van die waarheid, sommige is die
waarheid en sommige is korrupte vertalings wat die Joodsheid van YAHUSHUA wil
wegneem en selfs MY Tien Gebooie verander het om in lyn te kom met die woorde
van 'n mens en nie met die woorde wat deur MY Profete en Dissipels gespreek word
nie. Wat ookal nie met die Torah en die Tanakh ooreenstem nie soek MY en kyk of
'n mens nie die oorspronklike woorde verander het nie omdat bose leiers probeer
het om die Heilige Skrifte te verknoei. Daar is 'n suiwer vertaling, soek MY en
vra MY en EK sal vir julle die suiwerste vertaling wys soos dit oorspronklik
geskryf was. (Aramese of Hebreeuse Bybels.)
MY Seun YAHUSHUA was eerste na die Jode gestuur en toe na die Heidene. Omdat
julle MY Geliefde Seun verwerp het, en SY reddings bloed in SY gesig teruggegooi
het, het EK HOM na die Heidene gestuur, nou stuur EK HOM weer terug na julle
toe, o Yisrael. Hoeveel sal bekeer en YAHUVEH se geskenk by Golgota aanvaar?
Hoeveel sal nie hulle harte verhard nie en gewillig hulle reputasies,
godsdienste neerlê? En ja selfs die liefde van julle families, terwyl julle doen
wat die eerste gebod onderrig, "Julle moet die Here julle Elohim met julle hele
hart liefhê." En HOEVEEL van julle sal die Elohim van julle Skepping en julle
Redding eerste in julle lewens stel, selfs al beteken dit om jou lewe neer te lê
vir 'n ander? Hoeveel sal die geloof van Joshua hê? Menigtes gaan die noodlot
van Sodom en Gomorra maai. EK sal nie bespot word nie. Wat destyds sonde was is
sonde vir vandag.
Net omdat julle jul idees verander het oor wat sonde is, beteken nie dat “EK IS”
verander het nie. Net omdat julle geestelike leiers julle verseker dat daar geen
prys is om vir sonde te betaal nie, hulle lieg en sê daar is nie ‘n hel nie! EK
het MY mooiste engel Lucifer nie gespaar nie. Lucifer, vir sy rebellie, sowel as
al die ander gevalle engele maai wat hulle gesaai het! “EK IS” is nie ‘n
aannemer van persoon nie. Daar is 'n hoë boete vir sonde, en alleenlik MY Seun
YAHUSHUA se Bloed versoening vir die vergewing van sondes, sal julle sonde
wegwas totdat EK julle sonde nie meer kan sien nie.
Wanneer EK na 'n mens kyk wat YAHUSHUA as Here en MESSIAS erken, word EK
herinner aan die prys wat MY Seun betaal het om jou uit ‘n hel te hou wat wel
bestaan. Diegene wat anders onderrig sal die prys uitvind wat hulle betaal om
ander en hulself op 'n dwaalweg te lei. Wee die blindes wat die blindes in die
put inlei. Wee die dowes wat ander leer om doof te wees vir MY waarskuwings en
oordeel wat EK deur MY Apostels en Profete voortspreek. Wee die geestelike en
politieke leiers wat lewens opoffer sodat hulle kan leef in prag en praal en
soos konings en koninginne regeer. Wee die Judasse van hierdie aarde, julle sal
jul lot teëkom net so seker soos Judas syne teëgekom het.
So is dit gespreek, so is dit geskryf onder die salwing van die RUACH ha KODESH.
Apostel Elisabeth Elijah (Elisheva Eliyahu)
Om ongelyk gebonde te wees is baie duidelik ‘n baie belangrike saak vir
YAHUVEH, YAHUSHUA en IMMAYAH (2 Kor 6:14). Hier is nog ‘n Profetiese Woord
aangaande ‘n ongelyk gebonde huwelik. YAHUVEH verlang NIE dat SY kinders ongelyk
gebonde moet wees nie, punt.
YAH se Woord sê, “Laat geen mens dit wat YAH saamgevoeg het, skei nie” (Mk
`10:9). Sien julle dit? Dit sê, wat YAH saamgevoeg het, nie wat ‘n mens
saamgevoeg het nie. Indien jy in ‘n ongelyk gebonde huwelik is, was dit nie
YAHUVEH wat dit gedoen het nie. JY HET DIT GEDOEN of ‘n eggenoot HET WEGGEDRAAI
van YAHUSHUA AF! Verstaan dit asseblief. YAHUVEH verlang NIE dat jy moet aanhou
om ‘n huwelik bymekaar te probeer hou wat HY nie vanuit die Hemel georden het
nie.
Hieronder is die Profesie soos dit voortgekom het
—met Profeet Elisheva se “Heilige tale” soos GOD se GEES uiting gee.
