Van Profesie 105 af, het YAHUVEH gesê hierdie moet van nou af op al die Profesieë geplaas word: Elisabeth (Elisheva) EK het jou lank gelede gewaarsku om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH ha KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH GLORIE se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk het. “EK is YAHVEH, dit is MY NAAM; en MY EER sal EK aan geen ander gee, of ook MY LOF aan die gesnede beelde nie”. (Jesaja 42:8)
23 Julie, 2021
Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë
bygevoeg moet word van nou af: EK het jou lank gelede gewaarsku Elisheva om nie
hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n
Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie
toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond
van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH
geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte
gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die
SHKHINYAH HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van
Herlewing, dit is nie deur jou asem nie anders sou dit misluk het. (Jesaja 42:8)
In Julie 2010 Het YAHUVEH GOD beveel dat die volgende bygevoeg word voor elke
Profesie:
2 Kronieke 36:16
“Maar hulle het die Boodskappers van ELOHIM uitgelag, SY Woorde verag en met SY
Profete gespot totdat die gramskap van YAHUVEH teen SY volk opgekom het, totdat
daar geen genesing meer was nie.”
https://www.amightywind.com/prophecies/105.html
* * * * * *
Op 2 Desember 1998, was ek besig om saam met 'n ander Suster Profeet te bid. Sy
het my op die foon gebel en die RUACH ha KODESH se salwing het op albei van ons
gekom. Ons kon albei die woede en die droefheid van YAHUSHUA aanvoel. Dit het
vir ure aangegaan. Ek het toe in tale begin bid. Die uitlegging het gekom
gepaardgaande met innige gehuil (diepe innerlike gesnik). Dit is die eerste keer
dat enige van ons mekaar se tale kon uitlê. 'n Nuwe gawe. Ek kan gewoonlik net
die tale wat die RUACH ha KODESH aan my gegee het uitlê en dan ook slegs as God
dit toelaat. Vanaand het 'n nuwe gawe plaasgevind.
Die woorde wat sy gespreek het wat ek neergeskryf het is ingesluit onderaan
hierdie boodskap en is al wat ek kon verstaan. Alhoewel sy in ander tale
gespreek het, het ek deur die gawe van uitlegging deur die RUACH ha KODESH,
sekere woorde in Engels gehoor. Ons glo dat ander profete instaat sal wees om
hierdie boodskap vir die mense bymekaar te sit.
Profete, lees asseblief en bid vir begrip van haar woorde, vir sommige het ons
nie volledige sinne nie. Ek het onder die salwing gespreek en hierdie woorde het
na vore gekom wat ek kon uitlê.
Hoekom die RUACH ha KODESH hierdie profesie vir soveel dae teruggehou het weet
ek nie. Gewoonlik stel ek hulle onmiddelik vry maar iets is anders omtrent
hierdie profesie. Ons het die woorde wat ons nie geken het nie opgesoek en het 5
tale gevind! Die Bybel sê ons praat in tale van mense en engele! Ek het nooit
geweet dat die RUACH ha KODESH in verskeie tale in dieselfde profesie praat nie!
Hierdie is die tale wat tussen die twee van ons gespreek was: Frans, Spaans,
Grieks, Indian (Indies/Indiaans), Portugees, WOW! Wat 'n ontsaglike GOD dien ons!
Gewoonlik 3 keer na mekaar sou ek die woord Horenda spreek.
Dit wat volg is wat die RUACH HA KODESH tot my gespreek het op 2 Desember 1998.
* * * * * *
Verwoesting en weeklaag kom. Maar MY Bruid wat op MY wag sal YAHUSHUA vir satan
nie toelaat om aan te raak nie. Hou vas aan julle geloof, afhangend van julle
geloof is hoeveel EK julle God, julle sal beskerm. Hoor die gille. Kyk oor die
land en julle sal verwoesting sien so vêr as wat julle kan sien maar nie vir MY
Kinders nie, nie MY Babas nie, nie MY Bruid nie. EK sal julle onder MY vlerke
wegsteek. Julle moet in geloof wandel, nie deur aanskouing nie. As julle dink
dit is nou moeilik om in geloof te wandel en nie deur aanskouing nie, hoeveel
moeiliker sal dit wees vir hulle wat MY toorn moet smaak?
O, MY Babas O, MY Bruid, EK kom om julle huis toe te bring aan MY sy. Julle sal
nie in verwoesting wandel nie, MY Babas, MY Bruid. Julle wat gereed is, wagtend
en Heilig lewe, EK sal julle huis toe bring. Diegene wat nie gereed is nie,
wagtend en Heilig lewe nie, julle sal die verwoesting sien op hierdie komende
dag. EK stuur hierdie diensmaagd voort met vars manna uit die Hemel hierdie dag.
Daar sal ander wees wat hierdie manna verteer, want hulle wag alreeds, lewe vir
MY. Hulle het hul vrede in MY.
Pasop die van julle wat spot en sê EK sal nie kom nie. Daar is diegene wat dink
Amerika sal altyd wen. Hierdie land Amerika behaag MY nie. Oorwinning vir julle
sal nie gesien word nie. Julle land en julle leierskap, EK druk MY neus toe. Die
stank styg op Hemel toe. Die stank van julle onsedelikheid. Die stank van julle
politiek. Die stank van julle gulsigheid. Die stank van skynheiligheid. Die
stank van julle godsdienstige sisteem. Amerika, julle sê "IN GOD WE TRUST", maar
julle dien nie’n God nie. Ten minste, dien die Heidene 'n god, alhoewel dit VALS
is, weet hulle hulle moet 'n god hê!
Al kerf die primitiewes 'n boom uit en noem dit 'n god, weet hulle ten minste
hulle moet 'n Skepper eer, alhoewel dit vals is. Hulle weet net dat hulle 'n god
moet hê teenoor wie hulle verantwoording moet doen vir wat reg of verkeerd is.
