Van Profesie 105 af, het YAHUVEH gesê hierdie moet van nou af op al die Profesieë geplaas word: Elisabeth (Elisheva) EK het jou lank gelede gewaarsku om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH ha KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH GLORIE se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk het. “EK is YAHVEH, dit is MY NAAM; en MY EER sal EK aan geen ander gee, of ook MY LOF aan die gesnede beelde nie”. (Jesaja 42:8)
26 Maart, 2021
Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë
bygevoeg moet word van nou af:
EK het jou lank gelede gewaarsku Elisabeth (Elisheva) om nie hierdie Bediening
na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK
het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks
hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH
geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee.
Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit
net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH
HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing,
dit is nie deur jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja 42:8)
In Julie 2010 Het YAHUVEH GOD beveel dat die volgende bygevoeg word voor elke
Profesie:
2Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY
Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat
daar geen genesing meer was nie.”
* * * * * * * *
“Nogtans het HY ons krankhede op HOM geneem, en ons smarte - dit het HY gedra;
maar ons het HOM gehou vir een wat geplaag, deur Elohiem geslaan en verdruk is.
Maar HY is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wille van ons
ongeregtighede is HY verbrysel; die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op
HOM, en deur Sy wonde het daar vir ons genesing gekom.” Jesaiah 53:4-5
* * * * * * *
EK het dit teen jou Amerika! Jou leier is nie net 'n hoereerder nie, maar 'n
oorlog-lustige. Jou strate vloei nie met genoeg perversiteit en genoeg
bloedvergieting nie nou moet julle dit na ander nasies toe neem. Die ongeborenes
slag julle met minder genade as die diere wat julle dood vir voedsel! Julle toon
meer agting en meegevoel teenoor die skepsels as wat julle doen vir die babas
wat daagliks uitmekaar geskeur en lewendig verbrand word.
EK het dit teen jou Amerika. Julle was 'n nasie afgesonder deur MY Goddelike
Hand om die Here God Almagtig te verheerlik wie se Naam is “EK IS.” Julle wat
eens bekend was vir Goddelikheid, is nou niks meer as 'n leë dop nie. Julle giet
jul wraak uit op 'n nasie waarop julle geen reg het om jul oordele uit te stort
nie. “EK IS” die enigste een wat hierdie reg het want die wraak is MYNE, sê die
Here. Hoe kan julle splinters uit hulle oë haal terwyl julle 'n balk het in jul
eie oë? Haal eers die balk uit jul eie oë en help dan iemand met 'n splinter.
Hoe kan julle skree diktator terwyl julle jul eie diktators het? Amerika EK het
dit uit die Hemel bepaal, as julle nie op jul knieë val en julle sondes erken,
soos EK die waarskuwing vantevore deur hierdie diensmaagd uitgeroep het nie, sal
EK dit weer deur haar spreek sowel as ander profete. "Amerika BEKEER want julle
sal nooit weer nog 'n oorlog wen nie!" Julle sal maai wat julle saai. Die maat
van verwoesting wat julle nou uitgiet en die maat van dood wat julle uitgiet sal
julle uit MY beker van toorn drink totdat daar niks meer oor is nie. Amerika,
julle was eens 'n nasie wat vertrou en gerespekteer was maar nou is julle 'n
bespotting van alles wat Heilig is. Julle mense het eens op ‘n tyd gestaan vir
sedelikheid en julle leiers ook, maar nou word julle mense en julle leiers
regoor die wêreld geken vir onsedelikheid en onbetroubaarheid. Julle verdedig
die onreg en dit wat reg is wil julle stilmaak.
Julle bombardeer 'n land wat ten minste 'n God aanbid. Selfs 'n heidense God is
beter as niks. Want selfs 'n heiden nasie erken hulle is nie oppermagtig nie.
Amerika EK het dit teen julle. Julle dien geen God nie! Julle buig jul knie voor
geen God nie, alhoewel julle geld eenheid sê: "In God We Trust, vertrou jy op
geen God nie. Julle Amerika, het 'n vorm van Goddelikheid maar geen Goddelikheid
van binne nie. Amerika jy sal maai wat jy saai.
Julle wat sendelinge stuur na ander lande en EK seën daardie sendelinge met MY
salwing en heidense lande leer YAHUSHUA ken as Heer en Verlosser. Tog bespot
julle eie land dieselfde boodskap. Nie almal doen dit nie want EK het 'n volk.
EK het 'n oorblyfsel wat nie beweeg sal word nie. Hulle sal nie hulle knie buig
voor satan en die doktrines van die antichris nie maar ag so min. O EK ween, so
baie dwaal af. Menigtes wat luister na vreemde vuur leringe, vreemde vuur
demonstreer in hul kerke en selfs vreemde vuur gebede bid. Kom uit tussen hulle.
Luister na die stem van MY RUACH ha KODESH julle ken die stem van julle Goeie
Herder. Toets elke aksie met die woord van YAHUVEH. Toets die Gees wat praat. In
hierdie tyd en seisoen lyk die vals profete so goed. Hulle spreek woorde wat sê
alles is wel en vorentoe is daar net seëninge.
Ja want MY Kinders sal EK beskerm. Maar onthou vir Moses en leer die les van die
kinders van Israel. Die plae het nie naby diegene gekom wat hul vertroue gestel
het in MY, die God van Abraham, Isak en Jakob nie. Maar hulle het die plae
gesien wat oor die ander gekom het. EK stuur MY Geliefde SEUN YAHUSHUA, julle
MESSIAS om te kom en om MY Bruid weg te voer. Het EK nie vir julle tekens in die
Heilige Skrifte gegee waarvoor om te wag en te kyk nie? Het julle nie hierdie
dinge sien gebeur nie? Het EK nie gesê waarlik, hierdie geslag wat hierdie dinge
sien gebeur sal sekerlik nie verbygaan sonder dat julle die SEUN VAN GOD,
YAHUSHUA se wederkoms sien nie. Hoekom betwyfel julle MY? Hoekom glo dan net 50
persent van julle wat beweer dat julle MY liefhet en dien dat EK MY Geliefde
SEUN YAHUSHUA stuur om diegene te red wat nie bestem is vir MY toorn wat gaan
kom nie? Vir die van julle wat weier om julle geloof te gebruik om te glo in
hierdie Salige Hoop EK het nuus vir julle HY kom nie vir julle nie.
Net soos julle nie gered kan word sonder geloof daarin om te glo dat dit die
waarheid is nie, net so, sal julle ook nie waardig geag word om YAHUSHUA se
Bruid te wees as julle nie geloof het nie. As julle leef asof MY SEUN YAHUSHUA
nie kom nie, jare vooruit beplan alleenlik geïnteresseerd in wêreldse dinge en
besittings dan het EK nuus vir julle. Julle is nie ingesluit in die Bruidegom se
lys wie verseël is om SY Bruid te wees nie. Nie almal is geskik om 'n Bruid van
YAHUSHUA genoem te word nie. Sommige is slegs geskik om die Gaste te wees. Dit
beteken nie dat jy op een of ander tyd nie gered sal word nie. Dit beteken
totdat julle gewandel het in 'n wêreld wat geskik is net vir MY toorn sal julle
sien wat julle gemis het, sal julle op 'n nuwe manier met 'n nuwe geloof dan na
MY toe draai.
Dan is daar ander wat waardig is om MY Bruid te wees (ek glo hierdie spreek tot
die 7de Dag Adventiste geloof) en tog het satan julle mislei om julle te laat
dink julle doen MY 'n guns om agter te bly in die Groot Verdrukking om te bly om
die mense te bedien. Julle geloof is julle wat sê "Ek sal hier bly en die groot
bruilofsdag misloop sodat ek ‘n hulp vir ander kan wees!" Waar julle geloof is
daar sal julle bly. Dink julle nie dat EK ander kan oprig wat hierdie tugtiging
nodig het om hulle gereed te kry vir die Hemel nie? Dink julle regtig EK het
nodig om MY Geliefde Bruid agter te laat wie EK in MY Heilige Skrifte gesê het
bid dat julle waardig geag sal word om die toorn te ontvlug wat gaan kom.
Nogtans sê julle julle is waardig en is trots daarop om agter gelaat te word.
Wees gewaarsku waar julle geloof is so sal julle bly. Sommige sal wandel in die
tye van Groot Verdrukking omdat hulle dit so verkies het. Nie MY keuse nie maar
hulle s'n. EK sal doen wat hulle glo en sal hulle beskerm soos hulle geloof MY
toelaat om dit te doen. Soveel lyding sou onnodig gewees het as hulle nou net
bekeer daarvan om so te praat en te dink.
Onverdun en in volle maat sal hierdie wêreld maai wat dit gesaai het. EK het die
bose Farao gewaarsku en EK waarsku MY vyande weer. BEKEER! Draai weg van
Boosheid. EK het Ninive gewaarsku en hulle was gespaar maar teen die einde het
hulle weer teruggedraai na boosheid en EK moes vernietig wat EK vooruit beskik
het om te vernietig. Want EK ken die harte van die verworpeling. Diegene soos
die Bose Farao wat praat asof hulle jammer is en hulle bose wee sal stopsit net
om in die boosheid saam te voeg in die volgende asem deur vir MY en MY Mense te
lieg. In die verworpeling daar’s geen waarheid in hulle nie. Ongeag wat EK aan
hulle doen hulle sal MY nie dien of MY aanbid nie.
EK het 'n boodskap vir MY geliefde wederstrewige dogter Israel. Geliefde Israel
jy is nie veronderstel om te gee wat EK nie vir julle gegee het om te gee nie.
Julle het heeltemal te veel weggegee EK het julle 'n land van melk en heuning
belowe. EK, die God van Abraham, Isak en Jakob het belowe om julle land te seën
met skoonheid en voorspoed, het EK dit nie gedoen nie? Nogtans is die leiers van
hierdie land soos swak vroue wat vreesbevange ineenkrimp in 'n hoek teen die
hande van 'n mishandelende maat. Israel glo die leuens van 'n boelie. Israel bid
tot die God “EK IS” en vra vir bevryding maar wys deur hulle handelinge dat
hulle nie glo “EK IS” kan en sal 'n land beskerm waar MY SEUN YAHUSHUA eendag
baie spoedig SY voete op die Olyfberg sal sit nie. Israel weier om te glo die
God van Abraham, Isak en Jakob het reeds MY liefde vir hulle bewys deur vir
hulle hul MESSIAS te stuur hulle VERLOSSER, YAHUSHUA is SY Naam!