(Hand.2:3-4) van hemelse of aardse tale (1 Kor.13:1) Elisheva spreek voort in
tale wat Profesie laat voortkom (1 Kor.14:6)
Ons gebruik die HEBREEUSE NAME van GOD:
YAH/YAHU is die HEILIGE , GEWYDE NAAM van GOD soos in “Alleluia” of “Hallelu
YAH” Wat letterlik beteken: “Prys YAH,” YAHUVEH/YAHWEH, GOD DIE VADER
YAHUSHUA/YAHSHUA, GOD SE ENIGSTE GEBORE SEUN (HA MASHIACH beteken Die MESSIAS;
ELOHIM beteken GOD. Die Openbaring van “SH’KHINYAH GLORY” – as die PERSOONLIKE
NAAM van die RUACH HA KODESH (In Afrikaans genoem “Die HEILIGE GEES”)—is ook op
hierdie webwerf. (HA SH’KHINAH {SHEKINAH} is Hebreeus vir GOD VERTOEF, HEILIGE
TEENWOORDIGHEID)
Addisioneel, ABBA YAH beteken “VADER YAH” en IMMAYAH beteken “MOEDER YAH.” In
Hebreeus is die GEES VAN GOD vroulik, verwys na as “SY,” en word so vervat in
die Profesie en Skriftuurlike voetnotas onder-aan. Alle direkte verwysings na
GOD is hoofletters.
(Skrifaanhalings vanuit: Woord en Getuienis Bybel vertaling, behalwe wanneer
anders aangedui)
* * * * * * *
YAHUVEH se Waarskuwing voor die Profesieë:
Elisabeth (Elisheva), EK het jou lank gelede gewaarsku om nie hierdie Bediening
na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar ‘n Bediening was,
het EK dit in jou gees geplaas. Want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie,
niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie.
Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA
jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van Die RUACH HA KODESH jou
IMMAYAH geboorte gegee.
As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het.
Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se WIND wat oor hierdie aarde waai, die
HEILIGE WIND VAN HERLEWING. Dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk
het.
EK IS YAHUVEH, dit is MY NAAM; en MY EER sal EK aan geen ander gee, of ook MY
LOF aan die gesnede beelde nie. (Jes 42:8)
(Profesie 105)
In Julie 2010 het YAHUVEH GOD gesê om hierdie by te voeg vir diegene wat spot:
“Maar hulle het die Boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY
Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat
daar geen genesing meer was nie.” 2 Kronieke 36:16
* * * * * * *
Verhaal Agter die Profesie 113
Hierdie Profesie was gebore omdat ‘n vrou genaamd Rachael my ge-epos en gevra
het dat ons vir haar huwelik moet bid. Haar sogenaamde gelowige man drink en
gebruik dwelms— en wil niks met Rachael te doen hê nie—maar sy hou aan om aan
hierdie sogenaamde man vas te hou en hou aan sê sy is lief vir hom.
Ek gaan my bes doen om ‘n baie lang storie te verkort om julle te help om te
verstaan wat gebeur het. Rachael is ‘n jong vrou en het my, Elisheva in 2007 ge-epos.
Sy het gesê sy het ‘n man op ‘n Messiaans Joodse afspraak-webwerf ontmoet. Ek
glo dit was Messiaans Joods maar ek is nie positief nie.
In elkgeval…Rachael het geglo hierdie ou was haar sielsgenoot as gevolg van ‘n
droom wat sy gehad het. In die droom glo sy, het YAH vir haar gesê haar
sielsgenoot se naam is David. Hierdie ou se naam was David, maar na sy ‘n tydjie
met hom gekommunikeer het, het dit duidelik geword hy het baie probleme met
alkohol en dwelms. Haar ouers het nie hierdie verhouding ondersteun nie en het
nie van David gehou nie en dit vir Rachael gesê, maar sy het steeds geglo
hierdie David was haar sielsgenoot.
Sy het toe gevra of ek vir haar situasie sou bid en ek het.
YAH het dat ek haar ‘n paar vrae oor David vra en sy het dit geantwoord en ek
het weer gebid. YAHUVEH het duidelik vir my gesê dit was nie haar sielsgenoot
nie. Sy moes in hierdie tyd haar oë op YAHUSHUA gefokus hou en nie na haar
sielsgenoot soek nie.
Soos ek gesê het, sy was ‘n jong vrou en was nog nie gereed vir ‘n verhouding
nie. Ek het vir Rachael ge-epos en haar gesê wat YAHUVEH gesê het.
Die volgende ding is, ek het ‘n e-pos van hierdie David ou ontvang wat vir my sê
ek moet my met my eie sake bemoei. O, ek het vergeet om te noem dat hierdie
David nie vir Rachael wou vertel wat sy van was nie. Hy het gesê sy van rym met
“Wysheid” so Rachael het na hom verwys as David “Wysheid”. Hierdie is belangrik
vir later.
Ek het toe ‘n e-pos van Rachael ontvang en sy het vir my gesê sy het die
verhouding met David “Wysheid” verbreek as gevolg van die waarskuwing wat
YAHUVEH vir haar deur my gegee het. Dit was groot nuus, en sy het gesê hoe sy
beplan om haar oë alleenlik op YAHUSHUA te vestig. Toe sy besluit het om haar oë
op YAHUSHUA te fokus, het sy gesê dat sy haar lidmaatskap by die afspraakdiens
gaan beëindig, maar op een of ander manier was haar lidmaatskap nog ‘n maand
verleng en sy het geen idee gehad hoekom nie.