Om die Skepping te erken moet julle 'n Skepper hê. Of dit nou Mohammed is of
Buddah, Allah, die lys gaan aan, ten minste erken en dien die heidense lande ‘n
god, alhoewel dit VALS is! EK sal meer genade oor hulle hê as Amerika.
Amerika, julle vervloek MY Naam! Julle verban dit uit julle skole en regering.
Julle Politieke leiers gebruik dit vir simpatie, maar nie vir Krag nie. Julle
Politieke leiers gebruik dit vir manipulasie, maar nie om te aanbid nie en hulle
onderrig nie om gehoorsaam te wees aan die God van die ganse Skepping nie! Julle
roep MY net aan wanneer dit dien tot julle doelstellings. Julle verontagsaam die
Heilige Dae en doen gruwels op hierdie Heilige Dae. Julle stank, Amerika, bereik
die Hemel en EK druk MY neus toe en julle laat MY skaam kry, want eens op ‘n tyd
was julle MYNE, nou behoort julle aan satan en speel sy helse speletjies.
Julle het julle geboortereg verkoop, dit wat Heilig was en julle voorvaders het
MY erken en selfs hulle het teen MY gesondig. Tog het EK genade gehad teenoor
hierdie land wat afgesonder was vir MY Glorie, en tog hoe lank gelede het die
Ster-Geflikkerde Vlag aan MY Glorie gebring? Amerika, julle is 'n stank in MY
neusgate. Julle het julle Skepper verraai EK, YAHUVEH, kyk neer op julle en
grinnik want julle dink julle is 'n god.
Julle dink julle het geen ander god nodig nie! Julle het julself opgestel om
julself te aanbid. Julle top politieke leiers, en ja EK sê, selfs die top
geestelike leiers, sê hulle het nie nodig om MY Gebooie te gehoorsaam nie. Julle
President herskryf MY Gebooie. Julle politieke leiers is soos Sodom en Gommora
in die Withuis 'n plek wat veronderstel is om te staan vir leierskap in hierdie
land.
Amerika, jy dink jy is god! Maar nie MY Babas nie, nie MY Bruid nie, julle is MY
babas, julle is MY verloofde. Hierdie woorde maak julle harte warm, waar die
vyande se hart koud is. Amerika, EK sal julle soos 'n bondel papier vat en EK
steek julle aan die brand vir almal om te sien. Die handelaars sal ween regoor
die wêreld vir al julle bose dade.
Julle het dit gewaag om julle vuis vir die ALMAGTIGE GOD YAHUVEH te bal en EK
sal julle en hulle wat nie gereed is vir MY koms nie, opfrommel. Julle sal 'n
pad loop wat EK eerder nie wil hê julle moet loop nie. Julle was gewaarsku. As
julle dink dit is nou moeilik om in geloof te wandel, hoeveel moeiliker dink
julle sal dit wees wanneer julle die afgryse sien wat gaan kom? O Amerika, die
vlamme van MY toorn sal julle omring.
Vir diegene wat sê hulle kan MY nie nou vertrou om hulle te red nie, omdat die
geloof julle ontbreek, julle sal in geloof moet wandel anders sal julle STERF.
Julle sal 'n pad loop wat EK eerder nie wou hê julle moet loop nie. Julle sal
loop waar MY Bruid nie sal loop nie. Julle vra waar sal julle loop? Julle sal in
'n pad van verdrukking loop en slegs deur in geloof te wandel en nie deur
aanskouing nie sal julle oorleef. EK roep tot julle vandag kom gou in voor dit
te laat is. EK wil hê julle moet geloof hê vandag. EK wil hê julle moet geloof
hê. Kom in die Ark in. Kom in MY arms in.
Hoekom wag julle? Hoekom gaan julle weg? Julle wat MY nie eens ken nie, julle
sal moet betaal. Het julle enige idee van die lydings? Maak gereed om vandag na
MY toe te kom, help om hierdie woord uit te kry, BID! Waarsku die vier uithoeke
van die aarde. Hou op om julle skatte op die aarde te bou en begin die skatte in
die Hemel te bou. MY Bruid skree vir MY om te kom. Hoeveel langer moet EK wag?
Die vloedgolf van boosheid kom. EK het hulle vertel om gereed te wees. EK spreek
dit nou. Hoeveel glo dat EK julle sal red? Bid dat julle waardig geag sal word
dat julle sal ontvlug van MY toorn wat kom. Ja, YAHUSHUA is MY Naam. Ja,
oorwinning is julle s'n.
Maak gereed vir die komende oorlog. Vir julle wat sê dat julle bestem is om te
bly en in MY toorn moet wandel. EK kom om MY Bruid weg te neem. Sy is MY maagd
en sy het haar lamppit kort geknip, en sy het olie in haar lamp, asook ekstra
olie. Want diegene wat daarop aandring om die afgryse te sien wat kom julle, sal
in geloof wandel en nie deur aanskouing nie. Menigtes sal doodgemaak word en
baie sal nie die Merk van die Dier aanvaar nie. Hulle sal op die harde manier
leer aangesien hulle weier om nou te luister. Diegene wat nie in geloof wandel
nie sal sterf. Moenie vrees nie want daar sal diegene wees wat nie aan MY sal
twyfel wanneer daar geen kos of geen water is nie. Het julle die geloof om vir
'n klip te bid en te glo vir water? Het julle geloof om te glo dat modder brood
is?
Besef jy nie MY Geliefde? Dit is hoekom EK jou nader aan MY sy wil bring, om MY
Bruid te wees. Hoekom wag jy? Dink jy EK het gelieg? Jy hoef nie bekommerd te
wees of jou te verknies nie. Die van julle wat gereed is, EK sal julle huis toe
neem, diegene wat gereed is en die geloof het om te glo dat EK hulle bo die
komende Oordeel en toorn sal bewaar wat sal kom. EK het vir Lot teen die toorn
bewaar. EK het vir Noag bo die toorn bewaar. Hoekom sal EK nie MY Bruid bewaar
bo die toorn nie? Vir diegene wat vertrou, sal EK dit doen. Waar julle geloof
is, sal EK antwoord. Het julle geloof om te glo dat EK julle sal beskerm
gedurende die tyd van die toorn en die Oordeel oor hierdie aarde wat kom? Het
julle geloof om te glo dat EK sal kom en julle sal red voor die toorn van
Almagtige God YAHUVEH neerkom? Verlossing hang van julle geloof af. Hoekom dink
julle dat hierdie enigsins anders is?