MY Geliefde Joodse Mense, EK het MY SEUN gestuur as een van jul eie, HY is nie
'n Verlosser alleenlik vir die Heidene nie maar ook vir julle geliefdes. MY
begeerte is beide Jood en Heiden word soos een in YAHUSHUA. Hoekom wag julle vir
'n ander Verlosser? Terwyl EK MY beste vir julle gegee het. satan wil julle
verlei met sy beste. EK stuur MY Profete en EK stuur hulle weer om vir jou te
vertel o pragtige en wederstrewige dogter van MY, luister na julle eie skrifte.
Kyk met nuwe oë van onderskeiding na julle eie Feeste en feesvieringe. Moenie
net helfte van MY liefhê nie wees lief vir MY as geheel.
Julle wat sê julle behoort aan die God van Abraham, Isak en Jakob en EK het 'n
oorblyfsel wat dit doen, net soos in ander dele van die wêreld, maar julle moet
alles van MY aanvaar.
Want YAHUSHUA is MY Geliefde SEUN wat doodgemaak was as 'n perfekte vleklose
offerlam vir almal wat die Reddende Bloed by Golgota sal aanvaar vir die
kwytskelding van sondes. SY Bloed het die grond op Golgota deurdrenk maar terwyl
dit in die grond ingevloei het het dit ook Jerusalem met genade bedek. “Vader
vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie, is vir julle ook.” EK het
meer geduld met jou gehad geliefde wederstrewige kind wat MY wil behaag en
nogtans MY Geskenk op Golgota van die hand wys. Die enigste weg na die Hemel is
deur YAHUSHUA; daar is geen ander naam wat kan red nie behalwe SYNE.
EK wou julle jaloers maak en het hierdie insig vir die Heidene gegee, diegene
wat nie eens na 'n MESSIAS soek nie. Nou kom EK terug na julle toe deur hierdie
profeet en ander wat EK stuur en EK sê moenie vir YAHUSHUA weggooi nie. HY is
nie net 'n MESSIAS vir die Heidene nie maar HY was eerste gestuur na die Joodse
mense vir wie EK liefhet met 'n liefde wat julle nie eens kan begin verstaan
nie. Was YAHUSHUA nie, gebore uit die lendene van 'n Joodse diensmaagd nie? Jy
Israel moenie die reuse in die land vrees nie. Hoekom vergeet julle dat EK
belowe het om diegene te beskerm wat afgesonder en verlos is?
Jy Israel moenie meer enige grond weggee wat EK nie vir julle gegee het om weg
te gee nie. EK het hierdie vir julle gegee deur julle voorvaders. Hierdie land
kan nie gevat word nie maar julle kan en was geboelie om te dink dat die reuse
die land sal besit en hulle kan nie vat wat julle nie vir hulle gee nie. MY
Mense roep uit vir 'n “Pasga van die bose Farao weereens.” MY Mense, “EK IS”
beveel die RUACH ha KODESH om diegene te kry wat glo “EK IS” 'n God wat nie
verander nie en dieselfde bly en almal sal beskerm wat sê dit wat MYNE is, is
joune wat joune is, is MYNE. Moet net nie voor 'n ander god neerbuig nie,
Israel! Israel, moenie buig voor die heiden mans wat nie 'n god is nie maar net
stof is wat onder julle voete vertrap moet word.
Moenie luister na die strelende woorde van die vyande wat sê gee vir ons 'n
bietjie meer grond, dan sal ons weggaan en julle in vrede laat nie. EK het MY
Kinders in die Heilige Skrifte beveel om te bid vir die Vrede van Jerusalem.
Vandag, deur hierdie profeet, spreek EK weereens hierdie woorde. Moenie diegene
vertrou wat soos reuse 'n klein kindjie kom intimideer nie. Julle is nie 'n
klein kindjie nie, Israel. EK het MY salwing op julle land uitgestort. Gebruik
dit tot Eer van “EK IS.” Julle traan bevlekte Tempelmuur is altyd voor MY. Julle
uitroepe weerklink in MY ore. O EK verlang om MY arms om julle te vou en julle
te troos en EK sal. Maar moenie langer wegdraai van MY Geskenk wat EK op Golgota
vir julle gegee het nie, SY Naam is YAHUSHUA. HY alleen is julle Verlossing.
Moenie net die gebede opsê wat julle spreek nie Israel, maar glo die gebede wat
julle opsê. Moenie net Pasga vier nie glo dit is julle Pasga “Passover”. Dit
geld vir al MY geliefde Kinders wat MY wil behaag, wat MY gehoorsaam, wat MY
dien, MY aanbid, MY die groot God “EK IS” en YAHUSHUA eerste stel bo alle dinge.
EK stuur hierdie boodskap uit en het dit alreeds gespreek tot menigtes deur MY
RUACH ha KODESH. As julle 'n Pasga verlossing verlang uit die hande van die
vyande, dan moet julle fees vier en glo en mekaar bemoedig. Dit is julle Pasga
en julle sal waardig geag word om die toorn van “EK IS” te ontvlug wat gaan kom.
Die plae sal “Passover” bo-oor julle verbygaan en julle nie raak nie, al die
plae, soos in die tyd van Moses so sal dit weer wees maar julle sal 'n weg van
ontvlugting hê. Julle sal weereens 'n Pasga hê. Die Bloed van YAHUSHUA is julle
Pasga. As julle hierdie lees word julle aanspreeklik gehou vir dit wat julle
weet. Wat sal julle daarmee doen?
Die Pasga is julle belofte! Die God van Abraham, Isak en Jakob, die groot God
“EK IS” sal julle weereens verlos op maniere wat julle nie dink nie as julle net
kan glo. Waar julle geloof is dit is waar julle Pasga is. Diegene wat in Amerika
woon en EK het die toorn wat kom geprofeteer, hierdie is waar maar diegene wat
glo “EK IS” die Pasga en soos Moses, sal EK ‘n weg van ontvlugting vir julle
voorsien, julle sal nie beskaamd wees omdat julle geglo het nie. EK sal bewys
die groot God “EK IS” kan en sal nie vir julle lieg nie. Waar julle geloof is
daar sal julle Pasga wees.
MY geliefde moenie dink dat EK sê geeneen van julle sal ly nie, want in hierdie
wêreld is daar pyn en lyding maar EK het 'n weg van ontvlugting gestuur. EK
stuur MY SEUN soos EK belowe het. Maar dit beteken nie sit nou agteroor en doen
niks nie. Nou is die tyd dat julle die eindtyd-oes moet insamel terwyl daar nog
tyd is. Gebruik julle papier en plastiek as saad om aan MY Eer te bring.
Ondersteun met julle gebede en aalmoese, bedienings waarvoor EK julle laat
intree en mee saamwerk. Nie sodat hierdie bedienings rykdom op aarde kan opgaar
nie, vir hierdie bedienings wat dit doen, sal EK persoonlik toesien dat alles
wat hulle doen stoppels word net vir vernietiging.
Eet die brood van smarte wat matzoh genoem word. Eet dit nie net omdat dit 'n
simbool is van wat die Israeliete geëet het toe hulle gevlug het voordat die
brood kon rys nie. EK wil ook hê julle moet deelneem aan die dae van ongesuurde
brood en die brood van smarte eet as ‘n herinnering aan YAHUSHUA en hoe HY die
prys betaal het as die brood van smarte. HY was geteister ter wille van julle.
Die brood is hard want die prys wat HY vir julle betaal het het nie maklik gekom
nie. Neem deel aan die HERE se Laaste Avondmaal soos YAHUSHUA gedoen het. Doen
dit in herinnering aan die Bloed wat YAHUSHUA gestort het sodat julle gered kon
word en die Brood wat in die Bloed gedoop was, want YAHUSHUA is die Brood van
Lewe en SY Liggaam was geoffer sodat julle gemeenskap kon hê met “EK IS” en die
kwytskelding van sonde sodat julle 'n weg van ontvlugting kon hê van die vlamme
van die hel. satan het geen aanspraak op hulle wat waarlik MYNE is nie.
Elke keer wanneer julle bid onthou nou is die tyd om te bid dat julle waardig
geag sal word om die oordeel te ontvlug wat gaan kom op die aarde. Die toorn van
“EK IS” is nie net 'n humeur-uitbarsting nie, dit het opgebou en dit is ‘n
vreeslike ding om in die hande van 'n Lewende God te val. Maar MY Babas, Bruid,
Uitverkorenes en Noukeurig Uitgesoektes hoef nie te vrees nie. EK sal julle net
oorlaai met MY seëninge en nie MY toorn nie. Ween oor dit wat Amerika en haar
bondgenote nou doen. Ween want selfs die heidene aanbid 'n god. Ween want
sommige is julle broers en susters in YAHUSHUA, op wie die bomme val. Hierdie
bloed wat vergiet word en wraak wat afgemeet word en “EK IS” kyk toe en dit word
tot dusver toegelaat want diegene wat daaraan deelneem, is net besig om
verwoesting op te hoop oor hul eie lande en oor hulself. Moenie deelneem aan
hierdie oorlog nie moenie die propaganda wat uitgespreek word glo nie, die
verskonings wat gemaak word nie. Die regerings het hul eie motiverings en om die
Groot God “EK IS” te behaag is nie een van hulle nie. Om die vertraptes te red
is nie een van die redes nie. Om op te tree in arrogansie en hoogmoed is een van
die redes. Bid dat julle leiers sal bekeer van hierdie boosheid voor dit te laat
is.
Protesteer, spreek uit teen hierdie oorlog. Amerika, julle het dit oor julself
gebring deur julle hoogmoed en julle dominerende gees. Julle het dit wat gaan
kom gebring oor 'n nasie wat EK persoonlik met MY hand beskerm het tot nou toe.