Sy het toe haar profiel op die afspraak-webwerf herskryf en gesê sy was nie
geïntereseerd in ‘n verhouding nie en dat haar oë op YAHUSHUA was. Sy het toe
gesê dat ‘n ander David haar twee dae later, uit die bloute gekontak het deur
hierdie afspraakdiens en hulle het met mekaar begin kommunikeer. Hulle het selfs
op die telefoon met mekaar gesels, wat sy aanvanklik nie met David “Wysheid”
gedoen het nie. Sy was nou positief dat hierdie nuwe David haar sielsgenoot was.
Hulle het oor die telefoon gepraat en sy het gesê dit was so geseënd. Sy het
aangegaan en aangegaan dat hierdie die ou was. Hierdie ou het haar selfs sy van
gegee en het niks gehad om weg te steek nie.
Ek het Rachael nie geantwoord na dit nie. Sy het nie na die waarskuwings
geluister wat YAHUVEH vir haar gegee het nie en sy was aangesê om haar oë op
YAHUSHUA te hou en nie op haar sielsgenoot nie. Ek was gefrustreerd met hierdie
jong vrou en YAHUVEH het vir my gesê om nie langer my tyd op hierdie situasie te
mors nie.
Dit bring ons nou by die hede. Soos gemeld, e-pos Rachael my nou en vra vir
gebede vir haar sogenaamde man en huwelik.
Julle gaan nie glo wat ontdek was in al ons e-posse met Rachael se naam nie. Toe
Rachael my onlangs ge-epos het, kon ek haar in alle eerlikheid nie onthou nie en
dit was nie totdat ons hierdie ou e-posse ontdek het dat sy weer in my gedagtes
gekom het nie. Maar toe ons vertel is van hierdie ou e-posse, het ek Rachael
onmiddellik onthou en wat in 2007 gebeur het.
Goed, dit is hier waar dit ingewikkeld begin raak en ek bid dat julle sal
verstaan wat ek probeer sê. Onthou toe ek gesê het David “Wysheid” het my ge-epos
en vir my gesê het om my met my eie sake te bemoei. Wel, hy het een groot fout
begaan. Hy het sy REGTE van in daardie e-pos gesit en dit het nie met “Wysheid”
gerym nie. Met die lees van hierdie ou e-posse begin lees, het ons ontdek dat
David “Wysheid” dieselfde ou was wat my ge-epos het en dieselfde ou wat
wonderbaarlik die tweede keer vir Rachael in die hande gekry het en haar sy van
gegee het.
Rachael het gedink dit was iemand anders, maar dit was dieselfde ou.
Die van in die e-pos wat ek van David “Wysheid” gekry het, wat ons nie sal noem
nie om vir Rachael te beskerm—dit is presies dieselfde van as Rachael se nou
getroude van. Volg julle my?
David “Wysheid” is haar sogenaamde eggenoot. Hy het Rachael gekontak nadat sy
uitgemaak het met hom, maar Rachael het nie sy van geken nie. So, toe hierdie
nuwe David haar sy regte van gegee het, het sy gedink dit was ‘n ander ou, maar
dit was dieselfde ou.
Ons het die bewys in sy e-pos aan my met dieselfde van—satan het dit
gedoen—satan het hierdie jong dame gekul, maar hy was instaat om dit te doen
omdat Rachael nie wou gehoorsaam en haar oë op YAHUSHUA gefokus het nie. Rachael
het die gevolge van haar ongehoorsaamheid gely en hou aan om aan hierdie slang
vas te hou. Ek weet nie of Rachael dit al uitgepluis het en of die sogenaamde
man haar die waarheid vertel het nie, maar sy gaan nou die waarheid sien.
So, hier is ‘n brief wat ek vir Rachael geskryf het voordat haar ou e-posse
ontdek was.
Shalom Rachael,
Jy het vir die Amightywind Bediening geskryf met ‘n gebedsversoek. Ons het sopas
jou e-pos ontvang oor wat David gesê het wat jou diep seergemaak het. Ek is so
jammer vir jou wonde. Ek het jou e-pos gelees en ek het hierdie woorde gehoor
wat van YAHUSHUA afkom. Ek het vir HOM gesê jy mag dalk nie hierdie Heilige
Woorde ontvang nie, maar HY het gesê ek is verantwoordelik om SY Woorde af te
lewer – nie of jy dit sal glo nie. So, ek gehoorsaam. Aangesien ek so baie
e-posse per dag ontvang dat ek onmoontlik almal kan antwoord, het YAH vir my ‘n
gesalfde profetiese Bedieningspersoneel gegee wat help om hulle te antwoord.
Nietemin, ek lees wel almal en wanneer YAHUSHUA MASHIACH dit op my hart lê om
vir iemand te skryf, gehoorsaam ek.
In jou geval is daar ‘n antwoord op jou gebed, op ‘n ander manier as wat jy wou
hê dit beantwoord moes word en YAHUSHUA MASHIACH spreek dit uit en skryf dit
deur my om tot seën vir jou te wees, as jy maar net wil glo en ontvang. Vergewe
my, ek het nie tyd om dit te redigeer of om die spelfoute reg te maak nie, want
dit is baie belangrik dat jy dit so gou as moontlik moet ontvang.