Elkeen is NOU verseël! Dit was bepaal voor die grondlegging van die aarde. EK
het geweet watter keuse julle sou maak voordat julle dit selfs gemaak het. EK is
Alle Wysheid en Kennis is EK nie? EK is die BEGIN en die EINDE, is EK nie? Niks
wat julle doen kan MY verras nie want dit is alreeds neergeskryf. Verbaas dit
julle? EK weet wie verseël is met die seël van VERLOSSING en die seël van
VERDERF. Dit is alreeds eeue gelede bepaal. Daar is 'n boek opgestel wat die
Boek van die Lewe is. Twee boeke ineen, daar is 'n boek van VERLOSSING en 'n
boek van VERDERF.
“EK IS” die Woord wat vlees geword het. Aanbid MY, nie die boek wat die WOORD
bevat nie. MY Naam is YAHUSHUA ha MASHIACH. 'n Boek is 'n boek. EK is nie ‘n
Torah nie. EK is nie 'n Bybel nie. EK is nie die Koran nie. EK IS die WOORD! EK
is instaat om MY Woord te beskerm. Wees lief vir MY Woord nie die Boek nie.
Hoeveel het Bybels en Torahs, en bestudeer hulle nie eens nie? “EK IS” die groot
God, “EK IS!” “EK IS” die WOORD wat vlees geword het. “EK IS” die WOORD! “EK IS”
wie “EK IS”, EK sê weer, “EK IS” die WOORD wat VLEES geword het. Moenie die
Bybel aanbid nie. Moenie die Torah aanbid nie. Moenie die Koran aanbid nie.
Julle God is Almagtige God. Glo, en staan op MY Woord. Aanbid Almagtige God die
groot “EK IS.” Want “EK IS” die WOORD! EK KAN NIE LIEG NIE! EK is nie 'n Bybel,
Torah of Koran nie. “EK IS” wie “EK IS!”
EK het MY Woord op julle Gees en siel geskryf. Julle het MY Gees binne-in julle.
Julle weet wat op die oomblik in Amerika aan die gang is. Die Withuis sal brand
en al die politieke leiers, hulle wat veg teen Almagtige God YAHUVEH en
YAHUSHUA, sal terugkeer na die vlamme vanwaar hulle vandaan gekom het. Daar is
politieke leiers wat voorgee om vlees te wees maar hulle is nie. Hulle word
regeer en beheer deur demone. EK het aan hierdie diensmaagd die moedigheid gegee
om MY Woorde voort te spreek en ander profete bevestig dieselfde, nie omdat
hulle hul wil spreek nie, hulle vlees sidder, maar tog gehoorsaam hulle en skryf
en spreek wat EK vir hulle sê.
Sê MY Woord nie "EK sal MY Profete stuur voordat EK die oordeel stuur?" Laat
hierdie woorde troos bring vir hulle wat geestelike ore het om te hoor. Diegene
wat MY RUACH ha KODESH het sal lewe en nie in vrees wees nie. Diegene wat nie
het nie, sal vrees en sterf. EK skei MY Skape van die bokke en die koring van
die kaf soos EK Abel geskei het van Kain, Dawid van Saul en die Egiptenaars van
die Israeliete. EK het dit voorheen gedoen en EK sal dit weer doen. Behou julle
geloof in YAHUSHUA. Laat NIEMAND julle beroof van jul Salige Hoop nie.
Wees gereed ongeag wanneer julle dink EK mag kom. Laat EK julle nie sluimerend
en sondig betrap nie, besig om die lewe te leef van 'n Fariseër nie. Want MY
Bruid moet rein en Heilig bly voor MY. MY Bruid moet 'n maagd wees. Daar is
vereistes vir MY Bruid. EK praat van maagd bedoelende nie besoedel deur mens
gemaakte leerstellings en godsdienste nie. MY Bruid moet geen ander liefde voor
MY hê nie!
MY Bruid moenie haar vertroue in enige ander god plaas nie, buiten haar
Bruidegom. MY Bruid moet glo dat EK haar sal beskerm en dat EK kom om weg te
glip met MY Bruid. Om weg te loop is 'n geheim. Die Fees Tafel is voorberei,
alles is gereed. Die engele staan as getuies. Al wat nou oorbly is om te kom en
MY Bruid te neem wat uitroep en rou en daagliks MY koms mis. EK hoor julle MY
geliefdes. Moenie vrees nie julle Verlosser is hier.
EK sal haar wegneem uit hierdie wêreld sonder enige ander kennisgewing buiten
wanneer EK deur MY Profete spreek. Wees gewaarsku, julle wat gedink het julle
het nog jare om te bekeer. BEKEER! Hardloop by die Ark se deur in! EK het gesê
daar is twee boeke, en elke siel word óf in die boek van VERLOSSING óf van
VERDERF gevind. Wat EK nou vir julle vertel is dat daar ook name is wat uitgewis
is.
Dit is jou keuse of jou naam uitgewis is. Hulle wat hul lewens vir MY gegee het
en dit teruggeneem het en in daardie kondisie gesterf het, wie se siele opgehou
het om YAHUSHUA te vertrou om hulle te verlos en MY Geskenk op Golgota verloën
het. Hulle wat MY Woorde lees en nie volgens hulle lewe nie, EK is nie geflous
nie. EK weet wie bely MY voor mense net vir die vertoon daarvan. EK ken diegene
wat MY voor mense bely omdat hulle MY waarlik liefhet. Die kerk van die
geveinstes is Fariseërs. Hulle het 'n vorm van Goddelikheid maar geen
Goddelikheid van binne nie. Hierdie is nie MY Bruid nie. EK weet wie MY Geliefde
is. Moenie julself langer mislei nie. BEKEER VANDAG! VOOR DIT TE LAAT IS!