Oorlog het nie na julle kuslyne toe gekom nie maar sal. Ter wille van MY
geliefdes sal EK die hand van die laksman vir nog 'n kort rukkie [af]wend maar o
so 'n kort rukkie. Julle stuur oorlog na ander nasies toe. Julle sal oorlog
smaak in julle nasie vir optrede in arrogansie. Julle praat teen 'n ander nasie
en tog hoor julle nie die ego van dit wat julle sê terugkeer na jul eie ore nie.
Want dit is die woorde waarvan julle ander beskuldig wat julle leiers hulself
doen in die geheim. Elke Amerikaner behoort te sidder oor dit wat gedoen word.
Julle leiers beide polities en geestelik beter bekeer en wegdraai van dit wat
hulle doen. As MY Volk wat hulself volgens MY Naam benoem hulself verootmoedig
en op hul knieë val en bekeer, sal EK hulle land genees! EK sal hulle vergewe. O
maar hulle is hardnekkig en eiesinnig, sê hulle sondig nie en tog sien die hele
wêreld die sonde behalwe die Amerikaanse politici en diegene wat die booswigte
navolg wat hierdie dinge doen.
As Amerika nie bekeer nie sal “EK IS” hulle land vernietig, sal EK 'n bespotting
maak van die land wat eens bekend was as die vrye en die onverskrokke. Vir al MY
Babas, Bruid, Uitverkorenes en Noukeurig Uitgesoektes wat hierdie lees, draai
nie teen Jerusalem nie. Draai nie teen Israel nie. Bid vir die vrede van
Jerusalem sodat EK julle kan seën. Bid vir die nasies teen wie die hand van
oorlog gestuur was deur NATO. Bid MY Volk en rou oor dit wat gedoen word.
Weereens word MY Heilige Dae besoedel deur die heidene. EK is nie 'n God wat
gespot moet word nie. Al diegene wat 'n PASGA verlang vir MY toorn gee EK dan
hierdie bevel wat nog nooit verander het nie, onderhou en bid vir julle PASGA om
te kom. SY Naam is YAHUSHUA ha MASHIACH en bid dat julle waardig geag sal word
om MY toorn en verdrukking te ontvlug wat gaan kom. Berei 'n vlugsak ingeval
julle dit benodig voor julle MESSIAS kom vir jullle. Daar is diegene wat hier
lees wat deur die vuur van MY toorn en verdrukking sal loop. Sommige sal dit
doen en EK sal hulle beskut op 'n manier wat julle nie dink nie.
Ander sal hier lees en die diensmaagd spot wat hierdie boodskap bring. Pasop,
hierdie is nie haar woorde wat julle bespot nie so pasop weereens. Hierdie
woorde wat julle nou bespot sal terugkeer en by julle spook want julle bespot
die Groot God “EK IS” nie Sherrie Elijah [Elisheva Sherrie Eliyahu] se woorde
nie. As hulle net haar woorde was sou hulle net asem dampe gewees het, maar
wanneer dit MY Woorde is wat gespreek word is dit woorde van lewende krag en EK
sal doen wat EK spreek. EK stuur MY Profete en apostels uit om te profeteer
voordat EK die Verdoeming of seëninge stuur. Die van julle wat spot sal MY toorn
smaak wat gaan kom. Sy was beveel om MY Woorde te spreek ongeag of dit strelend
op julle ore is of nie. Sy sal aanspreeklik gehou word indien sy terughou en
skik as gevolg van vrees vir wat julle of ander in outoriteit sal sê. Al MY
Profete wat die Groot God “EK IS” hoor enige van julle wat geskik het en net
woorde wou spreek strelend vir ore en tog baie droefheid sal bring wanneer dit
wat julle spreek nie gebeur nie. Julle is bekommerd oor wat jul Profeteklub te
sê het en nie wat die Groot God “EK IS” spreek nie. Julle vergelyk notas en
onderskei deur jul wysheid en openbaring, nie MY wysheid en openbaring nie.
Pasop diegene wat hulself MY Profete noem en nooit die woord BEKEER spreek en
wegdraai van sonde nie. Pasop diegene wat net praat van onheil wat kom en tog
nie vir MY Kinders hoop gee nie! “EK IS” is nie in hierdie profesieë nie. Daar
is altyd 'n weg van ontvlugting vir MY geliefde Babas, Bruid, Uitverkorenes en
Noukeurig Uitgesoektes. EK sal 'n weg voorsien wanneer dit lyk of daar niks is
nie. Net omdat julle dit nie nou weet nie, dit is soos 'n mens met 'n
reiskaartjie, hulle het nie die kaartjie nodig nie totdat dit tyd is om te
vertrek. Julle het nie nou die wysheid nodig nie want as EK nou vir MY Profete
sou vertel van MY maniere van ontvlugting dan geliefdes, sal die vyand ook weet.
EK het MY 'Verborgenes' dit is al wat julle nou nodig het om te weet. Nie almal
sal aangesê word om te Vlug nie. As julle MY dit nie hoor spreek en bevestig en
dit in jul Gees getuig nie, dan sal EK julle beskerm waar julle is. As EK nie
nou vir julle sê waarheen om te vlug nie, dan sal EK vir julle sê wanneer dit
tyd is om te gaan.
Soos in die tyd van Lot en Moses so sal dit weer wees, “EK IS” sal vir julle jul
Pasga stuur. YAHUSHUA is julle Pasga. Moenie dat sononder verbygaan sonder om te
bid vir julle Ware Pasga, YAHUSHUA, om te kom nie. Onderhou hierdie dag nie in
wettisme nie maar doen wat julle kan. Leer en bewys julself as beproef om te
weet wat om te doen op hierdie dag. Is dit werklik te veel gevra van julle om
vir 8 dae nie Suurdeeg te eet nie? Om die Brood van Smarte te eet om julle te
herinner aan die een wat die prys betaal het as die Brood van Smarte om aan
julle jul Pasga te bring.
EK het bestem dat die Israeliete nie sou tyd hê vir die brood om te rys nie. EK
het dit bestem want hulle het dit nie geweet nie maar dit was geen ongeluk dat
EK toegelaat het dat hulle gevlug het sodat dit sou gebeur nie. Want weer het
die Jode deelgehad en was die Brood van Smarte eerste aangebied wat Matzoh Brood
genoem word, en nou gee EK die kennis hulle was dit gegee selfs destyds, want
dit was YAHUSHUA wat sou kom, gegee as 'n herinnering. YAHUSHUA is beide Jood en
Heiden se Pasga. Daar was en is geen ander perfekte Offerlam wat geslag kan word
vir die kwytskelding van sondes nie, hulle wegwas asof hulle nooit eers een was
nie. SY Naam is YAHUSHUA ha MASHIACH, SY Naam is VERLOSSING! HY alleen is julle
Pasga. Vier dit en leer die ware betekenis van die Pasga wat was en die Pasga
wat gaan kom.
Eer die Sabbat Dae, so ook die Hoog Heilige Dae, 1 April, 2 April. Eer al die
Sabbat Dae wat op Vrydag sononder tot Saterdag sononder is...nie Sondag nie
terwyl so baie MY op ‘n Sondag gedenk en lewe soos die duiwel op Vrydag- en
Saterdagaande deelneem aan die wêreldsheid op die dae wat afgesonder is vir ons
Sabbat. Bid vir die Pasga van die toorn wat gaan kom oor hierdie wêreld. Bid dat
julle waardig geag sal word en dat hierdie skale en basuine van MY toorn by
julle verby sal gaan en julle waardig geag sal word om te ontvlug. Want “EK IS”
is 'n God wat nie kan of sal lieg nie, EK profeteer wat gaan gebeur deur MY
Profete sodat niemand kan sê “EK IS” het nie die mense gewaarsku nie.
Wanneer julle Oorgaan “Passover” na die anderkant toe sal dit Hemel wees of hel
en vervloekings? Wanneer julle Pasga kom, sal julle Wegraping ervaar of Groot
Verdrukking soos hierdie wêreld nog nooit geken het of nooit weer sal ken nie.
Wat sal julle doen met hierdie profetiese boodskap van “EK IS”? Sal julle dit
laat Verbygaan en dit vergeet dit afmaak as dwaasheid of gekskeerdery? Of sal
julle voorberei vir julle Pasga wie se Naam YAHUSHUA ha MASHIACH is? Bid vandag
vir almal wat dit lees en nie weet hoe om gereed te wees sonder vlek of kreukel
nie. Skryf aan hierdie Pastoor. Sy sal julle aan die ware Pasga Lam voorstel wat
geslag was en weer opgestaan het uit die dood op die 3de dag. Wat SY lewe
gewillig neergelê het vir jou sodat jy gered kon word deur al jou sondes
weggewas te hê met die perfekte Bloed van die ware Pasga perfekte sondelose lam
van God, Seun van “EK IS” wie se Naam YAHUSHUA ha MASHIACH is HY alleen is julle
MESSIAS vir diegene wat “EK IS” se Pasga geskenk op Golgota aanvaar het.
Vir hulle wat “EK IS” liefhet, dien, hard probeer om “EK IS” se gebooie te
gehoorsaam, wetende indien julle misluk het julle 'n PasgaLam wie se Bloed by
Golgota gestort was vir julle sondes, tog weet julle ook dat julle MY nie kan
toets en opsetlik sondig omdat julle dink jul kan nie. “EK IS” word nie bespot
nie en elke persoon moet sy eie heil uitwerk met vrees en bewing want net “EK
IS” ken jou ware hart en motiewe en intensies. Nou het EK gepraat Wat gaan julle
doen met jul Pasga? Vir baie van julle wat hier lees sal daar geen kanse meer
wees om die Pasga te vier nie. Dit is tyd vir jou om te besluit, dit is jou
keuse. Pasop EK weet reeds wat julle gekies het. Sal julle MY eer op hierdie
Pasga?
So is dit gespreek, so is dit geskryf op hierdie dag van 30 Maart 1999 4:26 vm,
deur MY Diensmaagd Sherrie Elijah [Elisheva Sherrie Eliyahu], onder MY salwing
van die RUACH ha KODESH wat alle bande en jukke sal breek.