[Elisheva]
Ek weet nie wat om te sê nie, maar hierdie e-pos is nooit gestuur nie. Ek maak
dit nou ‘n ope e-pos, verskoning en verduideliking oor hoekom ek dit nie dadelik
vir Rachael gestuur het nie.
Hierdie is ‘n openlike apologie aan Rachael, die vrou wie die salwing van die
HEILIGE GEES opgeroer het, en almal wie hierdie bemoedigende woord nodig het. Ek
het dit vertraag. Ek vra om verskoning vir jou Rachel, want hierdie Woord was
aan my gegee en ek was aangesê om dit ongeredigeerd vir jou te stuur, want jy
het onmiddellik ‘n Woord van die Hemel nodig gehad. Want dit was ‘n noodgeval.
Jou emosionele en verstandelike toestand was van so ‘n aard dat jy nie meer
duidelik van die Hemel kon hoor nie. Ek het nie gehoorsaam en die Profesie
dadelik gestuur nie, uit vrees vir verwerping.
As gevolg van Profesie 111, het ek gesien hoe ‘n man genaamd Steve Rossi Sr,
iemand wat ek broer genoem het, teen my gedraai het in haat omdat YAHUSHUA sy
gebed geantwoord het en hom gegee het wat hy wou hê: om vry te wees van ‘n
ongelukkige, liefdelose huwelik – hy het beweer hulle was geestelik ongelyk
gebonde. Steve Rossi Sr het gesmeek vir hierdie antwoord in gebed en toe
YAHUSHUA hom gee waarvoor hy gevra het, het hy besluit dit is finansieel
moeiliker om ‘n egskeidng te kry as om ongelukkig getroud te wees.
Die Profetiese Woord wat hy gesê het hy beskou as ‘n seën, praat hy nou van asof
dit ‘n vloek was. Ons het Steve toegelaat om sommige van die jong tieners te
beraad en ons het hom eens as ‘n seën beskou.
Etlike maande gelede het Steve Rossi Sr in die salwing van die RUACH HA KODESH
gegroei en elke Profesie liefgehad, totdat dit teen sy vlees te staan gekom het,
wat Profesie 111 was. Dit is toe dat sy liefde en respek verander het in haat
vir my. Vandat hy geweet het hy kan nie deel van hierdie Bediening wees nie, het
hy in wraak teen my gedraai en hom by die diensknegte van satan aangesluit en
vir ander vertel ek is ‘n vals profeet.
Die YDS Heilige Gebedsintersessors bid daagliks en vra vir YAHUVEH om wraak op
hulle te neem. Steve Rossi Sr. het ook eenmaal teen ons vyande gebid, maar het
nou by die vyande van hierdie Bediening aangesluit.
Hoekom het ek al hierdie ingesluit om saam te val met hierdie Profesie 113?
Ek voel YAHUVEH laat dat ek dit saam met my openlike apologie plaas want dit was
die vrees vir verwerping op alreeds oop wonde deur iemand wat ek “Broer” genoem
het, Steve Rossi Sr. Ek kon dit nie eers verdra om na hierdie Profesie te kyk
nie omdat dit ‘n herinnering was van wat gebeur het met Profesie 111.
Ek was herinner dat ek ongehoorsaam was aan YAH omdat hierdie Woord aan Rachael
gegee moes gewees het (die een vir wie dit daardie aand oorspronklik bedoel
was), tog het ek dit nie gedoen nie. En ek bely voor die Hemel en Aarde en veral
aan haar en almal vir wie hierdie Profesie 113 ‘n seën sal wees as antwoord op
julle gebede.
Vergewe my asseblief! Ek is nie volmaak nie en soos enige iemand anders maak ek
foute en vra YAHUSHUA om hierdie sonde in SY GESTORTE BLOED op Golgota te bedek!
Rachael, ek vra nederig jou vergifnis, omdat ek die volgende oggend ‘n ander
e-pos ontvang het dat jy opgeneem is in ‘n sielsieke hospitaal en geskryf het en
vir gebed gevra het. Ek het hierdie e-pos gesien en ek het geweet ek het met
YAHUVEH se tydsberekening gemors en die e-pos moes ongeredigeerd saam met
Profesie 113 gestuur word die aand wat dit ontvang was.
Rachael miskien sou jy nie die oggend in die sielsieke hospitaal ingeboek het as
ek gehoorsaam was nie. Dit was die gees van vrees en verwerping wat my gekeer
het. Rachael, selfs al het jy nogsteeds in die sielsieke hospitaal ingeboek, kon
jy die Profetiese Woorde saam met jou geneem het en van die Hemel gehoor het.
Wanneer jy hierdie lees, laat my asseblief weet dat jy my vergewe as jy kan.
Selfs al weet ek nie hoe my e-pos adres op jou e-lys beland het nie, (want sover
ons weet het niemand van ons vantevore aan jou geskryf nie, (Onthou, dit was
geskryf voordat die ou e-posse ontdek was), het YAHUSHUA jou gebruik om hierdie
Salwing op te roer sodat ander vrouens vrygemaak kan word sowel as mans, wie in
huwelike ly wat nie deur YAHUVEH georden was nie. In die Groot Verdrukking sal
julle in groot gevaar verkeer en iemand moet julle waarsku. Wat julle doen is
julle keuse.