Daar is siele wat hul name op die verlossingsblad gehad het, maar weens gebrek
aan geloof, en lojaliteit teenoor hulle God en Verlosser, was Hulle name
uitgewis! Laat dit nie met jou gebeur nie! Bewaar met jaloesie jou hart en siel.
Julle wat dit aan MY gegee het, laat niemand julle op ‘n dwaalweg lei om nie
julle eerste LIEFDE lief te hê nie, julle eerste LIEFDE te Dien nie, Getrou te
bly aan julle eerste LIEFDE nie anders sal EK julle ontken as MYNE. Laat niemand
julle SALIGE HOOP steel nie! MY Woord lieg nie.
Wat julle ookal in geloof spreek sal julle hê in YAHUSHUA se Naam. Hoe lief het
julle MY? Sal julle MY dan vertrou? Sal julle verlang en smag na julle Almagtige
God, Here en Verlosser julle spoedig komende KONING van KONINGS en HERE van die
HERE om julle bo die toorn te bewaar wat kom? Julle toekoms hang van julle
geloof af. Waar julle die ewigheid gaan deurbring hang van julle geloof af.
Luister aandagtig en Gee Ag op MY Woorde, EK sal op die gepaste tyd met elkeen
van julle spreek oor wat om te doen en wat om te sê. Hou net op om MY op enige
manier te betwyfel.
* * * * * * *
Gespreek onder die salwing aan hierdie diensmaagd van YAHUSHUA ha MASHIACH,
Sherrie Elijah (Elisheva Sherrie Eliyahu) 2 Des 1998 4:46 en nie vrygestel nie
tot 18 Des, op die tweede dag van Irak se bombardering! 6DE DAG VAN HANUKKAH. HY
praat van gruwels wat op Heilige Dae gedoen word.
Woorde wat ons uitgelê het maar nie volsinne nie. Profete, bid asseblief, want
hierdie is in verskillende tale. EK het hierdie woorde verstaan wat Elicia in
tale gespreek het. Om dit nou bymekaar te sit het ek die hulp van die profete
nodig. Stuur asb e-posse aan my oor wat julle dink hierdie boodskap beteken. Ons
het na die tyd woorde opgesoek en verskillende betekenisse in ander tale gevind.
Horror of Horrendous kan Horenda wees, wat gruwel beteken in Portugees maar daar
is so 'n plek.
Gaan voorwaarts gaan voorwaarts Rusland. Toegewyd, wees versigtig oor beheer.
Eenvoudige land situasie oorlog is in oos Rusland. Land in (basil) (koninklike
heilige) land. (Kan Brasilië wees?) Drie lande, of drie konings, morele slegs
einde van ons land beheer. Morele kom in land in Israel in moeilikheid. Einde,
sien EK nicome (oorwining) vele geneesheer einde nicome (oorwinning) einde
oorsien gebied in suid oos China (Maco) daagliks op die vlug kom in land hier
olyfolie Russiese oorlog ek is 'n morele land Midde-Ooste oorlog era van morele,
(moré) morele gaan vorentoe Russies kom in nicome (oorwinning). O My Heer nicome
(oorwinning) EK hoor die bruid elke dag.
Hierdie is die woorde wat Elicia uitgelê het toe Sherrie Elijah (Elisheva
Sherrie Eliyahu) in tale gespreek het: Gaan voorwaarts! gaan voorwaarts!
Midde-Ooste hoër hoër hoër salwing (casa) huis gaan voorwaarts huis gaan hoër.
Die bose gaan oor in die nag. Horenda grusaam sal julle ken in die nag. parena
nokatea holrenda pocasa hoya micatina micatina pocashoya.
Ek het geen idee in watter taal hierdie twee sinne is nie, weet iemand? Die
spelling is foneties gespel.
Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë
bygevoeg moet word van nou af: EK het jou lank gelede gewaarsku Elisabeth (Elisheva)
om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat
daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur
jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit
die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou
MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH
geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is
deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige
Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja
42:8)
In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook gesê dat die volgende vanuit 2 Kronieke
bygevoeg word voor elke Profesie:
2Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY
Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat
daar geen genesing meer was nie.”
*******
Elisabeth [Elisheva]:
Daarom Hemelse Vader YAHUVEH, in die Naam van U Seun YAHUSHUA op hierdie dag van
Yom Kippur, vra ek watter woord het U? Ons kom na U verlangend om U stem te hoor,
as U ons asseblief sal eer met ‘n Woord. Ons is soos ‘n hert wat smag na water,
Vader; ons dors om meer te hoor van U. Ons dank U net Vader. Ons bestraf en bind
jou satan weg van hierdie af in die Naam van YAHUSHUA ha MASHIACH, jy het
hoegenaamd geen deel hieraan nie, want ons behoort aan YAHUVEH, YAHUSHUA en die
RUACH ha KODESH. Jy het hoegenaamd geen aanspraak van enige aard op ons nie. Ons
onderwerp onsself aan die Here God Almagtig YAHUVEH, YAHUSHUA en die RUACH ha
KODESH en ons weerstaan jou satan en jy moet vlug.
[Praat in Tale] Lukas 10:19, satan "Kyk, EK gee aan julle die mag om op slange
en skerpioene te trap, en oor al die krag van die vyand; en niks sal julle ooit
skade doen nie." So, satan ons staan op daardie woord. Gaan weg duiwel jy het
geen aanspraak op ons nie! Net die woorde wat gaan voortkom; dit gaan die Woorde
wees van YAHUVEH, YAHUSHUA en die RUACH ha KODESH. Geen vals woord kan
manifesteer deur ‘n demoon wat deur my vlees manifesteer nie, geen vals woord
kan voortkom nie, want in die Naam van YAHUSHUA, spreek ek net woorde voort van
my Pappa God YAHUVEH, wie my geskape het, my dít sal laat spreek, wat die Naam
van YAHUVEH, YAHUSHUA en die RUACH ha KODESH sal loof, sal verheerlik.