* * * * * * * *
Persoonlike boodskap van Eerw. Sherrie Elijah (Elisheva Sherrie Eliyahu). Voel
asseblief vry om te bemoedig en vir mekaar aan te stuur om te onderrig en te
bemoedig, ook om te waarsku. Ek het hierdie boodskap gespreek en geskryf wat
soos 'n vuur in my beendere opgesluit was wagtend vir die tyd en seisoen.
Hierdie Pasga soek ek verlossing van die Bose Farao's wat probeer het om my en
hierdie bediening te vernietig en ook vir die geliefde gemeente. Ek verwag om
verlos te word van al die onheilige jukke en bande.
EK vier vir die eerste keer Pasga soos wat baie van julle deur die RUACH ha
KODESH gelei is. Hierdie jaar van 1999 is die onsekerste jaar wat ons tot dusver
in die gesig gestaar het. Maar deur die dae van ongesuurde brood en die Pasga te
gedenk kan ons verseker weet ons het ons God YAHUVEH en YAHUSHUA se aandag. Ek
wil hê die bose moet verbygaan en nie myself of my geliefdes, bediening of hulle
wat deel is van hierdie gemeente, aanraak nie. Skryf asseblief en laat weet ons
waarvan julle verlossing soek gedurende hierdie Pasga. As julle dit goedkeur sal
ons julle behoeftes voor ander plaas sodat hulle ook kan bid. Ons almal benodig
verlossing van iets of iemand.
Vir hierdie bediening sien ek ook uit na 'n Pasga vir vryheid van die bande van
skuld. Ons werk nou agter die skerms om nog 'n blad op te rig en aan die gang te
kry vanaf ISP in Israel. Hierdie is 'n groot stap in geloof en die duurste
onderneming ooit. EK het 'n mandaat om dit te doen want as die ‘magte wat is’ my
wil stilmaak in een gebied in die wêreld sal ons aanhou spreek vanuit ander
gebiede van die wêreld. “EK IS” het vir my die mandaat gegee om dit te doen
alhoewel die mensdom dit as dwaasheid mag beskou gehoorsaam ek God en nie mense
nie. Indien iemand deur die RUACH ha KODESH gelei voel om my met hierdie stap in
geloof behulpsaam te wees e-pos of skryf vir my. Ons het nou persele in Kanada,
VSA en binnekort in Israel. Nog een daarna, indien die Here vertoef om te kom,
sal in Afrika wees. Voel asseblief vry om te kopieer en te versprei aan hulle
wie nodig het om die waarheid te hoor wat hulle sal vrymaak. Al wat ek vra is om
geen gedeeltes uit te haal of te verander nie, om die volle boodskap in geheel
te lewer selfs die laaste deel wat ek skryf. Ek gee niemand toestemming om
hierdie Heilige Boodskap te plaas indien dit bedoel is om my of hierdie boodskap
te bespot nie.
Ek is verootmoedig om weereens gebruik te word om die Almagtige GOD se
boodskappe uit die Hemel af te lewer. Om 'n profeet te wees is beide 'n beloning
en tog kan dit soms voel soos 'n vloek want ons almal vrees wat as ons GOD nie
korrek hoor nie? Het ek alles gespreek wat GOD wou sê? Ek vra nou om vergifnis
as ek ooit die doel mis ek doen die beste wat ek kan om te hoor wat YAHUVEH met
die RUACH ha KODESH in my spreek. Ek moet die boodskappe aflewer en nie toegee
deur toe te laat dat die gees van vrees inkom nie.
'n Werktuig van Klei maar magtige Vegter in YAHUSHUA, Apostel Elisabeth Sherrie
Elijah (Elisheva Eliyahu)
Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë
bygevoeg moet word van nou af:
EK het jou lank gelede gewaarsku Elisabeth (Elisheva) om nie hierdie Bediening
na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK
het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks
hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH
geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee.
Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit
net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH
HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing,
dit is nie deur jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja 42:8)
In Julie 2010 Het YAHUVEH GOD beveel dat die volgende bygevoeg word voor elke
Profesie:
2Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY
Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat
daar geen genesing meer was nie.”
*******
Hierdie was geskryf op 16 Mei 1999 direk na die derde dag van my Jerigo-Mars om
7:00 vm. Enige muur van boosheid, verhinderende geeste, of enige bindings wat
teen hierdie bedienaar en hierdie bediening staan, moet val soos die mure van
Jerigo! Diegene wat my vernietiging wil hê en hierdie bediening se vernietiging,
sal nie staande bly nie! Ek is in eenstemming met al my broers en susters wat
hierdie woord en pastoor ontvang het in liefde, en die Jerigo-Marse doen vir die
mure van boosheid, bindings wat hulle op enige manier verhinder om te val, soos
die mure van Jerigo sal dit inmekaar stort! Ek glo dat die DAG VAN PINKSTER 'n
dag van groot oorwinning sal wees vir diegene wat alreeds of nog steeds
persoonlike Jerigo-Marse doen vir OORWINNING! Dieselfde God wat ons nou dien is
dieselfde God wat die mure van Jerigo laat neerstort het! Dieselfde God wat
Ragab gespaar het omdat sy die twee Israeliete versteek het, is dieselfde
Almagtige God wat homself “EK IS” noem. HY het dit eenmaal gedoen en HY sal dit
weer doen. Glo net en vertrou en julle sal oorwinning sien!
* * * * * * *
MY Geliefde Kinders “EK IS” is die Here julle God. Dit is MY Naam en MY
Heerlikheid, en EK sal nie vir ‘n ander gee nie, ook nie MY lof aan gesnede
beelde nie. Kyk die vorige dinge gebeur, en nuwe dinge verklaar EK voordat dit
ontstaan vertel EK julle daarvan. Diegene met geestelike ore om te hoor sal
luister al die ander bly doof en stom. Onthou vir Simson en Delila. MY vyande
wil julle krag steel, wat julle geloof in MY is. MY vyande wil julle vryheid,
finansies en lewens neem. MY vyande wil julle siele vernietig, dit aan satan
oorhandig as 'n offer. Hulle dreig julle, intimideer julle, vervolg julle en
menigte sal hulle lewens neerlê omdat hulle nie hul geloof prysgee nie.
“EK IS” het julle gesalf en in hierdie Bediening geplaas om op elke manier ‘n
helper vir hierdie Bediening te wees. As julle hierdie woorde van MY glo dan
moet julle hierdie woorde deel wat EK aan hierdie Profetes gegee het. Julle moet
hierdie Profetes bedek, en intree vir haar en ander Profete en Apostels waarvan
EK in jul gees praat. Hierdie Profetiese boodskappe help om die verlorenes in
die Koninkryk van die Hemel in te bring deur aan hulle te bedien deur beide
stigting en bestraffing. MY Kinders word bemoedig en MY vyande word gewaarsku en
MY verlore seuns en dogters keer terug.
Julle moet daar wees om hierdie Profetes se hande op te lig wanneer sy te moeg
raak om dit op te lig in tye van stryd. “EK IS” sal aanhou om diegene te beskerm
wat help, bemoedig, bid en ondersteun soos EK deur MY RUACH ha KODESH lei
miskien 'n bemoedigende woord of 'n bemoedigende profesie is al wat EK julle sal
lei om tot hierdie Bedienaar te spreek. Vra MY wat julle kan doen om te help.
Vra vir haar wat julle kan doen om te help. Sy is maar net een stem. Voeg julle
stemme by hare en help haar om hierdie wêreld te bereik met MY Woorde. Julle sal
MY seën deur te gehoorsaam en al die boodskappe te help versprei wat aan haar
gegee was.
“EK IS” sal julle name op die poorte van MY mure skryf. Julle sal aanhou skyn
soos juwele geset in die Hemel se beste. Al MY Ware Profete en Apostels het
julle hulp nodig insluitende hierdie een. Hulle word op verskeie maniere
aangeval, sommige liggaamlik, sommige verstandelik, sommige emosioneel, sommige
finansieel, sommige geestelik. MY Diensmaagd word daagliks aangeval op elkeen
van hierdie maniere. Nogtans hoor “EK IS” die magtige gebede van intersessie en
“EK IS” verhef MY swaard van die RUACH ha KODESH en so seker as wat Goliat geval
het so sal ook die vyande wat hierdie boodskapper spot wat gestuur is om die
profetiese boodskappe af te lewer. Soos Goliat deur Dawid gewaarsku was spreek
“EK IS” hierdie waarskuwing hierdie dag. Al spot julle, bly MY Woord dieselfde,
“Raak MY gesalfdes nie aan en doen MY profete geen kwaad nie.” (Psalm 105:15 en
1Kronieke 16:22)
“EK IS” sal elke woord oordeel wat gespreek word teen hierdie diensmaagd, en MY
ander Apostels en Profete net omdat hulle voortspreek wat “EK IS” spreek. “EK
IS” sal diegene seën wat ore het om te hoor en luister en sal diegene vervloek
wat dit wat Heilig is onheilig noem. “EK IS” ken die name en harte van diegene
wat soos 'n vriend kom en gekom het en beweer het om 'n seën te wees en toe het
hulle weggedraai en die masker het geval en Judas was daaronder. Wee die Judasse
wat wil aansluit of die vernietiging wil hê van hierdie Bediening en die mond
van hierdie Profetes wil ontmoedig wat hier praat deur haar stil te maak of die
RUACH ha KODESH binne-in haar te bedroef. Julle sien slegs die vrou, EK sien die
RUACH ha KODESH binne-in en ken die hart van hierdie Profetes soos EK ook weet
wie EK gelei het deur MY RUACH ha KODESH om hierdie profetiese woord nou te
lees. Aan die bokke sê EK, "BEKEER, DRAAI WEG VAN JULLE BOSE WEË” voordat daar
geen tyd vir bekering is nie!
Aan MY Babas, Bruid, Uitverkorenes en Noukeurig Uitgesoektes sê “EK IS”,
"Geseënd noem EK julle en sal bewys dat EK diegene beloon wat ywerig na MY soek
en daarna strewe om MY wette te gehoorsaam. Geseënd is hulle wat daarna strewe
om Heilig te wees soos “EK IS” Heilig is. Geseënd is hulle wie hul skatte in die
Hemel opgaar en nie op Aarde nie. Wat hardloop na die doelwit van die hoë
roeping. Om MY Bruid te word is die hoogste roeping van alles". Dit is die
grootste skat van alles. Daar is gaste en daar is Bruide. Strewe daarna om MY
Bruid te word. Ek noem nie almal, MY Bruid nie, alleenlik diegene wat eenkant
gesit is vir MY Heerlikheid sal MY Bruid genoem word.