Ek is net die boodskapper, georden en gesalf om YAHUSHUA se Heilige Profetiese
boodskappe uit te spreek.
Wie ookal hierdie lees, vergewe my asseblief omdat ek dit vertraag het. En as
dit julle seën, skryf asseblief vir my en laat my weet. Nietemin, as ek mag
byvoeg, moet asseblief nie geaffronteerd voel as julle nie dadelik terugvoering
ontvang nie. Ek sal julle in die Hemel bedank as ek julle nie in ‘n e-pos bedank
nie.
Ons probeer regtig om vir elkeen terug te skryf, maar somtyds is daar net nie
genoeg ure in ‘n dag nie. Dankie dat julle nie by die vyande van my siel
aansluit, my ruineer en beswadder omdat ek nie terug antwoord nie. Weet net dat
julle briewe gelees word en oor gebid word.
Jammer om te sê, die man genaamd Steve Rossi Sr. het my bestraf nadat ek vir hom
as ‘n seën van YAHUSHUA af, ‘n antwoord gegee het op wat hy ons gevra het om
voor te bid. Toe hy Profesie 111 ontvang het, het hy een van die Bediening se
ergste vyande geword. Sy vrou weet nou wat hy in die geheim vir ons vertel
het—en hy haat my en beswadder hierdie Bediening en noem my allerhande bose
name.
Ek kan nie voorgee dat dit nie seermaak nie, want ek het slegs ‘n paar maande
gelede nog vir hom omgegee as ‘n broer en vriend. Nietemin, ons gaan die e-posse
van al die mense oor die wêreld plaas wie die Stem van YAHUSHUA MASHIACH erken
en wie waarlik vry wil kom van ‘n huwelik wat nie deur YAHUVEH georden was nie.
*********
Profesie 113 Begin
So Spreek YAHUSHUA ha MASHIACH,
Sal Jy My Toelaat Om Te Skei Wat My HAND Nie Saamgevoeg Het Nie?
O dierbare geliefde kind, dit is nie MY begeerte dat jy hierdie onuitspreeklike
pyn moet ly nie. Ek stuur hierdie Heilige Profeet met ‘n seën – as jy dit net
sal glo en aanvaar. Kyk! EK antwoord jou gebed en spreek hierdie Heilige
Profesie uit om ‘n seën vir ander sowel as vir jou te wees as hulle net sal glo
en ontvang. (Markus 11:23).
Hoekom sê julle, “U wil geskied op aarde net soos in die Hemel”, behalwe wanneer
dit kom by om ‘n huwelik te beëindig wat nie en nooit deur YAHUVEH georden was
nie? Hoekom kan julle nie die blaam aanvaar nie? Dit is deur julle eie hand dat
julle julself saamgebind het, nie deur die Hand van YAHUVEH nie. (Esegiël 9-10;
Nehemia 13:23-27). Julle dink “EK IS” is beïndruk met hoeveel jare julle saam
is—dit is soos ‘n gevangene wat sy dae in die dodesel aftel. Julle dink julle
sal beloon word omdat julle ongelukkig getroud is in julle oë?
Herken julle nie die skeidingswaard wat EK gebruik het om julle van ‘n persoon
te skei wat julle nie liefhet, respekteer of waardevol ag soos wat EK wou hê
eggenotes mekaar moet koester nie? (Efesiërs 5:22-33).
Hoekom weier jy om te luister en eis dat EK gebede beantwoord wat teen MY wil is
(Jakobus 4)? Besef jy nie dat jy beter af is sonder hom nie? EK het nie jou
gebede beantwoord [om bymekaar te bly] nie. Want dit is nie MY wil dat julle
saam is nie. EK het met MY Eie Hand ‘n verhouding geskei wat ongelyk gebind is
op alle maniere.
Selfs al kry jy ‘n miljoen mense om te bid en stem saam met jou gebede, EK IS
ALMAGTIGE GOD, YAHUSHUA HA MASHIACH, jou HEER & VERLOSSER, maar EK sal nie
gemanipuleer word om enigiets teen MY wil te doen nie. Vas kan MY nie van plan
laat verander nie. Trane sal MY nie van plan laat verander nie.
EK begeer die beste vir jou, nie die slegste nie!
EK sal nie seën wat EK nie saamgevoeg het nie. Jy mislei jouself en dink EK het
jou in ‘n huwelik saamgevoeg wat vir jou so ‘n gevoel van leegheid bring. Jy
mislei jouself en dink dat hierdie persoon vanuit die Hemel bestem was om jou
sielsgenoot en eggenoot te wees. Jou hart was maar net ‘n speelding in die hand
van die vyand om te manipuleer, te mishandel, te verwaarloos, te verwerp en te
vernietig.
Het jy nie verstaan dat Profesie 111 wat EK deur Elisabeth Elijah [Elisheva
Eliyahu] gespreek het, ‘n geskenk vir jou ook was nie? Jy was nooit in die oë
van die Hemel getroud nie, slegs in jou eie oë. (Spr 16:25; 21:2).