Praat met U kinders, O Pappa, praat met U kinders as U ‘n woord het.
Sê vir die mense, skree dit van een uithoek van die aarde tot die ander, MY SEUN
KOM! Die Koning van die Konings, die Here van die Here! Sê vir hulle, MY Kinders,
bekeer die Koninkryk van die Hemel is op hande, val op jul aangesigte op hierdie
Yom Kippur dag. Val op jul aangesigte in die geestes-ryk; sien julself plat op
jul aangesigte want die Koning kom!
Laat die wêreld spot! Laat die Fariseërs spot! Dit sal nie ophou nie want die
KONING KOM! HY kom nie vir hulle wat dink hulle is nie sondaars nie, wat dink
hulle is so regverdig, dat hulle nie eers hoef te bekeer nie. HY kom vir SY
Kinders, vir die Bruid wat begeer om gehoorsaam te wees! HY kom vir die vegters
wat oorlog maak in SY Heilige Naam. HY kom vir hulle wat nederig erken dat dit
almal ontbreek aan MY Heerlikheid.
Wees net gereed, MY Kinders. Ongeag of julle die dag of uur weet. Watter Bruid
weet nie wanneer haar Bruidegom nader kom nie? Watter Bruid maak haarself nie
voor die tyd gereed nie? MY Ware Bruid hoor MY stem. Hulle maak hulself gereed.
Hulle begeer en verlang Heiligheid. Hulle verafsku die suurdeeg van die
Fariseërs.
Verberg julleself MY Kinders vir net ‘n klein rukkie. Want die ganse Hemel is
verwoed, en teen satan en sy demone woed oorlog. Dit word aangegaan want die
Koning kom! Die Aarde bewe en sidder in vrees in verskeie dele van die wêreld.
Julle sien die vloede, hierdie is MY trane. Onthou toe die vloede gekom het in
die tyd van Noag. Onthou hoe hy bespot was en hulle gespot het tot en met die
tyd toe die reëns gekom het. Maar EK het vir MY Kinders Noag en sy familie gesê
om in die ark in te gaan en om die deur agter hulle toe te bout, en toe die
vloede kom, het die goddeloses gehamer aan daardie deur. Toe wou hulle in, toe
het hulle geglo wie EK is, maar dit was te laat vir hulle en die vloede het
hulle ingesluk.
So sal dit weer wees. Diegene wat staan in MY SEUN se geregtigheid, die wat
hulle huise gesalf het, die wat in my Woord skuil, die wat daarna strewe om
gehoorsaam te wees, die wat MY liefhet en dien en MY eerste stel, die wat weet
dat die skatte van hierdie aarde nie dít kan wees wat hulle saambring na hul
Hemelse tuiste nie. In hierdie wêreld besef hulle dat diewe inbreek. Mot en roes
bederf dit wat julle dink is ‘n skat op aarde wat julle nie kan saamvat wanneer
julle hierdie aarde verlaat nie.
In plaas daarvan bou MY ware Kinders, MY ware Bruid, hulle Hemelse skatte op
waar mot en roes en diewe dit nie kan bederf nie. Diewe kan nie jou skatte in
die Hemel steel nie. So baie ly gebrek maar hulle doen dit om MY onthalwe,
versaak luukshede sodat siele gered kan word. Hierdie is MY geliefdes; hierdie
is MY ware skatte op aarde. Diegene wat uitroep in MY Seun se Naam, in die Naam
van YAHUSHUA, en so baie bid in ‘n dag dat hulle nie eens kan begin om te tel
nie, hierdie is MY Kinders, hierdie is diegene vir wie die Koning kom.
YAHUSHUA is oppad, die KONING KOM! HY is julle versoening vir sonde. HY is die
perfekte Lam wat geoffer was. Geen merk, geen vlek, geen sonde was gevind in HOM
nie. HY het betaal vir hierdie wêreld, HY was ‘n losprys gemaak vir hierdie
wêreld vir almal wat kan glo en die Bloed wat by Golgota gestort was aanvaar. HY
het die versoening betaal vir julle sonde. HY is julle Hoë Priester. Vir daardie
Jode wat HOM verloën, vir die Moslems wat HOM verloën. Hulle erken Abraham, Isak
en Jakob, maar hulle wil HOM nie aanvaar as Messias, wanneer dit kom by die Naam
van YAHUSHUA nie.
Dan sal hulle geoordeel word deur die wette van Moses en hulle beter nie een
gebod gebreek het nie. Hoeveel vind dit moeilik om tien te gehoorsaam. Probeer
613. Hoekom dink julle het EK vir julle ‘n Hoë Priester gegee wat aangeraak sal
word deur julle siektes en swakhede? Want MY begeerte is dat niemand sal vergaan
nie. Maar vir diegene wat daarop aandring om deur Moses veroordeel te word, dan
sal Moses hulle oordeel, en weë hulle wat deur Moses geoordeel word want daar is
geen genade in hom nie.
So in hierdie tien dae van ontsag, wees verheug oor hulle wat YAHUSHUA ken as
Here, wees verheug omdat HY julle MESSIAS, julle Redder, julle Geneesheer is,
die EEN waarmee EK julle seën wanneer jul uitroep na MY in SY Naam. Want EK,
YAHUVEH, word verheerlik deur MY Seun YAHUSHUA en YAHUSHUA word verheerlik deur
SY Vader YAHUVEH. En EK het groot behae daarin om MY Kinders te beskerm en die
vyand te beskaam op baie verskillende maniere.