MY Bruid ken mekaar, 'n vreemdeling ken hulle nie. Hierdie is 'n bediening
gestuur om te bedien en MY Bruid voor te berei. Diegene wat spot pasop, want
julle gespottery en bestraffing sal terugkeer na julle eie ore. Wie is julle om
te sê wat “EK IS” kan doen en nie doen nie? EK stuur MY Profete om te waarsku
oor verdoeming voor dit kom. Sê MY Woord nie "As my volk oor wie MY Naam
uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid en MY aangesig soek en hulle bekeer van
hul verkeerde weë, dan sal EK uit die Hemel hoor en hulle sonde vergewe en HULLE
LAND GENEES". nie. (2 Kronieke 7:14).
O BEKEER julle bose generasie want EK het julle gespaar toe EK julle lank gelede
moes vernietig het. EK het julle gespaar van MY toorn maar net vir ‘n klein
rukkie. Julle is sekondes weg van middernag af en julle tart en bespot MY SEUN
se wederkoms. Julle tart en bespot die afgryse wat gaan kom. Julle tart en
bespot diegene wat geestelik voorberei vir daardie tyd en uitkyk vir hul
Verlosser om te kom en hul weg te neem van die vasgestelde tyd van Verdrukking.
Julle tart en spot selfs wanneer EK 'n datum gee vir rampspoed wat kom en as
gevolg van die trane, vas en gebede kom die ramp nie, dan bestempel julle
daardie profeet as vals. Daar is baie vals profete maar as daardie profeet of
apostel julle lei na verlossing en Heiligheid en die waarheid onderrig en nie
leuens nie, hoe kan hulle dan vals wees?
As 'n profeet of apostel julle weg lei van die Hemel af en hel toe dan is hulle
inderdaad 'n vals profeet. As hulle julle na 'n ander god toe lei of 'n vals
teken, wonder of wonderwerk doen dan is hulle inderdaad 'n vals profeet of
apostel of leraar. As 'n apostel of profeet, of leraar julle leer om MY ou Wette
en Boeke te verwerp is hulle inderdaad 'n vals profeet of apostel! (Psalm 1:2)
Julle moet MY wette oordink dag en nag. Selfs as 'n engel kom en 'n ander weg na
die Hemel verkondig of vir julle sê om nie na die Ou Boek te luister nie en net
die Nuwe Boek te lees, PASOP want “EK IS” is die OU BOEK wat VLEES geword het in
MY SEUN YAHUSHUA want nie alleenlik was die ou boek gelees nie maar was GESIEN!
MY WOORD was gesien in WOORD en DAAD en nou MY Ware Kinders, so moet die wêreld
ook MY WOORD sien beide die NUWE en OU Testament behoort in JULLE gesien te
word!
Wees bekommerd oor julle eie siele as gevolg van die ontmoediging van MY Ware
Apostels en Profete wat woorde van waarskuwing voortspreek en julle het julself
gehang deur jul eie woorde net so seker as wat Judas homself gehang het. Wat is
die prys van jou siel? Sien julle dit nog nie? MY vyande wil uitvind waar julle
krag is. Julle vyande wil julle krag wegneem, jul begeerte om MY te dien, om
julle te vernietig en ja selfs te dood as dit moontlik is. Julle vyande wil
julle verwar en laat twyfel soos Petrus toe EK hom beveel het om op die water te
loop. Het Delila vir Simson verraai met 'n swaard? NEE, maar met 'n SOEN in die
naam van liefde het sy hom verraai nadat sy sy bron van krag ontdek het. Het
Judas MY SEUN verraai met 'n swaard? NEE, maar met 'n SOEN. Net so sal julle
vyande wat in jul eie huise en families woon ook sê, “ek wil jou net help” en
verraai julle dan met 'n SOEN van die DOOD tot jul vryheid en lewens as EK dit
so toelaat.
Die vyande van MY Evangelie sê hulle glo maar hulle het geen ideë wie is “EK IS”
nie. “EK IS” is iemand van wie hulle gelees het, nie iemand vir wie hulle lewe
nie. “EK IS” is dieselfde gister, vandag en vir altyd. EK verander vir geen man
of vrou of kind nie. “EK IS” is nie geamuseerd terwyl EK sien hoe MY skape saam
met bokke woon nie. “EK IS” sal die skape van die bokke skei. Vir diegene wat in
huise gebly het en 'n getuienis was vir die bokke met die hoop dat hulle sal
begeer om 'n skaap te word. Dinge het verander in hierdie eindtye. "EK IS” bring
'n swaard wat tereg die kaf sal skei van die koring, die koring van die onkruid.
"EK IS” word bedroef en word vertoorn wanneer EK die trane sien van MY skape en
soos in die dae van ouds sal “EK IS” diegene verlos wat verlos wil word en wat
gesukkel het teen die geeste van goddeloosheid wat teen hulle opgestaan het in
slawerny. Waar daar geen uitkoms was nie, sal EK julle na die uitgang lei.
Het EK nie in MY Woord gesê jou grootste vyande sal in jou eie huis gevind word
nie?" Het EK nie gesê MY SEUN, YAHUSHUA sal skei met 'n swaard nie! Lees MY
Woord. Bestudeer MY Woord. Die Swaard van MY RUACH ha KODESH is die Swaard van
Waarheid en MY vyande wil nie die waarheid weet nie, maar glo eerder die leuens
wat streel soos 'n vinger in 'n jukkende oor of oog. Wanneer MY vinger van
oortuiging op die goddeloses neerkom, wil hulle eerder daardie vinger van
oortuiging terug draai in julle rigting en verander dit in 'n vinger van
beskuldiging, deur julle te beskuldig van veroordeling of kranksinnigheid, of
onnoselheid. Julle vyande beskuldig julle van haat-misdaad terwyl EK geen gees
van haat in julle gesit het nie behalwe vir satan en goddeloosheid.
Die skape sal dit moeiliker vind as ooit vantevore om vreedsaam te woon in huise
of families waar die bokke is. Want julle sien, sê MY Woord nie in hierdie
laaste dae sal die Heiliges Heiliger word en die onheiliges sal onheiliger word
nie. Julle is 'n helder lig wat voort-skyn. Die sondes word in die donker
gedoen. Die kinders van die duisternis wil nie hê hul sondes moet as sondes
ontbloot word nie. Want die van julle in huise waar julle was, is daardie lig
bo-op 'n heuwel vir almal om te sien. Vertel vir diegene wat MY as HERE ontken
en weier om vir MY te lewe of om Heilig voor MY te lewe, dat die God wat julle
dien “EK IS” en YAHUSHUA nou diegene wat gevul is met die Hemel se waarheid gaan
wegneem van die duisternis, hulle gaan agterlaat in duisternis met hul sondes,
en dit was hulle gewees wat MY kinders is wie EK My Skape noem, dat hulle die
rede was hoekom die bokke wat saam met hulle woon nie MY toorn gevoel het nie.
Wanneer die skape weggeneem word sal die bokke MY toorn in volle maat ervaar.
“EK IS” spreek hierdie waarskuwing voort soos MY vyande swaarde gelig het teen
Simson en hom gemartel en verblind het, so ook lig “EK IS” MY SWAARD en sal die
bande sny waarmee die goddelose julle vasgebind het! “EK IS” sal MY swaard
gebruik om MY vyande op baie verskillende maniere dood te maak.“EK IS” sal MY
vyande agtervolg en hulle sal vreesbevange in sewe verskillende rigtings
hardloop. “EK IS” sal die gevangenes vrylaat wat uitroep na MY vir hulle Pasga!
“EK IS” sal die oë verder verblind en die ore verder verdoof van diegene wat
weier om te luister al was hulle oor-en-oor gewaarsku, hulle wil blind wees
daarom sal hulle dan net soos die bose farao sewe maal erger daarvan afkom
totdat die laaste erger as die vorige sal wees en hulle sou beter-af gewees het
as hulle nie geweet het nie sodat hulle nie MY Apostels en Profete kan spot wat
EK stuur nie. Nie langer sal die skape tevrede wees om by die bokke te lê nie.
Die tyd het gekom dat dit groot gevaar inhou om dit dus te doen. Bid vir 'n weg
om te ontsnap. Kyk hoe die mure van boosheid inmekaar stort net soos die mure
van Jerigo. Marsjeer vir julle oorwinning soos Joshua gedoen het, elkeen vir sy
eie behoeftes.
Moenie mismoedig raak nie, julle wat in slawerny was. Want net soos Saulus
(Paulus) gesalf was om met MY Mense te praat, was dit as gevolg van sy
lofprysing, alhoewel hy gely het, was hy getoets en gebruik om voort te spreek
uit sy smarte. Net so seker as wat EK Saulus uit sy tronk bevry het deur 'n
engel so ook sal EK diegene bevry wat uitroep na MY vir bevryding van die bokke
saam met wie hulle woon. “EK IS” sal julle verlos terwyl julle dit in geloof
voortspreek en julself nie gemaklik maak in die nabyheid van die goddelose wat
hulself familie noem, maar geen familie hoegenaamd is nie. Julle ware familie is
gelowiges en liefhebbers van “EK IS”, YAHUSHUA en die RUACH ha KODESH. Diegene
met 'n begeerte om Heilig te lewe en Heilig te wees en die hele woord liefhet
wat vlees geword het, Sy naam is YAHUSHUA.
Daar is geen ander naam wat julle kan red nie behalwe die Naam YAHUSHUA! Geen
ander manier om met vrymoedigheid voor MY Troon te kom nie buiten YAHUSHUA nie!
Dra nie jul eie vuil vodde nie, maar kom met vrymoedigheid in die klere van
geregtigheid waarmee YAHUSHUA julle bedek! MY SEUN se Naam is YAHUSHUA en in
Jesaja 53 in die OU BOEK vertel EK vir julle vooruit van SY koms, SY koms
geprofeteer. Net soos menigtes toe nie geglo het 'n Verlosser sou kom nie, net
so is daar ook nou baie wat nie Johannes 3:16 in die NUWE BOEK glo nie, YAHUSHUA
het gekom en diegene gered met geestelike ore om te hoor en te luister en
diegene met geestelike oë om te sien.