Hierdie vyand bespot jou op die manier wat die vyand MY bespot en alles wat
Heilig is. Moenie mislei word nie, elkeen maai wat hulle gesaai het, ABBA
YAHUVEH word nie maklik bespot nie, die Poel van Vuur wag vir hulle wie volhard
om hulle lewens volgens hulle manier te leef en nie volgens YAHUVEH se manier
nie. (Gal 6:7-8)!
EK het hierdie profeet onverwags vandag opgerig om vir jou ‘n bemoedigende Woord
te gee omdat jy MY nie meer self kan hoor nie; jy hoor jou eie stem, jou eie
begeertes bepaal jou eie weg (2 Pet 1:20-21)—en jy dink YAH sal dinge verander,
as gevolg van al jou gebede en die gebede van ander (Jakobus 4), maar oordeel is
vas en jy moet laat gaan wat jy nooit regtig gehad het nie. Dit was alles net ‘n
illusie van die hel af (1 Joh 2:17).
Moenie hasatan [Hebreeus vir “die teëstaander”] die plesier gee om te sien hoe
jy jouself elke dag meer skade aandoen nie. Moenie hasatan die plesier gee om te
sien jy huil oor hierdie een wie se naam nie in die LAM se Boek van Lewe te
vinde is nie!
Sê MY Woord nie: Wat het lig en duisternis in gemeen nie? (2 Kor 6:14). Hoekom
volhard jy om met geestelike duisternis saam te woon?
Besef jy nie dat elke dag wat jy dit gedoen het, het hasatan hierdie kruik van
satan gebruik om te probeer om jou geloof, hoop en die uitstraling op jou gesig
uit te doof nie? Besef jy nie satan het hierdie persoon gebruik om die Heilige
Vuur te blus (1 Thess 5:19-22) binne-in jou nie? Besef jy nie hasatan het
hierdie persoon gebruik om jou die dood bo die lewe te laat verkies nie? Besef
jy nie hasatan het hierdie persoon gebruik om jou huis met demone te vul en
demoniese geeste toe te laat om jou te onderdruk nie? (Nehemia 13:26).
Hoe kan jy glo EK sou vir jou so ‘n persoon as ‘n sielsgenoot gee? Sielsgenote
herken mekaar en koester mekaar. Selfs die heidene, wie se name nie voor die
grondlegging van die wêreld af in die LAM se Boek van Lewe opgeskryf is nie,
herken mekaar.
Byvoorbeeld Ozzy Osborne en Sharon Osborne het mekaar herken want hulle is
sielsgenote en beide is bestem vir die hel en die Poel van Vuur ná hierdie lewe.
Hulle albei dien hasatan en albei spot alles wat heilig is en bespot die
kruisiging en sê dit is ‘n oorwinning die dag toe EK gekruisig was, want satan
het MY doodgemaak en het die oorwinning behaal.
En hierdie sataniste weier om te dat glo EK, YAHUSHUA HA MASHIACH lewe, regeer
en heers in die Hemel en het nog altyd, langs ABBA YAHUVEH.
Jou sielsgenoot sal dieselfde liefde deel en sal dieselfde passie hê wat jy het
vir die Een wat jy HaShem noem, alhoewel ABBA YAHUVEH meer is as net HaShem [Hebreeus
vir] “Die Naam”.
ONS het jou lief en ONS het al jou trane in flessies gestoor in die Hemel (Psalm
56:8). Jy het nou gehoor wat jy nie voorheen wou glo nie.
Jy het geweier om hierdie verhouding te beëindig wat sonde en owerspel is in die
oë van die Hemel. Soos dit geskryf is in die Heilige Skrifte, sal EKSELF, met MY
skeidingswaard ‘n verhouding skei (Matt 10:34-36) wat die Hemel nie georden het
nie, vir jou eie beswil—vir jou eie beswil verstandelik, liggaamlik sowel as vir
jou geestelike groei.
Berou omdat jy die gewydheid van die woord huwelik beledig het. Want dit was nie
‘n YAH geordende huwelik nie! Jy het niks geestelik in gemeen met hierdie
persoon nie. Die twee van julle het probeer om een te word, maar het nooit
daarin geslaag nie. ‘n Verdeelde huis kan nie staan nie (Markus 3:25)!
Moenie langer huil nie, moenie jouself langer straf nie! Instede daarvan wees
dankbaar want jy is nou vrygemaak om jou ware sielsgenoot te ontvang, as jy dit
wat EK geskei het, laat gaan en jouself toelaat om vry te wees om te glo wat EK
deur hierdie Profeet skryf en spreek. EK kon nie jou ware sielsgenoot bring
totdat jy vrygestel was van die een wat jou in slawerny en ja, sonde, gehou het
nie!
EK IS—gaan jou nie toelaat om verslaaf te raak aan dwelms nie, selfs al gee ‘n
dokter dit! EK weet jy wil geen pyn voel nie en wil meer pille te hê, maar jou
vrede wat alle verstand te bowe gaan (Fil 4:7) kan nie in ‘n pil gevind word nie!