EK het vir hierdie diensmaagd vandag gesê om julle te waarsku oor die komende
kwarantyn want die mens maak siektes wat nie deur MY geskep is nie. Dan maak die
mens iets wat hulle ‘n entstof noem. Maar wees versigtig MY Kinders, daar’s dood
wat hulle julle sal inspuit. Vertrou nie die inentings van die mens nie. Vertrou
in Psalm 91. Glo in MY Seun se Naam, en roep MY aan en staan op Psalm 91, dat EK
die plae sal weghou van julle wonings af. En terwyl julle MY eer op die ware
Sabbatdag, terwyl julle jul bes probeer om te gehoorsaam, terwyl julle MY eerste
stel in julle Liefde en lewe, en terwyl ‘n man die regmatige plek oor die vrou
inneem, sal daar beskerming wees om oor julle huise te kom, want dit is MY Seun
se Bloed wat vir julle gestort was by Golgota wat julle sal bedek en beskerm en
hulle wat deur MY geroep is, hulle wat ‘n goddelikheid van binne het.
EK sal meer hieroor praat op ‘n ander keer, want nou is nie die seisoen nie. EK
waarsku julle nou, MY Kinders. Bid dat julle nie gereken sal word in die getal
onder kwarantyn nie. Want so baie mense sal saamgehok word soos beeste selfs
binne-in stadions en kolossiums. En die bose sal sê, omdat julle die beskerming
van die mens weier, dan is julle besmet, is julle ‘n gevaar. En soos beeste
saamgehok word sal so baie mense saam gedring word, daar sal skaars plek wees om
te staan.
Pasop MY Kinders vir gif in jul are ingespuit. Pasop MY Kinders vir die einste
lug wat julle inasem. Pasop MY Kinders vir die einste water wat julle drink.
Waarlik as dit nie vir MY genade was nie, sou lewe heeltemal van die aangesig
van Aarde af uitgewis gewees het. Pasop MY Kinders vir wat julle in julself laat
inspuit.Onthou waar julle geloof en julle vertroue is. Staan op vir dit wat reg
is. Staan op vir julle vryheid nou. Predikers, hou op om omkoopgeld te vat, want
julle was heeltemal te lank stilgemaak. EK sal julle aanspreeklik hou omdat
julle nie MY skape gewaarsku het nie! En as julle nie voort spreek soos hierdie
diensmaagd nou doen nie, sal dit soos skape wees wat na ‘n slagting gelei word.
Eers die heel jongstes en dan die bejaardes en dan sal die middeljariges val.
Maar nie enige van MY Kinders wat die Naam van YAHUSHUA aanroep nie as hulle
maar net MY Stem sal hoor en gehoorsaam, en glo dat EK hulle sal beskerm en sal
Heilig lewe vir MY soos EK Heilig is en sal wegvlug selfs van enige verskyning
van sonde. EK sal hulle beskerm. EK sal vir hulle wysheid gee. EK sal hulle
wegsteek. MY engele sal rond-om hulle kamp en oorlog voer vir hulle.
Want julle is vrygekoop, ‘n versoening vir julle sondes was gedoen. Dit is wat
julle behoort te vier op Yom Kippur en YAHUSHUA is SY Naam. Moet dus nie langer
skaam wees om te sê die Koning kom nie! Maar weereens moet EK herhaal, HY kom
nie vir ‘n ongehoorsame Bruid nie, HY kom nie vir ongehoorsame kinders nie.
So bekeer nou MY Kinders voor dit te laat is. Want ‘n groot onheil kom. Dit is
op ‘n groot gety-golf, ‘n gety-golf van goddeloosheid. Maar kyk op, MY Kinders,
want EK sal ‘n standaard daarteen oprig as julle dit maar net sal glo en as
julle MY Seun se liefde, vergifnis, genade en Waarheid ontvang. Bekeer, dit
behoort jul uitroep te wees aan almal ver en wyd want Koning YAHUSHUA kom!
*******
Elisabeth[Elisheva]:
So is dit gespreek, so is dit geskryf op die 16de September 2002, op Yom Kippur.
Begin om 5:18 vm. en eindig 5:46 v.m. gedurende privaat gebeds tyd terwyl ons
besig was om die gebeds behoeftes van die vennote op te lig. Ek vra om
verskoning vir die hoesbuie wat julle gehoor het. Die satanistiese oorlog is ‘n
werklikheid. Die duiwel wou nie daardie boodskap laat uitkom nie. Dit was asof
hande my keel gewurg het toe ek begin sê, "Die Koning Kom!" Ons geveg is nie
teen vlees en bloed nie, maar daar is heersers in duister plekke en satan en sy
demone wil nie hê die profeet moet praat nie.
Maar nietemin lê ek nederig hierdie woord aan julle voor op Yom Kippur. Ek sien
uit daarna om julle in die Hemel te sien.
In die Liefde van YAHUSHUA, julle suster, Apostel Elisabeth Elijah (Elisheva
Eliyahu)
Soos YAHUSHUA vertel het van die laaste dae, "Mense se harte sal beswyk van
vrees." Lukas 21:26
Is julle geestelik gereed? Is julle familie? Dit is die rede vir hierdie
bediening, om met die profetiese boodskappe te waarsku asook om te bemoedig en
verlore siele te lei na YAHUSHUA, die enigeste MESSIAS. As jy YAHUSHUA aangeneem
het as jou persoonlike Redder, maar nog steeds baie louwarm was in jou liefde,
gehoorsaamheid en geestelike pad met HOM, dan moet jy onmiddelik vir HOM om
vergifnis vra asook vir die heropvulling van die RUACH Ha KODESH (Heilige Gees).
Jy moenie net bekeer nie maar ook wegdraai van jou sondes af en vir YAHUSHUA vra
om jou sondes weg te was in SY gestorte Bloed by Golgota. HY sal jou dadelik
vergewe en jou hart vul met die vreugde van die RUACH Ha KODESH.
As jy nog nooit vir YAHUSHUA as Redder aangeneem het nie, maar wel deur die
Heilige Bybel en hierdie profetiese boodskappe besef het dat HY ‘n realiteit is
en SY spoedige koms, en jy SY gratis geskenk van die ewige lewe in die Hemel wil
aanvaar, sê hierdie reddings gebed hieronder en bedoel dit met jou hele hart… en
YAHUSHUA is getrou om jou te vergewe terwyl jy jou sondes bely, en bekeer en
wegdraai van jou sondes, in YAHUSHUA se Naam. En vra HOM om in jou hart in te
kom en om SY (YAHUSHUA se) lewe binne in jou te lewe, jou gebruik vir YAHUVEH en
YAHUSHUA se Eer.