Vir hulle wat glo en in hul harte sê en lewe asof HY enige oomblik gaan kom
julle sal nie teleurgesteld wees nie. Watter bruidegom ken nie sy ware Bruid
nie? Daar sal geen sluier wees wat julle gesigte bedek nie, alles sal geopenbaar
word op daardie dag. Die gaste sal huil van droefheid wanneer hulle besef op
daardie dag kon hulle ook die Bruid gewees het. Diegene wat die uitnodiging
geweier het om YAHUSHUA aan te neem sal op hul tande kners van pyn en vir ewig
betaal met hul siele. Watter een sal jy wees? “EK IS” wie “EK IS” en “EK IS”
weet alreeds!
Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë
bygevoeg moet word van nou af:
EK het jou lank gelede gewaarsku Elisabeth (Elisheva) om nie hierdie Bediening
na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK
het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks
hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH
geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee.
Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit
net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH
HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing,
dit is nie deur jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja 42:8)
In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook gesê dat die volgende vanuit 2 Kronieke
bygevoeg word voor elke Profesie:
2 Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY
Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat
daar geen genesing meer was nie.”
*******
Elisabeth (Elisheva) bid in Heilige Tale en Engels:
Dit is die rede hoekom, omdat die TROOSTER gekom het. YAHUSHUA U het ons nie
alleen gelaat nie, U het die TROOSTER gestuur. Die MOEDER van alle moeders. U
eie Hemelse MOEDER. Dank U geliefde YAHUSHA ha MASHIACH. Ag mag ons waardig geag
word om U Bruid genoem te word. Ons is nooit, nooit selfvoldaan daarmee nie. Ons
sien hoe baie langs die pad val. Hou ons styf teen U bors vas. Moet asseblief
nie eers toelaat dat daar ‘n blaaskans vir satan sal wees om in te kom nie. Trek
ons nader aan U, YAHUSHUA op hierdie Sabbatdag. Eer ons terwyl ons in U
teenwoordigheid bid. Ons is U s’n. satan het geen reg op ons nie. Dit is alles
net oor wat U op Golgota gedoen het. Dit is waarlik ons enigste wapen wat ons in
hierdie wêreld het. Daar is geen ander wapen behalwe die Naam en die Bloed en
die Liggaam van YAHUSHUA ha MASHIACH nie. Daar is geen ander wapen nie. Daar is
niks, niks, niks wat die boosheid in hierdie wêreld kan beveg behalwe een ding
nie. Dit is hoekom U gesê het om die nagmaal (communion) met U te hou. Heilig,
Heilig, Heilig, Heilig. U het ons so kragtig geseën. Hierdie Bediening het geen
gebrek meer nie. Wys ons net wat ons moet doen ABBA YAHUVEH. Wys ons die land
wat ons moet aankoop, o ABBA YAHUVEH.
* * * * * * *
Profetiese Woord:
Nou begin julle dit verstaan MY Kinders! Nou verstaan julle hoekom EK gesê het
daar is ‘n wapen soos geen ander wapen wanneer julle gemeenskap (communion) hou
met MY nie. Die woorde wat jy gespreek het Elisabeth (Elisheva) is nie jou eie
woorde nie, want MY Woorde is hoër as enigiets wat jy ooit kan dink. Elke keer
as jy gemeenskap (communion) hou, elke keer as jy een word met MY, gee EK jou MY
ore. Gee EK jou MY oë. Spreek EK voort uit jou mond. EK besny jou hart terwyl jy
jou hande aan MY offer om MY wil te doen. En jou voete aan MY sodat EK jou in
die voetspore van die Heilige kan lei.
Nou verstaan jy Elisabeth (Elisheva). Ag hoe haat satan dit. Het EK nie gesê hoe
meer jy nodig het om geseën te word, hoe meer jy verlossing van die vyand nodig
het, dit gaan nie net oor vergifnis nie, dit gaan oor oorwinning in alle areas
van jou lewe. Vertel hulle MY Kinders. Vertel hulle namens MY.
Hoe baie georganiseerde godsdienste sal net ‘n wafelkoekie in hulle mond sit? ‘n
Droë wafelkoekie wat niks anders as ‘styrofoam’ kan wees nie. Hulle vergeet die
prys wat EK betaal het. Daar is geen vooraf berou oor sonde nie. Hulle drink van
die wyn en hulle herhaal woorde aan uit gewoonte. Daar word geen hart aan MY
gegee nie. En die vermetelheid wanneer iemand anders ‘n wafelkoekie in die ander
se mond plaas en homself ‘n Biskop noem. En hy noem homself die pous. Jy kan dit
nie vir iemand anders doen nie! ‘n Nagmaal is een tot een. Nou praat EK nie met
hulle wie invalides is nie, hulle wie die hulp van ander nodig het om die brood
in hul mond te sit of die beker na die lippe te bring nie. Want hulle harte is
op die regte plek solank die een wie die nagmaal bedien, se hart op die regte
plek is. Sê vir hulle, voed MY skape. Sê vir hulle. Neem hierdie wapen op wat
vir baie lank verwerp is, maar moet dit nie met vuil lippe doen nie. Moenie dit
met ‘n gees van onberou doen nie. Moenie dit as net ‘n ritueel doen nie. Woorde
wat deur ‘n ander mens geskryf is nie. Gee MY jou hart. En EK sal MY Woorde
uitspreek. Moenie dit doen terwyl jy in sonde lewe nie! Anders drink jy
vernietiging oor jouself! Waar is die vrees? Waar is die vrees?
Hoe baie sien EK en hulle het geen vrees meer nie. Hulle bly in hulle sonde.
Hulle neem die nagmaalsbeker met sondige lippe. EK is getrou om te vergewe. Maar
moet dit nooit doen met ‘n onberouvolle hart nie want julle drink net
verdoemenis. Julle drink net vloeke. Kom na MY toe met ‘n berouvolle hart. Vra
MY om julle van julle sondes te vergewe. EK is getrou en EK is vol genade en net
een druppel van MY Bloed, net een druppel van MY Bloed kan die hele mensdom red
as hulle MY net aanvaar het. Net een druppel van MY Bloed. En kyk hoe baie meer
het EK gegee. Dit is wat EK wil hê julle moet vir hulle sê. Dit is die nuwe
Boodskap wat EK vir jou gee. Dit is die Boodskap wat vir die hele wêreld bedoel
is. Dit is die enigste wapen wat julle het. Vertel vir hulle. “So spreek
YAHUSHUA ha MASHIACH,” wanneer julle die wapens uit so baie verskillende
rigtings na julle sien mik, lig die enigste wapen op wat EK vir julle gegee het.
Diegene wat aan MY behoort. Hulle wie hul lewe vir MY gegee het. Hulle wie MY
gevra het om in hul harte in te kom. Hulle wie daarna strewe om MY te gehoorsaam.
Hulle wie daarna strewe om MY te behaag. Hulle wie MY aanbid en MY eerste in
hulle lewens en hul liefde en in hul huwelik plaas, lig hierdie wapen op voor
die vyand. Slegs MY Naam en MY Bloed, slegs deur MY Liggaam, kan enigiemand
gered word! Slegs deur die Bloed van YAHUSHUA julle MASHIACH, kan enigiemand
gered word! Daar is geen naam op hierdie ganse aarde, in die ganse heelal
waardeur enigiemand gered kan word nie behalwe deur MY Bloed en deur die prys
wat EK met MY Liggaam betaal het, soos EK MY Lewe neergelê het.
YAHUSHUA het gewillig SY Lewe gegee aan die kruis. Geen mens het MY lewe geneem
nie! Geen mens kon MY doodmaak nie! Maar EK het dit gewillig gegee. Dit is EK
wat gesê het, “Dit is volbring.” Dit is EK wat MY Gees beveel het om te gaan.
Maar julle het geen idee wat EK gedurende hierdie tyd gedoen het nie. Julle het
geen idee nie want alhoewel MY Liggaam gesterf het, het EK opgestaan. En EK het
‘n openbare vertoon aan satan gemaak, die een wat eens Lucifer genoem was en EK
het hom laat weet en EK het die ganse hel laat weet, EK lewe! En EK het die
sleutels van die hel en die doderyk uit sy hande geneem! En hy kan niemand hel
toe stuur tensy dit deel van MY plan was nie, tensy hulle name nie gevind was in
die LAM se Boek van Lewe voor die grondlegging van die wêreld nie.
En EK kan nie een verloor nie. EK verloor nie een nie. Almal, almal almal wie se
name in die LAM se Boek van Lewe geskryf gevind is voor die grondlegging van
hierdie aarde af, almal, almal, almal, almal sal in die Hemel wees. Diegene wie
se name uitgewis is! Soos wat hulle MY in die Hemel verraai het, so verraai
hulle MY op aarde. Maar selfs daardie naam was voor die grondlegging van hierdie
aarde uitgewis. Soos hulle MY in die Hemel verraai het, so verraai hulle MY op
aarde. Almal van julle werk julle eie verlossing uit met vrees en bewing want
julle siele weet waarheen julle sal gaan. Julle herhaal slegs wat alreeds gedoen
is.
Julle sien hierdie predikers langs die pad val. Julle sien hulle verraai die
skape en die lammers. Julle sien hulle verkondig ‘n ander evangelie as wat EK
beplan het. Maar soos hulle MY nou verraai, so het hulle MY toe verraai. Want EK
vertel vir julle iets in Waarheid wat julle nie geweet het nie en Elisabeth (Elisheva),
selfs nou sukkel jy om nou hierdie Woorde uit te spreek, maar daar nie soiets
soos ‘n nuwe siel nie. Want die hele aarde en al die tye van die aarde was gevul
met ou siele. Dit is hoekom EK die getal hare op elkeen van julle hoofde ken.