Dit is in MY te vinde!
EK, YAHUSHUA HA MASHIACH IS die enigste PRINS van VREDE wat jy nodig het! (Jesaja
9:6). Jy is hardkoppig en het ‘n prys betaal vir hierdie hardkoppigheid en
rebellie. Soos ‘n hardkoppige bedorwe kind eis jy jou manier en weier.
Om te glo dit is nie YAHUVEH se manier dat jy skei nie, is jy soos ‘n kind wat
‘n vloerstuipe kry omdat jy nie dinge op jou manier kan hê nie. Jy het probeer
om die gebede van die Heiliges te manipuleer om teen YAHUVEH se wil te bid.
Moenie mislei word nie. Want almal wat geestelike oë het om te sien en
geestelike ore het om te hoor, kan dieselfde hoor wat EK nou deur hierdie
profeet voortspreek.
Vra jouself af, hoekom wil jy saam met ‘n persoon bly wat jou nie liefhet of by
jou wil wees nie? ‘n Heiden ken nie eers nie betekenis van die woord liefde nie!
Hoe kan hulle? Want EK is nie in hulle nie! Hulle noem dit liefde, maar dit is
nie liefde nie. Hoekom besef jy nie jy is beter af alleen nie?
Die planne wat YAHUVEH vir jou het is ten goede en nie vir die bose nie (Jer
29:11) Vir jou om te lag met onuitspreeklike vreugde en vol heerlikheid (1 Pet
1:8-9).
Wag, EK sê wag, en wanneer jy verlang om heel te word en jou emosies en jou hart
toelaat om heel te word, sal EK, jou YAHUSHUA HA MASHIACH, jou op alle gebiede
genees (Maleagi 4:2)—met MY Eie Hand kan EK vir jou die een bring wat jou liefde
werd is, iemand wat die Salwing van die RUAH ha KODESH in albei van julle sal
oproer: ‘n Heilige eggenoot bemoedig mekaar deur in Heiligheid te wandel, hand
aan hand heilig; ‘n Heilige eggenoot sal MY aanbid, liefhê, gehoorsaam en dien.
Sielsgenote loop Heilig saam hand aan hand. Die seën om ‘n eggenoot te hê wat
YAHUVEH aanbid en eerste in hulle lewe en liefde stel, sal duidelik wees vir
almal om te sien wanneer ‘n huwelik deur MY georden is. Die geordende eggenoot
is op alle gebiede geestelik gebind met jou.
Wag, sê EK!
Wag en hou op om van YAH te eis om jou gebede te beantwoord soos jy hulle
beantwoord wil hê. Want dit sal nie in jou tydsberekening wees nie, maar in
YAHUVEH se tydsberekening. Dit sal nie op jou manier gedoen word nie, maar op
YAHUVEH se manier!
Wat as EK ‘n eggenoot (sou) bepaal [wat] slegs jou Heilige wandel met MY
verhinder? Sal jy steeds jou wil aan MY onderwerp? Sal jy MY steeds gehoorsaam?
Hoe baie het in wellus gebrand en oorhaastig getrou omdat hulle die vuur wou
blus? Nou betaal julle die prys van ‘n ongelyk gebonde eggenoot en ‘n huwelik
wat nie deur MY bepaal was nie.
Om ‘n seën vir YAHUVEH te wees (Rom 12:1; Heb 11:5-6) moet jy jou wil onderwerp
en sê, “U wil geskied op aarde net soos in die Hemel!” en glo dit hierdie keer!
(Jakobus 1).
Moet nooit iemand toelaat om ‘n afgod te word nie. Hoe sal jy weet as jy dit
gedoen het? Betrap jy jouself dat jy geestelike waarhede wegsteek wat aan jou
geopenbaar is? Betrap jy jouself dat jy met sonde ‘n kompromie aangaan?
Kind, dit sal volgens YAHUVEH se manier gedoen word of jy daarvan hou of nie.
Dit is soos dit is en so sal dit tot in ewigheid wees. Selfbejammering is nie
die antwoord nie, dit benadeel jou net verstandelik, liggaamlik en emosioneel—jy
het lank genoeg getreur—dit bring jou geen antwoorde wat jou kan help nie.
Die vyand van jou siel spot jou en slaan jou plat. Jy voel jy is fyn gemaalde
glas en hopeloosheid en wanhoop is oral rond, maar EK stuur hierdie HEILIGE
WOORD om julle weer op te rig.
Onthou EK IS YAHUSHUA HA MASHIACH en EK het gekom om die gevangenes vry te maak!
(Lukas 4:18). Hoekom kan julle nie glo daar is geen groter liefde (Joh 15:13) as
ABBA YAHUVEH, KOSBARE RUACH HA KODESH & EK nie? Hoekom kan julle MY nie vertrou
dat EK weet wat die beste is vir julle nie?
Moenie op julle eie begrip staatmaak nie, maar erken MY in al julle weë en EK
sal julle paaie gelykmaak. (Spr 3:5-6) —satan spot met julle pyn.