Reddings Gebed
Liewe YAHUSHUA, ek neem U nou aan as my Here en my Redder, U is die God wat ek
liefhet. Ek glo U het die prys vir my sonde betaal op Golgota, U het gesterf en
weer opgestaan uit die dood op die derde dag. Ek vra U om in te kom in my hart
in, vergewe my sondes, was my skoon van alle ongeregtigheid. Ek is jammer dat ek
gesondig het en ek draai nou weg van daardie sondes. Dankie dat U my vul met U
RUACH ha KODESH en my die begeerte gee om U te dien al die dae van my lewe, en
leef U lewe binne-in my YAHUSHUA sodat U Verheerlik sal word! Dankie dat U my
die begeerte gee om U Bybel te lees en aan my die wysheid gee om dit te verstaan.
Dankie dat U my Liefhet en dat U my siel red, my Geloof sal laat groei sodat ek
eendag saam met U in die Hemel sal wees. Vul my nou met U Heilige Gees en verlos
my van die bose een in U NAAM YAHUSHUA bid ek. Help my YAHUSHUA om te onthou dat
almal gesondig het en dat dit hulle ontbreek aan die Heerlikheid van YAHUVEH, en
dat U gekom het om ons sondaars te red, daarom word U ons Redder genoem. Amen.
Lees hierdie gebed en lees dit dan nog ‘n keer, hierdie keer nie met kop kennis
nie maar met harts-kennis, glo dit in geloof, en onthou YAHUSHUA is nie
alleenlik God nie maar HY is jou beste vriend. HY gee so baie om vir jou; HY het
jou so lief, net soos jy is. HY haat sonde, maar HY het jou, die sondaar, lief.
YAHUSHUA het die prys vir jou sonde betaal, nou hoef jy nie meer skuldig en
verlore te voel nie! Bely jou sonde aan YAHUSHUA. Noem hulle, sê dan vir HOM dat
jy jammer is, vra HOM om jou te vergewe, al jou vorige en huidige sondes.’n
Sonde is enige iets wat jy doen of gedoen het om ‘n Heilige YAHUVEH aanstoot te
gee. Niemand is perfek nie, onthou dit.
Lees die Nuwe Testament en leer Wie is YAHUSHUA. Joh.3:16 Die Bybel sê dat jy
HOM moet erken as Heer en Redder, dan sal HY jou erken voor die Vader. Moenie
skaam wees oor YAHUSHUA nie, HY is nie skaam oor jou nie. Vertel vir iemand dat
jy YAHUSHUA van Golgota en Nasaret aanvaar het hierdie dag. Al die engele in die
Hemel jubel. Laat ons saam met jou bly wees. As jy ‘n pastoor nodig het, ons het
meer as een. Welkom by die familie van YAHUSHUA, ons sien uit daarna om jou te
ontmoet in die Hemel indien dit nie op aarde gebeur nie.
Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë
bygevoeg moet word van nou af: EK het jou lank gelede gewaarsku Elisabeth (Elisheva)
om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat
daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur
jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit
die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou
MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH
geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is
deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige
Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja
42:8)
In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook gesê dat die volgende vanuit 2 Kronieke
bygevoeg word voor elke Profesie:
2 Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY
Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat
daar geen genesing meer was nie.”
*******
Nota: Amightywind is al vir 14 jaar op die internet maar het op 10 April 2009 21
jaar oud geword. Die Bediening het vir 21 jaar bestaan maar is slegs 14 jaar op
die internet. Ek hoop dit verklaar al die verjaarsdae en herdenkings wat gevier
is. Elke verjaarsdag en herdenking wat hierdie Bediening het is ‘n oorwinning in
YAHUSHUA ons MASHIACH omdat die duiwel probeer het om hierdie Bediening te stop
voordat ek nog gebore was.
* * * * * * *
Skree dit hard genoeg sodat elkeen eenvoudig die oorwinning kan sien wat hierdie
Bediening vir 14 jaar op die internet gehad het. Plaas in groot letters die
datum 10 April vir dit wat die vyand gesê het vernietig sou word in Indiana, die
plek van die geboortepyne van hierdie Bediening. Op 10 April 2009 het dit nie
net gelewe nie maar wêreldwyd gefloreer en 21 jaar oud geword. Dit is geen man
of vrou se oorwinning nie maar dit is julle ABBA se oorwinning, julle YAHUSHUA
se oorwinning, julle geliefde RUACH ha KODESH se oorwinning, julle IMMAYAH.
So, EK wil nie hê dat iemand hierna moet soek nie. EK wil dit reg in die vyande
se gesig hê, want hierdie is ‘n dag van groot oorwinning. Elisabeth [Elisheva],
hoe yl gesaai was die vroue Profete toe EK jou op hierdie internet gesit het. Jy
het die pad gebaan en EK gebruik jou om te doen wat nooit tevore gedoen was nie,
want jy Profeteer in Heilige Tale. Jy kan nie eers die impak begryp wat dit op
die vyand het terwyl dit oor die luggolwe na die vier uithoeke van die aarde
gedra word nie. Jou stem, vol van MY salwing, vol van MY krag, word nie net
gestoor in gedrukte vorm nie, nie net op rekenaars en cd’s nie maar op ipods, op
bandopnemers want dit word nie net geskryf nie, dit word gespreek.
So hierdie dag is nie net op aarde gevier nie, maar dit is ook in die Hemel
gevier. Nie net jou fisiese geboorte nie maar die geboorte van die Bediening op
die internet en op 10 April, 21 jare getel soos die mens se tyd. Eendag in die
Hemel, en dit is nie meer ver nie, sal almal wat jou gehelp het, die resultate
sien van die getrouheid van een nietige, nietige klein saadjie wat klein begin
het. EK gebruik dit nie net nou nie, maar dit sal selfs in die Groot Verdrukking
gebruik word en MY waarhede sal aanhou om die mensdom vry te maak as hulle glo.