Dit is hoekom EK elkeen van julle se name ken, of dit vriend of vyand is. Dit is
hoekom EK weet toe EK MY Bruid op aarde gekies het, het EK alreeds geweet wie
lojaal was in die Hemel. Dit is hoekom EK weet en EK vir Jeremia laat weet het
terwyl hy in sy moeder se skoot was, soos wat elke dag van sy lewe opgeteken
was, het EK geweet dat EK hom as profeet georden het want EK het geweet wie EK
kan vertrou.
Pasop! Pasop! Pasop! Pasop! Pasop o Skape en Lammers van MY,vir hulle wie
hulself oppof met roem en rykdom en julle luggowe vul. Pasop! Pasop! Pasop!
Pasop vir hulle wie weier om die Boodskap van bekering te preek, wie nie ‘n lewe
van bekering lewe nie, wie weier om ‘n lewe van Heiligheid te leef, wie weier om
die sondaars te waarsku teen sonde. Pasop! Pasop! Pasop! Pasop, o Skape en
Lammers! Want hulle is nie MYNE nie en soos hulle MY vantevore verraai het, so
verraai hulle MY nou weer! O gulsige pastore, julle weet julle behoort nie aan
MY nie! Julle is ‘n klug! Julle is ‘n vervalsing! MY GEES is nie in julle nie!
EK het die name voorheen deur hierdie Bediening genoem! En daar is so baie meer
wat EK nie genoem het nie. Maar hou hulle dop, o Skape en Lammers. Het hulle
hulle siel verkoop soos ‘n goedkoop hoer net om die belastingvrystellingstatus
te kry? Pasop, MY Skape en Lammers, vir hulle wie probeer om al die godsdienste
saam te voeg as een! Vir die Een Wêreld Godsdiens! Daar is maar net een YAH.
Julle het net EEN SKEPPER. YAHUVEH is SY Naam. Ander spreek dit uit as YAHWEH.
Maar daar is maar net EEN. Daar is maar net EEN MASHIACH. MY Naam is YAHUSHUA.
Noem MY YAHSHUA. Maar moenie die Naam YAH uithaal en dink julle hoor van MY GEES
nie.
Julle wie julself Messiaanse Jode noem, julle doen so baie dinge reg maar waar
julle ‘n kompromie aangaan en julle nie langer MY lig het nie, het julle die
Naam YAH uit MY Naam gevat om die Ortodokse Jode te paai want hulle ken die
SKEPPER se Naam. Hulle glo die Rabbies se leuens. Maar lees jul eie Torah. Lees
die Bybel. Hoeveel maal is dit geskrywe, “In MY Naam, sal julle duiwels uitdryf.
In MY Naam, sal julle hande op die siekes lê,” slegs in MY Naam. Sê die Bybel
nie dit nie?
En in die Torah, in die Tanakh hoeveel maal sê dit, “In YAHUVEH se Naam”? Wat
sal julle met Psalm 91 doen, julle Ortodokse Jode? Julle lees so getrou die
Torah en die Tanakh maar julle neem die krag weg wanneer julle nie julle
SKEPPER, julle BESKERMER se Naam noem nie. En julle het geen beskerming wanneer
julle nie MY Liggaam en MY Bloed aanvaar nie want EK is die Eniggebore SEUN van
ABBA YAHUVEH. EK is die Eniggebore SEUN en MY MOEDER word genoem die RUACH ha
KODESH. SY is MOEDER van WYSHEID.
Die tyd is nou so kort. Die lammers word oornag skape. EK stort MY Waarheid uit.
EK laat hulle opgroei want daar is nie meer tyd om langer babas te bly nie. EK
vereis Heiligheid meer as ooit tevore want boosheid woed oral rond. EK kyk vir
die sprankel van edelgesteentes wanneer EK en MY VADER op hierdie aarde neerkyk.
Kyk, hulle wie aan MY behoort sprankel soos die helderste edelgesteente, soos MY
lig op hulle skyn. Maar waarlik, julle is in en word omring met die vullis
(feces) van onmenslikheid. En EK soek vir die sprankel van die edelgesteentes en
EK weet net waar hulle is en EK kan selfs vanuit die Hemel die meer kosbaarste
van MY juwele waarneem. Dit is almal van julle wie MY eerste in jul lewens en
jul liefde plaas, wie daarna strewe om te alle koste te gehoorsaam. Wie satan
bestraf en hom laat verstaan hy het geen deel aan julle nie. Julle is MY kosbare
juwele.
O die stank, die stank, die stank wat van die aarde af kom! O die stank, die
stank, die stank van menslikheid, omring deur onmenslikheid! Selfs MY eie
Heilige engele roep uit, “Kan ons nog nie weggaan nie?” Maar hulle is soontoe
gestuur om diegene te beskerm wie se name in die Lam se Boek van Lewe opgeskryf
gevind word.
Sommige van julle het julle grootste gevegte in jul eie huise. Julle kom op elke
manier oor die weg met julle gades behalwe wanneer dit kom by die Waarheid van
wat EK sê. Dit is julle toets. Dit is julle beproewing. Wie sal julle meer
liefhê. Wie begeer julle om meer te behaag? Wie sal julle gehoorsaam? Sal julle
na die woorde luister wat hulle sê? Of sal julle die Woorde gehoorsaam wat EK sê?
Wat is die prys van jou siel? Want as julle nie nou hierdie besluit maak nie,
waarborg EK julle, julle sal nie die regte besluit in die komende Groot
Verdrukking maak nie. Dit is jou siel. Watter vrou, watter man is jou siel werd?
EK het MY Liggaam en MY Bloed gegee. EK het weer opgestaan uit die dood vir
almal om te sien dat satan nie oorwinning oor MY het nie. Sodat julle nie langer
ongelyk gebind hoef te wees nie.
Dit is die Woorde wat EK jou vandag laat sê. Jy het gesê, “Gee my iets om U
Skape en Lammers mee te voed.” Elisabeth (Elisheva) dit is wat EK wil hê jy moet
sê. Dit is wat EK wil hê jy moet skryf. Dit is wat deur Katherineyah oorgeskryf
moet word. YAHUSHUA se Demon Stompers, o MY kosbare Kleintjies, Intersessor
Gebed Vegters, Heilig voor MY! O julle sukkel net soos enigeen. Versoekings kom
van links en regs na julle toe. Maar julle weet om die wapenrusting van Efesiërs
6 aan te trek. Julle weet om sterk te staan in MY Naam deur MY Bloed. Hierdie is
‘n Bediening wat EK vir julle gegee het om magtige gebedsvegters te wees!
Skilddraers om Amightywind Bediening te bedek, om Elisabeth (Elisheva) te bedek,
om mekaar in Waarheid te bedek.
Ervare vegters kom na vore! Sluit aan by hulle in die gevegslinies. MY Bruid van
YAHUSHUA ha MASHIACH kom na vore! Sluit by ons aan in die gevegslinies! Want
daar is oorwinning. Hoe meer julle verlossing nodig het, hoe meer julle seën
nodig het, hoe meer julle genesing nodig het, hoe meer julle vergifnis nodig
het..... hoe meer, hoe meer, hoe meer, moenie jul enigste wapen verwerp nie, dit
wat julle nagmaal (communion) noem. En EK sê vir julle, moenie dit met ‘n
sondige mond, ‘n sondige hart neem nie, bely voor julle dit doen en belydenis is
nie eenvoudige woorde wat oor lippe kom nie. Belydenis is wegdraai van dit wat
julle weet boos is! Want EK is getrou en EK is eg en wanneer julle julle hart
vir MY gee en julle lê hierdie belydenis voor MY, sal EK julle vergewe. En die
van julle wie hier lees en hierna luister, julle het nog nie julle lewe vir MY
gegee nie, maar julle kom hier en julle lees die Woorde wat EK deur hierdie
Profetiese “Ringmaiden” uitspreek, EK herinner julle hieraan, moenie wag tot
julle volmaak is nie. Moenie wag tot julle dink, “O nou is ek Heilig nie”. Want
dit kan nie so gebeur nie.
Eers aanvaar julle MY as julle MASHIACH. Eers vra julle vergifnis vir julle
sondes. Eers vra julle MY om MY lewe in julle te lewe, om die bose begeertes in
julle weg te neem, om julle met MY gestorte Bloed skoon te maak en dan maak EK
julle skoon. Dit is soos ‘n baba wat gebore word. Wanneer daardie baba uitkom,
is dit oordek met die liggaamsvloeistof van die moeder. Dit moet afgewas word.
Dit moet geslaan word voor dit asemhaal. Asem in o kleintjie, kom na MY toe.
Laat EK hierdie wêreld se sonde van julle afwas. EK kasty diegene wat EK liefhet
sodat julle in MY kan asemhaal, sodat MY Gees in julle kan lewe, die RUACH ha
KODESH in julle kan lewe.
MY kosbare, kosbare, kosbare kleintjies. EK begeer, EK begeer, EK begeer om
julle te verlos. Moenie, moenie, moenie toelaat dat hierdie wêreld julle vertel
daar is nie so iets soos sonde nie, want sondaars kan nie die Koninkryk van die
Hemel beërwe nie. Maar sondaars wat vergewe is kan. Kom na MY toe amal wat
vermoeid en belas is met die sorge en die laste en die sondes van hierdie wêreld.
Gee dit vir MY want EK sal vir julle rus gee. Elisabeth (Elisheva), hierdie is
die Woorde wat EK wil hê jy moet vandag, op hierdie Sabbat sê.
Sê vir hulle die Tien Gebooie bestaan nog. Geskryf deur ABBA YAHUVEH se eie
vurige hand. Hulle is op ‘n tafel van klip geskrywe, nie geskryf op ‘n papier of
‘n rol om uitgevee of verander te word nie. Wat toe sonde was is nou sonde. En
pasop vir enige leier wat vir julle iets anders vertel. EK het meer te sê maar
dit sal op ‘n ander dag wees want die Heiliges sal Heiliger word en die
onheiliges sal onheiliger word en wie wie is in Hollywood is waarlik wie is wie
in die hel. Moenie die maniere van hierdie wêreld naboots nie want alhoewel
julle in hierdie wêreld is, is julle nie deel van hierdie wêreld nie.