Wil julle oorwinnig oor die duiwel hê? Besef dan dat hierdie verhouding uit die
hel gestuur is. Berou en bely dat julle weet hierdie huwelik was nie deur MY
georden nie; EK IS getrou en sal julle vergewe (1 Joh 1:9).
Julle lewe in die eindtye en dit is net so gevaarlik soos in die outyd toe
gelowiges met ongelowiges saamgebind was. Die Heilige gelowige was verraai en
gemartel (Dan 11:33-34; Open 6:9-11) talle kere. En soos dit eens was, so sal
dit weer wees (Prediker 1:9; Open 13:10).
Dit is hoekom dit MY Hart se uitroep is om te waarsku en diegene te skei wie
gevaarlik ongelyk gebonde is in huishoudings.
Wat sal julle doen wanneer julle wettige geestelike vryhede weggeneem word en
wanneer julle nie langer vry is om MY openlik te aanbid nie, soos die
kommunistiese en Arabiese nasies met die Christene gedoen het? Dié wie se name
geskryf is in die LAM se Boek van Lewe sal nie die wette gehoorsaam wat deur die
mens geskryf is as dit teen die Wette van YAHUVEH is (Daniel 6:4-8; Hand 5:29;
Heb 11:23) wat op die Kliptafels geskryf is nie.
Is jou naam in die LAM se Boek van Lewe? EK IS gebruik nou MY skeidingswaard en
waarsku julle voordat dit gebeur en julle verraai word deur diegene oor wie
julle nou treur. (Miga 7:2, 5-6; Lukas 21:16). Dit het alreeds op verskeie
plekke in die wêreld plaasgevind.
Die bloed van die martelare deurweek die grond—in Noord Korea, dele van Afrika
en Rooi China—omdat hulle die gees gehad het van Stefanus (Handeling 7) soos
opgeteken is in die Heilige Skrifte en dit was duidelik vir almal om te hoor en
te sien: Hulle het geweier om op te hou om MY te loof.
MY Heiliges is keer op keer verraai. En dit het keer op keer hulle lewens gekos
of gevangenisskap, en so is dit ook nou—so dit sal erger word (Matt 24:21-22)
terwyl julle vryheid van godsdiens vervang word met die een-wêreld regering, en
godsdiens sal voorskriftelik wees (Open 17:4-6,15).
Hoeveel sit en toekyk hoe ander se vryhede en vryheid van spraak weggeneem word
en vervang word deur wette van sonde.
Wanneer die tyd kom en die “merk van die dier” verpligtend word, sal julle sien
wat gebeur met die ongelyk gebonde huishoudings wie weier om MY toe te laat om
van ongelyk gebonde slawernye en verhoudings vrygemaak te word! (Matt 24:9-10,
25).
Los jou pyn en seer by die voet van die kruis. EK weet jy voel seergemaak, maar
jy moet die hartseer en pyn losmaak en dit by die voet van die Kruis los waar EK
op Golgota gely het. (Jesaja 53). EK sal jou verlos van die depressie en gees
van hopeloosheid wat jy nou voel, as jy net kan glo.
Wees gehoorsaam en lojaal en soek eers die Koninkryk van die Hemel—en al die
begeertes van jou hart sal vervul word volgens YAHUVEH se wil. (Matt 6:33). Wees
eerstens lief vir die HERE jou GOD YAHUVEH, vir MY jou YAHUSHUA HA MASHIACH en
die SOETE RUACH HA KODESH met jou hele hart, verstand, liggaam en siel. (Deut
6:4-6), en jy sal geseënd wees volgens YAHUVEH se wil en volgens SY manier.
(Deut 7:7; Deut 28).
Hierdie persoon oor wie jy treur is jou vyand sowel as die Hemel se vyand in die
natuurlike realm en die geestelike realm. Die vyand van jou siel bespot jou
liefde en bespot alles wat jy sê en doen—satan spot omdat jy dink hierdie een
wat jou soveel marteling, eensaamheid, skande en hartseer veroorsaak het, is
werd om jou lewe oor te vernietig, terwyl jy jou oë op hulle hou en jou oë van
MY afhaal (Spr 4:25-27; Heb 12:2).
Hierdie een wie jy gedink het het jou lief, lag vir jou trane en pleidooie en
spot elkeen vir wie jy gevra het om vir jou en hom te bid. EK alleen kan jou
gesond maak (Exodus 15:26) en jou gebroke hart heelmaak (Ps 147:7; Jesaja 1:5).
Want in MY oë is jy soos ‘n brose skoenlapper met geskeurde vlerke. Laat MY toe
om jou vry te maak, sodat jy weer soos die Heilige Arende kan sweef (Jesaja
40:31). Sal jy dit toelaat?
Kies jy om hierdie Woord as ‘n seën te ontvang of sal jy dit in woede,
hardkoppigheid en rebellie sien as ‘n vloek? Dit is jou keuse. EK weet alreeds
watter keuse jy sal maak.
Einde van Profesie
So is dit Gespreek, So is dit Geskryf op 30 Julie 2009
‘n Kind, Kryger, Bruid van YAHUSHUA ha MASHIACH.
Moet asseblief nie die boodskapper stenig nie!
Apostel Elisheva Eliyahu