Nou weet jy Elisabeth [Elisheva], hoekom die vyand altyd wou hê jy moes doodgaan
en as dit nie deur satan se hande was nie, was dit deur jou eie hand wat jy
probeer het. Maar deur die Naam en die Bloed van YAHUSHUA jou MASHIACH het nie
net jy die oorwinning nie maar almal wie luister en glo.
[MY geliefde kinders], dit was alles deel van MY goeie plan om jou te bring toe
EK dit gedoen het, want die las het te swaar geword vir Elisabeth [Elisheva] om
te dra en as EK nie het nie, sou sy lankal tou opgegooi het. EK het nie daar
gestop nie, EK het haar gebruik om geboorte te gee aan “YAHUSHUA se Demon
Stompers” (YDS) en selfs daarmee het sy ‘n prys gehad om te betaal voordat EK
die Heilige Engele op haar pad gestuur het. Nou staan hulle (YDS) teen die magte
van die bose wanneer hulle intree en hulle bid elke dag vir ten minste ‘n uur op
‘n keer. Hierdie is spesiale Heilige Gesalfde Gebedsvegters en hulle seëninge
sal groot, groot, groot wees solank as wat hulle getrou bly aan MY.
Elisabeth [Elisheva]: Dankie ABBA.
So, EK plaas julle in ‘n huis met ‘n weiveld langsaan waar skape rondloop om
julle daaraan te herinner dat EK, YAHUSHUA julle Goeie Herder is en soos EK
voorsien, onthou altyd , soos daardie skape langs julle geen bekommernis of
kwelling het nie, vertrou hulle die boer om hulle na groen weivelde te lei. So
ook het EK julle ook na die groen weiveld gelei. EK beskerm julle. EK slaan die
wolwe weg of enigeen wat probeer om julle skade te berokken. Soos daardie skape
geen bekommernis het nie en die lammers geen bekommernis het nie, so sal julle
twee wat in daardie huis woon en hulle wie deel van julle is, geen gekommernis
hê nie. Dit is hier MY Geliefdes, wat EK julle siele verkwik wanneer julle
neerlê in MY groen weivelde en nie afdwaal en probeer om julle eie te soek nie.
EK praat met almal wie MY, YAHUSHUA toelaat om julle MASHIACH te wees, om julle
Goeie Herder te wees. EK sal diegene beskerm wie MYNE is. Aan hulle wie hierdie
Bediening as ‘n seën beskou uit MY eie hand, die spyker deurdringde hande van
julle YAHUSHUA, sal oorvloedige wonderwerke van MY ontvang. As hulle die woorde
geglo het wat EK voortgespreek het en hulle was nie skaam nie en hulle bestraf
enige teenwerping. Hulle bestraf die leuens. Hulle staan sterk in wat hulle glo
en hulle voer oorlog teen satan die vyand en sy diensknegte wat gestuur word.
Enigeen wat hierdie Bediening onheilig noem, die ware gees wat binne-in is, is
blootgestel en hulle is nie van MY nie. Ja, EK sê, die Heilige Gees is nie in
hulle nie, want julle kan nie dit wat Heilig is, dit wat net die standaard van
Heiligheid oplig, wat mense waarsku om te bekeer voor dit te laat is, die Name
van julle ABBA YAHUVEH, MY, YAHUSHUA julle MASHIACH en die Kosbare RUACH ha
KODESH oplig. Enigeen wie hierdie as boos etiketteer, sê EK waarlik, hulle het
gelaster en hulle moet eerder in angs bewe want EK het elke woord gehoor wat
hulle gespreek het. En op die oordeelsdag sal hulle einste woorde weer gespreek
word en hulle sal hulle hoof in skaamte laat sak en as hulle kon sou hulle dit
weer op ‘n ander manier wou doen.
Maar onthou MY Kinders, EK het dit nie verniet “Die Laaste Kans Bediening” (The
Last Change Ministry) geëtiketteer nie. Enigeen wie kontak het met hierdie
Bediening, het van aangesig tot aangesig gekom met YAHUVEH en wat hulle aan
julle doen word gedoen asof aan HOM. Want geen man of vrou ontvang die eer vir
hierdie Bediening nie, alle Lof, Eer en Glorie aan dit wat julle die Heilige
Drie-eenheid noem.
So dit is op hierdie dag en dit is op 5 April die herdenking van die eerste keer,
Elisabeth [Elisheva] wat EK vir jou gesê het, jy is MY “Ringmaiden” en EK
gebruik die woorde wat deur jou gespreek is om hierdie wêreld te bereik, aan
hulle wie wil luister en ja, EK sê, selfs hulle wie geforseer is om te luister
en aan hulle wie sal luister.
EK wil hê dat hierdie herdenking op 10 April 2009 ver en wyd uitgeroep moet
word, 21 soos die mens die jare tel en hierdie Bediening is nogsteeds hier en
dit is vir YAHUVEH se Lof, Eer en Glorie wat EK dit spreek.
Einde van Woord
Elisabeth [Elisheva]: Dankie ABBA. Dankie Geliefde YAHUSHUA. Dankie Kosbare
RUACH ha KODESH. Alles net omdat ons U weereens gevra het.
Elisabeth : (Lag) Dankie. Ons dank U net ABBA YAHUVEH. Net Dankie Pappa dit is
waarlik ‘n gelukkige feesviering, ‘n gelukkige verjaarsdag en dit is alles tot
Lof, Eer en Glorie van die Aleph en Tav, Alfa en Omega, ons ABBA YAHUVEH, ons
Geliefde YAHUSHUA ons MASHIACH en Kosbare RUACH ha KODESH.
Dankie. Dankie. Dankie. Dankie.
Amen
Gegee aan hierdie Kind, Vegter, Bruid van YAHUSHUA ons MASHIACH.