EK het meer te sê maar die Woorde wat EK te sê het, sal nie vir die wêreld wees
om te hoor nie. Dit is vir julle vyf. O MY geliefde Kleintjies, julle het ‘n
“Passover” nodig. Diegene wat hierdie Woorde lees, diegene wie hierdie Woorde
sal hoor, julle het ‘n “Passover” nodig. Julle het nodig om van julle laste
verlos te word, van julle vyande. Maak nie saak hoe ‘n nederige “Passover” julle
doen nie, doen dit net. Erken net die feit dat julle ‘n “Passover” nodig het.
Julle het ‘n nuwe begin nodig. Julle het wonderwerke uit die Hemel nodig. Julle
het verlossing van die vyande se hande nodig want EK waarsku julle, julle
grootste vyande is julle eie regerings en julle eie land. EK waarsku julle
hieroor. Amerka, julle is gedoem. EK het dit weer en weer en weer en weer
geprofeteer. So Amerika, EK gaan vir julle ‘n leier volgens julle hart gee.
Julle is ‘n afknouer/bullebak. Julle is brutaal. Julle was eens so geseënd en
nou is julle ‘n vloek vir MY en almal wie in Amerika se voetspore volg, al julle
nasies, EK praat deur hierdie Profetiese Diensmaagd, sodat julle ‘n vloek voor
MY sal wees. Sodat julle ‘n vloek voor MY is. EK het jou gewaarsku Kanada,
moenie in jou suster se voetspore volg nie. Maar jy het jouself verkoop, O
Kanadese, die regering van Kanada het hulself vir die prys van goud verkoop.
Omhels nou immoraliteit, omhels die gees van ateïsme.
O Engeland, O Verenigde Koninkryk, daar is niks verenig aan jou nie. Jy het eens
vir moraliteit gestaan, daar is niks moreel meer oor jou nie. Julle laat julle
politici toe om alles te omhels wat EK verafsku.
Julle Heiliges wie in Amerika sit en julle sê vir die eerste keer is daar
niemand om voor te stem nie, EK het alreeds vir julle die enigste kandidaat
gegee wat gestaan het vir moraliteit en sy naam is Ron Paul. So, selfs al sou
jou stem nie tel nie, plaas jou stem in die Hemel. Skryf jou stem op aarde, die
van julle wat kan. EK ken julle hart. Maar moenie ‘n kompromie aangaan nie.
Obama is ‘n afskuwelikheid voor MY. EK het dit eenmaal gesê, EK sal dit weer sê.
John McCain is die seun van Kain. EK het dit eenmaal gesê, EK sê dit weer.
Hillary Clinton, jou siel is so swart soos swart kan wees. Daar is nie ‘n minder
bose een wat vir president staan nie. Almal van julle in boos in MY oë. En die
enigste hoop wat daar was, wil die media nie eers aandag aan gee nie. Julle sien,
EK het altyd ‘n volk en hulle is die verborgenes. Ag hoe min Regter Roy Moores
het EK, want hulle wil nie praat soos hy doen nie. Amerika, ag hoe anders kon
dit gewees het as die een wat julle Regter Roy Moore noem, julle president kon
wees, maar daar is geen begeerte meer vir moraliteit of Heiligheid nie en dit
gaan van die een nasie na die volgende!
EK het deur hierdie Diensmaagd van MY geprofeteer, wat in die minderheid was,
sou in die meerderheid gewees het as julle nie hierde sonde beveg het nie en kyk
nou na die gees van homoseksualitteit, waar het dit nog nie ingesypel nie want
julle glo ‘n leuen. EK het lank gelede vir hierdie Diensmaagd van MY gesê, in
die begin was dit Adam en Eva (Adam and Eve), dit was nooit Adam en Steve nie
(Adam and Steve). Dit moes nooit, nooit, nooit, nooit, nooit, nooit, nooit so
gewees het nie en daarom sal die swart bloed plaag losgelaat word (boiling black
blood plague). Julle het nou nie meer lank nie. Almal wat hierdie gees van
homoseksualiteit vryspreek, of wie stilgebly het en gesê het, “Laat hulle net
hul eie ding doen.” Julle sal ‘n plaag beleef (sufferrr) soos geen ander nie!
Hulle wie aan hierdie afskuwelikheid voor MY deelneem, julle sal swaaaaaarkry
soos geen ander nie! En dié van julle wie weet dit is verkeerd, selfs al behoort
julle nie aan MY nie, julle het wegvlug van hierdie sonde af en dit sal nie op
julle kom nie. Praat nou uit! Terwyl julle nog ‘n stem het! Julle pastore wie
die homoseksualiste omhels het sodat julle hulle nie hoef te konfronteer nie,
wag en kyk wat EK aan julle gaan doen, want julle sal deel hê in dieselfde plaag!
(Dream of Boiling Black Blood Plague)
Diegene wie aborsies omhels het, nie teen dit gepraat het nie, pastore, julle
wie julle selfs leiers noem en nie MY leiers is nie, julle sal die pynnnnn van
daardie baba voel. Julle sal hul geskree vir ewig in julle ore hoor terwyl dit
soos julle eie vel voel wat in daardie soutoplossing gebrand het. Dit sal voel
asof julle liggaam uitmekaar geruk en losgemaak word. Dit sal voel asof julle
koppe afgekap word. Julle het nie ‘n idee wat EK met julle gaan doen nie! Julle
moeders wie julle babas aborteer, julle het geen verskoning voor MY as julle nie
berou het oor hierdie gruweldaad nie. Die bloed sal nooit van julle hand afkom
nie! Want die geskree van die ongeborenes eggo in die Hemel se ore en alhoewel
hulle veilig huis toe geneem word, wil hulle steeds oordeel hier onder hê. Dit
is wat gedeeltelik van gepraat is wanneer julle in die Bybel lees dat die siele
onder die altaar wil oordeel hê en hulle roep uit en hulle sê, “Hoe lank nog?
Hoe lank nog?” (Open 6:10). Hierdie is nie net die martelare wat hulle lewens
neergelê het vir MY nie, hierdie is die ongeborenes wat gebore sou word en wie
Heilig voor MY sou wees. Dit is wat EK in die geheim vir julle vertel wat ander
profete nie van praat nie. Dit is julle vars manna uit die Hemel. Kou nou aan
dit wat EK vandag vir julle gesê het.
En almal van julle, almal van julle, almal van julle wat luister, almal van
julle, almal van julle, almal van julle wie ontvang, moenie vergeet julle het ‘n
“Passover” nodig nie en vir so baie van julle, as julle maar net die
eenvoudigste kan doen sal EK dit eer terwyl nog ‘n “Passover” naderkom.
Julle georganiseerde kerke, EK lag vir julle. Julle het MY Opstanding voor die
‘Passover’. Geklike, geklike mensgemaakte godsdienste. Geklike, geklike
mensgemaakte godsdienste, hoe baie siele is hel toe as gevolg van julle? Maar EK
sê weer, EK sal nie een verloor wie se naam geskryf gevind is in die LAM se Boek
van die Lewe voor die grondlegging van hierdie aarde nie.
Geen ander planeet het ‘n VERLOSSER nodig nie behalwe een, die planeet waarop
Lucifer neergewerp is. Dink daaroor, want julle loop bo op die hel. Dink daaroor.
Want satan strewe daarna om die aarde so na aan die hel te maak as wat hy kan,
om julle na sy beeld te vorm. Dink daaroor. En loof MY, want as EK nie daardie
prys op Golgota gegee het nie, waar sou julle wees?
Vir die van julle wie nie aan hierdie Bediening deur wie EK praat, geskryf het
nie, julle het geweet, julle het geleer, julle het die Woorde ontvang wat EK
gespreek het, julle lewens het verander! Julle begeer Heiligheid waar julle
gewoond was om sonde te begeer, waarvoor wag julle? Hoekom het julle julself nog
nie voorgestel nie? Hoekom het julle nog nie deel geword van die Heilige vegters
op die muur nie? Het EK nie lank gelede deur hierdie “Ringmaiden” van MY,
gesê,”Daar is nie meer eensame swerwers (lone rangers) nie”. Julle het mekaar
nodig. Glo MY. satan se bruid is voltooi. Julle kan van een punt van die wêreld
na die ander punt gaan en julle sal hulle vind. Sy netwerke is oraloor versprei.
EK gebruik hierdie Bediening om MY Heilige Bruid bymekaar te vergader want hulle
is Heilig voor MY. Waarvoor wag julle? O julle sê, “Ek het eenmaal vir hulle
geskryf, maar hulle het nie teruggeskryf nie.” Sien, EK hou tred. Waarvoor wag
julle?
Einde van Woord
Elisabeth (Elisheva): Dank U YAHUSHUA. Dank U. Wat is die datum vandag?
[12 April. Het begin om 2.40 nm. Geëindig om 3.40 nm.]
Elisabeth (Elisheva): Sjoe, dit is Sabbat! Saterdagmiddag en ek was besig om te
bid. EK het wakker geword besig om te bid en ek het geweet daar was ‘n Woord aan
die kom en ek het aanhou wag en wag en wag vir die Woord en ek het die duiwel
bestraf en HOM geprys en toe, meteens het HY die Woord gegee, “Gehoorsaam MY, en
hou nagmaal.” Ons het nog nie eers by die nagmaal uitgekom nie, en die Woorde
het na vore gekom! So ek kon hoor en dit is al wat dit was en dit is hoe dit
begin het. Totaal onverwags. En ons loof U YAHUSHUA ha MASHIACH en op hierdie
datum het U U Skape en Lammers gevoed. EK weet die skape en die lammers het vir
so lank sonder dit gegaan en ek weet hulle het ‘n Woord nodig gehad en ek het
gebid vir dit en HY het nie deur my gepraat totdat ons gehoorsaam het en ons
daardie nagmaalbrood en wyn in ons hande geneem het nie, en dit is ‘n les in
gehoorsaamheid. Dit is al wat ek te sê het. Soos ons uitsien na ons “Passover”
Dag wat soos geen ander “Passover” gaan wees nie, in die Naam van YAHUSHUA ha
MASHIACH. Amen.
Aanvallend vir die Meeste, Verligtend vir Ander
Apostel Elisabeth Elijah (Elisheva Eliyahu)
As hierdie Profesie ‘n seën vir jou was epos my asseblief en laat my weet.